bestemming 13junie2010 opdiespoorvan’nreis terugintyd · van afrika beleef. rvr bestempel sy...

2
E k het onlangs met die komplimente van Live the Journey (wat as agent vir Rovos Rail optree) ’n reis vanaf Pretoria na Kaapstad op die trots van Afrika beleef. RVR bestempel sy treine as die luuksste ter wêreld en ek was dus om verstaanbare redes opgewonde oor die vooruitsig om op een van dié treine te reis! Met ons aankoms by die Capital Park-stasie, wat RVR bedryf, was twee van hul beamptes byderhand om die motordeure oop te maak en die bagasie af te laai, selfs terwyl die motor se enjin nog geluier het. Hmm… het ek gedink, is dit ’n aanduiding van die diens wat ek en my man op die reis kan verwag? Deels as gevolg van die tragiese ongeluk ’n paar dae voor ons vertrek na Kaapstad, was daar sekere logistieke uitdagings wat die trein se vertrek met sowat ’n uur vertraag het. Die vertraging was egter ’n welkome meevaller, want dit het ons die kans gegee om die stasie behoorlik te ervaar. Die wagkamer en die per- ron is op sigself iets om te beleef. Capital Park- stasie is die tuiste en hoofkwartier van RVR. Die goedversorgde tuine en keurig gemeubileer- de wagkamer (onthaal/ontvangsvertrek) laat jou voel asof jy jou 80 jaar terug in tyd bevind. Voeg daarby die heerlike verversings (te peusel en te teug) wat vrylik beskikbaar is, die stuk of sewe poue wat doodluiters op die terrein rond- loop en selfs die wagkamer ingestap het, asook die persoonlike aandag van die RVR-personeel wat deurentyd toesien dat jy aan niks tekort skiet nie, en jy sal vergeef word as jy jou ver- beel jy is een of ander vooraanstaande adellike uit vervloë dae. Die stasie-ervaring kan dalk die beste beskryf word deur die volgende gesprek tussen ’n ma (uit die buiteland) en haar (skat ek) agtjarige seuntjie wat ek in die badkamer gehoor het: “Mom, the service here is good, hey?” “Yes, you are a very lucky boy.” “Mom, I want to do this for my 10th!” Kort voor ons vertrek is al die gaste (passa- Op die spoor van ’n reis siers) deur die stigter/eienaar van RVR, Rohan Vos, toegespreek, wat ’n bondige oorsig oor die ontstaan van RVR behels het, sowel as inligting oor die reis na Kaapstad, sekere hoogtepunte van die reis en ’n verdui- deliking van die geriewe op, en uitleg van die trein. Passasiers is, na ’n handdruk van Vos, na hul kompartemente begelei deur die waardin van die treinwa (“koets” is sekerlik ’n beter beskrywing) waarin jou kompartement is. Kanse vir verdwaal op die trein is gering, aangesien jou naam aan die binne- en buitekant van die wa en op jou komparte- mentdeur aangebring is. Binne die kompartement tref jy >>> 4|bestemming 13 junie 2010 Annemarie de Lange terug in tyd Danksy die per- soonlike aandag van die RVR- personeel sal jy vergeef word as jy jou verbeel jy is die een of ander vooraan- staande adellike uit vervloë dae Die “slaapka- mer” het al die luukshede wat jy in ’n hotelka- mer teëkom: ruim pakplek, ’n kroegyskas- sie, elektriese komberse op die bed, ’n ke- tel en verskeie warm drankies Die trein het twee luukse sit- kamer-waens, met gemak- stoele, ’n kroeg, leesstof en groot ven- sters om die uitsig te geniet

Upload: others

Post on 29-May-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: bestemming 13junie2010 Opdiespoorvan’nreis terugintyd · van Afrika beleef. RVR bestempel sy treine as die luuksste ter wêreld en ek was dus om verstaanbare redes opgewonde oor

Ek het onlangs met die komplimentevan Live the Journey (wat as agentvir Rovos Rail optree) ’n reis vanafPretoria na Kaapstad op die trotsvan Afrika beleef. RVR bestempel

sy treine as die luuksste ter wêreld en ek wasdus om verstaanbare redes opgewonde oor dievooruitsig om op een van dié treine te reis!

Met ons aankoms by die Capital Park­stasie,wat RVR bedryf, was twee van hul beamptesbyderhand om die motordeure oop te maak endie bagasie af te laai, selfs terwyl die motor seenjin nog geluier het. Hmm… het ek gedink, isdit ’n aanduiding van die diens wat ek en myman op die reis kan verwag?

Deels as gevolg van die tragiese ongeluk ’npaar dae voor ons vertrek na Kaapstad, wasdaar sekere logistieke uitdagings wat die treinse vertrek met sowat ’n uur vertraag het. Dievertraging was egter ’n welkome meevaller,want dit het ons die kans gegee om die stasiebehoorlik te ervaar. Die wagkamer en die per­ron is op sigself iets om te beleef. Capital Park­stasie is die tuiste en hoofkwartier van RVR.Die goedversorgde tuine en keurig gemeubileer­de wagkamer (onthaal/ontvangsvertrek) laat jouvoel asof jy jou 80 jaar terug in tyd bevind.Voeg daarby die heerlike verversings (te peuselen te teug) wat vrylik beskikbaar is, die stuk ofsewe poue wat doodluiters op die terrein rond­loop en selfs die wagkamer ingestap het, asookdie persoonlike aandag van die RVR­personeelwat deurentyd toesien dat jy aan niks tekortskiet nie, en jy sal vergeef word as jy jou ver­beel jy is een of ander vooraanstaande adellikeuit vervloë dae. Die stasie­ervaring kan dalk diebeste beskryf word deur die volgende gesprektussen ’n ma (uit die buiteland) en haar (skatek) agtjarige seuntjie wat ek in die badkamergehoor het:

“Mom, the service here is good, hey?”“Yes, you are a very lucky boy.”“Mom, I want to do this for my 10th!”Kort voor ons vertrek is al die gaste (passa­

Op die spoor van ’n reis

siers) deur die stigter/eienaar van RVR, Rohan Vos, toegespreek, wat ’nbondige oorsig oor die ontstaan van RVR behels het, sowel as inligtingoor die reis na Kaapstad, sekere hoogtepunte van die reis en ’n verdui­deliking van die geriewe op, en uitleg van die trein. Passasiers is, na ’nhanddruk van Vos, na hul kompartemente begelei deur die waardinvan die treinwa (“koets” is sekerlik ’n beter beskrywing) waarin joukompartement is. Kanse vir verdwaal op die trein is gering, aangesienjou naam aan die binne­ en buitekant van die wa en op jou komparte­mentdeur aangebring is. Binne die kompartement tref jy >>>

4|bestemming 13 junie 2010

Annemarie de Lange

terug in tyd

Danksy die per­soonlike aandagvan die RVR­personeel sal jyvergeef word asjy jou verbeel jyis die een ofander vooraan­staande adellikeuit vervloë dae

Die “slaapka­mer” het al dieluukshede watjy in ’n hotelka­mer teëkom:ruim pakplek,’n kroegyskas­sie, elektriesekomberse opdie bed, ’n ke­tel en verskeiewarm drankies

Die trein hettwee luukse sit­kamer­waens,met gemak­stoele, ’nkroeg, leesstofen groot ven­sters om dieuitsig te geniet

Page 2: bestemming 13junie2010 Opdiespoorvan’nreis terugintyd · van Afrika beleef. RVR bestempel sy treine as die luuksste ter wêreld en ek was dus om verstaanbare redes opgewonde oor

13 junie 2010 bestemming|5

<<< ook jou bagasie aan ... Daar is drie soorte komparte­mente – die Royal Suite, Deluxe Suite en die PullmanSuite. Ons was in ’n Deluxe Suite wat inderdaad luukstoegerus is met ’n dubbelbed, skryftafeltjie en twee stoe­le sowel as ’n badkamer met ’n stort.

Daar is ruim pakplek (’n hangkas ingesluit), ’n kroeg­yskassie, elektriese komberse op die bed, ’n ketel enverskeie warm drankies en ’n haardroër – kortom – aldie basiese geriewe wat jy in ’n luukse hotel sou verwag(die komplimentêre toiletwaresakkie is een van die vol­ledigstes wat ek al teengekom het.)

Getrou aan die tradisie van ’n reis terug in tyd, is ’nradio of televisie doelbewus weggelaat. Elke treinwa het’n toegewese waardin, en in ons geval was FrancoiseFuraha se diens uitstekend.

Die eerste skof van die reis, dit is voor die aandete,het ons in die Observasiesitkamer gekuier. Die trein hettwee luukse sitkamer­waens, elk met gemakstoele, ’n tenvolle toegeruste kroeg, leesstof en groot vensters om die

uitsig te geniet. Daar is ’n aparte rokersalon, waar si­gaarrokers ’n keuse van komplimentêre Kubaanse sigarekan geniet. Die Observasiesitkamer is heelagter met ’nstoep waar ’n mens gemaklik kan ontspan.

Aandete is ’n aanddrag­geleentheid en die twee eetsa­lonne wat van die 1920’s en 1940’s dateer, laat die ele­gansie van vergange dae opnuut herleef.

Die spyskaart vir middag­ en aandete bestaan uit ’nveelgangmaaltyd met ’n keuse van drie hoofgeregte,waarvan een altyd ’n vegetariese gereg is.

Die kos is uit die boonste rakke, wat die hoë stan­daard diens ewenaar. ’n Mens ontvang die spyskaart virdie reis wanneer jy opklim en indien iets jou nie gevalnie, of jy dalk ’n spesiale versoek het, word jy genooiom jou spesifieke behoeftes aan jou waardin oor te dra.Die spyskaart word aangevul deur ’n wynlys wat weereens uitsoekgehalte is. Bekende Suid­Afrikaanse wynesoos Thelema, Warwick en Meerlust word aangebied.Die romantiek van ’n heerlike maaltyd met kwaliteit tedrinke op ’n luukse trein wat oor die Suid­Afrikaanselandskap beweeg, kan ’n mens na dekadensie laat be­weeg ... Die reis na Kaapstad beteken twee aandetes,twee middagetes en twee oggendetes. Hoe jy daarna ge­wig wil verloor, is jou saak!

Op dag twee het die trein ’n rukkie in Kimberley ge­stop en ons is met ’n toerbus op ’n begeleide uitstappiena die Groot Gat en museum besoek geneem.

Op die derde dag (Sondag) het die trein vyf kilometervoor Matjiesfontein stilgehou, en dié wat wou, kon dieafstand na Matjiesfontein te voet aflê op ’n gruispadlangs die treinspoor.

Ons het nie die kans laat verbygaan vir die stukkievoetslaan deur die Groot Karoo nie. Daar was boonopgenoeg tyd om Matjiesfontien vir ’n uur of wat te ver­ken. (Die nadeel is dat mens wonder waarom jy in diestad woon as daar sulke plekke is.) En natuurlik wasdie laaste skof na Kaapstad, deur die Hexriviervallei endie Boland, ook ’n hoogtepunt.

Die oorheersende indruk van die RVR­ervaring is eenvan onverbeterlike diens. Die personeellede is daaropingestel om jou te alle tye te pamperlang (is jou glasvol? kan iets vir jou gebring/gedoen/gegee word?) son­der om ooit opdringerig of familiêr te raak.

’n Kykie na die inskrywings van al die buitelandsegaste in die gasteboek bevestig dat dié gevoel deur baiegedeel word.

’n RVR­reis is beslis nie goedkoop nie, maar as jy vir’n paar dae soos ’n koninklike behandel wil word envoel, is daar kwalik ’n beter manier ­ mits jy dit kanbekostig!

) Vir meer inligting oor dié luukse ervaring, besoek:www.livethejourney.co.za en www.rovos.com

Van die Vic­watervalop ’n trein na PretoriaRovos Rail bied Rondritslesers ’n spesiale aanbodop 25 Julie van die Victoriawaterval na Pretoria

; Lesersaanbod – R14 000 per persoon wat deelin ’n Deluxe­suite op die Rovos Rail ­ enkelkaartjie(gewone prys R18 750. Aanbod sluit in ’n enkelvlugvan O.R. Tambo na die Victoria­waterval, lughawe­belasting en vervoer na die Elephant Hills Resort(een aand akkommodasie (B&B) p.p. wat deel, envervoer die volgende oggend na die Rovos Rail. Virinligting of besprekings, skakel 0 021 912 4090 of021 912 4092, of e­pos: [email protected]

Die romantiek van ’nheerlike maaltyd metkwaliteit te drinke op ’nluukse trein wat oor dieSuid­Afrikaanse land­skap beweeg, kan ’nmens na dekadensielaat beweeg ...