bybelstudie nehemia 2

1
RIGLYNE VIR BYBELSTUDIEGROEPE - NEHEMIA 2:1-20 1. Vra in die gebed die leiding van die Heilige Gees by die lees en oordink van hierdie deel, en lees daarna die hele hoofstuk deur. 2. Watter geleentheid het Nehemia gekry om sy versoek waarvoor hy in 1:11 van God gevra het, aan die koning te rig ? 3. Wat was Nehemia se antwoord aan die koning, en waarom dink u het hy so geantwoord ? (2-3) 4. Wat was die inhoud van Nehemia se versoek (twee sake) en waarom het Nehemia juis dit van die koning gevra ? 5. Wat dink u is die verband tussen die (skiet)gebed in vers 4 en die een in die laaste deel van vers 8 ? 6. Wat het Nehemia eers gedoen voor hy die volk oor sy planne ingelig het Waarom ? 7. Hoe het Nehemia sy saak voor die volk gemotiveer ? (Daar is ten minste drie motiverings) 8. Wat was die volk se reaksie ? 9. Hoe het Nehemia die teenstand van sy vyande afgeweer ? 10. Sal die motivering dat God getrou is, u ook tot die antwoord bring: "kom ons bou aan ons geloof" ? Huisgodsdiensriglyne MAANDAG DIE HERE WERK DEUR GEBED - Nehemia 2:1 - 10. Laat een uit die gesin 'n kort oorsig oor gister se preek uit Nehemia 1 gee. Probeer vasstel hoeveel tyd verloop het van Nehemia vir die eerste keer gehoor het van Ganani, tot- dat hy met die koning kon praat (kyk na die woordelys agter in die '83-Vertaling onder die naam van die maand). Hoeveel keer word in die gedeelte genoem dat Nehemia gebid het ? Gesels oor die betekenis daar- van vir elkeen se lewe. Gesels oor die feit dat die Here selfs konings gebruik in sy werk. GEBED DINSDAG DIE KEUSE VAN OPBOU - Nehemia 2: 11 - 20 (vs 17,18). Gesels daaroor dat die Here God nie alleen die koning se hart voorberei het om die bouwerk te laat begin nie, maar ook die harte van die hele volk. Gesels oor die vraag of die Here ook in ons gemeente geestelike opbouwerk wil doen. Verwys ook terug na verlede week se prediking. Waar dink u kan die Here in u gesin bouwerk doen (dink aan tekortkominge in die gesinslewe)? Na aanleiding van die groot besluit wat die volk geneem het (vs 17,18) laat elkeen in die gesin s of hulle bereid is om in die geloof opgebou te word, en om hulle verhouding met die Here te versterk, al kan daar teenstand van bv vriende/vriendinne kom. Gesels oor die moontlike implikasies van so 'n besluit vir elkeen. GEBED WOENSDAG GOD GEBRUIK MENSE IN DIE OPBOUWERK - Eksodus 3:1 - 10 Hoe stel die Here Homself aan Moses bekend (vs 6)? Watter betekenis sou dit h? Is daar enige ooreenkomste tussen die posisie van Israel in hierdie boek en in die boek Nehemia? Is daar enige ooreenkomste tussen wat die Here met Israel in Egipte beplan het en met wat Hy vir hulle in ballingskap beplan het? GEBED DONDERDAG GOD BEGEER DIE OPBOU VAN SY VOLK - Eks 3:11 - 22 Gesels oor die ooreenkomste tussen die werkswyse van Moses en Nehemia, nl dat hulle eers per- soonlik deur die Here aangespreek word, en daarna na die leiers van die volk en die volk self gaan. Hoe stel die Here Homself in die deel bekend (vs 14,15)? Wat is die betekenis daarvan in die deel? Gesels oor die feit dat beide Moses en Nehemia met die werk van die Here besig is - en nie net hulle eie planne nie. GEBED VRYDAG GOD BOU AAN SY KERK - 1 Kor 3:9 - 23 Wat is die gebou waarvan Paulus in die deel praat? Wat is die bouwerk waarvan Paulus praat in vss 10, 12, 14? Is daar 'n verband tussen die werk van Nehemia en die volk aan die een kant, en die bouwerk waar- van Paulus in die deel praat? GEBED

Upload: geref-kerk-centurion

Post on 18-Feb-2016

311 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Brief, brief

TRANSCRIPT

Page 1: Bybelstudie Nehemia 2

RIGLYNE VIR BYBELSTUDIEGROEPE - NEHEMIA 2:1-20 1. Vra in die gebed die leiding van die Heilige Gees by die lees en oordink van hierdie deel, en

lees daarna die hele hoofstuk deur.

2. Watter geleentheid het Nehemia gekry om sy versoek waarvoor hy in 1:11 van God gevra het, aan die koning te rig ?

3. Wat was Nehemia se antwoord aan die koning, en waarom dink u het hy so geantwoord ? (2-3)

4. Wat was die inhoud van Nehemia se versoek (twee sake) en waarom het Nehemia juis dit van die koning gevra ?

5. Wat dink u is die verband tussen die (skiet)gebed in vers 4 en die een in die laaste deel van vers 8 ?

6. Wat het Nehemia eers gedoen voor hy die volk oor sy planne ingelig het Waarom ?

7. Hoe het Nehemia sy saak voor die volk gemotiveer ? (Daar is ten minste drie motiverings)

8. Wat was die volk se reaksie ?

9. Hoe het Nehemia die teenstand van sy vyande afgeweer ?

10. Sal die motivering dat God getrou is, u ook tot die antwoord bring: "kom ons bou aan ons geloof" ?

Huisgodsdiensriglyne MAANDAG DIE HERE WERK DEUR GEBED - Nehemia 2:1 - 10. Laat een uit die gesin 'n kort oorsig oor gister se preek uit Nehemia 1 gee. Probeer vasstel hoeveel tyd verloop het van Nehemia vir die eerste keer gehoor het van Ganani, tot-dat hy met die koning kon praat (kyk na die woordelys agter in die '83-Vertaling onder die naam van die maand). Hoeveel keer word in die gedeelte genoem dat Nehemia gebid het ? Gesels oor die betekenis daar-van vir elkeen se lewe. Gesels oor die feit dat die Here selfs konings gebruik in sy werk. GEBED DINSDAG DIE KEUSE VAN OPBOU - Nehemia 2: 11 - 20 (vs 17,18). Gesels daaroor dat die Here God nie alleen die koning se hart voorberei het om die bouwerk te laat begin nie, maar ook die harte van die hele volk. Gesels oor die vraag of die Here ook in ons gemeente geestelike opbouwerk wil doen. Verwys ook terug na verlede week se prediking. Waar dink u kan die Here in u gesin bouwerk doen (dink aan tekortkominge in die gesinslewe)? Na aanleiding van die groot besluit wat die volk geneem het (vs 17,18) laat elkeen in die gesin s of hulle bereid is om in die geloof opgebou te word, en om hulle verhouding met die Here te versterk, al kan daar teenstand van bv vriende/vriendinne kom. Gesels oor die moontlike implikasies van so 'n besluit vir elkeen. GEBED WOENSDAG GOD GEBRUIK MENSE IN DIE OPBOUWERK - Eksodus 3:1 - 10 Hoe stel die Here Homself aan Moses bekend (vs 6)? Watter betekenis sou dit h? Is daar enige ooreenkomste tussen die posisie van Israel in hierdie boek en in die boek Nehemia? Is daar enige ooreenkomste tussen wat die Here met Israel in Egipte beplan het en met wat Hy vir hulle in ballingskap beplan het? GEBED DONDERDAG GOD BEGEER DIE OPBOU VAN SY VOLK - Eks 3:11 - 22 Gesels oor die ooreenkomste tussen die werkswyse van Moses en Nehemia, nl dat hulle eers per-soonlik deur die Here aangespreek word, en daarna na die leiers van die volk en die volk self gaan. Hoe stel die Here Homself in die deel bekend (vs 14,15)? Wat is die betekenis daarvan in die deel? Gesels oor die feit dat beide Moses en Nehemia met die werk van die Here besig is - en nie net hulle eie planne nie. GEBED VRYDAG GOD BOU AAN SY KERK - 1 Kor 3:9 - 23 Wat is die gebou waarvan Paulus in die deel praat? Wat is die bouwerk waarvan Paulus praat in vss 10, 12, 14? Is daar 'n verband tussen die werk van Nehemia en die volk aan die een kant, en die bouwerk waar-van Paulus in die deel praat? GEBED