bb 21 febr 2016 - ng kerk durbanville-bergsig€¦ · koop jou klaar poeding by die kerk. indien...

6
21 Februarie 2016 1 Februarie 2016 NUUSFLITS: 23 Febr: Nuwe medewerker verwelkoming 25 Febr: Seniors 26 Febr: Straatuitreik 26 Febr: Belydenisnaweek 28 Febr: Nagmaal 1 Maart: TGIF Vroue-aand 4 Maart: Wêreldbiddag vir vroue 6 Maart: Doop, Frontida besoek Bergsig 7 Maart: Kerkraadsvergadering 8 Maart: Kix kwartaalafsluiting 12 Maart: PLAASFEES Bergsig Boodskap PASSION WêRELDTOER Kaapstad 08:15 Klassieke diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager Deuroffer: Gemeentehulpfonds 10:00 Informele diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager GLOW Kidz (Saal) Bea Pretorius 19:00 Aanddiens Arno Mattheus 28 Februarie 2016, Vierde Lydensweek, NAGMAAL Verleen ondersteuning aan hulpbehoewende gemeentes wat vanweë verminderde lidmaattalle, natuurrampe, ontvolking en swak sosio-ekonomiese toestande nie meer hulle begrotings kan laat klop 08:15 Klassieke diens Ouditorium Wynand Breytenbach Deuroffer: Gemeentebediening 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Eric Swanepoel GLOW Kidz (Saal) Mizelle Prinsloo 19:00 Aanddiens Brian Huddleston 21 Februarie 2016, Derde Lydensweek Verlede week het ons ’n hele paar geestelike hoog- tepunte rondom ons beleef. Bergsig was goed verteen- woordig by die ‘Passion’ wêreldtoer. Ons sien Arno Mattheus, Simoné Boehme, Corlien Zweers en Johan Els op die foto links. Op die foto regs sien ons Heidi Botes, Lourens Oli- vier, Johan van Tonder, Ludi Erasmus en Juanita Fourie. Hul het baie be- langrike posisies beklee by die geleentheid as hoof- kontrole beamptes by ingange. Soos Juanita sê, sy het soos ’n FBI agent gevoel en dit was heerlik om daar te bedien met ’n glimlag. Brad Huddleston tree va- naand op by die 19:00 diens. Brad reis regoor die wêreld en lewer sy getuienis by kampusse, skole en kerke. Hy is gereeld op TV en radio. Hy het onlangs op Carte Blanche met Derek Watts ’n onderhoud gehad oor die invloed van die digitale wêreld op mense. Hy sê: “Your smartphone, tablet and computer can be powerful tools to help you...or not. The choice is yours.” Maak die keuse m.b.v. Brad se praat- jie. Woon gerus by. Opelug-Valentynspiekniek & lofprysing What’s the difference between half a line of cocaine and an hour playing a video game? Nothing, as far as your brain is concerned.”

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: BB 21 Febr 2016 - NG Kerk Durbanville-Bergsig€¦ · Koop jou klaar poeding by die kerk. Indien daar nog gemeente dames is wat kans sien om ... nog nie is nie. By die geleentheid

21 Februarie 2016 1 Februarie 2016

NUUSFLITS:

• 23 Febr: Nuwe medewerker verwelkoming

• 25 Febr: Seniors

• 26 Febr: Straatuitreik

• 26 Febr: Belydenisnaweek

• 28 Febr: Nagmaal

• 1 Maart: TGIF Vroue-aand

• 4 Maart: Wêreldbiddag vir vroue

• 6 Maart: Doop, Frontida besoek Bergsig

• 7 Maart: Kerkraadsvergadering

• 8 Maart: Kix kwartaalafsluiting

• 12 Maart: PLAASFEES

Bergsig Boodskap

PASSION WêRELDTOER Kaapstad

08:15 Klassieke diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager

Deuroffer: Gemeentehulpfonds

10:00 Informele diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager

GLOW Kidz (Saal) Bea Pretorius

19:00 Aanddiens Arno Mattheus

28 Februarie 2016, Vierde Lydensweek, NAGMAAL

Ver leen onders teun ing aan

hulpbehoewende gemeentes wat

vanweë verminderde lidmaattalle,

natuurrampe, ontvolking en swak

sosio-ekonomiese toestande nie

meer hulle begrotings kan laat klop

08:15 Klassieke diens Ouditorium Wynand Breytenbach

Deuroffer: Gemeentebediening

10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Eric Swanepoel

GLOW Kidz (Saal) Mizelle Prinsloo

19:00 Aanddiens Brian Huddleston

21 Februarie 2016, Derde Lydensweek

Verlede week het ons ’n

hele paar geestelike hoog-

tepunte rondom ons beleef.

Bergsig was goed verteen-woordig by die ‘Passion’

wêreldtoer. Ons sien Arno

Mattheus, Simoné Boehme,

Corlien Zweers en Johan

Els op die foto links.

Op die foto regs sien ons

Heidi Botes, Lourens Oli-vier, Johan van Tonder,

Ludi Erasmus en Juanita

Fourie. Hul het baie be-

langrike posisies beklee by

die geleentheid as hoof-

kontrole beamptes by ingange. Soos Juanita sê,

sy het soos ’n FBI agent

gevoel en dit was heerlik

om daar te bedien met ’n glimlag.

Brad Huddleston tree va-naand op by die 19:00 diens.

Brad reis regoor die wêreld en lewer sy getuienis by kampusse, skole en kerke. Hy is gereeld op TV en radio.

Hy het onlangs op Carte Blanche met Derek Watts ’n onderhoud gehad oor die invloed van die digitale wêreld op mense. Hy sê: “Your smartphone, tablet and computer can be powerful tools to help you...or not. The choice is yours.” Maak die keuse m.b.v. Brad se praat-jie. Woon gerus by.

Opelug-Valentynspiekniek & lofprysing

“What’s the difference between half a line of cocaine and an hour

playing a video game? Nothing, as

far as your brain is concerned.”

Page 2: BB 21 Febr 2016 - NG Kerk Durbanville-Bergsig€¦ · Koop jou klaar poeding by die kerk. Indien daar nog gemeente dames is wat kans sien om ... nog nie is nie. By die geleentheid

Bergsigprojekte oor grense

BENODIG U ’n HUISHULP/TUINMAN? Ons doen “screening” in samewerking met MES by die

sopkombuis. Ons volg die verwysings op en maak seker daar is geen oortredings nie.

Ons kan u van hulp wees teen ’n mininale donasie.

Vir meer inligting bel Niel Kotze by 076 400 8392 of

e-pos: [email protected]

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke

wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Bergsigprojekte op ons voorstoep

BETESDA BOEKRAK

Die Betesdaprojek vir gestremdes verkoop goeie tweedehandse boeke en DVD’s teen goeie pryse.

Gemeentelede kan gerus hiervan aankoop. Hoe meer gereeld jy by die boekrak ’n draai maak, hoe groter is

jou kans om die nuutste fonds op te raap. Die boekrak is te vind in die vertrek op-pad na die

dames kleedkamer en boeke kan heel week gekoop word.

UITREIKPROJEKTE

Indien u belangstel om nuwe projekte te begin, of graag wil inskakel by bestaande projekte, skakel die uitreike-

kantoor deur die loop van die week.

Ons kort ook vrywilligers by die House of Grace-projek.

Attie van Wyk Laerskool

Ons is besig met ’n “fleece-kombersie” projek. As daar ie-

mand is wat ons kan help met die skenk van klein “fleece” kombersies (1.25m x 1.25m)

sal ons dit baie waardeer.

Skenkings kan nog tot 15 Mei by die kerk afgelewer word.

Ons het ook vier GROOT plastiekkratte met wiele nodig vir

die stoor van die “fleece kombersies” in

elke klaskamer.

Dankie dat ons julle kan vra, Bergsig-maters!

Betesda Projek vir gestremdes:

Die inwoners van die huis vir gestremdes in Uitzicht benodig nog een persoon vir twee dae wat kan help om hulle daaglikse etes te gaan oplaai by Huis Aristea. Die leë houers word opgetel by Uitzicht. Die kos word dan by Huis Aristea opgelaai (in die leë houers verpak) en weer na die Uitzicht huis geneem sodat die gestremdes kan eet.

Vir meer inligting kontak Gavin Bradshaw by 021 9791490.

‘n Span van Bergsig gaan ons SA sendelinge in same-werking met Kingfisher bedien gedurende die Junie/Julievakansie in Thailand.

Die gemeente het die behoefte om meer daadwerklik te ondersteun en te bemoedig. Met hierdie begeerte in ge-dagte is die leiding van ons Here ontvang om vanjaar sendelinge daar te gaan besoek en vir hulle tot seën te wees.

Ons wil nie net sendelinge daar bemoedig en blootgestel word aan hul werksaamhede nie, maar wil na hul luister, saam met hulle bid, dink en inbou in hul lewens - hulle tot diens wees.

Kingfisher reis ook al jare saam met Bergsig gemeente en is genader om as deel van die besoek 'n ruimte te skep vir toerusting en fasilitering.

Ons wil dus graag 'n driedag werkswinkel aanbied waarin ons saam dink, na mekaar luister en in die Woord gaan delf - die Heilige Gees gaan vertrou vir die pad vorentoe. Ons wil in Jesus se voetspore volg in Thailand en getrou aan Sy woord, Sy liggaam daar wees en Sy lig laat skyn. Ons ver-trou die Here om saam te ontdek, vir inspirasie en ge-fokusde strategieë uit Sy hart.

Daar is nog een plek beskikbaar op die span vir ‘n persoon wat wil saamgaan. Kontak die uitreike kantoor indien jy be-langstel.

Kostes en finale detail moet nog gefinaliseer word.

Fondse vir Thailand uitreik: As jy bietjie lui is vir kosmaak op ’n Vrydagaand …. be-stel jou kerrie en rys by Annamaré teen Woens. middag 13:00 by [email protected] (R15.00 per bakkie).

������������

Daar is ook by Akoord in die binnehof Poedings beskikbaar vir R30. Vier groot porsies en ses kleiner porsies per bakkie. Sondagmiddagete poeding is nou vir jou uitgesorteer. Koop jou klaar poeding by die kerk. Indien daar nog gemeente dames is wat kans sien om vir ons poedings te bak of te maak, kontak asb vir Annamaré.

André en Marina (ons Frontida sendeling egpaar in Thai-

land) besoek Bergsig in Maart en April. Hulle woon op 6

Maart die eredienste by, indien gemeentelede wil kom groet.

Hulle is dan ook gereed om afsprake na te kom by omgee-groepe ens. Kontak asb vir Marina by +66 ( 0 ) 94 980 2311

op Whatsapp om ’n besoek-datum te reël, of e-pos haar by:

[email protected]

Waarvoor moet ons vir hulle bid?

* Alhoewel dit “winter” is, is die nagtemperature steeds on-

geveer 26 grade, dus is die Oliviers redelik uitgeput en sonder energie op die oomblik. Ons vra voorbidding vir hulle

vir hernude krag en energie.

* Die Baht het ‘n nuwe laagtepunt bereik van 2.03 teenoor

die Rand. Kom ons vra die Here om ook Sy Hand oor die

geldeenhede te hou, en Marina en André genadig te wees wat dit betref.

FRONTIDA SENDELINGE BESOEK SUID-AFRIKA

Page 3: BB 21 Febr 2016 - NG Kerk Durbanville-Bergsig€¦ · Koop jou klaar poeding by die kerk. Indien daar nog gemeente dames is wat kans sien om ... nog nie is nie. By die geleentheid

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap B ladsy 3 Bergs ig Boodskap

Voorbidding

Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te

word of e-pos na: [email protected]

KNIELTYD: 21 Februarie

Geestelike versorging vind in Kleingroepe plaas. Dit is ’n kring waar ons geestelike vraagstukke kan bespreek, maar mekaar ook kan ondersteun.

Ons dra ons kleingroep-bediening in Bergsig op aan God ons Vader.

Ons nooi ook lidmate om in te SKAKEL BY ’N BERGSIG KLEINGROEP!!!

Juanita Fourie die klein-groep koördineerder en Ds. Johan Els reël vir 17 April na die oggenderedienste ’n byeenkoms vir almal wat belangstel om in ’n kleingroep te wees maar

nog nie is nie. By die geleentheid gaan ons me-kaar beter leer ken en ge-sels oor die vorming van nuwe groepe.

Ons gaan ’n bring en braai hou. Lidmate bring eie vleis en drinkgoed en Bergsig ontvang jul met lekker slaaie, poeding en vure wat hoog brand.

Stuur ’n e-pos as jy die geleentheid wil bywoon:

[email protected]

(Ons sal graag wil weet hoeveel mense beplan om te kom sodat ons die regte hoeveelheid slaai kan bes-tel.)

Wêreldbiddag vir Vroue

4 Maart by NGK Sonstraal gemeente om 10:00

h.v. Tulip– en Hebronstraat

Ons bid vir kleingroepe

NAAM ADRES REDE BID VIR

Erik Botes 084 676 5917 Motorfietsongeluk Herstel en bemoediging

Marina Conradie Fairtrees 14, 021 976 3784 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Mara van Zyl Fairtrees 72, 021 976 2921 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Marguerite Smit en kinders Stilbaai Teyo oorlede Troos en bemoediging

George Kruger Crestview 9, 083 743 5086 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Alouette Kühn De Keurlaan 37, 021 975 3511 Kanker Herstel en bemoediging

Pieter Swart Blanc de Noir 29, 082 863 1826 Aangerand Herstel en bemoediging

Leon en Karin Theron Wanderersslot 9, 072 326 5900 Motorongeluk + operasie Vinnige herstel

Pierre Cloete (seuntjie) Crownsingel 2, 021 976 0055 Negatiewe diagnose Bemoediging

Alida Nel La Gratitude 25, 082 554 9904 Voortdurende pyn. Verligting van pyn

Tania de Villiers (Amerika) Dogter van Doreen de Villiers Kanker Herstel en bemoediging

Maan Lötter Joosfontein Plaas, 083 658 7956 Kry tans bestraling Herstel en bemoediging

Hennie en Cora Kotze Terrace Du Ville 14, 021 976 0562 Gesondheidsprobleme Herstel en bemoediging

Koba Pieterse Lisbonstraat 1, 082 371 2542 Kanker Herstel en bemoediging

Dirk Castens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging

Etienne Warricker Vierlandenstraat 18, 021 976 0282 Kanker terug Volkome herstel

Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging

Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging

Hester Hayes 082 528 8599 Mediese behandeling Troos en bemoediging

BID VIR DIE PLAASLIKE SAPD VIR KALMTE EN BEMOEDIGING (Hulle is onder geweldige druk a.g.v. toenemende misdaad.)

Bid vir Bergsig kinders wat antwoorde soek op geestelike en emosionele gebiede.

Persone met verslawingsprobleme. Ons bid vir bevryding, wysheid en insig.

Persone in gemeente met huislike probleme. Ons bid vir versoening en geluk.

Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig.

Bid vir die Regering en leiers van ons land.

Bid vir bekering van misdadigers en geweldenaars in ons omgewing en land.

Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106

Page 4: BB 21 Febr 2016 - NG Kerk Durbanville-Bergsig€¦ · Koop jou klaar poeding by die kerk. Indien daar nog gemeente dames is wat kans sien om ... nog nie is nie. By die geleentheid

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap B ladsy 4 Bergs ig Boodskap

Program vir die week:

BERGSIGVROUE

8-10 April VROUEKAMP

Plek: Mizpah Grabouw

Koste: R700pp (R350 deposito)

Tref afbetalingreëlings met Karin Bosman 082 921 9794. Kampregistrasie kan ook aanlyn plaasvind by www.bergsigdv.co.za/algemeen/vorms/kampe

Tee vir Thailand

A-Koord verkoop weer vanaf Febr. koffie, tee en ’n

eet-dingetjie in die binnehof na afloop van beide oggenddienste.

Die wins van die verkope is ten bate van die uitreik

tydens Junie/Julie vanjaar na Thailand.

Tee R5, Koffie R10, Doughnuts R2/R5 Kom kyk gerus wat die koek van die dag is!

As jy sou wou kom help, kom gesels gerus met

Oswald of Heidi ... Ons het jou hande nodig.

Bergsig het geestelike boeke aangekoop wat te koop is.

Daar is ook boeke wat op uit-leenbasis beskikbaar is.

Laastens is daar ook titels oor verskeie onderwerpe wat op

bestelling beskikbaar sal wees.

Kontakpersoon: Juanita Fourie kleingroepe@

bergsigdv.co.za

Daar is 20 EK GLO boeke

@ R100 stuk te koop by die kerk. Die oorspronklike prys

is R149.99 by CUM boeke.

Die boek dek kwartaal 2 - 4

se veldtog preekreekse.

Juanita Fourie sal in die

binnehof wees indien jy voor-

af jou boek wil aankoop.

Die glowKIDZ juniorjeug bediening

leef hul nuwe identiteit en tema in

volle vaart uit. Om hul lig verder te laat skyn is t-hemde met die be-

diening se identiteit beskikbaar om

aan te koop. Jou kind kan saam gloei

in ’n t-hemp teen R70 en die volwas-senes wat wil saam gloei kan een

aankoop teen R100.

Bestellings & betalingsbewys by Bea:

[email protected]

BELYDENISNAWEEK 26-27 FEBRUARIE

Die Belydenisnaweek word by ons gemeente aangebied vir graad 11 leerders.

Navrae: Ds. Johan Els by [email protected]

Ons vra julle voorbidding asb.

Durbanville/Bergsig

Seniorgroep Ons vergadering vind plaas op

Donderdag 25 Febr. by Bergsig.

Die spreker is Dr. Willie van Rooyen leraar by Vredelust gemeente. Die

tema is “Super bo 60”

Lede wat die uitstappie na Houtbaai op 31 Maart meemaak moet onthou om hul R70 pp by die geleentheid

te betaal.

Almal hou basaar:

27 Febr.: Sonstraal vanaf 9:00

(Curro Privaat skool, Sonstraalhoogte)

5 Maart - Kraaifontein-Noord vanaf 9:00

(Fanie Theron Laerskool, Bosmanstraat.)

Page 5: BB 21 Febr 2016 - NG Kerk Durbanville-Bergsig€¦ · Koop jou klaar poeding by die kerk. Indien daar nog gemeente dames is wat kans sien om ... nog nie is nie. By die geleentheid

Bladsy 5 Bergs ig Boodskap

Ons vra dat #elkEEN deel word van die projek. Ons het Ons vra dat #elkEEN deel word van die projek. Ons het reeds iemand gekry om die waterbottels na die water-reeds iemand gekry om die waterbottels na die water-

punte te vervoer. Bring bottels water (gekoop of kraan) punte te vervoer. Bring bottels water (gekoop of kraan) en help om ’n verskil te maak aan die noodgeteisterde en help om ’n verskil te maak aan die noodgeteisterde

droogtegebiede.droogtegebiede.

Bel Bea met navrae: 082 924 1151Bel Bea met navrae: 082 924 1151

Ons het al R623 730-00 ingesamel. Help ons asb. om die mikpunt te bereik. Ons kort nog R30 000.

Durbanville-Bergsig eer God vir sy voorsiening

en as die Een wat alles onderhou in die Skep-

ping. Dankie aan elke lidmaat wat so getrou hulle

dankoffers gee om in Sy koninkryk aan te wend!

Koeverte en ander inbetalings is steeds welkom tot einde Febr. 2016 vir die Koninkrykbestuursveldtog.

Gebruik ook Zapper of Snapscan vir jou bydrae. Elke bydrae klein en groot maak ’n verskil.

Elke 100 verteen

woordig R

100 000

Koninkrykbestuursveldtog

Een maal ’n jaar rol Bergsiglidmate hul moue op en ons GAAN GROOT! Oor drie weke hou ons plaasfees!

Ons besef die jaar het met ’n geweldige spoed weggespring en dat ons almal nou eers tot verhaal kom. Ons maak staat op julle hulp en neem die vry-moedigheid om ons behoeftes bekend te maak met groot dankbaarheid.

Plaasfees potte as middagete:

• Groepe wat hoenderpotte kan kom maak (verras ons met jou eie wenresep)

• Hout of Charcoal

• Twee mense wie by die betaal-punt van die potte kan uithelp.

GEBAK & Koffie‘shop’:

Bied asb. jou baktalent aan en help ons om die Koffie‘shop’ se rakke te vul.

• Soutterte,

• Lemon Meringue

• Vlaskywe

• Brood

• Ham / Gesny

• Botter

• Hulp “CHIPS” stalletjie:

• Ons het 3 x 20 liter Crispa Gold olie nodig @ R350.00 (of donasie) Dit kan net die spesifieke olie wees sodat dit egalig warm bly asb.

Skenkings:

Hoender en skaapvleis

Vandag is daar ook kans om na die ere-dienste jou hulp aan te bied. Ontmoet die verskeie konvenors buite en help hul taak makliker maak asb.

Bel Nelda as jy kan help 083 235 1400.

Koop ook jou computicket kaartjie vooraf sodat jy nie op die dag in lang rye staan nie.

Mans mag ook bak en vroue mag ook potjiekos maak. As jy vir 1 uur op die dag kan help is ons bly en ons deel jou in waar jy verkies om te werk. Bel vir Ilse as jy ons kan help by 082 376 3236.

Nou beskikbaar

Durbanville PlaasfeesTM benodig hulp vanuit gemeente

• Hier is Louise Lategan en Xolani Mboxo, van Premier Concrete Floors, wat help om water vanaf Bergsig na drooggeteisterde areas te vervoer. Die water wat Donderdag opgelaai is word Sa-

terdag met dertig 4x4 bakkies met waentjies vervoer na Loeriesfontein.

• Uitzicht Spar het vir ons reeds 387 x 5 liter bottels water gegee en dit is net die begin. Elsa Jansen van Body Fuel Express in Pinehurst het vir ons 30 x 5 liter water geskenk.

• As gemeente het ons al amper 1000 liter water ingesamel.

Ons wil vir elkeen vreeslik dankie se vir jul oop harte en oop krane!

Page 6: BB 21 Febr 2016 - NG Kerk Durbanville-Bergsig€¦ · Koop jou klaar poeding by die kerk. Indien daar nog gemeente dames is wat kans sien om ... nog nie is nie. By die geleentheid

NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure

H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106

Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606

S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]

[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za

Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers