beantwoord jou vrae oor ontrouheid in die huwelik

43
Owerspel Egbreuk ONTROUHEID uite egtelike verhoudin verraad

Upload: jan-oosthuizen

Post on 14-Jun-2015

705 views

Category:

Self Improvement


18 download

DESCRIPTION

Wat kan ons doen om ons huwelik te beskerm teen egbreuk? Hoe restoureer ons die huwelik, na ontrouheid? Hoekom was my maat ontrou?

TRANSCRIPT

  • 1. Eksodus 20:10 maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie. Levitikus 20:10 Iemand wat egbreuk pleeg met die vrou van n medeburger, moet doodgemaak word. Dit geld vir die man en ook vir die vrou wat egbreuk pleeg.

2. Spreuke 6:26 Jy kan n prostituut kry vir n stuk brood, maar owerspel kan jou lewe kos. Spreuke 6:32 Maar n man wat owerspel pleeg, moet van sy verstand af wees, iemand wat dit doen, verwoes sy lewe. Hosea 4:2 het vervloeking, valsheid, moord, diefstal en egbreuk hand oor hand toegeneem en is die vergieting van onskuldige bloed aan die orde van die dag. 3. Matteus 5:27 Julle het gehoor dat daar ges is: Jy mag nie egbreuk pleeg nie.Maar Ek s vir julle: Elkeen wat na n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg. 2 Petrus 2:14 Hulle o is die ene wellus, en aan sonde kry hulle net nie genoeg nie. Hulle verlei onstandvastige mense en is bedrewe 4. Maleagi 2:14 16 jy was ontrou aan haar, ontrou aan jou eie vrou, die vrou aan wie jy plegtig trou belowe het. 15 Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees. En waarom een? Omdat Hy wil h dat daar n nageslag moet wees, wat Hom eer. Beheers julle, moenie ontrou wees aan die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is nie. 16 Die Here die God van Israel s Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, s die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie 5. Owerspel vind plaas wanneer deur die loop van n gewone dag ek in enige persoon liefde, aandag, vertroosting, vervulling en bevrediging soek wat bedoel is om binne die huwelik gevind te word. Egbreuk is wanneer ek my liefde wegdraai na iemand buite die huweliksverhouding. 6. Buite-egtelike verhouding begin gewoonlik met vriendskap, en die deel van probleme en besorgdheid van behoeftes wat nie deur jou huweliksmaat vervul word nie. Die aantrekking is gewoonlik nie net fisies nie, maar bloot die moontlikheid dat onvervulde begeerte vervul gaan word. LET WEL: Geen tekortkoming van jou maat kan owerspel regverdig nie! 7. 1. Deel gemeenskaplike belange "Ons het soveel gemeen gehad, dit was onwerklik." "Ek en sy was al twee dol oor musiek en was aangetrokke tot mekaar. "Hy was so geestelik ingestel . . . ek het iemand gesoek met wie ek my geestelike worstelinge kon deel." "Ons was al twee mal oor perde en het saam begin ry." "Ons het albei n begeerte gehad om vir die kerk te werk, en veral om met kinders te werk." "Sy was die eerste vrou wat ek ontmoet het wat van die buitelewe gehou het, selfs van jag en visvang ek was betower!" 8. 2. Vergelyking met my maat; fokus op tekortkominge "My man het nie baie in geestelike dinge belanggestel nie, maar hierdie man het so baie van die Bybel geweet." "Sy was slank, aantreklik en het pragtig aangetrek heeltemal anders as my vrou wat haarself op daardie stadium nie eintlik goed versorg het nie." "Sy het soveel begrip gehad en het na my en my probleme geluister, anders as my vrou wat altyd so besig en gejaagd was dat ons nie tyd gehad het om met mekaar te praat nie." "My man wou nooit kommunikeer nie hy het van die werk af huis toe gekom en gaan sit en TV kyk. Ek het later opgegee. Toe kom hierdie man wat totaal van my man verskil het hy was saggeaard, lief om te gesels en sou sommer klein dingetjies in sy lewe met my deel." 9. 3. Bevredig emosionele behoeftes "Hy het verstaan hoe ek voel en my die empatie gebied waarna ek gesmag het." "Sy was daar toe ek haar nodig gehad het." "My ego was so uitgehonger vir erkenning dat ek dit van enigiemand sou aanvaar ek dink dis waar die hele ding begin het." "Niemand het regtig in my geglo nie, tot hy in my lewe gekom het. Hy het my aangemoedig, genspireer en so ernstig geglo in dit wat ek kon bereik en wat ek kon word." "My vrou was besig met die kinders en was glad nie betrokke by my werk nie. Hierdie meisie het my bewonder en my behandel asof ek regtig iemand was. Dit het so goed gevoel." 10. 4. Sien uit daarna om by mekaar te wees "Ek het altyd daarteen opgesien om werk toe te gaan, maar nadat ons vriende geword het, sou ek wakker word en dadelik daaraan dink dat ek hom later daardie dag sou sien . . . dit het dit makliker gemaak om op te staan." "Terwyl ek werk toe ry, sou ek heeltyd daaraan dink dat ek by haar gaan wees." "Ek het myself betrap dat ek aan hom dink wanneer ek soggens aantrek. Ek sou wonder of hy van n sekere uitrusting of parfuum sou hou." "Ek het uitgesien na die weeklikse kooroefening, want ek het geweet hy sou daar wees." "Elke keer wanneer ek by haar huis verby gery het, het ek aan haar gedink en dat ons mekaar daardie Sondag sal sien." 11. 5. Begin oneerlik wees teenoor my maat "As my vrou gevra het of sy ook by die groep was, sou ek maak of ek nie kan onthou nie . . . en net daar het ek begin om n muur tussen ons op te rig." "Ek sou voorgee dat ek saam met ons ensemble gaan oefen, maar in werklikheid het ek n duet saam met hom geoefen." "My vrou het my op n keer oor haar uitgevra, maar ek het alles ontken. Ons het per slot van rekening nog niks verkeerds gedoen nie. Nou besef ek dat dit een van daardie geleenthede was waar ek met die hele sak patats vorendag kon kom en so die ramp waarheen ek op pad was, kon afweer." "Elke keer wanneer ons as paartjies bymekaar gekom het, sou ek maak asof ek niks van hom hou nie. Ek sou selfs na die tyd teenoor my man negatiewe goed van hom s. Ek dink ek het probeer om my ware gevoelens vir hom vir my man weg te steek." 12. 6. Flirtasie en speelse grappies "Ek het geweet aan die manier waarop sy na my gekyk het. Sy sou my reguit in die o kyk, dan tersluiks na my lyf loer en dan weer in my o kyk ek het toe geweet dat sy in meer as my vriendskap belangstel. Maar ek was so gevlei deur haar belangstelling dat ek nie kon ontsnap nie." "Toe het ons mekaar begin terg, en dikwels dubbelsinnige betekenisse aan dinge geheg. Soms het ons mekaar geterg selfs wanneer ons huweliksmaats by was. Dit het eers baie onskuldig gevoel, maar ons het al hoe meer tot die besef gekom dat dit regtig vir ons iets beteken het." "Ons sou dikwels lag en s hoe dit lyk asof ons 'vir mekaar gemaak is'. Dan sou ons mekaar terg oor watter soort man of vrou die ander een sou wees as ons met mekaar getroud was." "Hy het hierdie o gehad! As hy op daardie 'spesiale' manier na my gekyk het, het my knie heeltemal lam geraak. Ek het verniet teen my begeerte na hom baklei ek was verlore." 13. 7. Begin praat en deel oor persoonlike sake "Ons sou oor dinge praat nie belangrike dinge nie, net klein goedjies waaroor hy besorg was, of waaroor ek bekommerd was." "Ons sou voor kerk vir koffie ontmoet en sommer net gesels." "Ek het probleme met my seun gehad en dit was asof sy die hele situasie net soveel beter verstaan het as enigeen met wie ek toe al gepraat het. Ek sou haar vertel van die mees onlangse rusie en sy sou dit so goed verstaan. Ons het regtig n hegte vriendskap ontwikkel ons was amper soos sielsgenote. "My pa is oorlede net voor ons mekaar ontmoet het en sy ma n paar jaar tevore. Dit het gevoel asof hy presies verstaan waardeur ek gaan en ons sou vir ure praat oor hoe elkeen van ons voel." "Ek was so alleen na my man se dood en uitgehonger vir iemand om my lewe mee te deel. Toe het hy my begin bel net omdat hy omgee. Dit het my so gelukkig laat voel om sy besorgde stem aan die anderkant van die lyn te hoor, al het ek geweet hy is getroud." "Ons het so baie tyd saam by die werk deurgebring dat ek oortuig was dat sy meer van my weet as wat my vrou geweet het of selfs wou weet." 14. 8. Ligte aanrakings, drukkies, omhelsings met gevoel "Hy het vir maande nie aan my geraak nie. Toe, een aand nadat ons laat gewerk het, was ons op pad na die deur toe hy s: 'Jy is so spesiaal. Dankie vir alles wat jy doen . . .' Toe het hy omgedraai en my teer omhels, net vir n oomblik. Daardie oomblik het my so goed laat voel dat ek dit oor en oor in my geheue laat afspeel het, amper soos die kykweer van n DVD. Ek besef nou dat ek dit toe dadelik moes stop. Ek het nooit bedoel om my gesin so te runeer nie." "Sy het altyd by ons huis gekuier en was my vrou se beste vriendin. Sy het dikwels tot laat gebly om TV te kyk, selfs al was my vrou al bed toe. Sy sou langs my op die bank sit en ek was aangetrokke tot haar . . . soos die liedjie s: '. . . soos n mot na n kers'." "Hy sou my dikwels op die skouer klop, jy weet, as goedkeuring vir goeie werk wat ek gedoen het. Maar ek het geweet dit het meer as dit beteken." "Die eerste keer wat sy aan my geraak het, was toe ons saam registrasies gedoen het. Ons het langs mekaar gesit. Ek sou iets gevat of snaaks s en sy sou giggel; dan sou sy onder die tafel my bobeen met haar hand druk. Dit het my regtig opgewonde gemaak." 15. 9. Spesiale geskenke en boodskappe "Hy sou hierdie bemoedigende boodskappies skryf en dit op my lessenaar of dagboek los, of teen my rekenaar plak. Dit het niks bevat wat hom skuldig kon laat lyk nie. As enigiemand anders dit gekry het, sou hulle niks vermoed nie. Maar ons albei het geweet wat aangaan, maar ons wou dit nog nie stop nie." "Soms sou ek hom bel en n kort boodskap op sy antwoordmasjien los. Hy sou notatjies in my Bybel los." "Hy sou vir my n klein geskenkie koop niks duurs nie, maar ek kon altyd sien dat hy baie moeite gedoen het om presies te kry waarvan ek hou. Natuurlik het almal gedink hy is net n goeie werkgewer." "Sy het begin om naamlose notatjies in my lessenaar te los waarin sy haar gevoelens vir my duidelik maak. Eers was ek bang dat iemand op een sou afkom. Maar na n tydjie het ek myself betrap dat ek uitsien na die volgende een, al het ek geweet dat dit n risiko is." 16. 9. Spesiale geskenke en boodskappe "Hy sou hierdie bemoedigende boodskappies skryf en dit op my lessenaar of dagboek los, of teen my rekenaar plak. Dit het niks bevat wat hom skuldig kon laat lyk nie. As enigiemand anders dit gekry het, sou hulle niks vermoed nie. Maar ons albei het geweet wat aangaan, maar ons wou dit nog nie stop nie." "Soms sou ek hom bel en n kort boodskap op sy antwoordmasjien los. Hy sou notatjies in my Bybel los." "Hy sou vir my n klein geskenkie koop niks duurs nie, maar ek kon altyd sien dat hy baie moeite gedoen het om presies te kry waarvan ek hou. Natuurlik het almal gedink hy is net n goeie werkgewer." "Sy het begin om naamlose notatjies in my lessenaar te los waarin sy haar gevoelens vir my duidelik maak. Eers was ek bang dat iemand op een sou afkom. Maar na n tydjie het ek myself betrap dat ek uitsien na die volgende een, al het ek geweet dat dit n risiko is." 17. 10. Dink verskonings uit om mekaar te ontmoet "Ek het begin planne maak om goed by haar huis te gaan aflaai wanneer ek weet haar man is nie tuis nie. Ek en hy het mekaar geken en ek sou altyd gereedskap wat ek by hom geleen het, terugneem op di middae wat ek geweet het sy is alleen by die huis." "Ek sou wag tot aan die einde van n werksdag en hom dan net voor toemaaktyd bel oor iets wat ek as n 'besigheidsvraag' uitgedink het, en dan het ons gesels." "Hoe meer betrokke ons bymekaar geraak het, hoe meer het ek tye beplan waar ek en hy saam kon oefen. Ons het begin om mekaar meer dikwels te ontmoet." "Sy het begin om haar skedule so te beplan dat haar man haar by komiteevergaderings aflaai. Ek sou dan daar rondstaan en aanbied met so veel ongergdheid as wat ek bymekaar kon skraap om haar by die huis te gaan aflaai." 18. 11. Beplan geheime ontmoetings "Teen hierdie tyd het dinge al so ver gevorder dat ons mekaar in die geheim op die winkelsentrum se parkeerterrein ontmoet het. Ek weet nou hoe dom dit was, maar op daardie stadium is ek deur iets anders as gesonde verstand beheer." "Ons het begin relings tref om op dieselfde aande laat te werk. Dan sou ons vroeg ophou en mekaar in die donker parkeerterrein ontmoet." "Ek het begin om seker te maak hy ken my reisplanne sodat ons dieselfde konferensies kon bywoon. Op daardie stadium was daar nog niks fisies tussen ons nie, maar daar was soveel opgewondenheid en romanse in die lug . . . dit was asof selfs die geheimsinnigheid dinge meer opwindend gemaak het." "Sy sou my soms net voor middagete bel en dan sou ons wegglip, iewers gaan eet en dan die res van my etenstyd rustig met mekaar gesels." 19. 12. Misleiding en verdoeseling "Toe ons eers begin het om in die geheim te ontmoet, moes ek allerhande stories uitdink oor waar ek was om my vrou tevrede te hou. Teen hierdie tyd het al ek n muur van oneerlikheid tussen ons gebou." "Sommer gou was my lewe vol leuens. Ek sou lieg oor waarheen ek gaan, waar ek was en saam met wie ek was. Hoe meer agterdogtig my man geword het, hoe beter het ek gelieg. Maar hy het geweet iets is verkeerd. "Ek het by verskeie verenigings aangesluit sodat ek n verskoning kon h om saans uit te gaan." "Sy sou vra hoe laat ek ophou werk. Ek sou eenvoudig daaroor lieg en sy het geen idee gehad wat haar getref het nie. Hoe kan ek ooit weer haar vertroue wen?" "Ons het ooreengekom dat, as iemand ons saam sien ry, ons dieselfde storie sal vertel: dat my motor nie wou vat nie, hy het gestop om te help en gesien dat n smeltdraad uitgebrand het. Ons is op pad om n nuwe smeltdraad te gaan kry om die stukkende een te vervang." "Teen hierdie tyd was my lewe een groot leuen, so ek het gereeld gelieg om te keer dat mense van ons geheime ontmoetings uitvind." 20. 13. Soen en vashou en omhelsings "Die hele ding was nou so opwindend. Ek was so n gek! Ons het in die geheim ontmoet en ons albei was bang dat ons uitgevang gaan word. Maar dit het ons net laat voel dat ons nog meer gemeen het. Wanneer ons ontmoet het, sou ons mekaar omhels asof ons mekaar in jare nie gesien het nie soos in die flieks wanneer een van die oorlog af terugkom." "Toe ons eers begin het om in die geheim te ontmoet, het die einde vinnig gekom. Ons het gesoen en mekaar omhels soos twee tieners wat die eerste keer op n stil plek amoreus raak." "Dit het net so goed gevoel om gedruk en gesoen te word deur iemand wat regtig vir my omgee." 21. 14. Seksuele voorspel en onbetaamlike gedrag "Op hierdie stadium het my hormone oorgeneem! Ek het alle rede vergeet en was gereed om alles te waag vir meer." "Dit was asof ek weer n tiener was om te ver te gaan, dan spyt te wees en my voor te neem om dit nie weer te doen nie; maar net so vinnig het ek vol begeerte na meer sonde gesoek." "Toe ek en my man nog uitgegaan het, het ons geworstel met die vraag: 'Hoe ver kan ons gaan?' Wel, nou het ek weer met dieselfde kwessie geworstel. Vriendskap met hierdie ou het nie so verkeerd gelyk nie. Maar nou gaan ons verder as wat ek ooit bedoel het om te gaan. Maar, op n vreemde manier het dit vir my reg gevoel om presies so ver te gaan as met my man toe ons nog uitgegaan het. Ek dink, op n manier, het my gegriefdheid teen my man se voortdurende druk op my nou na vore begin kom. Ek s nie dit was nie verkeerd nie. Net dat ek op n manier geregverdig gevoel het." 22. "Omtrent op hierdie stadium het ek myself begin bluf deur soos n held te voel omdat ek nie 'voluit' gegaan het nie. Want dis wat ek wou doen. Maar deur alles te doen, behalwe 'dit', het ek myself gebluf deur te dink ek is besig om die versoeking met groot sukses te weerstaan. Wat ek nie besef het nie, was dat dit waarmee ek wel besig was, verkeerd was, en dat ek uiteindelik wel die volgende stap ook sou neem. Dis nie moontlik om n verhouding te 'vries' nie f jy gaan daarmee voort f jy verbreek dit heeltemal." 23. 15. Seksuele omgang "Sommer gou het ek nie meer weerstand gebied nie en oorgegaan tot owerspel in die volle sin van die woord." "Een ding het tot die volgende gelei en ons het saam in die bed beland." "Alhoewel ons nooit bedoel het dat dit so ver moes gaan nie, het ons uiteindelik voluit gegaan en seks gehad." "Een aand kon ons onsself net nie keer nie (wel, ons wou nie), so ek het my reis van ontrouheid teenoor my man voltooi ek het seks gehad met hierdie man." 24. my maat verdien iemand beter as ek ons huwelik is klaar tot niet my maat is in elk geval ongelukkig met my dis onskuldig en niks meer verkeerd nie, ons praat net ons is net vriende ek is ongelukkig, kan ek dan met niemand praat nie? my man/vrou gaan tog nooit verander nie? my man/vrou is tog nie leif vir my nie hoe kan iets wat so wonderlik voel verkeerd wees? 25. n Reeks van verkeerde besluite (Spr 7:8) Voed n onheilige attraksie (Spr 5:3) Bedink die moontlikheid (Mar 7:21) Brand van begeerte (Spr 6:25,27; Jak 1:12-16; Efe 2:3) Rebelleer teen die stem van die Heilige Gees (Rom 2:15) Glo die leuens en regverdig jou dade (1 Tim 4:2) Misleiding van die hart (Jer 17:9-10) Onvervulde, miskende en misplaaste begeertes. (Gal 5:24) 26. Lojaliteit, die rigting van jou hart! Jy is nie lojaal as jy: jou maat se naaktheid ontbloot nie. jou maat se foute met iemand anders bespreek nie. jou maat voor ander teregwys nie. jou maat vloek en dreig nie. jou jou maat spot en verneder nie. jou maat 2de stel en eers ander help nie. vir jou maat jok nie. jou jou wangedra en so skande oor julle bring nie. jouself van jou maat disassosieer en isoleer nie. jou maat met iemand anders vergelyk nie. 27. Moenie kontak hou of vorige liefdes opsoek nie. Moenie alleen sosiaal verkeer met iemand van die teenoorgestelde geslag nie. Moenie alleen iemand beraad van die teenoorgestelde geslag nie. Laat alle gedrag en dade bo alle verdenking geskied. Moenie dink jy is sterk en dit sal nooit met jou gebeur nie. Jy maat moet op enige gesprek, en kontak met iemand van die teenoorgestelde geslag kan inloop en deel wees, sonder aarseling. Daar moet geen geheime tussen jou en jou maat wees nie. Moet vir geen rede jou hart draai nie! Vlug by die eerste temptasie!!! 28. Leer die Bybelse standaard van die liefde in die huwelike. Dit begin deur n nuwe verbondstaal aan te leer. Verseker mekaar gereeld van mekaar se liefde Kyk in mekaar se o en gesels met julle o. Glimlag vir mekaar Vervul mekaar volkome seksueel. (1 Kor 7:1-9) Doen lekker dinge saam. Beplan romanse. Deel met die verkeerde verwagtinge van die liefde. Verstaan verbond. Gereelde betekenisvolle aanraking. 29. The vier perde ruiters volgens Gottman, wat tekens is van n huwelik wat in gevaar is. Defensiveness verdedigend Stonewalling aangluur Criticism kritiek Contempt veragting Kwessies wat nie opgelos word en waardeur julle as huweliksmaats nie groei nie, word n onsigbare kloof. Leer goeie konflik hantering tegnieke aan, en oefen om sake deur te praat totdat julle mekaar waaragtig hoor en verstaan. Fokus eers altyd eerste jou hart na die Here en dan jou maat. (Mat 6:33) Vergenoegdheid is in die Here. 30. Afwesigheid sonder bevredigende verduideliking Verdedigend en ontrekking Verandering in toegeneentheid en belangstelling Kommunikasie probleme Leuens Onbillike kritiese gesindheid Verlies aan spontaniteit Beheptheid met selfoon, internet, rekenaar, werk of stokperdjie. Geen toegang / toegang verbied tot selfoon/rekenaar/wagwoorde 31. Moet ek my maat terugneem of nie? As ek my maat terugneem sal ek hom/haar kan vergewe? As ek my maat vergewe het, hoe leer ek weer vertrou? Hoe deel ek met die herinneringe? Hoe vergewe ek myself? Gaan ons verhouding ooit weer kan heel wees? 32. Deel en leef die volle waarheid en niks anders as die waarheid nie. Breek alle kontak op alle vlakke. Fisies, emosioneel, geestelik. Hou alle gedrag openlik. Eerlikheid met God, jouself, en jou maat. Reckless abandonment of self. Weerl elke leuen met waarheid in jou gedagtes. 33. Wanneer ek die probleem ontken, deel ek nie met die oorsaak nie, en is daar n groot gevaar dat dit weer gaan gebeur. Ontkenning : kom ons vergeet dit net en gaan aan tyd sal die wonde genees ek wil dit net vergeet en aangaan hou op om aan my te torring los dit nou net uit en sit dit agter ons 34. Goddelike berou lyk so : Erkenning van sonde. Noem dit op die naam. Bekeer en draai. (Mat 4:17) Neem volle verantwoordelikheid. Identifiseer met die man/vrou van sonde. (2 Tes 2:3) Begrip oor my optrede se oorsaak en kern. Vergewe self en ontvang vergifnis en genesing. (Jn 8:111 & 1 Joh 1:9) Sien die skade en identifiseer met my maat se seer. Ware empatie sonder enige verwyte, self-haat of selfbejammering. Neem stappe van restitusie. 35. Sien, beleef en ervaar dat God se liefde jou genees. Ontvang en neem die lewe wat God gee aan. Hou aan om jou hart na jou maat te bly draai. Hou aan om te bely en te vergewe. Doen dade wat by liefde pas, al voel dit soos plig. Sien jou maat in die gees, volgens die woord. Sien jouself in die Woord.