copyright and citation considerations for this ...is die finale stap in die beplanning van die...

236
COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION o Attribution — You must give appropriate credit, provide a link to the license, and indicate if changes were made. You may do so in any reasonable manner, but not in any way that suggests the licensor endorses you or your use. o NonCommercial — You may not use the material for commercial purposes. o ShareAlike — If you remix, transform, or build upon the material, you must distribute your contributions under the same license as the original. How to cite this thesis Surname, Initial(s). (2012) Title of the thesis or dissertation. PhD. (Chemistry)/ M.Sc. (Physics)/ M.A. (Philosophy)/M.Com. (Finance) etc. [Unpublished]: University of Johannesburg. Retrieved from: https://ujdigispace.uj.ac.za (Accessed: Date).

Upload: others

Post on 21-Oct-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

    o Attribution — You must give appropriate credit, provide a link to the license, and indicate if changes were made. You may do so in any reasonable manner, but not in any way that suggests the licensor endorses you or your use.

    o NonCommercial — You may not use the material for commercial purposes.

    o ShareAlike — If you remix, transform, or build upon the material, you must distribute your contributions under the same license as the original.

    How to cite this thesis

    Surname, Initial(s). (2012) Title of the thesis or dissertation. PhD. (Chemistry)/ M.Sc. (Physics)/ M.A. (Philosophy)/M.Com. (Finance) etc. [Unpublished]: University of Johannesburg. Retrieved from: https://ujdigispace.uj.ac.za (Accessed: Date).

    http://www.uj.ac.za/https://ujdigispace.uj.ac.za/

  • DIE OPRIGTING VAN'n RESTOURANT :

    'n BEDRYFSEKONOMIESE STUDIE

    DEUR

    JAKOBUS MALAN

    VERHANDELING,.

    VOORGELE TER VOLDOENING RRN DIE

    VEREISTES VIR DIE GRRRD

    MAGISTER COMMERCII

    IN

    BEDRYFSEKONOMIE

    RAN DIE

    RRNDSE RFRIKRRNSE UNIVERSITEIT

    STUDIELEIER : DR. N. LESSING

    Johannesburg

    November 1985

    ,

  • VENITE AD ME;

    VOS QUI STOMACHO LABORATIS ET EGO RESTOURABO VOS.

    (COME TO ME, YOU WHOSE STOMACH LABOURS, AND I WILL RESTORE YOU.)

    - BOULANGER -

  • i

    BEDANKINGS

    Ek wil lIlY opreqte waarderinq uitspreek teenoor my studie-

    leier, Dr. N. Lessinq, onder wie se bekwame leidinq ek kon

    studeer.

    Aan my vrou Anta, wat soveel qeduld en verdraaqsaamheid

    geopenbaar bet tydens bierdie studie, my dank en liefde.

    Ek wil ook graaq aIle persone en instansies bedank wat my in

    raad en daad bygestaan bet om sekere inligtinq te bekom. In

    die besonder wil ek die volgende persone en instansies

    uitsonder:

    1. AIle personeel van die Botelskool en in die besonder mnr.

    J.G. Doinet en die bibliotekaresse, mej. M.J. de Leeuw.

    2. Mnr. P. Cronje, restourantkonsultant van die Adviesburo vir

    Klein Sakeonderneminqs in Potchefstroom.

    3. Mnr. F.B. Swarbreck of the Catering, Restaurant and Tearoom

    Association.

    Ek wil my opregte waarderinq uitspreek teenoor mej. E. de

    Frey wat die tikwerk behartig het, mnr. J.P. Coetzer vir die

    taalversorging en mnr. L. Scheepers wat behulpsaam was met

    die skryf van rekenaarprogramme.

    Ek wil ook die persone bedank wat my moreel onderskraag het,

    en wie se gedurige belangstellinq en aanmoediging my altyd

    tot aansporinq gedien·het. n Besondere woord van dank aanDr. D.C. Roux en mnr. R.B. Mynhardt.

    iiI..

  • ii

    .My opreqte dank .an IIDU". C.P~ Lerm vir 4ie v.ardevolle

    kommentaar oor hoofstuk vier.

    In die laaste instansie wil ek graag my ouers dank vat deur

    al die jare hul trou gewy het aan my opvoeding. Bulle het

    die basis gele en dikwels groot opofferinge gemaak om my die

    qeleentheid te bied an kennis te verwerf en so my land en

    Skepper te dien.

    Aan my God die Vader, die Seun en die Beilige Gees Al die

    eer.

    KOBUS MALAN

    iii/ ••

  • iii

    IHHOUDSOPGAAF

    HOOFSTUK

    1. ORliNTERING

    2. RESTOURANTE : DEFINleRIHG EN KLASSIFISERING

    3. DIE RESTOURATEUR _. 'H MENS EN TAAKOMSKRYWING

    4. DIE BEPLANNING VAN IN BEMARKINGSTRATEGIE

    5. KEUSE EN UITLEG VAN DIE PERSEEL

    6. DIE WETLlKE OMGEWING VAN IN RESTOURANT

    7. DIE FINANSIERINGSPLAN

    8. SAMEVATTING

    BLADSY

    1

    11

    39

    58

    104

    131

    161

    202

    iv/••

  • iv

    BLADSY

    HOOFSTUK 1

    ORleNTERING

    1.1 INLEIDING 2

    1.2 PROBLEEMSTELLING 4

    1.3 BEPERKINGE DEUR DIE BESKIKBAARHEID VAN LITERATUUR 6

    1.4 DOEL VAN DIE STUDIE 6

    1.5 BEGRENSING EN INDELING VAN DIE STUDIE 7

    1.6 OORSIG 10

    ~-----.J HOOFSTUK 2

    RESTOURANTE DEFINleRING EN KLASSIFISERING

    2.1 INLEIDING

    2.2 DEFINleRING VAN DIE RESTOURANT

    2.3 KLASSIFlKASIE VAN RESTOURANTE

    2.4 DIE KEUSE VAN 'N GESKIKTE ONDERNEMINGSVORM

    2.5 DIE GEBRUIK VAN 'N OKTROOIAGENTSKAP

    2.6 OORSIG

    HOOFSTUK 3

    DIE RESTOURATEUR - I N MENS EN TAAKOMSKRYWING

    12

    12

    19

    23

    37

    38

    3.1 INLEIDING

    3.2 DIE RESTOURATEUR AS ENTREPRENEUR

    'N MENSOMSKRYWING

    3.3 DIE RESTOURATEUR AS BESTUURDER

    'N TAAKOMSKRYWING

    3.4 DIE RESTOURATEUR

    3.5 OORSIG

    ENTREPRENEUR EN BESTtmRDER

    40

    40

    43

    54

    56

    vi ..

  • v

    HOOFSTUK 4

    DIE BEPLANNING VAN IN BEMARKINGSTRATEGIE

    4.1 INLEIDING

    4.2 BEMARKINGSNAVORSING

    4.3 DIE KEUSE VAN IN DOELMARK

    4.4 FORMULERING VAN BEMARKINGSDOELWITTE EN

    -BELEID

    . 4.5 ONTWIKKELING VAN DIE BEMARKINGSTRATEGIE

    4.6 OORSIG

    HOOFSTUK 5

    KEUSE EN UITLEG VAN DIE PERSEEL

    5.1 INLEIDING

    5.2 DIE KEUSE VAN IN PERSEEL

    5.3 BINNENSHUISE VERSIERING

    5.4 BEPLANNING VAN DIE KOMBUIS

    5.5 OORSIG

    HOOFSTUK 6

    DIE WETLlKE OMGEWING VAN IN RESTOURANT

    6.1 INLEIDING

    6.2 DIE VERKRYGING VAN IN HANDELSLISENSIE

    6.3 DIE VERKRYGING VAN IN DRANKLISENSIE

    6.4 GESONDHEIDSBEPALINGS VAN TOEPASSING OP

    IN RESTOURANT

    6.5 ARBEIDSBEPALINGS VAN TOEPASSING OP IN RESTOU-

    RANT

    6.6 OORSIG

    BIJIDSY

    60

    61

    71

    72

    73

    98

    105

    106

    110

    116

    129

    132

    133

    135

    137

    141

    143

    viI ..

  • vi

    HOOFSTUK 7

    DIE FINANSIERINGSPLAN

    7.1 INLEIDING

    7.2 DIE BEPALING VAN DIE KAPITAALBEHOEFTE

    7.3 BRONNE VAN FINANSIERING

    7.4 DIE BESIGHEIDSPLAN

    7.5 OORSIG

    HOOFSTUK 8

    SAMEVATTING

    8.1 INLEIDING

    8.2 DIE OPRIGTING VAN IN RESTOURANT AAN DIE HAND

    VAN 'N VLOEIDIAGRAM

    BLADSY

    163

    163

    175

    182

    200

    203

    204

    viiI ..

  • . FIGUUR

    4.1

    4.2

    4.3

    4.4

    4.5

    4.6

    5.1

    5.2

    vii

    FIGURE

    OPSKRIF

    BEPLANNING VAN DIE BEMARKINGSTRATEGIE VIRIN RESTOURANT

    STAPPE IN SISTEMATIESE BEMARKINGSNAVORSING

    GRONDSLAE VIR MARKSEGMENTERING

    ONTWIKKELING VAN DIE BEMARKINGSTRATEGIE VIRIN RESTOURANT

    OOGBEWEGINGSPATROON

    DIE KEUSE VAN ADVERTENSIEMEDIA

    VOEDSELVLOEI IN IN BREe SIN

    VOEDSELVLOEI IN IN RESTOURANTKOMBUIS

    BLADSY

    60

    64

    70

    74

    78

    95

    122

    123

    viii/ ..

  • KOOS3(6)

    TABEL

    2.1

    2.2

    4.1

    4.2

    4.3

    4.4

    4.5

    4.6

    4.7

    5.1

    viii

    TABELLE

    OPSKRIF

    BEDRYFSKOLOM VAN DIE RESTOURANTBEDRYF

    KENMERKE VAN PRIVATE- EN PUBLIEKE MAATSKAPPYE

    GEGEWENS NODIG VIR PRYSVASSTELLING

    METODE 1 VAN PRYSVASSTELLING

    METODE 2 VAN PRYSVASSTELLING

    METODE 3 VAN PRYSVASSTELLING

    METODE 4 VAN PRYSVASSTELLING

    METODE 5 VAN PRYSVASSTELLING

    DIE IMPLlKASIES VAN VERSKILLENDE METODES VANPRYSVASSTELLING

    VERDELING VAN RESTOURANTE VOLGENS OMSETGROOTTE

    BLADSY

    17

    30

    84

    86

    87

    88

    89

    90

    91

    109

    ix/ ••

  • ix

    OPSOMMING

    Die verstedelikingsproses het gaandeweg veroorsaak dat die lewens-

    wyse van die Suid-Afrikaanse Blanke verander het. Die veranderde

    lewenswyse het veranderde behoeftes tot gevolg gehad. Die restou-

    rantbedryf het 'n toenemende rol in die bevrediging van hierdie

    veranderde behoeftestruktuur begin speel. Die gevolg hiervan was

    dat restourante teen 'n hoe tempo opgerig is.

    Ondanks die hoe aanvraag na die produk en diens wat deur die res-

    tourantbedryf aangebied word en hoe winste wat behaal word, raak

    restourante teen 'n hoe tempo insolvent. Hierdie syfer is tot so

    hoog as 20% van al1e nuwe restourante. Die feit dat nuwe restou-

    rante teen hierdie hoe tempo insolvent raak is hoofsaklik toe te

    skryf aan oprigting van restourante wat op lukrake wyse plaasvind.

    Daar ontstaan dus probleme by oprigting van restourante wat later

    deursyfer na die bedryf van die ondernemings en uiteindelik lei tot

    insolvensie.

    Die lukrake oprigting van restourante is hoofsaaklik te wyte aan die

    feit dat daar nie gesonde bestuur aan die dag gele word by oprigting

    van restourante nie. Die bestuursprobleem van restourateurs is

    tweeledig van aard. Eerstens is daar 'n groot leemte aan bestuurs-

    op1eiding en tweedens 'n nypende tekort aan inligting oor die Suid-

    Afrikaanse restourantbedryf.

    Hierdie studie lewer eerstens 'n bydrae tot die bestuursorientasie

    van die Suid-Afrikaanse restourantbedryf. Tweedens lewer dit 'n

    bydrae tot die beskikbare inligting oor die Suid-Afrikaanse restou-

    rantbedryf en derdens tot die wetenskap van die Bedryfsekonomie. As

    studieveld word beplanning as element van bestuur tydens oprigting

    van 'n restourant bespreek.

    Vanwee die tekort aan literatuur en statistiek ocr die Suid-Afri-

    kaanse restourantbedryf is inligting op tweerlei wyse ingesamel.

    xl ..

  • x

    Eerstens is aIle toepaslike Amerikaanse en Engelse literatuur

    gebruik. Tweedens is verskeie kenners, restourateurs en instansies

    geraadpleeg.

    'n Restourant moet volgens 'n spesifieke plan opgerig word. Die

    eerste fase hiervan is om die voornemende restourateur te evalueer

    aan die hand van sy entrepreneurseienskappe, bstuurs- en restourant-

    vaardighede. Al hierdie vaardighede en eienskappe is essensieel om

    'n restourant suksesvol op te rig en te bedryf. In samehang hiermee,

    is die volgende stap in die beplanningsproses die evaluering van

    ondernemingsvorme. 'n Geskikte ondernemingsvorm moet geskies word om

    aan die spesifieke situasie van 'n restourant se behoeftes te beant-

    woord.

    Die volgende fase is die ontwikkeling van 'n bemarkingstrategie. Dit

    behels die versameling van markinligting met die doel om 'n doelmark

    te kies of te evalueer en 'n spesifieke bemarkingstrategie vir

    hierdie doelmark te ontwikkel. 'n Restourant se bemarkingstrategie

    bestaan uit die ligging van die restourant, sy spyskaart/diensaan-

    bieding, pryse en reklameveldtog.

    Vanuit die beplande bemarkingstrategie moet 'n perseel gekies en

    ontwikkel word. Dit behels eerstens die binnenshuise versiering van

    die restourant wat 'n wesenlike invloed het op die mededingende

    'posisie van so 'n onderneming. Daarna moet die' kombuis ontwikkel

    word. Twee belangrike sake ter sprake is die tipe produk en die

    beoogde tempo van vervaardiging. Alvorens die finansiele beplanning

    gedoen word, moet die wetlike implikasies van toepassing op restou-

    rante oorweeg en bepaal word. Dit kan sekere finansiele en beplan-

    ningsimplikasies vir 'n restourant inhou. Die finale fase in die

    beplanningsproses is die bepaling van kapitaalbehoeftes en die

    voorsiening daarin deur die bronne van finansiering te bepaal. Die

    finansieringsplan waarin die beplanningsproses gekwantifiseer word

    is die finale stap in die beplanning van die oprigting van 'n restou-

    rant. 'n Vloeidiagram van die beplanningsproses in hoofstuk 8 dien

    as samevatting van die studie.

    xi/ ••

  • xi

    SUMMARY

    Urbanization is steadily causing changes in the lifestyle of

    White South Africans. This process leads to everchanging needs

    and demands by consumers. The restaurant trade is playing an

    increasing role in the fulfilment of the above-mentioned needs

    and demands. This results in restaurants being established at

    a very high rate.

    Although the demand for the product and service rendered by

    restaurants are high, and ample profits are made, a large•

    percentage of restaurants still become insolvent. The insol-

    vency percentage of all new restaurants can be as high as 20\

    within the first year of operation. This can mainly be attri-

    buted to the fact that restaurants are being established at

    random. Problems thus already arise at the out.set., which then·

    later influence the operation of the restaurant, and eventually

    results in insolvency.

    Random establishment of restaurants is mainly due to the lack

    of sound management. Two management problems arise with

    respect to restaurateurs, namely lack of management training;

    and a severe shortage of information regarding the South

    African restaurant trade. This study contributes firstly to

    the management orientation of, and available literature on the

    South African restaurant trade. Secondly, this study has been

    undertaken to contribute to the science of Business Economics.

    As the field of study, planning is discussed as an element of

    management in the establishment of a restaurant.

    xiii ..

  • xii

    Due to a shortage of literature and statistics regarding the

    South African restaurant trade, information was gathered in two

    ways, namely all relevant American and English literature was

    used; and various restaurateurs, experts and institutions were

    consulted.

    A restaurant should be established according to a specific

    plan. The first phase in this regard is to evaluate the

    prospective restaurateur according to his entrepeneural attri-

    butes, his management proficiency and restaurant aptitudes.

    These attributes and skills are essential for the successful

    establishment and operation of a restaurant. Closely related

    to this phase is the second step in the planning process namely

    the evaluation of the type of organisation. A suitable type of

    enterprise must then be chosen to comply with the specific

    situational needs of a restaurant.

    The next phase is the development of a marketing strategy•

    This entails the gathering of marketing information so as to

    choose or evaluate a specific target market, and eventually to

    develop a marketing strategy for this target market. The

    marketing strategy of a restaurant consists of the location of

    the restaurant; the menu and service presentation; pricing;

    and promotion campaign.

    A site must be chosen and developed within the above-mentioned

    marketing strategy. This involves the interior decorating of

    the restaurant, which has a major influence on the competitive

    position of the restaurant; and the planning of the kitchen.

    Two pertinent aspects are important in this phase, namely the

    type of product and the envisaged rate of production.

    xiii/ ••

  • xiii

    The legal implications applicable to restaurants must be deter-

    mined and considered before the financial planning is done.

    From this certain financial and planning implications could

    evolve.

    The final phase in the planning process is the determination of

    capital requirements and the provision thereof through the

    determination of financing sources. This entails the compila-

    tion of a financial plan. The financial plan that quantifies

    the planning phase process is the final step in the planning

    with respect to the establishment of a restaurant.

    A flowchart of the planning process in Chapter 8 serves as a

    summary of this study.

  • HOOFSTUK1

    ORleNTERING

    INHOUDSOPGAAF

    BLADSY

    1.1 INLEIDING 2

    1.2 PROBLEEMSTELLING 4

    1.3 BEPERKINGE DEUR DIE BESKIKBAARHEID VAN LITERATUUR 6

    1.4 DOEL VAN DIE STUDIE 6

    1.5 BEGRENSING EN INDELING VAN DIE STUDIE 7

    1.6 OORSIG 10

    2/.. ..

    ".

  • - 2 -

    HOOFSTUK 1

    ORIeNTERING

    1.1 INLEIDING

    Toenemende verstedeliking het gaandeweg meegebring dat die

    lewenswyse van die Suid-Afrikaanse Blankeverander het. Dit

    het ook sekere veranderde behoeftesmeegebring. As deel van

    hierdie veranderde 1ewenstyl en behoeftestruktuur, het die

    restourant n al hoe groter rol in bevrediging van menslikebehoeftes, veral in digbevolkte areas, begin: speel. Die

    gevolg hiervan was dat die restourantbedryf sterk gegroei

    het.

    Hoewel die Franse, Engelse en Amerikaanse literatuur alreeds

    n geruime tyd aandag skenk aan die restourantbedryf, is ditnie die geval in Suid-Afrika nie. Inteendeel, die Suid-

    Afrikaanse restourantbedryf gaan gebuk onder n gebrek aanopleiding en inligting. In hierdie verband moet die reuse-

    werk wat die Hotelskool van die Witwatersrandse Technikon

    doen, genoem word. Helaas kan selfs hierdie klein inrigting

    nie voorsien in al die behoeftes wat daar in hierdie verband

    bestaan nie.

    Verder kan ook die naam genoem word van die "Catering,

    Restaurant and Tearoom Association" wat belangrike werk doen

    om die restourantbedryf in n mate te orden. Tans werkhierdie organisasie daaraan om n graderingstelsel virrestourante, soortgelyk aan die vir hotelle, saam te stele

    Die restourantbedryf word saam met die hot~- en spyseniers-

    bedryf die "hospitality industry" genoem. Dit som in kort

    op waaroor n restourant gaan. Die ontstaan van die restou-rantbedryf het egter baie dieper wortels. Die eerste

    3/.. ..

  • - 3 -

    restourante word in die Bybel as herberge bekendgestel.

    Hoewel die antieke herberg voedsel sowel as slaapplek

    verskaf het, hou die funksie van die herberg regstreeks

    verband met die struktuur van mens like behoeftes, soos

    uiteengesit in Maslow se behoeftestruktuur.

    Maslow het 'n struktuur van mens like behoeftes in rangorde

    van prioriteite saamgestel.

    volg daaruit:

    Hierdie struktuur sien soos

    1. Fisiese behoeftes (honger, dors);

    2. veiligheidsbehoeftes (beskerming, gesondheid);

    3. liefde (groepverhoudings, liefde);

    4. status (prestige, sukses); en

    5. self-aktualisering (werkbevrediging).

    (Maier, 1973 335)

    Vol gens Maslow se behoeftestruktuur geniet die mens se

    fisiese behoeftes, voeding, die hoogste prioriteit. Verder

    het toenemende uitbreiding in reis en reisgeriewe, die vraag

    na openbare voeding genoodsaak, soos reeds met die rol van

    die herbergier in die Bybelse tyd hierbo verwys.

    Die hedendaagse restourant kan egter nie beskou word as 'n.onderneming wat slegs in die primere behoefte van die mens

    voorsien nie. Die mens se behoeftes het verfynd geraak, en

    so ook die vaardighede van die restourantbedryf. 'n Kenner

    het tydens 'n onderhoud die saak soes volg uiteengesit "We

    in the restaurant-industry do not only sell a product or a

    service, but we sell a good time out". (Legat, Restourateur

    3 in bronnelys.) ..

    4/.. ..

  • - 4 -

    1.2 PROBLEEMSTELLING

    r-Die restourantbedryf skep dikwels die indruk dat dit n een-voudige tipe bedryf is wat belaai is met opwinding en waar

    groat winste behaal kan word. Hierdie opvatting is nie

    heeltemal verkeerd nie. Dit is egter slegs n halwe waar-heid. Agter die rookskerm van opwinding en winsgewendheid,

    Ie n bedryf wat gekenmerk word deur harde werk, hoe risiko'sen besonderevereistes wat aan restourante gestel wor~

    Hilton & Richfield (s.j.: 12) stel hierdie saak baie duide-

    like Die skrYWers dui aan dat daar letterlik honderde

    restourante is wat in Suid-Afrika geopen word deur persone,

    wat glo dat weinig bestuursvaardighede nodig is om n restou-rant te bedryf. Hoewel sommige restourateurs wat in hierdie

    kategorie val, vinnig die vereiste vaardighede aanleer en

    hul restourante suksesvol bedryf, is die oorgrote meerder-

    heid nie in hierdie posisie nie. Hierdie meerderheid is

    onsuksesvol en hul on~ernemings word insolvent.

    Die huidige resessie het oak sy tol geeis in die restourant-

    bedryf. (;,inste moes in n groot mate beperk word om mede-dingend en solvent te bly, te midde van die uiters mede-

    dingende restourantbedryf. Vele restourateurs wat nie

    genoegsame omset in hierdie tyd behaal nie, moet hul restou-

    rante verkoop of slui~J

    'Gedagtig aan die groot aantal restourante wat binne een jaar

    . na .oprigting insolvent raak asook die menings van kenners,

    word tot die gevolgtrekking gekom dat probleme reeds ont-

    staan by die oprigting van restourante. Dit is juis in

    hierdie fase waar n stewige fondament vir die suksesvolle1

    bedryf van die onderneming gele moet wor~

    5/.. ..

  • - 5 -

    Die tendens van besigheidsmislukkinge onder klein sakeonder-

    nemings (soos restourante) wordook bevestig deur Conradie

    in die Entrepreneur, spreekbuis van die Adviesburo vir Klein

    Sakeondernemings. Volgens Conradie (1983: 11) misluk ngroot aantal klein sakeondernemings jaarliks. Sowat 30%

    misluk binne die eerste drie jaar van bestaan, terwyl slegs

    sowat 20% na tien jaar nog beatiaan; . Die groot aantal

    mislukkings binne die korttydjie van die ondernemings se

    bestaan, dui weer eens daarop dat die oprigting van nrestourant belangrik is.

    ~Wanbestuur word as die grootste enkele probleem aangegee vir

    die besigheidmislukkings, terwyl die tekort aan kapitaal op

    kritieke tye as n verdere enkele probleem aangevoer word vir

    klein sakeondernemings. Die tekort aan kapitaal, oftewel,

    die onvermoe om voldcende finansiering te bekom, kan egter

    dikwels teruggevoer word na wanbestuur.

    Wanbestuur is n besondere probleem van klein sakeonderne-mings vanwee twee faktore. Eerstens beskik weinig entre-

    preneurs oor die nodige bestuursvaardighede. Tweedens het

    die entrepreneur, vanwee sy tallose verpligtinge in die

    onderneming, (die eienaar behartig gewoonlik al die funksies

    in die onderneming eiehandig), te min tyd om die nodige be-

    stuursvaardighede aan te leer.

    1966 : 88.)

    (Broom & Longenecker,

    Tydens onderhoude wat met kenners en restourateurs gevoer

    is, is die belangrikheid van bestuur in n restourant her-haalde kere beklemtoon. Die bestuursprobleem in restourante

    is tweerlei van aard. Eerstens, die bestuursvernuf wat

    tydens oprigting aan die dag gele moet word, en tweedens,1

    die bestuursvernuf wat tydens die bedryf van die restourant

    toegepas moet word.

    6/.. ..

  • - 6 -

    Die oprigting van ~ restourant behels veel meer aspekte as

    wat normaalweg van toepassing is op ander klein sakeonder-

    nemings. Di t behels nie alleen tegniese vaardighede, soos

    byvoorbeeld die ontwerp en inrig van ~ kombuis, wat op

    uiters planmatige wyse vir gladde produksievloei moet sorg

    nie. Dit behels ook kunstige vaardighede, soos byvoorbeeld

    die versiering van die eetlokaal, wat op sigself ~ aantrek-

    king is vir die potensiele klant.

    Die gevolgtrekking waartoe gekom is, dui daarop dat daar

    dikwels tydens die oprigting van ~ restourant swak bestuur

    aan die dag gele word, wat tot gevolg het dat later tydens

    bedryf probleme ondervind word. Hierdie probleme lei tot

    finansiele mislukking waarna ~ restourant sy deure moet

    sluit.

    1.3 BEPERKINGE DEUR DIE BEsKIKBAARHEID VAN LITERATUUR

    ~ Besondere probleem wat tydens die studie ondervind is, is

    ~ tekort aan toepaslike suid-Afrikaanse literatuur en

    statistiek. Hierdie probleem is hoofsaaklik oorbrug deur

    van Engelse en Amerikaanse literatuur gebruik te maak, waar

    dit op die suid-Afrikaanse situasie toegepas kan word.

    Verder is verskeie onderhoude gevoer met restourateurs,

    konsultante en kenners van die restourantbedryf. Dit is

    waarom daar ~ besondere lang lys van persone en instansies

    geraadpleeg, in die bronnelys is.

    1.4 DOEL VAN DIE STUDIE

    Gedagtig aan die leemte aan bestuursopleiding, inligting en

    die probleme wat by restourante ontstaan weens onplanmatige

    '"werkswyse tydens oprigting, is hierdie studie se doeldrieledig van aard.

    7/.. ..

  • - 7 -

    Eerstens is die doel van die studie om n bydrae te lewer totdie literatuur van die Suid-Afrikaanse restourantbedryf, wat

    gebuk gaan onder n tekort aan inligting.

    Tweedens is hierdie studie daarop gerig om n bydrae te lewertot die bestuursorientasie van die restourantbedryf. Die

    gebrekkige bestuursvermoe van restourateurs lei dikwels

    daartoe dat hul ondernemings insolvent raak. In die lig van

    die uitgangspunt van die studie, naamlik n studie van enkelebedryfsekonomiese vraagstukke tydens die oprigting van

    restourante, word die hele bestuurspektrum van die restou-

    rant wat reeds in bedryf is bespreek nie, maar slegs die

    beplanning van die oprigting van restourante.

    Derdens is dit die doel van die studie om n beplanningspro- lses tydens oprigting van restourante weer te gee aan die

    hand van n vloeidiagram. Hierdie vloeidiagram dien verderas n samevatting van die studie.

    1.5 BEGRENSING EN INDELING VAN DIE STUDIE

    Die oprigting van n restourant uit n bedryfsekonomieseoogpunt gesien, behels aIle aktiwiteite vandat die idee

    ontstaan om die onderneming te begin, totdat die deure van

    die onderneming geopen word om sake te doen. Dit sluit dus

    'n wye reeks van aktiwiteite in, naamlik die beplanning,

    organisering, koc5rdinering en beheer van aIle aktiwiteite

    wat nodig is om di.e onderneming in staat te stel om sake te

    doen.

    Hierdie studie handel egter slegs oor die beplanningsfase as

    bestuurselement tydens oprigting. Die red~ hiervoor is dat

    beplanning as bestuurselement die grondslag Ie waarvolgens

    oprigting van n restourant op n doelmatige en doelgerigtewyse kan pIaasvind.

    8/.. ..

  • - 8 -

    Die studieveld word vir hierdie doel soos volg afgebaken:

    Die keuse van n ondernemingsvorm;die evaluering van die restourateur ten einde te bepaal

    of die persoon oor bepaaLde eienskappe en vermoens

    beskik om die onderneming te bedryf;

    die ontwikkeling van n bemarkingstrategie;die keuse en beplanning van die uitleg van n perseel;en

    die opstel van n finansieringsplan.

    Hierdie studie word in agt hoofstukke ingedeel.

    HOOFSTUK 2

    Hoofstuk 2 handel oar die definiering van restourante met

    die doel om die restourant as n onderneming te plaas binnedie studieveld van die bedryfsekonomie. Da~r word n klassi-fikasie van restourante gedoen en geskikte ondernemingsvorme

    vir n restourant word bespreek.

    HOOFSTUK 3

    Hoofstuk 3 handel oar die restourateur. Di t verskaf eers-

    tens n beeld van die entrepreneurseienskappe waaroor dierestourateur moet beskik. Tweedens omskryf hoofstuk 3 die

    funksionele take van die restourateur as bestuurder. Die

    entrepreneurseienskappe en bestuursvereistes word saamgevoeg

    om sodoende n beeld te skep van die restourateur.

    HOOFSTUK 4

    Hoofstuk 4 behandel die ontwikkeling van bemarkingstrategie

    vir n restourant. Hierdie hoofstuk kan in drie dele verdeelword. Die eerste daarvan is die bemarkingsnavorsings-

    9/.. ..

  • - 9 -

    gedeelte, tweedens word die keuse van n spesifieke doelmark,

    en laastens die samestelling van die bemarkingsmengsel vir n

    restourant bespreek.

    HOOFSTUK 5

    Hoofstuk 5 vestig die aandag op die keuse en ontwikkeling

    van die perseel. In die hoofstuk word die keuse van die

    perseel, die dekorasie daarvan en die uitleg en toerus van

    die kombuis bespreek.

    HOOFSTUK 6

    Hoofstuk 6 gee n uiteensetting van die wetlike omgewing wat

    die restourant omring. Die verkryging van handels- en

    dranklisensies word bespreek. Die gesondheids- en arbeids-

    regulasies van toepassing op n restourant word ook uiteen-

    gesit.

    HOOFSTUK 7

    Hoofstuk 7 handel oor die finansiering van die restourant.

    Die verskillende vorme van kapitaal, die bronne en die

    struktuur waarvolgens verskillende vorme saamgestel kan

    word, word bespreek. Laastens word die opstel van n besig-heidsplan met die doel om finansiering te bekom, bespreek.

    HOOFSTUK 8

    Hoofstuk 8 bevat n samevatting aan die hand van nvloeidia-

    gram. Die vloeidiagram is n stap-vir-stapprosedure wat

    tydens die oprigting van n restourant gevolg moet word.1

    10/.. ..

  • - 10 -

    1.6 OORSIG

    Die restourantbedryf speel 'n toenemende rol in die bevre-

    diging van hedendaagse menslike behoeftes. Die meeste

    restourante (soos ander klein sakeondernemings) raak egter

    insolvent binne die eerste drie jaar vanbestaan. Hierdie

    verskynsel dui daarop dat daar tydens. die oprigting van

    restourante nie op doelmatige wyse te werk gegaan word om

    sodoende 'n stewige fondament vir die restourant te le nie.

    Verder dui statistiek daarop dat klein sakeondernemings be-

    stuursprobleme ondervind.

    Hierdie studie word onderneem om enkele oprigtingsaspekte

    van 'n restourant vanuit 'n bedryfsekonomiese oogpunt te

    bestudeer. Die doel daarvan is om 'n model op te stel

    waarvolgens te werk gegaan behoort te word tydens die

    beplanningsfase vir die oprigting van 'n restourant. Verder

    lewer die studie 'n bydrae tot die beperkte literatuur wat

    tans bestaan betreffende die restourantbedryf in Suid-Arika

    en lewer ook 'n bydrae tot die wetenskap van die Bedryfs-

    ekonomie.

    11/.. ..

  • - 11 -

    HOOFSTUK..2

    RESTOURANTE : DEFINleRING EN KLASSIFISERING

    INHOUDSOPGAAF

    BLADSY

    2.1 INLEIDING 12

    2.2 DEFINleRING VAN DIE RESTaURANT 12

    2.2.1 TAALKUNDIGE DEFINleRING 13

    2.2.2 JURIDIESE DEFINleRING 14

    2.2.3 BEDRYFSEKONOMIESE DEFINleRING 14

    2.3 KLASSIFlKASIE VAN RESTOURANTE 19

    2.3.1 FORMELE RESTOURANTE 19

    2.3.2 INFORMELE RESTOURANTE 20

    2.4 DIE KEUSE VAN 'N GESKIKTE ONDERNEMINGSVORM 23

    2.4.1 DIE ·BELANGRIKHEID VAN DIE ONDERNEMINGSVORM 24

    2.4.2 BELANGRIKSTE KRITERIA VIR DIE KEUSE VAN IN

    ONDERNEMINGSVORM 24

    2.4.3 BESTAANDE ONDERNEMINGSVORME IN SUID-AFRlKA 25

    2.4.4 DIE EENMANSAAK 25

    2.4.5 DIE VENNOOTSKAP 27

    2.4.6 DIE MAATSKAPPY 28

    2.4.7 DIE BESLOTE KORPORASIE 32

    2.4.8 DIE K05PERASIE 34

    2.4.9 AFLEIDING 36

    2.5 DIE GEBRUIK VAN 'N OKTROOIAGENTSKAP 37

    2.6 OORSIG 38

    1

    12/.. .•

  • - 12 -

    HOOFSTUK 2

    RESTOURANTE

    2.1 INLEIDING

    DEFINleRING EN KLASSIFISERING

    Die restourantbedryf bestaan uit n wye verskeidenheid tipesrestourante, wat daartoe aanleiding gee dat daar dikwels me-

    ningsverskille ontstaan oor wat werklik as n restourantbeskou moet word. Hierdie meningsverskille het duidelik in

    onderhoude met verskeie kenners en restourateurs na vore

    getree.

    Verder het dit ook aan die lig gekom dat restourante meestal

    die eenmansaak of vennootskap as ondernemingsvorm aanneem.

    Die redes vir die keuse van hierdie ondernemingsvorme deur

    die eienaars is hoofsaaklik gegrond op onkunde betreffende

    alternatiewe ondernemingsvorme wat vir restourante bestaan.

    In die lig van die bostaande, word die restourant as 'n

    onderneming in bedryfsekonomiese sin gesien. n Klassifika-sie van restourante word gedoen om die volle spektrum van

    ondernemings wat binne die definisie val, uit te beeld.

    Laastens word kortliks aandag gegee aan die ondermingsvorme

    wat n restourant kan aanneem.

    2.2 DEFINleRING VAN DIE RESTOURANT

    Ten einde die restourant te definieer, word dit vanuit drie

    oogpunte benader. Dit is naamlik uit die oogpunte van die

    taalkundige, die wetgewer en die bedryfsekonoom.

    13/.. ..

  • 2.2.1

    . - 13 -

    TAALKUNDIGE DEFINleRING

    Die woord restourant is herlei van die Franse werkwoord

    "restaurer" wat beteken "om te herstel". Die Concise Oxford

    Dictionary (1983 : 888) dui aan dat die Franse werkwoord

    "restaurer" die direkte oorsprong is vir die Engelse woord

    "restaurant" wat dui op die liggaamlike verfrissing wat

    verkry word in 'n restourant. (Webster's, 1976 : 1936 dui

    ook hierdie verband aan.)

    Die Concise OXford Dictionary (1983

    "restaurant" soos volg aan:

    888) dui die begrip

    RESTAURANT: "An establishment where refreshments or

    meals may be procured by the public."

    Die Afrikaanse Woordeboek (1966 : 851) omskryf 'n restourant

    as 'n "openbare plek of lokaal waar 'n mens iets te eet of te

    drink kan kry". (Die woord "eethuis" word as sinoniem

    aangedui.) Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek

    (i972 : 819) stel dit kortweg as "'n plek waar mens iets te

    eet of te drink kry". HAT (1983 : 899) verklaar 'n restou-

    rant as 'n "openbare inrigting van behoorlike gehalte waar

    voorbereideetes en drank bedien word".

    Taalkundig besit 'n restourant dus die volgende eienskappe:

    'n Restourant is 'n gebou, lokaal of plek;

    wat openbaar is;

    van gehalte is; en

    waar voorbereide voedsel en drinkgoed aan mense bedien

    word.'"

    14/.. ..

  • 2.2.2

    2.2.3

    - 14 -

    JURIDIESE DEFINIeRING

    Die restourant word juridies in artike1 70 van die Drankwet,

    (Wet 30 van 1928 soos gewysig), omskryf. Die vereistesvir

    'n restourant kragtens hierdie artike1 is "waar gewone

    maaltye gereeld aan gaste verstrek sal word, en dat die

    gebou redelike akkommodasie bevat vir mense wat hulle

    maaltye in daardie restourant neemtl •

    By interpretasie van artikel 70 van die Wet, Ie die wetgewer

    dus twee vereistes neer vir 'n restourant, naamlik:

    Die verstrekking van maaltye; in

    'n gebou wat redelike akkommodasie bevat sodat mense hul

    maaltye in die restourant kan nuttig.

    Betreffende die stipulering van bogenoemde interpretasie van

    die Wet, metbetrekking tot die redelike akkommodasie wat

    die gebou moet bevat, word hier na sekere wetlike vereistes

    verwys waaraan 'n restourant moet voldoen. Hierdie bepaling

    verwys nie na die verskaffing van slaapgeriewe soos van

    toepassing op hotelle nie maar na die verskaffing van

    sitplek in 'n restourant.

    Munisipaliteite bepaal en vereis h sekere minimum oppervlak-te per stoel in 'n restourant sowel as sekere geriewe wat tot

    beskikking van klante gestel moet word. (Kyk ook par. 6.4.1

    en 6.4.2.) Hierdie vereistes verskil van plek tot plek en

    die restourateur of sy argitek/tekenaar moet hom deeglik

    vergewis van sodanige wetlike vereistes en dit nakom•.

    BEDRYFSEKONOMIESE DEFINIeRING1

    In die lig van die bedryfsekonomiese uitgangspunt van

    hierdie studie is dit belangrik om die restourant vanuit 'n

    15/.. •.

  • - 15 -

    bedryfsekonomiese oogpunt te definieer. Hoewel daar uiteen-

    lopende standpunte gehuldig word betreffende die omskrywing

    van die Bedryfsekonomie, word in hierdie studie volstaan met

    die standpunt van Marx.

    Marx (1983: 1) omskryf Bedryfsekonomie as "die wetenskap

    wat hom besig hou met die bestudering van die vraag van hoe

    die instansies wat goedere en dienste ter bevrediging van

    mens like behoeftes beskikbaar stel, in die besonder private

    ondernemings, die beste gelei of bestuur kan word sodat

    daardie instansies so doelmatig moontlik kan ·funksioneer en

    hulle doelwitte so goed moontlik kan bereik".

    Vir verdere duidelikheid betreffende Marx se verwysing na

    die private onderneming moet n onderskeid getref word tussendie begrippe "bedryf" en "onderneming". Marx (1983: 7)

    omskryf die bedryf as "die konkrete produksie-eenheid wat in

    sowel kapitalistiese as nie-kapitalistiese lande voorkom en

    waar die fisiese aktiwiteite verbonde aan die beskikbaar-

    stelling van goedere en/of dienste plaasvind". Die bedryf

    kom dus in aIle ekonomiese stelsels voor, en is verantwoor-

    delik vir die beskikbaarstelling van goedere en dienste

    waarvoor daar n behoefte bestaan.

    Die onderneming daarenteen, word deur Marx (1983: 8)

    omskryf as '''n ekonomies-juridiese eenheid wat eie is aan die

    kapitalistiese stelsel en wat een of meer bedrywe gebruik om

    goedere en/of dienste ter bevrediging van menslike behoeftes

    beskikbaar te stel op so n wyse dat bevredigende wins behaalword".

    Van der Schroeff (1968. : 21) vat die onderskeid tussen die

    bedryf en onderneming saam deur aan te to~n dat die voor-

    siening van die behoefte primer, en die verkryging van

    inkomste sekonder is of geheel en al ontbreek by 'die bedryf.

    16/••••

  • - 16 -

    ..Die onderneming wat deur Van der Sebroeff (1968 : 21), (in

    teenste1ling met die "owerheidsonderneming" of "sentraal

    geleide onderneming"), die ·private onderneming" g~noem

    word, is gerig op die behaling van wins. Die primere doel

    van die onderneming is dus die behaling van wins. Om dit te

    kan vermag word verskeie aekondexe doelwitte gestel, wat

    bydra tot die behaling van die primere doel van die onder-

    neming, naamlik die behaling van wins. Verskeie doelwitte,

    byvoorbee1d, bemarkingsdoelwitte , of produksiedoelwitte,

    moet as sekonder tot die beha1ing van wins gesien word.

    Die bestudering van die doelmatigheid van die onderneming om

    gestelde doelwitte te bereik, wat gekoppe1 is aan die wins-

    strewe van die onderneming, word as die kenobjek van die

    Bedryfsekonomie beskou. Die bereiking van doelwitte word

    egter sterk beinvloed deur bes1uite betreffende watter

    goedere en dienste beskikbaar geste1 gaan word aan die

    verbruiker. Daarom word n paar be1angrike terme in hierdieverband bespreek, naamlik:

    Spesia1isasie;

    paralle11isasie;

    differensiasie; en

    integrasie.

    Spesialisasie word deur Van der Sehroeff (1968: 237)

    omskryf as "het zieh riehten van de bedrijfshuishouding op

    een bepaald produkt". n Onderneming spesialiseer duswanneer dit n enke1e produk, diens of groep produkte/dienstevoortbring. In die restourantbedryf is hierdie verskynsel

    baie algemeen, byvoorbeeld spesialisasie in seekos of franse

    cuisine.

    . ..

    17/.. ..

  • In teenstelling met

    - 17 -

    spesialisasie word •parallellisasie

    algemeen in restourante toegepas. Die bedryfsekononoom

    beskou parallellisasie in Van der Sebroeff (1968 : 240) se

    woorde as "de voortbrenging of de distributie van een groep

    van produkte in een bedrijf wordt samengevoegd". Dit wil

    egter blyk asof Van der Sehroeff se definisies oorvleuel,

    naamlik dat hy in beide gevalle praat van ~ groep produkte.

    In hierdie verband moet dit egter gesien word dat daar slegs

    ~ onderskeid tussen parallellisasie en spesialisasie getref

    kan word wanneer die twee begrippe in verwantskap tot mekaar

    beskou word. n Restourant pas dus parallellisasie toe deurtwee tipes seekos te verkoop in plaas van een. n Restourantkan ook parallelliseer deur in plaas daarvan om slegs seekos

    te verkoop, ook sekere vleisgeregte te verkoop.

    om verder die bedryfsekonomiese aard van restourante teverduidelik, word die begrippe differensiasie en integrasie

    bespreek. Deur dit te doen, moet die bedryfskolom van die

    restourantbedryf uitgebeeld word. Die bedryfskolom behels

    die opeenvolgende stadia van bewerking van die produk totdat

    dit die verbruiker bereik. Die restourantbedryf se bedryfs-

    kolom word in tabel 2.1 geillustreer.

    TABEL 2.1

    BEDRYFSKOLOM VAN DIE RESTOURANTBEDRYF

    1. Vervaardiging van voedselprodukte en masJ~nerie.2. Vervoer van produkte en masjinerie na verkoopsmarkte.3. Verkoop van produkte en masjinerie deur die groothandel aan

    die restourantbedryf.4. Voorbereiding, gaarmaak en bediening van voedsel aan

    klante.

    •BRON Aangepas uit Fuller, 1983 : 13-14.

    18/.. ••

  • .- 18 -

    Na aanleiding van Tabel 2.1 word differensiasie en spesiali-

    sasie aandie hand van Van der Schroeff bespreek.

    Vervolgens omskryf Van der Schroeff (1968 : 252) differen-

    siasie as "de verbijzondering naar de deelbewerkingen, die

    het produkt op zijn weg van grondstof tot eindprodukt meet

    ondergaan". Integrasie word omskryf as "twee geledingen van

    de bedrijfskolom, die voordien gescheiden waren, worden

    samengevoegd". Die verskil tussen die terme differensiasie

    en integrasie kom daarop neer dat verskillende stadia van

    bewerking van die produk of geskei of saamgevoeg word. Op

    die oog af kom dit voor of daar slegs drie stadia van

    bewerking is, naamlik:

    (1) Vervaardiging van onbewerkte voedsel;

    (2) die verkoop van onbewerkte voedsel; en

    (3) die voorbereiding, verkoop en verbruik van produkte in

    die restourant.

    So 'n siening is nie heeltemal korrek nie. In werklikheid

    vind 'n hele aantal stadia in die bewerking van die produk

    totdat dit die verbruiker bereik sowel as die verbruik

    daarvan deur die verbruiker, in 'n restourant plaas. Dit kan

    dus met reg gese word dat 'n restourant 'n geintegreerde

    onderneming is wat 'n onverwerkte produk ontvang, dit bewerk,

    bedien en verkoop binne die bestek Van 'n baie kort tydjie

    vandat 'n bestelling geplaas word, totdat die transaksie

    voltooi is.

    om die· restourant derhalwe in bedryfsekonomiese terme tedefinieer vir die doel van hierdie studie word die volgende

    definisie vir 'n restourant saamgestel:

    19/.. •.

  • .- 19 -

    //.. . .~n Restourant is n geintegreerde onderneming

    wat in n openbare gebou , lokaal of p1ek vangehalte I voedsel en drinkgoed voorberei en

    aan k1ante te koop aanbied op die mees

    doelmatige wyse , sodat n behoeftebevredigendeproduk en diens verkoop word I . met die rig-

    tinggewende ondernemingsdoe1 om wins te

    behaal.~

    2.3 KLASSIFIKASIE VAN RESTOURANTE

    n Klassifikasie van restourante word onderneem om n duide-like beeld te skep van die wye verskeidenheid ondernemings

    wat as restourante kwalifiseer ingevolge die definisie in

    paragraaf 2.2.3. In hoofsaak word daar slegs twee klassifi-

    kasies gedoen I naamlik formele en infomele restourante.

    Formele restourante is restourante wat n hoekwaliteitproduk ,

    -diens en -versiering teen n hoe prys aanbied , terwyl infor-mele restourante n relatief laekwaliteitproduk I -diens en-versiering te koop aanbied.

    2.3.1 FORMELE RESTOURANTE

    Formele restourante kan verdeel word in twee tipes , naamlik

    die wat hoofsaaklik bedags sake doen en die wat hoofsaaklik

    saans sake doen. Daar bestaan wyd uiteenlopende verskille

    tussen die twee tipes restourante.

    Formele restourante wat bedags sake doen, verskaf hoofsaak-

    lik middagetes aan sakemanne en werkers. Hierdie restou-

    rante is naby besigheidsentra gelee en hulle klante het

    meestal beperkte tyd tot beskikking vir n e~e. Dit genood-saak vinnige en effektiewe diens.

    20/.. ..

  • 2.3.2

    . - 20 -

    Formele restourante wat saans sake doen, is hoofsaaklik

    gerig op die verskaffing van vermaak. Hierdie restourante

    bied voedsel, drank, diens en versiering van n hoe gehalteaanmet bykomende dienste, byvoorbeeld n dansbaan met orkes.

    INFORMELE RESTOURANTE

    Informele restourante kan ook in twee tipes verdeel word,

    soortgelyk aan formele restourante, naamlik die wat bedags

    sake doen en die wat saans sake doen.

    Informele restourante wat bedags sake doen, bied hoofsaaklik

    ligte etes aan. Die tipes restourante is hoofsaaklik gerig

    op klante wat inkope doen en vir 'n oomblik wil rus en

    hulself verkwik.

    Informele aandrestourante verskaf hoofsaaklik goedkoper

    voedsel, drank, diens en versiering as formele aandrestou-

    rante. Die algemeenste vorm hiervan is die talle braaires-

    tourante (steakhouses) wat hedendaags in stede aangetref

    word.

    Uit die klassifikasie word axgelei dat daar verskeie restou-

    rante binne ·die spektrum van die studie val wat normaalweg

    nie as 'n restourant beskou sal word nie vanwee die kafee-

    agtige aard van hierdie restourante. 'n Voorbeeld hiervan is

    die baie bekende Juicy Lucy-kettinggroep, asook die Wimpy-

    kettinggroep. Hierdie tipes restourante word dus ingesluit

    in die toepassingsveld van hierdie studie. Gebaseer op

    hierdie klassifikasie is daar egter 'n verdere tipe onderne-

    ming wat as n restourant beskou kan word en wat normaalwegdie "die kafee op die hoek" genoem word. Daar is talle

    1

    kafees wat 'n paar tafels in die gebou zanqskf.k en voorbe-

    reide voedsel bedien, en wat per se ook as 'n restourant

    beskou kan word. Hier is die uitgangspunt van die studie

    21/.. ..

  • - 21 -

    dat hierdie aktiwiteite wat in kafees plaasvind, sekonder is

    tot die globale aktiwiteite of dienste wat n kafee aanbied.Daarom word kafees vir die doel van hierdie studie nie as

    restourante geklassifiseer nie.

    Om die verskil tussen kafees en restourante nog duideliker

    uit te wys, word verwys na die omskrywings volgens Bylael

    van die Ordonnansie op Lisensies :

    "ITEM 20 KAFEEHOUER

    (1) (a) Aansoekgeld •••••••••••••• RIO

    (b) Lisensiegeld R50 per jaar

    (2) Hierdie lisensie word vereis van iemand wat

    besigheid dryf deur maaltye of verversings

    vir verbruik op of weg van die besigheids-

    perseel te verkoop of te verskaf.

    (3) n Houer van hierdie lisensie kan daarkrag-

    tens ook die volgende goedere vir verbruik

    op of weg van die besigheidsperseel verkoop

    of verskaf:

    (a) vars vrugte, vars groente, blomme of

    plante;

    (b) brood, beskuit, koek, rolletjies, tert,

    pastei of ander meelgebak wat nie deur

    homself gebak of gemaak is nie;

    (e) gaar vleis, met inbegrip van gaar

    pluimvee, of gaar vis, biltong, polo-

    nie, wors, spek, eiers, botter, kaas,

    heuning, yslekkers of roomys;

    (d) melk, enige melkprodukte of saamge-

    stelde suiwelproduk, soos in paragraaf,(4) van Item 24 omskryf, in houers

    waarin dit verskaf is deur n houer vann lisensie in Item 24, 25 of 26 genoem;

    22/.. ••

  • - 22 -

    (NOTA :

    Item 24 = MelkeryItem 25 = MelkplaasItem 26 = Melkwinkel)

    (e) lekkers, suikergoed, neute, droe

    vrugte, glasuur- of suikervrugte,

    beskuitjies, ertappelskyfies of banket-

    ware;

    (f) tabak in enige vorm en vuurhoutjies;

    (g) nuusblaaie, tydskrifte, poskaarte,

    sagtebandboeke en pad- , straat- en

    toeristekaarte; .

    (h) spuit- of mineraalwater, verfrissende

    drank, stroop of ander drank van 'n

    derglike aard; en

    (L) rou vis of pluimvee wat in 'n bevrore,

    klaarverpakte of toegedraaide of

    .geprosesseerde vorm ontvang is van 'n

    houer van 'n lisensie in Item 41 of 52

    genoem, of van 'n produsent.

    (NOTA:

    Item 41 = SlagterItem 52 = Voedselvervaardiger)"

    ~'ITEM 38 RESTOURANTHOUER

    (1) (a) Aansoekgeld •••••••• RIO

    (b) Lisensiegeld ••••••• R30 per jaar

    (2) Hierdie lisensie word vereis van iemand

    wat besigheid dryf deur in of vanaf 'n

    gebou of struktuur wat nie beweegbaar..is nie, maaltye of verversings vir

    verbruik op die besigheidsperseel te.

    verkoop of te verskaf.

    23/.. ..

  • - 23 -

    (3) 'n Houer van hierdie lisensie kan

    daarkragtens ook tabak in enige vorm,

    vuurhoutjies, spuit- of mineraalwater,

    verfrissende drank, stroop of ander

    drank van 'n derglike aard vir gebruik

    op of weg van die besigheidsperseel

    verkoop of verskaf.

    Vrystelling

    Iemand wat in 'n privaatwoning een of meer

    maaltye per dag verkoop of verskaf aan nie

    meer as 4 persone nie."

    (Ordonnansie op lisensies

    wing 773 van 1974.)

    Administrateurskennisge-

    Items 20 en 38 toon aan dat kafees 'n wye reeks produkte te

    koop aanbied en dat, in teenstelling met zestouzarrte , die

    verskaffing van voorbereide voedsel en drinkgoed subjektief

    is tot die globale reeks produkte en dienste wat deur 'n

    kafee verskaf word.

    2.4 DIE KEUSE VAN 'N GESKIKTE ONDERNEMINGSVORM

    Ter wille van die omvattenheid van die studie, word kortliks

    na enkele moontlike ondernemingsvorme verwys, soos dit in

    suid-Afrika aangetref word. Die doel is nie om 'n volledige

    beeld te gee van hierdie ondernemingsvorme nie, maar slegs

    oorsigtelik soos dit op restourante van toepassing is. Oor

    hierdie onderwerp is alreeds baie geskrywe. As gevolg van

    die bedryfsekonomiese problematiek wat in hierdie studie na'"vore tree, is dit egter noodsaaklik om na hierdie onderne-

    mingsvorme te verwys.

    24/.. ••

  • 2.4.1

    2.4.2

    . - 24 -

    DIE BELANGRIKHEID VAN DIE ONDERNEMINGSVORM

    Gedagtig aan die doelmatigheidstrewe wat 'n rigtinggewende

    kenmerk van die onderneming is, vorm die keuse van 'n geskik-

    te ondernemingsvorm 'n belangrike onderdeel van die oprigting

    van 'n onderneming. Die ondernemingsvorm verwys na die

    juridiese reeling/ordening waarbinnedie restourant as

    onderneming sake doen. Hoewel die ondernemingsvorm wel

    lateraan verander kan word, kan die keuse van 'n ondoeltref-

    fende ondernemingsvorm die doelmatigheid van 'n restourant

    aan bande le, soos wel na vore sal kom in die opvolgende

    bespreking.

    BELANGRIKSTE KRlTERIA VIR DIE KEUSE VAN 'N ONDERNEMINGSVORM

    Die bespreking van die keuse van 'n geskikte_ondernemingsvorm

    vir restourante word slegs aan die hand van die belangrikste

    kriteria bespreek. Hoewel daar dus veel meer kriteria

    gebruik kan word, word die volgende vir die doel van die

    studie gebruik:

    Die regspersoonlikheid van die onderneming.

    Die aanspreeklikheid van die eienaar(s) met betrekking

    tot verantwoording van verliese en eise teen die

    onderneming.

    Die mate waartoe die eienaar (s) seggenskap en beheer

    het oor die aktiwiteite van die onderneming, die

    aanwending van bates en die verdeling van winste.

    Die vaardighede van die eienaar(s) met spesifieke

    verwysing na bestuurspotensiaal en kennis nodigin die

    restourantbedryf.

    Die moontlikheid om tydens oprigting sowel as tydens..latere uitbreiding van die onderneming finansiering te

    bekom.

    25/.. •.

  • 2.4.3

    .- 25 -

    Die moontlikheid van verandering van eienaarskap, dit

    wil se die mate waartoe een eienaar sy aandeel in die

    onderneming aan n ander persoon kan oordra.Wetlike aspekte verbonde aan verskillende ondernemings-

    vorme, wat die formaliteite behels tydens totstandko-

    ming en ontbinding van die ondeznemi.nq en die koste

    daaraan verbonde.

    Die invloed van die ondernemingsvorm op die betaalbare

    belasting.

    Die kontinuiteit van die onderneming.

    BESTAANDE ONDERNEMINGSVORME IN SUlD-AFRIKA

    Daar bestaan n wye reeks van ondernemingsvorme in Suid-Afrika. Dit sluit die volgende in:

    Die eenmansaak;

    die vennootskap;

    die maatskappy;

    die beslote korporasie; en

    die kooperasie.

    Vir n bespreking in meer besonderhede kan die volgendebronne geraadpleeg word: Brits & Reese, 1978 37-44;

    Macleod, 1983 : 159-187; Marx, 1983 : 39-45; Miller et al.,

    1978 : 15-25; Reynders & Maasdorp, 1980 : 169-190.

    Bogenoemde

    bespreek.

    ondernemingsvorme word vervolgens kortliks

    DIE EENMANSAAK

    "Die eenmansaak geniet geen regspersoonlikheid nie en dieeienaar dra dus aIle aanspreeklikheid vir skuIde en eise wat

    teen die onderneming ingestel kan word. Die eienaar beskik

    26/.. ..

  • - 26 -

    egter ten volle oor seggenskap en beheer betreffende be-

    sluitneming, aanwending van bates en verdeling van winste.

    Die eienaar moet die bestuur van die hele onderneming

    behartig. Indien die eienaar nie oor die nodige vaardighede

    beskik nie, moet hy van huurarbeid gebruik maak, wat nie

    altyd beskikbaar is nie. Dit is ook moeilik vir n eenman-saak om in die arbeidsmark mee te ding teen groter onderne-

    mings. Die verkryging vankapitaal is baie beperk. Die

    eienaar is meestal op homself aangewese vir die voorsiening

    daarvan.

    Die verandering van eienaarskap by eenmansake is baie

    eenvoudig, aangesien die eienaar op enige tydstip sy onder-

    neming kan ontbind. Die eenmansaak vereis weinig wetlike

    formaliteite. Dit moet egter in gedagte gehou word dat die

    winste van die ondernemingsvorm as die persoonlike inkomste

    van die eienaar geag word, waarop daar persoonlike belasting

    betaalbaar is. Die kontinuiteit van die eenmansaak is

    regstreeks afhanklik van die eienaar. Dit beteken dat die

    onderneming ontbind indien die eienaar hom daarvan onttrek.

    Die gevolgtrekking wat uit bostaande gemaak word, is dat die

    eenmansaak en die eienaar daarvan in n baie noue verbonden-heid tot mekaar staan. Die weI en wee van die een beinvIoed

    die weI en wee van die andere

    Die eenvoudvan die eenmansaak maak dit as n ondernemings-vorm baie gewild onder entrepreneurs en so ook restoura-

    teurs. Die doelmatigheidstrewe word dikwels agterwee gelaat

    vanwee die velerlei tekortkominge wat inherent is aan

    hierdie ondernemingsvorm. HoeweI die eenmansaak as ngeskikte ondernemingsvorm vir die restourant gebruik kan

    1

    27/.. ..

  • 2.4.5

    .- 27 -

    word, moet die voornemende restourateur versigtige oorweging

    skenk aan die beperkinge hierbo genoem voordat dit as

    ondernemingsvorm aangewend word~

    DIE VENNOOTSKAP

    Die vennootskap is n ondernemingsvorm wat bestaan uitminstens twee en hoogstens vyftig mede-eienaars wat vennote

    genoem word. Die ondernemd.nqevorm . verskil weinig van die

    eenmansaak en baie van die se voor- en nadele geld ook vir nvennootskap.

    Die vennootskap besit geen regspersoonlikheid nie. Die

    aanspreeklikheid word gesamentlik deur vennote gedra.

    Hieruit voortvloeiend word die seggenskap en beheer van die

    onderneming ook verdeel tussen vennote. Vennote neem

    gesamentlik besluite betreffende die bedryf van die onder-

    neming, aanwending van bates en verdeling van winste. Weens

    die feit dat daar meer as een eienaar is, kan die verkryging

    van kapitaa! aansienlik vergemaklik en bestuursfunksies

    versprei word tussen vennote.

    Die verandering van eienaarskap in vennootskappe is aansien-

    lik ingewikkelder as by eenmansake, aangesien die hele

    onderneming waardeer en ontbind moet word, om sodoende 'n

    vennoot se belang in die onderneming te bepaal.

    Net soos by die eenmansaak bestaan daar weinig wetlike

    formaliteite waaraan die vennootskap moet voldoen. Vanwee

    die feit dat n vennootskap nie n regspersoonlikheid besitnie, word winste as inkomste van die vennote geag, waarop

    persoonlike belasting betaal moet word.

    28/.. ..

  • 2.4.6

    - 28 -

    Die kontinuiteit van die vennootskap is, net soos die een-

    mansaak, in 'n noue verbondenheid met die eienaars. Hoewel 'n

    mede-eienaar steeds met die onderneming kanvoortgaan moet,

    soos reeds verduidelik, die onderneming eers waardeer en

    ontbind word, om 'n uittredende vennoot se belang in die

    onderneming te bepaal.

    Die vennootskap is, net soosdie eenmansaak, 'n gewilde keuse

    as ondernemingsvorm by entrepreneurs vanwee die eenvoud

    daarvan tydens oprigting van 'n onderneming. Dit hou ook die

    voordeel in dat bestuursfunksies verdeel, en finansiering

    vergemaklik kan word afhangende van die bydraes en vaardig-

    hede van vennote. Dit kan daartoe bydra dat die doelmatig-

    heid wat hierdie ondernemingsvorm meebring, hoer is "as by

    die eenmansaak. Die voornemende restourateur moet egter,

    alvorens hierdie ondernemingsvorm gekies word, ook deeglik

    besin oor die voor- en nadele wat sodanige ondernemingvorm

    teweegbring.

    DIE MAATSKAPPY

    Die maatskappy is 'n ondernemingsvorm wat bedryf word ooreen-

    komstig die Maatskappywet (Wet 61 van 1973, soos gewysig).

    Kragtens hierdie wet bestaan daar drie soorte maatskappye

    naamlik:

    'n Onbeperkte maatskappy;

    'n maatskappy beperk deur garansie; en

    'n maatskappy met aandelekapitaal.

    Onbeperkte maatskappye kan tans nie meer geregistreer word

    nie, en is derhalwe nie van belang vir hierdie studie nie.'"Aangesien daar wel nog van hierdie maatskappye bestaan, maak

    die Maatskappywet nag steeds voorsiening vir hierdie tipe

    ondernemingsvorm.

    29/••••

  • - 29 -

    Maatskappye beperk deur garansie beskik nie cor aandelekapi-

    taal nie. By hierdie maatskappye bestaan daar nie n wins-oogmerk nie, en dit word gebruik as ondernemingsvorm vir

    verenigings met die hoofdoelstelling om godsdiens, kuns,

    wetenskap, onderwys, liefdadigheid, cntspanning, bedrywig-

    heid of gemeenskaps- of groepbel~nge te bevorder. Die

    afwesigheid van die winsoogmerk maak hioerdie ondernemings-

    vorm ongeskik vir n restourant en gevolglik val dit buitedie bestek van hierdie studie.

    Vervolgens word maatskappye met aandelekapitaal verder

    bespreek. Die Maatskappywet maak voorsiening vir twee vorme

    van maatskappye met aandelekapitaal, naamlik:

    n Publieke (of openbare) maatskappYi en

    n private (of geslote) maatskappy.

    Die vernaamste okenmerke van die twee ondernemingsvorme word

    in tabel 2.2 uiteengesit.

    n Maatskappy geniet regspersoonlikheid wat beteken dat eie-naars (aandeelhouers) nie aanspreeklik gehou kan word vir

    skulde en eise teen die maatskappy nie. Hieruit voortvloei-

    end word die aanspreeklikheid van eienaars beperk tot die

    bedrag wat in aandelekapitaal bele is, behalwe in die geval

    wanneer aandele nie ten volle opbetaal is nie, in welke

    geval die aandeelhouer aanspreeklik is vir die onopbetaalde

    gedeelte van aandele.

    Seggenskap en beheer berus by die eienaars van die maatskap-

    py, naamlik die aandeelhouers. In die geval van die private

    maatskappy geskied beheer meestal deur middel van onderlinge"1

    reelings tussen aandeelhouers. In die geval van publieke

    maatskappye beskou die aandeelhouer meestal die maatskappy

    as n beleggingsmedium. Hoewel die aandeelhouer deur middel

    301.. ••

  • - 30 -

    van sy stemkrag beheer kan uitoefen oor die maatskappy,vind

    dit nie in die praktyk p1aas nie. Seggenskap en beheer

    berus gevo1g1ik by n gekose direksie.

    TABEL 2.2

    KENMERKE VAN PRIVATE- EN PUBLIEKE MAATSKAPPYE

    KENMERKE PRIVATE MAATSKAPPY PUBLIEKE MAAT-SKAPPY

    1- Aanta1 1ede 1. Een tot vyftig 1- Onbeperk tot enmet gemagtigdeaanta1 aande1emet n minimumvan sewe

    2. Verkoop van 2. Ontoe1aatbaar 2. Toe1aatbaaraande1e aanpub1iek

    3. Verandering 3. Beperk 3. Vry1ik oor-in eienaar- draagbaarskap

    4. Naam 4. Moet die 4. Moet die woordwoorde Eien- Beperk ins1uitdoms Beperkins1uit

    5. Doe1 5. Behaling van 5. Beha1ing vanwins wins

    6. Wet1ike voor- 6. Minder as die 6. Hee1wat wet1ikeskrifte.en van n pub1ieke voorskrifte enbeperkings maatskappy beperkings

    BRON MAATSKAPPYWET, artike1s 48 en 49.

    Dit is nonnaa1weg hee1wat mak1iker vir maatskappye om 'n

    tekort aan bestuursvaardighede aan te vu1 aangesien npersoon/persone n aandee1 in n onderneming aangebied kanword met beperkte aanspreek1ikheid, wat nie die geva1 is met

    eenmansake en vennootskappe nie. ,

    Maatskappye het baie goeie toegang tot kapitaalmarkte en is

    in n baie gunstiger posisie om kapitaa1 te bekom as eenman-sake of vennootskappe. Vanwee beperkte aanspreek1ikheid

    31/••

  • - 31 -

    (kyk tabel 2.2) en regspersoonlikheid van maatskappye, is

    beleggers meer bereid om fondse in hierdie ondernemingsvorme

    te bela.

    Wat verandering in eienaarskap betref is aandele (dus eie-

    naarskap) van publieke maatskappye vryelik oordraagbaar. In

    die geval van die private maatskappy geskied die verkoop van

    aandele gewoonlik slegs met die goedkeuring van die direk-

    sie.

    Die maatskappy as ondernemingsvorm is onderworpe aan heelwat

    wetlike voorskrifte. Eerstens moet voldoen word aan voor-

    skrifte ten opsigte van die oprigting en registrasie van die

    maatskappy by die Registrateur van Maatskappye. Tweedens

    bestaan daar voorskrifte betreffende boekhouding, rekords en

    finansiEHe verslae. Derdens bestaan daar voorskrifte ten

    opsigte van die regte, pligte en bevoegdhede van direkteure

    en ampsdraers .van die maatskappye. Daar. bestaan vierdens

    ook voorskrifte betreffende oordrag van aandele.

    Die belastingaanspreeklikheid van maatskappye berus by die

    maatskappy self. Aandeelhouers word egter belas op divi-

    dende wat aan hulle uitbetaal word. In werklikheid kan dit

    beskou word as die betaling van dubbele belasting. Maat-

    skappye is onderworpe aan maatskappybelasting op winste,

    terwyl dividende wat, nadat belasting op winste van die

    maatskappy betaal is en aan aandeelhouers uitbetaal word, in

    die hande van aandeelhouers belasbaar is.

    Die kontinuiteit van maatskappye is onbeperk aangesien

    aandele en dus eienaarskap oordraagbaar is. Wanneer naandeelhouer dus aan die onderneming onttrek vanwea een of..ander rede, korn die voortbestaan van die onderneming nie in

    gedrang nie.

    32/.. .•

  • 2.4.7

    - 32 ...

    Hoewel 'n restourant beide die publieke sowel as private

    maatskappy as ondernemingsvorm kan aanneem, is die private

    maatskappy 'n meer aangewese keuse vir 'n restourant. Die

    private maatskappy is veel soepeler en bevat veel minder

    administrasie as die publieke maatskappy, wat meestal

    aangewend word in die geval van ondexnemanqs groter as 'n

    restourant. Publike maatskappye word meestal as onderne-

    mingsvorme gebruik om groot projekte waar groot hoeveelhede

    kapitaal betrokke is, te finansier, veral vanwee vrylike

    oordraagbaarheid en onbeperkte aantal aandele.

    Vanwee die regspersoonlikheid, beperkte aanspreeklikheid,

    gemaklike toegang tot kapitaalmarkte en die verspreiding van

    bestuursfunksies tussen aandeelhouers, dra die private

    maatskappy veel meer by tot die doelmatigheidstrewe in 'n

    onderneming soos 'n restourant as die eenmansaak of vennoot-

    skap.

    DIE BESLOTE KORPORASIE

    Vanwee die heftige kritiek wat die gedetailleerde statutere

    vereistes van die Maatskappywet ontlok het, het die Vaste

    Advieskomitee oor Maatskappyereg 'n nuwe regsvorm vir klein

    sakeondernemings voorgestel.

    Die nuwe ondernemingsvorm word 'n beslote korporasie genoem,

    en het op 1 Januarie 1985 in werking getree. Die bepalings

    vir die tipe onderneming word vervat in die Wet op Beslote

    Korporasies, Wet 69 van 1984. Die beslote korporasie is

    ontwerp om as nuwe regsvorm vir kleiner sakeondernemings te

    dien. Administratief is dit goedkoper en eenvoudiger as 'n

    maatskappy om te bedryf.

    Een of meer persone, maar hoogstens tien kan 'n beslote

    korporasie oprig. Die beslote korporasie is 'n regspersoon

    33/.. ..

  • - 33 -

    ingevolge artikel 2 (2) van die Wet. Die lede (dus die

    eienaars) is ook nie bloot uit hoofde van lidmaatskap

    aanspreeklik vir die laste en verpligtinge van die kozpo-'

    rasie nie. (Wet op Beslote Korporasies : artikel 2(3).)

    Die seggenskap en beheer in die beslotekorporasie berus

    ingevolge artikel 44 van die Wet by die lede. Elke lid het

    'n keuse tot deelname in die korporasie. Om die interne

    verhoudings van die lede in die korporasie te reel, word 'n

    samewerkingsooreenkoms opgestel.

    Lede van 'n beslote korporasie moet 'n bydrae lewer tot die

    onderneming, hetsy geldelik, eiendomsgewys of in die vorm

    van dienste. (Wet op Beslote Korporasies artikel 24.)

    Hierdie bepaling vergemaklik die verkryging van kapitaal vir

    die beslote korporasie. Dit kan ook die bestuurstaak van

    die restourant vergemaklik aangesien 'n persoon met die

    nodige vaardighede 'n lid van die beslote korporasie kan word

    deur 'n bydrae tot die onderneming in die vorm van dienste te

    lewer. vanwee die beperkte aanspreeklikheid sal beleggers

    meer bereid wees om kapitaal in die beslote korporasie te

    bele as wat byvoorbeeld die geval is met die eenmansaak of

    vennootskap.

    Hoewel die Wet nie duidelik is omtrent die verandering van

    eienaarskap nie, kan afgelei word dat oordrag van eienaar-

    skap nie maklik is nie. Ledebelang kan slegs verkoop word

    soos bepaal in 'n samewerkingsooreenkoms, of deur goedkeuring

    van aIle lede van die korporasie, soos uiteengesit in

    artikel 37 van die Wet.

    Beslote korporasies is aan weinig wetlike formaliteite1

    onderworpe. Die Wet bepaal slegs enkele vereistes waaraan

    voldoen moet word tydens oprigting asook die voorlegging van

    34/.. ..

  • 2.4.8

    - 34 -

    finansiele state. Dit is belangrik om daarop te let dat die

    uitkeer van ledebelange (winste) nie belasbaar is in die

    hande van lede nie. (Belasting is slegs deur die beslote

    korporasie betaalbaar op winste.)

    Die kontinuiteit van beslote korporasies is onbeperk aange-

    sien ledebelang oordraagbaar is. Die ondeznemi.nq hoef dus

    nie noodwendig te ontbind wanneer n lid sy deelname aan dieonderneming wil beeindig nie.

    Alhoewel die beslote korporasie n nuwe ondernemingsvorm inSuid-Afrika is, en vele praktiese probleme in die toekoms

    nog sal opduik en uitgestryk sal moet word, kom die beslote

    korporasie voor as n uiters geskikte ondernemingsvorm virklein sakeondernemings. Dit dra grootliks by tot die

    doelmatigheid van n onderneming soos n restourant, inteenstelling met die ondernemingsvorme wat reeds bespreek

    is. Die voornemende restourateur moet hierdie ondernemings-

    vorm dus gunstig oorweeg vir sy restourant.

    DIE KOoPERASIE

    Die kooperasie is vanwee die groot ins lag van die landbou in

    Suid-Afrika, .nie 'n onbekende begrip nie. Vanwee ooglopende

    redes is die landbouk05perasie nie geskik as ondernemings-

    vorm vir 'n restourant nie. Die Wet op Kooperatiewe Vereni-

    gings van 1939 soos gewysig, maak egter ook voorsiening vir

    verbruikerskooperasies (of handelsverenigings).

    Die doel van die verbruikerskooperasie is ingevolge artikel

    15 van die Wet om goedere so goedkoop moontlik aan lede te

    verskaf. Di t word enersyds bereik deur goedere te verkoop..teen pryse wat nouliks die koste daarvan dek, of andersyds

    deur goedere teen n baie mededingende prys te verskaf. Daar

    35/.•••

  • - 35 -

    word twee tipes verbruikerskooperasies in Suid-Afrika

    aangetref, naamlik die wat slegs met lede sake doen (geslote

    kooperasie) en die wat tot vyftig persent sake doen met

    nie-lede (ope kooperasies).

    Kooperasies geniet regspersoonlikheid, en die lede daarvan

    beperkte aanspreeklikheid. Die seggenskap en beheer van

    lede word volgens wet neergele. Hiervolgens word n direksieuit lede verkies, wat die lede verteenwoordig. Die direksie

    stel n bestuur saam wat die daaglikse bedryf van die kaope-rasie waarneem. Kaoperasies ondervind besondere bestuurs-

    probleme aangesien lede dikwels self die bestuur behartig.

    Hierdie lede is gewoonlik ongeskoold in bestuurswese aange-

    sien hulle hoofsaaklik produsente is. (Kleiner kaoperasies

    kan vanwee kapitaaltekorte dikweIs nie die nodige arbeid

    huur nie, maar groter kaoperasies ondervind nie hierdie

    probleem nie.)

    Kooperatiewe aandele (dus eienaarskap) is nie vrylik ver-

    handelbaar nie, met die gevolg dat 'n kooperasie, vanuit nbelegingsoogpunt, onaantreklik is. Daar is ook 'n onvermoe

    van die kooperasie om kapitaal by lede te bekom, wat die

    finansiering van die kooperasie verder bemoelik.

    Verbruikerskooperasies is aan heelwat wetlike formaliteite

    onderworpe tydens oprigting sowel as tydens die bedryf van

    die onderneming. Vanwee die kooperatiewe aard van hierdie

    ondernemingsvorm en die gebrek aan die winsmotief, het

    ko5perasies tot in 1977 geen belasting betaal nie. Vanwee

    handelbedryf met die publiek, is hierdie bepaling'g~wysig en

    is kooperasies tans onderhewig aan die betaling van belas-

    ting.

    36/.. ••

  • 2.4.9

    - 36 -

    Die kontinuiteit van die kooperasie is onbepaald. Nuwe lede

    kan daarby aansluit en huidige lede kan hulle lidmaatskap

    verbreek. Daar bestaan egter vir verbruikerskooperasies 'n

    minimum ledetal van 25. (Wet op Kooperatiewe Verenigings,

    soos gewysig, artikel4(d).) Indien die ledetal dus onder

    25 daal, moet die kooperasie ontbind word.

    uit 'n bedryfsekonomiese oagpunt gesien, hou die verbruikers-

    kooperasie heelwat probleme in as ondernemingsvorm vir 'n

    restourant. Die onvermoe om finansiering te bekom, blyk die

    grootste probleem van die verbruikerskooperasie te wees.

    Dit sal oak moeilik wees (indien nie onmoontlik nie) om 25

    lede te bekom, wat by so 'n onderneming('n restourant) sal

    aansluit. Klein verbruikerskooperasies ondervind ook

    besondere bestuursprobleme. Vir hierdie studie word die

    verbruikerskooperasie ongeskik geag as ondernemingsvorm vir

    'n restourant.

    AFLEIDING

    Hoewel die eenmansaak en vennootskap gewilde ondernemings-

    vorme is, oenskynlik vanwee hul eenvoud, Ie hierdie onder-nemingsvorme die doelmatigheidstrewe grootliks aan bande

    vanwee finansierings-, bestuurs- en ander probleme, soos

    hierbo aangedui. In teenstelling hiermee, word die maat-

    skappy, (in besonder die private maatskappy), en die beslote

    korporasie beskou as ondernemingsvorme wat grootliks kan

    bydra tot die doelmatigheidstrewe van 'n restourant. Die

    maatskappy word egter deur wetlike vereistes 'n baie inge-

    wikkelde ondernemingsvorm gemaak wat betref die oprigting en

    ander administratiewe rompslomp. Daarenteen is wetlike

    vereistes by die beslote korporasie tot 'n groat mate beperk.1

    Die beslote korporasie is 'n ondernemingsvorm wat spesiaal

    37/.. ..

  • - 37 -

    ontwerp is vir die klein sakeonderneming. Die slotsom

    waartoe gekom word, is dat uit n bedryfsekonomiese oogpuntgesien, die beslote korporasie die mees aangewese onderne-

    mingsvorm vir n restourant is.

    2.5 DIE GEBRUIK VAN 'N OKTROOIAGENTSKAP

    Oktrooiagentskap verwys na die bekende Engelse term "fran-

    chise". Die oktrooiagentskap ontstaan wanneer n agentskap-gewer aan n onafhanklike sakeman die reg verkoop om dieagentskapgewer (franchisor) se produk, diens of idee te

    bemark. Die agentskapnemer (franchisee) koop oak die reg om

    die produksiemetodes en bemarkingsprosedure wat vir die

    agentskapgewer suksesvol blyk te wees, te gebruik.

    _ Vir n voornemende restourateur kan so n agentskap voordeligwees, mits die agentskapgewer voorwaardes soos opleiding-,

    advies- en reklamedienste kan nakom. Hierdie dienste is

    veral voordelig vir n onervare restourateur om ondervindingen kennis op te doen. Die restourantbedryf in Suid-Afrika

    beskik oor n wye reeks oktrooiagentskappe. Die bekendstesis die Wimpy-, Mike's Kitchen- en Spur-groepe.

    Die voornemeride restourateur moet, alvorens hy n agentskaps-reg koop, die agentskapgewer evalueer in terme van oplei-

    ding- , opvolg- en reklamedienste, sowel as die sukses- en

    winsmoontlikhede daarvan. Aangesien die koop van 'n

    aktrooiagentskap geen invloed het op die beplanning van nrestourant se oprigting word hierdie saak nie bespreek in

    meer besonderhede nie. Vir verdere inligting oor oktrooi-

    agentskappe, (aard, werking en kundige advies), kan die

    Suid-Afrikaanse Oktrooiagentskapsvereniging geraadpleeg1

    word.

    38/.. ..

  • - 38 -

    2.6 OORSIG

    In hoofstuk 2 is n definisie vir restourante saamgestel deurdie sienings van die taalkundige, die wetgewer en bedryfs-

    ekonoom saam te vat en as n bedryfsekonomiese definisie weerte gee. Die definisie lui soos volg :

    "n Restourant is n geintegreerde oridernemingwat in n openbare gebou, lokaal of plek vangehalte, voedsel en drinkgoed aan klante te

    koop aanbied op die mees doelmatige wyse,

    sodat n behoeftebevredigende produk en diensverkoop word, met die rigtinggewende onderne-

    mingsdoel om wins te behaal".

    om hierdie definisie in n praktiese geheel uit te beeld, isn klassifikasie van restourante gedoen. Hiervolgens wordsekere tipes ondernemings (byvoorbeeld die Wimpy-ketting-

    groep) ingesluit as restourante en andere (byvoorbeeld die

    kafee) uitgesluit as restourante.

    Verder is die moontlike ondernemingsvorme bespreek wat nrestourant in suid-Afrika kan aanneem. Hierdie bespreking

    is gedoen ter wille van die volledigheid van die studie, en

    is derhalwe slegs kortliks gedoen. Die gevolgtrekking

    waartoe gekom word, is dat daar vier ondernemingsvorme is

    wat die restourant kan aanneem, naamlik die eenmansaak,

    vennootskap, private maatskappy en beslote korporasie. Die

    kooperasie word ongeskik geag as ondernemingsvorm vir 'n

    restourant, vanwee velerlei beperkinge wat dit op die

    doelmatigheid van die onderneming plaas. Hiermee word nie

    geimpliseer dat ander ondernemingsvorme geen beperking plaas

    op die doelmatigheid nie, maardit wel in n mindere mate~

    beperk. Uit die moontlike ondernemingsvorme wat wel geskik

    is vir n restourant word die beslote korporasie as die meesaangewese beskou.

    39/.. ..

  • - 39 -

    HOOFSTUK 3

    DIE RESTOURATEUR - 'N MENS EN TAAKOMSKRYWING

    INHOUDSOPGAAF

    BLADSY

    3.1

    3.2

    3.3

    3.4

    3.5

    INLEIDING

    DIE RESTOURATEUR AS ENTREPRENEUR

    'N MENSOMSKRYWING

    3.2.1 DIE WESE VAN DIE ENTREPRENEUR

    3.2.2 DIE ELEMENTE VAN ENTREPRENEURSKAP

    3.2.3 SIELKUNDIGE KENMERKE VAN ENTREPRENEURS

    DIE RESTOURATEUR AS BESTUURDER :

    'N TAAKOMSKRYWING

    3.3.1 DIE FUNKSIE VAN BEDRYFSLEIDING

    3.3.2 DIE AANKOOPFUNKSIE

    3.3.3 DIE ADMINISTRATIEWE FUNKSIE

    3.3.4 DIE PERSONEELFUNKSIE

    3.3.5 DIE FUNKSIE VAN EKSTERNE BETREKKINGE

    3.3.6 DIE BEMARKINGSFUNKSIE

    3.3.7 DIE TEGNIESE FUNKSIE

    3.3.8 DIE FINANSleLE FUNKSIE

    DIE RESTOURATEUR ENTREPRENEUR EN BESTUURDER

    3.4.1 RESTOURANTKENNIS

    3.4.2 VERMOe OM DETAIL TOE TE PAS

    3.4.3 KLANTORleNTASIE

    3.4.4 MOTlVERING EN LEIDING VAN PERSONEEL

    OORSIG

    40

    40

    40

    41

    41

    43

    45

    48

    49

    50

    51

    52

    53

    53

    54

    55

    56

    56

    56

    56

    40/.. ••

  • .- 40 -

    HOOFSTUK 3

    DIE RESTOURATEUR - 'n MENS EN TAAKOMSKRYWING.

    3.1 INLEIDING

    Daar bestaan vier produksiefaktore in enige onderneming,

    naamlik kapitaal, arbeid, grondstowwe en ondernemingsqees.

    Die ondernemingsgees is die faktor wat al die ander elemente

    saambring en sodoende die onderneming tot stand bring. Dit

    kan dus met req gese word dat onderneminqsqees die lewege-

    wende produksiefaktor in 'n onderneminq is.

    Die ondernemingsgees in 'n restourant vind qestalte in die

    restourateur, wat twee rolle moet vervul, naamlik die van

    entrepreneur en bestuurder. Elke rol word in hierdie

    hoofstuk bespreek as 'n noodsaaklike vereiste vir die sukses-

    volle bedryf van 'n restourant.

    ~3.2 DIE RESTOURATEUR AS ENTREPRENEUR 'n MENSOMSKRYWING

    Die woord entrepreneur is afgelei van die Franse woord

    "entrependre" wat beteken "om inisiatief te neem". Dit gaan

    hier in die besonder om ondernemende qedraq wat tot uiting

    kom in ekonomiese aktiwiteite. Die entrepreneur kan dus met

    reg omskryf word as die ondernemer. Die entrepreneur is die

    persoon wat 'n onderneminq beqin (inisieer), organiseer en

    bestuur en die risiko's aanvaar wat hiermee gepaard gaan.

    3.2.1 DIE WESE VAN DIE ENTREPRENEUR

    Volgens Hodgetts (1982 : 43) hang die sukses van 'n entrepre-

    neur as kleinsakeman af van die mate waarin hy die eien-

    skappe wat hiervoor vereis word, kan g1!bruik. Di t is

    naamlik tegniese bekwaamheid, hoe verstande1ike vermoeris ,

    interpersoonlike verhoudings, hoe motiveringsdrang tot

    sukses en skeppende vermoe.

    41/••••

  • 3.2.2

    .- 41 -

    Broom & Longenecker (1966 : 109) het sekere eienskappe van

    die entrepreneur uitgesonder wat hom onderskei van die

    professionele bestuurder, naamlik:

    'n Onversadigbare drang om iets tot stand te bring.

    Hiervbor word besondere deursettingsvermoe vereis en

    ambisie, aggressiewe inisiatief en 'n behoefte na finan-•

    siele vooruitgang is belangrike karaktereienskappe.

    Bereidwilligheid om uitdagings en die risiko's daaraan

    verbonde te aanvaar.

    Gedurige entoesiasme en dryfkrag.

    Uit die bostaande volg die elemente van entrepreneurskap.

    DIE ELEMENTE VAN ENTREPRENEURSKAP

    Die elemente van entrepreneurskap word soos volg saamgevat

    Die dra van risiko;

    investering van kapitaal;

    omskepping van produksiefaktore in produkte;

    beskikkingsmag oar produksie-elemente;

    dryfveer tot ekonomiese vooruitgang;

    neem van inisiatief;

    innoverende en skeppende optrede; en

    leiding in die onderneming.

    (Du Plessis, 1984: 15)

    Bogenoemde elemente is die basis vanwaar 'n onderneming

    bedryf moet word, en word moantlik gemaak deur inherente

    sielkundige kenmerke waaroor 'n entrepreneur beskik.

    42/.. .•

  • 3.2.3

    - 42 -

    SIELKUNDIGE KENMERKE VAN ENTREPRENEURS

    Entrepreneurs beskik oor sekere sielkundige kenmerke wat in

    so n sterk mate in die mens na vore tree dat aksie daaruitvoortvloei. Hierdie kenmerke kan soos volg saamgevat word:

    Prestasiegemotiveerdheid - die begeerte om te presteer

    is groter as die vrees vir mislukking.

    Risiko-aanvaarding - besondere bereidwilligheid om

    berekende risiko's te aanvaar, onder andere finansiele

    risiko's, loopbaanrisiko's, gesinsrisiko's en sielkun-

    dige risiko's in die geval van mislukking.

    Onafhanklikheidstrewe - die wil van die individu om

    onafhanklik, ekonomies selfversekerd en outonoom te

    wees.

    Vindingrykheid die begeerte om te skep, te innoveer

    en te eksperimenteer gee dikwels aanleiding tot toetre-

    des tot die entrepreneurskorps.

    Deursettings- en uithouvermoe - entrepreneurs word nie

    maklik ontmoedig nie en beskik oor n buitengewoneuithouvermoe.

    Entrepreneurs openbaar ook sekere sosiale en persoonlike

    kenmerke wat nie by ander mense aanwesig is nie naamlik:

    Moeilike kinderjare;

    die meerderheid entrepreneurs tree na vore uit die

    middel en laer sosiale vlakke; en

    n onstabiele werkrekord.(Du Plessis, 1984 : 15)

    43/.. ..

  • .- 43 -

    Vir verdere bespreking cor hierdie onderwerp kan die vol-

    gende bronne geraadpleeg word: Hughes,!! al., 1980 : 31;

    MacLeod, 1983 : 4,5; Newcomer, 1974 : 7; Radel, 1980:

    67-73.

    3.3 DIE RESTOURATEUR AS BESTUURDER IN TAAKOMSKRYWING

    Daar vind 'n verskeidenheid van aktiwiteite plaas Ln die

    onderneming tydens die nastreef van die ondernemingsdoe1-

    witte. (Kyk 2.2.3 vir 'n bespreking van ondernemingsdoe1-

    witte.) Hierdie aktiwiteite word in verski1lende groepe of

    funksies ingedee1. Die bestuurstaak van die restourateur

    word inhierdie studie uit 'n funksione1e oogpunt omskryf.

    Die funksione1e indeling het hoofsaaklik sy ontstaan te

    danke aan 'n Fransman genaamd Henri Fayol. Fayol het reeds

    in 1916 ses groepe aktiwiteite in die onderneming onderskei:

    "All activities to which industrial underta-

    kings give rise, can be divided into the

    following six groups -

    technical activities (production manu-

    facture, adaptation);

    commercial activities (buying, selling

    exchange) ;

    financial activities (search for and

    optimum use of capital);

    security activities (protection of

    property and persons);

    accounting activities (stocktaking,

    balance sheet, costs, statistics);

    managerial activities (planning, organi-

    zation, command, co-ordination; con-

    trol) •

    44/.. ..

  • .- 44 -

    Be the undertaking

    small, these six

    essential functions

    (Fayol, 1969 : 3.)

    simple

    groups

    are

    or complex, big or

    of activities or

    always present."

    He~endaags word met n sekere mate van ooreenstemmigheid agtfunksies in die onderneming onderskei. Die rede hiervoor is

    toenemende spesialisasie en kompleksiteit binne die onderne-

    ming. Hierdie agt funksies is soos volg:

    Die tegniese funksie;

    die aankoopfunksie;

    die bemarkingsfunksie;

    die finansiele funksie;

    die administratiewe funksie;

    die personeelfunksie;

    die funksie van eksterne betrekkinge; en

    die funksie van bedryfsleiding.

    (Marx, 1983 : 26-27)

    Bogenoemde indeling verskil nie veel van Fayol se indeling

    nie. Die enigste addisionele funksie is die funksie van

    eksterne betrekkinge. Verder is die kommersiele funksie

    verdeel tussen die aankoopfunksie en die bemarkingsfunksie.

    Die voordele van die funksionele benadering is die volgende:

    Sistematisering van ondernemingswerksaamhede en pro-

    bleme;

    vergemakliking van bestudering van probleme wat mag

    ontstaan in die onderneming;

    vergemakliking van die interne organisasie van die

    onderneming; en

    vergemakliking van die uitoefening van die bestuurs-

    taak, deurdat die regte persoon in n funksie aangewendkan word.

    (Marx, 1978 : 10 -11.)

    45/.. ••

  • 3.3.1.

    - 45 -

    Daar moet egter gewaak word teen die eensydige beklemtoning

    van 'n enkele funksie. Fayol stel dit soos volg: "It must

    not be lost sight of that the six essential functions are

    c1.osely interdependant. The technical function for in-

    stance, cannot exist without raw material, sales outlets,

    capital, security, foresight." (Fayol, 1969 3,4.)

    Bogenoemde funksies word vervolgens kortliks bespreek. Vir

    'n volledige .bespreking kan die volgende bronne geraadpleeg

    word: Marx & Van Aswegen, 1983 : 51 - 384; Radel & Reyn-

    ders, 1980 : 231 - 50~

    DIE FUNKSIE VAN BEDRYFSLEIDING

    Hierdie funksie word in die literatuur by vele name genoem,

    byvoorbeeld bestuur, algemene bestuur of bloot net bedryfs-

    leiding. Nietemin handel hierdie funksie oor die bestuur

    van die onderneming en moet dit op elke afdeling van toepas-

    sing gemaak word. Anders as die ander funksies kan bedryfs-

    leiding dus nie as 'n funksie wat afsonderlik funksioneer

    gesien word nie.

    Bedryfsleiding, (of bestuur,.soos dit van hier af genoem sal

    word), is van die uiterste noodsaaklikheid vir enige onder-

    neming, en daarom ook 'nrestourant, aa-ngesien dit die

    doel.matigheid binne die onderneming bewerk. (Sommige

    skrywers gebruik die terme bestuurstake of -funksies in

    p1.aas van elemente.) Sodoende word die behaling van wins

    nagestreef. Bestuur behels vier elemente, naamlik beplan-

    ning, organisering, bevelvoering en beheer. Daar bestaan

    verskillende menings oor hierdie vier elemente.

    "Sonnnige skrywers sluit ander elemente hierby in. Radel &

    Reynders (1971 : 260) sluit bv. koordinasie as 'n addisionele

    element in. (Die skrywers het egter in 1980 : 237 by die

    vierledige indeling berus.)

    46/.. ••

  • - 46 -

    In hierdie studie word berus by die vierledige indeling van

    die elemente van bedryfsleiding soos uiteengesit deur Marx

    (1978 : 207 - 308). Daar bestaan ook aspekte van bedryfs-

    leiding ,wat nie as individuele elemente bestaan nie.

    Hierdie aspekte vorm deel van, en is betrokke by elke

    element van bedryfsleiding. Marx (1978: 123) noem hierdie

    aspekte van bedryfsleiding die "essensiele bestanddele van

    bedryfsleiding".

    Dit behels kortliks die volgende naamlik besluitneming;

    gesag; verantwoordelikheid; delegering; kommunikasie;

    motivering; koordinasie; en dissipline.

    Beplanning kan omskryf word as die vasstelling van n. doel endie manier(e) waarvolgens dit bereik kan word. Allen

    (1964 : 68) omskryf dit as "the work a manager performs to

    predetermine a course of action".

    Marx (1978 211) dui die beplanningstaak aan as "die

    bestuurstaak wat te doen het met doelbewuste besinning oor

    die toekomstige doelwitte van n onderneming of afdelingdaarvan, die middele en aktiwiteite daarby betrokke, die

    probleem watondervind mag word, en die opstel van die mees

    geskikte plan van aksie vir die effektiewe bereiking van

    daardie doelwitte".

    Vir die nuwe restourant is beplanning van die allergrootste

    belang. Dit Ie n plan van aksie voor waarvolgens dierestourant planmatig opgerig kan word. Sodoende word 'n

    stewige fondament gele waarop die onderneming bedryf kan

    word. Vir n voorbeeld van goeie beplanning in die restou-,

    rantbedryf kan Stokes (1977 : 23-24) geraadpleeg word.

    47/.. .•

  • - 47 -

    Organisering is die tweede element van bestuur en kan

    omskryf word as die bestuurstaak wat te doen het met die

    reeling van die aktiwiteite en hulpbronne van die onderne-

    ming deur die toewysing van pligte, verantwoordelikhede en

    gesag aan persone en afdelings en die bepaling van die

    verhouding tussen hulle, ten einde samewerking te bevorder

    en die doelwitte van die onderneming so doeltreffend moont-

    lik te bereik. (Allen, 1964 : 70; Marx, 1978 : 235.)

    Die volgende take maak deel uit van die organisering in 'n

    restourant:

    Organisering van die take en aktiwiteite in die kom-

    buis;

    organisering van bediening; en

    organisering van administratiewe take.

    (Stokes, 1977 : 23-25)

    Deur middel van 'organisasie, word take in die restourant s6

    gereel dat dit die doelmatigheidstrewe bevorder.

    Bevelvoering is die derde element van bestuur. Dit is

    naamlik daardie element wat deur middel van effektiewe

    leiding die uitvoering van werk laat plaasvind op so 'n wyse

    dat dit bydra tot die verwesenliking van ondernemingsdoel-

    witte. (Marx, 1978 : 275.) Allen, (1964 : 70) noem hierdie

    element bestuursleiding.

    Bevelvoering bevat die volgende bestanddele:

    Besluitneming;

    kommunikasie;

    motivering;

    keuse van personeel; en

    ontwikkeling van personeel.

    (Allen, 1964 : 70-71; Marx, 1978 279-281)

    48/.. ••

  • 3.3.2

    - 48 -

    Hierdie element vereis besondere _vaardighede aangesien dit

    ten nouste betrokke is by personeel, en die invloed van

    personeel