die boek psalms · die here is my herder niks sal my ontbreek nie. hy laat my neerlê in groen...

12
Die boek Psalms Inleidende opmerkings

Upload: others

Post on 30-Apr-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Die boek Psalms Inleidende opmerkings

“Psalms is die asemhaling van die gelowige: die intrek van die lewegewende asem van God se woord en die uitblaas van uitgedien-de menslike vrae, vrese en nood. Baie psalms vertel van God se liefde en goedheid vir jou. Wanneer jy Hom wil dank en loof en prys, sal jy psalms teëkom wat sê wat in jou hart is. Ook wanneer jy moedeloos of ont-steld of bang of onseker is, sal jy vind dat hierdie bundel saam met jou huil of kla. Wanneer jy nie meer woorde het om aan jou gevoelens uitdrukking te gee nie, sal jy ’n psalm kry wat jou gedagtes in woorde stel en daarmee kan jy na God toe gaan.”

(Die Bybellenium)

Die boek Psalms

• Die waarde van die OT word in die NT

beklemtoon

–Rom 15:4 Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.

–2 Tim 3:16 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek

Hoekom die Psalms bestudeer?

• Dit leer ons hoe om God te loof

–Ef 5:18b-19 laat die Gees julle vervul, en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here.

–Kol 3:16 Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing.

• Dit leer ons hoe om tot God te bid

• Dit bied getuies wat ons geloof versterk

• Dit dien as geestelik onderrig wat ons

help om heilig en toegewyd te lewe

Agtergrond

• Die woord “psalm”:

(mizmor) מזמור–

–ψαλμος (psalmos)

• Die geskiedenis van die psalms

–Oorwinningsliedere : Eks 15:1 Toe het Moses en die Israeliete die volgende lied tot eer van die Here gesing: "Ek wil tot eer van die Here sing omdat Hy hoog verhewe is.” (1400 vC)

–Hoogtepunt in Dawid se tyd (1000 vC)

–By Salomo neem psalms af en spreuke vier hoogty

–Later slegs by Johosafat (875 vC) en Hezekia (725 vC)

Indeling van die psalms

• Verskeidenheid temas

• Vyf onderafdelings

–Slotreëls van lofprysing in 4 psalms (41, 72, 89 & 106)

–Aanduiding van ’n dominante skrywer/digter

–Temas sluit aan by die eerste 5 boeke van die Bybel

• Verdeling:

–Ps 1-41: Dawid (sonde en verlossing), Gen

–Ps 42-72: Dawid & Koragiete (redding van die volk), Eks

–Ps 73-89: Asaf (heiligheid van God), Lev

–Ps 90-106: Onbekend (God se koninkryk en die volke), Num

–Ps 107-150: Dawid (lof, God en sy Woord), Deut.

Tipe psalms

• Wysheidspsalms (1)

• Koningspsalms (2)

• Vertrouenspsalms (4)

• Boetepsalms (6)

• Lofpsalms (8)

• Onskuldpsalms (17),

• Skeppingspsalms (19),

• Klaagpsalms (22),

• Vloekpsalms (35).

• Geskiedenispsalms (44).

• Sionspsalms (46)

• Troonbestygingspsalms (47)

• Pelgrimsliedere (120)

• Hallelujapsalms (146).

Noue verband met volksgeskiedenis (Gen-Josua)

Gebruik van psalms

• Individue en die volk gee uiting aan hulle

verhouding met die Here, die Verbondsgod

• Hooftemas:

–Menslike belewenisse (’n kommunikasiemiddel van die mens na God)

–God se antwoord (’n kommunikasiemiddel van God na die mens toe)

–Die skepping

–God se reddingsdade en riglyne

–Die ballingskap

–God en die toekoms

Psalm 1 1 Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars om-gaan en met ligsinniges saamspan nie, 2 maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. 3 Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak. 4 So is die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word. 5 Daarom sal god-deloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie en sondaars nie 'n plek hê in die vergadering van regverdiges nie. 6 Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.

Struktuur

• Wat sê die psalm van die mens?

• Wat sê die psalm van God?

• Watter moontlikhede spruit uit die

verhouding tussen hierdie twee?

Die Boodskap vertaling 1God hou sommer baie van jou, want jy leen nooit jou ore aan slegte mense uit nie. Jy hardloop nie agter elke nuwe sonde op die mark aan nie. Jy is ook nie bevriend met daardie spul wat met God spot nie. 2God is baie bly omdat jy sy Woord geniet. Jy lees dit dag en nag sonder om moeg te word. 3Daarom is jy soos ’n groot boom wat stewig langs die water staan. Hierdie boom dra op die regte tyd baie vrugte en sy blare bly groen. Sy grootheid skyn helder in alles wat jy doen. Daarom gaan dit baie goed met jou. 4Met elkeen wat nie doen wat God sê nie, gaan dit bitter sleg. Hulle sondes laat hulle lewe uitmekaarval. 5Daarom sal daar nie vir hulle plek wees wanneer God eendag voor almal sê wie aan Hom behoort nie. 6God wys vir mense wat Hom liefhet hoe om elke dag te leef, maar slegte mense verdwaal vir altyd in hulle sonde.

Ps 23 as lied

Die Here is my Herder

Niks sal my ontbreek nie.

Hy laat my neerlê in groen weivelde.

Na waters waar rus is, lei Hy my heen (2X)

Refrein:

Baie diep haal Hy my uit (2X)

Hy plaas my voete op ’n stewige rots

En baie diep haal Hy my uit.