die horison

12
WEBSITE: WWW.BELURANAUPINGTON.COM EMAIL: [email protected] AA NASIONALE WENNER 2011 MUNISIPALITEITE SKAKEL GERUS VIR SPESIALE TARIEWE! RIVIEROEWER EMAIL: [email protected] Search ISSUU and read the Paper ONLINE FREE /GRATIS/MAHALA Isaac Cloete Die Noord-Kaapse pa wat daarvan ver- dink en beskuldig word dat hy sy dog- ters al lank seksueel molesteer, stuur glo dreigemente uit die selle. Ook het hy, Willem Syster(65), die week slegte nuus ontvang toe hy moes hoor dat hy tronkkos vir Paasfees moes eet omdat die aanhoor van sy borg-aansoek nie kon plaasvind nie. Die kerkman en oud-bendelid was voor laasweek gearresteer en aangehou omdat sy twee dogters hom gekla het nadat hy hulle bevoel het. Hy het Woensdag verskyn om vir borgtog aansoek te doen, maar die saak is deur landdros, Piet Maré tot 5 April uitgestel. Hy bly in aanhouding. Intussen vrees mense hom op die Noord- Kaapse dorpie indien hy moontlik op borgtog kan uitkom. Sy buurvrou, Getruida (Trooi) Walters het intussen met „n petisie begin om 1000 handtekeninge te werf so- dat hy nie Vrydag borg kan kry nie. Sy het aan Die Horison gesê: “Daai jong het uit die selle aan my „n dreigement gestuur en gesê ek maak sy naam swak en dat hy my gaan afhaal.” Die week het Walters ook „n naamlose brief aangetref onder die deur van die ANC-kantoor waar sy werk. Aan die bui- tekant was in potlood geskryf. “Aan Trooi, Jammer dat ek op die koevert moet skryf, maar die brief word so aan jou gerig, want jy is dit nie eens werd om „n beter brief te ontvang nie.” Volgens Walters het die inhoud haar egter baie, ontstel want onder andere word sy en een van haar seuns sleg beledig. Daar word onder ander genoem dat haar seun tik en ander seuns in die tronk ge- sodomiseer word. *Ook word sy daarvan beskuldig dat sy „n groot stink p##s het. As sy op „n stoel sit, dan stink die sitplek glo so dat niemand daarop wil sit nie.* “Ek het „n idee wie dit kan wees en het die brief na die polisie gevat. Ek as voorsitter van die ANC- Vroue Liga gaan steeds veg vir vrouens wat verkrag word en my nie laat onder kry nie.” Intussen het Margereth Esau, wie se naam laasweek in die koerante genoem was, ver- tel dat sy spyt is dat sy met die media gepraat het weens vrees vir vergelding. “Ek en die man is in dieselfde kerk en die week het „n familie-lid van hom, my amper uit die pad geloop.” Die hof van die klerk op Calvinia het bevestig dat Syster Woendag(27.03.13) in die hof was en weer Vrydag(05.04,13) verskyn, maar wou nie redes gee nie, maar sy borg nie aangehoor kon word nie. Die Horison se bron het egter gesê dat die ondersoekbeampe glo doelbewus afwesig was, sodat die saak nie kon voortgaan nie. Die Horison het ook betroubaar vasges- tel dat die twee dogters en hul ma uit die huis getrek het en by „n ander huis van die ma woon. 83 VOORTREKKER STR. Verskoning word gevra aan lesers wat geraak voel oor die taal gebruik in die berig (Tussen *) Isaac Cloete Onlangs is „n Sutherlandse vrou, jare na haar bevrydingstryd, vereer vir haar opofferings en toewyding in die geweste. Wyle Vivian Jantjies het die eer te beurt geval toe die gebou, wat die Namakwa Distriks Munisipaliteit se kantore op Calvinia huisves, na haar venoem was. Die benoeming het juis op Vry- heidsdag plaasgevind om ekstra emosie en relevansie aan die geleentheid te gee. Nadat ds.P. West die geestelike ge- deelte behartig het die uitvoerende burgemeester van die Namakwa Distriks Munisipaliteit (NDM) op Springbok, Frank van den Heever, die amptelike verwelkoming behar- tig. Vervolg op BL.4

Upload: 7john-cloete

Post on 14-Mar-2016

358 views

Category:

Documents


90 download

DESCRIPTION

Community Newspaper

TRANSCRIPT

Page 1: Die Horison

WEBSITE: WWW.BELURANAUPINGTON.COM

EMAIL: [email protected]

AA NASIONALE WENNER 2011

MUNISIPALITEITE SKAKEL GERUS VIR SPESIALE TARIEWE!

RIVIEROEWER

EMAIL: [email protected] Search ISSUU and read the Paper ONLINE FREE /GRATIS/MAHALA

Isaac Cloete

Die Noord-Kaapse pa wat daarvan ver-

dink en beskuldig word dat hy sy dog-

ters al lank seksueel molesteer, stuur

glo dreigemente uit die selle.

Ook het hy, Willem Syster(65), die week

slegte nuus ontvang toe hy moes hoor dat

hy tronkkos vir Paasfees moes eet omdat

die aanhoor van sy borg-aansoek nie kon

plaasvind nie.

Die kerkman en oud-bendelid was voor

laasweek gearresteer en aangehou omdat sy

twee dogters hom gekla het nadat hy hulle

bevoel het. Hy het Woensdag verskyn om

vir borgtog aansoek te doen, maar die saak

is deur landdros, Piet Maré tot 5 April

uitgestel. Hy bly in aanhouding.

Intussen vrees mense hom op die Noord-

Kaapse dorpie indien hy moontlik op

borgtog kan uitkom. Sy buurvrou, Getruida

(Trooi) Walters het intussen met „n petisie

begin om 1000 handtekeninge te werf so-

dat hy nie Vrydag borg kan kry nie. Sy het

aan Die Horison gesê:

“Daai jong het uit die selle aan my „n

dreigement gestuur en gesê ek maak sy

naam swak en dat hy my gaan afhaal.”

Die week het Walters ook „n naamlose

brief aangetref onder die deur van die

ANC-kantoor waar sy werk. Aan die bui-

tekant was in potlood geskryf.

“Aan Trooi, Jammer dat ek op die koevert

moet skryf, maar die brief word so aan jou

gerig, want jy is dit nie eens werd om „n

beter brief te ontvang nie.”

Volgens Walters het die inhoud haar egter

baie, ontstel want onder andere word sy en

een van haar seuns sleg beledig.

Daar word onder ander genoem dat haar

seun tik en ander seuns in die tronk ge-

sodomiseer word. *Ook word sy daarvan

beskuldig dat sy „n groot stink p##s het.

As sy op „n stoel sit, dan stink die sitplek

glo so dat niemand daarop wil sit nie.*

“Ek het „n idee wie dit kan wees en het die

brief na die polisie gevat. Ek as voorsitter

van die ANC- Vroue Liga gaan steeds veg

vir vrouens wat verkrag word en my nie

laat onder kry nie.”

Intussen het Margereth Esau, wie se naam

laasweek in die koerante genoem was, ver-

tel dat sy spyt is dat sy met die media

gepraat het weens vrees vir vergelding.

“Ek en die man is in dieselfde kerk en die

week het „n familie-lid van hom, my amper

uit die pad geloop.”

Die hof van die klerk op Calvinia het

bevestig dat Syster Woendag(27.03.13) in

die hof was en weer Vrydag(05.04,13)

verskyn, maar wou nie redes gee nie, maar

sy borg nie aangehoor kon word nie.

Die Horison se bron het egter gesê dat die

ondersoekbeampe glo doelbewus afwesig

was, sodat die saak nie kon voortgaan nie.

• Die Horison het ook betroubaar vasges-

tel dat die twee dogters en hul ma uit die

huis getrek het en by „n ander huis van die

ma woon.

83 VOORTREKKER

STR.

Verskoning

word gevra

aan lesers

wat geraak

voel oor die

taal gebruik

in die berig

(Tussen *)

Isaac Cloete

Onlangs is „n Sutherlandse vrou, jare

na haar bevrydingstryd, vereer vir

haar opofferings en toewyding in

die geweste.

Wyle Vivian Jantjies het die eer te

beurt geval toe die gebou, wat die

Namakwa Distriks Munisipaliteit

se kantore op Calvinia huisves, na

haar venoem was.

Die benoeming het juis op Vry-

heidsdag plaasgevind om ekstra

emosie en relevansie aan die

geleentheid te gee.

Nadat ds.P. West die geestelike ge-

deelte behartig het die uitvoerende

burgemeester van die Namakwa

Distriks Munisipaliteit (NDM) op

Springbok, Frank van den Heever,

die amptelike verwelkoming behar-

tig.

Vervolg op BL.4

Page 2: Die Horison

Die naam prosesse is aan die gang

en ʼn geskikte naam sal dan dan

deur die provinsie bekend gemaak

word.

Die nuwe hospitaal vervang die

Gordonia hospitaal in geheel en

beskik oor beter gesonheidsfasili-

tiete.

Dit is ook groter in kapasiteit en

pasiënte sal dan beter behandeling

ontvang. Dit gaan beslis een van

die beste hospitale in die land

wees.

Die hoeveelheid personeel wat

nodig sal wees om die nuwe hospi-

taal aan die gang te kry is nog nie

bepaal nie.

Intussen duur die bouwerk aan die

nuwe hospitaal steeds voort en ʼn

opwinding vir die beter gesond-

heidsorg heers onder die gemeen-

skap van Upington.

SAMANTHA CLOETE

UPINGTON: Opgewon-

denheid heers onder die

mense van Upington, wat

inspanning wag na die

uiteindelike inhuldiging

van die nuwe hospitaal.

Die gemeenskap sien omtrent

uit na die nuwe hospitaal want,

al wat hulle wil hê is beter

gesondheidsdienste. En dus

presies wat ons mense gaan

kry uit die nuwe hospitaal wat

17 eenhede sal hê.

Volgens die Departement van

Gesondheid is die hospitaal so

te sê 99% voltooi waarvan daar

slegs een huis en ʼn Tuberku-

lose eenheid nog onder kon-

struksie is. Die struktuur is

klaar, maar die infrastruktuur

duur steeds voort.

Volgens Mev. Dina Beukes

van die Gordonia hospitaal

werk hulle baie hard om seker

te maak alles is 100% in orde.,

om sodoende die opening van

die hospitaal so gou as moont-

lik aan die lig te kan bring.

Daar is nog geen datum

vasgestel vir die openings

proses nie en die department

werk hard om alles gereed te

kry vir die nuwe hospitaal.

Wat die naam van die nuwe

hospitaal betref bly dit steeds

ʼn raaisel en daar is nog nie op

ʼn naam besluit nie. Die hospi-

taal bleik steeds naamloos te

wees, maar ook nie vir lank

nie.

Isaac Cloete

Nadat ‗n DA/raadslid uit frustrasie, maar

veral depressie bedank het, sit die

DA/Cope koalisie op Springbok met ‗n

paar lelike tammeletjies.

Eerstens sukkel die raad van die Nama Khoi

munisipalteit op Springbok om hul konsep-

begroting en ander sake deurgevoer te kry,

weens „n kworum. Maar erger, die koalisie kan

die beheer in die raad verloor as die ANC die

tussenverkiesing in Mei wen.

Kathleen(Antie Koekie) Groenewald van Con-

cordia het onlangs as raasdlid bedank weens die

frustrasie en gemors wat die afgelope twee jaar

onder die DA/ Cope koalisie by die munisipal-

iteit plaasgevind het.

Sy het die week haar hart oopgemaak en

beklemtoon dat haar besluit „n hart- en be-

ginselsaak was en niks anders nie.

Sy het vyf dinge uitgewys waarmee die muni-

sipaliteit haar nie kon help nie, ten spyte van

die feit dat dit die raad nie geld sou kos nie. Dit

was:

* Persele aan Concordia se inwoners;

* Beter radio- en tv opvangs vir die dorp;

* Opgradering van sportgronde;

* Water aan die Klipmyn vir groter werkskep-

ping en die

* Opknapping van die entrepreneursgebou vir

werkskepping.

Intussen het Cope-stories die rondte gedoen

dat die ANC haar omgekoop het met geld,

ensovoorts, ensovoorts.

“Dis nie waar dat die ANC my omgekoop het

met geld nie, maar oor die feit dat koalisie niks

gedoen het nie aan my skrywes en vele ver-

soeke om my mense op te hef.Ek het so baie

gedoen vir die mense in Concordia, maar Na-

ma Khoi weet nie eens daarvan nie.”

Groenewald het twee maal agtermekaar be-

dank, maar die eerste een teruggetrek, omdat

die aansuiweringsbegroting aandag moes kry en

sy nie die proses wou kniehalter nie, terwille

van haar mense.

“Ek het toe vir Nama Khoi genoeg tyd gegee

om hulle huis in orde te kry en aan my griewe

aandag te gee.Maar nadat ek in Januarie be-

dank het, het hulle vir drie weke niks hieraan

gedoen nie.”

Die laaste strooi vir haar was toe sy en „n DA-

raadslid in „n woordewisseling betrokke was.

Blykbaar het die raadslid haar uitgekruit en wou

weet waarom sy aanvanklik ingestem het om as

DA-raadslid te staan.

“Hierna het ek in depressie geval en besluit om

weer(2de keer) te bedank as raadslid van Nama

Khoi. Ek het toe sommer uit die DA ook

bedank, terwille van my mense wat so swaar

kry.”

Volgens haar het haar kinders haar ook

aangeraai om alles te los en uit die politiek te

tree. Haar man het haar egter deeglik bygestaan

in haar besluit om as DA-raadslid te bedank en

ander weë te soek, het sy vertel.

“Hy het sommer vir die burgemeester, oom

Schalk Lubbe, gesê dat die DA my vir „n grap

gevat het en dat ek by my besluit moet hou.

Oom Lubbe het aan hom gesê dat die DA my

ook geld kan gee, maar dis te laat en ek het dit

nie nodig nie. Dis finish en klaar.”

Sy gaan egter nie as ANC-kandidaat staan nie

in die tussenverkiesing wat volgende maand

plaasvind. Sy sal wel help dat die ANC die wyk

terugwen en die munisipaliteit weer kan

oorneem, volgens haar.

Intussen sê Lorenzo Faber (hoofsweep van die

ANC) dat dit bogstories is dat die ANC ander

raadslede probeer omkoop, maar dat hulle

enige nuwe lede verwelkom, wat uit eie wil by

die party kom aansluit.

“Die mense word deur ons deurdagte beleide

en ons glorieryke geskiedenis getrek en voel

tuis by ons. Dis maar al.”

Lubbe het net genoem dat hy met „n begroting

worstel en „n tussenverkiesing sit wat inter-

essant kan wees

UPINGTON: Dit bleik asof mense nog

steeds val vir daardie wen boodskappe wat

op hul selfone verskyn, en dan openlik

verkul word in die proses.

Die Speurtak van die Suid– Afrikaanse Polisie

Diens op Upington ondesoek verskeie klagtes

van bedrog nadat persone op selfoon-

boodskappe reageer het. Die boodskappe lei

dan dat hulle groot bedrae geld in een of an-

der kompitiesie gewen het.

Daar moet dan gewoonlik eers geld inbetaal

word vir lugtyd of om die geld los te kry. Die

ironie van die saak is dat die sogenaamde wen-

ners nooit vir so ʼn kompitiesie in geskryf het

nie.

Onskuldige opersone word so uit duisende

rande verkul en ontvang nooit die beloofde

wengeld nie.

In die jongste voorval moes ʼn persoon eers

R10 200-00 vooraf inbetaal voordat die

wengeld opge-eis kon word. Nadat die geld

inbetaal is, was daar nie weer kontak nie en is

die wengeld ook nie uitbtaal nie.

Die publiek word versoek om nie op

boodskappe te reageer van kompitiesies wat

groot bedrae geld uitbetaal nie, veral as daar

nie vir so ʼn kompitiesie ingeskryf is nie.

Persone met inligting moenie huiwer om hul

naaste polisie stasie te kontak nie.

Foto links: Die volledige

struktuur van Upington se

nuwe hospitaal.

Die gemeenskap kan nie meer

wag vir die inwyding van hul

hospitaal nie.

SAMANTHA CLOETE

UPINGTON: Hy is beslis meer as net ʼn

superster. Donovan Isaacs is oorspronklik

van Keetmanshoop, Namibië. Op

jeugdige ouderdom het sy talent en liefde

vir sang alreeds sterk na vore begin tree.

Die bekende sanger laat hom deur niks

onder kry nie. Hy het al twee suksesvolle

albums agter die rug naamlik, “ Straight

to the heart” en “ Kalahari gospel

treffers” wat genommineer was vir die

ATKV, LIER TOEKENNING, in die

kategorie, “ Beste Debuut CD Deur ʼn

Manlike Kunstenaar Aangebied”.

Hy het ook verskeie toekennings en

bloodstellings ontvang vir sy prag talent.

Donovan is omtrent vol moed vir die

toekoms en sy planne lyk blink.

Huidglik vat hy elke dag soos dit kom en

werk hard aan sy toekoms. Hy beplan

ook ʼn Live DVD RECORDING” van

Donovan & vriende vir later vanjaar.

Daarna ʼn landwye toer om sy DVD te

bemark.

Hy en sy vriende het alreeds twee

suksesvolle “shows” agter die rug. Met

hierdie Donovan & vriende konsep

beoog hy ook ʼn groot skouspel. Wees

ook op die uitkyk vir sy derde CD na al

hierdie verwikkelinge.

Sy grootste begeerte is om sy eie “ Rec-

ord Label” te bestuur en so ook sy eie

sangskool., om sodoende jong onge-

vorderde kunstenaars ook ʼn breek in die

lewe te gee. Hy wil hê sy musiek albums

moet goue/platinum status bereik en

selfs erkenning daarvoor kry.

Hy voel Supersterre was net ʼn leerskool

“Die beste‖ van Donovan, lê nog voor.

Die bekende nasionale sanger glo nie in

kits roem nie. Hy glo sukses kom van

hardewerk ongeag jou omstandighede.

Donovan beter bekend as Koning van die

Kalahari en Supersterre, se boodskap aan

jong aspirant kunstenaars is, moenie jou

eie ek wil wees nie. Ken die Here in alles

wat jy doen. Wees passievol en nederig.

Die musiekbedryf is ʼn langpad om te stap

en jy moet geduldig wees.

Fokus op jou eie foute want, niemand is

volmaak nie.

Donovan is die geskikte persoon vir enige

optredes wat sang behels kontak hom

gerus om jou dag of aand op te kikker.

084 580 8721

Page 3: Die Horison

DOUGLAS: The Douglas

Police in the Northern

Cape Province are looking

for three suspects of a rape

case.

On Saturday 2012-09-01 at

about 10:00 am, a 47 year-old

woman went out to look for

her 13 year-old son in nearby

shops in Douglas. The wom-

an could not find her son and

went further to other shops

to continue the search. She

was alone in the street when suddenly three un-

known male suspects approached her from be-

hind.

The three suspects grabbed her and started as-

saulting , kicking, and trampling her without any

reason. The woman then became unconscious

and woke-up at another house nearby, wearing

only a jersey and socks. Some community mem-

bers assisted her with a blanket to cover herself.

She then recieved medical assistance. It was later

realised that the victim was raped. The victim can

be able to identify the three suspects, and an ID-

Kit was drawn as a result. Two of the suspects

are short and light in complexion, whilst the oth-

er suspect is tall and black.

The SAPS is concerned about the plight of wom-

an and children in

South Africa and call

on the community to

join hands with gov-

ernment to address

this challenge by

providing information

about the wherea-

bouts of wanted sus-

pects.

Arresting these sus-

pects will stop and

prevent them to prey

on other victims.

The SAPS therefore calls on anyone with infor-

mation regarding this incident to contact Detec-

tive Constable Bon gani Gumede on 082 302

0468 or 053 838 4213 altertively contact crime

stop number on 08600 10111.

SAMANTHA CLOETE

RIETFONTEIN: ʼn Ongelukkige veeboer weet nie

meer wat om te doen om die hulp van die Mier

Munispaliteit op Rietfontein te verkry nie.

George Edward Orange (52) is ʼn veeboer wat tans

op Gemeentesdam in die Kalahari boer. Hy is getroud

met sy vrou wat as algemene werker by die oute huis

op Upington werk. Sy is ʼn boorling van Rietfontein

wat self weet van boer. Orange woon al vir meer as

ses jaar op Rietfontein saam met sy vrou.

Die veeboer lewe al vir ʼn geruime tyd in ongeluk.

Orange sê al wat hy wil hê is ʼn stukkie grond vir

kampe om op te boer. Volgens hom het hy al verskil-

lende versoeke skriftelik en mondelings aan die Mier

Munisipaliteit gerig waarvan daar tot vandag toe nog

geen uitsluitsel gekom het nie.

Orange sê hy doen al vir ʼn hele paar jare aansoek vir

grond en lei sedertien nog net skade. Van sy persoon-

like eiendomme is al reeds beskadig en saboteer waar-

van hy verskillende klagtes ingedien het en sake geo-

pen het van Beskadiging van Eiendom, maar niks het

gebeur nie sy sake is afgeskiet.

Hy moes omtrent drieweke gelede 40 skape uit brand

asgevolg van oor beweiding en die feit dat die veld

uitgedun is. Hy voel sy versoekke val op dowe ore en

dat afguns ook ʼn deel uit maak in die hoeveelheid

skade wat hy al aangedoen is.

Orange het ook aan die Horison genoem dat daar wel

gronde beskikbaar is en dit is regerings grond wat aan

die mense gegee kan word. Hy verstaan net nie dat hy

nie grond kan kry nie dit is ʼn alewige gesukkel. Daar

is ook mense wat grond besit, maar wel nie daarop

boer nie.

Hy voel ook die feit dat hy nie ʼn boorling van

Rietfontein is nie, is een van die oorsake dat hy nie

grond kan kry om ʼn kamp vir sy vee op te rig nie.

Die raadop veeboer soek net hulp vanaf die Muni-

sipaliteit al wat hy soek, is ʼn oplossing vir sy

probleem en antwoorde op al sy vrae.

Foto bo: Van die vee wat die veeboer moes uitbrand,

onder: die vee wat oor gebly het.

WERK—WERK

HAARSALON SOEK:

2 HAARSTYLERS OUDERDOMME 25-40

2 KASIERE OUDERDOMME 30-40

PERSONE MOET PLIGS GETROU

WEES EN HARDWERKEND

SKAKEL:- ROELIEN:

SEL: 083 765 8494

Page 4: Die Horison

SAMANTHA CLOETE

UPINGTON: Brenda Dukiso (29) ,

het weer op 22 Maart 2013 in die hof

op Upington verskyn. Dukiso, word

daarvan beskuldig dat sy vermoedelik

haar stiefdogter, Kedibonye Le-

galamitlwa (3) vermoor het.

Dukiso is in Januarie 2013 inhegtenis

geneem nadat haar familie die polisie

geskakel het toe klein Kedibonye dood

aangetref is.

Die polisie het onraad vermoed en ʼn

nadoodse ondersoek is aangevra. Die

verslag het daarop gedui dat die kind

moontlik verwurg en met ʼn stomp voor-

werp teen die kop geslaan is. Waarvan

hierdie hou breinswelling veroorsaak het.

Sy was ook verwaarloos en is waarskyn-

lik oor ʼn lang tydperk mishandel.

Dukiso is op 25 Januarie 2013 op

borgtog van R500 vrygelaat , en was

sterk vermaan deur die landros.

Die landros het dit ook baie duidelik

gemaak dat Dukiso haar samewerking

moet gee aan die polisie en maatskaplike

werksters.

Indien sy nie saam werk nie sal die hof

streng teen haar optree.

Sy het haar derde verskyning in die hof

op Upington gemaak. Dukiso het

hartseer en verwese gelyk. Daar was van

haar familie om haar te ondersteun

tydens haar verskyning in die hof op Up-

ington.

Brenda Dukiso se saak is uitgestel vir

verdere ondersoek en haar borgtog

w o r d v e r l e n g .

Dukiso sal dan weer 02 Mei 2013 in die

hof op Upington verskyn.

Port Nolloth: ‗n Jong

dame is in die week wat

verby is herhaaldelik van

haar kêrel aangerand.

Die polisie is ontbied, hulle

het kom sê die dame moet

afkom na die stasie en „n

saak kom maak. Na „n lang

gesprek tussen die vader en

„n sekere polisie konstabel

het dit aan die lig gekom dat

daar eintlik nie meer bes-

kerming vir vrouens is nie,

behalwe wanneer dit

vrouedag is.

Die vraag aan die polisie

was, wat as daar „n moont-

likheid is dat die betrokke

dame gedreig is met die

dood as sy sou polisie toe

gaan? Die antwoord was dat

dit nog steeds die dame se

verantwoordelikheid is om

self „n klag te lê teen die

man. Dit wys vir my dat

daar nie beskerming is nie.

Hoe sal jy maak as jy met

die dood gedreig word, “sal

jy ‟n saak maak” nee natuur-

lik nie want, jy is gedreig.

Dit is wat in ons daaglikse

samelewing gebeur want, as

die persoon sou aankla dan

tel die polisie net oor twee

dae die lyk op en dan is dit

te laat. Die ouers van die

betrokke kind lei nou daa-

ronder. Die hartseer wat die

ouers nou beleef is uit die

hande van die polisie. Is dit

nou die tendens wat ons as

Suid Afrikaanse burgers

moet deurmaak.

Die misdadiger kry die bes-

kerming en die slagoffer

word opsy gestoot. Wat het

van die tyd geword toe die

polisie nog bekerming ge-

bied het aan die land se

burgers. As die Regering

praat van beskerming wat is

beskerming is dit die mis-

dadiger of die slagoffer. Na

hierdie gesprek met die

Konstabel kon ek dit

duidelik waarneem dat die

polisie eers wag tot die daad

gebeur alvorens die wet kan

ingryp.

Dit wil sê die misdadiger

trek nou voordeel uit die

land se wette en nie die

eerbare belasting betaler nie.

Is daar nie iets wat kan ge-

doen word om hierdie tipe

situasie uit die weg te ruim

nie want, ons voel nou on-

veilig in ons eie land.

UPINGTON: Die Speurtak van die

Suid– Afrikaanse Polisie Diens op

Upington ondersoek klagtes van

diefstal vanuit motorvoertuig en

roof.

Die saak word ondersoek nadat twee

motorvoertuig eienaars na bewering

besteel is by verkeersligte waar hulle

stil gehou het.

Kontant en goedere met ʼn gesament-

like waarde van R4700-00 ( vierdui-

send sewehonderd rand) is uit ʼn voer-

tuig gesteel, nadat onbekende persone

die eienaar van die voertuig met messe

gedreig het by die verkeersligte op die

hoek van Le Roux en Hillstraat.

Die beweerde voorval het omstreeks

22:15 plaasgevind. Die gemeenskap

van Upington moet op hul hoede wees

en ten alle tye veiligheidsbewus wees.

Die tweede geval was toe ʼn handsak

bevattende ʼn geldbeurs, grimeersak,

kontant en dokumentasie uit ʼn voer-

tuig gesteel is.

Die eienaar van die voertuig het na

bewering by ʼn verkeerslig in

M a r k s t r a a t s t i l g e h o u .

Een van die diewe het probeer om iets

aan die eienaar te verkoop, toe sy mee-

loper die passasiersdeur oopgemaak en

die handsak gegryp het.

Die beraamde waarde van die ges-

teelde items beloop R2300-00

(tweeduisend driehonderd rand).

Niemand is in verband met die

beweerde voorvalle inhegtenis geneem

nie.

UPINGTON: Verskeie sake waar

veral skootrekenaars na bewering

gesteel is, word deur die Speurtak

van die Suid-Afrikaanse Polisie

Diens op Upington ondersoek.

Die vermoede bestaan dat skootrekenaars

gesteel word om later verkoop te word.

Mense wat gesteelde goedere aankoop

onder andere hierdie skootrekenaars, is

onder die indruk dat hulle hierdie artikel

bekom teen ʼn winskoop.

Die persone besef duidelik nie dat hulle net

so betrokke raak by die misdaad wat

gepleeg is om hierdie gesteelde eiendom

onwettig te bekom nie. Mense wat gesteelde

eiendom aankoop is net so skuldig soos die

misdadiger want, hulle gee aanleiding daar-

toe dat die misdaad syfer nooit sal daal nie.

Persone wat in besit betrap word met

goedere of items wat moontlik gesteel is,

kan ʼn klag in die gesig staar vir die besit van

gesteelde eiendom.

In so ʼn geval word daar beslag gelê op die

gesteelde eiendom en die persoon verloor

dan ook die geld wat hy of sy vir die artikel

betaal het, en ʼn kriminele klag word dan

teen die persoon gelê.

Die wet op Tweede handse goedere bepaal

ook dat mense wat handel in tweede handse

goedere op hulle hoede moet wees, en die

polisie moet inlig indien hulle enigiets on-

wettigs vermoed.

Tweede handse handelaars moet veral op

die uitkyk wees vir die naam en adres van

die verkoper wat moontlik vals kan wees,

goedere wat dalk gesteel kan wees, of as dit

gepeuter is met die voorkoms van die

goedere soos reeksnommers wat verwyder

is.

Persone met inligting oor vermoedelik ges-

teelde eiendom, word versoek om sonder

enige twyfel hul naaste polisie stasie te kon-

tak.

Hy het sommer die geleentheid gebruik om

aan te kondig dat R5milj in die Hantam

gespandeer gaan word.Ook gaan R500 000

by die Protea Hoërskool spandeer word vir

algemene herstel- en opknappingswerk. „n

Verdere R25 000 is al gebruik vir die aank-

oop van smartboard, „n soort interaktiewe

stelsel wat gaan dien as aanvulling tot die

kurrikulum.

Hierna het verskeie sprekers hulde aan Jant-

jies gebring.

Cathleen Dawids van die ANC Vroue-Liga

het haar as „n merkwaardige vrou beskou, wat

aangevoel het dat sy sou sterf.

Ds. Chris Verhoog, wat vir jare saam met

Jantjies die stryd aangepak het, het vertel dat

hy baie wysheid by haar gekry het,

“Sy was my leermeester in vele opsigte en ek

het baie kennis by haar gekry.Die gemeen-

skap van Sutherland is baie trots op die

verering wat sy van die NDM ontvang

het.Hiervoor sê ons dankie.”

Tydens sy hoofrede het die speaker van die

NDM, Bently Vass, groot hulde aan die oud-

stryder gebring,Hy het haar as „n sterk vrou

beskou, wat soos „n stewige fondasie vir die

gemeenskap van Sutherland was.

“Sy was „n troste, maar nederige kerkvrou

wat ook die aanvoorwerk help doen het vir

die sterrewag op Sutherland.”

Vass het voorts gesê:

“Die afgelope maand kan ons beskou as „n

hoogtepunt vir die NDM, maar ook vir die

Suid-Afrikaanse gemeenskap Die hernoem,

vernoem een namingsproses kan ons gebruik

om eenheid in die land te verkry. Om onsself

totaal van kolonialisme te verlos, sal ons

name wat op ons afgedwing was, móét ve-

rander.”

Avron Thomas het, namens die dep. Sport,

Kuns en Kultuur, die NDM gelukgewens

met die inisiatief om die gebou te vernoem.

Hy het dit beskou as nie „n vermorsing van

geld nie, maar die herstel van die werlikhied

van die verlede.

In 1955 was Jantjies, Albertus Chadow, Frans

Hanekom en Chris Verhoog gekies as die

eerste demokratiese raadslede van die vorige

Sutherland munisipaliteit.

Vivan Anna Jantjies was in 1946 in Zas-

tron(Oos-Kaap) gebore en het in 2004 naby

Victoria –Wes gesterf.

Sy was in die Strand-omgewing begrawe.

Page 5: Die Horison

Lees eers hier!

Ag nee! Tog nie alweer 'n studie oor

gebed nie! Daar is al soveel honder-

de goeie boeke oor hierdie

onderwerp geskryf... Nee, hierdie is

nie maar net nog 'n boek nie. Dit is

'n praktiese groepkursus. Dit is be-

doel om in 'n groep tydens 'n na-

week deur te werk, maar dit eindig

nie aan die einde van die naweek

nie.

Dit gaan voort vir die res van jou

lewe. Ons sal probeer om die mini-

mum teorie te verduur en die

maksimum praktyk te ondervind.

Welkom dus by hierdie groepkur-

sus! Ons is seker dat jou lewe nooit

weer dieselfde sal wees nadat jy

hierdie kursus aandagtig saam met

die ander groeplede deurgewerk het

nie. Dit is ons gebed dat die Here

elke groeplid iets van die krag en

blydskap van ware gebed sal laat

o n d e r v i n d .

Jy is welkom om hierdie gids van

die internet af te laai, uit te druk en

onder julle groeplede te versprei.

Indien jy oorweeg om dit in

boekvorm uit te gee, moet jy egter

eers die skriftelike toestemming van

Bybel-Media kry.

1. Dit is 'n groepkursus

Hierdie kursus is ontwerp om in 'n

groep deurgewerk te word. Die in-

teraksie van groeplede is nodig om dit

te laat slaag. Kry dus 'n groep van min-

stens vier lede bymekaar en spring aan

die werk. Indien die groep meer as agt

lede is, sal julle dikwels in kleiner

groepies van vier elk moet opdeel.

Almal se deelname is belangrik! Reël

jou sake so dat jy niks sal misloop nie.

2. Bid vooraf

Ons verwagting is dat elkeen tydens

hierdie byeenkomste 'n ware ontmo-

eting met die lewende Here sal

ondervind. Hierdie wonderwerk kan

net gebeur as elkeen se hart voorberei

is vir die ontmoeting. Bid dus vooraf

vir jouself, vir die groepleier en vir al

die ander groeplede.

3. Wees oop

Ons gaan in hierdie dae praat oor die

mees intieme deel van ons godsdiens.

Niemand is gewillig om te erken dat sy

gebedslewe swakker is as die ander s'n

nie. Tog moet ons bereid wees om

onsself bloot te stel aan mekaar en aan

onsself as ons enigsins wil vorder op

die gebedspad. Wees dus gewillig om te

volg hoe die Here julle ookal mag lei.

4. Neem tyd

Wanneer ons oor die belangrikste sake

van ons lewe gesels, moet ons nie

haastig wees nie. Beplan om minstens

een en 'n half uur vir elke studie opsy

te sit, en moenie skrik as julle vind dat

julle nog meer tyd wil neem nie. Ons

gaan self die groot feite ontdek, en dit

neem tyd. Moet dus nie tyd mors met

sypaadjies en onbenullighede nie. Hou

b y d i e o p d r a g t e .

Julle kan die kursus deurwerk in een

naweek met vier sessies, of andersins

oor vier weke in sessies van een en 'n

half uur elk. Kyk maar wat vir julle die

beste sal wees.

5. Moontlike haakplekke

Die persoon wat die leiding neem,

moet op die volgende let:

Dra die verduidelikende gedeeltes voor

of laat die groeplede beurte neem om

dit voor te lees.

Stel die opdragte een vir een aan die

orde en sorg dat die groep by die

onderwerp bly. Waak daarteen dat die

bespreking op syspore afdwaal.

Sorg dat die groeplede die antwoorde

so ver moontlik in die Skrifdeel wat

aangegee word sal vind, tensy hulle eie

opinie gevra word.

Probeer om al die groeplede by die

bespreking te betrek. Moenie iemand

dwing om te praat nie, maar moedig

die stilles taktvol aan. Die selfstudiege-

deeltes is nie 'n vasvra nie - almal se

menings is belangrik.

Pasop dat een of twee praatsiekes nie

die bespreking oorheers nie. Dit be-

moeilik die groepswerking.

6. Die kursustoets

Hierdie groepkursus het geen kursus-

toets om aan Bybelkor te pos nie. Die

toets van die sukses van hierdie kursus

gaan in die daaglikse praktyk van jou

gebedslewe wees. Ons sal darem tog

bly wees as jy aan ons wil skryf om te

vertel hoe die kursus jou gehelp het, en

waar jy meer hulp sou wou hê. Jy is

ook welkom om jou persoonlike

probleme met ons te deel. Een van ons

persoonlike raadgewers sal jou per

brief vertroulik raadgee. Mag jou

gebedslewe nooit weer dieselfde wees

n i e !

Studie 1

Daar is krag in gebed

1. Ken mekaar

Kom ons staan in 'n sirkel. Maak seker

dat elkeen sy naamkaartjie aan het, as

ons mekaar nog nie goed ken nie. Ons

gee nou een minuut sodat ons onsself

aan ons bure kan voorstel. Daarna sal

ons elkeen kans kry om die persoon

regs van ons voor te stel aan die

g r o e p :

- W a t i s s y / h a a r n a a m ?

- W a t i s s y / h a a r b e r o e p ?

- Hoe lank is hy/sy in ons gemeente?

- Wat verwag hy/sy van hierdie

g r o e p k u r s u s ?

Nou kan ons in groepies van drie of

v i e r g a a n s i t .

Bid nou saam in julle groepie. Vra die

Here om elkeen van ons te verander

sodat Hy sy plan met ons kan uitvoer.

2. Die gemeente se termometer

"Ons is hier omdat ons krag in gebed

nodig het." Stem jy saam? Kom ons

kyk of dit waar is. Iemand het geskryf:

As jy wil weet hoe gewild 'n kerk is

- gaan na d i e oggendd iens .

As jy wil weet hoe gewild die leraar is

- g a a n n a d i e a a n d d i e n s .

As jy wil weet hoe gewild God is

- gaan na die weeklikse biduur.

In die volgende uitgawe

gaan ons verder met die

bybelstudie

Moenie die uitgawe mis

nie!!!!

1. Word stil voor God

"Nader tot God, en Hy sal tot julle

n a d e r " ( J a k . 4 : 8 ) .

Ons moet eerste van alles seker maak

dat ons met die regte Persoon te doen

het. Ons ou vyand, die Satan, skroom

nie om selfs ons binnekamer te infil-

treer nie. Pasop vir dinge soos Joga en

Transendentale Meditasie wat jou oop-

stel vir bose be‹nvloeding. As ons bid,

het ons met die Drie-enige God te

doen, nie met die mense rondom ons

n i e .

Kom ons word dus nou baie stil en

konsentreer op God. Wag totdat jy van

sy teenwoordigheid bewus word. Die

heilige, almagtige God is hier om ons te

ontmoet en om ons te leer om met

Hom te verkeer. Vergeet van die ander

mense rondom jou. Moenie nou iets

van Hom vra nie. Aanbid Hom net in

stilte vir Wie Hy is. Luister na Hom.

Wat sê Hy diep in jou hart vir jou? (Tyd

v i r s t i l g e b e d . )

Daarna sing ons saggies saam:

" G o d i s h i e r t e e n w o o r d i g ;

l a a t o n s b i d d e n d n a d e r ,

hier waar ons voor Hom vergader.

G o d i s h i e r t e e n w o o r d i g .

H e i l i g i s d i e H e r e ,

buig in st i l te , Hom te ere.

Wie Hom roem, wie Hom noem

H e e r e n H e m e l v a d e r ,

kom nou almal nader!" (Ges. 311:1.)

2. Aanbid en loof die Here

Maak nou jou Bybel oop by Psalm 145.

Dit is 'n lofpsalm. Hierdie psalm gaan

ons nou help om God te aanbid en te

loof. Ons gaan nog nie iets vra nie. Bid

nou hierdie psalm in jou eie woorde.

Elkeen in die groepie neem net een

versie op 'n slag. Sê dan die gedagte in

daardie vers aan die Here in jou eie

woorde, terwyl die ander groeplede

saggies saamstem. Elkeen sal verskeie

beurte kry. Moenie haastig wees nie.

Moenie bang wees vir tydjies van stilte

nie. Ons is nou met die Here besig.

Nadat julle die hele psalm deurgebid

het, kan julle net stilbly. Sodra ons hoor

dat almal klaar is, sal ons voortgaan.

Die meeste van die psalms en gesange

wat ons in die erediens sing is deel van

hierdie aanbidding en lofprysing. Daa-

rom moet ons bedoel wat ons sing.

Kom ons sing byvoorbeeld Gesang 10:

"Grote God, aan U die eer!

H e e r l i k i s w a a r U r e g e e r ;

h e m e l s i s u m a j e s t e i t ;

h e i l i g u g e r e g t i g h e i d .

U w a t a l l e s o n d e r h o u ,

U i s e w i g e n g e t r o u .

" I n g e n a d e , g r o o t e n r y k ,

bou U Heer , u k on ink r yk .

Voordat ek kon kies, kon vra,

het u Seun my vloek gedra.

Ek kon vind: U't my gekry

voor ek nog my skuld bely.

"U, oor alles God en Hoof,

o p e n o ë v a n g e l o o f

dat ons sien, geen goed of kwaad

w ord a a n t oe v a l o o r g e l a a t :

Bokant ons begrip, verstand,

hou U al wat is in stand."

Page 6: Die Horison

4 9 7

2 5

3 9

3

2 3 5

8 2 1

1 9

5 7

5 9

Voltooi die Sudoku en staan ‗n kans om die gelukkige

wenner te wees van ―Twee Dubbele‖ fliek kaartjies ge-

borg deur Ster Kalahari

Vul jou besonderhede in en e-mail of faks na die-

[email protected]

Faksnommer; 054 331 1993

Of kom lewer dit af by ons kantore, Kantoor nommer 6

bokant Vispa meubels. Ons sal u dan kontak.

NAAM:…………………………………………………..

ID :……………………………………………………….

KONTAKNOMMER:

……………………………………………………………

15/04/2013

STUKKIE PARADYS

My seuntjie Nicolaas (toe

4) het by sy ouma gaan

kuier, en ouma het dit

goed gedink om hom

bietjie die groentes te leer

eet wat sy ma nie graag

gaarmaak nie. Die spe-

sifieke dag was broccoli

aan die beurt, en ouma

versin die oulikste stories

oor die boompies wat hy

gaan proe. Hy begin ewe

entoesiasties aan die

eerste een eet, maar ou-

ma sien hy kou al sta-

diger en kry so 'n veraf

trek in sy ogies. "Ouma,"

roep hy toe sy ouma wat

intussen in die spens

verdwyn het, "kom kyk

hier!" Die mannetjie

beduie toe na sy bord

waar hy die laaste

"boompie" staan gemaak

het, mooi vasgedruk in

die middel van die rys.

"Kyk net, hierdie is die

Paradys, en daardie

boom is die boom waar-

van God gesê het ons

mag nie eet nie!"

DIE FEETJIE

Goeie feetjie tik Julius

met stokkie oor kop en

sê, 'Nou het jy vlerke.'

Julius kyk, sowaar, hy het

vlerke. 'Is ek nou 'n en-

gel?' vra hy. Feetjie:

'Nou gaan jy 'n bietjie

ver. Jy is 'n brommer.'

GEBEDJIE

Boetie: 'Sê jou gebedjie,

Pumkinhead. ' Pum-

kinhead: 'Ek is besig.'

Boetie:

'Nou waarom sê jy niks

nie?' Pumkinhead: 'Ek

wil 'n groot klomp goed

vra, so

ek gee die Here 'n kans

om potlood en papier te

gaan haal.'

ERGSTE DAG

Daar sit `n ou in die

kroeg en sit en staar net

na sy drankie. Hy sit in

hierdie

posisie vir `n halfuur toe

die boelie verbystap, die

man se glas vat en dit

alles

opdrink. Die arme man

het begin huil. Die boelie

sê: Toemaar man, ek het

net `n grap gemaak. Hier,

ek koop vir jou `n ander

drankie. Ek haat dit om

`n man te sien huil'. Die

hartseer ou het geant-

woord: 'Hierdie is die

ergste dag

van my lewe. Eerstens

word ek afgedank omdat

ek verslaap het. Toe ek

die

gebou verlaat, vind ek uit

my kar is gesteel. Ek kry

`n taxi huistoe, want ek

het my beursie en kre-

dietkaarte daar vergeet,

en tref my vrou aan met

die

tuinier. Toe land ek in

hierdie kroeg, en net toe

ek dink ek gaan `n einde

aan

my lewe maak, kom jy en

drink my gif op.'

Beveilig jou huis en omgewing só

om ongelukke te voorkom.

1. Waterveiligheid

Elke dag verdrink daar minstens een kind in

Suid-Afrika en kinders onder die ouderdom

van 4 jaar verdrink twee tot drie keer meer as

kinders in enige ander ouderdomsgroep.Hulle

verdrink ook in dromme, emmers en baddens

met water wat slegs 4 cm diep is.

Dis hoekom ons nooit ‟n peuter alleen naby

water mag laat nie. Leer dus gerus jou kind

vroeg reeds om te swem, of anders oor-

lewingsmeganismes soos om op haar rug te

draai wanneer sy in water beland. Swembad-

dens en visdamme moet bedek wees met

veiligheidsnette. Tap die water uit wanneer

julle klaar gebad het en seël die doekemmer

dig.

2. Vergiftiging

Sluit alles wat giftig is, veilig weg waar klein

handjies dit nie bykom nie. Onthou ook om

geen vloeistof behalwe koeldrank in ‟n ko-

eldrankbottel te gooi nie en skroef altyd

kinderveiligheidsdoppies vas op bottels wat

paraffien bevat. Peuters word juis bekoor deur

die helder kleure, soet geure en interessante

verpakking van baie huishoudelike

skoonmaakmiddels wat potensieel giftig is.

Onthou dat baie moderne kinderpille gemaak

word om soos lekkergoed te lyk! Hou ook ‟n

ogie op wat ander mense in jou huis inbring.

3. Brandgevaar

‟n Brandwond wat binne sekondes plaasvind

kan ‟n kind lewenslank skend. Kinders brand

maklik met warm vloeistowwe soos water, olie,

paraffien, koffie en tee. Potte en panne se

handvatsels moet na die agterkant van die

stoof gedraai word. Tap altyd eers die koue

water in die bad en toets die badwater met jou

elmboog.

Oop vure moet altyd afgeskerm word en on-

thou, ‟n vuurskerm van glas kan derdegraadse

brandwonde veroorsaak. Vuurhoutjies en siga-

retaanstekers moet ook buite bereik gehou

word, en ‟n kind moenie alleen by ‟n flikkeren-

de kers of gas- of paraffienstofie gelaat word

nie.

4. Verstikking en versmoring

Omdat peuters enigiets in hulle mond sit, kan

hulle maklik aan iets verstik. Maak doodseker

daar lê niks soos knope, juwele, skroefies en

moertjies op die mat of vloeroppervlak rond

nie Speelgoed vir peuters behoort geen klein

onderdeeltjies te bevat wat kan loskom nie. As

jou ouer kinders sulke speelgoed het, bêre dit

liefs op ‟n plek waar kleinsus dit nie kan

bykom nie.Hou altyd plastieksakke buite die

bereik van klein kinders.

5. VAL

Wees op die uitkyk vir gevaarplekke. As

julle trappe het, kan jy dit gerus beveilig

deur onder en bo ‟n hekkie aan te bring.

Die spasies tussen traprelings moet verk-

ieslik klein genoeg wees dat jou peuter se

kop nie deur die opening sal pas nie. Plaas

bababedjies en ander meubelstukke weg

van vensters af en hou die vensters op die

boonste verdieping maar toe.’n

Veiligheidsreling is ‟n goeie idee vir die

boonste stapelbed, maar vermy liewer

heeltemal dat jou baba of kind ooit alleen

op ‟n hoë oppervlak is.

Wanneer jy ʼn besige ma is, het jy nie altyd tyd

om vol te hou met die nuutste mode tendense

nie. Maar met dit gesê wil jy beslis ook nie elke

dag op jou aakligste lyk nie!

Die geheim is om ʼn paar handige idees te ken

om seker te maak jy kan altyd uit die huis uit

stap terwyl jy asemrowend lyk, sonder om ʼn

ewigheid voor die spieël te spandeer met tyd

wat jy nie het nie.

Hou by eenvoudige maar effektiewe mode

patrone

Moenie vir die gedagtigte val om t-hemde al

die pad te dra nie. O nee! Dus net so maklik

om in jou kas in te gaan en ʼn mooi blom top

of ʼn gemaklike informele topie te gryp. Jy sal

sommer goed voel sonder enige gesukkel.

Koop aanlyn vir nuwe klere

Wanneer jy ʼn huis, kinders en ʼn werk het, is

dit in die meeste gevalle onmoontlik om by die

winkels uit te kom om nuwe klere te koop.

Daar sal ook nie rerig tyd vir jou wees om

soort vir soort klere aan te pas nie, want baba

wil aandag hê. So inplaas van al die gesukkel en

stres wat te veel druk veroorsaak, koop aanlyn.

Jy kan in jou eie tyd aanpas en klere terug stuur

wat nie pas nie en jy kan dit doen wanneer jy

tyd het of wanneer die kinders slaap.

Belê in gemaklike en aantreklike skoene

Dit is so gemaklik om al die tyd tekkies te dra,

maar dit is nie die tipe ding wat mens elke dag

wil dra nie en dit pas nie by alles nie. Koop

skoene wat nie te hoog is nie, plat skoene en

sandale wat goed lyk sal jou gemaklik laat voel

vir daardie heeldag op jou voete staan.

Moenie die bykomstighede vergeet nie

Vergeet van elke dag dieselfde bykomstighede

te dra, kry nuwe bykomstighede wat elke dag

jou eenvoudige uitrustings skitterend laat lyk.

Dit is ʼn netjies en eenvoudige manier om goed

te voel en te lyk. Bykomstighede soos serpe,

doeke en ‟‟shawls‟‟ is beslis ʼn goeie keuse want,

dit is gemaklik om te dra en kom in verskillen-

de patrone en kleure. Jy kan elke uitrusting

verskillend laat lyk met min moeite.

Dit hoef nie n ewigheid te vat om ʼn styl te kry

wat jou goed laat lyk en voel oor jouself nie. Al

is jy ʼn druk besige mamma hoef jy nie afgesloof

te lyk nie. Probeer die wenke om jou daai

selvertroue ‗‘boost‘‘ te gee.

SAMANTHA CLOETE

BAND VAN VRIENDSKAP

Saggies het jy gekom en „n hand

uitgesteek

van vriendskap en omgee, „n glimlag

so breed.

Soms luister jy net of gee my „n

Woord

as my lewenslied klink na „n valse

akkoord ...

Dan weer „n glimlag en „n stewige

handdruk

as my ogies nat is en my skouers wil

snik ...

Jy sien ook my twyfel en weemoed

soms raak,

vertel my van jou prag-kruik met sy

eie seer-kraak..

Saggies-versigtig probeer jy my sê

mens kry nie altyd wat jy graag sou

wou hê!

My lewe is hartseer en ek voel soms

gedaan

maar as ek kyk na jóú vrede, dan

stop dit mý traan.

Dankie dat jy ligvoet op my lew-

ensskerwe trap,

jou nie daardeur laat afsit maar saam

met my wil stap.

Jou vriendskap is „n seëning, op-

ligtend, vol goud,

jy deel jou Jesus-liefde, jy‟s die aarde

se sout.

Page 7: Die Horison

Liewe Tant Emma

Ek verstaan nie wat met my aangaan

nie, ek is getroud, maar verlief op my

kolega se vrou. Ek kan net nie my oë

van haar af hou nie. Ons het al by

verskeie geleenthede lekker saam

gekuier, maar dan is haar man altyd

saam met haar. Sy lyk so dol gelukkig

en nie na die tipe wat haar man sal

verneuk nie nie. Ek en haar man is ook

goeie vriende en hy deel baie dinge met

my. Ek weet nie wat om te doen nie ek

kan haar nie uit my kop uit kry nie.

Moet ek haar vertel hoe ek voel want ek

sal van my kop af word.

ANONIEM

Liewe anoniem

Vergeet dit! Onder geen omstandighede

vertel jy haar hoe jy voel nie. Dit is pure

lawwigheid en dit is verkeerd. Jy gaan men-

se seer maak en ʼn goeie vriendskap op

breek, en dan sit jy met die gebakte pere.

Julle albei is getroud so werk liewer aan jou

huwelik. Jy sê self sy lyk so dol gelukkig so

los dinge nes dit is. Hou jou intoom. Dit is

nie altyd maklik om gevoelens te beheer

nie, maar as dit gaan keer dat mense seer

kry moet ʼn mens dit doen. Dink aan jou

goeie vriend ook, dit is beslis nie die moeite

werd om so ʼn gawe vriendskap terwille van

waansin in die water te gooi nie. Sterkte en

ek hoop jy sal liewer jou hele aandag en

gevoelens aan jou vrou gee.

Liewe Tant Emma

Tante ek het ʼn groot probleem met my

dogter sy is deesdae so uit die wil uit ʼn

mens kan met haar toor. My kind het

geen respek meer vir my nie en sy hou

haar vreeslik groot. Sy is boonop deur-

mekaar met ʼn man wat haar pa kon

gewees het. Sy gaan nog skool en is

nou eers ʼn skame 15 jaar oud en sy wei-

er om van die man af te deel. Ek is ʼn

ma van twee pragtige dogters alhoewel

die jongste een nou so uit die hand uit

is. Sy sê sy is lief vir die man en sy kry

alles op tyd by hom. Hoe weet sy wat

liefde is? Sy bly laat uit en kom dronk

in die huis in daai man misbruik net

my dogter. Ons het ook al met hom

gepraat, maar hy bly nie weg nie. Help

asseblief my kind is heel verdraaid.

HARTSEER MA

Ai liewe vrou klink my of jy deur diep wa-

ters gaan. Die ergste van alles is, vandag se

kinders wil groter en ouer as ons volwas-

senes wees en dus verkeerd. Jy kan altyd

met die polisie ook gaan praat onthou sy is

nog minerjarig. Sy is nog ʼn blote kind. Jy

as ouer sal jou stem moet dik maak sodat

sy kan besef wie is ouer. Jy moet haar begin

straf en eise vir haar stel. Moet haar ook

nie geld gee of vir haar klere koop nie trek

bietjie jou hande terug. Soms moet mens

iewers die streep trek. En glo my as jy te

sag is vir haar en haar boonop nog bederf,

gaan jy as ouer nog meer seer kry. Miskien

het jy ook nie die hard om hard met haar te

wees nie, maar jy kan nie langer toelaat dat

jou eie kind jou ore aan sit nie. Praat ook

met haar en maak seker sy weet jy is daar

wanneer die wêreld daar buite te klein vir

haar word. Wees streng, maar moet haar

nie verstoot nie dit kan haar finaal van jou

af weg dryf en haar nog meer harde kwas

maak. En onthou bly biddend en vra God

vir leiding jy sal verbaas wees hoe gou daar

ʼn lig aan die einde van die donker tonel

skyn. Sterkte

LIEWE TANT EMMA

My niggie is heeltyd in my besigheid.

Sy wil van alles weet en dink sy weet

van beter. Ek weet nie meer hoe om

met haar te praat nie. Sy is in my werk,

sy is in my klerekas, sy is in my ver-

houdings en heeltemal te besig in my

persoonlike lewe. Tante sy wil

selfsdieslfde klere as ek dra en sy wil

alles doen wat ek doen. Dit werk vrees-

lik op my siel. Sy het ook die manier

om my voor ander mense of voor ons

vriende in die gesig te vat. Sy vloek my

ook op die lelikste en dan maak sy voor

my ma asof sy ʼn engel is. Ek hou rêrig

nie van haar houdings nie. Ek het al

met haar gepraat en die ergste van alles

is sy bly by ons. Ek wil haar nie meer

rondom my hê nie , maar my ma wil nie

hê sy moet ander blyplek vir haar soek

nie.

ANONIEM

Liewe kind jyt omtrent ʼn besige niggie en

dan klink sy nog arrogant ook om die waar-

heid te sê ek sal nie lank met so ʼn “bussy

body” oor die weg kan kom nie. Hoe jy dit

uit hou weet nugter alleen. Sy is hopeloos

te besig. Jy moenie dat sy jou verkleineer

nie, sy is tien teen een jaloers op jou en wil

jou af kraak. Moenie laat dit aan jou vat nie

hou jou kop om hoog en wys haar jys be-

ter. probeer net om haar so ver as moontlik

van jou vriende af te hou en uit jou be-

sigheid uit. Moet haar ook nie elke keer

saam met jou na publieke plekke toe neem

nie. Praat ook met jou ma en vertel haar

bietjie wie jou niggie werklik is dalk sal jou

ma se opinie omtrent haar verander.

Ram(20Mrt-19Apr)

Die geluk is aan jou kant, maar

of dit sal hou sal afhang van

wat jy doen met die kanse wat

na jou toe kom.

Bul(20Apr-20Mei)

Jou sosiale lewe gaan baie aktief

wees, en daar gaan tye kom wat

jy jou dieet moet dophou, an-

ders kan jou gesondheid daa-

ronder lei. Maar moet jou nie te

veel kwel nie.

Tweeling(21Mei-20Jun) Jou

persoonlike verhoudinge sal

goeie en slegte fases deurloop

weens jou eie afwisselende ge-

voelens. Jy sal dalk nie heel-

temal weet wat jy wil hê nie en

jy sal beloftes moeilik kan

nakom.

K r e e f ( 2 1 J u n - 2 2 J u l )

Geldelik lyk dinge goed, maar

jou uitgawes kan soms handuit

ruk. Hoewel daar familiebaklei-

ery en selfs liefdesprobleme kan

wees, sal jy die probleme oor-

win en geluk vind in albei dié

draaie van jou lewe.

L e e u ( 2 3 J u l - 2 2 A u g )

Jy sal dikwels die middelpunt

van belangstelling wees weens

dinge wat met jou gaan gebeur -

meestal positief, maar daar kan

'n paar slegtes ook wees.

M a a g d . ( 2 3 A u g - 2 2 S e p )

Kry nou duidelikheid oor jou

idees en doelwitte sodat jy jou

tyd en energie ten beste kan

benut. As jy aanhou en prakties

bly, sal jy wel sukses behaal.

Weegskaal(23Sep-22Okt) As jy 'n alleenloper is, kan jy die

groot liefde vind deur vriende

te maak buite jou gewone

vriendekring.

Skerpioen(23Okt-21Nov)

Jy kan uitsien na 'n maklike en

gemaklike jaar as jy nie duur

verkeerde besluite neem nie en

só probleme op sakegebied

vermy. Laat gesonde verstand

jou aksies en reaksies lei.

Boogskutter(22Nov-21Des)

As jy vir die toekoms beplan,

moet jy seker wees jy neem die

behoeftes van jou naaste fami-

lielede in ag.

Steenbok(22Des-20Jan)

Geldelik gaan dit goed, maar

groot uitgawes aan die huis kan

dinge soms wankelrig laat voel

as jy nie vroeg goeie reserwes

opbou nie.

Waterdraer(21Jan-18Feb)

Daar is nie veel probleme met

die familie nie, hoewel dit sal

help om sagkens te werk met

emosioneel sensitiewe fami-

lielede.

Ek as jare lange inwoner van Progress

voel ek baie ongelukkig oor die feit dat ons

woongebied se kinders hulle so vergryp aan

tik. Dit is regtig ʼn groot kommer want,

saans kan jy as groot mens nie meer rustig

slaap want, ons voel eenvoudig nie meer

veilig.

Die tik koppe sien ‟n mens soms 4 tot 5 uur

nog in die strate wandel, mens kan natuur-

lik nie slaap soos wat die dwelms in hulle

werk. Ons as ouers, gemeenskap, SAPD, en

die media sal regtig hande moet vat om die

probleem hok te slaan. Die ouers veral

moet nie weg kyk van hulle kinders se

probleem nie, maar die probleem in die

gesig staar.

I n w o n e r v a n P r o g r e s s

Waar is die tyd toe ons mense nog vir

mekaar omgegee het? Dit wil voorkom dat

selfs famielies nie eens vir mekaar omgee

nie. Ek het waargeneem dat sekere fa-

mielies se mense het status bereik nou wil

die man niks met sy eie familie te doen hê

nie. Die rede daarvoor is omdat sy familie

waaruit hy kom of stam minder bevoorreg

is. Dit laat ‟n mens wonder waarheen is die

mense oppad. Hulle lewe ver bokant die

verwagting van GOD, in hul eie wêreld.

Vra maar net

Ons bruin ras het nie behoorlike vastrap plek

in hierdie Nuwe Suid Afrika. Dit voel net vir

my ons word enige plek gebruik net waar ons

die nodigste is. Oral word „n mens net skyn goed

behandel net om jou weer af te kraak deur een

of ander handeling wat uitgeoefen word. Dit

word so gedoen dat jy moet sleg voel op die

einde van die dag. Ons kinders sit met matriek

sertifikate doen aansoeke, maar as jy reg onder-

soek instel sal jy agterkom dat daar is kinders

gevat van die betrokke maatskappy maar nie die

bruinkinders nie. Ek dink ons bruin mense moet

nie meer stem nie sodat ons kan sien wat kan

gebeur of ons moet weer die wit regering terug

stem.

Verdrukte Suid Afrikaanse Kleurling

Enige iets wat jou pla op jou lewenspad vra maar vir tante.RIG JOU

BRIEWE AAN :TANT EMMA,Kantoor no06,Bokant Vispa

UPINGTON,8801 of epos dit na:- [email protected]

SY SAL ALTYD ‗N ANTWOORD HET

Ek is geen sielkundige, maar ek

weet dat ʼn huwelik tog vir twee

persone bedoel is, en nie vir drie.

Nu vra ek myself die vraag waar

pas die derde party in?

Wie is nou die skuldige party by

die probleem? Kan dit die man of

vrou wees, miskien lê die prob-

leem by die vrou ( vroue het mos

ʼn mooi maak neiging) dus make-

up, dus “ please call me skrits”

wat die hele helfte van die been

struktuur wys. Of nee wag wag

dus maklik die man, want die

“swagg” is mos hoog onder die

Adams geslag. Dus verskillende

soort karre wat mee gery

(groove )word, met musiek wat di

ruite laat bewe n dus wat die girls

so like.

Weerlose jong ongetroude dames

gooi hulle self aan die getroude

mane, selfs jong mans doen dit

aan vroue….dus waar die prob-

lem ontstaan. Die Eva en die Ad-

ams geslag kan dan nie die ver-

soeking weerstaan want, sommige

van hulle weet nie hoe om te tel

nie, die huwelik is vir twee en nie

vir drie.

Getroude paartjies dink aan die

eed wat jy af gelê het voor ʼn volk

van getuienis, en nie dat daar nog

ʼn Eva of ʼn Adam deel daarvan

gaan wees. As jy nie meer wil

getroud wees kan jy altyd jou ring

uit haal, en skei.

Huwelik + nommer 3

Page 8: Die Horison

Kimberley: The Kimberley police are in-

vestigating a case of dealing in dagga after

two males from Kwazulu Natal was arrest-

ed while in transit with a dagga consign-

ment to Kimberley on the 09 April 2013.

The bust came after Kimberley Flying Squad

members followed up on leads they received

from the Provincial SAPS Crime Intelligence

unit of a blue Nissan Maxima traveling on the

N8, en-route to Kimberley.

The very vigilant and committed Flying Squad

members immediately responded to the infor-

mation and did way-lay duties for approxi-

mately an hour on this specific national road.

The vehicle was spotted at 09:45am and a high

-speed-chase ensued. The vehicle was pulled-

off eventually and more than 40 black bags

containing dagga was found stashed in the

boot and on the back seat.

Two Kwazulu Natal males aged 32 and 43 was

arrested on the scene which took place ap-

proximately four kilometres outside Kimber-

ley. The estimated street value of the 120kg

dagga is R600 000, 00 and was booked in

SAPS exhibit stores and will be used as evi-

dence in the court of law.

“The Acting Kimberley Cluster Commander,

Major General Rismati Shivuri commended

the Crime Intelligence and Flying Squad mem-

bers for their tenacity and vigilance which led

to the awesome arrests and confiscations. The

community members are lauded for their part

played in the forwarding of information to the

SAPS. This truly portrays partnership policing

at its best and through this we ensure that our

province is kept safe and secure from these

type of criminals. Together we are doing it.”

The two suspects should be appearing before

the Kimberley Magistrates‟ Court soon. All

information can be forwarded to the SAPS by

calling 08600 10 111 or sms to 32211. All in-

formation will be treated with the strictest of

confidence.

The investigation continues.

Kimberley: The Kimberley po-

lice in the Northern Cape are

looking for a rape suspect.

On Friday 2013-03-29 at about 03:00

am a 30 year old woman was walking

home from a tarven in Greenpoint(

Kimberley) when she allerged

grabbed by a suspect from behind. It

is allerged that the suspect pointed

her with a knife and took her to a

nearby veld.

The suspect then inserted the knife

on the ground so that he could take

off his trousers whilst taking off his

trousers the victim grabbed the knife

and stabbed the suspect in his thighs

above his knees and next to his geni-

tals.

However the suspect managed to get

back his knife and stabbed the victim

on her left hand, and eventually

raped her.

After this barbaric act, it is alleged

that the suspect took the victim to

where she resides.

This has made the matter worse as it

appears that the suspect knows

where the victim stays and it poses

danger to the victim.

The victim has described the suspect

as male person who is light in com-

plexion andwith middle height and

middle body shape.

The suspect also has a moustache

and wherever he is he would be in

need of medical attension. According

to the victim, the suspect was wear-

ing a faded blue jeans with cream

“tekkies”.

She further allges that he was wear-

ing a red T-shrit which had a double

collar with colour red and white.

The suspect speaks fluent Afrikaans.

The SAPS is concerned about the

plight of woman and children in

South Africa and calls on community

members to join hands with the po-

lice to address this challenge by

providing them with information

about the whereabouts of wanted

suspects.

Arresting this suspect will stop and

prevent him to prey on other vic-

tims.

The SAPS therefore call on anyone

with information regarding this sus-

pect to conact Detective Warrant

OfficerSabota Tsiu on 082302 0473

© or 053-838 4212 alternatively con-

tact crime stop number on 08600

10111.

Isaac Cloete

Die burgemeester van die Na-

ma Khoi Mu-

n i s i p a l i t e i t

moes onlangs

rondstaan oor

vrae van die

gemeenskap

rakende krag-

tariewe.

Die insident

het hom af-

gespeel op

Okiep tydens

die twee- dae

besoek van

Dipuo Peters(min van Energie)

in die Namakwa streek. Peters

was hier om oor alternatiewe

energie en hoë kragtariewe te

praat. Haar tydskedule was

beperk, maar sy het „n verleng-

de vrae-sessie toegelaat.

Aubrey Baartman, munisipale

bestuurder(MM) was nie by

teenwoordig nie, toe lede van

die publiek gal gebraak het oor

hoë kragtariewe, die blokkering

van krag en „n vreemde heffing,

die sogenaamde ligpaalheffing

van R106, vir „n ligpaal voor

jou huis.

Mary Pieters het byvoorbeeld

gesê dat Nama Khoi nikswerd

is nie en dat sy wil weet wat

hulle met die geld aan-

vang.James Ventura het gekla

oor die krag wat gereeld gesny

word gevra waar die gratis krag

is.Werner Henn, het paal sy

hand opgesteek sodat hy ant-

woorde kon kry oor die

kragaangeleenthede.

Die burgemeester, raadslid

Schalk Lubbe(OD), moes lelik

bontstaan toe lede in die ge-

hoor hom van die verhoog

probeer boe het tydens die vrae

sessie.Lubbe het probeer ver-

duidelik dat Nama Khoi met „n

skuldlas van R46miljoen wor-

stel.“Ons sukkel tans om die

nuwe begroting opgestel te kry,

maar het besluit om R7milj van

die skuld van verbruikers af-

geskryf te kry. Maar kom praat

met my in die klantoor en nie

hier nie.”

Inwoners het luid geskree dat

hy nie die waarheid praat nie en

ook die MM van Nama Khoi

gesoek om te kom ver-

duidelik..Amptenare van Peters

het vir Lubbe in die bresse

getree en die vrae verder

probeer beantwoord.

Volgens David Lyons(warn.

hoof direkteur:Geintegreerde

Nas. Elektrifiserings Program)

moet Nama Khoi gehelp word,

want hulle betaal maandelikk

R600 – 000 tot R800 000 aan

boetes vir Eskom.Dit beloop

ongeveer R8mil. per jaar.

Vervolg op Bl. 10

Isaac Cloete

Die voorgestelde Namaqa Mall in die oorwegend

wit area, in Springbok, laat klap die tonge behoor-

lik en baie vra of dit „n doodgebore gaan wees.

Sowat „n week gelede het inwoners vir die eerste

keer van die ontwikkeling op die veelbesproke erf

2883 gehoor deur middel van „n koerantadverten-

sie.„n Week daarna is „n sogenaamde publieke

proses begin waartydens die planne, ens. aan die

publiek bekend gemaak en oorhandig is.Dit lyk

nou asof die DA/Cope dit(die Malla) gebruik om

die bruinmense aan die eenkant uit Springbok te

hou en aan die anderkant gebruik hulle dit om die

tussenverkiesing in Concodia te probeer wen. Die

tussen- verkiesing vind juis plaas omdat „n voor-

malige DA-raadslid onlangs bedank het.

Vervolg bld 10

Page 9: Die Horison

M. Kocks

Daar was ‟n groeiende opgewondenheid toe dit rugbaar

geword, het dat die Noordkaap kabinet die Mier-gebied

vanaf 21 tot 23 Maart sou besoek.

Die opgewondheid lê daarin dat daar gehoop is dat die

tradisionele gemeenskap vergaderings gehou sou word waar

die mense hul lofprysings kon sing en aan kwellings kon

uiting gee. Vader Gift van Staden, uitvoerende burgemeester

van Siyanda Distriksmunisipaliteit het hierdie borrel vinnig

laat bars deur aan te kondig dat die wetgewer slegs tien (10)

huisgesinne per dorp sal besoek.

Die rede is dat die “gemeenskapsprokureurs” na sulke

vergadering opruk en dit onregeerbaar maak en diegene wat

nie die moed het om by sulke vergaderings te praat „n

geleentheid ontneem.

Die “gemeenskapsprokureurs” volgens afleiding is diegene

wat denkend en rasioneel hul kritiek lewer oor hoe die

openbare verkose verteenwoordigers met die mandaat om-

gaan wat hulle by die massas gekry het.

Die ongelukkigheid was oor die samestelling van die

“kastige” steekproef en dit kan nie dien as „n egte refleksie

van die denkwêreld van al die inwoners nie. Verder kan die

Noordkaap Kabinet nie daarop roem dat hulle die mense

ontmoet het nie.

Sake wat tot kenprobleem verhef moes word , sluit in;

Die moontlike inlywing en implikasies van Mier-

munisipaliteit by „n groter munisipaliteit.

Die volhoubaarheid van die reddingsplan vir Mier-

munisipaliteit tot 2016 wat deur provinsie, Gogstha en Si-

yanda Distriksmunisipaliteit gedra gaan word.

Die chaotiese aanstellings by Mier-munisipaliteit of moet

oudburgemeester se woorde as riglyn aanvaar word waar sy

gese het “n Ma skep eers vir haar kinders

kos……”.

Die verbrokkeling van die “nuwe” teerpad tussen die

Rietfontein grenspos en Hakskeenpan. Die teerpad is met

groot fanfare in 2008 deur die agbare Elizabeth Dipiou Pe-

ters geopen. Gaan die teerpad ook opgradeer word? Wat

gaan aan die haglike gruispaaie in die Mier-gebied gedoen

word waar oor al jare gekla word.

Die daadwerklike aanspreek van die behuisingsnood in die

gebied.

Die verwarring rondom die Bloodhoudprojek .

Die tallose hofsake waarby Mier-Munisipaliteit betrokke is

en vele ander.

Andersyds, het die kabinet tog die ordentlikheid gehad om

me. Veronica Gooi om verskoning te vra na haar trauma-

tise ondervinding waar sy geboorte in die straat moes gee.

Jammer, dat die wetgewer ook nie die familie van me. Lea

Cloete wat in Kimberley Hospitaal vir „n geruime tyd in „n

koma gele het as gevolg van komplikasies tydens haar beval-

ling omdat daar nie mediese sorg vir haar betyds was nie.

Aan sommige leerders is studie beurse belowe om te gaan

studeer.

In breë gesien was die besoek van die Noordkaap Wetgewer

aan die Mier-gebied „n vermorsing van tyd en belastinggeld.

Misken was ook „n simboliese aanduiding hoe daar oor die

Mier-gebied gevoel word, en „n verdoemis tot verdere ag-

tergeblewendheid.

NOORDKAAP KABINET STEL MIER-INWONERS TELEUR:

DIE HEER SE GENADE IS GROOT EN WYD Weke gelede het die Miergebied gelê en bak in die versengende hitte van die hit-

tegolwe wat die gebied getref het en waar die oog naarstiglik op wolke gesoek het

op die horison.

O o r d i e

paasnaweek het

die sluise van die

hemel oor die

gebied geopen

en deurdringen-

de reens het wyd

in die gebied

geval en uitkoms

gebring. Grond-

water is aange-

vul en op menig

boer se gesig

word weer „n

glimlaggie be-

speur.

MDDA and Sanlam fired up by mas-

sive response to local media awards

The Media Development and Diversity Agency (MDDA) and Sanlam are pleased to announce that

over 600 entries have been received for the annual MDDA-Sanlam Local Media Awards for 2012/

13, which have now closed for entry, and the adjudica-tion process is now underway.

The Awards will be presented at a gala dinner in Jo-hannesburg on Friday, May 24 2013.

Says Sanlam Group Head of Communications, Mr Ainsley Moos: “We are encouraged by the

positive response we received from journalists who have entered for the Awards, including those

from the remotest areas of the country where there are community newspapers and radio stations.

“We look forward to an exciting competition and we hope to organise an event that will be suitable

in stature to honour the winners and acknowledge all those who participated.”

The MDDA and Sanlam, who are co-sponsors and organisers of the only South African awards that rec-ognise journalists who work in the local media, have

also announced the adjudicators for

both print and broadcast sections of the Awards.

The adjudicators for the broadcast section of the com-petition are Jacob Ntshangase who is the

convener and the other judges are JP Louw, Ms No-musa Dhladhla-Mntambo, Martin Vilakazi, Ms

Mapule Mbhalati, Bruce Mkhize and Doc Fick.

Mr Henry Jeffreys is the convener of the print adjudi-cators and the team comprises of Ms Lindsay

Clowes, Mr Fanie Groenewald, Mr Collin Nxumalo, Professor Gavin Stewart, Mr Joe Thloloe and

Ms Phindile Xaba.

“We have once again secured a credible expert panel to adjudicate the broadcast and print sections. We are confident that these judges will apply a rigorous pro-cess to identify the best among the extensive work that has been entered for the Awards.

These Awards, not only promote excellence in com-munity and small commercial, but enhances media diversity.” says CEO of the

MDDA, Mr Lumko Mtimde.

This is the third year that the joint MDDA-Sanlam Local Media Awards are presented. The Awards bring together more than 22 years of Sanlam Community Newspaper Awards and four years of

SABC News/MDDA Community Media Awards into one big event the MDDA-Sanlam Local Media

Awards in the best interest of developing grass-roots/local media talent, celebrating and promoting

The inaugural joint awards were held in November 2010, after a period of extensive consultation with industry players including the Association of Inde-pendent Publishers, the Association of Community Broadcasters, Forum for Community Journalists, Na-tional Association of Broadcasters,

National Community Radio Forum, Print and Digital Media South Africa as well as the sponsors,

Sanlam and the MDDA.

______________________________________

Issued by :

MDDA: 011 643 1100 / 078 800 8161

Sanlam Group Communications: 021 947 2512

For further information please contact:

Nkopane Maphiri, MDDA Program Director at 083 644 9342, www.mdda.org.za and

Pearl Majola, SANLAM at 083 286 7476 [email protected]

Page 10: Die Horison

Die Horison

GIDS/GUIDE A. PERSOONLIK / PERSONEL

B.VAKANTE BETREKINGS/ AVAILA-BLE JOBS

C. BETREKINGS GEVRA/ JOBS NEEDED

D. GELD EN LENINGS / MONEY & LOANS

E. TE HUUR HUISE / HOUSES TO LET F.WOONSTELLE TE HUUR / FLATS TO LET

G.PLOTTE EN PLASE TE HUUR/ PLOTS AND FARMS TO HIRE

H.ENIGIETS TE HUUR / ANYTHING TO HIRE

I.TE HUUR GESOEK / WANTED TO HIRE

J. HUISE TE KOOP /HOUSES FOR SALE

K.WOONSTELLE TE KOOP / FLATS FOR SALE

L.ERWE TE KOOP / STANDS FOR SALE

M.ALGEMEEN TE KOOP / GENERAL TO BUY

N.TE KOOP GESOEK / WANTED TO BUY

O.VOERTUIE TE KOOP / VEHICLES FOR SALE

P.PLAAS IMPLEMENTE TE KOOP/ FARM IMPLEMENTS FOR SALE

Q. WOONWAENS TE KOOP/ CARAVANS FOR SALE

R.DIERE / ANIMALS

S.TE RUIL / TO SWOP

T.BESIHEDE TE KOOP / BUSINESSES FOR SALE

U. SPESIALE DIENSTE / SPECIAL SER-VICES

V.VAKANSIEOORDE / HOLIDAY RESORTS

W.KENNISGEWINGS / NOTICES

X.TE LAAT KLASSIFIKASIES /LATE CLASSI-FICATIONS

K I T S A DV E RT E N -

SIES

@ R32.50c

Die KITS ADVERTENSIES in ons geklassifiseerde afdeling kos R32.50c vir die eerste 35 woorde en sal daarna teen 51c per woord gehef word.Indien u per direkte bank deposito betaal faks of e-pos asseblief u advertensie tesame met u bankbetaalstrokie voor Afsny Datum om 16h00nm na die volgende nommer: 054 331 1993

ADVERTENSIES SAL TELE-

FONIES GENEEM WORD

Advertensies sal nie geplaas word alvorens betalings ontvang is nie

Vir enige Sport nuus

kontak asseblief vir

Prudence de Klerk

Tel:- 054 331 1993

TOEKOMS STREET 33

UPINGTON BANDE

INDUSTRIAL AREA

UPINGTON

TEL: 054 331 3917 FAX: 054 331 3865 OR 086 576 5595

Email: [email protected]

Bemarkingsbestuurder -

Word for Word Marketing (Pty) Ltd.

„n Bemarkingsbestuurder word benodig vir „n winkelsentrum in Upington. Die suksesvolle kandidaat sal verant-woordelik wees vir die bemarkingsakti-witeite en advertensieskedule met voor-afbepaalde doelwitte. Dit sluit ook in die skryf en formulering van bemarking-strategieë en die uitvoer van promosies, kompetisies, advertensieveldtogte en die invordering van borgskappe.

Vergoeding is tussen R140, 000 to R180, 000 per jaar. Die posisie sluit „n pres-tasiebonus in en vereis eie vervoer.

.“Nama Khoi benodig R45milj, wat nie genoeg is nie. Maar ons kan

hulle help met die konsolidering van hul kragmeters en die geveg

wen.

”Omdat baie gekla het oor die ligpaalheffing van R106 per maand

het Peters belowe dat „n delegasie van haar ministerie dit binnekort

gaan ondersoek.

“Nama Khoi moet die publiek korrekte inligting gee oor kragver-

wante sake, want die regering se beleide is goed en bedoel vir ons

mense vir „n beter lewe .”Baie inwoners kla oor die sogenaamde

“ligpaaltax” van R106 wat van ongeveer ses maande gelede op hul

rekenings verskyn, of daar 'n lamppaal voor hul huise staan of nie

Volgens die burgemeester stuur hulle 15 000 rekenings maandeliks

uit. As dit bereken word kom dit uit op R1.6milj per maand en

R19.8milj. per jaar. elektrisititeit.

Hy't verder gesê:

“Dit is 'n heffing, wat voorheen deel was van die basiese tarief op

elektrisiteit. Dit was altyd daar, maar die inwoners kon dit nie sien

nie. In 2010/11 het die ANC-raad dit egter weggevat. Munisipaliteite

kan/mag enige of verskeie soorte belastings hef om fondse in te win.

Die R106 word deur almal(ook besighede) betaal, behalwe die arm-

lastiges."

Lorenzo Faber, hoofsweep van die ANC stem nie saam nie en het

gesê:

"Dis 'n infame leuen dat dit voorheen daar was want, hoe wys jy dit

vir die gemeenskap.Dis 'n nuwe ding van die DA/Cope koalisie."

Volgens Siodene van Wyk van Okiep, weet hulle nou nog nie waar-

voor die R106 nodig is nie, want Nama Khoi swyg soos die graf.

• Lubbe(OD) en die MM, Baartman(DA) se posisies is in gevaar

nadat „n DA- raadslid bedank het en blykbaar by die ANC gaan

aansluit.‟n Tussenverkiesing word in Mei gehou en die ANC kan dit

waarskynlik wen

Vervolg vanaf Bl.8

Baie inwoners van Springbok is gekant teen die

sogenaamde Namaqua Mall op genoemde erf. Dis ook

juis “vreemd dat die twee Mall‟s se name basies die-

selfde is. Die “wit” een is net Engels en die bruin ene

“Afrikaans.”Die uwe het al baie maal oor eersgenoemde

Mall (die een in Bergsig) geskryf en noem graag die vol-

gende:“Dis egter baie belangrik dat ons aan almal die

regte inligting gee. Ons mense (weereens almal) verdien

dit en niks anders nie. Die hele streek soek/ verlang al

sedert 2007(sien my berigte daaroor)'n groot winkelkom-

pleks. Twee persone, wat huidiglik by Nama Khoi werk,

was „n paar jaar gelede verantwoordelik vir lang uitgerekte

hofsake wat die belastingbetaler duur (duisende rande)

gekos het en die Mall kon toe nie gebou word nie. Net

die hemelse Vader weet hoe hierdie twee persone vandag

by Nama Khoi kan"saamwerk" Die een het dan die hof-

saak teen die ander gewen. Met ander woorde teen die

MM. Selfs inwoners van Springbok is nou in die war

(moer) oor verkillende stories en Mall'e. Wie se skuld is

dit? En so word ontwikkelinge en vooruitgang gedurig

vertraag. Die slotsom is dat geld, kleinlikhede en petty

politiek steeds vandag bepaal waar die Mall moet wees en

deur wie dit gebou moet word. En wie die aandeel-

houers? moet wees. „n Bose selfsugtige magspel .Dis hoe

die arme onskuldige kliënte/inwoners benadeel word, die

streek onontwikkeld gelaat word en die hoofdorp „n

soort cowboy town gaan bly.”

Eienaars ontwikkel en wat het

dit met die politiek of ANC te

doen.Terloops, wie is die

aandeelhouers van die laasgen-

oemde Mall? Miskien Cope- of

DA-ondersteuners Die name

sal ook binnekort bekend wees

en moet dan nie skrik nie.

Volgens Johann Loubser, van

Stercorp, die ontwikkelaars,

hou hulle die proses in Spring-

bok dop, maar intussen gaan

die Mall in Bergsig “voort.

Ons gaan binnekort op die

terrein en dit gaan „n groot

ekonomiese inspuiting wees.

Dit gaan die hele streek baat

en alle gemeenskappe gaan

voordeel trek, bruin, wit en

swart.”

Page 11: Die Horison

DIE HORISON

FAX :- 086 718 6077

054 339 3343

CELL:- 072 551 1997

Upington - Op 27 April 2012 word Vry-

heidsdag gevier om die vryheid van die men-

se van Suid Afrika van kolonialisme en wit

onderdukking te herdenk, wat beteken het

dat ons nie meer die situasie het waar poli-

tiekemag toegepas en uitgeoefen word deur

‗n minderheid oor ‗n meerderheid van mense

nie.

Vryheidsdag is nie „n Afrikaanse Nasionale Kon-

gres (ANC) dag nie, maar „n dag vir alle Suid Af-

rikaners.

Dit is „n dag waarop beide die onderdrukkers en

die onderdruktes vryheid verkry het..

Ons het belowe- nooit weer sal „n minderheids

regering homself laat geld teenoor die

meerderheid.

Suid Afrikaners is een nasie met een vooruitsig.

Dit is daarom belangrik dat alle Suid Afrikaners

van verskillende politieke, ekonomiese en kul-

turele agtergronde moet saamwerk met een

gesamentlike doelwit.

Op Vryheidsdag vier ons die pogings van baie

wat saamgewerk het vir Vryheid, die baie manne

en vroue wat geveg het en in tronke beland het,

verban en gemartel is ter wille van die onder-

drukte massas.

Alhoewel- Is ons waarlik vry as daar baie mense

is wat arm bly, baie mense sonder werk is, en on-

gevraagde misdaad en geweld voortgaan? Vry-

heid beteken om vry te wees van armoede, werk-

loosheid, rassisme, seksisme en ander vorms van

diskriminasie, maar armoede bly voortbestaan

onder swart mense, kinders, vroue, gestremdes

en ouer mense.

Ons moet voortgaan om saam te werk om ar-

moede rasse ongelykhede en sosio-ekonomiese

swakhede uit die weg te ruim.

Vryheidsdag is baie waardevol, die noodsaaklike

omstandigheid om saam te werk om die uitein-

delik die doel van „n beter lewe vir almal te

bereik.

Op Vryheidsdag stel ons, ons self beskikbaar om

die Vryheid wat ons bereik het oor „n lang,

moeilike en duur tydperk te beskerm.

Ons herinner onsself daaraan dat die waarborg

van hierdie Vryheid permanente waaksaamheid

vereis.

Dit moet ons belofte wees om onsself beskikbaar

te maak om die nalatenskap van rassisme

in ons land teen te staan. Ons moet verseker dat

alle mense hierdie Vryheid nie net as „n

teorie moet geniet nie, maar deur alle Suid-

Afrikaners in hulle daaglikse lewe ervaar moet

word.

Nelson Mandela stem vir Vryheid in April 1994

Deur: Government Communication and In-

formation System (GCIS)

Page 12: Die Horison

WEBSITE: WWW.BELURANAUPINGTON.COM

EMAIL: [email protected]

AA AWARDS WENNER 2011

MUNISIPALITEITE SKAKEL GERUS VIR SPESIALE TARIEWE!

VIR ENIGE NUUS OF

ADVETENSIES SKA-

KEL :-

DIE HORISON:

TEL:054 331 1993

― Ons gaan waar u ons die nodigste het‖

Kom sluit aan by die Mostert Familie,wees deel van die wenspan

Ons verkoop nou Grafstene,teen fabriekspryse, bring enige geskrewe

kwotasie en ek waarborg u ons sal dit verbeter.

Kwaliteit Grafstene teen belkostigbare pryse,ons skakel die middel-

man uit Koop ‗n KOPKLIP vandag en u ontvang ‗n simkaart met

lugtyd vir twee jaar asook ‗n selfoon.Alle nuwe kliente asook

bestaande kliente ontvang ‗n simkaart met R40.00 lugtyd elke maand

vir twee jaar, voorwaarde is dat u polis moet te alle tye op datum

wees en stiptelik betaal word.

R10 000.00 Begrafnisdekking 14-64 R55.00 p/maand Nou ook R20

0000.00 polisdekking:Ouderdom 14-64 @ R115.00p/maand . Familie

polis,3 lede @R200.00 p/mnd 4Lede @ R250.00p/mnd Kos polisse

@ R33.00p/mnd(R3000.00 kruideniers ―Vouchers‖ Vleis Polisse @

R50.00p/mnd R5000.00 se lewende hawe of vleis vouchers

kliente ouer as 75jaar @ R 130.00 vir R10 000.00 dekking

Isaac Cloete

Rangers het Saterdag vir Aggeneys (en

sommer die volgende teenstaanders) lekker

groot laat skrik tydens hul eerste liga-

wedstryd van die nuwe seisoen.

Rangers het kragte gemeet teen Aggeneys

RVK.

Vooraf is bespiegel dat Aggeneys, wat die

jaar in die Superliga speel,

gaan weghardloop met Rangers. Rangers

het hulle egter nie hierdeur laat

afskrik nie en die wedstryd met „n geweldi-

ge tempo begin. In die eerste 10

minute was daar net een span op die veld,

naamlik Rangers.

Rangers het die vaste fasette oorheers en

dit was geen wonder dat Rangers na 10

minute se

spel voorgeloop het met 10 - 0. Eerstens

het die jong losskakel, Manfred Cloete- wat

hom geensins laat intimideer het nie deur

sy meer ervare opponent, Lucian Cloete –

„n strafskop aangetekn. Daarna teken

Rangers deur middel van „n slim stukkie

spel deur sy heelagter en o/kaptein Rowan

Wilhelm (Salla)

„n drie aan. Manfred het dit verdoel.

Aggeneys teken egter kort na mekaar 2

driee aan en hier kon die ervaring van Lu-

cian duidelik gesien word.Aggeneys teken

weer punte aan en die rustydtelling was 19

- 10.

Na die tweede helfte begin die swaar veld

en hitte egter sy tol eis en Aggeneys

teken nog 2 driee aan. Die hoed moet egter

afgehaal word vir Rangers

se tieragtige verdediging. Alle eer aan Rang-

ers se jong span waarvan die

gemiddelde ouderdom 20 is. As die spelers

bymekaar bly gaan hulle nog groot spanne

laat struikel.

Spelers wat uitgeblink het, is die volgende:

Manfred, Daryll (kaptein) Charles Jacobs,

Salla en die voorry, Quinton Mason, Lo-

renzo van Rhyn en Riaan (Ranneman)

Rhodes.

Rangers wil ook n beroep doen op alle

spelers in Bergsig/Vaalwater om onmid-

dellik te kom aansluit en Bergsig

weer die krag te maak in Namakwaland

Rugby.Dit sluit manne in soos Basil Kock,

Keanan Dick,ens.

Rangers speel die naweek teen Concordia

en is oorgehaal om die bordjies te verhang.

Alle inwoners van Bergsig word uitgenooi

om die wedstryd op die Sportgrond te

Springbok, by te woon.Toegang is R5,00.

Upington: Isaac Maasdorp,

gr. 11 leerder aan Hoër-

skool Upington, het ‗n baie

besonderse prestasie

behaal.

Isaac is gekies om die 2013

Global Young Leaders Con-

ference in die VSA by te

woon. Hierdie konferensie vir

die jong leier begin op 1 Julie

2013 by die Sheraton Penta-

gon City Hotel in Washington

DC en eindig op 10 Julie by

die St Johns Universiteit in

New York.

Hierdie is ʼn groot eer en ʼn

ongelooflike geleentheid om

van ander wêreldleiers te leer

en dalk ʼn idée of twee uit te

ruil.