belydeniskamp - constantiakruin.co.za€˜narratiewe terapie’, ’n metode om deur mid-del van...

4
Kwartaallikse nuusbrief vir lede van Constantiakruin Gemeente — April 2016 Quarterly newsletter for members of Constantiakruin Congregation We have a choice: live by the premises of the world or the promises of God.” Só klink die woorde van Ken Costa, ’n Suid-Afrikaansgebore bankier wat reeds vir baie jare in Londen woon. Ken, ’n toegewyde Christen, bankier en voorsitter van Alpha Internasionaal en outeur van God @ work, verstaan die uitdagings wat Christene wêreldwyd in die werks-omgewing ervaar. Tog word ons geroep om binne die werksplek God se ambassadeurs te wees. Soos hy dit stel, “as vennote deur God geskep om die wêreld ’n beter plek te maak”. Ons word daagliks gekonfronteer met ’n honger vir meer, groter, beter, vir beheer. ’n Soeke na sekuriteit vir die toekoms, vir die dag as .... Maar al hierdie begeertes lei uiteindelik tot die besef dat ons in eie krag geen beheer kan uitoefen op die veranderlikes rondom ons nie. Ons enigste ware sekuriteit lê in iets wat nie geskud kan word nie, die Rots wat vas bly staan: Jesus Christus. Ambisie, mislukkings, stres, geldmag, prestasie en ’n ge- brek aan balans bestaan werklik. Maar ons is, te midde hiervan, saam met Jesus gekruisig, waar Hy reeds werk gemaak het met hierdie begeertes en uitdagings. Annerine Riga Ons is as nuutgeskape wesens toegerus om selfs binne die werksplek ’n betekenisvolle bydrae te maak. Met die Heilige Gees as ’geesgenoot’ as rigsnoer en adviseur, om veilig te trap binne hierdie plek. Werk op sigself, volgens Costa, bring nie verdeeldheid tussen die heilige en sekulêre nie en ons werkstasies be- hoort ook ons aanbiddingsstasie te wees. Selfs daar waar jy vir ’n paar minute jou deur kan toetrek en net kan stil word in die teenwoordigheid van die Allerhoogste! Die alomteenwoordige God is nie beperk tot die werks- plek of die kerkplek nie—Hy is oral. In die klaskamer, die motor, die koffiewinkel, op die sportveld—net waar jy jou mag bevind. Die Ou en Nuwe Testament is deurspek met teks van Sy Alomteenwoordigheid, waarin ons werklik kan rus vind. Volgens Jakobus 4 lê daar belofte in die skrif: “...Nader tot God en Hy sal tot julle nader ...” “Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.” (Ps. 73:28). Mag ons denke só vernuwe word, dat ons nie aan hierdie wêreld gelyk sal wees nie, maar God se wil in alles, op alle plekke, sal soek! Indien jy gedeeltes van die reeks ‘God @ werk’ misge- loop het, klik op die skakel op die Constantiakruin web- werf: https://soundcloud.com/constantiakruin-gemeente/ sets/erediens-opnames. Dr. Wicus van der Merwe En die Gees is uitgestort sodat die mens weer een met God kan wees. Hierdie wonderlike belofte van die teen- woordigheid van Jesus is die belofte van Pinkster. Ons sal nie as vervreemdes in hierdie wêreld leef nie, maar in die teen- woordigheid van Jesus sal ons die Koninkryk van God beleef. Maar hoekom voel dit nie altyd so nie? Die lewe hou ons besig en skuif ons fokus sonder dat ons dit eers ag- terkom. In Pinkster 2016 ontdek ons saam ritmes wat ons help om in gemeenskap met God te bly tydens alles waarvan ons deel is. Ritmes bring struktuur en veiligheid wat jou begelei om ten einde jouself te help oefen in die vorming as gelowige. Hierdie ritmes gaan ons help om weer ons fokus terug te win van die wêreld en toe te spits op die Een wat vir ons lewe gee - Jesus Christus. As jy deel wil wees van die ge- lowiges wat saam oefen om deel van die Koninkryk van God in die teenwoordigheid van Jesus Christus te wees, is Pinkster 2016 se uitnodiging vir jou. Kom gerus, nooi vriende en bure en laat ons saam reis as geloofsgenote. Hierdie reeks word verder in ons selgroepe hanteer. Die Pinksterreekstye: Ritme1: 8 Mei oggenddiens/te Ritme 2: 8 Mei aanddiens Ritme 3: 9 Mei 10:00 & 19:00 Ritme 4: 10 Mei 10:00 & 19:00 Ritme 5: 11 Mei 10:00 & 19:00 Ritme 6 & 7: 15 Mei oggenddiens/te Hierdie byeenkomste word almal in die kerk- gebou gehou. ● Annerine Riga Coram Deo, die naam van 'n sentrum van NG Pretoria Oosterlig, is ook die naam van die kursus wat tans by Constantiakruin aangebied word. Dié kursus is daarop gemik om die genesing en herstel van stukkende mense te bewerkstellig. Die gevorderde pastorale beradingskursus wat oor twee jaar strek, bied ’n geleentheid vir persoonlike genesing, terwyl dit ook men- se roep om in die heling van ander mense betrokke te raak. Constantiakruin het 'n satelliet-kampus aan die Wesrand gevestig, waar klasse saans aangebied word. Daar is tans 24 lidmate wat ingeskryf het vir die kursus en toegewyd Donderdagaande klasse bywoon by die kerkhuis. Onafhanklike spesialis-fasiliteerders bied die lesings aan. Marietjie van Loggerenberg, ’n pastorale terapeut verbonde aan die Univer- siteit van Pretoria, het hierdie jaar se lesings afgeskop met ’n in-diepte oorsig oor ‘Narratiewe terapie’, ’n metode om deur mid- del van stories en verhale, genesing te bring. Chris Malan behartig tans die lesings en met ’n teologiese aanslag werp hy lig op en skep hy ’n nuwe hoek vir Spiritualiteit. Die entoesiasme onder bywonende lidmate is tasbaar en soos een van die kursusgangers opgemerk het: “In His presence — He changes me! Dit begin met my, ek moet die veskil maak. Maar dan moet ek eers in God se teenwoordigheid inbeweeg.” Coram Deo (’n Latynse uitdrukking) beteken letterlik: In die teenwoordigheid van God/ voor God se aangesig. (Sien ook bladsy 2 van Kruinbasuin). ● Anne-Marie Swart, wat al bykans elf jaar ’n staatmaker in die kerkkantoor is, sal eersdaags ’n nuwe geleentheid aan- gryp. Anne-Marie, wat aanvanklik ‘n Persoonlike Assistent vir die leraars was en later Constantiakruin se databasis behartig het, verlaat die kerkkantoor aan die einde van April. Sy en haar gesin bly egter aan as lidmate van Constantiakruin. Namens die redaksie van Kruinbasuin, wens ons vir jou baie seën en vreugde met jou nuwe geleentheid toe! Coram deo—foto’s 2 Alpha season 3 3 Impakweek 2016 3 Babas gedoop 3 Young history maker 3 Maskerbal 4 Stilte-kamp 4 #imagine & Duis:Lig 4 Belydeniskamp Vrydag tot Sondag, 22 tot 24 April Ockie Vermeulen Dinsdag, 26 April (Fondsinsamelingsprojek) Potjiekos Woensdag, 27 April (Openbare Vakansiedag) Hemelvaartdiens Donderdag, 5 Mei Pinksterreeks 8 tot 15 Mei (Ritmes) ● Floridapark bedieningspunt 8 - 11 Mei “Christenskap in die Praktyk!” Prediker: Dr Theo Marais Sondagoggende: 09:00 & Aande: 19:00 “Lewe voor Sy aangesig!” - (Die plek waar Christene leer om te lewe) “Bewus van ons swakheid!” - (Die lewe is ingewikkelder as wat ons dink!) “Om dieper te kan kyk!” - (Geloof is om God se toekoms te kan sien) “Moenie oordeel nie!” - (Leer om die balk uit jou eie oog te haal) “Beveg kommer!” - (Weg met ʼn gees van vreesagtigheid)

Upload: vandieu

Post on 21-Jun-2018

237 views

Category:

Documents


2 download

TRANSCRIPT

Kwartaallikse nuusbrief vir lede van Constantiakruin Gemeente — April 2016 Quarterly newsletter for members of Constantiakruin Congregation

“We have a choice: live by the premises of the world or the promises of God.” Só klink die woorde van Ken Costa, ’n Suid-Afrikaansgebore bankier wat reeds vir baie jare in Londen woon.

Ken, ’n toegewyde Christen, bankier en voorsitter van Alpha Internasionaal en outeur van God @ work, verstaan die uitdagings wat Christene wêreldwyd in die werks-omgewing ervaar. Tog word ons geroep om binne die werksplek God se ambassadeurs te wees. Soos hy dit stel, “as vennote deur God geskep om die wêreld ’n beter plek te maak”.

Ons word daagliks gekonfronteer met ’n honger vir meer, groter, beter, vir beheer. ’n Soeke na sekuriteit vir die toekoms, vir die dag as .... Maar al hierdie begeertes lei uiteindelik tot die besef dat ons in eie krag geen beheer kan uitoefen op die veranderlikes rondom ons nie. Ons enigste ware sekuriteit lê in iets wat nie geskud kan word nie, die Rots wat vas bly staan: Jesus Christus.

Ambisie, mislukkings, stres, geldmag, prestasie en ’n ge-brek aan balans bestaan werklik. Maar ons is, te midde hiervan, saam met Jesus gekruisig, waar Hy reeds werk gemaak het met hierdie begeertes en uitdagings.

Annerine Riga

Ons is as nuutgeskape wesens toegerus om selfs binne die werksplek ’n betekenisvolle bydrae te maak. Met die Heilige Gees as ’geesgenoot’ as rigsnoer en adviseur, om veilig te trap binne hierdie plek.

Werk op sigself, volgens Costa, bring nie verdeeldheid tussen die heilige en sekulêre nie en ons werkstasies be-hoort ook ons aanbiddingsstasie te wees. Selfs daar waar jy vir ’n paar minute jou deur kan toetrek en net kan stil word in die teenwoordigheid van die Allerhoogste!

Die alomteenwoordige God is nie beperk tot die werks-plek of die kerkplek nie—Hy is oral. In die klaskamer, die motor, die koffiewinkel, op die sportveld—net waar jy jou mag bevind. Die Ou en Nuwe Testament is deurspek met teks van Sy Alomteenwoordigheid, waarin ons werklik kan rus vind. Volgens Jakobus 4 lê daar belofte in die skrif: “...Nader tot God en Hy sal tot julle nader ...”

“Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.” (Ps. 73:28).

Mag ons denke só vernuwe word, dat ons nie aan hierdie wêreld gelyk sal wees nie, maar God se wil in alles, op alle plekke, sal soek!

Indien jy gedeeltes van die reeks ‘God @ werk’ misge-loop het, klik op die skakel op die Constantiakruin web-werf:

https://soundcloud.com/constantiakruin-gemeente/sets/erediens-opnames. ●

Dr. Wicus van der Merwe

En die Gees is uitgestort sodat die mens weer een met God kan wees.

Hierdie wonderlike belofte van die teen-woordigheid van Jesus is die belofte van Pinkster. Ons sal nie as vervreemdes in hierdie wêreld leef nie, maar in die teen-woordigheid van Jesus sal ons die Koninkryk van God beleef. Maar hoekom voel dit nie altyd so nie? Die lewe hou ons besig en skuif ons fokus sonder dat ons dit eers ag-terkom. In Pinkster 2016 ontdek ons saam ritmes wat ons help om in gemeenskap met God te bly tydens alles waarvan ons deel is. Ritmes bring struktuur en veiligheid wat jou begelei om ten einde jouself te help oefen in die vorming as gelowige.

Hierdie ritmes gaan ons help om weer ons fokus terug te win van die wêreld en toe te spits op die Een wat vir ons lewe gee - Jesus

Christus. As jy deel wil wees van die ge-lowiges wat saam oefen om deel van die Koninkryk van God in die teenwoordigheid van Jesus Christus te wees, is Pinkster 2016 se uitnodiging vir jou.

Kom gerus, nooi vriende en bure en laat ons saam reis as geloofsgenote. Hierdie reeks word verder in ons selgroepe hanteer.

Die Pinksterreekstye:

Ritme1: 8 Mei oggenddiens/te

Ritme 2: 8 Mei aanddiens

Ritme 3: 9 Mei 10:00 & 19:00

Ritme 4: 10 Mei 10:00 & 19:00

Ritme 5: 11 Mei 10:00 & 19:00

Ritme 6 & 7: 15 Mei oggenddiens/te

Hierdie byeenkomste word almal in die kerk-gebou gehou. ●

Annerine Riga

Coram Deo, die naam van 'n sentrum van NG Pretoria Oosterlig, is ook die naam van die kursus wat tans by Constantiakruin aangebied word. Dié kursus is daarop gemik om die genesing en herstel van stukkende mense te bewerkstellig.

Die gevorderde pastorale beradingskursus wat oor twee jaar strek, bied ’n geleentheid vir persoonlike genesing, terwyl dit ook men-se roep om in die heling van ander mense betrokke te raak. Constantiakruin het 'n satelliet-kampus aan die Wesrand gevestig, waar klasse saans aangebied word.

Daar is tans 24 lidmate wat ingeskryf het vir die kursus en toegewyd Donderdagaande klasse bywoon by die kerkhuis.

Onafhanklike spesialis-fasiliteerders bied die lesings aan. Marietjie van Loggerenberg, ’n pastorale terapeut verbonde aan die Univer-siteit van Pretoria, het hierdie jaar se lesings afgeskop met ’n in-diepte oorsig oor ‘Narratiewe terapie’, ’n metode om deur mid-del van stories en verhale, genesing te bring. Chris Malan behartig tans die lesings en met ’n teologiese aanslag werp hy lig op en skep hy ’n nuwe hoek vir Spiritualiteit.

Die entoesiasme onder bywonende lidmate is tasbaar en soos een van die kursusgangers opgemerk het: “In His presence — He changes me! Dit begin met my, ek moet die veskil maak. Maar dan moet ek eers in God se teenwoordigheid inbeweeg.”

Coram Deo (’n Latynse uitdrukking) beteken letterlik: In die teenwoordigheid van God/ voor God se aangesig. (Sien ook bladsy 2 van Kruinbasuin). ●

Anne-Marie Swart, wat al bykans elf jaar ’n staatmaker in die kerkkantoor is, sal eersdaags ’n nuwe geleentheid aan-gryp.

Anne-Marie, wat aanvanklik ‘n Persoonlike Assistent vir die leraars was en later Constantiakruin se databasis behartig het, verlaat die kerkkantoor aan die einde van April. Sy en haar gesin bly egter aan as lidmate van Constantiakruin.

Namens die redaksie van Kruinbasuin, wens ons vir jou baie seën en vreugde met jou nuwe geleentheid toe! ●

Coram deo—foto’s 2 Alpha season 3 3 Impakweek 2016 3 Babas gedoop 3 Young history maker 3 Maskerbal 4 Stilte-kamp 4 #imagine & Duis:Lig 4

Belydeniskamp Vrydag tot Sondag, 22 tot 24 April Ockie Vermeulen Dinsdag, 26 April (Fondsinsamelingsprojek) Potjiekos Woensdag, 27 April (Openbare Vakansiedag) Hemelvaartdiens Donderdag, 5 Mei Pinksterreeks 8 tot 15 Mei (Ritmes) ●

Floridapark bedieningspunt

8 - 11 Mei

“Christenskap in die Praktyk!”

Prediker: Dr Theo Marais

Sondagoggende: 09:00 & Aande: 19:00 ●

“Lewe voor Sy aangesig!” - (Die plek waar Christene leer om te lewe) “Bewus van ons swakheid!” - (Die lewe is ingewikkelder as wat ons dink!)

“Om dieper te kan kyk!” - (Geloof is om God se toekoms te kan sien) “Moenie oordeel nie!” - (Leer om die balk uit jou eie oog te haal)

“Beveg kommer!” - (Weg met ʼn gees van vreesagtigheid)

April 2016 2

Rev Barend Buys

Dr Anton explained how, in the previous version of Constantiakruin Nuus, the three congregations, namely NG Florida, NG Floridaprak and Constatiakruin reunited after 43 years. As a family living together with Grandmother, Mother and Daughter in one house. The story also deepens when we remember that Constantiakruin also gave birth to the English Congregation in 2003 with English as the primary language during services. During that time the big question was: “What will our community look like in twenty years from now?”. The Congregation Council realised the the initiative must be prayerfully considered, wherupon the risk was taken and the English congregation was started.

Constantiakruin is reflecting on the events of the past thirteen years with immense gratitude. Our weekly services have an attendance of approximately 50 members and it is still growing.

What an amazing experience it must have been in Acts 2 when “God had included new people everyday to the congregation”. The growth of Constantiakruin is thus also the working of the Holy Spirit. It is once again the time to apply spiritual discernment and sensitivity. Therefore Constantiakruin is ex-cited about the Pentecost series where members can meditate on the meaning of the outpouring of the Holy Spirit and how this touches lives. In John 4:14 it states: “but whoever drinks the water I give them will never thirst. Indeed, the water I give them will become in them a spring of

water welling up to eternal life.”

This Pentecost series on ‘rhythms’ will help us to enter into the Kingdom of God which came closer. Jesus is Lord and Jesus is here, that’s our reality.

Members from our Constantiakruin, Florida-park and the English Congregations, are warmly invited to prepare themselves for the Pentecost series.

Constantiakruin Pentecost times:

Sunday 8 May at 8:30; 10:00 and 18:00

Monday morning 9 May at 10:00

Monday evening 9 May at 19:00

Tuesday morning 10 May at 10:00

Tuesday evening 10 May at 19:00

Wednesday morning, 11 May at 10:00

Wednesday evening, 11 May at 19:00 Soup & bread will be served in the hall

Children’s Pentecost times:

Monday 9 May to Wednesday 11 Mei at19:00 in the hall

Florida Park Pentecost times:

Sunday 8 May at 09:00 & 19:00

Monday evening 9 May to Wednesdayevening 11 May at 19:00

No repeat the following morning

English Congregation Pentecost Services Pentecost focus : Six consecutive Sundays

as of Sunday 8 May ●

Ds Barend Buys

Dr Anton het in die vorige uitgawe van Constantiakruin Nuus verduidelik hoe die gemeentes NG Florida, NG Floridapark en Constantiakruin nou ná 43 jaar weer één geword het. Soos ʼn familie leef ouma, ma en dogter weer saam in een huis. Die verhaal van Constantiakruin verdiep ook verder, wanneer ons onthou dat Constantia-kruin reeds in 2003 geboorte geskenk het aan die Engelse bediening met Engelstalige Eredienste. Op daardie stadium is daar vorentoe gekyk en gevra “Hoe gaan ons omgewing oor twintig jaar lyk ?”. Die Gemeenteraad het besef dat die inisiatief biddend oorweeg moet word, ʼn tyd daarna is die risiko geneem en die bediening is begin.

Ná dertien jaar kyk Constantiakruin met dankbaarheid terug na die gebeure. Daar is 'n weeklikse erediensbywoning van onge-veer vyftig lede en die diens groei steeds.

Wat 'n wonderlike belewenis was dit seker toe die gemeente in Handelinge 2 beleef “Die Here het elke dag mense by die ge-meente gevoeg”. Die uitbou van Constan-tiakruin is daarom ook die werk van die Gees. Dit is opnuut die tyd waar met geestelike onderskeiding en sensitiwiteit te werk gegaan moet word. Daarom sien Con-stantiakruin lidmate nou reeds uit na die komende Pinksterreeks waartydens lidmate opnuut bedink wat dit beteken dat die Heilige Gees uitgestort is en elkeen se lewe aanraak. In Johannes 4:14 staan daar: "maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry

nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.”

Hierdie Pinksterreeks oor ‘ritmes’ gaan ons help om die Koninkryk van God wat naby gekom het binne te gaan. Jesus is Heer en Jesus is hier, dit is ons werklikheid.

Lidmate wat bedien word by Constantia-kruin, by Floridapark en by die Engelse be-diening, word hartlik uitgenooi om hulself voor te berei vir die Pinkster-reekse.

Constantiakruin Pinkstertye:

Sondag 8 Mei om 08:30, 10:00, 18:00

Maandagoggend 9 Mei om 10:00

Maandagaand 9 Mei om 19:00

Dinsdagoggend 10 Mei om 10:00

Dinsdagaand 10 Mei om 19:00

Woensdagoggend 11 Mei om 10:00

Woensdagaand 11 Mei om 19:00Sop & brood word bedien in die saal

Kinderpinkstertye: Maandag 9 Mei tot Woensdag 11 Mei om 19:00 in saal

Florida Park Pinkstertye:

Sondag 8 Mei om 09:00 & 19:00

Maandagaand 9 Mei tot Woensdagaand11 Mei om 19:00

Geen herhaling die volgende oggend nie

Engelse Bediening Pinkstertye

Pinsterfokus: Ses agtereenvolgende

Sondae vanaf Sondag 8 Mei ●

Van links na regs: Jo-Ann Kleynhans; Nadia McIntosh ;

Marion Meyer; René Lombard; en Mariet van Wyk.

Van links na regs: Ilza Engelbrecht; Marinus Loots; en Nina Stenekamp.

Van links na regs: Alet Reinders en Marilize Lofti-Eaton.

Van links na regs: Faye Marince en Wanda Moolman.

Van links na regs: Dr. Wicus van der Merwe; Ds. Barend Buys;

Marinus Loots; Martin Bench; Johann van der Walt; en Henk Theart.

Van links na regs: Hester Carstens en Magda van Zyl. Van links na regs: Magda van Zyl; Chris Malan en

Annemarie Swart. Van links na regs: Yolandi Nel en Marlene Olivier.

Van links na regs: Dalien van Niekerk en Amanda Kruger.

3 April 2016

Dr. Wicus van der Merwe

Die ekonomiese en politieke warboel in Suid-Afrika is iets waarmee elke burger te doen het en iets wat elke lidmaat raak. Impakweek 2016 was spesifiek so ingerig om lidmate en die publiek te bedien met wysheid ten einde die Suid-Afrikaanse land-skap beter te verstaan.

Hierdie was twee aande van wysheid wat help om die situasie waarin ons ons elkeen bevind, beter te verstaan en geleenthede waar hoop en alternatiewe stories vir die land na vore gekom het. Een van ons lidmate, Decia van den Berg, het die volgende te sê gehad oor die geleentheid:

"Dawie Roodt and Theo Venter both highlight-ed the challenges South African citizens face, but ended their presentations on a positive note and gave me hope. Their talks reminded me of Ken Costa's comment: 'Sometimes our plan B was God's plan A all the time.”

Dankie aan almal wat hierdie geleenthede bygewoon het. ●

Daar is die afgelope paar maande sowat twaalf babas van Constantiakruin-

lidmate gedoop. Mag die Vader hierdie kosbare kinders toevou in liefde en

mag hul altyd bewus wees waarin hul krag geanker is. ●

Alexander Conradie

Mianey Brink Lana Wannenburg

Liander de Klerk

Mia Kruger Conner Noakes

Lienke Coetzer Jordan Coetzee

Jacques Rudd

Lukas Visser

Lukas Bessenger

Cindy Jamieson

Dawie Roodt het Maandagaand perspektief gegee op die land se begroting, persoonlike belasting, die reaksie van markte wat verwag kan word en waar positiewe beleggings-geleenthede is.

Theo Venter het die Dinsdagaand gesels oor die komende plaaslike verkiesing, wat om te verwag rakende uitslae, wat die dinamieka is in

die groter partye en die invloed wat dit het, presidensiële vooruitsigte bespreek en die politieke invloed op die ekonomie breër uitgelê.

Milan Duda, son of Tomas and Nicolette Duda was recently pictured with his father at the English Congre-gation. Milan was the first child of the English Congregation, which was established in 2003, who was baptised. Dr. Theo Marais baptised Milan thirteen years ago. At the time, the English services were held in the main church building. It has since moved to the Chapel and services take place on Sundays at 10:00. ●

From left to right: (back) Wikus Dreyer; Marlé Dreyer; Desmond Nieuwenhuis; Yolandi Maré; Shaun McGregor; Peter Cornish; Henriëtte Eloff; guest; Mariaan Venter; Trevor van Zyl; and Louis Pretorius. From left to right: (middle) Rohann Kruger; Ronel de Jager; Nicolene Louw; Stefan Venter; Fatima Brand; Ralf Smith; and Eksteen Brand. From left to right: (front) Lizl Kruger; Lizelle Du Toit; Mike du Toit; Alford Mandipa; Timothy ; Pat Wedderburn; Mandie Aucamp; and Ronel Grobbelaar.

Season 3 of Alpha has just been completed by well over 20 members of the Constantia-kruin Congregation. The Alpha Course is an evangelistic course which seeks to introduce the basics of the Christian faith through a series of talks and discussions. The next course will commence in July 2016. The Alpha Marriage Course, a six week interactive course, will soon be presented, sparking a refreshing re-discovery of love and understanding amongst married couples. For more information on the Alpha courses, contact Eksteen Brand on 071 468 0843 or contact the church office on 011 475 1440. ●

Jul is die SOUT van die aarde…

Sout het veral twee eienskappe. Eerstens gee dit smaak aan dinge. Dink maar aan kos wat sonder sout voorberei word en tweedens bewaar dit teen verrot-ting. Die antieke wêreld het sout as die suiwerste van

alle dinge beskryf, omdat dit van die twee suiwerste dinge geskep is: die son en die see. Jul kan nie sonskyn op ander laat skyn sonder dat die son strale op jou eie lewe skyn nie. Ons is bevoorreg dat jul sonstrale op ons Sopkombuis skyn. Jul is

deur God uitgekies om smaak in ons minder bevoor-regte kinders en bejaardes se lewens te sit. Ons dank God vir mense soos julle, wat vreugde daarin vind om ander te help. Jul vra geen ander belonging as die voorreg om die lewe van ons minderbevoorregte kinders en bejaardes

‘n bietjie draagliker en aangenamer te maak nie. Terwyl jul ander help, ontvang jul self seën. Al gee jy net ‘n glimlag, ‘n warm handdruk of ‘n glas koue water. Elke ding wat jul vir ons Sopkombuis doen,

bring eer aan God. Ons Sopkombuis bestaan al vir meer as drie dekades en verskaf daagliks kos aan meer as 350 honger kinders en bejaardes in ‘n be-hoeftige gemeenskap. Jul liefde en ondersteuning aan ons Sopkombuis ver-

ander lewens. Jul bydraes help ons om ons deure oop te hou. Sonder jul hulp en ondersteuning sou ons dit nie kon doen nie… Dankie dat jul een van die hoofbestanddele in ons Christusresep hier by Fred en Martie se Sopkombuis is. Jul is voorwaar die Sout van die aarde. Vriendelike groete, Riaan & Yolindie Oberholzer

Fred en Martie se Sopkombuis

(brief verkort) ●

4 April 2016

Dr. Wicus van der Merwe 'n Geleentheid waar jongmense kans kry om te oefen in die gebruik van stilword voor die aangesig van die Here – dis die uiteindelike doel met die Stilte in die Storm-kamp. Tydens hierdie jaar se geleentheid het die kamp gebruik ge-maak van die Taize aanbiddingstyl by die Ha Phororo-Retreat sentrum. Die Vrydagaand om 19:00 is die dag af-gesluit en die Shabbat ingelei deur die instelling van die nagmaal, gesament-like lofprysing, re-fleksie t.o.v. die teenwoordigheid van God, gebed en rus in die teenwoordigheid van die Here. Die Saterdag het ons d.m.v. die gebruik van 'n laberint die teenwoordigheid van die Here beleef. Verder het ons geoefen hoe om God toe te laat om met ons uit die Woord te praat, sonder dat ons besluit wat ons wil hoor. Ons het in biddende afhanklikheid van die Gees geluister hoe God oor Homself praat vanuit die Woord. Jongmense wat die kamp meegemaak het,

getuig van ’n diepe belewenis van God se teenwoordigheid:

Carike van Zyl "Ek het baie uit dié jaar se Stilte geleer. Ek het van Jesus se lewens-wyse geleer en waar baie van ons tradisie, bv. nagmaal vandaan kom. Ek het die belangrikheid ontdek van om op jou dag / week te reflekteer en die goeie en slegte punte uit te lig en ook God in beide te gaan soek (want as jy God in alles soek, sal jy

Hom vind). Dit maak jou meer bewus van die teen-woordigheid van God in jou daaglikse lewe. Ek het meer geleer oor hoe om in diepte Bybel te lees sodat ek iets daaruit kry en dat dit nie net nog 'n versie is wat ek môre ver-geet nie."

Andries Pretorius “Ons het die voorreg

gehad om saam met die Ha Phororo geloofsgemeenskap in Meerhof, naby Hartbeespoortdam, op ‘n diep-bewuste vlak, die inleiding van die Shabbat te kon deel met musiek, oordenking en gebed. Daarna het ons uit Jesaja 40-42 by drie geleenthede, onder leiding van Dr. Wicus, dieper in die Woord gedelf oor wie God sê Hy is (vlg Jes.40); wie Hy sê ons is op grond van Sy openbaring (Jes 41:2) en hoe ons Sy antwoord aan ons en vir ons medemens en pelgrims kan deel as hoop in die alles-omvattende God wat skep, herskep en liefhet, dit wat Sy eie is. ●

Dr. Wicus van der Merwe

InSync het afgesluit met die musikale bediening van die groep Duis:Lig.

Die eerste stuk grootheid wat beleef is, is die samekoms van al die verskillende ouderdomsgroepe. Jonk en oud het saam die bediening van Duis:Lig geniet.

Vir jongmense was dit kosbaar om te sien hoe volwassenes ook in hulle aanbiddingstyl plek kan vind en dit ge-niet. Dit was 'n aangename verrassing vir die jongmense om soveel van die oggenderediens se mense daar te sien. Baie dankie aan elkeen wat hierdie geleentheid so 'n groot fees gemaak het.

Die tweede groot ervaring was die kans om 'n uur lank as geloofsgemeenskap net die Here se Naam groot te maak. Tyd wat so saam in eensgesindheid deurgebring word, skep eenheid, waarde en waardering - iets hiervan het tussen generasies daardie aand gebeur.

Die kosbaarste getuienis van die aand is toe die leier van Duis:Lig die opmerking maak dat hierdie groep mense honger is vir aanbidding en verstaan waaroor dit gaan. Die Gees van God is besig in Constantiakruin se jongmense om waar-lik geloofsgetroue burgers te vorm, daar-voor is ons dankbaar. ●

Johann van der Walt

Net so voor die skool weer begin, het ‘n klein groepie jongmense van ons Gemeente hul tassies, tente en beste kamp gear gepak en saam opgetrek na die jaarlikse #Imagine-kamp buite Heidelberg. Byna 4000 tieners het daar kom tent opslaan om weer te ‘imagine’ wat dit is om God se kind te wees. Met praise & worship, ongelooflike prediking en ‘n gees van feesvieringe het ons die geleentheid gehad om weer ‘n intieme ontmoeting met God

te hê. Baie dankie aan almal wat saamgegaan het en baie dankie aan al die ouers wat dit moontlik kon maak. ●

Van links na regs: Christelle Combrink; Andy Maritz; Johan Minnaar; Johny

Coetzee; Madelyn Minnaar; Johann Oelofsen; Hennie Maritz; en Marinus Loots.

Naomi Meerkotter Constantiakruin se jong, volwasse lidmate (20somethings) het onlangs op hul unieke, spoggerige wyse behoorlik uitgehang tydens ’n maskerbal. Die bal het ten doel gehad om jongmense op ’n prettige, ontspannende ma-nier, in ’n gemeenskaplike ruimte aan mekaar bekend te stel. Jongmense van buite die Ge-meente is ook betrek, om dan ook sodoende by selgroepe betrokke te raak. Daar word heelwat aktiwitieite vir hierdie groep beplan. Indien jy wil betrokke raak by hierdie en ander inisiatiewe, kontak vir Johann van der Walt of Dr. Wicus van der Merwe by 011 475 1440. ●