bloem snippets no 191

5
AND THEY LIVED HAPPILY EVER AFTER……OF NIE? Samesteller: Ronel Theart Ons hou almal van ‘n storie met ‘n gelukkige einde. Soms gebeur die teendeel en is jy aangewese op jou vriende om aan jou storie ‘n gelukkige einde te gee. Die liefdesverhaal van Danie Theron en sy Hannie is so ‘n voorbeeld. Hannie Neethling was die jongste van 15 kinders. Sy is gedoop as Johanna, maar almal het die brunet as Hannie geken. Sy het ‘n opgeruimde geaardheid en sterk persoonlikheid gehad. Boonop was sy baie musikaal. Sy het haar sangopleiding aan die Rynse Instituut op Stellenbosch gekry en was juis besig om haar sangloopbaan in Johannesburg voort te sit, toe sy Danie ontmoet het. Danie het ‘n gereelde kuiergas op Eikenhof, die plaas van haar ouers geword. Hulle het metteryd verlof geraak onder hul spesiale boom. Hannie en haar suster, Etta, het gereeld tennis gespeel. Die tennisbaan was op die plaas. Op 20 Augustus 1898 het Hannie, nadat sy ‘n wedstryd gespeel het, nie lekkergevoel nie. Aanvanklik is gedink dat sy ‘n verkoue opgedoen het en dit is nie ernstig opgeneem nie. Haar toestand het vereger in so ‘n mate dat sy vir Danie laat weet het om nie die naweek te kom kuier nie. Intussen het Etta ook siek geword. Hul vader het mediese sorg vanuit Johannesburg ontbied. Hannie is nege dae later oorlede en so ook haar suster. Beide susters is oorlede aan dubbele longontsteking. Met die uitbreek van die oorlog is alle mans opgekommandeer. Danie het ook sy plig gaan doen. Hy het veral in die nagte by die plaas aangedoen. Hy het een aand vir die tante gevra om vir hom ‘n kransie te maak en dit aan sy en Hannie se boom te hang. Hy sou dit dan die volgende nag kom haal en op haar graf gaan neersit. Die volgende nag was 29 Augustus 1900, presies twee jaar na die dood van Hannie. Die nag het gekom, so ook die volgende, en die kransie het daar bly hang. Danie het nooit gekom nie. Sy sou eers later uitvind dat hy gesneuwel het by Gatsrand. Hy het hom vasgeloop teen ‘n kolonne verbytrekkende Britte. Hy is deur die Britte begrawe op die plek waar hulle daardie nag laer getrek het. Met groot moeite het sy verkenners by die Wolvaarts, die eienaars van die plaas naaste aan die rantjie, vasgestel wat gebeur het. Die verkenners het die 4 hopies grond gevind en almal omgekeer totdat hulle by Danie se oorskot uitgekom het. Hy was toegedraai in ‘n kakiekombers. Hulle het hom op 15 September 1900 in die familiekerkhof op Eikenhof begrawe. Op 28 Desember 1907 is ‘n gedenkteken op sy graf opgerig. Sy verkenners het sy belofte gestand gedoen en hom langs sy Hannie laat rus. 30 Augustus 2012 1. Henrietta Johanna (Hannie) Neethlingh 2. Hannie’s Vader 3. Hannie’s Moeder 4. Danie Theron haar verloofde 5. Hannie en haar jounger sister is in die graf begrawe Eikenhof familie begraafplaas 6. Danie Theron’s graf langs die van Hannie (Foto’s: http://www.walkervillesa.co.za/theron.html )

Upload: bloem-snippets

Post on 29-Mar-2016

270 views

Category:

Documents


10 download

DESCRIPTION

E-Nuusblad met die hede, verlede en toekoms

TRANSCRIPT

Page 1: Bloem Snippets no 191

AND THEY LIVED HAPPILY EVER AFTER……OF NIE? Samesteller: Ronel Theart

Ons hou almal van ‘n storie met ‘n gelukkige einde. Soms gebeur die teendeel en is jy aangewese op jou vriende om aan jou storie ‘n gelukkige einde te gee. Die liefdesverhaal van Danie Theron en sy Hannie is so ‘n voorbeeld. Hannie Neethling was die jongste van 15 kinders. Sy is gedoop as Johanna, maar almal het die brunet as Hannie geken. Sy het ‘n opgeruimde geaardheid en sterk persoonlikheid gehad. Boonop was sy baie musikaal. Sy het haar sangopleiding aan die Rynse Instituut op Stellenbosch gekry en was juis besig om haar sangloopbaan in Johannesburg voort te sit, toe sy Danie ontmoet het. Danie het ‘n gereelde kuiergas op Eikenhof, die plaas van haar ouers geword. Hulle het metteryd verlof geraak onder hul spesiale boom. Hannie en haar suster, Etta, het gereeld tennis gespeel. Die tennisbaan was op die plaas. Op 20 Augustus 1898 het Hannie, nadat sy ‘n wedstryd gespeel het, nie lekkergevoel nie. Aanvanklik is gedink dat sy ‘n verkoue opgedoen het en dit is nie ernstig opgeneem nie. Haar toestand het vereger in so ‘n mate dat sy vir Danie laat weet het om nie die naweek te kom kuier nie. Intussen het Etta ook siek geword. Hul vader het mediese sorg vanuit Johannesburg ontbied. Hannie is nege dae later oorlede en so ook haar suster. Beide susters is oorlede aan dubbele longontsteking. Met die uitbreek van die oorlog is alle mans opgekommandeer. Danie het ook sy plig gaan doen. Hy het veral in die nagte by die plaas aangedoen. Hy het een aand vir die tante gevra om vir hom ‘n kransie te maak en dit aan sy en Hannie se boom te hang. Hy sou dit dan die volgende nag kom haal en op haar graf gaan neersit. Die volgende nag was 29 Augustus 1900, presies twee jaar na die dood van Hannie. Die nag het gekom, so ook die volgende, en die kransie het daar bly hang. Danie het nooit gekom nie. Sy sou eers later uitvind dat hy gesneuwel het by Gatsrand. Hy het hom vasgeloop teen ‘n kolonne verbytrekkende Britte. Hy is deur die Britte begrawe op die plek waar hulle daardie nag laer getrek het. Met groot moeite het sy verkenners by die Wolvaarts, die eienaars van die plaas naaste aan die rantjie, vasgestel wat gebeur het. Die verkenners het die 4 hopies grond gevind en almal omgekeer totdat hulle by Danie se oorskot uitgekom het. Hy was toegedraai in ‘n kakiekombers. Hulle het hom op 15 September 1900 in die familiekerkhof op Eikenhof begrawe. Op 28 Desember 1907 is ‘n gedenkteken op sy graf opgerig. Sy verkenners het sy belofte gestand gedoen en hom langs sy Hannie laat rus.

30 Augustus 2012

1. Henrietta Johanna (Hannie) Neethlingh

2. Hannie’s Vader

3. Hannie’s Moeder

4. Danie Theron haar verloofde

5. Hannie en haar jounger sister is in die graf begrawe – Eikenhof familie

begraafplaas

6. Danie Theron’s graf langs die van Hannie

(Foto’s: http://www.walkervillesa.co.za/theron.html)

Page 2: Bloem Snippets no 191

Spesiale verjaarsdag-wense, van u, vriende, kollegas en families.

MMMiiimmmooosssaaa MMMaaallllll

Step Up 4: Revolution

Abraham Lincoln- Vampire Hunter

Girl in Progress

Expandables 2

Madagascar 3

Searching for Sugarman

Ted

Thay’s My Boy

The Dark Knight Rises

Total Recall

For Ster Kinekor movie times follow this link:

http://www.moviesite.co.za/where/Mi

mosa_Mall.htm

Stuur aan Bloem Snippets u vriende en familie se verjaarsdae. [email protected]

The Dark Knight Rises

That’s my Boy

Darling Companion

W.E.

Teaters rystoelvriendelik

Dinsdae en Woensdae kaartjies R20

10:00; 12:15; 14:30; 17:15; 20:00

31 Aug – 06 Sept

MOVIE INFO

Click with mouse to web link

http://www.moviesite.co.za

In the search block you type the

Movie name for whole

description on the movie.

For Loch Logan Movies

follow this link:

http://www.movie

site.co.za/where/L

och_Logan.htm

31 Aug Jahné le Roux Rhoda Grobler

2 Sept Cecil Lee 3 Sept Sarel de Meyer

Linda Venter 5 Sept Hannetjie Gouws

PACOFS Program – kaartjies beskikbaar te Izami Bloemiste:

31 Augustus - Sneeuwitjie en Pantomie

7, 8 September - Bloemfontein Kinderkoor met Nataniel

25, 26, 27, 28, 29 September – Sound of Music

PLANTVERKOPING Die BOTANIESE VERENIGING VRYSTAAT bied `n PLANTVERKOPING aan in die BOTANIESE TUIN in Bloemfontein op Saterdag 08 September om 08:00. Kom besoek ons Tuin en kom koop inheems: bome, struike, bolplante, vygies, vetplante, aalwyne, kompos, erdwurms.

RISNA van ROSES 4 YOU bied om 09:00 in die

Opvoedkundige gebou wat in die Tuin geleë is die volgende

aan:

HOE OM DIE KWALITEIT VAN GROND TE VERBETER HOE OM `N INHEEMSE TUIN TE BEPLAN.

PIET LAUBSCHER gaan om 10:00 gesels oor CLIVIAS en hoe

om die saad te onkiem

Kom koop wat u vir u tuin nodig het en geniet ook `n heerlike pannekoek en tee/koffie om u dors te les. Vir verdere inligting skakel: 0833952240

31 Augustus 2012 Ses Snare R110 by deur & R95 by Izami

1 September 2012 Ses Snare R110 by deur & R95 by Izami

31 Oktober 2012 Magna Carta R130 by die deur & R95 by Izami Bloemiste

NICHOLIS LOUW OPTREDE OP 21 SEPTEMBER 2012

Die Lugmag Basis Bloemspruit bied aan „n Nicholis

Louw Optrede om fondse in te samel vir

minderbevoorregtes in Bloemfontein en

omgewing. Hierdie fondse gaan aangewend word

om verligting te bring in arm gebiede en om uit te

reik na mense in nood. Die hekke open om 15:00

daar gaan Statiese uitstallings van Helikopters,

Brandweer, Lug- en Weermag, en Motors van

Imperial GM Bloemfontein wees. Die Chevrolet

valskermspringers gaan ook deel van die program

wees. Mnr Chris Barnard se Super Car gaan ook

onder die motor uitstallings wees.

FUNDRAISING FOR CHARITY

Air Force Base Bloemspruit is hosting a “Nicholis Louw” show on the 21 September 2012 at Air Force Base Bloemspruit Hangar no 3 at 19:00. Gates open at 15:00. The aim of this show is to raise funds that can be utilised to give a relief to the underprivileged people in the Bloemfontein Area. Air Force Base Bloemspruit Ladies Association is

striving to sell 1500-2500 tickets @ R100.00

per person. Your contribution to this event will be highly appreciated.

Page 3: Bloem Snippets no 191

Sunday 2 September Eisbein with Sweet Mustard R75

2/3 X Lamb Chops with Basting Sauce R70

Pork Roast with Gravy R55

All dishes are served with mashed

potatoes, vegetables of the day

and salad.

*PLEASE NOTE: While stock last Bookings essential

Rudi 0834329927

PLUS

Gratis vermaak met opkomende Afrikaanse kunstenaar baritone-stem onder Daniel Peens. Gaan soek hom op Facebook en luister na sy pragtige bariton-stem – soek onder Daniel Peens.

www.reverbnation.com/c./poni/127300940

Afrikaans op sy Beste

MAYONNAISE Al ooit gewonder waar die woord, vir die baie bekende slaaisous, sy oorsprong gehad het? Die oorsprong van die slaaisous, tradisioneel ‘n mengsel van eiergeel en olie se naam is ‘n netelige kwessie onder die samestellers van verskillende bronne. Een moontlikheid is dat dit ‘n verbrouing is van bayonnaise, asof die sous in Bayonne in die suidweste van Frankryk sy ontstaan gehad het; of dat dit afgelei is van die Franse werkwoord manier “ om te roer”; en dat dit teruggaan op die Oufranse woord vir eiergeel, mayo. Maar die vroegste spelling van die woord was mahonnaise. Daaruit kan afgelei word dat dit vernoem is na die hoofstad van Minorka, Port Mahón. Die verband tussen die eiland en Frankryk lê in die verowering daarvan deur die Franse hertog van Richelieu (nie die kardinaal Armand Jean du Plessis van eikevatfaam nie, maar die maarskalk Armand de Vignerot du Plessis) in 1756. Die sous sou dan spesiaal bedink gewees het om sy oorwinning in herinnering te roep. ‘n Interessante verskynsel wat ook aan die maarskalk toegeskryf word, is dat tafelmesse se punte deur sy opdrag geslyp is. Die rede daarvoor was dat sy gaste mekaar met die gewone messe gesteek het, as hulle in hul dronkenskap, met mekaar geargumenteer het.

GARDEN TALK:

HERBS My top 10 Herbs 15 September

10:00—13:00

Entrance Free Seats limited:

Pre-book get preference

BITES D’LITE Die somer is op ons voorstoep en dit

raak weer tyd vir Heerlike Vars

Slaaie, Aarbei Kaaskoek,

Melkskommels, Roos Roomys,

Vervrissende Witwyn, Koue Bier, lui

lekker kuiers saam met vriende en

familie….

En waar beter om dit te ervaar met

die natuur om jou!

Ons teetuin bied dit alles en nog meer.

Kom maak ‘n draai en wees

aangenaam verras!

Telephone: 051 451 1913 082 696 7876 Fax: 086 661 6135 e-mail: [email protected] Website: www.rosesforu.co.za

Page 4: Bloem Snippets no 191

“JF AMAZING RACE 2012”

1 SEPTEMBER 2012

Jim Fouche Pri-mêre Skool bied op Saterdag, 1 September 2012 weer diè “JF Amazing Race” aan.

“JF Amazing Race 2011” was sò ‘n sukses, dat ons besluit het om die jaar GROOT te gaan.

Verloop van gebeure: Spanne beweeg langs ‘n roete met verskeie kontrolepunte. Leidrade moet opgelos word en aktiwiteite moet voltooi word om sodoende na die volgende kontrolepunt aan te beweeg.

Die span wat eerste die ren voltooi, sal as wenners van “JF Amazing Race 2012” aangewys word.

Die jaar gaan dit bietjie moeiliker wees, met BAIE uitdagings. Deelnemers moet die uitdaging voltooi sonder dat hulle enige spesiale voorregte ten opsigte van verkeer, parkering by kontrolepunte, ens. geniet. Deelnemers moet binne die normale vloei van die Saterdagverkeer die tydren voltooi.

Daar sal stalletjies en uitstal ruimte beskikbaar wees op die rugbyveld van Jim Fouchê, waar die begin en die eindpunt is.

U betrokkenheid: Enige van die volgende maniere wat u pas kan uitgeoefen word:

Borg ‘n kontrolepunt teen R500,00.

Skryf ‘n span van vier persone in teen R400,00 per span.

Borg ‘n deel van die geleentheid hetsy deur ‘n geldelike bydra, of skenkings van pryse vir die spanne.

“Huur” ‘n stalletjie of uitstal ruimte.

Jim Fouchè Pri-mêre skool koshuis sal verandwoordelik wees vir die kos en koeldrank stalletjies.

Vir meer inligting en inskrywingsvorms kontak gerus vir Lize Fourie by 0823784398: [email protected] of vir Annelien van der Merwe by 0712755439: [email protected]

Regie: Elna van der Walt

Plek: Sand du Plessis Teater

Datum: 19 & 20 Oktober 2012 Kaartjies: Pacofs of 082 462 5507 Izami Bloemiste, Bayswater Elna van der Walt Balletskool

BAAS bederf jou sekretaresse

FAMSA Sekretarressedag 5 September, 8:45 tot 12:00

Somerton Estate Nek masering, Klerekasbeplanning, en ontbyt vir slegs R200.

Slegs 150 plekke beskikbaar

Kaartjies by FAMSA, Straussstr 10, Universitas Navrae: Elaine 051 525 2395

Page 5: Bloem Snippets no 191

MUSIC PRODUCTION: THABO HLONGWANE performs the music of Ge Korsten, Bles Bridges & Lucas Maree

RENT is a lively rock musical set in New York in the early 1990’s. The narration follows a year in the life of eight friends struggling to survive in the midst of an HIV/AIDS epidemic whilst coming to grips with their own frail humanity in a world that has no time for empathy or compassion. Winner of four Tony Awards (including Best Musical) and the Pulitzer Prize for Drama, RENT is currently ranked as the seventh longest running show on Broadway, with a continuous run of 12 years (1996-2008). Since its opening, RENT has become a pop culture phenomenon with songs that rock and a story that resonates with audiences of all ages. RENT is brought to you by PACOFS in partnership with F.A.T. Productions. F.A.T. Productions is a local production company seeking to promote high-quality theater using Bloemfontein talent. Direction was done by Leendert De Jager and musical direction by Jaco Griessel. RENT is showing at the Andre Huguenot Theater from the 11 to the 15

th of September. Ticket prices are R80.00 for adults, R50.00 for scholars and R50.00 for

group bookings of ten or more. Evening shows: 11 September – 15 September at 19:30 Matinees: 13 September to 14

September at 11:00

Saturday Matinee (15 September) at 14:00 Ticket Prices: R80.00 for adults R50.00 for Scholars R50.00 per person for group bookings of 10 or more Age Restriction: 16 for language (L) and mature themes (M) Tickets are available at PACOFS Booking Office (051) 447 7772, Izami Florists & Goldfields Casino. www.pacofs.co.za/ [email protected] Released by: PACOFS Communications and Marketing Department Tel: (051) 447 7771 ext 2316

Indien jy nie hierdie nuusbrief wil ontvang nie stuur „n epos aan [email protected] – stop brief

Stuur alle korrespondensie, berigte, navrae, ens. aan [email protected].

Die ander e-pos adresse waarop u Bloem Snippets ontvang is slegs vir uitgaande e-pos doeleindes.