bloemnuusbl 20140711

12
VRYDAG 11 JULIE 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS Kokkedoor Magda wys jou hoe op Vryfees bl. 7 Gewild Kaartjies vir Snotkop se konsert vlieg bl. 4 Beseer Heinrich draf nie uit vir Cheetahs bl. 8 Met die aanbreek van Julie is die jaar oor die halfmerk en só ook Bloemnuus se Troufoto van die Jaar-kompetisie waarin duisende rande se pryse gewen kan word. As jy dus nog jou onlangse troufoto wil instuur, is dit nou die tyd. Vir meer besonderhede kyk op bl. 6. Die meegaande foto is geneem op die Cheetah Lappies Labuschagne en sy vrou, Lenè, se troue. Foto: Tania Allen Foto’s ingewag

Upload: central-newspaper-group-bloemnuus

Post on 01-Apr-2016

293 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20140711

TRANSCRIPT

Page 1: Bloemnuusbl 20140711

VRYDAG 11 JULIE 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

Kokkedoor

Magdawys jouhoe opVryfees

bl. 7

Gewild

Kaartjiesvir Snotkopse konsertvlieg

bl. 4

Beseer

Heinrichdraf nieuit virCheetahs

bl. 8

Met die aanbreek van Julie is die jaar oor die halfmerk en só ook Bloemnuus se Troufotovan die Jaar­kompetisie waarin duisende rande se pryse gewen kan word. As jy dus nogjou onlangse troufoto wil instuur, is dit nou die tyd. Vir meer besonderhede kyk op bl. 6.Die meegaande foto is geneem op die Cheetah Lappies Labuschagne en sy vrou, Lenè, setroue. Foto: Tania Allen

Foto’singewag

Page 2: Bloemnuusbl 20140711

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014

LESERSLENSFOTO:DieKoningin vandieWinter het haar towerstaf geswaai enbuiten die bibberende koue ook ietsmoois na Bloemfontein gestuur. ZibethCoetzee het die bevrore spuitfontein af­geneemnadatdie kwik ­8 °Cgedraai het.Zibeth is hierdeur ’n eetbewys van Ro­sie’s Brasserie in die Windmill­casino ry­ker. Lesers is welkom om hul foto’s [email protected] te stuur.

Só sê jy oorkoperplatewat voete kryKOPERPLATE van diémonument op Hoffmanpleinkry voete en word waar-skynlik as skrootmetaalverkoop.Die monument is opgerig

ter ere van gestorwe soldatewat in die Eerste en TweedeWêreldoorloë geveg het.Ontstoke lesers het só op

Bloemnuus se Facebook-bladhieroor gereageer:

SHannelie Schimper: Jyweet . . .

S Tim Taylor: Nee, nee,nee. Ek glo dit nie!

SAnita Dreyer Stanley:Skandalig, dit is wat dit is,skandalig!

S Sanet de Klerk: Vuil-goed! Sit iewers ’n kameraop.

S Chris. F. Nel: Hulle saldie kamera ook steel.

S Lizette Henning: Sjoe,dis hoofletter BAD. Sitasseblief tralies rondom –ver genoeg dat die diewenie hul hande daarop kan lênie.

SHannelie Gobey: Myoorlede pa se oom ennaamgenoot se naam hetook op daardie plategestaan. Hy was so trotsdaarop. Dit maak my hartso ongelooflik seer.

S Telanie Hartslief: Nikshou in die middestad nie.Die strate daar en die pleinis die vuilste gedeelte inBloemfontein.

SAubrey Dewey BozellaOlivier: Hulle moet die helemonument verwyder en in’n plek van beskawing gaanoprig.

S Jacques Muller: Menskan glad nie meer koper ofgrafstene aanbring nie.Gaan kyk net hoe lyk onsbegraafplase.

S Quintus Fourie: Dis2014, nie meer 1990. Dis tyddat Nelson op Naval Hill virscrap metal opgesny word.

S Jenny Brunyee Els:Hoekom het die koper niedie polisie gekontak nie?Dan is hy ook maar net soskelm.

S Carl du Toit: Ek stem,daai kopers is dan net soskuldig en het ook geengewete nie.

Koperplate op dié monument op Hoffmanplein kry voete.Foto: Jens Friis

S VLIEGTUIG moes omdraai: ’nVliegtuig van SA Express watonderweg was van Johannesburg naBloemfontein moes omdraai omdatdaar fout met die stuurmeganismewas. Die vliegtuig was Maandag reedsop pad na die aanloopbaan toe opdraggegee is dat dit moes omdraai.’n Passasier het Bloemnuus uit die

vliegtuig laat weet dit is die hoeveel-ste keer dat hy weens tegnieseprobleme laat vir ’n afspraak inBloemfontein gaan wees.“Die maatskappy se naam is SA

Express, maar sonder ‘Express’.”Bloemnuus het vantevore al oor

soortgelyke oponthoude berig.

S Die Hoërskool Böhmer hou dienaweek van 6 tot 8 Februarie 2015 ’nreünie vir alle leerlinge en oudonder-wysers wat tussen 1986 en 1990 by dieskool betrokke was. Bel Tima Smithby 083-388-1190.

S Vanjaar bied die NasionaleKunstefees (3 tot 13 Julie) in Gra-hamstad sy grootste program nog aan.Dit sluit sowat 3 000 opvoerings in 50lokale in. Verlede jaar het die feesR349 miljoen vir die Oos-Kaapingebring. Meer as 40 lande se menseis vanjaar op die fees betrokke en ditword in die talle buitelandse produk-sies weerspieël.

DAAR was eens die 007­fliek Diamonds are forever en die leuse van die DeBeers­diamantmaatskappy is “A diamond is forever”. Maar ’n diamant is egterwel onder buitengewone omstandighede vernietigbaar. Indien verhit tot ’ntemperatuur van sowat 840 °C, byvoorbeeld met ’n blaaslamp, sal ’n diamantverbrand en in grafiet omgeskep word. Dit is dus nie noodwendig “vir altyd”nie. Terloops, die woord karaat is afgelei van die Arabiese kwierrat wat “saad”beteken. ’n Karaat is gelykstaande aan 0,2 g.

Nuus in kort

Page 3: Bloemnuusbl 20140711

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014 3

Onthou jy nog?S Jenny Brunyee Els: Ag,nee. Moes jy dit nou doen omvir ons te wys? Selfgemaaktekaramel is darem baielekker.

SAnnetjie Swart Mostert:Caramel Treat kom nie nabydie ou metode nie. Hoe watermy mond nou.

SMadeleine Le RouxOlivier: Ek en my vriendinhet die blikkie op die stoofvergeet. Met katastrofiesegevolge. Haar ma was goedboos vir ons.

SDawn Els: I forgot it onthe stove once to rush to mykid’s school concert – noteven the ceiling was spared.Cat and dog was quite

jumpy and didn’t trust thekitchen for quite a while.Since then I do them in the

pressure cooker, aroundthree at a time and less thanhalf the cooking time.

SAdri de Vos: Ja, hoe ekgebrand het toe my eksmandit gekook en daarvanvergeet het. Letsels vir dieres van my lewe. Ek koopeerder klaar karamel.

S Samantha Botha: Hoelank kook ’n mens dit nouweer? Ek moet dit weer ’nbietjie maak.

S Sienta Bergh: Twee uurop die stoof in ’n kastrolwater.

S Sannetjie Delport: Ekwens hulle wil die kleinblikkies kondensmelkwaaruit ons gedrink het,terugbring.

S Sandy Glenn: Wens ek hetnou ’n blikkie gehad.

’n Weergawe lui:Aljander, aljander, lui

die klok,My mama is ’n goeie

kok.Aljander, aljander, so

deur die bos,My mama kook sulke

lekker kos.

Só het lesers op Bloem-nuus se Facebook-blad opdié foto gereageer:

S Dawn Els:Aljander, aljander so

deur die bos,my ma en pa maak

lekker kos,die kinners verstik aan

’n druiwetros,die laaste een se kop is

af.It’s a cruel song, but

did we care? Little kidsdidn’t know the meaningof the words, just enjoyedthe song and dance.

S Lorraine Blumenthal:Goeie ou dae. Wens netvandag se kinders wil ditprobeer speel. Ons klomphet nou die dag bok-in-die-hok gespeel.

SHelena Steyn: Mykleindogter van drie jaarhet dit nou die dag selfsgeloop en sing. Sy hetdit by die kleuterskoolgeleer.

GROOTSTE IN SY SOORT: Bloemnuus se Facebook­blad is die grootste in sy soort insentraal­Suid­Afrika. Dié plaaslike koerant het Maandag 6 000 lede gehad. Is jy al eenvan hulle?

Lag’nslagS Die Ritsim (2013)doen die volgendepick up lines aandie hand:* Kan jy dalk myhand vashou, ekwil graag ’n entjiegaan stap.* Jy is die tweedemooiste mens watek gesien het. Diemooiste is diekinders wat ons salhê.* Jy skuld my ’nroomys, want toeek jou die eerstekeer sien, het ekmyne laat val.* Kan ek jou fotokry? Ek wil graagvir Kersvader wyswat ek vir Kersfeeswil hê.

SWhat did thesign in the Egyp-tian funeral homesay?Answer: Satisfac-

tion guaranteed ordouble yourmummy back.

Page 4: Bloemnuusbl 20140711

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014

S Rocco de Villiers se Klaviermu-siek gaan binnekort beskikbaarwees. Dié bladmusiek sal liedjiesinsluit soos Anna Aeroplane en Kla1 Kla 2 Kla 3 Kla 4. Die liedjies salvergesel word van verduidelikingswaarom hy dit geskryf het.

SMax du Preez (nie-fiksie) enClare Robertson (romanskrywer)is aangewys as die wenners vanvanjaar se Sunday Times- literêrepryse. Robertson het die prys virThe Spiral House ontvang en DuPreez vir A Rumour of Spring:South Africa after 20 years ofDemocracy.

S Jaco Jacobs het verneem hy isop die langlys van ’n internasiona-le kinderboekkompetisie. Dit is dieeerste keer dat dié produktiewekinder- en jeugboekskrywer vir ’ninternasionale prys in aanmerkingkom, hoewel hy hande vol kere alnasionaal bekroon is.

S Danny K, Suid-Afrikaansesanger en liedjieskrywer, het op syTwitter-profiel die geboorte van syen sy vrou, Lisa Koppel, seeersteling aangekondig. Dieseuntjie het met geboorte 3,4 kggeweeg.

S Johnny Hamman van Kaapstaden Elsa Buys van Clarens is asKokkedoor se wenners vir 2014aangewys.

S Johannes Kerkorrel, Bernol-dus Niemand, Taliep Petersen enander kunstenaars pryk opposseëls van die Poskantoor.

S Shakira, die Colombiaansepopsanger, en Wyclef Jean, diehip-hop kunstenaar, sal Sondag opdie afsluitingsgeleentheid van dieWêreldbeker-sokkertoernooi optree.

S Pink Floyd, ’n legendarieserockgroep, stel binnekort sy eerstealbum in 20 jaar bekend.

SKaren Zoid, die rockster, worddalk nog ’n kletskoningin. Dít isdalk die pad wat Karen Zoid gaanloop met haar eie geselsprogram opkykNET wat gister begin het. Dievolgende 12 weke sal sy elkeDonderdag om 20:00 die presidentwees van haar eie Republiek ZoidAfrika. As president het sy die regom haar eie gaste te kies. In dieeerste program was Riaan Cruy-wagen en die voorsanger van diegroep Freshlyground, ZolaniMahola, die gaste. In die tweedeprogram sal Casper de Vries enAnna-Mart van der Merwe diegaste wees, en in die derde KurtDarren en Corné Krige.

S James Blunt hou in Februariedrie konserte in Suid-Afrika asdeel van sy Moon Landing-toer.Sy Suid-Afrikaanse toer begin op12 Februarie in Kaapstad met ’nkonsert in die Grand Area byGrandWest. Daarna is hy tweeaande – 14 en 15 Februarie – inJohannesburg in die Big TopArena in Carnival City.

Het jy dit gehoor?

ALBEI VERJAAR VANDAG: MornéSteyn, die oud­Bloemfonteiner watnou vir die Franse rugbyklub StadeFrancais speel, en sy seun, Jóvan(2), vier albei hul verjaardag vandagop 11 Julie.

VRYDAG 11 JULIES From Past to Present: ’n Kleinversameling word ter viering vandie Bloemfonteinse kunstenaarLouis Cott tot 24 Augustus inOliewenhuis.S Die Suid-Afrikaanse tafelten-niskampioenskapsbyeenkomsvind tot môre in die binnenshuisesportsentrum van Tempe plaas.S Live music every Friday atFlames Bar at Preller Square,Dan Pienaar. Skakel 051-492-0044.SBinnelanders: Jana takescontrol of arranging Nina’sbirthday party, but Quinton doesnot trust her – and shoots hismouth off. Wimpie tries tobamboozle someone at Eikehof,and Zadie’s behaviour on theinternet leaves her red-cheeked infront of Okkie. When there is acrisis, Gustav seems to be theonly knight in shining armour.

SATERDAG 12 JULIES Flex & Fight 2014: Bloemfon-tein City Hall, 09:00. Kobie Pieters,[email protected] Emmie sing om 17:00 in dieCheetah Bar. Pieter van Dyk,072-748-5530.S Vintage French Flair: SecondAnnual Bridal Show at ElridoGuest Lodge, Heuwelsig. Haneke,082-896-2937.S Jagkompetisie ten bate vandie NG kerk Philippolis. PulaniSimes, 083-454-9533.S Crossing: Skilderye van water

deur Greg Schultz tot 20 Julie inGallery on Leviseur.S Live music every Saturday andSunday from 11:30 to 14:00 atPretty Gardens.S Familiedag op die Musgrave-terrein ten bate van die DBV.Koos, 072-376-0572.

SONDAG 13 JULIES Live music elke Sondag in dieKerdoni’s-restaurant, Bayswater,van 13:00 af.SDie wêreldbeker-sokkertoer-nooi se eindstryd word om 21:00in Rio de Janeiro gespeel.

MAANDAG 14 JULIESReza de Wet-toneelfees:Opvoertye om 15:30 en 20:00. Alleopvoerings word in die kykNET-Repteater aangebied. Toegang isR30 per sessie. Bespreek plek byComputicket.SDie Campbells is op 14 Julie inBinnelanders se Nagskof. Sluit jouby www.binnelandersekstra.co.zaaan om meer van dié sepie tewete te kom.SKoop op Maandae ’n burger bydie Spur en kry ’n tweede eenverniet.S Die Vrystaattak van dieGenealogiese Genootskap vanSuid-Afrika hou om 18:30 symaandelikse byeenkoms in dieouditorium van die Oorlogmuse-um. Fritz Fourie praat oor dieFouries. Marietjie van Zyl,082-406-5975.

S Coca-Cola-Cravenweek.SuperSport1, Kanaal 201.SKitaarkitskursus van vandagtot Donderdag. Felix Reinders,079-568-5802.

TUESDAY, 15 JULYS Chaotic Region by NigelMullins (Annex Gallery – Olie-wenhuis Art Museum). ChaoticRegion, a recent body of paintingsby Nigel Mullins, casts new lighton how we make sense of theworld. In tackling ideas thattrack the space between supersti-tion and scientific humanism,Mullins asks certain vitalquestions: Are science and artpolar opposites in the quest forunderstanding? How much doesthe one give to, or conflict with,the other? Can we even draw adividing line when it comes towhat we know and what we thinkwe know? One thing is forcertain: Whether we are using thelenses of science or art to exami-ne the world, both have thepotential to enrich and deepen ourinvestigations, be it throughdelight, shock, epiphany orhorror.SHuishulpuitreik-aksie deurdie NG kerk Heuwelsig. ’nWerkersklas waarin vaardighedeaangeleer word. Kotie Burger,083-461-2887.S Leonard Cohen in Afrikaansdeur Koos van der Merwe om15:00 en 17:30 in die Aasvoëlklub.

SWeskus-storievertellers:Musiekteater met Johan Bakkes,John Cloete, Cynthia Swartbooien Thys Januarie om 20:30 in dieAasvoëlklub.S Pensioner’s day every Tuesdayat Makro. Eileen Ndewere,051-101-1000.S Fast of Tammuz (Jewish).S The Lotus Eaters: Handge-blaasde glas, digitale animasie,papier-en-fotokonstruksie enbeeldhouwerk deur BarbaraWildenboer tot 27 Julie inOliewenhuis.SReza de Wet-toneelfees:Opvoertye: 10:30, 15:00 en 19:30.Alle opvoerings in die kykNET-Repteater. Toegang is R30 persessie. Bespreek by Computicket.

WEDNESDAY, 16 JULYSA Night with great SongWriters: Henk Botes om 12:00 indie Aasvoëlklub.SBinnelanders: Quinton feelsthreatened when Jana tries toinvolve Pippa in the TV show.Okkie and Ilse receive news aboutthe sketch and Zadie’s surpriseturns out to be bigger than shehad expected.S Saaiplaas 2 Skag: Visuelewoordkuns met Johan Jack Smithom 18:00 in die Aasvoëlklub.S Suid-Afrika teen Sri Lanka(krieket). SuperSport2, Kanaal 202.S Stuur: Weet jy van iets watgebeur en hierin hoort? Stuur ’ne-pos na [email protected].

THURSDAY, 17 JULYS This Picture of Us with HenkOpperman and Ipeleng Merafe inthe Civic Theatre at 14:30. Ticketscost R100 at Computicket.SMense word benodig omDonderdae ’n halfuur lank te helpom die sop en brood in dieKlipkerk se sopkombuis uit tedeel. Daar is ook mense nodig omsop te kook en brood te skenk. Asjy bereid is om te help bel Elizeby 051-436-7322.SBinnelanders: Frankie issuddenly engaged, and Quintonisn’t too happy with the reactionof Pippa. At gets involved insorting out Margot’s dark past.S Life, a production with art,music, drama, dance and life atGallery on Leviseur, 19:00. R100per person.S Skenk bloed in WoodlandHills-gemeenskapsaal van 15:00 tot19:00.S Sang-oudisies by Die Musiek-akademie. Almal welkom. Raakdeel van weeklikse sessies,konserte en produksies. Stuur ’ne-pos aan [email protected] of skakel 076-155-9212.

SATERDAG 2 AUGUSTUSS Snotkop (Francois Henning) indie Bobbiespark-gemeenskapsaalom 19:00. Kaartjies teen R100 enR120 is by Computicket te kry.Leerlinge betaal R80. Bloemnuusis ’n mediaborg van die konsert.Scott Entertainment, 051-433-7040.

Theuns Jordaan is op Vrydag 29 Augustus om 19:30 in die Kovsie­kerk. Kaartjies van R110 af is te kry by Computicket en word ookgereeld weggegee op Bloemnuus se Facebook­blad. Bloemnuus is’n mediaborg van dié konsert. Navrae: 082­481­8881.

Dagboek

Page 5: Bloemnuusbl 20140711

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014 5

KLEURRYK: ’n Skildery deur Makiwa wat in die Kotzé­kunsgalery te sien is.

Lientjie Mentz

KOM tjil ’n bietjie metmooi musiek en smullekkerkos in Volksblad Tjil opvanjaar se Vryfees.Volksblad Tjil word in

die koshuise Sonnedou enNJ van der Merwe segazellies, asook in dieatrium wat dié twee lokaleverbind, aangebied.Die kunstenaars Laurie

Levine, Peter Mitchell enLuna Paige gaan op drieverskillende aande kunste-feesgangers hier met hulbesonderse klanke ver-maak.Volksblad Tjil is elke dag

van Dinsdag 15 Julie totSaterdag 19 Julie van 10:00tot 19:00 oop.Van Donderdag tot

Saterdag tree een van diedrie kunstenaars elke aandvan 20:00 tot 22:00 op. Diekaartjies vir die vertoningskos R100 elk en kan netdeur voorafbesprekingbekom word. Daar is net 80kaartjies vir elke aandbeskikbaar.Die drie vertonings open

elke aand om 19:00 en gastekan dan eers eet- endrinkgoed by die stalletjieskoop voordat die vertoningom 20:00 begin.Laurie Levin tree op

Donderdag 17 Julie op,Peter Mitchell op Vrydag 18Julie en Luna Paige sluitdie week se lekkerluister-vertonings op Saterdag 19Julie af.Verblyf vir die kunste-

naars word goedgunstiglikdeur die Zanchieta WildCat Farm buite Bloemfon-tein geborg.S RSG se Loslip gaan

daagliks tussen 14:00 en15:00 van hier af aangebiedword.Hier is ’n paar van die

uitstallers wat in VolksbladTjil gaan wees:SKaya-bierbrouery:Bloemfontein se eiebierbrouer gaan vierverskillende soorte bierein Volksblad Tjil verkoop.Die bier word in kleinhoeveelhede met tradisio-nele tegnieke en net die

beste bestanddele gebrou.Besoekers aan die stalletjiesal ook meer van diébrouery kan leer terwylhulle aan Czeck Lager,Cascade Blonde, Mystic Aleen Darkmoon Stout proe.S Jack & Jill: Dit is ’nbakkery wat op bestellingbak en voorslag-kolwyntjiesmaak.Daar sal by die stalletjie

in Volksblad Tjil tienverskillende geure kolwyn-tjies wees wat ’n glutenvryeweergawe insluit.Daar sal ook ander

lekker peuselgoed soossjokoladebruintjies,mini-koeke en taai vinger-lekkers wees.)SKookstertjie: MagdaJohnstone, Kokkedoor-fina-lis van die eerste reeks, segebottelde produkte beslaandeesdae meer as 32 verskil-lende soorte blatjang,slaaisous, stroop, smeer enander lekkertes.Daar sal ook allerlei

Italiaanse lekkertes van dieAvanti-restaurant beskik-baar wees, varsgemaaldekoffie deur Stereo Café,gourmet-burgers enciabatta’s van die OliveChef School, sop enbroodjies en Iewers Nice seheerlike melkkos en pap enkaiings.Daar sal ook pasteie en

quiches by Marmelade enThai-geregte by OolongLounge te koop wees.S Bespreek plek vir dievertonings van LaurieLevine, Peter Mitchell enLuna Paige by SpottedApple by 051-447-1086 of082-072-1143 of stuur ’ne-pos na [email protected].

Dié plek omop fees te tjil

Luister op Vrydag 18 Juliena Peter Mitchell by Volks­blad Tjil. Foto: Verskaf

Page 6: Bloemnuusbl 20140711

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014

STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing inBloemnuus na [email protected]. Die kleurfoto moetminstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter fotograafvir wie waar afgeneem het. Nog heelwat meer troufoto’sis op www.bloemnuus.co.za te sien.Getroud

Hennie en Isobel Viljoen. Foto: Mandie Niemann Jackie en Mariza Badenhorst. Foto: Mandie Niemann

Johan en Louise Wagner. Foto: Go Urban Photography Theo en Liezl Theron. Foto: Blackford Photography

Jurie en Danielle Meyer. Foto: Go Urban Photography Chris en Charlene Bornman. Foto: Maryke Venter Photography Lappies en Lene Labuschagne. Foto: Tania Allen

Vir nog troufoto’s gaan na www.bloemnuus.co.za

Page 7: Bloemnuusbl 20140711

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014 7

Kuier, kookvoluit náKokkedoorMAGDA JOHNSTONE, ’n finalisin die eerste reeks van Kokkedoor,is ’n Vrystater in hart en siel.Sy het in Verkeerdevlei grootge-

word en was later aan die destyd-se Hoër Handel- en Kunsskool inBloemfontein.Sy vertel haar hart het daardie

eerste winter hier in Bloemfonteinvasgevries en dat dit so bestemwas dat sy later jare moesterugkom om Bloemfontein haartuiste te maak.“Die Bloemfonteiners is gewone

mense wat ook die fyn kant kenen waardeer, maar nie hul neusvir rys, vleis, aartappels enpampoen optrek nie.”Ná Kokkedoor kook en kuier

Magda die land deur. Sy het ook’n reeks gebottelde produkteonder die naam Kookstertjiebegin.Wanneer sy nie kook nie,

skilder en skryf sy graag.“Ek het ook ’n swakheid om

saam met vriende en familieledelang glase wyn te drink.”Die reeks gebottelde produkte

bestaan uit 32 verskillende bottelslekkerte.Dit sluit verskeie soorte blat-

jang, stroop, sous en smeer in.Die produkte word deur Kokke-

door onderskryf en dra sy gouestempel van goedkeuring.Sy is baie trots daarop dat die

produkte veelsydig gebruik kanword en deel haar idees en resepteop kookstertjie.co.za.’n Reeks klaar gemengde

speserye vir ou gunstelinge sooskerrievis en sosaties is in dievooruitsig en die boek sal waar-skynlik voor Kersfees op die rakwees.Magda kuier elke maand met

haar produkte op Volksblad seKos-en-kunsmark in Bloemfontein.Sy is ook vanjaar op die

Vryfees waar sy drie dae saammet die klein Bloemfonteinertjieskuier, proe en kosmaak inKoskaskenades: Tannie MagdaKokkedoor.Haar produkte sal ook in

Volksblad se Tjil-gebied te koopwees.Vir besprekings en optredes

kontak Johan Kriel by 082-061-5033.

Magda Johnstone, ’n Bloemfon­teiner bekend ná haar deelnameaan Kokkedoor, kook en kuier dieland deur.

Padstalnou oop’n PADSTAL het enkele daegelede 100 m van WoodlandHills se afdraai af geopen.Ná daardie kenmerkende,

eerste varsgeroosterdekoppie koffie by Hive kanbesoekers hulle in al dieheerlike lekkernye en kunsvan die Groenvlei CountryMarket verlustig.

Program

Die volgende programword hier beplan:SMaandagaande: Koekver-sierkunskursus deur Lizevan den Heever.SWoensdagaande: Leermeer oor koffie by Hannesvan Rensburg.S Saterdagoggende: Kuns-klasse vir kinders deurLindi van Rensburg.S Saterdagoggende: Bonsai-kursus deur Chris Lennox.Private gesellighede kan

met Hannes bespreek wordvir daardie spesiale ooie-vaars- of kombuisteeparty,of selfs net ’n informelebymekaarkoms van goeievriende.

Waar?

Waar presies is diepadstal? Langs FransKleinhansweg net buiteHeuwelsig.

S Rig navrae aan Hannesvan Rensburg by 076-339-1851.

Page 8: Bloemnuusbl 20140711

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014

Wel en weeS JACO JACOBS, die Bloemfon-teinse skrywer, vertel só op syFacebook-blad oor sy dogtertjie:“Baie ontevrede bring Mia haarappel sodat ek eers die stingel kanafdraai. ‘Pappa, hier’s nog ’n stukboom aan die appel’.”

SMona Whitehead (gebore 1934)is oorlede. Sy was getroud metCharles Whitehead, voorheen dieeienaar van OFS Fire Services. Syis uit die NG kerk Langenhoven-park begrawe en in die Bainsvlei-be-graafplaas ter ruste gelê.

SMarizen Marais van Eunice isdie eerste Suid-Afrikaanse skole-kaptein wat die Suid-Vrystaat sedert2001 opgelewer het. Die einste skoolse Grace Yazbek was in 2001 dielaaste Suid-Vrystaatse speler watdie nasionale skolespan aangevoerhet. Marais is ook ná die interpro-vinsiale toernooi die tweedeagtereenvolgende jaar as die voorstemiddeveld-speler aangewys. Maraisen die Suid-Vrystaat se kaptein,Antonet Louw (Oranje), het albei’n tweede agtereenvolgende jaar dienasionale skolespan gehaal. Hulleword vanjaar deur Shindre-LeeSimmons (St. Michael) en PriscillaEsterhuyze (Oranje) in die spanvergesel. Verder is Ashley-JeanDatnow (Eunice) en Tsoane Tikani(St. Michael) vir die Suid-Afrikaanseskole-B-span gekies.

SMichael Patrick Crawford(gebore 1943) is oorlede. Hy was1961 se hoofseun van die St.Andrew-skool.

S Siska Martin, die redakteur vanVolksblad-Kontrei, en haar gesinwas met vakansie in die NasionaleKrugerwildtuin. Die Martins wasgelukkig om al vyf van die GrootVyf te sien.

SAlbé Grobbelaar is op besoekaan die eiland St. Helena.

S Die volgende inwoners inBloemnuus se lesersgebied isoorlede:*Adri van Biljon (1919)*Helena Snyman (1921)* Sarie Snyman (1925)*Naómi Noordman (1931)* J.L. (Kobus) Terblanche (1948)*Getruida Magdalena (Koningin)du Toit (1949)* Catherina Paulina BertinaBradbeer (1950)*Adri Smuts (1968)

S Die vier eksemplare van Die VaalPlimmif deur Fanie van Jaarsveld(verlede week se voorbladstorie)gaan aan Siegfried Kaap, Barendvan der Merwe, Gina du Preez enLena du Plessis Greyvenstein.Bring asseblief jul identiteitsdoku-ment saam om dit op te eis.

S Peter Mitchell se twee CD’s gaanaan Tarina van Huyssteen Louwen Danelle Groenewald Koch. Ditis by Volksblad se ontvangs. Bringasseblief jul identiteitsdokumentesaam om dit op te eis.

SHeinrich Brüssow sal nieSaterdag teen die Leeus vir ’n laastekeer vanjaar vir die Cheetahsuitdraf nie. Die liesbesering wat dieSpringbok-flank verlede weekverhoed het om die Haaie te pak salhom ook die naweek uit sy span selaaste Superrugbywedstryd inJohannesburg hou. Brüssow sluithom weer ná die Superreeks by dieDocomo Red Hurricanes, waarvoorhy ook in 2013 se Curriebeker-reeksgespeel het, in Japan aan.

S Lood de Jager gaan die Spring-bok-trui waarin hy sy toetsbuiginggemaak het, laat raam, terwyl dieeen waarin hy in die beginspanwas, na sy pa toe gaan. Hy het intwee toetse teen Wallis en een teenSkotland gewys hy is pure Bok.

S Chris van Blerk en GiselleLinstrom Fulton wen elk dubbel-kaartjies na Theuns Jordaan sekonsert. Dewald Louw, wat diekonsert organiseer, sal met jullekontak maak.

S Die wenners van pryse opBloemnuus se webblad, www.bloem-nuus.co.za, is:*Annatjie Bothma (Betty Jean,Sings Country Gospel)* Toet Bothma (Gerhard Steyn,Brood en Melk)* Elize van Wyk (Kwagga Bees, Myland)* Senda Edeling (Juan Boucher,Gee jou hart ’n breek)* Stef du Raan (Daniel Eeuwrick,Op ’n leë paron)* Sunette Hiten (Alan Ladd,Country Gems)* Este Prins (Kobie Kruger, Eggo’sin die Skimberge)*Hanley Fourie (Carina Truyts,Yum Mo)*Melanie Anderson (Peter Alkema,Woodworking for Everyone)

Lesers kan hul pryse by Volksbladse ontvangs opeis. Bring assebliefjul identiteitsdokumente saam.

S Theo Bronkhorst, ’n privatespeurder, is ná 17 maande sespanning op ses aanklagte in dieBloemfonteinse landdroshof onskul-dig bevind. Hy is op vier aanklagtevan bedrog met kliënte van hom entwee aanklagte dat hy hom as ’npolisieman voorgedoen het deurlanddros Lani Opperman onskuldigbevind.

S Die produksie-keuringskomiteevan die Vryfees is: Nico Luwes,Adri Herbert, Pieter Venter,Elretha Britz, Braam Muller,Godfrey Manenye en AndileQongqo. Dié fees vind van 15 tot 20Julie plaas. Kaartjies is by Compu-ticket te kry.S Die Kunstetrust is van die begin

van die Vryfees die naamborg virdie Odeion-teater. Uitvoerings watvanjaar in dié teater aangebiedword, sluit in Bach into myself metdie Italiaanse violis Luca Ciarla,Bits & Pieces deur die Odeion-stryk-kwartet, Blondes: Elgar, Elton &Elvis deur Elna van der Merwe enZorada Temmingh, Christa Steyn enek met Ockie Vermeulen, enMarimba Magic deur Magda deVries en Anneke Lamont. DieKunstetrustlede is oudregterFred Beckley (voorsitter), Ger-hard Lombard, Elaine Hickling,Ryno Kriek en prof. EelcoBoonstra.

Hestè Niemand (links) en Lientjie Mentz was twee deelnemers aan dieTruksvy Koffie Sjop se pretdag op Soutpan waar geld vir Kansa en NoStudent Hungry (NSH) ingesamel is. Die hemde wat hulle hier aan het,is ter ondersteuning van ’n vriendin, Jolien de Klerk, gemaak wat noukankerbehandeling ondergaan. Foto: Anilia Boshoff

Rachel en Chris Venter van Kleinmond, Sarie se Bruidspaar 2013, het op’n warm Karoo­dag op Gary Player se perdeplaas Rietfontein naby Coles­berg, deel van Bloemnuus se verspreidingsgebied, getrou. Gary het diekerkie op die plaas destyds vir sy dogter gebou.

Leandri Wessels staan die kans omlater vanjaar op die tydskrif Sarie sevoorblad te pryk.

Son soos goudin FinlandPROF. HESTA FRIEDRICH-NEL was in Finland vir haarwerk. Sy vertel meer.

EK het onlangs die Internatio-nal Society of Radiographersand Radiologic Technologistsse vergadering en kongres asdie verteenwoordiger van dieVereniging van Radiograwevan Suid-Afrika in Helsinkibygewoon.

Dié Finse hoofstad word ookdie dogter van die Baltiese Seegenoem. Helsinki is ryk aan

kultuur aangesien Swede enRusland in ’n tweestryd wasoor aan wie dit behoort.

Midsomer is op 20 Juniegevier en met my besoek van8 tot 15 Junie het ek g’ndonker nag beleef nie.

Verder was ek verstom omte sien hoeveel waardering dieFinne vir sonskyn het. Hoeweldie weer gewissel het tussenkoel, koud, reën en sonskyn(soms alles op een dag) sien jyoral – op trappe, op die grasen in buitelugrestaurante –hoeveel die sonskyn opwaardeer en geniet wordwanneer dit wel daar is.

Heerlike salm is volop endaarby word aartappels en ’nverskeidenheidsoorte broodbedien. Die Finne eet wel virRudolph, die takbok.

Ek het gehoor dat hulle nasomerhuise op die eilanderondom Helsinki vir die langsomervakansie gaan.

Daar word bessies (aarbeie,bloubessies en meer) geplantwat die tyd van die jaar volopis en ook op die markpleinverkoop word.

Dit was opvallend hoe mooidie diere behandel word.Honde word gereeld virstappies geneem. En as ditdalk reënerig is, het elke hondselfs ’n reënjassie.

En, ja, natuurlik het elkehuishouding in Finland ’nsauna.

Prof. Hesta Friedrich­Nel hetHelsinki besoek.

Page 9: Bloemnuusbl 20140711

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014 9

GROEI IN BLOEMFONTEIN: Nuwe meenthuise staan ingeryg langs die N1 in die noorde van Bloemfontein. Foto: Jens Friis

PERSOONLIKE

DIENSTE

FINANSIEEL

1420

A " BLACKLISTED""ITC" "DEPREWIEV"WE CAN HELP. We

finance you. Cars, Bakkies,D/Cubs available. 076 3099909 or 076 752 7446.email: martie.benecke

@gmail.com

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

LENINGS

1445

Consolidation Loan Online:Up to R230 000. Bad creditwelcome.E-mail: [email protected]

R1 000 - R50 000consolidation loans.SMS ID No. to 071 8793721 or fax 086 5365201.

TE KOOP

JUWELIERSWARE &

BYKOMSTIGHEDE

1645

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

AAA-kwaliteit: INSTALLERING vanalle plafonne en 'drywalls'. Asook dieherstel van plafonne. Gratiskwotasie. Skakel 079 581 6654.

MEENTHUISE

TE HUUR

3325

Netjiese, ruim 2-slk te huurin LHP. In veilige kompleks,toesluit-m/h en afdak. Lug-reëling, alarm, koopkrag,R5 400 p.m. Skakel 082 3362346.

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGS

GESOEK

3670

EK VRA HUISWERK VIR 3DAE: Ma., Wo. en Vr. Kanmooi werk. Doen alles. Skakel083 551 9704.

VERKOPE &

BEMARKING

3760

7 Consultant / Managerpositions available.We offer:R7 000 starting package.Fuel allowance.Full training.Sales/marketingexperience required.Own vehicle and driver'slicence.Only people serious aboutsales and growth needapply.For interview call051 522 2237or SMS name, area and ageto 081 801 8082.

BOEDELKENNIS-

GEWINGS

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

122 HJE SCHAPER

BOEDEL WYLE MMWES-SELS

KENNISGEWING AANKREDITEURE IN

BESTORWE BOEDELSAlle persone met vorderingeteen ondervermelde boedelmoet dit binne 30 dae vanafdatum van publikasie hiervanby die ondergetekende/ekse-kuteur in diens.Boedelno: 21984/2014Meesterskantoor: Bloemfon-teinVan: SchäperVoorname: Hester Johanna Eli-zabethGeboortedatum: 22 Julie 1942Identiteitsnommer: 4207220069 089Laaste adres: Westphallstraat29, Bloemfontein, en Huis 218,Kragbron, Sasolburg.Datum van oorlye: 9 Mei 2014Naam en adres van ekseku-teur:E. HornVan der Merwe & SorourPosbus 1062Bloemfontein9300

Page 10: Bloemnuusbl 20140711

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014

Met vakansie in Europa het Jens Friis, redakteur van Bloemnuus, en Niel de Leeuw die nuwe C­klas van Mercedes by EuropeCar gehuur en daarmee Frankryk, Spanje en Andorraverken. Foto’s: Jens Friis

Jannie Hennop

MERCEDES het onlangs sy nuwe C-klasplaaslik bekend gestel en die nuweling isglad nie te onaardig nie. Trouens, ons rekenjy gaan nie minderwaardig voel as jy jounuwe C langs ’n slap S-klas parkeer nie.Die wa is nou groter, duurder en deftiger.

Die gaping wat hy in die Merc-portefeuljeagter hom los, kan deur die CLA gevulword.

Nuwe voorkoms

In sy geheel het die nuwe C heelwatgegroei (4 cm breër, 10 cm langer en ’n 8 cm

langer asafstand). Maar proporsioneel werkhy vir ons.Die C-klas bied ’n klomp nuwighede om

dinge vir die bestuurder en sy insittendesveiliger en geriefliker te maak. Die meesteis ongelukkig opsioneel teen ekstra koste tekry.S Lugvering is beskikbaar. Die C-klas is dieeerste in dié segment wat hierdie opsiebied.S Kameras bied ’n 360°-beeld rondom jouvoertuig.S Die voertuig sal self ’n noodstop uitvoeras die blikbrein dink jy gaan in iemandvasry.S Die binneste wiele word liggies gerem as

jy uit jou baan beweeg. Dit word gedoen omdie motor effens na binne te dwing sonderdat jy iets hoef te doen.S In stadige verkeer sal jou motor dievoertuig voor jou vanself volg. Hy kan ookdraaie 15° uitvoer en ’n vasgestelde afstandtussen die twee voertuie handhaaf.S As die blikbrein besef iemand gaan vanagter in jou vasry, sal dit dadelik dienoodflikkerligte aktiveer (om daardiemotoris te waarsku) en jou sitplekgordelsstyftrek om ’n sweepslag-besering teverminder.S Ruitvertoon wys nie net jou spoed nie,maar ook die satnav se aanduidings.S Buiten LED’s wat nou vir die binnebelig-

ting gebruik word, is LED-hoofligte ookopsioneel beskikbaar.Die hoekige en wigvormige ontwerp van

die vorige C-klas is weg.Daar is nou ’n nuwe lyn wat van die

voorste modderskerm afwaarts na dieagterste skerm buig. En siedaar, weg is dietradisionele wigvorm.Ook agter eggo die C-klas sy deftiger

S-broer met sy hangstert:Die bagasiebak se hegpunt is hoog teen

die venster, terwyl die rand ’n raps laerstaan.In tipiese C-klastradisie is daar drie

afwerkingspakkette, buiten die standaard-model: die Exclusive, die Avantgarde en dieAMG.

Vingers op die knop

Plons jy in, voel jy dadelik die ekstraskouer- en heupruimte. Jy sit nie meer soknus teen jou reisgenoot nie, maar agteringaan jy nou nie ’n krismisbed kan opmaaknie.

In C­klastradisie is daar drie afwerkingspak­kette, buiten die standaardmodel: die Ex­clusive, die Avantgarde en die AMG.

Mercedes se nuweC-klas is hier

Page 11: Bloemnuusbl 20140711

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 JULIE 2014 11

WAT opval, is die nuweinstrumente. Dit is nie net’n verwerking van dievorige model s’n nie.

Die middelkonsole komnou teen ’n platterige hoekmet die voorpaneel byeen.In skrille kontras met syvoorganger is daar ’n groot,breë oppervlak met dieminimum knoppies.

Die oplossing is dat, tallefunksies nou in ’n inlig-tingskerm gesetel is wat ’nmens met ’n draaiknopbeheer.

Die skermpie op dievoorpaneel is ook ’nraakpaneel sodat ’n mens

ikone met jou vingerpuntkan aktiveer.

Laastens kan ’n mens dieinligtingskerm ook beheerdeur met die vingernaelletters of syfers bo-op diedraaiknop te skrywe, omdatdié ook ’n raaksensitieweoppervlak het.

Onder die enjinkapMercedes sê sy nuwe

klompie enjins (en opge-knaptes) verseker die reeksgebruik so 20% minderbrandstof as die vorigereeks.

Wat ook help, is dienuweling is sowat 100 kg

ligter as sy voorganger.Aanvanklik sal daar vier

enjinkeuses wees: driepetrol en een diesel, almalmet turbo-aanjaers.

Heel onder is die groep se1,6 liter (wat ook in dieA-klas diens doen) met ’nkeuse van ’n sesgang-hand-ratkas of ’n sewegang-outomatiese ratkas.

Dan volg die tweeliters –wel, eintlik net een petrol-enjin, maar met verskillen-de kraguitsette – ook met ’nkeuse tussen hand- enoutomatiese wisseling.

Laastens is daar diebekende 2,1 liter-turbodiesel,

net met ’n outomatieseratkas beskikbaar.

Maar as jy vet geeDraai die sleutel (of druk

die knop, na gelang vanwatter model jy het) en geevet. Die stilte in die kajuiten die gemak waarmee selfsdie 1,6 liter (C180) sy voeteoplig, is merkbaar.

Die C180 is nie die eenom versnelrenne mee aan tepak nie, maar vir daagliksegebruik is sy 115 kWvoldoende. Die outomatieseratkaste se wisselings isvoelbaarder as wat verwag

is, maar nie irriterend nie.Die handratkas voel

aanvanklik stram, maar dieoorgooie is goed gedefinieer.

Die tweeliters met hul135 kW (C200) en 155 kW(C250) het meer woema,maar dit is die diesel (C220)met sy massiewe 400 Nmwringkrag wat maak dat jynooit op die pad sukkel nie.

Wat dink ons dus?’n Dag in enkele modelle

is dalk nie genoeg om ’nvolledige waardeoordeel tefel nie.

Wat duidelik is, is die

insittendes se opvatting vanweelde en gehalte is beteras tevore. Die ry-ervaringbied aanvanklik iets van dieMercs van ouds waar dieklem op gerief en gemakeerder as ’n sportiewekarakter is.

Vir oktaanverslaafdes saldie geld steeds na die3-reeks gaan, vermoed ons.

Maar maak dit van die C’n gemiddelde ryding?Gewis nie. Speel met syritmodusse en stel hom opsoos jy hom wil hê, en hykan vir menige mededingerkers vashou.

Mercedes sê die nuwe C­klas gebruik sowat 20% minder brandstof as die vorige reeks.

AdverteerinBloemWiele.

Susna,051-404-7798.

Page 12: Bloemnuusbl 20140711

Djokovic nr. 1 nadathyWimbledon wenNOVAK DJOKOVIChet Rafael NadalMaandag as diewêreld se voorstespeler onttroon. Ditkom ná sy Wimble-don-oorwinning oorRoger Federer.Albei spelers het

op die baan gestapmet die kans omtennisgeskiedenis te

maak: Vir Federerhet ’n ongeëwenaar-de agtste Wimble-don-kroon gewink,terwyl Djokovic diegeelwortel van ’nterugkeer tot diebopunt van diewêreldranglys gehadhet. Djokovic spognou met sewe GrandSlam-titels.

Blink in rugby uitDIE volgende leerlinge van Grey-kollege (primêr)het Vrystaat-rugbyklere (Cravenweek) verwerf.

Vrystaatse A­span: Hulle is van links, voor: Jan­HendrikWes­sels, André H. Venter, Danwich Beukes en Heinie Killian; ag­ter: Ian van Zyl, Lesley Botha, Riaan Brits en Melt Meyer.

Vrystaatse XV­tal: Van links is, voor: Henco Ackerman enGustav Pieterse; agter: Thozamile Hlanjwa en Danie Marais.

Die spelers in die o.13­Motheo­span is van links, voor: Nikkide Villiers, Damian Erasmus, AJ Bender en Enrico Coetzee;agter: JP Seyffert, Reinard van Os, Christiaan Louw en JDOdendaal.

Gees(drif)sonder endRSG se nuusaktualiteitspro-gram Monitor is vanjaar 40 jaaroud. Oor die jare heen hetTossie Lochner se stories enkenmerkende groet deel vanAfrikaanse nuusaktualiteitgeword.

Bloemnuus het ’n week of watgelede ’n onder-houd met Tossiegeplaas.Hoewel haar

boek Mama mia!Italië (Lapa-uitge-wers) reeds tienjaar geledeuitgereik is, is dievolgende staaltjiewat Tossie daarinvertel, steeds vanpas – veral met diesokker in Brasiliëwat Sondag ’nhoogtepunt bereik.

DIE sokkergeesdrifvan Napels het algelei tot velevreemde staaltjies.Soos die een van die man wat

een van die getrouste onder-steuners van die Napelsesokkerspan was. Elke Sondagwas hy daar saam met sy seunop die paviljoen.Toe sterf die oubaas. Sy laaste

wens, terwyl hy die wit en blouvlag van Napels styf vasgehouhet, was om steeds post mortem’n lid van die klub te bly en sysitplek te behou.Om aan die wens te voldoen

het die seun sy oorlede pa seseisoenkaartjie hernu en besluitom hom elke Sondag na die

paviljoen te bring.Ja, die seun het sy pa, wat

nie eens ’n sokkerwedstryd vanNapels ná sy dood wou misloopnie, laat veras.En die houer met as word

nou elke Sondag na sy gewonesitplek langs dié van sy seun

gebring.Daar is omstan-

ders wat sweerseun en pa deel dieopwinding van diespel.“Dis ’n doel, Pa!”

of “a, maar dieskeidsregter is ’nregte donkie!”Dan, ná elke

wedstryd, neem dieseun sy pa onderdie arm terug huistoe vir ’n week serus voordat dievolgende paviljoen-avontuur weerbegin.Daar is egter een

probleem: Sommigevan die toeskouers wil nie meernaby een van die twee sit nie.Dit is ook net in Napels met

sy sokkerfanatisme dat so ietskan gebeur.Of soos ’n ander keer, jare

gelede, toe Napels met DiegoMaradona in die span die eerstekeer in die Italiaanse sokkerge-skiedenis die uitdaagbekergewen het.Sokkergeesdriftiges het toe ’n

yslike banier by die begraaf-plaas aangebring waaropgeskryf is: “Kyk net wat hetjulle misgeloop”.

Tossie Lochner seboekMama mia! Ita-lië is propvol lekker­lees­staaltjies.

Sports starshows hertalents

Lynne Landman

MADELAINE LE ROUX (17), a learner ofSentraal High School in Bloemfontein, hasbeen selected as this month’s BloemnewsSuperSport Let’s Play Sports Star of theMonth for her achievements in triathlon,duathlon, biathle, biathlon, athletics,cross-country running, trail running,swimming and netball.Madelaine has

many excellentachievements,including:S Triathlon(2014): third girlsu.17 Global 11Triathlon, CapeTown (Febru-ary); first girlsu.17 at theAfrica YouthOlympicQualifier, EastLondon (March);fourth girls u.19at the ATUTriathlonAfrican Cham-pionships,Zimbabwe(April); firstwoman, secondAfrican YouthGames, Botswa-na (May).S Duathlon(2012): first girlsu.15 SouthAfrican Duath-lon Champion-ships, Brandvlei, and Free State DuathlonChampionships, Bloemfontein.S Biathle (2012): second Youth B (15–16)Free State Championships; 9th Youth B(15–16) South African Championships,Bloemfontein.Madelaine has also received numerous

awards from her school, including specialcolours for triathlon for her first place atthe ITU Africa Cup in Zimbabwe (girls u.15,(2013); full colours for biathle (South Africanparticipation), duathlon (first at SouthAfrican Championships); half colours forathletics, triathlon and biathlon for SouthAfrican participation (2012).She lives by the motto Work hard in

silence, let success be your voice. With God,all things are possible.Send your SuperSport Let’s Play Sports

Star of the Month nomination for learnersbetween the ages of 6 and 18 today. You canemail your nomination to [email protected] or fax it to 086-552-4922. Formore information please call Lynne orJuanré at Z PR on 051-522-9574.

VKU vergaderDIE 122ste jaarliksealgemene vergade-ring van die Vry-staatse Krieketunie(VKU) sal opMaandag 4 Augus-tus om 18:00 in dieVrystaatse Krieket-uniesaal op Chevro-letpark gehou word.

Spesiale sake virbespreking moetPetri Watsonskriftelik voorMaandag 21 Juliebereik.Vir meer inligting

skryf aan Petri bypetriw@ cric-ket.co.za.

Madelaine le Roux