dagboek opbou en uitbou van die kerk volgens matt 28. die...

9
26/2019 1 1 September 2019 Dagboek Sondag 1 Sept Deurkollekte: Sustentasiefonds Skinkbeurt: Wyke N76 en N74 Donderdag 5 Sept 9:00 Bybelstudie Gemeente Vrydag 6 Sept 6:00 Vroegoggend- volgelinge Saterdag 7 Sept Skattejag Sondag 8 Sept Gemeente vergadering Beroeping Deurkollekte: Botswana/D’Kar/Motopi Skinkbeurt: Wyke N57 en D10 MEELEWING Ons is dankbaar saam met lidmate wat tuis aansterk: - Alida van Dijk - Jurgens van Tonder - Martie Prinsloo Karen de Lange moet verdere toetse ondergaan. Baie geluk Jan en Roelien van Eeden het vir die 3de keer groot-ouers geword van ‘n kleindogter Amélie. Kollektes onder die diens gaan vir die diens van Barmhartigheid. DEURKOLLEKTE VIR DIE GKSA SUSTENTASIEFONDS Doel: Die primêre fokus is die uitbreiding van God se koninkryk in die opbou en uitbou van die kerk volgens Matt 28. Die finansiële oorbruggings- hulp en advies word verleen aan kerke wat weens vertrek van lidmate of sosio-ekonomiese omstandighede nie die instandhouding van Woordbediening kan volhou nie en word gegee nadat die Klassis volgens KO, artt 41 en 44 die kerk bygestaan het om alternatiewe te vind oa kombinasie, bedieningsooreenkoms of samewerkingsooreenkoms. Die hulp en advies poog om kerke deur die bediening van die Woord te laat groei tot finansiële selfstandigheid onder leiding van die Klassis volgens KO, art 38. Die Algemene Sinode wys die Bestuur van die Administratiewe Buro aan om in die uitvoering van Sinode opdragte die doelstellings van die fonds na te kom, aan die vereistes van die Reglement te voldoen en daadwerklike pogings aan te wend om die fonds uit te bou. Die Bestuur van die Administratiewe Buro wys na elke Sinode 3 kundiges uit eie geledere aan om saam met een afgevaardigde van elke Streeksinode as Deputate vir die fonds te dien. Vyf kollektes met ‘n mikpunt van R20 per lidmaat word jaarliks vir die doel afgesonder. Vandag is die laaste van die vyf kollektes vanjaar. Ons het tot dusver met vier kollektes R16-40 per lidmaat ingesamel. Baie dankie vir u bydrae. Kollektes vir die Barmhartigheids- diens van die diakens sowel as deurkollektes kan nou deur middel van Zapper afgedra word. Kollektes kan steeds in kontant afgedra word. Die Zapper verskaf net ‘n alternatiewe metode vir die afdra van kollektes. Deure/Kerkraad Diakonie onder

Upload: others

Post on 28-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

26/2019 1 1 September 2019

Dagboek

Sondag 1 Sept

Deurkollekte: Sustentasiefonds Skinkbeurt: Wyke N76 en N74

Donderdag 5 Sept

9:00 Bybelstudie Gemeente

Vrydag 6 Sept

6:00 Vroegoggend-volgelinge

Saterdag 7 Sept

Skattejag

Sondag 8 Sept

Gemeente vergadering – Beroeping Deurkollekte: Botswana/D’Kar/Motopi Skinkbeurt: Wyke N57 en D10

MEELEWING Ons is dankbaar saam met lidmate wat tuis aansterk: - Alida van Dijk - Jurgens van Tonder - Martie Prinsloo Karen de Lange moet verdere toetse ondergaan.

Baie geluk

Jan en Roelien van Eeden het vir die 3de keer groot-ouers geword van ‘n kleindogter Amélie.

Kollektes onder die diens gaan vir die diens van Barmhartigheid.

DEURKOLLEKTE VIR DIE GKSA SUSTENTASIEFONDS Doel: Die primêre fokus is die uitbreiding van God se koninkryk in die

opbou en uitbou van die kerk volgens Matt 28. Die finansiële oorbruggings-hulp en advies word verleen aan kerke wat weens vertrek van lidmate of sosio-ekonomiese omstandighede nie die instandhouding van Woordbediening kan volhou nie en word gegee nadat die Klassis volgens KO, artt 41 en 44 die kerk bygestaan het om alternatiewe te vind oa kombinasie, bedieningsooreenkoms of samewerkingsooreenkoms. Die hulp en advies poog om kerke deur die bediening van die Woord te laat groei tot finansiële selfstandigheid onder leiding van die Klassis volgens KO, art 38. Die Algemene Sinode wys die Bestuur van die Administratiewe Buro aan om in die uitvoering van Sinode opdragte die doelstellings van die fonds na te kom, aan die vereistes van die Reglement te voldoen en daadwerklike pogings aan te wend om die fonds uit te bou. Die Bestuur van die Administratiewe Buro wys na elke Sinode 3 kundiges uit eie geledere aan om saam met een afgevaardigde van elke Streeksinode as Deputate vir die fonds te dien. Vyf kollektes met ‘n mikpunt van R20 per lidmaat word jaarliks vir die doel afgesonder. Vandag is die laaste van die vyf kollektes vanjaar. Ons het tot dusver met vier kollektes R16-40 per lidmaat ingesamel. Baie dankie vir u bydrae. Kollektes vir die Barmhartigheids-diens van die diakens sowel as deurkollektes kan nou deur middel van Zapper afgedra word. Kollektes kan steeds in kontant afgedra word. Die Zapper verskaf net ‘n alternatiewe metode vir die afdra van kollektes.

Deure/Kerkraad Diakonie onder

26/2019 2 1 September 2019

die diens

GEMEENTEVERGADERING:

Kennis geskied hiermee dat die Kerkraad saam met die gemeente DV op Sondag 8 September 2019 voor die aanvang van die oggenddienste sal vergader met die oog daarop om ‘n mede-leraar vir die Gereformeerde Kerk Rietvallei te beroep.

Ruildiens vanaand: Ons ontvang Ds. Ben Fourie van Kameeldrift, terwyl Ds. Petrus die Woord daar sal bedien.

Bybelverspreiding

Doel: Om twee miljoen Bybels en

twee miljoen stelle Bybelgebaseerde geletterdheidsboekies beskikbaar te maak as deel van die Bybelgenootskap se tweede eeufeesviering in 2020. Dit sal help om Bybelarmoede en die geletterdheidsbehoefte in ons land aan te spreek.

Onlangse navorsing toon dat sowat 23 miljoen Bybels in Suid-Afrika benodig word.

Baie huishoudings het dalk net een Bybel en benodig meer vir ander gesinslede.

In Suid-Afrika, het 5% van Christen huishoudings glad nie ’n Bybel nie.

Volgens Statistieke Suid-Afrika leef 30,4 miljoen Suid-Afrikaners in armoede. Een uit elke drie Suid-Afrikaners leef op ’n inkomste van minder as R797 per maand. Vir een uit elke sewe Suid-Afrikaners beteken armoede gebrek aan voedsel, hulle moet op R441 of minder per maand oorleef.

Suid-Afrika is onder die top 20 lande in die wêreld met die hoogste werkloosheidsyfer. Volgens die jongste beskikbare syfers is 27,2% van die ekonomies aktiewe bevolking in Suid-Afrika werkloos.

Suid-Afrika het ’n massiewe geletterdheidsprobleem. Vier uit vyf graad 4-leerders se leesvermoë is laer as die internasionale aanvaarbare standaard. In die portaal op die Bybelversprei-dingstafel is “buisies” geplaas waarin ‘n R100-noot pas, en wat gebruik kan word vir bydraes, geoormerk vir die 2-Miljoen Bybels projek

Vir meer inligting: Klaas Steyn 071 471 4930

Bybelstudie-groepe: Lidmate wat graag by ‘n Bybelstudie-groep wil aansluit kan gerus met een van die volgende skakel:

Bybelstudie Maandagaande vanaf 19:00 vir ouderdomme ongeveer 25 - 35. Dis elke keer by ‘n ander huis (Monumentpark-, Elarduspark-, Menlopark omgewing). Enige iemand wat wil aansluit of selfs net wil kom inloer kan Mareli Edwards by skakel.

26/2019 3 1 September 2019

Ignite Bybelstudie-groep: Indien jy tussen 18 en 25 jaar oud is, kom sluit Maandagaande by die kerk by hierdie bybelstudie-groep vir jongmense aan. Ons drink saam koffie vanaf 18:30 en van 19:00 tot 20:00 doen ons bybelstudie. Skakel vir Arne Verster

Wyk, D13, (Oudl. Blikkies Blignaut) het ‘n aktiewe bybelstudiegroep in Moreletapark wat elke 2e week bymekaar kom. Lidmate van ander wyke wat wil aansluit, is welkom. Sr. Annelize van der Loo is die skakelpersoon.

Wyk D31, Oudl. Tiaan Hoogenboezem, se wyksbybelstudie vind weekliks - Donderdae 18:00 vir 18:30 - plaas: Cornwall Hill, Irene. Tiaan kan by geskakel word vir meer inligting.

Bybelstudie Woensdag-aande vanaf 18:30 vir jong werkendes met of sonder kinders. Dit word gereël deur Anculien en Vicci Schoeman en vind plaas by verskillende huise. Kontakbesonderhede is Anculien of Vicci

Oudl. Guy Stubbs van RCT lei ‘n bybelstudie Sondagoggende om 09:15 in die klein kombuis by die saal. Gee asseblief inligting oor bybelstudie-groepe aan die skriba deur, sodat dit in die Eljada bekend gestel kan word. Gaan kyk gerus ook op Expando se webtuiste: www.kerkgroei.co.za vir Bybelstudie-onderwerpe. Die jongste nuusbrief (Nr. 28) bevat ‘n reeks van vyf Bybelstudies oor Gebed.

Reformasie konferensie 2019 Die Reformasie konferensie vind plaas om 19:00 op 3 Oktober 2019 by GK Meintjieskop. Die tema is DORT2DORT

en onderwerpe wat aan die orde kom sluit in:

Dordrecht en die kategese Kerk en staat met verwysing na

Dordrecht Dordrecht en die liturgiese formuliere Die doop van heidenkinders – ‘n aspek

van Dordt Dordrecht oor teologiese opleiding en

boekesensuur Kontak Dr. Gerard Meijer by [email protected] of besoek: reformasie.org vir meer besonderhede.

Omgewingspitkos Ons aardbol se inwoners bevind onsself in ‘n donker tyd van ons aardse bestaan. Nie net weens persoonlike aangeleenthede nie maar omdat ons selfsugtige lewenshouding geen oog het vir wat rondom ons aangaan nie. Ons plante en diere maak plek vir mense teen ‘n ongekende tempo wat net kommer en sorg baar. Die mens as beeld van Christus moet nou ten ene male besef dat uitbuiting van die natuur ‘n aanslag op God self is. Mag dié versugting ons aan die dink sit om na die Here onse God toevlug te neem want dan is daar hoop en vreugde. Jeremia het nie in moedeloosheid verval nie maar kon hom opvrolik in kommer (Jer 8:18).

President Kruger Kinderhuis – 80ste Verjaarsdag vieringe

Opwindende verjaarsdag feesvieringe – 7 September 2019, Oos-Moot

Hoërskool. Vermaak – Die Campbells

R300 (sluit kos en vermaak in), bring eie drinkgoed. Tafels (10) is te koop

teen R3000. Wonderlike bewusmaking en fondsinsameling vir Kinderhuis. Kontak Marlene Spies by 012 332

26/2019 4 1 September 2019

1366 /[email protected] vir besprekings/navrae.

Kan jy ’n gedig opsê,

dalk dans of ‘n toneel opvoer?

Gee jou naam vir Christine by die orrel en kom deel jou talent met

ons op

13 September 2019

RIETVALLEI’S GOT TALENT – R10 per item

VLAMVAT KONFERENSIE EXPANDO nooi lidmate uit na die volgende Vlamvat konferensie wat van 18 tot 20 Oktober by GK Brooklyn gehou word. Die tema van die konferensie is:

God se proses vir kerkvitaliteit Koste: R200 per persoon Kontak Ds. Chris de Beer; 082 758 3550 of per e-pos by [email protected]

MOEGGESUKKEL So ruk gelede het Jacques en sy span een Sondag tussen die eredienste by

ons kom kuier om vir ons meer van die wonderlike werk wat hulle onder dwelmverslaafdes en werklose mense op straat doen. Ons nooi u elkeen uit om saam te kom kuier by hulle perseel in Centurion en te kom kyk hoe hard hierdie mense besig is met Koninkrykswerk. Dian gaan ons weer bederf met ‘n lekker middagete uit hulle nuwe kombuis sodat ons self net kan terug sit en die dag geniet! Nooi gerus jou vriende en familie saam! Dit vind plaas op : Sondag 29 September om 11:30 Erasmuslaan 105, Raslouw, Centurion. Stuur asb ‘n SMS of WhatsApp na 0721010173 om te RSVP.

Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys:

TOIBO se Julie 2019 nuusbrief is op die kennisgewingbord geplaas. TOIBO is ‘n kerklike nie-wins organisasie en ‘n gesamentlike aksie van die drie Afrikaanse Susterskerke. TOIBO verleen ondersteuning aan vyf skole vir kinders met spesiale leerbehoeftes. Een van die skole is in Bloemfontein en vier in Pretoria. Die skole in Pretoria akkommodeer 1858 leerders waar hulle met die beste tegnieke en onderrig gehelp word om hulle potensiaal te bereik. Loslitdag: 6 September 2019 Bestel jou plakkers nou en laat jou LIG skyn vir ‘n kind met ‘n gestremdheid.

26/2019 5 1 September 2019

BEROEPE ONTVANG

Ds GM Boersema (Marnix) van Graaff Reinet na Reitz

BEROEPE AANVAAR

Proponent JC Potgieter (JC) na Reformed Church Tshwane

Onthou ons Dankfees – 13 tot 15 September 2019

Program

Vrydag Piekniek, Rietvallei’s Got Talent, Deurnag Bybellees Saterdag Pretstap, Ontbyt, Speletjies, Bybelse ete Sondag Erediens – 09:00 en !8:30

DIE KERKRAAD HET GOEDGEKEUR DAT DAAR OP DIE SONDAG SLEGS

EEN EREDIENS IN DIE OGGEND SAL WEES OM 09:00

Lekker kuier na oggenddiens – ons wil die naweek afsluit met ‘n lekker informele kuier na kerk en ons vra dat elkeen ‘n bordjie eetgoed saambring dan kuier ons lekker op die stoep. Waar kan jy betrokke raak 1. Woon soveel van die aktiwiteite by

as moontlik 2. Koop kaartjies, dit is beskikbaar by

jou ouderling, in die Kerkkantoor en op Sondae tussen eredienste ook op die stoep

3. Skryf jou naam op die lys op die stoep by die Kerk van waar jy betrokke wil wees. Kyk mooi, daar is sekere aktiwiteite identifiseer

bokant die tabel, kyk waar jy betrokke wil wees

Wat het ons nodig 1. Eiers vir die eiergereg van

Saterdagoggend se ontbyt 2. Skenkings vir aankoop van vleis 3. Neute en gedroogte vrugte 4. Komkommer 5. Koring 6. Melk 7. Palmtakke 8. Gewone kerse Waar help my wyk? Beplanningsvergadering Dinsdag 3 September 19:00 by die kerk. Rietvallei's Got Talent - Vrydagaand Organiseerder: Christine & Wiebren 072 658 5664. Hulp met dekor, opstel en opruim. Wyke: N01, N14, D30, D53 Deurnag Bybellees -Vrydagaand Organiseerder: Danie Potgieter 072 272 9631. Hulp met dekor in die kerk en Bybellees. Wyke: S22, D37, D11, N18 Pretstap - Saterdagoggend Organiseerder: Blikkies en Edna Blignaut 082 802 0276 Wyke: D13, D10, N40 Ontbyt - Saterdagoggend Organiseerder: Susan Coetsee 072 555 8211. Hulp met dekor, opstel, kosmaak en opruim. Wyke: D70, S61, N16, S48, D36, N74, S79, S78 Speletjies - Saterdagoggend Organiseerder: Alida Venter. Hulp met uitwerk, opstel en aanbied. Wyke: N42, D31, D12, D35

26/2019 6 1 September 2019

Bybelse Ete - Saterdagaand Organiseerder: Susan Coetsee 072 555 8211. Hande was. Hulp met opstel en ontvangs. Wyke: S04, N15, N38. Dekor - Hulp met opstel en versiering van tafels. Wyke: N76, N75, S19, N15 Voorgereg Hulp met voorbereiding van etes Wyke: S60, S46, S60, S46, N57, S77, D33, S45, D51, N57, S77, D33, S45, D51 Hoofgereg Hulp met voorbereiding van etes Wyke: D72, D32, D34, N58, N17, S20, D37, N55, S21, S63, N41, S59 Nagereg - Hulp met voorbereiding. Wyke: S65, D54, N56, S64, D71 Opruim - Wyke: S02, D34, N39, S44 Jy is welkom om by enige aksie te help, hierdie is net ‘n riglyn.

Beroeping van ‘n mede-leraar:

Die Kerkraad met Diakens het op 21 Augustus ‘n verslag van die Beroepingskommissie oorweeg. Lidmate het die name van 15 predikante vir oorweging aangebied. Na oorweging van al die tersaaklike faktore, waaronder die bedieningsbehoeftes van GK Rietvallei soos uiteengesit in die afgelope paar weke se Eljada, stel die Kerkraad met Diakens die name van die volgende

twee broeders vir die oorweging van die gemeente: Dr. Rassie Smit GK Wapadrant 53 jaar oud; 3 volwasse kinders Goeie ervaring in: • Meerdere bediening • Toepassing van Skrif, Belydenis en

Kerkorde • Gemeente-leiding • Deputaatskappe en in

gemeenskapstrukture • Woonagtig in Pretoria. Eggenote is

‘n musiekonderwyseres by AHMP. • Die Smit-egpaar het drie volwasse

kinders. Preke beskikbaar op GK Wapadrant se webtuiste Ds. Jannes van Dyk GK Ventersdorp 39 jaar oud, 2 kleuters. • Behaal in 2001 aan die NWU-Puk

die graad B.Com (Rekeningkunde) en begin sy studies in die Teologie in 2002.

• Goeie musiekkennis, administratief sterk.

• Aktief met die skrywe van artikels in die Kerkblad en ook in verskeie koerante.

Ten einde aan lidmate voldoende geleentheid te bied om meer inligting oor die twee broeders te bekom (deur byvoorbeeld na preke op die internet te luister) het die Kerkraad met Diakens besluit om die gemeente vir ‘n vergadering van die Kerkraad met die gemeente op te roep om plaas te vind op Sondag 8 September 2019 voor die aanvang van die oggenddienste.

26/2019 7 1 September 2019

Oggend 08:00 en 10:15

Psalm 116:1,7,10. SB 3-5:4,5,6. Psalm 23:1,2,3. SB 1-6:1,2,3. Lees: Levitikus 3:1-6; 7:11-17 en Handelinge 2:43-47 Teksgedeelte: Levitikus 3:6 en Handelinge 2:46. Tema: Die maaltydoffer as gemeenskap met God en mekaar! Niks is so lekker as mense bymekaar kom rondom ‘n lekker ete nie. Jy hou nie ‘n ete vir jou vyande of vreemdes nie, maar jy nooi jou vriende en familie. Die wat saam een gemeenskap vorm. So kry ons dan die maaltydoffer in Levitikus as ‘n gemeenskap offer met God en mekaar. Die betekenis van die maaltydoffer. - By die maaltydoffer (dankoffer of

vredeoffer of gemeenskapoffer) gebeur iets anders as by die ander offers. Dit is ‘n offer wat jy vir die Here bring, maar jy kry ‘n deel daarvan terug om saam met jou familie en ander ‘n feesmaal te vier.

- Vir die maaltydoffer is daar nie ‘n voorskrif van hoeveel keer dit gebring moet word nie, dit is ‘n vrywillige offer wat baie kere gebring is saam met die ander offers.

- Hierdie maaltydoffer was ‘n dankoffer vir al die goeie gawes wat God gee en ‘n viering van die vrede wat Hy bring in hulle verhouding met Hom en met mekaar.

Boodskap vir vandag: die gemeenskap met God en die liefdesmaaltye - Soos gelowiges in die OT rondom

die maaltydoffers gemeenskap met God en mekaar geniet het, het gelowiges in die NT gemeenskap met God en mekaar by die nagmaal en liefdesmaaltye geniet.

- In Handelinge het ons gelees hoe hierdie maaltye nie meer by die tempel gehou nie is nie, maar in die huise van gelowiges. Op dié manier het God deur sy Gees die gemeenskap met Hom binne bereik van elke gelowige gebring waar hulle ook al gebly of gereis het.

- Christus se bloed en offer laat ons deel in die gemeenskap met die Here en met mekaar. Met Nagmaal het ons weer gedenk dat die teken van wyn wat saam met die brood die tekens van en gemeenskap met Christus se bloed en liggaam geword het.

AAND 18:30

Ds Ben Fourie (Kameeldrift) Lied 157:1,2 Ps 66-2:1 Lied 207:5 Sb 14-2:1 Sb 13-3 Lees: Matteus 15:21-28 Teks: Matteus 15:27 Tema: Genoeg krummelgeloof Nadink oor die preek:

In watter mate is daar krummels geloof in jou?

Hoeveel vrymoedigheid het jy teenoor Christus om jou geloofsmeking te vervul?

Wat sal jy bid hieroor?

26/2019 8 1 September 2019

Baie geluk aan die volgende lidmate wat verjaar.

BELYDENDELIDMATE

Van Noemnaam Verjaar Wyk Landlyn Selfoon

Duvel Karin 09/01 N40

Reitsma Gerlof 09/01 S59

Wepener Erenst 09/01 N41

du Plessis Juan 09/02 D37

Erasmus Mari-Louise 09/02 D32

Fourie Corne 09/02 D54

Roberts-Kruger Tanya 09/02 N17

Bosua Trudi 09/03 D52

Broodryk Roelof 09/04 S48

du Bruin Sanchia 09/06 S44

Du Plooy Marlene 09/06 D70

Smit Maarteli 09/06 S19

van Stryp Marietha 09/06 S21

Heystek Jan 09/07 N39

Roos Bernard 09/07 N55

Van Der Walt Flip 09/07 N57

DOOPLIDMATE

Van Noemnaam Verjaar Wyk Landlyn Selfoon

van Dijkhorst Hilde 09/01 N55

Van Der Linde Jasper 09/02 D51

de Beer Nicolette 09/03 S21

le Roux Marco 09/03 S44

De Jager Zanè 09/04 S20

Rothman Lisa 09/04 D32

Welthagen Juan 09/04 N15

Steenkamp Isabelle 09/05 D12

Afonso Kelsey 09/06 S63

26/2019 9 1 September 2019

Predikante

D Blok D10-D35 ds Danie; D36-D72 ds Petrus N Blok Ds. Danie Potgieter - 072 272 9631 [email protected] S Blok Ds. Petrus van Blerk - 082 456 0235 012 997 2010; [email protected]

Skriba Oudl. Klaas Steyn - 012 361 4946, 071 471 4930 Faks 086 537 7392 [email protected] Orrelis Christine van Helden - 072 658 5664 [email protected] Koster Pieter Hoffman 012-345 2249, 082 898 2330

Kerkkantoor Finansiële aangeleenthede Titus Van Aswegen Tel: 012-347 7362 E-pos: [email protected] Faks: 086 537 7392 Kantoorure: 09:00 – 14:00 Attestate en Administratiewe aangeleenthede Karen de Lange Tel: 012-347 7362 E-pos: [email protected] Faks: 086 537 7392 Posbus 914-1095, Wingatepark, 0153 Kantoorure: 08:00 – 14:00

Diakonie Voorsitter: Bennie Kotze - 082 444 4942

Hope Community Church Gerrit Kornelius 082 925 9569

Franse Radiobediening Ds. Eric Kayayan [email protected] www.foi-vie.org.za

Topia (Toerus van predikante in Afrika)

Ds. Johannes Aucamp 072 815 7375) [email protected]

Bediening In Indië Ds. Rajesh Kumar [email protected]

Eljada - [email protected]

Heidi Muller 082 326 8968 Babara Labuschagne 082 630 6208

Susters Zelda van Blerk - 082 447 0674

Biblioteek Ria Vorster – 0827792406

Jeugsake Eljadi Lynelle Steyn - 082 410 9923 [email protected] Algemene Jeugsake en Katkisasie (Admin & Navrae) Gert Steyn 082 410 9922 [email protected] Preekbegeleiding Vakant

Eljada Huis - Daspoort Annatjie van Schalkwyk (012 377 0503/ 072 855 8289)

Pres. Kruger Kinderhuis Diensgroep Ronelle Berry 083 630 9989 Mart-Mari Kruger 072 101 0173

Bankbesonderhede Gereformeerde Kerk Rietvallei Absa Menlyn (Takkode: 355 645)

• Kerkkas - Tjekrek nr 34 9014 4306 • Diakonie -Tjekrek nr 40 5113 8620 • Franse Radio RF Faith and Life;

Tjekrek nr 40 4878 6755 • Susters – Tjekrek nr 4094 739 097