bloemnuusbl 20140523

12
VRYDAG 23 MEI 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS Barnyard-teaterproduksies bring volgende naweek die gewilde musiekblyspel Thank You For The Music na die Sand du Plessis-teater. Foto: George A. Hugo Barnyard kom na Bfn Jens Friis DIE Barnyard, wat reeds etlike jare produksies in teaters landwyd op die planke bring, maak sy buiging in Bloemfontein en wel met die gewilde musiekblyspel Thank You For The Music. Dié vertoning, waarvan Bloemnuus die gedrukte mediaborg is, bring hulde aan die grotes: Abba, Queen en die Bee Gees. Buiten dat dit ’n skou- spelagtige produksie soos min is wat Barnyard-teater- produksies na die Sand du Plessis-teater bring, sal jy tydlose liedjies hoor wat jy so goed ken dat jy dit sal kan saamsing. Die elftal op die verhoog sal die musiek van dié drie super-popgroepe laat herleef. Die vertoning begin by die begindae van die Bee Gees in die laat-1960’s met ligte rockmusiek soos I’ve Gotta Get a Message to You, Words, Massachusetts en To Love. Daarna volg Queen en Abba se treffers soos Ring-Ring en Waterloo. Ja, dit beloof ’n onver- geetlike ervaring te wees. Volgende Vrydag op 30 Mei is daar twee vertonings om 18:00 en 21:00. Op Saterdag 31 Mei is Thank You For The Music weer om 18:00 en 21:00 te ervaar. Kaartjies teen R150 is te koop by Pacofs. Rig navrae aan Ans Coetzee by 082-467-6471. Tien kaartjies te wen! Vyf lesers kan elk dubbelkaartjies wen na Thank You For The Music. Share net die inskrywing hieroor op Bloemnuus se Facebook- blad. Die sluitingsdatum is Maandag om 09:00. Nes op bl. 8 gaan Bloemnuus volgende week weer troeteldierfoto’s wat die oog tref, plaas. Stuur jou foto na jens.friis@me- dia24.com voor Maandag om 09:00. Die fo- to’s wat in die koerant verskyn, sal op Bloemnuus se Facebook-blad geplaas word. Die leser wie se foto daar die meeste likes ontvang, sal ’n R1 000-geskenkbewys van Makro ryker wees. Word R1 000 ryker

Upload: central-newspaper-group-bloemnuus

Post on 21-Mar-2016

312 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20140523

TRANSCRIPT

Page 1: Bloemnuusbl 20140523

VRYDAG 23 MEI 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

Barnyard­teaterproduksies bring volgende naweek die gewilde musiekblyspel Thank YouFor The Music na die Sand du Plessis­teater. Foto: George A. Hugo

Barnyardkom na Bfn

Jens Friis

DIE Barnyard, wat reedsetlike jare produksies inteaters landwyd op dieplanke bring, maak sybuiging in Bloemfontein enwel met die gewildemusiekblyspel Thank YouFor The Music.Dié vertoning, waarvan

Bloemnuus die gedruktemediaborg is, bring huldeaan die grotes: Abba, Queenen die Bee Gees.Buiten dat dit ’n skou-

spelagtige produksie soosmin is wat Barnyard-teater-produksies na die Sand duPlessis-teater bring, sal jytydlose liedjies hoor wat jyso goed ken dat jy dit sal

kan saamsing.Die elftal op die verhoog

sal die musiek van dié driesuper-popgroepe laatherleef.Die vertoning begin by

die begindae van die BeeGees in die laat-1960’s metligte rockmusiek soos I’veGotta Get a Message to You,Words, Massachusetts en ToLove.Daarna volg Queen en

Abba se treffers soosRing-Ring en Waterloo.Ja, dit beloof ’n onver-

geetlike ervaring te wees.Volgende Vrydag op 30

Mei is daar twee vertoningsom 18:00 en 21:00.Op Saterdag 31 Mei is

Thank You For The Musicweer om 18:00 en 21:00 teervaar. Kaartjies teen R150is te koop by Pacofs. Rignavrae aan Ans Coetzee by082-467-6471.

Tien kaartjies te wen!

Vyf lesers kan elkdubbelkaartjies wen naThank You For TheMusic. Share net dieinskrywing hieroor opBloemnuus se Facebook-blad. Die sluitingsdatumis Maandag om 09:00.

Nes op bl. 8 gaan Bloemnuus volgendeweek weer troeteldierfoto’s wat die oogtref, plaas. Stuur jou foto na jens.friis@me­dia24.com voor Maandag om 09:00. Die fo­to’s wat in die koerant verskyn, sal opBloemnuus se Facebook­blad geplaasword. Die leser wie se foto daar die meestelikes ontvang, sal ’n R1 000­geskenkbewysvan Makro ryker wees.

Word R1 000 ryker

Page 2: Bloemnuusbl 20140523

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014

Med

iaCorne

r10

0114/A/R

Johannesburg na Bloemfontein. Met vlugte vanaf

slegs R940*, is dit geen wonder dat ons roete blom nie.

Hierdie spesiale tarief is net beskikbaar op die volgende SA Express vlugte: SA 1001/2 | SA1003/4 | SA 1011/12 SA 1013/14 | SA 1017/18 | SA 1021/22 | SA 1023/24

Of jy nou vir besigheid of plesier rondrits, ons glo dit moet ’n veilige, sorgvrye en plesierige

ervaring wees – en natuurlik so ekonomies as moontlik. So van kostedoeltreffend gepraat, is

daar niks wat ons prys van R940* vir ’n eenrigtingkaartjie tussen beide stede kan klop nie.

*Eenrigtingkaartjie op ons Johannesburg en Bloemfontein roete, onderhewigaan beskikbaarheid. Koste sluit belasting uit. Bepalings en voorwaardes geld.

S DIE bestuurskomitee van dieVryfees 2014 is:*Annalize Doubell (voorsit-ter), assistent-redakteur vanVolksblad.* Prof. Nicky Morgan, vise-rektor: bedryf, Universiteit vandie Vrystaat (UV).* Johanna van Eeden,redakteur van Volksblad.* Etienne van Niekerk,direkteur van Pricewater-houseCoopers.* De Villiers Brink, argitek enentrepreneur.* Danny Moleko, kunste-admi-nistrateur en entrepreneur.* Prof. Nico Luwes, medepro-fessor, drama- en toneelkunde,UV.

S Chris van Blerk het RonellErasmus se nuwe CD, God isdie lig, op Bloemnuus seFacebook-blad gewen.

S Cynthea Mokgosi, a nurseat the Universitas PrivateHospital, has been chosen as awinner of a 2014 FlorenceNightingale Award for Excel-lence in Nursing. She is one ofsix winners nationally chosenfrom more than 2 000 nomina-tions received from 335hospitals in the country.Colleague Rensia Williamsdescribed on the nominationform how Cynthea places herpatients’ needs above her ownand finds ways to make themfeel loved.

S In celebration of Nurses Day,three of Life Rosepark Hospi-tal’s nurses were chosen asregional winners for the LifeHealthcare Great 100 Nursescampaign. The winners, nurseDeborah Muller (oncologyward), Sr Yolanda van derHoven (operation theatre) andSr Lida Oberholzer (nursingstandards manager) receivedtheir awards at a special Great100 Nurses award ceremony.

S Chris Pieters is die wennervan die CD, Liefdesoorlog, deurGerhard Steyn en Anaïs wat opBloemnuus se Facebook-blad tewen was.

S Boet Troskie en Tracy deLange Kitching is in syherehuis in Waverley getroud,maar sal in Constantia in dieKaap woon. Dr. Wollie Groblerhet die Troskies in die huwelikbevestig.

S Die volgende mense isonlangs oorlede:*Gerrie Wessels (1919)* Christiaan Antonie duPreez (1926)* Barend Jacobus Meintjes(1948)* Susanna Maria MagdalenaTheron (1919)*Grace Catherine Roebl(1935)* Pieter Hendrik Faure (1941)* Claudie Bredenkamp (1922)* Dawid Johannes (Dawid)van Wyk (1929)

S Estie de Wet (16) van dieHoër Meisieskool Oranje is diewenner van Bloemnuus seSpontaan-kompetisie 2014. Sydring deur na die eindronde op19 Julie. Lees meer hieroor involgende week se Bloemnuus.

S Pieter Opperman en Elizevan Wyk is die wenners vanMonique se CD’s wat weggegeeis op www.bloemnuus.co.za.

S Niekie van den Berg (62),gewese DA-LP en radioman, sekop staan weer uitsaaiwese toe.Omdat die VF+ net vier LP’sparlement toe stuur, het Vanden Berg uitgeval. Sy naam

was tiende op die VF+ senasionale kandidatelys.

S Dr. Nathaniël Mofolo is opdie jaarvergadering van dieSuid-Afrikaanse Mediese

Vereniging op die Emoya-land-goed tot president van dievereniging verkies.Mofolo is die hoof van die

departement huisartskunde aandie UV.

Andriëtte Norman was die gaskunstenaar op die Castle­dek ná ’n onlangse Cheetahs­wedstryd. Vanlinks is Lara Rossouw, Andriëtte, Megan Coetzee, Simon Bosman en Corné Stapelberg.

Tiané Theunissen van dieLaer Meisieskool Oranje hetdie ATKV­redenaarskompe­tisie se halfeindronde ge­wen en het só na die nasio­nale ronde deurgedring.

Nicole van Niekerk van Bloemfontein is dievoorbladmodel vir die jongste uitgawe vandie tydskrif Your Family.

Rudie van Rensburg, oud­redakteur van Bloemnuus,se nuwe misdaadroman,Kopskoot, beloof om soossoetkoek te verkoop. Dieresensies is positief.

Paul Cassar, headmaster of Eunice, took a group of 12 matric girlsto wish Polly Nel a happy birthday on her 103rd birthday on Mon­day. Polly matriculated at Eunice in 1929. From the left are NicoleGomes (headgirl), Polly and Paul.

Leanne Eksteen is onlangsas Bloemnuus se adverten­siekonsultant vir geklassifi­seerde advertensies aange­stel. Bel haar by 051­404­7702 as jy wil adverteer.

Soos vinkel en koljander, die een lyk nes die ander. AlindaMyburgvanQueenstownenSuzetteStrauss vanSpringfon­tein is op 30 Desember 1959 in Aliwal­Noord gebore. Iden­tiese tweelinge kan gerus foto’s vir gratis plasing in Bloem-nuus stuur na [email protected]. Kleurfoto’s wordverkies.

Wel en weeZola Budd­Pieterse gaan op1 Junie aantree vir die Com­rades­ultramarathon. Van­jaar se ultramarathon oor89 km word van Pieterma­ritzburg na Durban beslis.

Page 3: Bloemnuusbl 20140523

BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014 3

KortliksS ’n NUWIGHEID op vanjaar seVryfees is dat die Callie Human-sentrum gevul gaan wees met 40nuwe, uiteenlopende stalletjies watvan voorskote tot toffies sal insluit.

S ’n Nuwe verkeerslig word op diehoek van Genl. Hertzog- en Graaff-Reinetstraat – langs Waltons in DanPienaar – opgerig.

S Daar is met grondwerk begin opdie perseel waar ’n nuwe winkel-sentrum buite Woodland Hills seingangshek opgerig gaan word.

S Die helfte van pasiënte wat 20 jaargelede dialise ontvang het inSuid-Afrika het nieroorplantingsontvang; vandag is net 20% sogelukkig. Een van die grootsteprobleme is om skenkerorgane tekry. Registreer jou gratis as orgaan-skenker deur die Orgaanskenker-stigting by 0800-22-66-11 te bel.

SMense in hoërisikogroepe, veralswanger vroue, behoort hulle teengriep te laat inent en het minder astwee weke om dit te doen voordatdie tyd aanbreek wanneer griepalmal plattrek. Só waarsku prof.Lucille Blumberg van die NasionaleInstituut vir Oordraagbare Siektes(Nios). Al is daar nie ’n presiesedatum nie, begin die “grieptyd” soeinde Mei. Dit duur tot twee wekevir die entstof om te werk.

S Talle eiendomme word nou tekoop aangebied op www.bloem-nuus.co.za waaronder ’n drieslaapka-mer-meenthuis in Westdene virR800 000.

S Enigeen wat belang stel om by ’nselgroep van die Klipkerk in teskakel kan Stephen van Deventer,koördineerder van die selgroepe, by073-480-1138 bel of skryf [email protected].

Die boek Vrystaatse Dorpe is weerbeskikbaar nadat nog 500boekege­druk is.Bloemnuushet destydsmetdie eerste drukoplaag een van diéboeke (wat R800 kos) in ’n kompeti­sie weggegee. Bel dr. Jan van derMerwe by 082­828­7956.

Buiten in Bloemfontein word Bloemnuus in ’n twintigtal dorpe versprei – van Brandfort tot Aliwal­Noord enWinburg tot Philippolis (foto). Adverteerders bereik dus ook die plattelandse mark wanneer hulle in Bloemnuusadverteer (051­404­7798). Foto: Jens Friis

Page 4: Bloemnuusbl 20140523

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014

Dana Snyman bespreek sy boek Onder dieradar – stories uit ons land op Vrydag 18Julie om 15:00 in die Diakonale Lokaal vandie Van derMerwe Scholtz­saal op die Vry­fees. Bloemnuus is die mediaborg.

WAT gebeur wanneer waar indie groter Bloemfontein?Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk.

Dit word ook gelaai opwww.bloemnuus.co.za.

Stuur gerus dagboekinskry-wings in die onderstaandeformaat (moenie volledigenuusverklarings stuur nie) [email protected] voorMaandae om 09:00. Die plasingdaarvan is gratis.

VRYDAG 23 MEIS Finding Emo, Kovsiekerk,19:30. Bespreek by Computicket.S Die NG kerk Onze Rust, Genl.de Wet, bied vanaand en Sondagom 18:30 ’n Passiespel aan.Toegang is gratis. Almal iswelkom.S The Pen deur UV-drama in dieScaena om 19:30. Regie deurGodfrey Manenye. Kaartjieprysewissel tussen R15 en R40 en kanby Computicket bespreek word.S Fondue evening, Moerby, 67Pres. Reitz Avenue, Westdene. Call051-430-1142.S Binnelanders (18:30 opkykNET, kanaal 144): Margot enQuinton probeer elkeen hul vresebesweer en Karli kry ’n waarsku-wing. Naomi is skepties oor dieplanne met die Basson-huis endan verdwyn ’n lêer met belangri-ke dokumente. Sonja maakeindelik haar gevoelens aan Janabekend en At is nie heeltemalseker dat liefdadigheid ’n invals-hoek vir bemarking is nie.S Elvis Blue in Innie Skuur,Langenhovenpark. Kaartjies kosR120. Navrae: 079-387-3614.S Die Bipolêr-gespreksforumvind om 11:00 tot 13:30 in diekonferensiegerief van The HobbitBoutique Hotel in Westdene plaas.Dit word deur Innerzone aange-bied. Die gesprek sal gelei worddeur iemand wat self die pad loopen in ’n mediese beroep staan,asook dr. Christo du Plessis(psigiater) en dr. Mariki Smith(sielkundige). Dit kos R90 en sopen broodjies word ná die sessiebedien. Voorafbesprekings moetgedoen word by 051-430-1717(werkure) of 083-288-4393 (ná ure).

SATERDAG 24 MEIS Hou jou vandag hiermee besigin jou tuin:* Saai Namakwalandse madeliefiesom die komende wintervaalheid tefnuik.* Kry bolplante soos affodille enfreesias in die grond sodat hullekan blom as dit in die lentewarmer word.* Vallende boomblare is ’n grootaanwins vir enige komposhoop.Moenie dat dit verlore gaan nie.S Colour Crazy Zumba Partybetween 08:00 and 12:00 at theFichardtpark Dutch ReformedChurch Hall. Cost: R120. Call AnsuColditz on 082-457-8071.

SMonkeynastix Pet Action-hondjiestap by Grey-kollege sekrieketveld van 08:30 tot 10:30.Gebruik die ingang aan CollegeSquare se kant. Kom oefen lekkersaam met jou hond of kom stapnet saam. Dit kos R25 per persoonen R5 per hond. Alle honde moetasseblief aan ’n leiband wees. BelJudy van Zyl van Pet Action by083-637-8491.S Bloemfontein-orgideëklub hou’n werksessie om 14:00 by Ridder-straat 5, Fleurdal. Alle belangstel-lendes is welkom. Bel Jolene by082-853-2196.S Op 18 Maart 2012 is ’n monu-ment by die Oorlogsmuseum vandie Boererepublieke onthul ter erevan burgers wat op kommandodood is, hetsy gesneuwel op dieslagveld, of beswyk aan wonde ofsiekte. Om 09:00 gaan ’n kransleg-gingplegtigheid ter ere van dieburgers by die monument plaas-vind. Die Oorlogspoortkommandogaan ’n salvo skiet. Ná diekranslegging sal die Bittereinder-gedenklesing in die ouditoriumvan die museum plaasvind. Prof.André Wessels sal die gassprekerwees en sal praat oor Ná diebittereinde was daar verhale om tevertel: die Anglo-Boereoorlog (1899tot 1902) in die Afrikaanse letter-kunde. Almal is welkom. BelRonel by 082-490-3112.

SMidsomernagdroom (virkinders) deur UV-drama in dieScaena-Replokaal om 10:00. Regiedeur Gerben en Marijda Kamper.Kaartjies kos R25 en R20.S Photography Forum, 11:30,Gallery on Leviseur. Theme forthe month is Seasons change. CallKezia Gerber on 082-835-2335.S Tuinmark om 09:00 en 13:00 byDonald Murraylaan 31. Skakel051-444-2488.

SUNDAY, 25 MAYS Laylatul Meeraj (Islamic,Ascension to heaven).S Franse Ope op Roland Garrosin Parys, Frankryk. (SuperSport2,Kanaal 202).S Brahms Liebeslieder-walse:Vokale kwartet met Suid-Afrikaan-se sangers en klavierduetpaar om19:30 in die Odeion. Kaartjies vanR40 tot R110 is by Computicket tekry.S Dr. Isak Burger in AGS-kerkJubilate om 09:00 en 18:00. PastoorBosch, 082-466-5982.S Die Free State Agility andDog Training Club bied honde-spring-klasse, gehoorsaamheids-klasse en sosialiseringsklasse viralle soorte honde aan. Die klassebegin om 15:00 by die LaerskoolSand du Plessis. Maak gebruikvan die ingang vanuit Listerstraat.Gawie Faul, 083-303-0222.

S Só lyk die weer: Daar isvandag geen kans op reën nie.Volgens weathersa.co.za sal dietemperatuur 2/22 °C wees. Die sonkom om 06:57 op en sak teen 17:26.SAfrica Day, public holiday inLesotho.S Die Formule een grand prixvind vandag in Monaco plaas.SuperSport6 (kanaal 206).

MAANDAG 26 MEIS Binnelanders (18:30 opkykNET, kanaal 144): Karli sienkans vir groot dinge en Mornédoen die nodige rondes om menseweer in die oë te kan kyk. Irenedink Sonja is ’n gelukkige vrou enTertius praat met Daleen oor diekonfrontasie met Jan.

DINSDAG 27 MEISHuishulpuitreik-aksie deurdie NG kerk Heuwelsig. ’nWerkersessie waar vaardighedeaangeleer word. Bel Kotie Burgerby 083-461-2887.S Pensioentrekkerdag byMakro: Winskopies wag. Makroadverteer gereeld in Bloemnuus.

WOENSDAG 28 MEIS Donkermaan.S Yom Yerushalayim (Jewish).SKaraoke by Oolong Lounge,2de Laan, Westdene, om 20:00.Skakel 051-448-7244.

S Ek, Anna van Wyk deurfinalejaarstudente aan die UV indie Wynand Mouton-teater om19:30. Regie: Nico Luwes. Kaart-jies: R15 tot R40 by Computicket.SMovie Night with the filmModigliani at Gallery on Leviseur,18:30. Kezia Gerber, 082-835-2335.S Binnelanders (18:30 opkykNET, kanaal 144): Karli enQuinton het ál minder tyd virBinneland en Margot verkeeronder die indruk dat Gustav haarbeledig. At en Okkie is weensWimpie in ’n woordewisselingbetrokke en Zadie is jaloers opKrige. Daar word belangrikeinligting van Jana weerhou, enSonja voel in die gesig gevat oor’n datum.S Christ@work, ’n selgroep virwerkende en studerende jongmense, kom om 19:00 by LucasSteynstraat 1, Heuwelsig, byeen.Bel Elna by 082-462-5507.

THURSDAY, 29 MAYSAscension Day.SMense word benodig omDonderdae ’n halfuur lank by dieKlipkerk se sopkombuis te helpom die sop en brood uit te deel.Vrywilligers is ook nodig om sopte kook en brood te skenk. As jybereid is om te help bel Elize by051-436-7322.S Die Cell C Take a Girl Childto Work Day-veldtog is spesifiekgerig op Suid-Afrikaanse vroulikeleerlinge van gr. 10 tot gr. 12.Groot ondernemings en lede vandie publiek word genooi om deelte neem deur ’n meisie saam werktoe te bring en haar praktieseervaring te gee van wat sy elkedag as werkende mens kan doen.Gaan na cellc.co.za vir meerinligting.

VRYDAG 30 MEIS Thank you for the music:Musiek van Abba, Queen en BeeGees om 18:00 en 21:00 in dieSand. Pacofs, 051-447-7772. Bloem-nuus is ’n mediaborg van diékonsert.

SATERDAG 31 MEIS NG kerk Brandfort se Son-skynfees: Plattelandse kermis metvleisverkope en heerlike eetgoed.Bel Hanna by 082-873-2650.S Basaar van die AP kerkBainsvlei by Megapark. AndréSwanepoel, 072-476-1568.S Nataniël in Kovsiekerk om18:30. Kaartjies kos tussen R130 enR200 en is te kry by I Party,Nelson Mandelastraat 160. Skakel051-448-5606. Bloemnuus is ’nmediaborg van dié konsert.S Volksblad se kos-en-kuns-mark vind weer in die BotanieseTuin plaas. Die mark is reeds van09:00 af oop vir besoekers.SKermis van die Gereformeerdekerk Bloemfontein-Noord, DanPienaar, van 09:30 tot 14:00. Skakel051-436-2932.

Dít gebeur dan daar

SKOONHEDE GEKROON: Hannchen Mielmann is in die Sand du Plessis­teater as Mej. Vrystaat 2014aangewys. Haar eerste prinses is Thakane Bereng en tweede prinses Heaven­Leigh van Vollenhoven.Hannchen is ’n B Verbruikerswetenskap­student aan die UV. Haar ma, Christa, is twee dae ná haarkroning aan kanker oorlede. Van links is Heaven­Leigh, Hannchen, Melinda Bam (gasvrou) en Thakane.

Foto: Eye Candy Photography House

Page 5: Bloemnuusbl 20140523

BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014 5

Dié papajaboom in die tuin van Marelisa Smith vanUniversitas dra die eerste keer vrugte. Smith is metrede opgewonde hieroor, want dié tropiese vruggroei nie sommer só geil in Bloemfontein nie. Diepapajaboom het vyf jaar gelede opgekom nadathulle papajapitte daar gegooi het. Dit is egter dieeerste keer dat die boom vrugte dra. Papajas hetsonnige dae en koel nagte nodig om heeltemal rypte word. Die kwik moet egter nie onder vriespuntdaal nie. Smith is bekommerd haar papajas gaannie die bibberweer van Bloemfontein oorleef nie,maar weet ook nie hoe om dit te verhoed nie.

Pittewerp toevrugte af

Page 6: Bloemnuusbl 20140523

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014

STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratisplasing in Bloemnuus na [email protected] kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees.Meld asseblief watter fotograaf het vir wie waarafgeneem. Nog heelwat meer troufoto’s is te sienop www.bloemnuus.co.za.Getroud

Ilodi en Leonard Calitz. Foto: Appelliefie Art & Photography Charlene en Llewelynn Biggs. Foto: Tania Allen Photography

Susan en Dian Wiese. Foto: Tania Allen PhotographyMarius en Nikita van Zyl. Foto: Lavender Moon Photography

Nicolene en Stefan Pienaar. Foto: Migo Madi en Rudi van Niekerk. Foto: Migo Linky en Bernhard Herholdt. Foto: Elsa Vermeulen

Page 7: Bloemnuusbl 20140523

BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014 7

HANDE vol CD’s, konsertkaart-jies en boeke, soos Ena MurrayKeur 1: Drie van Ena se heelbeste speurverhale, is opwww.bloemnuus.co.za te wen.Gaan maak ’n draai en skryf jouin. Hier volg ’n uittreksel uitOnrus op Oshakati. Dr. LindaMaartens hoop dat sy kanontvlug van die donker wolk watoor haar professionele naamhang, maar dan beland sy in ’nlewensbedreigende situasie.

“HIERLANGS. Ek wil hê jy moetgou na iets kom kyk, asseblief.”

Sy laat verbaas toe dat hy haarna ’n buitegebou lei wat soos ’nstal lyk. Toe hulle nader kom, siensy ’n dowwe lig by die een deuruitstraal. Garth ruk die deur oopen wink met sy kop. Sy stap binneen kom geskok in haar spore totstilstand. Vir die tweede keer binne’n kort tydjie sien sy ’n verminktemens voor haar lê. Haar oë flits inontsetting na hom op. Hy knik, sygesig grimmig.

“Ek weet jy het niks by jou nie,maar kan jy miskien iets vir homdoen?”

“Liewe hemel, Garth! Wat gaanaan? Was dit weer ’n buffel?”

Iets in haar stem laat homvinnig, fronsend na haar kyk.

“Nee. ’n Kan petrol het ontplof.”Sy sak langs die verskeurde

Ovambo neer en ondersoek homvlugtig. Daar is nie veel om teondersoek nie. Dis eintlik ’nwonderwerk dat hy nog lewe. Dieaard van die verminking stemsoveel ooreen met die eersteOvambo s’n dat Linda onmiddellikinstinktief aanvoel dat die storievan die petrol nie die waarheid isnie. Sy het nog altyd getwyfel aandie buffelstorie, maar nou is sy

meteens seker dat nie een van diestories waar is nie.

Terwyl sy met ontsetting dieverminkings bestudeer, weet sy datdieselfde ding of iets wat die eersteOvambo so verskriklik verminkhet, ook verantwoordelik was virhierdie een se beserings. Dis ietsgrusaams wat voor haar lê, en virdie eerste keer voel sy iets soosvrees in haar roer. Terwyl sy haarblik stip op die rou vleismassa voorhaar gerig hou, is sy intens bewusvan die man in die staldeur agterhaar wat haar met vernoude oëdophou. Iets vreemds, baievreemds is aan die gang op dieJacksons se plaas. Hoekom gebeursulke grusame ongelukke net juishier? En so kort ná mekaar? Ietsis hier nie pluis nie, ook nie metdie base nie.

Haar gesig vertoon bleek in dielanternlig toe sy na hom opkyk.

“Hoe kon jy my rustig laat siten eet terwyl iemandsoos . . . soos hy hier lê?”

Daar is ’n effense smalendeglimlag om sy lippe, maar tog klinksy stem normaal.

“Ek moes vir ’n geskikte geleent-heid wag om jou hierheen tebring.”

“Want Louw Hoffmann mag ooknie van hom weet nie, nè?”

“Juis, meisie. Louw Hoffmannmag ook niks van hom weet nie.”

Sy staan op en moet ’n oomblikaan die muur vashou. Sy voelmislik en siek van binne, maar ofdit van die gesig voor haar is ofvan vrees, of albei, weet sy nie. Syweet net dat sy hier moet uitkomen nooit weer haar voete op hierdieplaas sit nie.

“Ek is jammer, maar ek kan niksvir hom doen nie. Ek het niks bymy nie. Jy sal hom hierdie keer

hospitaal toe móét bring.”Maar die groot man skud sy kop

en nou is daar geen teken van syjoviale houding sigbaar nie.

“Dit kan nie gebeur nie. Ek saljou netnou, wanneer julle terug isby die hospitaal, kom haal. Dankan jy hier kom doen wat gedoenmoet word en dan sal ek jou weerterugneem.”

“Dis buite die kwessie,” sê sy op’n stemtoon wat sy hoop beslis enselfversekerd genoeg klink. “Hy isnou nog bewusteloos, maar as hybykom, sal hy waansinnig van pynwees. Ek moet hom in die hospitaalkry, Garth!”

Sy hand sluit meteens om haarpols.

“Linda.”Hy sê niks meer nie, maar die

manier waarop hy haar naamuitspreek, laat ’n rilling deurhaar gaan en dis of sy GarthJackson vir die eerste keerwerklik sien. Sy kyk in die floulig van die flikkerende lantern nasy gesig en sy herken hommeteens vir wat hy is – ’n koue,genadelose, meedoënlose man,hard en vasberade om te kry wathy vra.

“Ek sal jou ’n kwartier later komhaal. En as dit moontlik is, probeersommer daardie voorrade waarvoorek gevra het, ook saam te bring.”

Sy kyk weg en stap by homverby, die stal uit. Sy voel homlangs haar in pas val, maar kykstip voor haar uit. Dis eers toehulle al byna die stoep bereik hetdat sy hom gedemp hoor sê: “Enmoenie probeer om Louw Hoff-mann hieroor naald te steek nie,meisie. Dit sal ’n fout wees. ’nGroot fout.”

Weer voel sy ’n rilling deur haargaan en sy kan kwalik haarverligting verberg toe haar kollegameteens in die voordeur verskyn.

“Ons sal moet teruggaan.”Sy knik dadelik, maar hul

gasvrou wil niks daarvan weet nie.“O, nee, julle gaan darem eers

koffie drink. Kom.”Hulle is verplig om weer na

binne te gaan, maar Linda is dieres van die aand nie haarself nie.Haar gedagtes bly net kring omdaardie arme man wat in die stallê. Garth is weer sy joviale self enLaura bly die volmaakte gasvrou.’n Mislikheid stoot in Linda op.Hulle moet absoluut gevoellooswees, dink sy met weersin. Hullealbei is bewus van die Ovambo indie stal en in watter hagliketoestand hy hom bevind. Maarhulle lag en skerts gemoedelik asof

hulle van niks weet nie. Albei weetmet elke verbygaande minuut wordsy kanse skraler, maar Laura stelnog die hulp wat aan hom gebiedkan word uit deur op haar tydkoffie en likeur voor te sit.

“Ek verstaan van Louw dat onstwee mekaar behoort te ken, Linda.Ek wou mos sê daar is iets vaagsbekends aan jou gesig. Ons hetmekaar dus al tevore raakgeloop inGroote Schuur.”

Dis of Linda die blonde meisiedeur ’n waas sien. Is dit maar netomdat sy ontsteld is of is daar ietsin daardie blou oë wat heimlikglinster.

“Dis moontlik,” probeer sy sê,maar is bewus daarvan dat haarhande styf in haar skoot saamknelen dat elke vesel in haar gespanneis. “Die wêreld is maar klein.”

Laura lag, pen haar blou oë opdie bleek gesiggie vas.

“Ja. Soms te klein, nie waar nie?Ons twee kan gerus op ’n dagbietjie oor die ou dae gesels.”

Iets duisel in Linda en meteensvoel sy hoe ’n sterk hand onderhaar elmboog haar ophelp.

“Kom, jy’s nog op diens vannag.”Sy laat toe dat Louw Hoffmann

haar na buite lei en trek diep teuevan die naglug in haar longe in. Syhoor haarself haar gasvrou engasheer vir die aangename aandbedank, en kan dan gerus huil vandankbaarheid toe die enjin dreunen hulle wegtrek. Sy leun terugteen die kussing en sluit haar oë ennou gee sy nie meer om wat dieman langs haar daarvan dink nie.Want sy is nie net meer moeg nie.Sy is ook bang, ontsettend bang.Iets vertel haar dat sy haar in ’nweb laat vang het, reeds onwetendin ’n web vasgevang is waaruit synie maklik gaan kom nie.

Ena Murray-keur te wen

Page 8: Bloemnuusbl 20140523

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014

Christil Viljoen: “Ace is ‘n herdershondkruising wat drie groot liefdes het, naamlik water,’n tennisbal en hondespring. Hy is twee jaar oud en het pragtige maniere.”

Lynzelle Alberts: “Hierdie is Beardie, my bearded dragon, wat maats is met van die hondetot die kat in die huis.”

SaneiBotha: “Hierdie foto is geneem indie tuin vandie Jedidja­gastehuis vanonskleindog­ter Larene Botha en klein Reeze.”

MagdaBosch: “Ons is sogelukkigomvyf grasparkiete (lovebirds) in ons tuin inDanPienaarte hê. Hulle het die arme mossies se nes oorgeneem.”

Christil Viljoen: “Xena die kelpie laat ’n kuiken op haar kopsit. Dié kelpie is die saggeaardste hond denkbaar. Sy salenige lewende wese help grootmaak en kan meer as 30toertjies doen.”

Mimi Slabbert: “Dié is Cloey, ons wyfiekat, wat probeerom my vis, Charlie, beet te kry.”

Christil Viljoen: “Spokie is ’n varkhond gekruis met ‘n JackRussell. Sy is vreeslik liefdevol en mal oor kinders.”

Alte dierbaar vir hul base

Page 9: Bloemnuusbl 20140523

BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014 9

’n Dankie van Bloemnuus en die DBV aan die adverteerders (hieronder),almal diereliefhebbers, wat dié blad moontlik gemaak het.

VIR diere sonder huise maakseisoene nie saak nie.Dit is die jaar deur ’n stryd om

oorlewing, maar is veel moeilikerin die winter. Gelukkig is daaraltyd die barmhartiges wat hulleoor dié diere ontferm.As jy ’n dier by die Dierebesker-

mingsvereniging (DBV) wilaanneem, is daar aannemings-vorms wat by die DBV-kantooringevul moet word.Jy is nie sommer net seker van

’n dier nadat jy die vorms ingevulhet nie.Die DBV het streng vereistes en

’n inspekteur besoek die huise vanvoornemende eienaars om seker temaak daar sal goed na die dieromgesien word.’n Onderhoud word ook met die

voornemende eienaars gevoer omseker te maak die dier wat hullewil aanneem, sal by hul omstan-

dighede aanpas.Nadat die proses voltooi is, word

die diere gesteriliseer, ingeënt enontwurm.Daarna kan die dier na die nuwe

aanneem-ouers gaan.Die DBV vra die publiek om

komberse of matte aan dievereniging te skenk.Met die winter wat hier is, moet

elke dier ’n kombers kry.Die publiek kan die DBV

ondersteun deur ’n hok te borg.Elke skenker kry dan ’n naam-

plaatjie vir die spesifieke hokwaarop die skenker kan skryf sooshy goeddink.Met die borggeld word na die

dier in die betrokke hok omgesien.Vanjaar kos dit R700 om ’n hond

aan te neem en R400 vir ’n kat.Dit sal jou R600 kos om ’n hok te

borg. Dié R600 kan van belastingverhaal word.

Goeie huise virDBV ’n moet

Page 10: Bloemnuusbl 20140523

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014

SALESREPRESENTATIVE

A challenging opportunity exists for a dynamic customerorientated individual to maintain a high level of service toall G.U.D Holdings distributors, stockists and end users.

Key responsibilities: • ensure that stockists carry a widerange as is necessary to service their market and theirsales personnel are sufficiently trained • develop andgrow relationships to ensure mutually acceptable salesgrowth • investigate and review distributors, stockistsand workshops network in order to determine gaps inthe availability of G.U.D. Holdings products, and secureacceptable new distributors and stockists to fill those gaps• report to management.

Requirements: • a Grade 12 with 5 years’ marketing/sales experience in an automotive environment • goodcomputer literacy coupled with related formal qualification.

Interested applicants who meet the aboverequirements should address their CV’s giving detailsof qualifications, experience and salary expectations

to: [email protected]

CLOSING DATE: 26 MAY 2014.20434KZN

SOEK, KOOP, VERKOOP VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

PERSOONLIKE

DIENSTE

FINANSIEEL

1420

A " BLACKLISTED""ITC" "DEPREWIEV"WE CAN HELP. We

finance you. Cars, Bakkies,D/Cubs available. 076 3099909 or 076 752 7446.email: martie.benecke

@gmail.com

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

KRUIEKENNER

1435

BABA CHANGALI*Bring back lost lover.*Penis enlargement.*Financial problems.*Lotto and casino(win) and unfinishedjobs.073 683 0328.

LENINGS

1445

Consolidation Loan Online:Up to R230 000. Bad creditwelcome.E-mail: [email protected]

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

AAA-kwaliteit: INSTALLERING vanalle plafonne en 'drywalls' (herstelvan plafonne).Gratis kwot. 079 581 6654.

HUISVERBETERINGE:binne en buite, van dakke,

plafonne, verf, teëls,geisers, storte, ens.

SANTA 076 835 7849.

ROMMEL-

VERWYDERING

1860

VERVOER VAN meubels, bourom-mel en tuinvullis. Skakel Kobus072 288 7535.

BOME

1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME,hoërisikobome. 082 693 0234.

EIENDOMME

TUINWOONSTELLE

TE HUUR

3265

Kothuis te huur inParkwes: R3 500 p.m. wateringesluit. Koopkrag. Tanya071 880 1263.

BETREKKINGS

3600

ALGEMEEN

3680

Betroubare huishoudstergesoek om in Pretoria te werk.Met verw. SMS u vollenaam en ouderdom na083 956 7044.

VERKOPE &

BEMARKING

3760

SALE AND MARKETING,customer service positionavailable. 073 377 1412.

RETAIL STORE looking forsales assistants.Fax CV to 086 582 2248.

BOEDELKENNIS-

GEWINGS

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

122 KJ RAMOKOPU

In die boedel van wyle KhamaliJoshua Ramokopu, identiteits-nommer 381010 5989 080,getroud buite gemeenskap vangoed met Beauty Ramokopu,in lewe woonagtig by 3121Selosesha, boedelnommer3525/2002.Kennis geskied hiermee datdie gewysigde eerste en finalelikwidasie- en distribusiereke-ning in bogenoemde boedel terinsae sal lê by die kantoor vandie Meester van die Hoogge-regshof, Bloemfontein, vir 'ntydperk van 21 dae gerekenvanaf Vrydag 23 Mei 2014.Naam en adres van eksekuteurof gemagtigde:

LB SAFFYHoney Prokureurs

Posbus 29Bloemfontein9300Tel. 051 403 6600Faks: 051 403 6714

Page 11: Bloemnuusbl 20140523

BLOEMNUUS, VRYDAG 23 MEI 2014 11

Moenie die reeks A place to see before you die op Bloemnuus se Facebook­blad misloop nie. Daagliksword ’n foto van ’n besonder mooi plek hier geplaas. Op dié foto is Hallstatt in Oostenryk. ElmarieBothma het geskryf dit is “prentjiemooi” enMarna Nortjé “sal dit graagwil beleef”. Jens Friis, reisskry­wer en redakteur van Bloemnuus, sê dit is beslis een van die mooiste plekke waarin hy nog was. Leeswat hy oor Hallstatt geskryf het op www.bloemnuus.co.za.

Lesers kuier op platformsEENDAG (nie so lank gelede nie) het lesers nog na’n koerant ’n brief gestuur of gebel, maar met diekoms van die digitale media is terugvoering dees-dae baie vinniger en makliker. In ’n japtrap kan jyop Bloemnuus se Facebook-blad en webblad(www.bloemnuus.co.za) sien watter stories diemense laat praat. Hier is enkeles waarop heelwatterugvoering ontvang is.

Lente, somer,herfs of winter?SMarna Nortjé: Winter. Ek krygou warm en hou van koue. Dit isook ’n awesome gevoel om aan dieeinde van die winter te sien hoealles weer ontwaak.S Elry Willemse: Herfs, want diekleure is so mooi, en lente omdieselfde rede.S Lucky Snyman: Somer. Herfsmaak hartseer. Die winter is koud.SGina du Preez: Winter. Daar isdan geen muskiete nie en ek hoefook nie gras te sny nie.S Le Claire Venter: Die lentebring die vooruitsig van somer.S Johan Wasserman: Somer. Ekhou niks van die winter nie.

S Elize Wessels: Vir seker nieherfs of winter nie. ’n Mens krynet koud, word vet en daar is geenkleur nie. Dit is om van depro teword.S Linda Schoultz Diedericks:Somer. Alles groei mooi en isgroen. Ek kry my energie van dieson en hitte.SAndries Visagie: Lente. Herfs isook wonderlik en sou kon wen,maar ek haat dit wanneer onsnuwe “nasionale wintersport”, diestig van veldbrande, die mooiatmosfeer beduiwel. Ek hou nievan verskriklike hitte nie. Koelweer is heerlik.

Die dae word nou vinnig korter en die blare al hoe geler.

Die son het verdwyn voordat ditonder moes wees. Foto: Jens Friis

Son sakvoorsy tydVERLEDE Woensdag het die sonvreemd oor Bloemfontein gesak.Die son het verdwyn voordat ditonder moes wees. (Waarskynlik ’nwolkbank in die weste wat niemet die oog sigbaar is nie?) Diefoto is van Woodland Hills afgeneem.Lesers het só oor dié foto op

Bloemnuus se Facebook-bladgeskryf:S Stoffel Cilliers: Dalk reën ditmôre. Die ou mense het van ’nrooi sonsondergang gesê: “Sawensrood, morgens water in de sloot”.S Ilse Nel Marais: Pragtig. Onshet die Grootste Kunstenaar.S Nanda de Villiers: Baiebesonders. Bly jy en jou kamerawas daar.S Charlene van Tonder: Dit isvreeslik mooi. Ons God is groot.

StookdaardiekaggelAAN’T huis van Jens Friis,redakteur van Bloemnuus,is die kaggel Saterdagaanddie eerste keer vanjaar aange-steek.Marianne Schaper het op

Bloemnuus se Facebook-bladlaat weet hulle s’n het al op 28April gebrand – “net vir dielekker”.By Madelein Zeelie Buckle

was “dit al die tweede aand datons kaggel brand – heerliklangs die TV”.Andries Visagie het voorge-

stel: “Knak ’n bottel lekker rooiwyn.”Terwyl Clifton Janse van

Rensburg gemeen het dit isdie ideale tyd “vir marshmal-lows, kondensmelk en gesmeltesjokoladesous”.Heila van der Merwe en

Cathy Lani Techman hetopgemerk: “Wat ’n pragtigekaggel. Geniet dit.” en “Dit lykso lekker gesellig”.Andrea het per e-pos geskryf

dat “ ’n huis se herd sy hart is– des te meer as die vuurherdin die kombuis is. Dit is dieallerlekkerste plek om te kuieras dit buite ysig koud is.”

Vlamme wat knetter in ’n kaggel is een van die lekkertes wanneerdit begin kouer word. Foto: Jens Friis

Oogtande vir ’n AgaWIE is nog so bevoorreg om ’noorspronklike Aga-stoof in sykombuis te hê?SKoos Meiring: Myne werk. ’nRibbetjie kan nêrens so sag braaisoos in ’n Aga-stoof nie. Maar, hel,om die ding te laat diens laat diehare op my rug regop staan.SHelena Steyn: Sal my oogtandegee. My ouma van Schalkwyk inRosendal het presies so een gehad.Heerlikste brode gebak en kwepersin die oond. Het ook water warmgemaak. Hmmm . . .

SNeil Seady: Grew up with onein our house. So nice to sit in frontof it during winter. I used to warmup my feet in the bottom oven.SBetsie Bester: Ek het een. Myneis die groot een met die vierdeurtjies. Ek gebruik hom elkewinter.S Le Claire Venter: Sweetwater indie distrik Wepener het presies soeen. Iets om op jaloers te wees indie winter.SDean Contell: My vrou salamper enigiets doen vir een.

Page 12: Bloemnuusbl 20140523

Lauren Terras

GREY COLLEGE will travel toPaarl for their annual inter-school’s derby against PaarlBoys’ High this weekend.The match will be televised

live on Supersport HD and SS1at 14:05 on Saturday.

Paarl Boys’ High (1868) andGrey College (1855) are amongstthe oldest schools in South Africawith both schools having asignificant pedigree of rugbyhistory, heritage and tradition.

They first played each other in1950 and did not have a regularfixture every year due to thedistance between the schools.

Grey and Paarl Boys’ High (alsoknown as Boishaai) played againsteach other 21 times from 1950 to1995 and since then it has becomean annual fixture.

They have now played 39matches with Grey having won 31,Paarl Boys’ 6 and 2 draws.

1950s: In 1956 Paarl Boys’travelled up north to play Grey inBloemfontein and it was duringthis game that legendary Spring-bok center Mannetjies Roux fromPaarl Boys’ High was first notedby the sports editor of DieVolksblad, Herman le Roux, whothen predicted that Roux would bea future Springbok. AlthoughGrey won by 13-3, Roux had asublime game for Paarl Boys’ andit was only six years later that hescored that famous try (again inBloemfontein) against the 1964British Lions of Arthur Smith.

1970s: During the late 70s twofamous Springbok and SouthAfrican Schools wings (Carel duPlessis and Jaco Reinach) playedfor Paarl Boys’ High and GreyCollege respectively and laterbecame team mates during the1986 Springboks against the NewZealand Cavaliers. Carel played in

1978 against Grey and Grey wonby 29-13. A year later, in 1979,Jaco (double Springbok in rugbyand athletics) was Grey’s wingagainst Boishaai in a match wonby Boishaai by 15-13.

1990s: In 1993, the only SouthAfrican Schools captain (to date)that became Springbok captain,was the Paarl Boys’ High captain,Corné Krige. Against GreyCollege, Corné was leading theBoishaai team from the front andwill always be remembered for hiscrash tackles during this gamewhich kept the score at 0-0.

2011: In 2011 the Boishaai teamnearly caused a major upset in

Bloemfontein to end Grey’slong-standing winning streak. Inan epic match Boishaai came backfrom being 5-15 down at halftimeand had Grey under pressure formost of the second half. As thefinal whistle went, the scoreboardread Grey 15, Boishaai 15.

2012: In 2012 Grey came to Paarlas the underdogs, a tag they arenot very familiar with.

The 2012 Boishaai team was avery well-oiled machine and withtheir talisman flyhalf Jean-Luc duPlessis (son of Carel) pulling thestrings, they ran out convincingwinners beating Grey by 28-18.

An interesting twist to the 2012tale was the fact that the Boishaai

left wing Dante van der Merwe isthe son of Grey Old Boy Ruan vander Merwe (1986) and the left wingfor Grey College was LezarMarnewick, whose father, Lean,played with Ruan for Grey Collegein 1985.

2013: Paarl Boys’ again did thelong trek up to Bloemfontein toface Grey College in their ownbackyard. At halftime Boishaaiwere 20 points behind, but in acomeback rarely seen in Bloem,the Paarl Boys’ fought and clawedtheir way back into the match.Final score 35-28 to Grey.

2014: Grey College is back on topwhere they belong and is current-ly ranked the number-one team inSouth Africa. They have sweptaway most competition except forthe draw against Monumentduring a gruelling Easter Wee-kend Festival at Kearsney and anarrow win over Paarl Gim atWildeklawer.

The Grey machine is againfiring on all cylinders and acombination of a good solid frontrow, great loose forwards andspeedy and skillful backs makesthem a formidable unit.

Their strength is that they canadapt very quickly to gamedemands and switch their game-plan accordingly. This wasillustrated well against Affieswhen the latter began to dominate

the tight fases and Grey then tookthe ball as quickly as possiblewide and started playing morewith their backs.

This resulted in them keepingthe scoreboard ticking over andAffies could just not catch up.

Key player and fullback HenryImmelman picked up a nasty faceinjury during the Affies game andwill not be available for the Paarlmatch.

His place will most probably befilled by right winger LouwSteenkamp, himself a prolifickicker of the rugby ball and agreat attacking prospect.

Keep an eye out for flanker DeWet Bezuidenhout who can stealthe milk out of your coffee, sogood is he on a loose ball.

Captain and eighth man, AlexJonker, is a hard-as-nails playerand a very astute leader.

Scrumhalf Dian Badenhorst, sonof Free State stalward ChrisBadenhorst, is a livewire number 9and together with Dwayne Wesselsat 10 they make for a very steadyhalfback combination.

SMutual & Federal PremierInterschools is a series of 12matches which feature thehighest profile and most traditio-nal interschool rugby rivalriesfrom South Africa’s top rugbyschools which are broadcast liveon SuperSport from April toAugust.

Boishaai vs Grey College

The Cheetah Johan Goosen studied at Grey College.

Tennisin dienuusTania Smith

DIE Laer Meisie-skool Oranje enMcDonalds bied totmôre die dertiendeAmanda Coetzer-tennistoernooi inBloemfontein aan.

Die volgendelaerskole neem deel:Oranje, Stellenbosch,Curro (Hazeldean),die Laerskool LouwGeldenhuys,Eikestad en TruidaKestell.

Elke span bestaanuit sewe meisies.

Die prysuitdelingis Saterdagaand.