die kommentaar is in! en so maak ons shalom finaal! 29.08.2019.pdf · baie mans kla soms oor hulle...

13
Die kommentaar is in! ...en so maak ons Shalom finaal! Meer kommentaar en aanvrae is ook op ons Facebook-blad, volg ons gerus om daagliks op hoogte te bly van ons gemeentes se doen en dade. https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/ Bethal-Oos Weereens dankie vir ‘n pragtige, lekker-lees nuusbrief! Die naam SHALOM is perfek! ‘n Skatryk woord, ‘n Goddelike vrede wat van ‘n totale pakkie spreek, wat ons hele menswees aanraak. Emeritus Witfield -Wes Ek stem vir die pragtige naam en embleem. Ds. D. Enderstein Welbekend Gemeente Baie geluk met die puik nuusbrief!! Tutela Ek weet dat jy met elke Nuusbrief vol verrassings gaan wees en sien baie uit daarna. Mooi so, hou so aan jy is baie kreatief. Emeritus Baie dankie Venessa vir die Nuusbrief wat so pragtig versorg is. - Ds. Kosie Loots Tutela Wel gedaan dis pragtig!!! Jubilate’ Wowow! Goeie werk! NG Kerk Zesfontein Pragtige Nuusbrief Venessa en baie welkom by ons streek. Jesus Liefde Henry Stopforth - Secunda Baie dankie vir julle harde werk.

Upload: others

Post on 26-Mar-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die kommentaar is in! en so maak ons Shalom finaal! 29.08.2019.pdf · Baie mans kla soms oor hulle vrouens “verander” het; Sy lag nie meer so gereeld nie, praat minder, spandeer

Die kommentaar is in! ...en so maak ons Shalom finaal!

Meer kommentaar en aanvrae is ook op ons Facebook-blad, volg ons

gerus om daagliks op hoogte te bly van ons gemeentes se doen en

dade. https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/

Bethal-Oos Weereens dankie vir ‘n pragtige, lekker-lees nuusbrief! Die naam SHALOM is perfek! ‘n Skatryk woord, ‘n Goddelike vrede wat van ‘n totale pakkie spreek, wat ons hele menswees aanraak.

Emeritus Witfield -Wes Ek stem vir die pragtige naam en embleem. Ds. D. Enderstein

Welbekend Gemeente Baie geluk met die puik nuusbrief!!

Tutela Ek weet dat jy met elke Nuusbrief vol verrassings gaan wees en sien baie uit daarna. Mooi so, hou so aan jy is baie kreatief.

Emeritus Baie dankie Venessa vir die Nuusbrief wat so pragtig versorg is. - Ds. Kosie Loots

Tutela Wel gedaan dis pragtig!!!

Jubilate’ Wowow! Goeie werk!

NG Kerk Zesfontein Pragtige Nuusbrief Venessa en baie welkom by ons streek. Jesus Liefde

Henry Stopforth - Secunda

Baie dankie vir julle harde werk.

Page 2: Die kommentaar is in! en so maak ons Shalom finaal! 29.08.2019.pdf · Baie mans kla soms oor hulle vrouens “verander” het; Sy lag nie meer so gereeld nie, praat minder, spandeer

Net voor die droogte my breek

– artikel in die September uitgawe van SARIE tydskrif

Daar is ʼn swaarkry in ons land waarvan min die werklike omvang verstaan. Veral die

wat knus deur die gerief van dienste in stede omvou word, maar reis jy net ʼn paar

uur in amper enige rigting van ons stede, waar water in jou naaste kraan is en jou

middagete gerieflik op die naaste winkelrak wag, is dit soos ʼn ander wêreld; die

verwoestende droogte wat mens en dier op hulle knieë het. Stukkend, gebreek,

letterlik sterwend, onmenslike verhale van verliese, sterwende diere, boere wat

opgee, oppak, oorgee aan die loop van ʼn vuurwapen.

Hier vind jy ook verhale van hoop - mense wat in ʼn gebroke wêreld opnuut uitreik

na mekaar, konvooie voer wat aangery word van dele wat wel goeie reën gehad het,

iemand wat R10 afknyp om ʼn droogte hulpfonds te ondersteun – want vele tien

rande maak dat daar brandstof is vir ʼn vragmotor om ʼn vrag geskenkte voer weg te

neem. Verhale van siektes en seer en vashou aan Hoop ver bo menseverstand.

Dit is hierdie verhale wat Anoeschka gaan haal het op haar reis van Calvinia op na

Gamoep, tot amper by die Botswana grens oor Vanderbijlpark, Bultfontein om na

Jansenville en Aberdeen. Dit word oorvertel net voor die droogte my breek. Hierdie

hoop-stories wat aan ander mense wat hulself in ʼn ‘droogte’ bevind, ook hoop sal

bring. Een goeie “reënval” breek nie die droogte nie; dit is ʼn daaglikse stryd van veg,

val en opstaan. In die nuutste SARIE uitgawe gesels Marguerite van Wyk met

skrywer van die boek ‘Net voor die droogte my breek’, Anoeschka von Meck en van

die boere wat Anoeschka besoek het tydens haar 12 500km reise om aangrypende

stories in ’n tyd van droogte neer te pen.

“Net voor die droogte my breek” word later vanjaar bekendgestel. Besoek CLF se

webtuiste vir foto’s en audio boodskap van boere en volg ons op sosiale media tot

oploop van die bekendstelling.

https://clf.co.za/op-reis-na-stories-van-hoop/

Page 3: Die kommentaar is in! en so maak ons Shalom finaal! 29.08.2019.pdf · Baie mans kla soms oor hulle vrouens “verander” het; Sy lag nie meer so gereeld nie, praat minder, spandeer

Biddag vir Boere deur NG Charl Cilliers; 7 September 2019

Hoe word boere geaffekteer deur die droogte?

Droogte bring boere op hulle knieë, want hulle is afhanklik van die

Here. Dit is belangrik om te onthou dat boere die broodwinner in sy

gesin is en ook verseker dat die land kos op hul tafel het! Dit is juis

hoekom ons kom intree vir die boere wat swaar gebuk gaan onder

die droogte. Boere se gemoed, onder andere, lui onder die droogte.

Daar is gevalle waar boere selfmoord pleeg;

omdat die reën nie kom nie. Die gedagte van mislukking is soms te

veel om op hul skouers te dra.

Hoe kan ons hulle help?

Ons moet die mans, die gesinne, opdra aan die Here. Ons kan hulle

bystaan! Skenkings maak die grootste verskil. Handelinge 20:35

“Om te gee, maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang.”

Vertel ons meer oor die geleentheid.

Die gedagte om ‘n biddag, inplaas van ‘n biduur, te genereer het

begin groei binne ons gemeente van 10 Oktober 2016. Ons is

geseënd om die idee ‘n realiteit te maak!

Prof. Stefan Joubert gaan uit die Woord ons boere en hulle gesinne

kom bemoedig, omdat die Hemelse Vader baie beloftes vir Sy

kinders gegee het. Die biddag bied baie aktiwiteite aan vir klein en

groot. Ons nooi graag besighede uit om saam ons te deel, veral die

wat saam die boere handel dryf.

Die biduur is ook interkerklik. (Baie dankie aan die gemeentes wat

sover hulle bywoning bevestig het)

Na die biduur sal almal ‘n worsbroodjie en iets te drink ontvang.

Elkeen kry ook ‘n blikbeker en ‘n houtkruis om saam te neem.

Sing en dans!! Die orrel sal musiek speel!

Modelgebed; Lied 266 sal gesing word.

Onderhoude word gevoer op radio; watter tyd, watse stasie?

Sondagoggend 1 September om 07H00 op RSG

Vrydagoggend 30 Augustus om 11H30 op Radio Pretoria

Heruitsending op 1 September om 07H00 op Radio Pretoria.

Page 4: Die kommentaar is in! en so maak ons Shalom finaal! 29.08.2019.pdf · Baie mans kla soms oor hulle vrouens “verander” het; Sy lag nie meer so gereeld nie, praat minder, spandeer

Ons bring graag die volgende geleentheid onder u aandag:

‘n Dinamiese gespreksgeleentheid oor

word deur die Taakspan van Leierskapsontwikkeling

van Noordelike Sinode aangebied.

Datum: 29 Oktober 2019

Plek: NG Gemeente Raslouw se gemeente sentrum

Tyd: 08h30 -13h30 ( Verversings en ligte middagete ingesluit)

Koste: R 100 per persoon

VBO punte: 3 Punte

Sprekers: Kallie Roos en Theuns Eloff

Bespreek by:

Hermien Swart 012 4406525 of

Jan Botha 0764815683

______________________________________________________________________________________

30/08 THEO BEKKER 31/08 BAREND KLUT 04/09 GERHARDUS DU PLOOY 05/09 ANTHONIE BADENHORST 07/09 JACOBUS MARAIS

Page 5: Die kommentaar is in! en so maak ons Shalom finaal! 29.08.2019.pdf · Baie mans kla soms oor hulle vrouens “verander” het; Sy lag nie meer so gereeld nie, praat minder, spandeer

Verlede week was daar sports!

Motorsport!

By die Kyalami Grand Prix Circuit was die nuutste,

vinnigste, mooiste motors van alle vorms en kleure!

Die 22ste tot die 25ste, van 8 soggens tot 8 uur die aand.

Dit was ‘n uitstappie werd!

Motors van klein tot groot. Vliegtuie wat

toertjies doen, karre wat vinnig ry,

gemaklik klim, outomaties ry

en self “uit eet” aanhef!

(verwys na die restaurant op wiele!)

Audi het die meeste voertuie bekend gestel die naweek.

Daar was resies om te kyk en vertonings van die

sterkste enjins en natuurlik was daar soveel

geraas dat oorpluisies nie eens gehelp het nie.

Vir meer inligting of om die vertonings te

sien besoek gerus “Festival of motoring” se web: http://kyalamigrandprixcircuit.com/pebble.asp?relid=2329

Spesiale dankie aan Danie & Paul Viljoen.

Page 6: Die kommentaar is in! en so maak ons Shalom finaal! 29.08.2019.pdf · Baie mans kla soms oor hulle vrouens “verander” het; Sy lag nie meer so gereeld nie, praat minder, spandeer

Die opofferings van ‘n vrou.

Baie mans kla soms oor hulle vrouens “verander” het; Sy lag nie meer

so gereeld nie, praat minder, spandeer eerder tyd met die kinders, kook

kos wat altyd dieselfde proe. Indien die mans sal belangstel om

antwoorde op hulle Kopkrapper te kry sal hulle ‘n ogie gooi op die berig.

‘n Vrou:

1. Verander haar naam

a. Trou met haar man

2. Verander haar huis adres

a. Trek in by haar man

3. Groet haar ouers totsiens

4. Bou ‘n tuiste, nie net ‘n huis

5. Word swanger

a. Haar lyf verander, haar buie verander...

6. Druk deur onbeskryfbare pyn om lewe te gee aan JULLE kind

7. Voed die kind, leer die kind..

8. Maak seker jou wasgoed is skoon, jy’t ‘n warm bord kos om te eet,

jou bed is opgemaak en jou hemde is gestryk.

9. Werk van 7 tot 5uur elke dag om kos te voorsien.

Waardeer die vrou wat jy het!

Soms het sy ook die breek nodig (wat sy aan jou gin – elke dag)

Aan al die vroue wil ek persoonlik

dankie sê vir julle barmhartigheid,

julle uithouvermoë, die glimlag

tot as jy wil uitstort in trane

– dankie vir die laat aande

saam jou kinders,

die opofferings wat jy moes

maak om ‘n beter toekoms

vir jou kinders te verseker!

Dames, julle is onbeskryfbaar.

Page 7: Die kommentaar is in! en so maak ons Shalom finaal! 29.08.2019.pdf · Baie mans kla soms oor hulle vrouens “verander” het; Sy lag nie meer so gereeld nie, praat minder, spandeer

‘n afgetrede predikant het my nuusbrief van laas week gelees en wou graag sy

storie van Aftrede met ons deel. Hy verkies om anoniem te bly. Op die ouderdom van 60 jaar het hy afgetree, maar steeds daarna preekbeurte

uitgevoer omdat gemeentes aangevra het dat hy sal.

Hy het op die punt van sy lewe gekom waar hy “Nee” kan sê. Dankie tog vir dit, want

vir elke preekbeurt wat aangevra is spandeer hy ongeveer 30ure om te voltooi. Na ‘n

kort opsomming het hy uitgewerk: in 12jaar het hy vir 30 gemeentes gepreek a.g.v.

preekbeurte! Hy het onlangs besef dat hy afgetree het om die tyd wat hy oor het

saam sy vrou te koester en daarom wil hy geen preekbeurte in die toekoms aanvaar

nie.

Na verskriklik baie jare op universiteit het hy sy Dokters graad (onder andere) voltooi

in Jeug- en Gesinsbediening. Dit was ‘n keuse gebaseerd daarop om die gemeente te

laat groei en ‘n goeie invloed maak op elke lid. Hy sê “die jeug inspireer my, dis soos

‘n ander tipe spesies..” Dag na dag loop daar tieners verby sy huis en dan wonder hy

– Van waar kom die gedrag, wat maak hulle anders, wat is hulle passies?

Hulle eerste kleinkind is in Junie gebore en hulle gaan binne kort moet “Babysit”

...ouma en oupa is op hulle senuwees! Die laaste wat ‘n kind in hulle sorg was; was 34

jaar terug! Met gemengde gevoelens oor die nuwe uitdaging het hy aan my

verduidelik dat hulle baie opgewonde is om verantwoordelikheid te neem en hoop

om die beste te doen.

Sy talent het hom nuwe lewe gegee na aftrede. Hy skilder graag die wonders van die

wêreld. Waar het die passie begin?

In graad een was hy ‘n taak gegee deur die juffrou; sy het aangevra dat die klas hulle

huisies teken. Die juffrou het na sy prentjie gekyk en gesê “dit is die mooiste wat ek

al ooit gesien het” ..dit was die vonk wat die vuur in sy hart vir kuns begin het.

Het Doktor enige advies vir die gemeentes en hulle lede wat dink daaroor om af te

tree? Dit is belangrik om vooraf te besluit wat jy gaan doen na aftrede, om te stap in

die straat gaan jou nie besig hou nie! Dit moet ‘n aktiwiteit wees wat jy sal geniet,

byvoorbeeld houtwerk, krale maak, bak, tuinmaak. Bygesê hang die keuse van jou

omstandighede af. Indien jy vreugde vind in jou werk – gaan voort! As jy finansieel

nie reg is vir aftrede nie, moet nie die kans waag nie.

As jy geseënd is om af te tree tussen 65-70 jaar oud

– maak seker dat jy die meeste

van jou dae maak.

Kom ons praat oor AFTREDE met ‘n afgetrede. . .

Page 8: Die kommentaar is in! en so maak ons Shalom finaal! 29.08.2019.pdf · Baie mans kla soms oor hulle vrouens “verander” het; Sy lag nie meer so gereeld nie, praat minder, spandeer

Sondag, 1 September 2019 is Nasionale Biddag vir Dowes.

Ons vra dat u asseblief tydens Sondag se Erediens ʼn geleentheid sal skep om

voorbidding te doen vir die Dowes.

Ons eie Sinode het ʼn gemeente wat omsien na ʼn handjievol Dowes.

Ds. Jaco van Wyk van NG Gemeente Effata-vir-Dowes se bedieningspunte sluit in:

• Potchefstroom – 25 persone

• Van der Bijl Park – 15 persone

• Roodepoort – 7 persone

• MODA – 22 persone

• Primrose Oos – 4 persone

Ds. Jaco van Wyk het ook die video gemaak wat u tydens die diens kan vertoon.

Kyk gerus daarna op Facebook:

https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/videos/2889802121034537/ .

Net om vir julle ʼn idee te gee, is die volgende statistieke vanaf DeafSA ontvang:

{Verskoon asseblief die Engels}

Difficulty hearing

No difficulty Some

difficulty A lot of difficulty

Cannot do at all

All Deaf and Hard of hearing

Wes-Kaap 5 521 148 144 290 27 944 4 458 176 692

Oos-Kaap 5 915 216 204 915 45 999 11 940 262 854

Noord-Kaap 1 011 374 51 836 11 374 741 63 951

Vrystaat 2 424 635 110 466 23 566 1 093 135 125

KwaZulu-Natal 9 315 871 306 215 65 323 29 334 400 872

Noord-Wes 3 185 989 125 669 23 899 2 154 151 722

Gauteng 11 749 139 326 664 59 356 7 012 393 032

Mpumalanga 3 690 974 118 943 24 669 3 246 146 858

Limpopo 4 925 813 126 215 25 656 2 674 154 545

47 740 159 1 515 213 307 786 62 652 1 885 651 Geography hierarchy 2016 by Difficulty hearing

Page 9: Die kommentaar is in! en so maak ons Shalom finaal! 29.08.2019.pdf · Baie mans kla soms oor hulle vrouens “verander” het; Sy lag nie meer so gereeld nie, praat minder, spandeer

Storie van hoop.

Ek het groot geword in ‘n huis waar my pa alkohol misbruik het en dan my ma mishandel.

Na jare het ons van my pa af ontsnap (ek, my ma en my klein sus) en vir ‘n paar jaar was ons baie

gelukkig! Tot my ma ook ‘n alkohol verslawing ontwikkel het.

My ma sou haar drankies op die stille stoep drink en die oomblik wat sy in dieselfde vertrek as ek is;

my slaan, my sleg gesê, my fisies en emosioneel afbreek.

Ek het een aand in my kamer ‘n LO taak vir skool gedoen waar ek prentjies moes uitknip en plak van

blomme en tuine. Ek het natuurlik die prentjies uit my ma se oudste Sarie gesny, die Sarie wat sy klaar

gelees het en ‘n paar bladsye geskeur is van ouderdom. Onder die invloed, het sy in my kamer gekom

en gesien hoe ek die tydskrif knip. Sy het die skêr uit my hand geruk en het die punt na my toe gerug,

soos wat ek probeer ontsnap het ek geëindig in die hoek van my kamer en sy het my raakgesny. Dit

het op daardie oomblik gevoel asof ‘n jaar 2000 Sarie meer belangrik as ek is, gevoel asof sy my lewe

wil eindig.

Na daardie aand het ek geglo dat as ek myself gewoond maak aan pyn, sal die volgende “episode” nie

so erg wees nie. Ek het my polse begin sny, ons skottelgoed in kokende warm water gewas, die lys is

lank. Steeds, het my ma dit reg gekry om groter, dieper merke op my lyf te maak as wat ek self kon.

Op ‘n dag het ek besluit om weg te hardloop, ek sou by ‘n oom in Gauteng kom bly! Verbasend het

my ma gehuil toe sy sien ek gooi al my goed in sakke en is nie van plan om terug te keur nie.

Maande later het ons ‘n oproep gekry dat my ma in ‘n koma is, sy het alkohol met pille gedrink en

haar lewe is nou op ‘n einde, die suster het aangevra dat ons kinders asseblief moet kom om haar te

groet. Die pad was lank daarna toe, almal het uit die kar gespring om te sien wat gaan aan, hoe lyk sy?

Ek wou nie weet nie. My hart en my siel en enige emosie wat ek ooit gevoel het; het sy stukkend

gebreek. Na drie dae in die huis waar sy in haar doodsbed gelê het, het my suster my oortuig om net

“totsiens” vir my ma te sê. Ek het toe vir my ma gesê;

“Jy is nie my ma nie, my ma kon 60 koshuis seuns opvoed en leiding gee.

My ma sou nooit haar hande lig vir haar dogter nie.”

Sy het haar hand op myne gesit en ‘n traan het van haar gesig afgeval, fisies was dit nie moontlik vir

haar om dit te kon doen nie.

Vandag is ek ‘n mamma van ‘n dogtertjie, ek drink GLAD NIE! Ek woon al - en enige skool

byeenkoms by en spandeer elke oomblik wat ek kan saam met haar! Ek het myself belowe om eendag

die ma te wees wat ek graag sou wou hê. Ja, soms mis ek my ma. Die ma wat sy was vir ander

kinders.

My meisiekind is vernoem na my ma en ouma, ‘n mengsel van 2 name. Beide my ma en my ouma

was “tough” en ek probeer fokus op die goeie dinge wat hulle wel gedoen het.

Ek glo dat my kinderdae meer soos sterk word dae was. Na skool het ek in my eie plekkie in getrek,

met ‘n klein salaris vir myself ‘n tuiste gebou en vir myself gesorg. Ek het uit my kinderdae geleer; ‘n

man sal my nie sleg behandel nie - en ek sal my kind nie sleg behandel nie.

Page 10: Die kommentaar is in! en so maak ons Shalom finaal! 29.08.2019.pdf · Baie mans kla soms oor hulle vrouens “verander” het; Sy lag nie meer so gereeld nie, praat minder, spandeer

JOB

DES

CR

IPTI

ON

FUN

DR

AIS

ER: I

nd

ivid

ual

s an

d C

hu

rch

es

VA

CA

NC

Y

MES

is lo

oki

ng

for

a p

assi

on

ate

can

did

ate

to f

ill t

he

Ind

ivid

ual

s an

d C

hu

rch

es F

un

dra

iser

Po

siti

on

. Th

e su

cces

sfu

l can

did

ate

will

be

resp

on

sib

le f

or

the

follo

win

g fu

nct

ion

s;

1.

Pre

par

e w

ork

able

p

rop

osa

l fo

r M

ES t

o

par

tici

pat

e in

fu

nd

rais

ing

for

ind

ivid

ual

s an

d

chu

rch

es.

2.

To r

aise

fu

nd

s th

rou

gh in

div

idu

als

and

ch

urc

hes

str

ateg

y im

ple

men

tati

on

. 3

. M

ain

tain

lin

ks w

ith

exi

stin

g in

div

idu

als

and

ch

urc

hes

. 4

. M

eet

and

rec

ruit

id

enti

fied

new

in

div

idu

als

and

ch

urc

hes

to

su

pp

ort

th

e m

issi

on

of

MES

.

5

. M

ain

tain

dat

abas

e fi

les

and

pre

par

e re

po

rts.

6

. Li

aise

wit

h M

ES p

rogr

amm

es r

egar

din

g fi

nan

cial

fo

llow

up

an

d o

ther

req

uir

emen

ts.

7.

Res

po

nsi

ble

fo

r sa

lesf

orc

e.

REQ

UIR

EMEN

TS

ESSE

NTI

AL

QU

ALI

FIC

ATI

ON

– N

QF

LEV

EL

Rel

evan

t Te

rtia

ry Q

ual

ific

atio

n w

ith

a m

inim

um

of

3 y

ear

s’ e

xper

ien

ce a

s a

fun

dra

iser

in t

he

NG

O

sect

or.

Dri

vers

Lic

ence

SK

ILLS

/ P

RO

FESS

ION

AL

KN

OW

LED

GE

• K

no

wle

dge

an

d e

xper

ien

ce o

f M

S O

ffic

e Su

ite

• Ex

celle

nt

com

man

d in

sp

oke

n a

nd

wri

tten

En

glis

h a

nd

Afr

ikaa

ns

lan

guag

e

• Ex

per

ien

ce w

ith

Sal

esfo

rce

B

ENEF

ICIA

L Q

UA

LITI

ES

• M

ust

hav

e C

hri

stia

n V

alu

es

• Fl

exib

le r

egar

din

g w

ork

ing

ho

urs

• A

ble

to

wo

rk w

ell u

nd

er p

ress

ure

• A

ble

to

wo

rk in

dep

end

entl

y

• G

oo

d c

om

man

d o

f En

glis

h a

nd

Afr

ikaa

ns

esp

ecia

lly w

ritt

en;

• M

ust

hav

e p

ub

lic s

pea

kin

g ex

per

ien

ce

AP

PLI

CA

TIO

NS

Ple

ase

no

te t

hat

on

ly c

and

idat

es w

ho

are

elig

ible

to

wo

rk in

So

uth

Afr

ica

will

be

con

sid

ered

fo

r th

is p

osi

tio

n.

A

PP

LIC

ATI

ON

S: p

ort

ia@

mes

.org

.za

ENQ

UIR

IES:

(0

11)

725

-6

531

CLO

SIN

G D

ATE

: 26

th S

epte

mb

er 2

019

Page 11: Die kommentaar is in! en so maak ons Shalom finaal! 29.08.2019.pdf · Baie mans kla soms oor hulle vrouens “verander” het; Sy lag nie meer so gereeld nie, praat minder, spandeer
Page 12: Die kommentaar is in! en so maak ons Shalom finaal! 29.08.2019.pdf · Baie mans kla soms oor hulle vrouens “verander” het; Sy lag nie meer so gereeld nie, praat minder, spandeer
Page 13: Die kommentaar is in! en so maak ons Shalom finaal! 29.08.2019.pdf · Baie mans kla soms oor hulle vrouens “verander” het; Sy lag nie meer so gereeld nie, praat minder, spandeer

Versoeke aan ons gemeentes.

Weereens, baie dankie aan almal se terugvoer en kommentaar.

Ons is so bly dat die kommunikasie tussen gemeentes verbeter!

Indien julle gemeente ons dalk kan help met die volgende versoeke sal ons dit

hartlik waardeer:

Mamma en Ek bak!

Ons is opsoek na resepte wat maklik, vinnig en smaaklik is.

Iets wat die kleintjies mamma of ouma kan help bak

(“cake in a cup” kwalifiseer nie)

Erfenisdag

Potjieresepte of lekker braai wenke!

Die perfekte geleentheid vir die manne om bietjie te spog.

Musieklede

Nuuskierige ek wil weet; waarom een lid uit die orkes musiek as ‘n loopbaan gekies het?

Stuur gerus vir my kontakbesonderhede van ‘n lid sodat ek 4 of 5 kort vrae kan vra en meer

blootstelling gee aan die talent binne julle gemeente se orkes!

WAT OM TE VERWAG VOLGENDE WEEK

• Die geheim tot ‘n lang, gelukkige huwelik.

• Erfenisdag; Ons is trots om Afrikaans te wees!!

Groete. Venessa Jordaan.