beloftes maak skuld - psg · uitgeoefen het in my lewe, en soos hul sê “spyt kom altyd te...

5
PSG Menlyn | Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria | Tel: +27 (12) 368 1778| Fax: +27 (12) 368 1770| Beloftes maak skuld Deur: Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder [email protected] Daar word gereeld verkondig dat indien iets te goed klink om waar te wees, dan moet jy versigtig wees. Dit is nogal ‘n belangrike reël en die volg van hierdie reël kan elke belegger van baie pyn red. Die werklikheid is dat elkeen van ons bykans elke dag hiermee gekonfronteer word. Dit is ook so dat hierdie tipe van opsies baie aanloklik kan lyk in tye van swak prestasie op die JSE, veral indien dit saamval met tye van lae rentekoerse. Almal ken die kom en heengaan van Sharemax, die probleme by Pickvest, die R699 per maand vir ‘n nuwe kar skema en die ouer garde sal ook die tye van die Kubus Koning onthou. In die laaste maand het probleme ook opgeduik by Bridge, ‘n mikrolener wat aan beleggers 19% opbrengs per jaar belowe het. NUUSBRIEF (2014/09)

Upload: others

Post on 13-Sep-2019

8 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Beloftes maak skuld - PSG · uitgeoefen het in my lewe, en soos hul sê “Spyt kom altyd te laat”. 10-jaar gelede het ek bedank by my werkgewer om ander drome te ondersoek

PSG Menlyn | Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria | Tel: +27 (12) 368 1778| Fax: +27 (12) 368 1770|

www.psg.co.za/menlyn

Beloftes maak skuld Deur: Marius Cornelissen CFA

Portefeulje Bestuurder [email protected]

Daar word gereeld verkondig dat indien iets te goed klink om waar te wees, dan moet jy versigtig wees. Dit is nogal ‘n belangrike reël en die volg van hierdie reël kan elke belegger van baie pyn red. Die werklikheid is dat elkeen van ons bykans elke dag hiermee gekonfronteer word. Dit is ook so dat hierdie tipe van opsies baie aanloklik kan lyk in tye van swak prestasie op die JSE, veral indien dit saamval met tye van lae rentekoerse.

Almal ken die kom en heengaan van Sharemax, die probleme by Pickvest, die R699 per maand vir ‘n nuwe kar skema en die ouer garde sal ook die tye van die Kubus Koning onthou. In die laaste maand het probleme ook opgeduik by Bridge, ‘n mikrolener wat aan beleggers 19% opbrengs per jaar belowe het.

NUUSBRIEF (2014/09)

Page 2: Beloftes maak skuld - PSG · uitgeoefen het in my lewe, en soos hul sê “Spyt kom altyd te laat”. 10-jaar gelede het ek bedank by my werkgewer om ander drome te ondersoek

Verskeie van die organisasies wat uitspattige opbrengste belowe en in sommige gevalle “gewaarborg” het, was ook inderdaad by die Raad op Finansiële Dienste (RFD) geregistreer. ‘n Lisensie by die RFD is nie ‘n waarborg dat jou geld in goeie hande is en dat beloftes waar gaan word nie. Ek het soms die voorreg om markverslae op ‘n verskeidenheid van radiostasies te doen. Terwyl ek verlede week gewag het om op ‘n kleinerige gemeenskap stasie my opinie oor die JSE uit te spreek, het ek geluister na ‘n advertensie wat vir beleggers tot soveel as 24% opbrengs per jaar

belowe. Daar was geen naam van die firma of die persone wat daarby betrokke is verskaf nie, ook geen indikasie dat hulle ‘n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste is nie, slegs twee telefoonnommers wat jy kan skakel vir meer inligting. Dalk is hierdie ‘n fantastiese geleentheid, maar heel moontlik is dit net nog ‘n byvoeging tot ‘n lang lys van skemas wat Suid-Afrikaners van hul hard verdiende geld vervreem. Onthou, beloftes maak skuld. Maak seker dat jy nie een van die mense word wat aan die verkeerde kant van leë beloftes gevang word nie.

Spyt kom altyd te laat Deur: Magdeleen Cornelissen CFP®

Portefeulje Bestuurder [email protected]

When I was just a little girl

I asked my mother What will I be Will I be pretty

Will I be rich Here’s what she said to me

Que sera, sera

Whatever will be, will be The future’s not ours to see

Que sera, sera What will be, will be

Pragtige woorde, ek weet. Vir baie van ons is die wete dat ons nie die toekoms kan voorspel nie, juis dit wat die lewe so interessant maak. Vir ander van ons is dit egter belangrik om te beplan vir dit wat voorlê.

Alhoewel niemand van ons werklik weet wat vir ons in die toekoms wag nie, is daar wel sekere bekende lewens mylpale waarvoor ons kan beplan. Een van hierdie aspekte van die lewe is aftrede. Niemand kan beweer dat aftrede onverwags, soos ̀ n dief in die nag, gekom het nie. Hierdie kennis, van die realiteit wat gaan volg, plaas `n verantwoordelikheid in ons hande om te beplan vir die finansiële behoeftes wat gaan volg wanneer ons aftree. Wysheid kom saam met die jare, maar wanneer jy jonk is, is jy baie slim. Ons vind gereeld dat die jonger garde nie die noodsaaklikheid besef van aftree beplanning nie. Die redestellings wat hul bied vir die houding, is dikwels baie slim. Die beste kandidaat wat se verhaal voorgelewer kan word, ter beskrywing van die fout, is my eie. Ek het al in my lewe vele foute gemaak met my eie finansiële beplanning. Vandag is ek baie spyt oor hierdie swak keuses wat ek

Page 3: Beloftes maak skuld - PSG · uitgeoefen het in my lewe, en soos hul sê “Spyt kom altyd te laat”. 10-jaar gelede het ek bedank by my werkgewer om ander drome te ondersoek

uitgeoefen het in my lewe, en soos hul sê “Spyt kom altyd te laat”. 10-jaar gelede het ek bedank by my werkgewer om ander drome te ondersoek. Ek was nog baie jonk en kon nie verstaan hoekom almal so behep was met my keuse aangaande my aftreefonds, wat ek opgebou het in 5 jaar se indiensname nie. Ek het dit ook nie nodig geag om advies te kry nie, ek was mos slim. Toe ek uiteindelik die balans van my aftreefonds sien, het ek besluit om die hele R120 000 in kontant te onttrek. Nodeloos om te sê, het ek baie planne gehad oor wat ek met die geld sou doen. Ongelukkig was `n belegging nie een van die opsies nie. Wat `n fout! Nadat SARS sy deel geneem het, het ek my krediet kaart afbetaal. Ek het ook `n paar ander krediteure tevrede gehou, maar bo alles, het ek en Marius gaan vakansie hou. Dit was `n lekker lang vakansie. Eintlik die soort wat jy eers neem wanneer jy bietjie ouer is, en dit al werklik verdien. My kredietkaart het ook saamgegaan en teen die tyd wat die vakansie uiteindelik klaar was, was my kredietkaart weer oortrokke en die geld, geoormerk vir aftrede, op. Ek wonder gereeld wat die uitkoms sou wees, indien ek geluister het na die wyser vriende, wat my

aangeraai het om die kapitaal oor te dra na `n Bewaringsfonds. Wel eintlik is dit heel maklik. Die hele bedrag sou belê geword het, aangesien SARS geen komponent sou verhaal nie. Ek sou die bedrag belê in `n tipiese gebalanseerde fonds, met die gevolg dat die huidige waarde nou meer as R480 000 werd sou wees. Ek sou nie hiervoor moes werk nie, al wat ek moes doen wat luister na my finansiële adviseur en geduld aan die dag lê. As ons verder in gedagte neem dat ek nog 20 jaar van aftrede is, is dit duidelik dat my gebrek aan insig my baie duur te staan gekom het. Om alles te kroon, is die vakansie `n vae herinnering. Alhoewel ek weet ek het die verkeerde keuse geneem, is daar niks wat ek nou daaraan kan verander nie. Die toekoms is dalk nie ons sin om te bepaal nie, maar ons het steeds die reg om daarvoor te beplan. Dit is `n voorreg wat saam met baie wysheid, baie versigtig gedoen moet word. Tot `n volgende keer.

Magdeleen

Spaar vir minder as ‘n filmkaartjie Deur: Ben Fraser Finansiële beplanner [email protected]

Ek het nou die dag ‘n skok gekry toe ek uitvind wat dit kos om te gaan fliek. Twee kaartjies en verversings kan maklik meer as R200 uitwerk. Al die kere wat ek gekla het dat ek te min geld het om te belê het met eens by my kom spook. In die beleggingswêreld is daar ‘n wonderlike aspek genaamd, “saamgestelde rente”. Daar is ‘n moontlikheid dat ek dié voorheen genoem het, maar

as u R200 per maand belê vanaf ouderdom 20 tot 30 en die belegging laat om te groei met die saamgestelde rente tot en met ouderdom 60, sal die belegging substansieel groter wees as ‘n belegging waar dieselfde bedrag gespaar word vanaf ouderdom 30 tot 60. Ek het al menigte argumente gehoor oor hoekom mense nie bydraes maak tot beleggings nie en die

Page 4: Beloftes maak skuld - PSG · uitgeoefen het in my lewe, en soos hul sê “Spyt kom altyd te laat”. 10-jaar gelede het ek bedank by my werkgewer om ander drome te ondersoek

meerderheid dui op bedrae wat nie groot genoeg is om te belê nie, of mense wat die tydsberekening op die mark perfek wil reg kry. Welvaart ontstaan nie net oornag nie, maar word oor ‘n tydperk GESKEP deur gereelde bydraes tot u belegging te maak. Rome is nie in een dag gebou nie en so ook nie Warren Buffet se beleggingsportefeulje nie. Daar is verskeie beleggingsvoertuie beskikbaar om vir ‘n spesifieke doel te spaar – hetsy ‘n eenmalige- of

gereelde bydraes – alles gereed om te benut. Maak seker dat u finansies so gestruktureer word dat daar welvaart geskep word oor die lang termyn en nie net vir die kort termyn nie. Kontak ons gerus vir advies gerig op ‘n spesifieke doelwit of behoefte, asook vir die optimale produk daarvoor.

Page 5: Beloftes maak skuld - PSG · uitgeoefen het in my lewe, en soos hul sê “Spyt kom altyd te laat”. 10-jaar gelede het ek bedank by my werkgewer om ander drome te ondersoek

Volg ons op Facebook by

www.facebook.com/PSGMenlyn en “like” ons bladsy.

Ons is ook te vinde op Twitter by @PSGMenlyn

PSG Menlyn Adres

Newlands Kantoorpark

Blok B, Grondvloer

261 Lois Ave

Newlands

Pretoria

Posbus 118

Newlands

Pretoria

0049

T: (012) 368 1778 / F: (012) 368-1770

Marius Cornelissen

[email protected]

Magdeleen Cornelissen

[email protected]

Gerda Potgieter

[email protected]

Ben Fraser

[email protected]

Mariska Blom

[email protected]

Kliënte Administrasie

[email protected]

Facebook:

www.facebook.com/PSGMenlyn

Twitter:

@PSGMenlyn