bb 2-16 april 2017 - bergsigdv.co.za

6
Bergsig Boodskap 2 - 16 April 2017 NUUS: NUUS: NUUS: NUUS: 2 April: Doop 9 April: Dag van Verootmoediging 17 April: Gesinsdag 18 April: Skole Open 22 April: Betesda-mark 22-23 April: Vrouekamp 27 April: Vryheidsdag 28 April: Skole-vakansiedag 09:00 Familiediens Ouditorium Ds. Philip Scholtz Deuroffer: Hospitaal- bearbeiding 2 April 2017, 2 April 2017, 2 April 2017, 2 April 2017, 6de LYDENSWEEK 6de LYDENSWEEK 6de LYDENSWEEK 6de LYDENSWEEK 09:00 Familiediens Ouditorium Pieter Henning Deuroffer: Borg-’n-Kamer 9 April 2017, 9 April 2017, 9 April 2017, 9 April 2017, 7de LYDENSWEEK 7de LYDENSWEEK 7de LYDENSWEEK 7de LYDENSWEEK 19:00 Lydensnagmaal Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo Tema: Tafel Spesiale offer: Radio Kansel 13 April 2017, Donderdagaand 13 April 2017, Donderdagaand 13 April 2017, Donderdagaand 13 April 2017, Donderdagaand LYDENSNAGMAAL LYDENSNAGMAAL LYDENSNAGMAAL LYDENSNAGMAAL Attie van Wyk hou partytjie ’n Groepie vrouelidmate van Bergsig is elke Woensdag betrokke by Attie van Wyk plaasskool met meer as 300 leerders. Die week het hul heerlik par- tytjie gehou vir die kinders wat die afgelope kwartaal verjaar het. Op die foto is die ouer grade se kinders besig om uitbun- dig vir die kamera te glimlag. Dit is wonderlik dat die kinders deur ons gemeente bederf kan word. Ons bid seën toe op die Koninkryksprojek. 09:00 Erediens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo Tema: Kruis Spesiale offer: Radio Kansel 14 April 2017, 14 April 2017, 14 April 2017, 14 April 2017, GOEIE VRYDAG GOEIE VRYDAG GOEIE VRYDAG GOEIE VRYDAG 09:00 Familiediens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo Tema: Graf Deuroffer: Japan-sending 16 April 2017, 16 April 2017, 16 April 2017, 16 April 2017, PAASFEES PAASFEES PAASFEES PAASFEES STRAATUITREIK Gloudina Bezuidenhout en ’n groepie tieners is hier te sien tydens die straatuitreik wat op 24 Maart plaasgevind het. Met straatuitreike bereik die uitreikers nie nood- wendig net mense in nood nie, maar ook die gewone dorpenaar wat op ’n Vrydagaand ie- wers heen op-pad is. Ons bid saam met die mense. Die straatuit- reike is deel van die hele proses van die sentrum van hoop / sopkombuis, want so verwys ons mense om deel van die sisteem te raak. Lees meer op bladsy 2 van die sopkombuis wat onlangs na die D4J sentrum van hoop oorgeskakel is.

Upload: others

Post on 16-Oct-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Bergsig Boodskap 2 - 16 April 2017

NUUS:NUUS:NUUS:NUUS:

2 April: Doop 9 April: Dag van Verootmoediging 17 April: Gesinsdag 18 April: Skole Open 22 April: Betesda-mark 22-23 April: Vrouekamp 27 April: Vryheidsdag 28 April: Skole-vakansiedag

09:00 Familiediens Ouditorium Ds. Philip Scholtz

Deuroffer: Hospitaal-

bearbeiding

2 April 2017, 2 April 2017, 2 April 2017, 2 April 2017, 6de LYDENSWEEK6de LYDENSWEEK6de LYDENSWEEK6de LYDENSWEEK

09:00 Familiediens Ouditorium Pieter Henning

Deuroffer: Borg-’n-Kamer

9 April 2017, 9 April 2017, 9 April 2017, 9 April 2017, 7de LYDENSWEEK7de LYDENSWEEK7de LYDENSWEEK7de LYDENSWEEK

19:00 Lydensnagmaal Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo Tema: Tafel

Spesiale offer: Radio Kansel

13 April 2017, Donderdagaand13 April 2017, Donderdagaand13 April 2017, Donderdagaand13 April 2017, Donderdagaand LYDENSNAGMAALLYDENSNAGMAALLYDENSNAGMAALLYDENSNAGMAAL

Attie van Wyk hou partytjie ’n Groepie vrouelidmate van

Bergsig is elke Woensdag

betrokke by Attie van Wyk plaasskool met meer as 300

leerders.

Die week het hul heerlik par-

tytjie gehou vir die kinders

wat die afgelope kwartaal

verjaar het.

Op die foto is die ouer grade se kinders besig om uitbun-

dig vir die kamera te glimlag.

Dit is wonderlik dat die

kinders deur ons gemeente

bederf kan word.

Ons bid seën toe op die Koninkryksprojek.

09:00 Erediens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo

Tema: Kruis

Spesiale offer: Radio Kansel

14 April 2017, 14 April 2017, 14 April 2017, 14 April 2017, GOEIE VRYDAGGOEIE VRYDAGGOEIE VRYDAGGOEIE VRYDAG

09:00 Familiediens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo

Tema: Graf

Deuroffer: Japan-sending

16 April 2017, 16 April 2017, 16 April 2017, 16 April 2017, PAASFEESPAASFEESPAASFEESPAASFEES

STRAATUITREIK

Gloudina Bezuidenhout

en ’n groepie tieners is

hier te sien tydens die straatuitreik wat op 24

Maart plaasgevind het.

Met straatuitreike bereik

die uitreikers nie nood-

wendig net mense in nood nie, maar ook die

gewone dorpenaar wat

op ’n Vrydagaand ie-

wers heen op-pad is.

Ons bid saam met die mense. Die straatuit-

reike is deel van die

hele proses van die

sentrum van hoop / sopkombuis, want so

verwys ons mense om

deel van die sisteem te

raak.

Lees meer op bladsy 2 van die sopkombuis wat

onlangs na die D4J

sentrum van hoop

oorgeskakel is.

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

Bergsigprojekte oor grense

BETESDA-BOEKRAK

Baie dankie vir almal wat die projek/mark so mooi onder-steun! Die Betesdaprojek vir gestremdes verkoop goeie

tweedehandse boeke en DVD’s teen billike pryse. Gemeen-

telede kan gerus hiervan aankoop. Hoe meer gereeld jy by

die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou kans om die nuutste fonds op te raap. Die boekrak is te vind in die ver-

trek op pad na die dameskleedkamer.

Boeke kan heelweek gekoop word.

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Bergsigprojekte op ons voorstoep

Vanuit die Uitreikkantoor ...

BEHUISING DRINGEND GESOEK:

’n Lidmaat soek baie dringend behuising. Bel asb. vir An-namaré as jy hiermee kan help.

Dis ’n dame met ’n jong volwasse dogter. Baie, baie goeie huurders. Woonstel / kothuis / tuinwoonstel of selfs indien u ’n alleenlopende ouer persoon is wat iemand in u huis wil neem om te deel.

UITREIKHULP: Die naaldwerkuitreik bars uit sy nate! Ons benodig dringend hulp Maandae 9:00-13:00 te Morningstar. Jy hoef nie baie te weet van naaldwerk nie. Skakel Dale 021 -976 3275 of 082 353 8260.

KLEREPROJEK: ONS BENODIG DRINGEND NUWE HANDE!! Sandra wil na baie jare by die projek aan die einde van hierdie jaar “aftree”. Kom kyk asb. of jy hier tot diens kan wees. Bid saam met ons oor hierdie uitreikgeleentheid.

DURBANVILLE KLINIEK: Ons soek nog mense wat kan help om brode te smeer vir

persone wat medikasie moet neem. Kontak asb.. die kantoor

as jy kan help. Omtrent so eenkeer per kwartaal.

STRAATUITREIK: 6 Mei om 8:30 - 12:00 vanaf die Soter kerk in Parow. Daar

word spesifiek onder die m*slems uitgereik. Meer inligting volg na die vakansie.

PAKISTAN:

Skakel Ds. Schalk om sy getuienis oor Pakistan met julle te kom deel by 081 423 9418. Hulle benodig baie gebed en ondersteuning vir die Bybel Kollege in Pakistan.

Dit is al byna 20 jaar wat die

gemeenskap van Durbanville vir

die hawelose mense op ons strate kos verskaf deur middel

van die sopkombuis. Met ons

destydse Jesus Can projek en

huis, het Lee Sives en haar

span ongeveer 30 mense deur die jare vanaf die strate gereha-

biliteer en terugbesorg in die

gemeenskap of terugbesorg by

hulle families.

Meer onlangs het die kerke besluit om hande te vat met

MES, wat al ongeveer 8 jaar

werksaam is met straatmense in

Bellville en Parow.

MES se leuse is “change the

heart of the city”. Hulle werk hoofsaaklik deur uitreike,

maatskaplike hulp, geestelike

insette, die GROW (job rehabili-

tation) program, arbeidsterapie,

hulp uit met behuising (Shelters) en ook opleiding met die beoog-

de plasing in werk.

Om vir iemand op straat iets te

gee om te eet, is die mees ba-

siese wat ons kan doen. Ten

einde hulle menswaardigheid te herstel, skakel MES hulle dan in

by die GROW program. Hulle

sal strate vee, onkruid verwyder,

motors oppas, pamflette ver-sprei, ens. Hulle kry ’n klein

daaglikse toelaag vir hierdie

werk, sodat hulle vir hulself kos

en die nodigste kan koop. Hulle

word verder gehelp om ID’s te kry.

MES werk nou in vennootskap

met die D4J kerke in Durban-

ville. Hulle help met die

maatskaplike dienste en die

GROW program in Durbanville. Ons straatmense is gewoond

om die sop gratis te kry, en ons

inwoners van Durbanville gee

ook nog baie maklik geld vir

persone wat bedel. Daarom skakel straatmense nie so goed

in by die programme van MES

nie. Hulle kry nog alles verniet

en het nie nodig om ’n teenpres-

tasie te lewer nie.

Ander voorstede het begin om die koeponstelsel te imple-menter. Dit impliseer dat ’n per-

soon wat by die sopkombuis

opdaag, of ’n sopkoepon moet hê, óf R5, of in geval van abso-

lute nood kan die maatskaplike

werkers ook help.

Ons sopkombuis het 20 Maart

oorgeskakel na hierdie metode.

Die projek vorm ook deel van

die Stad se “Gee Verant-woordelik Veldtog”.

Indien u ’n boekie met koepons koop, kan u die koepon gee vir enige straatpersoon wat bedel, ook persone by robotte. Daar staan geskryf in die boekie waar hulle oral kan sop kry. U kan ook boekies koop en vir die maatskaplike werker van MES gee, sodat sy honger persone in nood van ’n koepon kan voor-sien as sy met hulle ’n gesprek gehad het.

Een koepon kos R5 en ’n boekie kos R50. U kan dit in u motor hou, en uitdeel soos persone u nader vir geld. Alle wins wat gemaak word met die boekies, word weer teruggeploeg in die dienslewering aan ons eie men-se op straat. Koop gerus u boekie by Bergsig kerkkantoor of by die Green Grocer.

Enige iemand wat wil betrokke raak by die sopkombuis kan gerus die kerkkantoor bel.

D4J sentrum vir HOOP

Liewe Bergsig Gemeentelede,

Dit is met dankbare harte dat ons weer soveel ontvang het van hierdie gemeente, van volwasse tot bababenodighede. Sakke en

sakke vol wat uitgedeel word aan behoeftiges wat dankbaar is. Die baba-items is so welkom - kombersies, babygrows, truie, frokkies, ens . Ons voel hoe die winter nader kruip, en waardeer so die vrygewigeid van elke persoon wat so mildelik liefde aan hul naaste bewys deur al die donasies. Baie, baie dankie! Dis

soos Kersfees in Maartmaand.

Ann O'donovan Convenor - Precious Treasures.

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

Voorbidding

Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]

Op Palmsondag word Je-

sus se intog in Jerusalem

herdenk (dié jaar op 9 April).

Heilige Donderdagaand

vind op 13 April plaas

wanneer ons die

Lydensnagmaal vier. Dit herdenk Jesus se laaste

ete met sy dissipels.

Goeie Vrydag is 14 April.

NEHEMIANEHEMIA

Die muur was klaar in 52 daeDie muur was klaar in 52 dae

NEHEMIA: Leesrooster vir tweede kwartaal

Onder groot druk, in moeilike omstandighede word die muur

van Jerusalem herstel, herbou en versterk. Nie op die ma-

nier hoe mense dit sou doen nie, maar soos God bou.

Die storie vat ons van moeilikheid tot triomf.

TGIF Mannekamp 19 – 21 Mei 2017 Voel jy soms soos ’n brander in die see wat deur wind heen en weer gedryf word soos in Jakobus 1:6?

Kom kuier die naweek saam by Boegoeberg en ontdek die storie van jou lewe saam met ….

• My God

• Myself

• My gesin

• My vriende

• My gemeente

• My land en al sy mense Hou asb die BB dop vir verdere reëlings rakende kostes en ook vooraf “huiswerk” wat gedoen moet word.

Sou jy belangstel, stuur asb ’n e-pos na een van die vol-gende persone en ons hou jou via e-pos op datum:

Leon Grobler [email protected]

Johan Els [email protected]

Oswald Opperman [email protected]

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

Die Betesda Uireikprojek vir Gestremdes van Bergsig hou hul volgende maande-likse mark op Saterdag 22 April 2017 by Bergsig se Kerksentrum van 8:30 - 14:00. By die mark word al die boeke en CDs vir R10.00 elk verkoop. Daar mag ’n persepsie bestaan dat die prys van R10.00 daarop dui dat die boeke nie in ’n goeie toestand is nie, die teendeel is egter waar. Ons het ‘n groot voorraad boeke. Fiksie, nie-fiksie, geestelike, koffietafel en dan is daar kook, bak, selfhelp, kinder-boeke, boeke wat lank nie meer in druk is nie en boeke wat baie onlangs publiseer is. Daar is ook kuns- en handwerk, pannekoek, pasteie, soetigheid, koffie en tee te koop. Die Betesda projek onder-steun inwoners van Huis Masonic vir persone met kwadruplegie in Ga-zellestraat Uitzicht. Die sewe inwoners van hierdie selfsorghuis is verant-woordelik vir al die uitgawes van die huis wat hul ver-sorgers se salarisse insluit. Die meeste van die in-

woners se inkomste is slegs die Staat se ongeskikheid toelaag. Adri Cloete se Yarden Chil-

dren’s Enrichment Centre (f) in Vierlanden versorg tans 5

kinders met ernstige en di-

epgaande intellektuele en

fisiese gestremdhede in haar motorhuis in

Crownstraat Vierlanden.

Die kinders ontvang ver-

sorging en terapeutiese in-grypings soos voorgeskryf

vir die kinders deur die

ouers en/of terapeute.

Die projek finansier ook

PerdePret (f) ‘n terapeutiese

aktiwiteit met perde. Kinders van Durbanville Kinderhuis

en volwassenes en kinders

uit die gemeenskap met ‘n

intellektuele, emosionele of fisiese beperking neem aan

die aktiwiteit deel.

Indien u boeke, DVD’s of CD’s wil skenk kan u dit by die Bergsig kerksen-trum aflaai of ons sal dit by u afgehaal. Vir meer inligting oor die projek en die mark skakel Hans Human by 082 549 0518.

Verantwoordelikhede:

Algemene sekuriteit / Oop- en toesluit van kerkgebou en fasiliteite

Voorbereiding vir eredienste, vergaderings en ander geleenthede

Verhuring en toekenning van lokale

Instandhouding en skoonmaak van terrein, geboue en toerusting

Toesighouding oor werkers

Vereistes:

Matriek

Basiese instandhoudingsvaardighede

Goeie menseverhoudinge en kommunikasie

Rekenaarvaardig

Belangstellendes kan hul aansoeke rig aan die Voorsitter: Diensverhoudinge by [email protected]

Die huidige posbekleër kan ook weer aansoek doen vir die pos.

Sluitingsdatum: 14 April 2017

BOEKE VIR BETESDA Vakature: Fasiliteitebeampte

Bladsy 5 Bergs ig Boodskap

Authentic Manhood begin 25 April 2017 om

19:00 in die jeuglokaal:

Authentic Manhood hanteer vrae soos:

•Wat is ’n man se kernidentiteit ? •Dit gee 'n oorsig van basiese manwees-kwessies deur te kyk na die beeld van manwees op ’n individuele vlak •Hoe kweek ek gesonde verhoudings met: gesin, vriende, kollegas? •Wat is die Bybelse definisie van ’n man? •Waarvoor leef en staan ek? (Wat is my doel?) •Hoe bou ek ’n ondersteuningsnetwerk? •Hoe hanteer ek my wonde? Om bg. prakties te maak, ontwikkel jy jou persoonlike man-likheidsplan. Wanneer mans met Bybelse oë na hulself kyk, raak dit mak-

liker om die wêreld se druk en verwagtinge te hanteer.

Kontak vir Schalk Basson 082 497 4663 vir meer inligting.

GEMEENTE-BYBELSTUDIE VIR SENIORS Die aanvanklike groep het besluit op twee-weeklikse Bybel-studie in skoolkwartale, Dinsdae 09:30. Dit word gelei deur dr. Kobus de Jager by Bergsig. Enige senior lidmaat kan enige tyd aansluit om saam te kom groei en mekaar ook

sommer te geniet. Die datums tot einde Junie is: 18 Apr, 2 Mei, 16 Mei, 6 Jun, 20 Jun.

Kom sluit gerus enige tyd aan!

Skakel met die Kerkkantoor of dr. Kobus (083 230 7124) indien u belangstel om in te skakel.

Bel Ben by 084 364 7342 / [email protected]

ZAPPER & SNAPSCAN Bergsig het Zapper en Snap-scan as betaalmetode geïmplementeer om bank-kollektes en dankoffers te be-taal.

Laai gerus die applikasie op jou

selfoon af. (Dit is handig oral

waar mens gaan en ’n slimfoon

gebruik om betalings te maak.)

Die Zapper en Snapscan blok-

kies is by die ontvangstoonbank aangebring asook teen die

glasvensters op pad na die

binnehof vir maklike gebruik.

Bel Pieter Henning, indien daar

navrae is, by 021 976 4106.

Geniet die gerieflike betaalka-naal. Ons sien reeds hoe mak-lik dit nou vir mense is om hul bydrae te maak.

Foto: Abrahams-

kraal (verblyf).

Hierdie is die 6de toer. Nog plek vir ’n

paar fikse fietsryers.

Daar is reeds R480 000 ingesamel die vorige 5 jaar.

NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure

H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106

Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606

S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]

[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za

Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers

Vir meer inligting: http://angusbuchan.co.za/its-time/ & https://itickets.co.za/events/378763.html (kampeer omliggende plase)

Bespreek by Leon Grobler 084 6101 739 om jou plek op die Bergsig-bus te bespreek.

HUISGELOOF

BOUBOKS In die begin van die jaar is

daar van die Huisgeloof

Boubokse verkoop. Dis ’n boks wat elke huis kan ge-

bruik om saam hulle geloof te bevorder. Die huis is die

primêre plek vir geloofsvorming en daarom gee ons vir elke

huis “tools” om saam rondom die Woord stil te word.

Die Bouboks word vanjaar nie net tuis gebruik om huis-geloof te bevorder nie, maar word deur die jaar ook in

gesinsdienste bespreek en verduidelik.

Daar is nog van die bokse beskikbaar teen R50 indien jy

belangstel om een aan te koop.

Vir die 170 gesinne wat reeds ’n boks aangekoop het: lees gerus hiernaas hoe om die volgende item wat in

die boks geplaas word self te maak deur die stappe te volg. Dit vorm deel van Paasfeessimboliek. (Oupas en

oumas jul kan dit saam met kleinkinders doen.)

Ons is opgewonde om hierdie jaar saam met julle ANDERS

te bou aan jul geloof. Psalm 127:1

PAASFEES KRUISE Dit het jy nodig:

Rooi lint, Spykers, Stokkies

So maak jy:

Stap 1:

Knip die regte lengte lint en

kies hoeveelheid spykers.

Stap 2:

Besluit hoe groot jou kruis

gaan wees en neem twee

stokkies.

Stap 3:

Maak die twee stokkies vas

met rooi lint. In kruisvorm. Hou los punt van die lint

om die spyker vas te maak

sodat dit aan die kant hang.

Ons herdenk die kruisiging

van Jesus en bepeins sy lyding en wy ons opnuut

toe aan God.

Plaas jou kruis in die bou

boks as simboliek hiervan.

Maak meer as een van die simboliese kr�ise. Skr�f jou familie se name daarop en bid vir elkeen. Bid spesifiek dat hulle

hul sal ver�onder oor die kr�isiging as dié liefdesdaad van alle t�e (Rom 2) en dat hulle sal besef dat Jesus Christ�s

gesterf het sodat hulle kan lewe en ons mekaar kan g&oet: “Die Here het waarlik opgestaan uit die g&af!”