bloem snippets

4
Universiteit van die Vrystaat Deel 3 Die Grey Universiteitskollege (GUK), waaruit later ‘n eie, onafhanklike universiteit, naamlik die Universiteit van die Oranje-Vrystaat sou ontwikkel, het op 28 Janiarie 1904 tot stand gekom. Op hierdie dag het ‘n klein groepie studente wat die vorige jaar die Intermedire eksamen afgel het, na Grey teruggekeer om hulle vir die eerste keer in die geskiedenis van die inrigting vir die B.A.-graad in te skryf. Die totstandkoming van die universiteitskollege wat die verwesenliking van die lank gekoesterde ideale van presidente Reitz en Steyn was, het so onopsigtelik plaasgevind dat dit vir alle praktiese doeleindes ongesiens verbygegaan het. Meer as ‘n jaar later, in Maart 1905, het een van die plaaslike koerante, THE FRIEND, met ‘n mate van verbasing berig: We have received information showing that the community has already progressed far towards a complete university system. We prossess information that the institute founded by late Sir George Grey is practically a University College. For more than a year past classes have been there in full working order preparing students not only for the intermediate, but also for the final stage of the BA examination, as held by the Cape University.” Terwyl die skoliere in die imposante Grey Kollege-gebou in Douglasstraat gehuisves is, het die eerste studente van die GUK hulle onderrig in ‘n tweevertrek rooibaksteen- geboutjie in St. Georgestraat ontvang. Gedurende 1905 is twee hout- en sinkgeboutjies opgerig om as laboratoriums diens te doen. Eerste dosente was W.S. Johanson vir Engels en Wysbegeerte en J.H. Woolston vir Matesis. Adriaan Francken is oorgeplaas van die skool om Geskiedenis en Moderne Tale te doseer. Die rektor, dr. Brill, het Klassieke Tale gedoseer en L. Lyle natuurwetenskapvakke. Later is dr. G Pott aangestel as lektor in Plant- en Dierkunde. Johanes Z. van Schalkwijk en Siegfried E.H. Graaskopf was die eerste twee GUK-studente om aan die einde van 1905 die B.A.-graad te behaal. ‘n Stuk grond van 128 hektaar aan die weste kant van die stad, is deur die munisipaliteit aan die Oranjerivierkolonie beskikbaar gestel, met ‘n voorwaarde dat die gronde slegs vir onderrig doeleindes gebruik sou word. In die Direkteur van Onderwys se verslag vir 1905 is voorsiening vir aparte skool- en kollegegeboue gemaak. Tydens ‘n spesiale sitting van die Wetgewende Raad van die Oranjerivierkolonie in 1906 het die koloniale tesourie ‘n bedrag van 125 000 begroot vir die oprigting van die geboue. Die totale koste na voltooiing van die skool- en koshuisegeboue, asook die kollegegebou en koshuis van die GUK , het 135 000 beloop. Die hoesteeklegging van die eerste twee geboue wat die kern van die latere Universiteit van die Oranje-Vrysaat sou uitmaak, is op 19 Desember 1907, deur Sir Hamilton Gool- Adams, Goerwerneur van die Oranjerivierkolonie, gel. Die gebeurtenis het saamgeval met die formele opening van die Grey Kollege-skoolgebou. Die hoeksteenlegging van die manskoshuis wat voorlopig as “Kollegehuis” bekend sou staan, is deur die eerste minister van die Oranjerivierkolonie, Abraham Fischer, waargeneem. Met die amptelike skeiding tussen die skool en kollege kon die studente vir eerste keer hul eie karakter en identiteit ontwikkel en ‘n ware studentelewe geniet. ‘n Bewys hiervan is die totstandkoming van die eerste “Studente Verteenwoordigende Raad” (SVR) in Januarie 1909 en ‘n grondwet vir die liggaam aanvaar is. DIe SVR het belange van die studente gedien, soos GUK liedere, kleuredrag en skryfbehoeftes. Die SVR het ook onderneem om die jaarlikse Kollege Ontvangs, jaarlikse piekniek en alle vermaak waarin studente deelneem, as geheel te bestuur. Die SVR het hul mandaat gebruik en die GUK se verbintenis met Grey Kollege skool te eerbiedig deur die skoolkleurbaadjie as amptelike drag vir studente te behou. Teen einde 1911 is besluit om die skoolkleurbaadjie te vervang met ‘n blou baadjie met ‘n orange, wit en blou koord en die “Stabilis”-wapen van Grey Kollege. Hierdie baadjie is in 1926 deur die bekende streepbaadjie wat tot in die sestiger jare gebruik is, vervang. Die “Stabilis”-wapen (sir George Grey se familiewapen) is egter nog tot 1935 gebruik. Die boom nou uItgeplant en stewig wortel geskiet op “Die Bult”. Die boom het na soveel jare sy waardig plek in Suid-Afrika in geneem en verskaf koelte(volwaardige tersire opvoeding en studentelewe) aan almal wat op “Die Bult” ‘n draai maak. (Bron: Van der Bank, D.A., Die Grey Unversiteit kollege, 1904 – 1935, Navorsinge van die Nasionale Museum Bloemfontein, Volume 11, Deel II Desember 1995) 1 Maart 2012 Indien jy nie hierdie nuusbrief wil ontvang nie stuur ‘n epos aan [email protected] – stop brief Stuur alle korrespondensie, berigte, navrae, ens. aan [email protected] . Die ander e-pos adresse waarop u Bloem Snippets ontvang is slegs vir uitgaande e-pos doeleindes. links: A Fischer – Eerste Minister Oranjerivierkolonie (Foto TAB 1801) regs: Siegfried Grosskopf en J v Schalkwyk eerste twee BA-graad Studente Grey Universiteitkollege (Foto VAB 1356) Bo Links: Eerste Grey-kollege skoolgebou.( VAB 196) Bo regs: Hoofgebou Grey Universiteitkollege(VAB 1949) Regs onder: Hoofgebou Grey Kollege(VAB 1795)

Upload: bloem-snippets

Post on 25-Mar-2016

293 views

Category:

Documents


17 download

DESCRIPTION

Die elektroniese koerant met brokkies geskiedenis van Bloemfontein, asook vermaak.

TRANSCRIPT

Page 1: Bloem Snippets

Universiteit van die Vrystaat Deel 3

Die Grey Universiteitskollege (GUK), waaruit later ‘n eie, onafhanklike universiteit, naamlik die Universiteit van die Oranje-Vrystaat sou ontwikkel, het op 28 Janiarie 1904 tot stand gekom. Op hierdie dag het ‘n klein groepie studente wat die vorige jaar die Intermedi�re eksamen afgel� het, na Grey teruggekeer om hulle vir die eerste keer in die geskiedenis van die inrigting vir die B.A.-graad in te skryf.

Die totstandkoming van die universiteitskollege wat die verwesenliking van die lank gekoesterde ideale van presidente Reitz en Steyn was, het so onopsigtelik plaasgevind dat dit vir alle praktiese doeleindes ongesiens verbygegaan het. Meer as ‘n jaar later, in Maart 1905, het een van die plaaslike koerante, THE FRIEND, met ‘n mate van verbasing berig: ”We have received information showing that the community has already progressed far towards a complete university system. We prossess information that the institute founded by late Sir George Grey is practically a University College. For more than a year past classes have been there in full working order preparing students not only for the intermediate, but also for the final stage of the BA examination, as held by the Cape University.”

Terwyl die skoliere in die imposante Grey Kollege-gebou in Douglasstraat gehuisves is, het die eerste studente van die GUK hulle onderrig in ‘n tweevertrek rooibaksteen-geboutjie in St. Georgestraat ontvang. Gedurende 1905 is twee hout- en sinkgeboutjies opgerig om as laboratoriums diens te doen.

Eerste dosente was W.S. Johanson vir Engels en Wysbegeerte en J.H. Woolston vir Matesis. Adriaan Francken is oorgeplaas van die skool om Geskiedenis en Moderne Tale te doseer. Die rektor, dr. Brill, het Klassieke Tale gedoseer en L. Lyle natuurwetenskapvakke. Later is dr. G Pott aangestel as lektor in Plant- en Dierkunde. Johanes Z. van Schalkwijk en Siegfried E.H. Graaskopf was die eerste twee GUK-studente om aan die einde van 1905 die B.A.-graad te behaal.

‘n Stuk grond van 128 hektaar aan die weste kant van die stad, is deur die munisipaliteit aan die Oranjerivierkolonie beskikbaar gestel, met ‘n voorwaarde dat die gronde slegs vir onderrig doeleindes gebruik sou word. In die Direkteur van Onderwys se verslag vir 1905 is voorsiening vir aparte skool- en kollegegeboue gemaak. Tydens ‘n spesiale sitting van die Wetgewende Raad van die Oranjerivierkolonie in 1906 het die koloniale tesourie ‘n bedrag van �125 000 begroot vir die oprigting van die geboue. Die totale koste na voltooiing van die skool- en koshuisegeboue, asook die kollegegebou en koshuis van die GUK , het � 135 000 beloop.

Die hoesteeklegging van die eerste twee geboue wat die kern van die latere Universiteit van die Oranje-Vrysaat sou uitmaak, is op 19 Desember 1907, deur Sir Hamilton Gool-Adams, Goerwerneur van die Oranjerivierkolonie, gel�. Die gebeurtenis het saamgeval met die formele opening van die Grey Kollege-skoolgebou. Die hoeksteenlegging van die manskoshuis wat voorlopig as “Kollegehuis” bekend sou staan, is deur die eerste minister van die Oranjerivierkolonie, Abraham Fischer, waargeneem.

Met die amptelike skeiding tussen die skool en kollege kon die studente vir eerste keer hul eie karakter en identiteit ontwikkel en ‘n ware studentelewe geniet. ‘n Bewys hiervanis die totstandkoming van die eerste “Studente Verteenwoordigende Raad” (SVR) in Januarie 1909 en ‘n grondwet vir die liggaam aanvaar is.

DIe SVR het belange van die studente gedien, soos GUK liedere, kleuredrag en skryfbehoeftes. Die SVR het ook onderneem om die jaarlikse Kollege Ontvangs, jaarlikse piekniek en alle vermaak waarin studente deelneem, as geheel te bestuur. Die SVR het hul mandaat gebruik en die GUK se verbintenis met Grey Kollege skool te eerbiedig deur die skoolkleurbaadjie as amptelike drag vir studente te behou. Teen einde 1911 is besluit om die skoolkleurbaadjie te vervang met ‘n blou baadjie met ‘n orange, wit en blou koord en die “Stabilis”-wapen van Grey Kollege. Hierdie baadjie is in 1926 deur die bekende streepbaadjie wat tot in die sestiger jare gebruik is, vervang. Die “Stabilis”-wapen (sir George Grey se familiewapen) is egter nog tot 1935 gebruik.

Die boom nou uItgeplant en stewig wortel geskiet op “Die Bult”. Die boom het na soveel jare sy waardig plek in Suid-Afrika in geneem en verskaf koelte(volwaardige tersi�re opvoeding en studentelewe) aan almal wat op “Die Bult” ‘n draai maak.

(Bron: Van der Bank, D.A., Die Grey Unversiteit kollege, 1904 – 1935, Navorsinge van die Nasionale Museum Bloemfontein, Volume 11, Deel II Desember 1995)

1 Maart 2012

Indien jy nie hierdie nuusbrief wil ontvang nie stuur ‘n epos aan [email protected] – stop brief

Stuur alle korrespondensie, berigte, navrae, ens. aan [email protected].

Die ander e-pos adresse waarop u Bloem Snippets ontvang is slegs vir uitgaande e-pos doeleindes.

links: A Fischer – Eerste Minister Oranjerivierkolonie (Foto TAB 1801)

regs: Siegfried Grosskopf en J v Schalkwyk eerste twee BA-graad Studente Grey Universiteitkollege (Foto VAB 1356)

Bo Links: Eerste Grey-kollege skoolgebou.( VAB 196)

Bo regs: Hoofgebou Grey Universiteitkollege(VAB 1949)

Regs onder: Hoofgebou Grey Kollege(VAB 1795)

Page 2: Bloem Snippets

LIEFLING, DIE MUSICAL, IS OKTOBER IN DIE SAND DU PLESSIS TEATER!!

OUDISIES VIR DIE AKTEURS EN SANGERS, WORD GEHOU OP WOENSDAG 21 MAART.

KONTAK ELNA VAN DER WALT BY 0824625507 vir meer inligting

Spesiale verjaarsdag-wense, van u, vriende, kollegas en families.

1 Maart Suzanne Ferns

3 Maart Annelize v/d ZwaardKaylee Slabbert

7 Maart Suzca Smit

MMMiiimmmooosssaaa MMMaaallllllGhost Rider 2:

Spirirt of Vengenace

Hugo

Jack and Jill

Safe House

Semi Soet

The Means War

War horseFor Ster Kinekor movie times follow this link:

http://www.moviesite.co.za/where/Mimosa_Mall.htm

Stuur aan Bloem Snippets u vriende en familie se verjaarsdae. [email protected]

TrespassWe bougth a ZooCourageMy Week with MarilynSemi Soet

Teaters rystoelvriendelik

Dinsdae en Woensdae kaartjies R20

10:00; 12:15;14:30; 17:15; 20:00

2-8 Maart

MOVIE INFOClick with mouse to

web link http://www.moviesite.co.zaIn the search block you

type the Movie name for whole description on the

movie.

For Loch Logan Moviesfollow this link:

http://www.moviesite.co.za/where/Loch_Logan.htm

Loslippig met Ian Wessels van RSG R75 by deur R65 Izami Bloemiste 3 Maart 2012

Ses Snare 28 Maart 2012 R95 Izami bloemiste R110 by deur

Rad Jazz Band 30 Maart 2012 R45 deur R55 Izami

Hugo Saterdag 31 Maart 2012 (PTA)

Chris Chameleon 12 en 13 April 2012 R110 Izami en R120 by deur

Boo Chris Chameleon 14 April 2012 R110 Izami en R120 by deur

Jennifer Zamudio Donderdag 31 Mei 2012 R45 vooraf by Izami Bloemiste of R55 by die deur

www.vulture-aasvoelclub.com

Please make a note of the upcoming events below so that you can get tickets early. Tickets can be aquired at Izami Bloemiste, as well as at the door. 180 people can be seated at tables. Tickets can also be booked at the following numbers: 084 796 7975 and 084 559 8991 or 051 523 3604. Izami Bloemiste 051 4361489

Boerekos etes teen R35 per kop asook kontant kroeg en popcorn masjien. Tasty meals available at R35 per plate.

Page 3: Bloem Snippets

SLIGHTLY NUTTY sal ongelukkig nie eerskomende Vrydagaand die 2de Maart oop wees vir die publieknie, weens 'n private funksie.Ons is wel weer volgende Vrydag-aand die 9de Maart oop met heerlikekos en 'n rustige atmosfeer vir almal.

Moenie hierdie SONDAG die 4de Maart uitmis op onsRUMP STEAK SONDAG nie!

Watertand A-Graad Rypgemaakte 250g Rump Steakmet een van die volgende souse:

Halloumi, Bacon en PepersousOF

Romerige Mosselsous

Bedien met 'n HEERLIKE gevulde gebakte aartappel met tuna, mayonaise en kappertjies en groente van die dag.

Alles teen net R75 - onverbeterlike waarde vir geld.

PHONE RUDI FOR RESERVATIONS083 432 9927

Faena, 'n solo-reisende uitstalling deur Nandipha Mntambo (Standard Bank Jong Kunstenaar-wenner vir Visuele Kunste 2011) is by Oliewenhuis-kunsmuseum van die 16 de Februarie tot 8 April te siene.

Vir die 28-jarige Nandipha Mntambo is beesvel die prim�re doek wat gebruik word om haar passie uit te druk om sosiale en kulturele norme uit te daag. Sy het gegradueer met 'n Meestersgraad in Beeldende Kuns (met onderskeiding) van die Michaelis-kunsskool, Universiteit van Kaapstad, in 2007 en is tans besig om in Cleveland, Ohio, te studeer.

INHEEMSE MEDISINALE PLANTKURE of MUTIDie Botaniese Vereniging bied `n lesing aan deur Leanne Kessler, die Tuinboukundige, werksaam in die Botaniese Tuin Vrystaat, Vrydagaand 09 Maart om 19:00 in die Potskuur.Sy gaan vertel van oeroue legendes van die medisyne of Muti van Afrika. Inheemse plante word deur tradisionele genesers gebruik vir fisiese en sielkundige kwellings. Die vraag is hoeveel waarde het dit werklik en hoeveel skade berokken hierdie gelowe aan die planterykdom van Afrika.Bring u kennis en u vrae en kom gesels saam.

Om die Potskuur te bereik neem u die linkerhandse pad wanneer u die hoofhek van die Botaniese Tuin ingaan.Bring en Braai na die vergadering en dan kan u die probleme rondom die skade aan die plante help oplos rondom die braaivleisvure.

Skakel Cicile Strauss vir verdere inligting: 0833952240

VIR BEKENDSTELLING EN BEMARKING VAN

FONDSINSAMELINGPROJEKTESTUUR INLIGTING AAN

[email protected]

Page 4: Bloem Snippets

Kunstenaars soos: Walter Meyer, Christiaan Nice, Errol, Boyley, Chris Tugwell, Frans Claerhout, Kobus Kotze, Andr� de Beer, Carla Bosch, David Johnson, At Botha, Joe Kotze, Stefan de Beer, Phillip Britz en nog vele meer