die hart - afrikaans.com · jy vir een uur lees, beweeg jou oog-spiere sowat 10 000 keer. wat is...

2
d Sonder spiere se hulp, kan jy nie veel doen nie. Party kan jy beheer en ander werk vanself. Ons leer jou hoe jou spiere werk. DEUR Carmen Jacobs GLADDE SPIERE Die spiere beweeg op hul eie, sonder dat jy hulle hoef of kan beheer. Hierdie tipe beweging wat jy nie kan beheer nie, noem ons onbewustelike beweging. Jy vind dit in jou liggaam se verteringstelsel, bloedvate, blaas, lugpype en in vroue se baarmoeder. Jou brein en liggaam sê self vir hierdie spiere wat om te doen. ’n Voorbeeld hiervan is die beweging wat jou derm maak om die kosse te verteer. DIE HART Jou hart is die hardwerkendste spier in jou liggaam en dit het ook die belangrikste taak – dit pomp die bloed deur jou hele liggaam. Dié spier beweeg son- der dat jy vir hom opdrag hoef te gee; dus werk dié le- wensnoodsaaklike spier onwillekeurig. is tydens die jaarlikse atletieksei- soen wanneer atlete se spiere oortyd moet werk om te hardloop en aan velditems soos verspring, hoog- spring en gewigstoot deel te neem dat ’n mens besef hoe hard ons spiere eintlik moet werk. Leer hier meer oor die belangrikheid van die werk van jou spiere. Wat doen my spiere? Jou spiere sorg vir die beweging van verskillende liggaamsdele binne en buite jou liggaam. Die bewegings word moont- lik gemaak deur spiere wat saamtrek of ontspan. Jou spiere help jou liggaam om pos- tuur te behou. Spiere help ook om bloed te sirkuleer en vervoer ander voeding- en afvalstowwe deur jou liggaam. Jy het meer as 600 verskillende spiere in jou liggaam. Jou spiere werk op twee maniere: Bewustelik: Dis die spiere wat jy kan beheer en jy gebruik hulle om te loop, te hardloop, fiets te ry of selfs jou arms te swaai. Die spiere kry opdrag van jou brein om te ontspan of saam te trek om die bewegings van die liggaamsdele moontlik te maak. Onbewustelik: Hierdie spiere werk op hul eie, outomaties sonder dat jy hulle kan beheer. Die hart is ’n voorbeeld van ’n spier wat beweeg sonder dat jy eens daarvan bewus is. SKELETSPIERE Skeletspiere is die tipe spiere wie se beweging jy kan beheer. Dit noem ons bewustelike of willekeurige bewegings. Hulle werk saam met die bene van die liggaam en dié spiere sal jy gebruik om die 100 m te hardloop, hekkies te spring of selfs hande te klap as jou gunsteling-atleet die baan betree. Graad 4 – 6 (Intermediêre fase) die verskillende soorte spiere Spiere kan as skelet, hart of gladde spiere geklassifiseer word. 36 Kuier | 9 MAART 2016

Upload: others

Post on 25-Oct-2019

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: DIE HART - afrikaans.com · jy vir een uur lees, beweeg jou oog-spiere sowat 10 000 keer. Wat is die kleinste spier? Die kleinste spier in die menslike liggaam word die stapedius

d

Sonder spiere se hulp, kan jy nie veel doen nie. Party kan jy beheer en ander werk vanself. Ons leer jou hoe jou spiere werk. DEUR Carmen Jacobs

GLADDE SPIERE

Die spiere beweeg op hul eie, sonder dat jy hulle

hoef of kan beheer.

Hierdie tipe beweging wat jy

nie kan beheer nie, noem ons onbewustelike

beweging. Jy vind dit in jou liggaam se verteringstelsel,

bloedvate, blaas, lugpype en in vroue se baarmoeder. Jou brein en liggaam sê self vir hierdie spiere wat om te doen. ’n Voorbeeld hiervan is die beweging wat jou derm maak om die kosse te verteer.

DIE HART Jou hart is die hardwerkendste spier in jou liggaam en dit het ook die belangrikste taak – dit pomp die bloed deur jou hele liggaam. Dié spier beweeg son-der dat jy vir hom opdrag hoef te gee; dus werk dié le-wensnoodsaaklike spier onwillekeurig.

is tydens die jaarlikse atletieksei-soen wanneer atlete se spiere oortyd moet werk om te hardloop

en aan velditems soos verspring, hoog-spring en gewigstoot deel te neem dat ’n mens besef hoe hard ons spiere eintlik moet werk.Leer hier meer oor die belangrikheid van die werk van jou spiere. Wat doen my spiere?• Jou spiere sorg vir die beweging van verskillende liggaamsdele binne en buite jou liggaam. Die bewegings word moont-lik gemaak deur spiere wat saamtrek of ontspan. • Jou spiere help jou liggaam om pos-tuur te behou. Spiere help ook om bloed

te sirkuleer en vervoer ander voeding- en afvalstowwe deur jou liggaam. • Jy het meer as 600 verskillende spiere in jou liggaam.Jou spiere werk op twee maniere:• Bewustelik: Dis die spiere wat jy kan beheer en jy gebruik hulle om te loop, te hardloop, fiets te ry of selfs jou arms te swaai. Die spiere kry opdrag van jou brein om te ontspan of saam te trek om die bewegings van die liggaamsdele moontlik te maak. • Onbewustelik: Hierdie spiere werk op hul eie, outomaties sonder dat jy hulle kan beheer. Die hart is ’n voorbeeld van ’n spier wat beweeg sonder dat jy eens daarvan bewus is.

SKELETSPIERESkeletspiere is die tipe spiere wie se beweging jy kan beheer. Dit noem ons bewustelike of willekeurige bewegings. Hulle werk saam met die bene van die liggaam en dié spiere sal jy gebruik om die 100 m te hardloop, hekkies te spring of selfs hande te klap as jou gunsteling-atleet die baan betree.

Graad 4 – 6 (Intermediêre fase)

die verskillende soorte spiereSpiere kan as skelet, hart of gladde spiere geklassifiseer word.

36 Kuier | 9 MAART 2016

Page 2: DIE HART - afrikaans.com · jy vir een uur lees, beweeg jou oog-spiere sowat 10 000 keer. Wat is die kleinste spier? Die kleinste spier in die menslike liggaam word die stapedius

?Wayde van Niekerk, SA se sternaelloop-atleet, wat by die 2015 Wêreldkampi-oenskappe in Beijing, China, die goue medalje in die 400 m verower het, deel sy ervaring van skole-atletiek.

Wayde sê hy was vanaf ’n jong ouder-dom ’n baie sportiewe kind. “Ek het aan alle sportsoorte deelgeneem totdat ek self atletiek gekies het.”

Hy was altyd ’n sprinter en vertel hoe hy as ’n erg senuweeagtige seun destyds begin het met 50 m-wedlope.

“Toe ek jonger was, was my grootste uitdaging my senuwees. Ek het eers jare later in my loopbaan geleer hoe om dit te kalmeer,” sê Wayde.

Selfs die opverdeling in die atletiek-

moë en geloof in jouself. Sy raad aan jong atlete is: “Moet nooit opgee op jou drome nie. So baie jong kinders gee so maklik op as dinge swaar gaan of as die kompetisie tough is. Maar volhard en jy sal uiteindelik sukses behaal.”

JOU KIND EN SKOOLFO

TO’S: W

WW

.ISTOC

KPHO

TO.C

OM

EN A

ND

RE DA

MO

NSB

RON

NE: KID

SHEA

LTH.O

RG/KID

; SCIEN

-C

EKIDS.C

O.N

Z; MIELIESTRO

NK

.CO

M; ED

UC

ATORS.BRA

INPO

P.CO

M; TO

GETH

ERCO

UN

TS.CO

M

• Die Engelse woord vir spiere is afkomstig van die Latynse woord, musculus, wat “klein muisie” beteken omdat mense glo in daardie tye gesê het die beweging van die spiere lyk soos klein muisies wat onder die vel hardloop.• Jou tong is die mees buigbare spier en bestaan uit agt spiere. Jou tong hou nooit op beweeg nie en beweeg selfs wanneer jy slaap.• Wanneer jy glimlag, werk 17 van jou gesigspiere en 43 spiere werk wanneer jy frons.• Die spiere van diere verskil van dié van die menslike liggaam. Kangaroes het goed ontwikkelde agterbeenspiere om hulle beter te help spring; krokodille het baie sterk stert- en kakebeenspiere; terwyl gorillas se armspiere goed ontwikkel en baie sterk is.• Die mees aktiewe spiere is die spiere in jou oog, daarom raak hulle gouer moeg. As jy vir een uur lees, beweeg jou oog-spiere sowat 10 000 keer.

Wat is die kleinste spier?Die kleinste spier in die menslike liggaam word

die stapedius genoem en dit is in jou binne-oor geleë. Dis net ’n bietjie langer as 1 mm. Dié klein

spiertjie is geheg aan die gehoorbeentjie en hulle werk saam. Hul taak is om jou oor teen harde

geluide te beskerm. Die stapedius-spier verhoed ook dat die klank van jou eie stem en die beweging van jou kake-been wanneer jy kou, nie so hard in jou ore weerklink nie.

Wat is die grootste spier? Die grootste spier in die liggaam is die gluteus maximus – die spier in jou agterstewe. Hierdie spier sorg dat ons kan regop staan en werk teen die liggaam se swaartekrag om só te ver-hoed dat jy nie agteroor val wanneer jy ’n stel trappe klim nie. Dié spier is ook die sterkste spier in die liggaam.

HET JY GEWEET?

huise het die land se ster-atleet nie vrygespring nie. “Op Laerskool Simons-berg was ek in rooihuis en in Laerskool Bellville dink ek was ek in swart huis of so, ek kan nie so lekker onthou nie.”

Wat hy wel onthou, is hoe hy destyds as atleet op skool nie toegang tot luuks-hede of selfs noodsaaklikhede gehad het nie, maar hoe dit hom nooit gekeer het om sy beste te gee nie.

“Ek het nie spikes gehad nie en ek kan nog steeds onthou hoe ek met wit kleeflint om my voete gedraai op die baan gehardloop het en hoe ek my pa se hardloopskoene met hom gedeel het tot ek eers in graad 11 my eie skoene gekry het,” vertel hy.

Wayde glo luukshede bring nie sukses nie, maar wel jou eie deursettingsver-

Vir die opvoeder Die volgende klasaktiwiteite kan gebruik word vir lesse oor spiere:• Vra leerders om verskillende liggaamsdele te beweeg sodat hulle agterkom hoe hulle die beweging van hul eie liggaamsdele kan beheer. Hulle kan aktiwiteite doen soos om te hardloop, hop, huppel of spring om die werking van die wil-lekeurige of bewustelike spiere te illustreer.• Stuur ’n rekkie tussen die leerders en vra hulle om die rekkie te rek en te krimp. Verduidelik soos die rekkie strek om groter te raak en ontspan om te krimp, netso moet spiere ook rek en saamtrek om ons te help beweeg. • Illustreer die bewustelike en onbewustelike beweging van spiere deur die kin-ders te vra om hul hande te klap. Hulle beweeg hiervoor hul arms, rûe en hand-spiere. Vra hulle nou om hul harte te laat klop en verduidelik hoe hulle dit nie kan doen nie omdat die hart ’n onwillekeurige spier is wat op sy eie beweeg.

begin by skole-atletiek