bybelskool25september2012

2
Die vrou en die draak... die stryd duur voort! - Openbaring 12 Ons kan hierdie hoofstuk in die algemeen beskou as die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring maar ook tot die verstaan van die hele openbaringsgeskiedenis van die Skrif. Die rolspelers in die stryd is God en sy kerk, die Satan en die wêreld. Die tema is goed deur Duvenage geformuleer: Van stryd tot oorwinning! Die fases van die stryd word ook in hierdie hoofstuk duidelik. Die troos van die kerk is juis om vanuit Genesis 3:15 die stryd te beskou en te weet dat die uiteinde seker is – die slang se kop sal vermorsel word! 1. Die vrou is die bruidskerk van Christus Die vrou is die kerk van God se uitverkorenes. Sy is besonderlike geklee met die son as kleed en die maan as tapyt onder haar voete en ’n oorwinnaarskroom (Gr: stefanos) van twaalf sterre. Doe kerk is die kroon van die skepping!! Haar swangerskap is die simbool van die kerk wat sedert die belofte van genade in Gen 3:15 die draers is van die komende Messias wat die oorwinning sal behaal. Die hele OT is in verwagting na die koms van die Messias. Die vrou is dus meer as net Maria die moeder van die kind! Die kerk is ons almal se moeder! Die kerk is die draer van die saad van die vrou. Moeder Maria is net ’n deel van daardie kerk van uitverkorenes en die bevoorregte een om die Messias fisies in die wêreld te bring. 2. Die draak en die verskillende fases van sy aanslag In Openbaring 12 word byna soos ’n animasieprent voor ons geteken. Die draak was vuurrooi (moordenaar wat bloed van die kerk soek) en ’n warboel van koppe en horings en krone(Gr: diadêmas – heerserskrone, krone wat lyk soos die van ’n koning, die duiwel met sy verbeelding dat hy in beheer is) . Die tien horings wys op sy geweldige mag wat hy oor die wêreld het (Ef 2:2 – die vors van die onsigbare magte!) Sy sewe kope dui op sy verskillende verskyningsvorms, soos wat homself sal vermom by verskillende geleenthede – selfs die getal sewe wat na-geaap, wat hy doen homself soms voor as ‘n “engel van die lig” (2 Kor 11:14). Hy swaai sy stert triomfantlik want hy het dit vermag om ’n derde van die sterre (engele van God wat nou demone is) sam te sleep met sy opstand as die gevalle engel (Jud 9). Hierdie geweldige draak, wat dus groot mag het (maar let wel, geen almag soos God nie!), wil die kind verslind. Satan wil die belofte van die evanglie doodmaak en die koms van die Messias verhinder. Die kind word egter weggeruk na die troon van God en so sien ons die Here jesus opvaar en aan die regterhand van die Vader gaan sit vanwaar Hy weer sal kom om te oordeel. Daar is ’n geweldige stryd aan die gang. Dit word geteken in sy verskillende fases: Eerste fase is die stryd om die moederbelofte . God stel vyandskap tussen die saad van die vrou en die saad van die kerk (Gn 3:15). Hier word dit uitgebeeld in die stryd tussen die vrou en die draak. Die vrou wat met son beklee is, is die kerk wat ligdraers, beeld van God moet wees. Sy is die draer (swanger) van die belofte dat daar ’n Verlosser sal kom wat die kop van die slang sal vermorsel. Daarom dra sy ’n oorwinnaarskroon, terwyl die maan die pragtigste tapyt onder haar voete vorm. Die kerk is die pragtige bruid van die Here. Maar dan is daar ook die draak , die slang van ouds (vs9). Terwyl die vrou swanger is met die heerlike verwagting van die Verlosserseun, wil die draak die belofte verwoes. Regdeur die OT sien ons hierdie stryd.... Kaïn en Abel, Jakob en Esau, die kinders wat in die Nyl gegooi moet word in Egipte, die swaarkry en sonde van Israel tydens die woestynreis, die ballingskap, die uitwissing van die Jode in die tyd van Ester, en al die gelowiges en hulle stryd met sonde... Dit is die draak wat die kind wat gebore gaan word wil verslind. Hy wil die Messias-verwagting van die OT vernietig. Telkens lyk dit of die moederbelofte nie gaan waar word nie. Telkens moet God weer lewe uit die dood gebied. En dan wanneer dit die Kind in Betlehem gebore word, Jesus wat kom om sy volk va hulle sondes te verlos, ook dan hou die duiwel nog nie op die. Die kinders van Betlehem word gedood. Uiteindelik slaan die Jode en Romeine Hom aan die kruispaal van Golgota! Dan skyn dit asof die duiwel geslaag het, en daar gaan ’n gejuig op uit die hel! Maar na drie ure se duisternis en eensaamheid kan Jesus uitroep: “Vader in u hande gee ek my gees oor”. Drie dae later staan ook sy liggaam op uit die dood en daarmee het Hy alles volbring. God doen sy beloftes gestand (Gen 3:15) Hy maak die negatief ’n positief! Die straf vir die sonde is betaal . Klaar volledig betaal (tetelestai) en die kind word weggeruk na die hemel... hemelvaart en heerlikheid word aan Hom gegee en Hy het alle mag in die hemel en op aarde! Fase twee is die stryd in die hemel. In die geesteswêreld kom daar stryd. Die draak was immers eers ’n engel wat waarskynlik beheer gevoer het oor ’n derde van die engele. Hierdie magte engel kom in opstand en val in sonde... en in vers 4 lees ons dat sy stert ‘n derde

Upload: geref-kerk-centurion

Post on 12-Feb-2016

236 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

nuusbrief,brief

TRANSCRIPT

Page 1: Bybelskool25september2012

Die vrou en die draak... die stryd duur voort! - Openbaring 12

Ons kan hierdie hoofstuk in die algemeen beskou as die sleutel tot die verstaan van die boek Openbaring maar ook tot die verstaan van die hele

openbaringsgeskiedenis van die Skrif. Die rolspelers in die stryd is God en sy kerk, die Satan en die wêreld. Die tema is goed deur Duvenage

geformuleer: Van stryd tot oorwinning! Die fases van die stryd word ook in hierdie hoofstuk duidelik. Die troos van die kerk is juis om vanuit Genesis

3:15 die stryd te beskou en te weet dat die uiteinde seker is – die slang se kop sal vermorsel word!

1. Die vrou is die bruidskerk van Christus

Die vrou is die kerk van God se uitverkorenes. Sy is besonderlike geklee met die son as kleed en die maan as tapyt

onder haar voete en ’n oorwinnaarskroom (Gr: stefanos) van twaalf sterre. Doe kerk is die kroon van die skepping!!

Haar swangerskap is die simbool van die kerk wat sedert die belofte van genade in Gen 3:15 die draers is van die

komende Messias wat die oorwinning sal behaal. Die hele OT is in verwagting na die koms van die Messias. Die vrou is

dus meer as net Maria die moeder van die kind! Die kerk is ons almal se moeder! Die kerk is die draer van die saad van

die vrou. Moeder Maria is net ’n deel van daardie kerk van uitverkorenes en die bevoorregte een om die Messias fisies

in die wêreld te bring.

2. Die draak en die verskillende fases van sy aanslag

In Openbaring 12 word byna soos ’n animasieprent voor ons geteken. Die draak was vuurrooi (moordenaar wat bloed

van die kerk soek) en ’n warboel van koppe en horings en krone(Gr: diadêmas – heerserskrone, krone wat lyk soos die

van ’n koning, die duiwel met sy verbeelding dat hy in beheer is) . Die tien horings wys op sy geweldige mag wat hy oor

die wêreld het (Ef 2:2 – die vors van die onsigbare magte!) Sy sewe kope dui op sy verskillende verskyningsvorms, soos

wat homself sal vermom by verskillende geleenthede – selfs die getal sewe wat na-geaap, wat hy doen homself soms

voor as ‘n “engel van die lig” (2 Kor 11:14).

Hy swaai sy stert triomfantlik want hy het dit vermag om ’n derde van die sterre (engele van God wat nou demone is)

sam te sleep met sy opstand as die gevalle engel (Jud 9).

Hierdie geweldige draak, wat dus groot mag het (maar let wel, geen almag soos God nie!), wil die kind verslind. Satan

wil die belofte van die evanglie doodmaak en die koms van die Messias verhinder.

Die kind word egter weggeruk na die troon van God en so sien ons die Here jesus opvaar en aan die regterhand van die

Vader gaan sit vanwaar Hy weer sal kom om te oordeel.

Daar is ’n geweldige stryd aan die gang. Dit word geteken in sy verskillende fases:

• Eerste fase is die stryd om die moederbelofte.

God stel vyandskap tussen die saad van die vrou en die saad van die kerk (Gn 3:15). Hier word dit uitgebeeld in die

stryd tussen die vrou en die draak. Die vrou wat met son beklee is, is die kerk wat ligdraers, beeld van God moet wees.

Sy is die draer (swanger) van die belofte dat daar ’n Verlosser sal kom wat die kop van die slang sal vermorsel. Daarom

dra sy ’n oorwinnaarskroon, terwyl die maan die pragtigste tapyt onder haar voete vorm.

Die kerk is die pragtige bruid van die Here.

Maar dan is daar ook die draak, die slang van ouds (vs9). Terwyl die vrou swanger is met die heerlike verwagting van die

Verlosserseun, wil die draak die belofte verwoes. Regdeur die OT sien ons hierdie stryd.... Kaïn en Abel, Jakob en Esau,

die kinders wat in die Nyl gegooi moet word in Egipte, die swaarkry en sonde van Israel tydens die woestynreis, die

ballingskap, die uitwissing van die Jode in die tyd van Ester, en al die gelowiges en hulle stryd met sonde...

Dit is die draak wat die kind wat gebore gaan word wil verslind. Hy wil die Messias-verwagting van die OT vernietig.

Telkens lyk dit of die moederbelofte nie gaan waar word nie.

Telkens moet God weer lewe uit die dood gebied.

En dan wanneer dit die Kind in Betlehem gebore word, Jesus wat kom om sy volk va hulle sondes te verlos, ook dan hou

die duiwel nog nie op die. Die kinders van Betlehem word gedood. Uiteindelik slaan die Jode en Romeine Hom aan die

kruispaal van Golgota!

Dan skyn dit asof die duiwel geslaag het, en daar gaan ’n gejuig op uit die hel!

Maar na drie ure se duisternis en eensaamheid kan Jesus uitroep: “Vader in u hande gee ek my gees oor”. Drie dae later

staan ook sy liggaam op uit die dood en daarmee het Hy alles volbring.

God doen sy beloftes gestand (Gen 3:15)

Hy maak die negatief ’n positief!

Die straf vir die sonde is betaal. Klaar volledig betaal (tetelestai) en die kind word weggeruk na die hemel... hemelvaart

en heerlikheid word aan Hom gegee en Hy het alle mag in die hemel en op aarde!

• Fase twee is die stryd in die hemel.

In die geesteswêreld kom daar stryd. Die draak was immers eers ’n engel wat waarskynlik beheer gevoer het oor ’n

derde van die engele. Hierdie magte engel kom in opstand en val in sonde... en in vers 4 lees ons dat sy stert ‘n derde

Page 2: Bybelskool25september2012

van die sterre (engele) saamgesleep het. In Job en Sagaria lees ons dat die Satan in die hemel as aanklaer opgetree het.

Openb 12:10 sê dat hy die gelowiges dag en nag voor God aangekla het.

Dis ’n vreesaaanjaende gedagte! Met reg kan die duiwel aanhou om te beweer dat ons as sondaars nie goed genoeg vir

God is nie!

Maar die aartsengel Migael (= Wie is soos God?) voer die oorwinning van Christus verder tot ’n stryd in die hemel en die

duiwel word uit die hemel verban. Jesus het self gesê: "Ek het die Satan soos 'n weerligstraal uit die hemel sien val.”

Lukas 10:18. Daarom kan ons dan ook die ook die oorwinningslied sing van vers 11-12. Die duiwel is oorwin! Hy het

geen mag meer nie. Hy het geen seggenskap meer nie. Hy kan ons nie meer aankla nie.

Ons is bevry van die heerskappy en enige seggenskap van die Bose!

Daarom kry die vrou, die kerk na Christus ’n plek waar sy na toe kan vlug. Die woestyn. (12:6) Dit is die plek van

bewaring! Die woestyn is ’n plek van afsondering. Hier word die kerk bewaar teen aanslag van die Bose. Die 1260 dae is

al die tussen die hemelvaart en wederkoms (laaste dae).

‘In die woestyn afgesonder’ is die beeld van die kerk in die wêreld, maar nie van die wêreld nie! Afgesonder beteken

ook dat ons vreemd is aan die wêreld, dis nie ons permanente woning nie! (In hoofstuk 11 is die kerk se heiliging

(maatstok) of afsondering ook geteken as deel van die krag om staande te bly – die kerk moet homslelf of haarself afskei

van die wêreld. Ons is anders en moet anders wees!)

Die kerk het dus sy eie woonplek, sy eie norme en beginsels, en lewenstyl. Ons gaan nie na plekke waar die heidene

gaan nie, ons praat nie soos hulle nie, ons dink en doen anders.

Geheilig deur die bloed van die Seun, dws afgesonder (bewaar) van die aardse, onder die leiding van die Verlosser deur

sy Gees vanuit die hemel!

• Fase drie:Die stryd teen die kerk (NT en daarna)

Die draak wat die kind nie in die hande kon kry nie, haal in die laaste dae al sy wraak nou uit op die vrou/ kerk.

So sien ons dit in die vervolging van die apostels en die vroeë gemeente van Jerusalem. Stefanus word die eerste

martelaar. En hoe het Paulus en die ander nie gely nie!

Oor die eeue word gelowiges vervolg, ja later gebruik die draak selfs die kerk teen die kerk – die Roomse Kerk vervolg

die Protestante en menige gelowige sterf op die brandstapels!

En dan is daar die versoekings van die duiwels wat nou op die aarde gegooi is is geweldig. Dit word hier geteken in ’n

stroom water van verleiding wat uit die slang se bek kom. Hy haal maar weer sy ou truuks (paradys uit): Vervolg,

versoek en verlei met mag en mening. Maar God stel letterlik alles beskikbaar om sy kerk in hierdie tyd te versorg en te

bewaar... selfs die goddelose word in gespan - die aarde wat oopskeur en die stroom insluk is die onversadigbaarheid

van die goddelose (aarde) om die sonde te doen,... hulle versluk hulle letterliklik aan al die vieslikheid van die duiwelse

lewenswyse en vieslikhede van ons tyd – sodat dit nie alles op die kerk afkom nie!

So word waar wat in Openb 22;11 staan – “Laat die wat vuil is vuiler word, en die wat heilig is heiliger word!”

Die Here gee ons immers sy Heilige Gees om ons te lei in heiligmaking. Die Heilige Gees verseker ons van die ewige lewe

(Sondag 1). Hy gee ons geloofsekerheid!

• Die vierde fase is die stryd teen die gees en gewete van die gelowiges.

Die draak was woedend omdat hy besef dat hy eintlik aan die verloorkant staan. Hy haal nou sy laaste skelmstreek uit.

Hy val die gehoorsame kinders van God aan met persoonlike aanvalle, skuldige gewetes, sielkundige laste soos kommer

en depressie en wat nog alles! Ja, hy is soos ’n gewonde leeu. ’n Brullende leeu wat soek om te verslind! Met sy laaste

stuiptrekkings probeer hy nog om die uitverkorenes te laat struikel. (Wapenrusting nodig – Ef 6)

3. Waarom staan daar “ en hy (die draak) het op die seestrand gaan staan” (vs 12)? Wat is sy verdere

aanvalspoging teen die kerk van Christus?

Ek stel my dit voor as ’n oomblik van totale verbystering vir die duiwel. Hy is pê en moeg en gedaan. Sy fut is uit...

want hy is ’n gebore verloorder en ons... ons is meer as oorwinnaars ( Rom 8)!

Hy vlug weg as hy weerstand kry (Jak 4:7). Hy gaan soek die hulp van die vriende wat uit die land en die see kom. Al wat

hy nou nog kan doen is om sy twee trawante (die dier uit die aarde (vals profeet) en die dier uit die see owerhede) op te

roep om sy vuilwerk te doen. (Hfst 13)

Maar as u dan aanhou lees kom u agter waaroor dit werklik in die boek Openbaring gaan:

Die stryd is daar en was daar, maar God is getrou. God vervul sy beloftes, Hy gee die Een wat beloof is met die

moederbelofte. Christus kom na die wêreld en sorg vir die oorwinning! Die duiwel is verslaan.

En God sê vir die bedreigde, bang en bevreesde gelowiges: Christus is in beheer - nie die duiwel nie!

Hy sit aan die regterhand van die Vader. Teen sy wil kan niemand ook nie duiwel roer of beweeg nie.