bronnie bron - sawa · francois en marinda ... as jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om...

15
BRONNIE BRON

Upload: others

Post on 07-Oct-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: BRONNIE BRON - SAWA · Francois en Marinda ... As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot

BRONNIE BRON

Page 2: BRONNIE BRON - SAWA · Francois en Marinda ... As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot

AUGUSTUS 18-20 EASTCO MAGALIES

Die kamp is bygewoon deur die volgende lede, Luyts, Niewenhuizens, Hefers, Strydoms,

Van Niekerks en 2 gaste. Redelike koue weer maar dit stuit geen Bronnie nie.

Ons jaaarlikse AJV vind dan ook hier plaas. Dankie ook aan die Grobbelaars wat vir die dag

deur gekom het om die vergadering by te woon. Vergadering loop goed af.

Page 3: BRONNIE BRON - SAWA · Francois en Marinda ... As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot

Soos besluit is daar na afloop van die vergadering Gebraai en

Heerlike saam gekuier

Page 4: BRONNIE BRON - SAWA · Francois en Marinda ... As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot

Daar was ook verhale vertel, ook van wie watter fliek die vorige aand gekyk het. Daniel hulle

het blykbaar Footloose gekyk, soos per sy vriendin maar sy reaksie daarop was asof hul die

Fliek jare laas gekyk het . Marinda en Esta het sy geheue probeer verfris deur die liedjie te

sing maar selfs dit het nie veel gehelp nie, Daniel,,,, die storie sal moet vervolg, want die

detail moet nog geopenbaar word.

FOOTLOOSE OF NIE

Page 5: BRONNIE BRON - SAWA · Francois en Marinda ... As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot

Daar was GEVANG

Regte Vis en ook ‘n visvang slapie?

EN Daar was GEVANG, slapie binne die karavaan in beeld en dan was daar iemand wat

‘uitgevang’ was. Gereken ons sal hom nie herken met die sonbrille aan nie? Toe nie,

Francois beweer hy wou die bokkies verjaag maar wat het hy daar in sy hand?

Hier…. Het Jamesie die slang gevang of het die slang hom gevang!

Page 6: BRONNIE BRON - SAWA · Francois en Marinda ... As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot

Die AJV se aand funksie .

Page 7: BRONNIE BRON - SAWA · Francois en Marinda ... As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot

Later die aand - Johan met sy vissie wat die hele kamp terrein in

rep en roer gehad het nadat Ruben laat loop net die nuus….. “Ons het hom, Ons het hom!!!”

.Kamp kommendante

Nuwe BESTUUR 2018

Page 8: BRONNIE BRON - SAWA · Francois en Marinda ... As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot

VOLGENDE KAMP – MARULA OASE

Hier kamp die Niewenhuizens, Hefers, Strydoms en Van Niekerks met ons gaste

Joubert.

Hier het ons saam warm gekry

Hier het ons saam geswem

Hier het ons saam gebraai

Hier het ons saam met Jamesie ge-mashmallow

Hier het ons saam met ander Sawanante gekerk

Hier het ons saam geeet

Hier het ons saam gefoto

Hier het ons saam gesit gesmile en Shirley was die ‘raam’

Page 9: BRONNIE BRON - SAWA · Francois en Marinda ... As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot
Page 10: BRONNIE BRON - SAWA · Francois en Marinda ... As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot

Francois en Marinda – BAIE DANKIE vir ALLES

wat julle ALTYD vir Bronberg doen. Hulle is GREAT!!!!!

Page 11: BRONNIE BRON - SAWA · Francois en Marinda ... As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot

BESTE LANGPAD SPELETJIES VIR DIE HELE GESIN

Die karavaan is gepak en die kinders langs mekaar ingeryg op die agterste sitplek van die

motor. Die eerste 50km gaan dit goed, totdat die kinders saam in ‘n koor begin

sing…wanneer is ons daar?

Hier is ‘n paar speletjies wat julle in die kar met die kinders kan speel:

KARKRIEKET:

Elkeen in die kar kry ’n kans om te kolf. Om punte aan te teken, tel jy die waardes bymekaar

van die voertuie waarby julle verbyry.

Die puntetelling werk so:

Motor = 1 lopie

Motor met ’n sleepwaentjie = 2 lopies

Bus of vragmotor = 4 lopies

Karavaan = 6 lopies

Die kolwer hou aan kolf totdat ’n rooi motor verbykom. Hy is dan uit en kry die volgende

kolwer ’n beurt om te kolf. Sodra iemand 100 lopies het, is die speletjie verby.

WINDPOMP AVONTUUR:

Die kinders moet kyk hoeveel windpompe hulle langs die pad raaksien. Die wenner is die

speler wat die meeste windpompe raaksien teen die tyd dat julle by die kampplek aankom.

TONNEL-ASEM:

Die kinders moet hul asem ophou wanneer julle by ‘n tonnel ingaan. Die wenner is die kind

wat die langste sy asem kan ophou.

SPEURDER:

Een van die kinders in die kar moet aan ‘n seker voorwerp dink. Die ander passasiers moet

dan prober raai wat die voorwerp is mag dan net 20 vrae vra . Die antwoorde mag net ‘n

“JA” of “NEE” wees. As die “speurders” nie binne 20 vrae kan raai wat die voorwerp is nie,

verloor hulle. Iemand anders kry dan weer die geleentheid om aan ‘n voorwerp te dink.

MAAK ‘N LAS:

Die speletjie begin met ‘n passasier wat een volsin uitdink. Die volgende persoon moet dan

Page 12: BRONNIE BRON - SAWA · Francois en Marinda ... As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot

nog ‘n sin bylas. Almal in die kar kry ‘n beurt om ;n sin by te voeg totdat ‘n hele storie

ontstaan.

ALFABET TREIN:

Die speletjie begin met ‘n passasier wat bv die volgende stelling maak: “Ek gaan kamp met

ons karavaan en ek vat…saam. Hierdie passasier voltooi dan die sin met ‘n woord wat met ‘n

“A” begin – soos “appel”.

Die tweede speler herhaal dan dié sin en voeg dan ’n tweede woord by wat met ’n ‘b’ begin,

soos ‘boontjie’. Byvoorbeeld “Ek gaan kamp met ons karavaan en ek vat ’n appel en ’n

boontjie…” Indien ’n speler ’n woord vergeet is hy uit die spel uit. Die laaste speler wat al

die woorde tot en met ‘y’ kan opsê, is die wenner!

MIK EN DRUK:

As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n digitale

kamera of met jou slimfoon. Dit is groot pret om by jou bestemming deur al die foto’s te

gaan en om die wêreld deur die oë van jou kind te sien.

TALENT PARADE:

Laat jou kinders grappies vertel en liedjies sing in die kar. Wees jy die seremoniemeester en

kondig elke kind met entoesiasme aan.

Ten slotte…Onthou, die belangrikste is om die rit as gesin saam te geniet en om kalm te bly

in die voertuig. Haal diep asem en geniet die tydjie saam met jou liefmense terwyl julle

oppad is na jul gunsteling kampplek. Onthou julle is besig om saam kosbare herrineringe as

‘n gesin te bou.

Deur: Loret Truter

Page 13: BRONNIE BRON - SAWA · Francois en Marinda ... As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot

BRONNIES EN HULLE DINGE :

Ons twee matrieks saam met hulle Pappa en Mamma - Matriekafskeid

Ons twee matrieks saam het hulle Metgeselle…. net Pelle!

Page 14: BRONNIE BRON - SAWA · Francois en Marinda ... As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot

Lianie doen by haar ballet eksamen en verwerf vol punte

Jamesie ons Engels/Scots/Frans -man

Ag my moeder, Iemand word Ouma Monya hou konsert

Page 15: BRONNIE BRON - SAWA · Francois en Marinda ... As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot

DIE BERIG IS GESTEEL :::::

Hoekom kamp jy?

Andre Mare Rustigheid “stresloos komkommervry,Kalmte vars lug,natuurskoon.” Marihet Oosthuizen “Kampvuur Vroeg oggend koffie lees Rustige atmosfeer ontspan swem stap ….” Carien Beukes “Die son op jou vel,die blydskap op my seuns se gesigte as hulle n vis gevang het,my man se lewer en niertjies gebraai met uie opi kole,gesinstyd en rugby luister opi bakkie se radio.” Theo Debbie van Stryp “Laat aand kuier om n vuurtjie” Louise Smith “Dis waar al die Afrikaas mense wegkruip, en ons is baie vriendelik met mekaar. Bos Bos Bos! wat meer wil jy hê. Ook snaaks hoe jou bloeddruk perfek is en jy vergeet om jou slaap pil te drink. En Pappie as daar ‘n rugby game aan is, is dit presies waar jy wil wees, tussen jou mense, groot gees!” Magriet Moolman “Ander roetine as by die huis…….doen wat jy wil wanneer jy wil….tyd is nie n faktor nie!!!!!!” Lezette Jenkins “See kos eet uit die so lekker vars en die branders se geluid in die aand as jy slaap en jou tent oop maak in die oggend en jy kyk op die see” Wilna Wheater “Net die rustige kalmerende effek van die natuurskoon is vir my genoeg. Voel of Here so ekstra naby my is. Lekker vars oggend bries en mooi sonsondergange. Awesome verby. Wens ek kan 365 dae van die jaar dit beleef” Dirk de Villiers “Die ergste dag by n kampplek is beter as die beste dag by die werk. So my beste top 10……..EK IS NIE BY DIE WERK NIE” Louwrens Wepener “Laat aand kuier by kampvuur en die rustigheid om jou. Dis lekker, en te weet jy is nie by die werk nie.”

NOU IS DIE VRAAG, HOEKOM KAMP JY, MEDE BRONNIE…… ? Laat weet gerus hoekom?

KAMP GROETE