bergsig boodskap 17 september 2017 · steun en nie teenwerk nie. • bid vir besigheids manne en...

4
Bergsig Boodskap 17 September 2017 Het jy geweet daar loop ’n goue draad regdeur die Bybel? Dus een boodskap wat regdeur strek? Hoe wonderlik om te dink dis moontlik nadat die By- bel ongeveer geskryf is oor ’n tydperk van 1600 jaar en deur 44 skrywers? (Bron: Veritas College) Wou jy al ooit die hele By- bel lees maar jy kry nie tyd nie? Wou jy al ooit die goue draad deur die Bybel verstaan het? 13-15 Oktober kom praat Rev. Alan Storey van Kaap- stad se Sentrale Metodiste Bedieing, met ons oor die die goue tema wat regdeur die Bybel te siene is. Manna & Mercy (Genoeg en Genade) verduidelik hoe die Bybel gelees, verstaan en interpreteer moet word. Kom saam op ’n eenvou- dige reistog deur die kom- pleksiteite van die Bybel. Kontak vir Wynand of die kerkkantoor teen 6 Oktober om te bespreek. Die kursus is gratis, maar die boek wat gebruik word is R80 en moet vooraf bestel word. Om meer te lees gaan na die skakel: http://mannaandmercy.org/ NUUS: NUUS: NUUS: NUUS: 26 Sept: Nuwe lidmaat-toerusting 29 Sept: Skole sluit 30 Sept: Betesda-mark 1 Okt: Doop 9 Okt: Skole Open 15 Okt: Reformasie 500 preekreeks 24 September 2017 24 September 2017 24 September 2017 24 September 2017 9:00 Familiediens Ds. Johan Els Ouditorium Deuroffer: Magdalenahuis 1 Oktober 2017, DOOP 1 Oktober 2017, DOOP 1 Oktober 2017, DOOP 1 Oktober 2017, DOOP Bediening aan die Jode Bediening aan die Jode Bediening aan die Jode Bediening aan die Jode 09:00 Familiediens Dr. Kobus de Jager Ouditorium Deuroffer: Bediening aan die Jode 8 Oktober 2017 8 Oktober 2017 8 Oktober 2017 8 Oktober 2017 09:00 Familiediens Ds. Johan Els Ouditorium Deuroffer: Gideons Reis deur die hele Bybel in een naweek by Durbanville-Bergsig kerk! 13-15 Oktober 2017 Vrydag: 18:00 - 21:30 Saterdag: 09:00 - 17:00 Sondag: 14:00 - 17:00 R80 vir die Boek Reis deur die hele Bybel in een naweek Magdalenahuis is ’n groot rol- speler in die veld van voorko- mingdienste, krisis-swanger- skapsberading, aanneming en herkomsfasilitering. Die Bergsig-binne kuier was heerlik. Al die bedieninge het hul weer bekendgestel aan die gemeente d.m.v. uitstallings. Die ge- meente kon opnuut be- leef wat ons alles doen deur Koninkrykswerk. Die Maranata- kleingroep sê: “Die wonderlike kuier in die binnehof was so ge- sellig!” Persone kon hul opnuut verbind om be- trokke te raak!

Upload: others

Post on 09-Aug-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Bergsig Boodskap 17 September 2017 · steun en nie teenwerk nie. • Bid vir Besigheids manne en vroue in Bergsig. Nuwe intrekkersNuwe intrekkers kom sê hallo by die ontvangstoonbank!

Bergsig Boodskap 17 September 2017

Het jy geweet daar loop ’n

goue draad regdeur die

Bybel? Dus een boodskap wat regdeur strek?

Hoe wonderlik om te dink

dis moontlik nadat die By-bel ongeveer geskryf is oor

’n tydperk van 1600 jaar en

deur 44 skrywers? (Bron:

Veritas College)

Wou jy al ooit die hele By-bel lees maar jy kry nie tyd

nie? Wou jy al ooit die goue draad deur die Bybel verstaan het?

13-15 Oktober kom praat Rev. Alan Storey van Kaap-stad se Sentrale Metodiste Bedieing, met ons oor die die goue tema wat regdeur die Bybel te siene is.

Manna & Mercy (Genoeg en Genade) verduidelik hoe die Bybel gelees, verstaan en interpreteer moet word.

Kom saam op ’n eenvou-

dige reistog deur die kom-pleksiteite van die Bybel.

Kontak vir Wynand of die kerkkantoor teen 6 Oktober om te bespreek. Die kursus is gratis, maar die boek wat gebruik word is R80 en moet vooraf bestel word. Om meer te lees gaan na die skakel:

http://mannaandmercy.org/

NUUS:NUUS:NUUS:NUUS:

26 Sept: Nuwe lidmaat-toerusting

29 Sept: Skole sluit

30 Sept: Betesda-mark

1 Okt: Doop 9 Okt: Skole Open

15 Okt: Reformasie 500

preekreeks

24 September 201724 September 201724 September 201724 September 2017

9:00 Familiediens Ds. Johan Els Ouditorium

Deuroffer: Magdalenahuis

1 Oktober 2017, DOOP1 Oktober 2017, DOOP1 Oktober 2017, DOOP1 Oktober 2017, DOOP

Bediening aan die JodeBediening aan die JodeBediening aan die JodeBediening aan die Jode

09:00 Familiediens Dr. Kobus de Jager Ouditorium

Deuroffer: Bediening aan die Jode

8 Oktober 20178 Oktober 20178 Oktober 20178 Oktober 2017

09:00 Familiediens Ds. Johan Els Ouditorium

Deuroffer: Gideons

Reis deur die hele Bybel in een naweek

by Durbanville-Bergsig

kerk! 13-15 Oktober 2017

Vrydag: 18:00 - 21:30

Saterdag: 09:00 - 17:00 Sondag: 14:00 - 17:00

R80 vir die Boek

Reis deur die hele Bybel in een naweek

Magdalenahuis is ’n groot rol-

speler in die veld van voorko-

mingdienste, krisis-swanger-skapsberading, aanneming en

herkomsfasilitering.

Die Bergsig-binne

kuier was heerlik. Al

die bedieninge het hul

weer bekendgestel aan

die gemeente d.m.v. uitstallings. Die ge-

meente kon opnuut be-

leef wat ons alles doen

deur Koninkrykswerk. Die Maranata-

kleingroep sê: “Die

wonderlike kuier in die

binnehof was so ge-sellig!” Persone kon hul

opnuut verbind om be-

trokke te raak!

Page 2: Bergsig Boodskap 17 September 2017 · steun en nie teenwerk nie. • Bid vir Besigheids manne en vroue in Bergsig. Nuwe intrekkersNuwe intrekkers kom sê hallo by die ontvangstoonbank!

HET JY ’n PREEK GEMIS? Ons poog om alle preke op die web beskikbaar te stel vir

lidmate om te luister. Met groot uitsondering ondervind ons

soms tegniese probleme en is dit nie moontlik nie. Gaan luister gerus by skakel MEDIA/preke.

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Voorbidding

Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die

gebedsketting te word of e-pos na:

[email protected]

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

GEMEENTE-BYBELSTUDIE VIR SENIORS Ons nooi alle Seniors om deel te wees van die twee-weeklikse Bybelstudie in skoolkwartale. Dit word gelei deur dr. Kobus de Jager. Jul kan enige tyd kom aansluit. Ons groei en kuier saam rondom die Woord, 09:30-10:30.

Die datums vir die tweede semester is:

10 & 24 Okt, 7 & 21 Nov, 5 Des.

Skakel met die Kerkkantoor of dr. Kobus (083 230 7124) indien u belangstel om in te skakel, of kom sommer net!

Gebedsvuur se woorde Op 28 Augustus het ons by die kerk gebid vir verskeie onderwerpe van belang. Vir die wat nie kon bywoon nie, hier is die woorde. Bid saam met ons asseblief.

BESIGHEID (Die markplein)

• Bid vir geestelike ontwaking in die markplein.

• Bid vir Besighede in Durbanville.

• Bid spesifiek vir Christen besigheidsmanne en be-sigheidsvroue in Durbanville dat God hulle sal ge-bruik om ander beroepslui te beïnvloed.

• Bid dat groot korporasies hul maatskappye sal bou op die fondasie van hoë morele en etiese standaarde en waardes.

• Bid dat kerk, gesinne en besigheid mekaar sal onder-steun en nie teenwerk nie.

• Bid vir Besigheids manne en vroue in Bergsig.

Nuwe intrekkersNuwe intrekkersNuwe intrekkersNuwe intrekkers

kom sê hallo by die

ontvangstoonbank!

Kontak ons

by die kerk

-kantoor

as jy wonder

hoe om lidmaat

te raak.

Betesdamark 30 Sept Die Betesda Uireikprojek vir Gestremdes hou hul volgende maandelikse mark op Saterdag, 30 September 2017 by Bergsig se Kerksentrum van 8:30 - 14:00. By die mark word al die boeke en CDs vir R10.00 elk vêr-koop. Die boeke is van bekende Afrkaans en Engelse skry-wers. Daar is fiksie, nie-fiksie, geestelike, koffietafel, kook, bak, selfhelp en kinderboeke. Waardevolle boeke wat lank nie meer in druk is nie en boeke wat baie onlangs publiseer is. Ook te koop is kuns- en handwerk, pannekoek, wild- en hoenderpasteie, soetigheid, koeldrank en Die Koffieman se koffie (f). Die Betesda projek ondersteun die inwoners van die huis vir persone met kwadruplegie in Gazellestraat Uitzicht en Adri Cloete se Yarden Children’s Enrichment Centre (f) in Vier-landen waar sy tans 5 kinders met ernstige en diep-gaande intellektuele en fisiese gestremdhede versorg in haar mo-torhuis in Crownstraat, Vierlanden. Die projek finansier ook PerdePret (f) ‘n terapeutiese aktiwiteit met perde. Kinders van Durbanville Kinderhuis en volwassenes en kinders uit die gemeenskap met ‘n intellektuele, emosionele of fisiese beperking neem aan die aktiwiteit deel. Indien u boeke, DVD’s of CD’s wil skenk kan u dit by die Bergsig kerksentrum aflaai of ons sal dit by u af-gehaal. Vir meer inligting oor die projek en die mark skakel Hans Human by 082 549 0518.

Nuwe sisteem vir Via Memoria

Die Via Memoria het ’n nuwe ingang sisteem gekry.

Let wel: die ou kode word steeds gebruik om in te gaan as

die een wat voorheen gebruik is met die kombinasieslot.

Die enigste stap wat bygekom het, is om nadat die kode ingetik is, die pyl onder links van die nul te druk en in te hou

totdat die hek oopspring. Persone kan met geruste hart die

hek toemaak tydens hul besoek aan hul geliefde se nis,

want daar is so sisteem aan die binnekant wat op dieselfde

manier werk vir uitgaan.

Page 3: Bergsig Boodskap 17 September 2017 · steun en nie teenwerk nie. • Bid vir Besigheids manne en vroue in Bergsig. Nuwe intrekkersNuwe intrekkers kom sê hallo by die ontvangstoonbank!

VERANDERINGE VAN ADRES, SELFOONNOMMER OF E-POS

Dit is ’n groot gemeente. Laat weet asb. vir Elize, die

administratiewe beampte indien daar enige veranderinge in bogenoemde plaasvind. Om kommunikasie te vergemaklik sal dit baie waardeer word as jy help. Veral e-pos-adresse verander baie. Laat weet by: [email protected]

of 021-976 4106 x101 Indien u verhuis laat weet die kerkkantoor.

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap B ladsy 3 Bergs ig Boodskap

Jou gebed is die grootste geskenk wat jy kan gee! Ek wil jou dus graag uitnooi om ’n naam van die skool se gebedsboom af te neem, en onderneem om vir ’n jaar lank vir daardie kind, sy of haar familie en sy of haar toekoms te bid. Ons wil graag die kinders elkeen met ’n toegedraaide geskenk bederf en bid dat as die Here dit op jou hart lê, jy vir ’n kind R50 in die kerk se rekening sal inbetaal met die verwysing wat voor aan sy naamstrokie is te gebruik.

Indien jy meer as een kind wil bederf kan jy net Attie Kersfees as verwysing ge-bruik. Die gebedsboom is op die bord (by Annamaré se kan-toor) in die vierkant beskikbaar Baie dankie vir elkeen wat ons so mildelik ondersteun. Ons glo dat julle self ook God se seën daagliks sal ervaar en dat "the gift of giv-ing" julle vreugde sal gee! Jy is ook welkom om vir Nelda Rousseau te kontak

by [email protected] vir verdere inligting of om vir jou ’n foto van die kind te stuur.

Wat is die Blue

Whale-speletjie?

Dis ’n aanlyn selfdoodspeletjie

wat op kinders gemik is en

wêreldwyd opspraak maak ná

berigte dat meer as 100 kinders moontlik hul eie lewe as gevolg

daarvan geneem het. Dis ba-

sies ’n 59-dag-uitdaging waar

die deelnemer elke dag ’n

uitdaging van die app af kry wat hulle moet uitvoer.

Hierdie uitdagings is ontwerp

om fisieke en sielkundige skade

te doen en dit raak elke dag

erger. Die uitdagings behels

onder meer om rillerflieks te kyk, op vreemde ure van die

nag wakker te word en jouself

te beseer. Op die ou end word

jy tot selfdood uitgedaag – en tot op hede het meer as 100

kinders na bewering hul eie

lewe geneem.

Die speletjie het soos ’n veld-

brand op sosiale media versprei

met die hutsmerke #BlueWhale en #bluewhalechallenge en

tieners oraloor word aange-

moedig om dit te speel. Die

speletjie teiken weerlose tieners

deur middel van propaganda en

sielkundige marteling deur hulle

te dwing om die uitdaging om

04:20 elke dag te voltooi.

In die geesteswêreld word 04:00 as die “duiwel se uur”

beskou. Die speletjie is ontwerp

om die deelnemer heeltemal af

te sonder en te maak dat hulle heeldag net aan hierdie self-

beserende uitdaging kan dink.

Dit word blykbaar Blue Whale

genoem weens blouwalvisse se

gewoonte om hulself te strand.

Waar het dit begin?

Dit word hoofsaaklik in Rusland en Oos-Europa gespeel. Die

speletjie is nog nie in Suid-

Afrika beskikbaar nie, maar dit

ís glo op pad. Dis ’n nuwe

neiging in Suid-Afrika wat nog net hier en daar in sosiale me-

dia kop uitgesteek het.

Die sosialemedia-ontleder en

hoof van Black Box Theory,

Yavi Madurai, vertal aan EWN

in die video hier onder dat

weerlose tieners die teik-

engroep is. Madurai sê hoewel

die speletjie nog nie in SA

beskikbaar is nie, gaan dit

beslis binnekort hier wees.

Hoe werk die app?

Blue Whale is ’n aflaaibare app wat op weerlose mense en

hoofsaaklik tieners gemik is.

Die gevaarlikste ding van die

app – behalwe vir die skadelike uitdagings – is dat sodra die

app op jou mobiele toestel af-

gelaai is, dit feitlik onmoontlik is

om dit uit te wis.

In die dae nadat jy dit afgelaai

het, stroom die uitdagings in

terwyl die app jou toestel se

data vreet en jou inligting daa-

rop “steel”. Só kry die app selfs meer van ’n houvas op sy ge-

bruikers omdat dit weet hoe jou

geestelike en emosionele ge-

moed is.

Namate gebruikers aan die

speletjie verslaaf raak, raak die uitdagings al hoe gevaarliker.

Op die 50ste dag word jy ver-

soek om jou eie lewe te neem.

As die gebruiker dit nie doen nie, gebruik die app die oorbly-

wende nege dae om die ge-

bruiker te probeer oorreed.

Hoekom Rusland?

Baie mense wonder hoekom

dié app juis in Rusland en Oos-

Europa soveel aftrek kry. Dis

blykbaar omdat die gebiede wat die app tans teiken nog relatief

min internet- en data-sekuriteit

het, sê Madurai.

Suid-Afrika is dus nog relatief

veilig wat dit aanbetref, maar

nie die res van Afrika nie. En in ’n tyd wanneer ons kontinent as

die “volgende groot ding”

bestempel word wat ontlu-

ikende markte betref, word ’n

aflaaibare speletjie soos dié een skielik aansienlik gevaar-

liker, sê sy.

ZAPPER &

SNAPSCAN Bergsig het Zapper en Snapscan as betaal-

metode geïmplementeer om bankkollektes en dankoffers te betaal.

ATTIE VAN WYK PLAASKOOL

Page 4: Bergsig Boodskap 17 September 2017 · steun en nie teenwerk nie. • Bid vir Besigheids manne en vroue in Bergsig. Nuwe intrekkersNuwe intrekkers kom sê hallo by die ontvangstoonbank!

NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure

H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106

Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606

S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]

[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za

Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers

RIB EN TJIPS

KUIERAAND

27 Okt. om 18:00 27 Okt. om 18:00

R100 VolwassenesR100 Volwassenes

R50 Hamburgers / R50 Hamburgers /

KindersKinders

Kaartjies vanaf 17 Sept.

beskikbaar of bespreek

by Ilse Fritz [email protected]

SPES BONA BUITEWYK Ons wil baie graag ’n "Tafel van Seën" vir Spes Bona se kerkgangers beskikbaar stel en sal enige iets wat julle wil deel met ope arms ontvang, toiletware, blikkieskos, rys, suiker, koffie, tee koeldrank, waslappies, sokkies, enige iets wat jy voel die Here op jou hart lê om te deel, sal welkom wees.

Ons wil ook graag vir elke man en vrou by Spes Bona ’n dagstukkie boek vir Kers-fees toedraai en kort so 20 boeke vir mans en 20 vir vrouens as jy dalk bereid is om te skenk? (Hou in gedagte dat Tygerberg Radio se jaarlikse boekverkoping 30 Sept - 7

Oktober sulke boekies uitverkoop vir so min as R20). Daarmee wil ons jou ook uitnooi om saam met ons die diens en ete die 10de Desember by te woon. 2 Kor 9:11b - 12. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word, want die

bediening van hierdie hulp-betoon voorsien nie alleen in die behoeftes van die ge-lowiges in Judea nie, maar bring ook oorvloedige dank-baarheid teenoor God mee Kontak asb. vir Nelda by: [email protected] of 0832351400 as jy betrokke sou wou raak by Spes Bona.

Bergsig damesaand Serp, sop & sjampanje - dit was die tema! Dames het elkeen ’n serpie gebring met ’n teks-

vers wat vir hul baie beteken. Die serpies is uitgeruil asook die teksvers en dit het baie be-

teken vir mekaar om die Woord op die besonderse manier te deel! Die dames kon ’n nuwe persoon leer ken. Daar is tot laataand heerlik gekuier. Besonderse bande is gesmee.

Geniet die langnaweek!

Kuier met familie en vriende.