cecilia van wijkceciliavanwijk.co.za/.../09/covid-19-prosedures-ouers.docx · web view31 murray...

7
31 Murray straat ●Nelspruit● Posbus 18211●Nelspruit●1200 Tel:/Faks: 013 – 7524491 epos:[email protected] ●Webblad www.ceciliavanwijk.co.za NPO 010-262 Cecilia van Wijk Kleuterskool se beleid t.o.v Covid 19 1. Reëls om die verspreiding van Covid 19 te voorkom: Bly sover as moontlik by die huis. Sonder jou af as jy of iemand in jou familie siek is. Die skool moet dadelik in kennis gestel word indien iemand in jou gesin positief getoets word vir Covid 19, of as enige iemand naby aan jou in aanraking was met enige iemand wat positief getoets het vir Covid 19 'n Fisiese afstand van I .5 meter van ander moet ten alle tye behou word Hande moet gereeld gewas word met seep en water vir 20 sekondes 'n Alkohol gebaseerde hanreiniger kan gebuik word om hande gereeld skoon te maak Kinders hoef nie 'n masker/visor/hoedjie te dra nie Personeel/ouers/besoekers moet wel 'n masker dra (dit sluit in enige kind ouer as 6 jaar wat nie in ons skool is nie) Beoefen altyd goeie higiëne deur nie aan jou gesig of masker/visor te raak nie Hoes/nies in jou elmboog Regualsies t.o.v die dra van maskers: Geen kind van geboorte tot 24 maande mag 'n masker/visors dra nie Kinders van 2-5 jaar word nie verwag om maskers/visors te dra nie en die skool beveel dit nie aan nie. In die geval dat 'n kind siek word by die skool of duidelike simptome wys kan dit nodig wees vir daardie kind om 'n masker te dra terwyl hulle uit die klas beweeg na die isolasiekamer. Dit is egter nie nodig om 'n masker te dra in die isolasiekamer nie Ons wil wel vra dat u vir u kind 'n ekstra materiaal masker in hulle tas sal saamstuur skool toe sou dit nodig wees om dit te gebruik in die geval waar hulle siek word of simptome wys (Hierdie is net op toepassing van die ouderomme 2-5 jaar) Volgens die regulasies van die department moet Graad R kinders maskers dra. Ons vra dat die kinders ‘n masker dra in die klas (met ‘n ekstra masker in hulle sak vir ingeval die masker

Upload: others

Post on 02-Aug-2021

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Cecilia van Wijkceciliavanwijk.co.za/.../09/Covid-19-Prosedures-Ouers.docx · Web view31 Murray straat Nelspruit Posbus 18211 Nelspruit 1200 Tel:/Faks: 013 – 7524491 epos:cecilia.vanwijk@telkomsa.net

31 Murray straat ●Nelspruit● Posbus 18211●Nelspruit●1200Tel:/Faks: 013 – 7524491

epos:[email protected] ●Webblad www.ceciliavanwijk.co.zaNPO 010-262

Cecilia van Wijk Kleuterskool se beleid t.o.v Covid 19

1. Reëls om die verspreiding van Covid 19 te voorkom:

Bly sover as moontlik by die huis. Sonder jou af as jy of iemand in jou familie siek is.

Die skool moet dadelik in kennis gestel word indien iemand in jou gesin positief getoets word vir Covid 19, of as enige iemand naby aan jou in aanraking was met enige iemand wat positief getoets het vir Covid 19

'n Fisiese afstand van I .5 meter van ander moet ten alle tye behou word Hande moet gereeld gewas word met seep en water vir 20 sekondes 'n Alkohol gebaseerde hanreiniger kan gebuik word om hande gereeld

skoon te maak Kinders hoef nie 'n masker/visor/hoedjie te dra nie Personeel/ouers/besoekers moet wel 'n masker dra (dit sluit in enige kind

ouer as 6 jaar wat nie in ons skool is nie) Beoefen altyd goeie higiëne deur nie aan jou gesig of masker/visor te raak

nie Hoes/nies in jou elmboog

Regualsies t.o.v die dra van maskers:

Geen kind van geboorte tot 24 maande mag 'n masker/visors dra nie Kinders van 2-5 jaar word nie verwag om maskers/visors te dra nie en die

skool beveel dit nie aan nie. In die geval dat 'n kind siek word by die skool of duidelike simptome wys kan dit nodig wees vir daardie kind om 'n masker te dra terwyl hulle uit die klas beweeg na die isolasiekamer. Dit is egter nie nodig om 'n masker te dra in die isolasiekamer nie

Ons wil wel vra dat u vir u kind 'n ekstra materiaal masker in hulle tas sal saamstuur skool toe sou dit nodig wees om dit te gebruik in die geval waar hulle siek word of simptome wys (Hierdie is net op toepassing van die ouderomme 2-5 jaar)

Volgens die regulasies van die department moet Graad R kinders maskers dra. Ons vra dat die kinders ‘n masker dra in die klas (met ‘n ekstra masker in hulle sak vir ingeval die masker skeer/verloor). Terwyl die kinders buite speel kan hulle hul visors aantrek. Geen maskers word gedra tydens slaaptyd nie.

Gaan asseblief saam met u kind deur die regulasies vir hoe om ‘n masker te dra dat hulle mooi verstaan wat die reëls is. Die juffrou sal in die klas ook deur al die reëls en regualsies gaan

2. Aflaai roetine in die oggend:

Page 2: Cecilia van Wijkceciliavanwijk.co.za/.../09/Covid-19-Prosedures-Ouers.docx · Web view31 Murray straat Nelspruit Posbus 18211 Nelspruit 1200 Tel:/Faks: 013 – 7524491 epos:cecilia.vanwijk@telkomsa.net

Die personeel sal soggens reeds almal by die skool wees (klaar gescreen) en gereed wanneer u kind afgelaai word

Aankomstyd is stiptelik van 07:00 - 08:00 in die oggend. Wees asseblief betyds aangesien die proses tydsaam kan wees. Ons dagprogram begin 08:00 en ons wil graag ons kinders gereed hê om te begin.

Ouers mag saam met die kinders by die terrein ingaan. Daar word wel gevra dat ouers nie in die klasse ingaan nie en sal aantree op die merkers aangedui op die stoep voor die klas

Gedurende die ontvangstyd sal die kinders in die klasse wees en nie buite op die speelgrond nie

3. Die 'screening' prosedure in die oggend by die hek werk as volg:

Ouers en kinders tree aan op die merkers aangedui op die grond. Behou asseblief ten alle tye 'n distansie van I .5 meter. Ons vra u geduld in hierdie opsig aangesien die proses tydsaam kan wees. As ons almal saamwerk kan ons dit so spoedig as moontlik afhandel ter wille van u en u kind se veiligheid.

Eerstens gaan u en u kind hande reinig. Daar sal 'n alkohol gebaseerde handreiniger by die hek beskikbaar wees (vir u kind se gemak kan hulle die staander trap en sodoende hoef hulle nie met hulle handjies te werk nie)

'n Personeellid sal u by die hek ontvang waar u kind se koors gemeet gaan word. U kan u eie koors meet. Geen persoon met 'n koors hoër as 380 C sal toegelaat word op die perseel nie.

Die personeellid sal 'n vorm invul vir u kind waarop aangedui gaan word of u kind enige simptome wys/voel. U gaan u eie vorm invul met dieselfde informasie terwyl die personeellid met u kind werk

Hierna kan u saam met u kind na die klasse beweeg en aantree op die merkers aangedui

Geen ongemagdigde persone sal toegelaat word op die perseel nie Enige persone wat simptome toon sal dadelik huistoe gestuur word. In die

geval waar iemand nie dadelik die terrein kan verlaat nie kan die isolasie kamer gebruik word

Kinders wat alleen op die perseel inkom mag direk in die klas instap en hoef nie in die ry aan te tree by die deur nie

4. Isolasie:

Ouers en kinders met 'n temperatuur van 380C en hoër sal nie op die terrein toegelaat word nie

Indien 'n kind tydens skoolure 'n koors ontwikkel, word die kind dadelik na die isolasiekamer (gebou by die hek) geneem. Die protokol bepaal dat die temepratuur ten minste nog twee keer geneem moet word. Indien die kind se temperatuur steeds bo 380C is sal u onmiddelik geskakel word. U kan dan u kind ontvang by die isolasie kamer by die hek. Daar sal altyd 'n personeellid beskikbaar wees om toesig te hou oor u kind

Die kind moet na 'n dokter geneem word vir 'n diagnose. Die ouer moet 'n mediese sertifikaat by die dokter ontvang wat by die onderwyser ingehadig moet word, voordat die kind weer by die skool toegelaat mag word

Indien 'n personeellid/ouer/kind positief getoets word vir Covid 19 sal almal dadelik in kennis gestel word

Page 3: Cecilia van Wijkceciliavanwijk.co.za/.../09/Covid-19-Prosedures-Ouers.docx · Web view31 Murray straat Nelspruit Posbus 18211 Nelspruit 1200 Tel:/Faks: 013 – 7524491 epos:cecilia.vanwijk@telkomsa.net

5. Wat moet u kind saambring skool toe:

Ons kinders mag hulle sakke skool toe bring U kind mag 'n kosblik saambring skool toe. Ons kan geen bottels of

kosblikke in die yskaste stoor nie. Moet dus asseblief nie iets pak wat kan smelt of nodig het om verkoel te bly nie. Die kosblik word in hulle sakke gebêre. Die kosblikke moet eers gesaniteerword voor die kinders dit mag gebruik

U kind moet 'n koeldrank bottel EN 'n water bottel skool toe bring. Die bottels moet DUIDELIK GEMERK wees. Die bottels sal in 'n houer in die klas gebêre word. Die kinders gebruik dan hulle bottels tydens etenstyd en buitespel. Die bottels word elke keer gesaniteer voor en na dit gebruik word

6. Hoe gaan dit werk in die klas:

Ons as personeel gaan ons bes doen om tydens klastyd te sorg dat die kinders I .5 meter uit mekaar bly, maar hulle is steeds kind en ons wil dit op 'n spontane en natuurlike manier doen sodat alles vir hulle so "normaal" as moontlik voel

Die skool het 'n ‘fogger’ aangeskaf waarmee die klasse aan die einde van elke dag weer skoon gespuit gaan word

Klassies sal daagliks skoongemaak word en oppervlaktes sal gereeld afgespuit word (hierdie proses is niks nuut nie aangesien ons skool in elk geval elke dag skoongemaak word. Dit sal wel meer gereeld gebeur, veral wanneer kinders in kontak gekom het met die oppervlakte/toeristing

Elke klassie het sy eie lappie met sy eie water houer. Die water sal gereeld vervang word. Elke klassie het ook sy eie mop en besem (soos normaal). Geen skoonmaak toeristing mag tussen die klasse gedeel word nie. So ook het elke badkamer sy eie skoonmaak toeristing wat nie gedeel mag word nie. Alle skoonmaakmiddels en toeristing sal duidelik gemerk wees

Elke personeellid is verantwoordelik om haar klassie daagliks skoon te hou, en aan die einde van die dag te spuit voordat hulle verdaag

Elke kind se temperatuur sal drie keer op 'n dag geneem word en op hulle vorm ingevul word

Daar sal ten alle tye handreiniger, seep en water, wetwipes en sneusies beskikbaar wees vir die personeel en kinders

Ons vra dat al ons ouers weer elk ‘n pak wetwipes en sneusies skool toe stuur

Skoonmaak skedules is in die klasse/badkamers opgesit wat deur personeel ingevul word elke keer wanneer hulle die klas/badkamer skoonmaak (so ook die kombuis/isolasiekamer/kantoor)

7. Dagroetine: Speeltyd in die klas en buite

Ons dagroetine is aangepas om die nuwe Covid 19 reëls en regulasies toe te pas

Daar sit minder kinders aan 'n tafel elk met 'n deursigtige skerm wat hulle skei van hulle maats

Die juffrou sal apart met die kinders kunslessies doen. Die kunsstasie sal gesaniteer word voor voor die volgende kind hul kunswerkie doen

Bybel, temabespreking en enige ander lessies sal by die tafels gedoen word indien daar nie genoeg plek is op die mat nie

Page 4: Cecilia van Wijkceciliavanwijk.co.za/.../09/Covid-19-Prosedures-Ouers.docx · Web view31 Murray straat Nelspruit Posbus 18211 Nelspruit 1200 Tel:/Faks: 013 – 7524491 epos:cecilia.vanwijk@telkomsa.net

Daar mag net een klas op 'n slag buite speel en dus sal die klasse roteer sodat elkeen 'n beurt kry. Maats sal buite op die speelgrond ook in groepe verdeel wees om te verseker dat hulle 'n veilige distansie hou tussen mekaar wanneer hulle speel. Die personeellid sal van hierdie tyd gebruik maak om spesiale liggaamsoefening met die kinders te doen

Speelgoed in die klas mag nie gedeel word nie. Speelgoed sal eers skoon gemaak word voordat 'n ander kind daarmee speel

Alle sagte speelgoed is uit die klasse verwyder Geen speelgoed mag van die huis af gebring word nie Die sandpitte word toegemaak tydens die Covid 19 tydperk Oppervlaktes op die speelterrein sal gereeld deur die personeel gespuit

word soos die kinders speel. Die speelterrein sal gespuit word nadat 'n klas gespeel het sodat die terrein skoon is vir die volgende klas

Wanneer die kinders terug keer klas toe moet hulle aantree op die merkers wat aangedui is op die stoep voor die klasse

Hulle hande moet eers skoongemaak word voordat hulle in die klas mag ingaan

Die senior klassies maak gebruik van stoelsakkies wat weekliks gewas sal word

8. Dagroetine: Etenstyd

Tydens etenstyd gaan die kinders soos normaal hulle eie bakkies/borde/lepels gebruik. Geen eetgery mag gedeel word nie

Die skool voorsien steeds oggend pap, middag ete en broodjies in die middae

Die kinders kan in die oggend en en in die middae tydens naskool uit hulle kosblikke eet. Kosblikke moet eers gesaniteer word voordat die kinders dit kan gebruik

Geen koppies gaan voorsien word nie en dus gebruik die kinders hulle eie bottels (een vir koeldrank en een vir water)

Hou asseblief by die gesonde riglyne vir u kind se kosblik. 'n Lekkertjie kan op 'n Vrydag gestuur word

9. Dagroetine: Badkamer gebruik

Die kinders sal 3 op 'n slag in die badkamer toegelaat word terwyl die volgende 3 op die merkers buite op die grond aantree. Die res van die kinders sit op hulle stoeltjies in die klas.

Die kinders moet hulle hande was met seep. Hulle kan die weggooi papierhandoeke gebruik om hulle hande droog te maak

Die badkamers word elke keer skoongemaak en gespuit nadat die kinders dit gebruik het

Doekruilings: Personeel sal voor en na elke doekruiling hande was. Die skoonmaak stasie sal na elke doekruiling gespuit en afgevee word

Handewas: Die kinders se hande word gewas voor en na elke toiletroetine met seep en water. Hande moet ook skoongemaak word na buitespel.

10. Dagroetine: Slaaptyd

Page 5: Cecilia van Wijkceciliavanwijk.co.za/.../09/Covid-19-Prosedures-Ouers.docx · Web view31 Murray straat Nelspruit Posbus 18211 Nelspruit 1200 Tel:/Faks: 013 – 7524491 epos:cecilia.vanwijk@telkomsa.net

Die matrassies word so ver as moontlik uit mekaar gepak. Die skerms wat op die tafels is word tydens slaaptyd tussen die matrasse geplaas om ekstra skeiding tussen die kinders te bied

Die kinders sal kop aan voet lê Wanneer dit slaaptyd is word die kinders se slopies oor die matrasse

getrek. Na slaaptyd word die slopie afgehaal en in hulle rakkies geplaas. Die matrasse word dan skoongespuit voor dit gebêre word vir die volgende dag

Die slopies bly in hulle rakkie en word net met slaaptyd gebruik. In die winter as ons komberse gebruik sal die kombers ook in hulle rakkie gebêre word. Sodoende sal geen slopies/komberse gedeel word nie

Die slopies/komberse word op 'n weeklikse basis gewas en vervang met 'n skoon stel

Geen beddegoed mag van die huis af gebring word nie

11. Kurrikulum:

Tydens die eerste week van skoolbywoning sal ons Covid 19 oriëntasie in die klasse hê. Al die kinders sal hanteer en geleer word volgens hulle ouderdomsvlak

Bewusmaking van Covid 19 en higiëne: Daar is oral plakkate in die klasse en skoolomgewing aangebring. Elke personeellid weet presies wat van hulle verwag word om die werk, mylpale ens. in te haal. Die Gr. R leerders sal volgends die Deparementele voorskrifte aanpassings maak in die kurrikulum

Elke ouer sal 'n aangepaste jaarprogram ontvang van die klas onderwyseres

Daar gaan nie in Junie 'n assesseringsverslag uitgegee word nie, maar wel later in die jaar. Die datums vir assesserings verslagte sal aangedui wees op ons aangepaste jaarprogram

12. Oplaai roetine in die middag:

Ouers tree aan op die merkers aangedui op die grond. 'n Distansie van I .5 meter moet ten alle tye behou word

U moet eers u hande reinig voor u op die skool terrein mag inkom Elke ouer moet hulle eie temperatuur meet en die vorm invul as 'n

besoeker U kan dan u kind by sy/haar klas gaan haal. Ouers moet aantree op die

merkers aangedui op die stoep buite die klas en mag nie in die klas ingaan nie

U en u kleuter mag dan die skool verlaat

Moet asseblief nie u kind skool toe stuur of die terrein betree as u of u kind enige van die volgende simptome wys nie:

Aanhoudende droë hoes Kort van asem of sukkel om asem te haal Koors Seer keel Moegheid Verlies van reuk en smaak Kouekoors

Page 6: Cecilia van Wijkceciliavanwijk.co.za/.../09/Covid-19-Prosedures-Ouers.docx · Web view31 Murray straat Nelspruit Posbus 18211 Nelspruit 1200 Tel:/Faks: 013 – 7524491 epos:cecilia.vanwijk@telkomsa.net

Lyf seer Diarree

Moet asseblief nie u kind skool toe stuur of die terrein betree onder die volgende omstandighede nie:

U of u kind is positief getoets vir Covid 19 U of u kind het in aanraking gekom met iemand wat positief getoets het

vir Covid 19