back to school - ng kerk vrystaat nuusbrief - 8 julie... · dit bied leiding aan persone wat...

1
MADELEIN NORTJE— “Armoede het ʼn spesifieke reuk – muf, rook en urine.” Dit is onder andere wat dr. Botha van Aarde van die Kerklike Maatskaplike Dienste Raad (KMDR) van die NG Kerk Sinode tydens ʼn werkswinkel oor strate- gieë vir die bekamping van armoede gesê het. Hierdie werkswinkel, wat in samewerking met Engo Vrystaat gehou is, het op Vrydag 19 Junie 2015 by NG Gemeente Ooshoek plaasgevind en is deel van die NG Kerk Vrystaat se 150ste verjaarsdagsvieringe. Die geleentheid is deur ongeveer 80 gemeentes bygewoon. Daar is opnuut besef dat armoedeverligng belangrik is, maar dat Engo en die meeste gemeentes reeds by die verligng van armoede betrokke is deurdat gepoog word om onmiddellike menslike behoeſtes soos kos, klere, skuiling en menswaardigheid aan te spreek. Die uitdaging is daarin geleë om armoede deur middel van bemagging te voorkom. Die term wat algemeen gebruik word, is Ukuba. Dit is ʼn Zulu-woord wat beteken “om te ontwikkel” of “to become”. Tydens die geleentheid is veral gefokus op vroeë kinderontwikkeling. Navorsing het reeds duidelik getoon dat kinders wat skoolgereed is, ʼn baie groter kans het om matriek te slaag en dus die siklus van armoede te breek. Madelein Nortje van Engo het ʼn prak- ese handleiding oor vroeë kinderontwikkeling voorsien. Dit bied leiding aan persone wat belangstel om by te dra tot die ontwikkeling van ʼn baba of kleuter of wat ʼn vroeë kinderontwikkelingsprogram by ʼn speelgroep of sentrum wil aanbied. Meer inligng is beskikbaar by [email protected] of www.ukuba.org.za. www.engo.co.za Vir ons Kinders 2015 E-Nuus Julie 2015 Sentrums kan hulle maandelikse nuus en foto’s vir die e-nuus elke maand na [email protected] stuur. 22 Van Heerden Road, Willows, Bloemfontein | 12552, Brandhof, 9324 t: 051 407 7222 | f: 051 525 2015 | [email protected] | www.engo.co.za 002-671 NPO Esther Brand was sedert 2009 'n inwoner van Engo se Ons Tuiste hier in Bloemfontein. Suster Lizee Jonker en die in- woners voel reeds die gat in die Groengang: "Sy was 'n trotse dame wat tot haar val nog alles vir haarself gedoen het. Ons sal haar as daardie trotse, onaanklike mens onthou." 'n 'Goue vrou' - het Volksblad oor haar berig. Engo eer haar vir haar prestasies, haar menswees en die invloed wat sy die laaste paar jaar in Ons Tuiste op soveel inwoners se lewens gehad het. Ons Tuiste se Mieliebrood 1 koppie mieliemeel Net meer as 1/2 kop volgraanmeel, gesif 1 teelepel seesout 2 teelepels bakpoeier 1 koppie karringmelk 1/4 koppie heuning 3 eetlepels gesmelte boer of olie 1 koppie gemengde dadels en pruime, gekap 1 eier (opsioneel) Metode Klits die eier, karringmelk,heuning en olie (of gesmelte boer) saam. Meng goed met die res van die bestanddele—gebruik ‘n elektriese klitser. Gooi die beslag in ‘n goed geoliede vierkange koek- pan en bak vir byna 30 minute teen 220°C. Hierdie resep maak ook 12 muffins. (Uit-en-Tuis Junie/Julie 2015) Luister na die volgende Vir ons Kinders- onderhoude hierdie maand op Rosestad (100.6 FM): 9 Julie om 13:15: Ds. Willem Botha oor Finansiering van dienste vir kinders deur Departement Maatskaplike Ontwikkeling 16 Julie om 08:15: Veronica Grunder, Chantelle en Johandi oor My lewe as ‘n kind in ‘n Kinder– en Jeugsorgsentrum. 23 Julie om 10:15: Magda de Beer oor aanneming. 30 Julie om 15:15: Hanna van Tonder en Maggie Breytenbach oor My taak en rol as kinderversorger. 14—18 Julie: Vrystaaees! Kom besoek die Engo- en Volksblad Ons Gee Om-tent oorkant Marjolein-koshuis! Daar gaan enigiets van tuisgemaakte sop en brood en kolwyntjies te koop wees. As jy nie kos wil hê nie, kom skop jou skoene by ons bonfire uit. Die Chevy Spark Campus en baie entoesiasese verkoopsdames en -here sal regstaan om Vir ons Kinders- kaartjies aan jou te verkoop. Moenie dit misloop nie! 25 Julie: Volksblad Kos– en Kunsmark by Loch Logan Mnr. Nelson Mandela het gesê: We pledge ourselves to liberate all our people from the connuing bondage of poverty, deprivaon, suffering, gender and other discriminaon. In die lig hiervan bied Engo Vrystaat lekker promosiegeleenthede op 18 Julie, Mandeladag, aan. Hoe raak ‘n individu of besigheid betrokke? 1) Jy vertel ons van jou blink idee en ons plaas jou by die sentrum waar jy op 18 Julie hierdie blink idee kan uitvoer. 2) Jy/jou besigheid neem ‘n huis/sentrum vir 67 minute aan, wat beteken dat julle ‘n gras diens/produkte (n.a.v. jou pe besigheid) aan daardie huis kan lewer. Kontak Rachelle ([email protected]) vir meer inligng. 3) Jy besoek ‘n huis vir 67 minute en bederf hulle met basiese winterbehoeſtes of wenslysies. Stuur ‘n e-pos na [email protected] vir behoeſtelyste en kinders se wenslysies. Hou ons Facebook-blad dop vir NOG ‘n GROOT GELEENTHEID daardie dag wat vir BAIE PRET gaan sorg!!!!! JULIE-PROMO’S Dankie, MIMOSA MALL! CHRISTA MAREE- Hier ontvang ek (Christa, middel) en Mitzi op Vrydag, 5 Junie, 20 komberse geskenk deur Flamingo Rotary, Sunset Rotary en St. Luke Men's League - almal van Welkom. Al die komberse is by Winburg Jeugsorgsentrum afgelewer. Tydens ons vergadering in Winburg verlede week Dinsdag, is die behoeſte aan 24 komberse uitgespreek. Ray (heel links) het my die Donderdag gebel om te sê dat hulle die komberse wil skenk. Ons staan eintlik in verwon- dering hieroor. Dit was so op die regte tyd! CHRISTA MAREE - Op Vrydag 5 Junie 2015 het ‘n span van Kindersorg saam met ‘n klomp vrywilligers in Bothaville, Nala re Thabile Jeugsorgsentrum besoek. Hulle het die terrein help opknap en met huishoudelike takies in die sentrum gehelp. Nala re Thabile wil graag die vrywilligers bedank vir hul hulp om die sentrum netjies te hou. Thusano Jeugsorgsentrum spog met nuwe skoene. Baie dankie aan die volgende borge: G. Vosloo, S. Wigge, L. Heiriss, A. Wilson, E. de Jonge en A. Heiriss. Welriedal sê baie dankie aan N.G. kerk Welkom (Moedergemeente) se tannies wat vir al die kinders van Welriedal (24) mussies, serpe en handskoene ge- brei het. CHRISTA MAREE - Die Eikelaners het die koue trotseer en voor Saambak Bakkery in Bothaville pannekoek verkoop. Deon en Grace wil graag die kinders see toe neem en samel op hierdie manier fondse vir die vakansie in. Baie vrywilligers help om hierdie droom vir die kinders waar te maak. Nie een van die 12 kinders was al ooit by die see nie. Hulle het al R3517 ingesamel! Tien van ons Engo-babatjies is in Junie bederf met byna R13 000 se splinternuwe babaprodukte, -klere en -kombersies, danksy Mimosa Mall se skenking vroeër hierdie jaar. Cathy Symington en Frikkie van Dyk, die prinsipaal maatskaplike werkers van onderskeidelik Char- loe Theron Kinder– en Jeugsorgsentrum (Bethlehem) en Ons Kinder– en Jeugsorgsentrum (Bloemfontein) is baie dankbaar vir hierdie bederf! CATHY SYMINGTON—Makyla is ‘n inwoner van Charloe Theron Kinder- en Jeugsorgsentrum en `n graad 8- leerder van die Malu Hooglandskool, waar sy aan verskeie sportsoorte deelneem. Die afgelope atleeksei- soen het sy veral mooi presteer. Sy word in die Vrystaatspan ingesluit op grond van haar prestasies in ver- spring (eerste plek), hoogspring (derde plek) en spiesgooi en kwalifiseer om in Rustenburg aan die SA Kampi- oenskappe te gaan deelneem. Daar verwerf sy ‘n derde plek in hoogspring (bronsmedalje). Vir verspring en spiesgooi kry sy elk ‘n vierde plek en mis die medaljes met senmeters. Sy bedank al haar borge wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het. ‘n Sentrum verkoop ’n Vir ons Kinders-kaartjie aan ‘n beampte van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling. Hier is Madelein Nortje van Engo saam met dr. Botha van Aarde van die KMDR. “Dis ‘n woelige knapie, dié.” vertel Willie Sapsford van Engo, terwyl hy na die seuntjie met die groot oë op die foto wys. “Dit was omtrént ‘n storie om hom te kry om sl te sit vir ‘n foto!” *Tshepo is ‘n ses- enmaandoue inwonertjie van een van Engo se Kinder- en Jeugsorgsentrums. Armoede het Ma *Sara genoodsaak om haar baba vir aanneming op te gee, met die hoop dat hy die huis en geleenthede sal kry wat sy nie kan bied nie. Haar wens word binnekort waar. Klein Tshepo ontmoet 12 Julie sy nuwe ouers – al die pad van België! Hierdie is die eerste internasionale aan- neming wat in die Vrystaat sal plaasvind en Saps- ford, wat voorheen by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling werksaam was, fasiliteer die proses. Tshepo se nuwe ouers het lankal dié ‘lieflike kind met groot vreugde aanvaar’. “Kinderloosheid weens mediese redes, die tekort aan aanneembare kinders in België en hul behoeſte om ouers te wees, het gelei tot hierdie groot stap om aansoek om ‘n internasionale aanneming te doen.” sê Sapsford. Aannemings is ‘n maatskaplike diens wat al vir dek- ades in Suid-Afrika gelewer word. Dit was aanvank- lik nie baie prominent nie, maar het baie aandag begin geniet sedert Kinderwet 38 van 2005 geïmple- menteer is. Aannemings (nasionaal en inter- nasionaal) word ook al hoe meer deur die staat bevorder omdat dit ouerlose kinders die geleen- theid bied om op ‘n permanente basis deel van ‘n gesin te word. Hierdie proses word streng deur die Kinderwet en die Den Haagse Konvensie van 1993 gereguleer, om kinderhandel oor landsgrense te voorkom. Engo Vrystaat is onlangs deur die Nasionale Departe- ment van Maatskaplike Ontwikkeling geakkrediteer om internasionale aannemings te doen. Sapsford en Magda de Beer dryf die proses namens Engo, in samewerking met die Departemente van Maatskap- like Ontwikkeling, Binnelandse Sake, Buitelandse Sake, die Sentrale Owerhede vir Aanneming in Suid-Afrika en België, die geakkrediteerde maatskaplike organ- isasie in België, asook die voorsiende beampte van die plaaslike kinderhof. “Soos in die geval van nasion- ale aannemings, is die internasionale aan- neemprosedure deursigg, met ‘n baie streng keuringsproses in Suid-Afrika en België.” beklemtoon Sapsford. Wanneer die ouers 12 Julie voet op Suid-Afrikaanse bodem sit, moet hulle vir tussen vier en ses weke in die land bly. Dan word die aanneming geweg, alle ander prosedures afgehandel en sal Tshepo sy visum kry. Die woelige seuntjie met die groot oë se dae van ouerloosheid is amper verby - Tshepo gaan huis toe. Ons kort dringend die volgende babaprodukte: Beddegoed vir die cot Warm, fleeze kombersies, wet wipes Boudjiesalf, doeke, badbenodigdhede Poeiermelk 1 stootwaentjie As julle van iemand weet wat kan help, laat weet dringend vir Jana by 083 948 6453. SAREL VENTER—Vroeër die jaar is die Pikkewyn- huis na die NG kerk Bethlehem-Oos se jaarlikse visvangkompesie uitgenooi. Oom Sarel het saam met die seuns gegaan en hulle het ‘n heer- like naweek gehad. Die manne het ernsg ge- hengel en die ooms van die kerk het die outjies wat nog nooit ‘n vistok hanteer het nie, ‘n bietjie touwys gemaak. Anro en Esias het elkeen ‘n vis gevang. Ons het ‘n lekker kamp opgeslaan en al het die reên so bietjie in die middel van die nag gepla, het ons heerlik in die aand gesit en stories vertel. Die tannies van Bethlehem-Oos het gesorg vir genoeg eetgoed en ons lekker bederf. Die naweek was heeltemal te vinnig verby! ARMOEDE ‘n PRIORITEIT VIR NG KERK EN ENGO Back to School Personeel by Engo se provinsiale kantoor het ‘n paar skoolherinneringe tydens die halaarfunksie op 19 Junie opgeroep. Die tema was ‘Back to School’ en personeel- lede het lekker saamgekuier, saamgeëet en selfs ‘n paar toekennings by die prysuitdeling gewen! Engo het vir 10 dae rondom Jeugdag in Mimosa Mall uitgestal. BO: Solomon Kubanca van die Vrystaatse Departement van Landbou koop sy kaartjie. REGS: Koos Saaiman, wat die motor in 2013 gewen het, is oortuig dat hierdie jaar weer sy gelukkige jaar is. Adri Eksteen wys hom waar om in te vul. Borge gryp in waar subsidies druk... De Wet en Ria hou prysuitdeling. Handri kry haar toekenning. Die finansiële afdeling (Rika—middel; en Susan – regs) rebelleer ‘n bietjie... Trompie (middel) en die res van die Boksom- bende. Rianka van Negemadi - links; Magda van Aannemings - regs Wilna en Benita luister aandagg na Skoolhoof De Wet. Rena van Vrystaat Jeugsorgsentrums glimlag ondeund...wat weet jy wat ons nie weet nie?! Hier is Rachelle by van die Ackermans- inkopies. Kieriekaskenades 2015 Ons Tuiste nooi alle bejaardesorgsentrums uit na die eerste Kieriekaskenades! Elke sentrum kan ‘n span inskryf en enigiemand is welkom, of jy nou in ‘n rolstoel of 4x4 ry. Een span bestaan uit 8 persone. Datum: Dinsdag, 6 Oktober Plek: Groot kerksaal (NG Kerk Aandbloem), Bloemfontein Registrasie: 08:00 die oggend (Kaskenades begin 09:00) Inskrywingsfooi: R10 p.p. HOPE PRYSE TE WEN!!!! Navrae: Teresa by 051 407 7222 Medelye Vir ons Kinders... Eerste Engo-baba op pad na België Pikkewyne vang vis Christa Maree, prinsipaal maatskaplike werker sê spesiaal dankie: Sara-Marié Coetzee van Legalwise Welkom het in Februar- ie 2015 vir Welkom Jeugsorgsentrum en Merafong Jeug- sorgsentrum genomineer as moontlike begunsgdes van hul 30ste bestaansjaar. So kry ons toe 2 weke gelede R30 000—R15 000 vir elke sentrum. Ons wil opreg dankie sê aan Legalwise, maar ook aan Sara-Marié vir die nomi- nasie. Broodnodige herstelwerk sal nou aan die sentrums gedoen kan word. RINA MAREE - Help U Debt Counsellors Foundaon het Gladstone in die afgrond in bederf. Een seuntjie is vyf sweetpak- kies, twee stelle slaapklere, twee warm baadjies, hempies, ‘n denim, twee pare skoene en 6 onderbroekies ryker. ‘n Ander seun het een paar tekkies en pantoffels ontvang en twee ander elk ‘n warm baadjie. Die huis het ‘n mikrogolfoond, gasverwarmer en gasboel gekry en iemand is tans besig om die vyf banke, een stoel en twee oomans met ‘n baie goeie kunsleer oor te trek. Dis nie al nie… hulle het ook twing van die volgende geskenk: borde, klein borde, bakkies, bekers, messe, vurke, lepels en teelepels. Dankie vir julle warm harte in hierdie koue winter! Express Employment Professionals het op 20 Julie met hordes kruideniers en partytjiekos by Amor en Carpe Diem opgedaag. Die koek was skaars gesny, toe Flippie en sy span van Impact Riders op hulle groot motorfietse voor die huis stop! Die adrenalienjunkies het hulle gate uit geniet agter op die ooms en tannie se ghrênd bikes! Dankie Anzari en jou span vir die baie pret en plesier— ons het lanklaas soveel kinders so hard gehoor lag.

Upload: others

Post on 11-Sep-2019

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Back to School - NG Kerk Vrystaat NUUSBRIEF - 8 Julie... · Dit bied leiding aan persone wat belangstel om by te dra tot die ontwikkeling van ʼn baba of kleuter of wat ʼn vroeë kinderontwikkelingsprogram

MADELEIN NORTJE— “Armoede het ʼn spesifieke reuk – muf, rook en urine.” Dit is onder andere wat dr. Botha van

Aarde van die Kerklike Maatskaplike Dienste Raad (KMDR) van die NG Kerk Sinode tydens ʼn werkswinkel oor strate-

gieë vir die bekamping van armoede gesê het. Hierdie werkswinkel, wat in samewerking met Engo Vrystaat gehou is,

het op Vrydag 19 Junie 2015 by NG Gemeente Ooshoek plaasgevind en is deel van die NG Kerk Vrystaat se 150ste

verjaarsdagsvieringe.

Die geleentheid is deur ongeveer 80 gemeentes bygewoon. Daar is opnuut besef dat armoedeverligting belangrik is,

maar dat Engo en die meeste gemeentes reeds by die verligting van armoede betrokke is deurdat gepoog word om

onmiddellike menslike behoeftes soos kos, klere, skuiling en menswaardigheid aan te spreek.

Die uitdaging is daarin geleë om armoede deur middel van bemagtiging te voorkom. Die term wat algemeen gebruik

word, is Ukuba. Dit is ʼn Zulu-woord wat beteken “om te ontwikkel” of “to become”. Tydens die geleentheid is veral

gefokus op vroeë kinderontwikkeling. Navorsing het reeds duidelik getoon dat kinders wat skoolgereed is, ʼn baie

groter kans het om matriek te slaag en dus die siklus van armoede te breek. Madelein Nortje van Engo het ʼn prak-

tiese handleiding oor vroeë kinderontwikkeling voorsien. Dit bied leiding aan persone wat belangstel om by te dra tot

die ontwikkeling van ʼn baba of kleuter of wat ʼn vroeë kinderontwikkelingsprogram by ʼn speelgroep of sentrum wil

aanbied.

Meer inligting is beskikbaar by [email protected] of

www.ukuba.org.za.

www.engo.co.za

Vir ons Kinders 2015

E-Nuus Julie 2015

Sentrums kan hulle maandelikse nuus en foto’s vir die e-nuus elke maand na

[email protected] stuur.

22 Van Heerden Road, Willows, Bloemfontein | 12552, Brandhof, 9324

t: 051 407 7222 | f: 051 525 2015 | [email protected] | www.engo.co.za 002-671 NPO

Esther Brand was sedert 2009 'n inwoner van Engo se Ons Tuiste hier in Bloemfontein. Suster Lizette Jonker en die in-woners voel reeds die gat in die Groengang: "Sy was 'n trotse dame wat tot haar val nog alles vir haarself gedoen het. Ons sal haar as daardie trotse, onafhanklike mens onthou."

'n 'Goue vrou' - het Volksblad oor haar berig. Engo eer haar vir haar prestasies, haar menswees en die invloed wat sy die laaste paar jaar in Ons Tuiste op soveel inwoners se lewens gehad het.

Ons Tuiste se Mieliebrood

1 koppie mieliemeel

Net meer as 1/2 kop volgraanmeel, gesif

1 teelepel seesout

2 teelepels bakpoeier

1 koppie karringmelk

1/4 koppie heuning

3 eetlepels gesmelte botter of olie

1 koppie gemengde dadels en pruime, gekap

1 eier (opsioneel)

Metode

Klits die eier, karringmelk,heuning en olie (of gesmelte botter) saam. Meng goed met die res van

die bestanddele—gebruik ‘n elektriese klitser. Gooi die beslag in ‘n goed geoliede vierkantige koek-

pan en bak vir byna 30 minute teen 220°C.

Hierdie resep maak ook 12 muffins. (Uit-en-Tuis Junie/Julie 2015)

Luister na die volgende Vir ons Kinders-

onderhoude hierdie maand op Rosestad

(100.6 FM):

9 Julie om 13:15: Ds. Willem Botha oor

Finansiering van dienste vir kinders deur

Departement Maatskaplike Ontwikkeling

16 Julie om 08:15: Veronica Grunder,

Chantelle en Johandi oor My lewe as ‘n

kind in ‘n Kinder– en Jeugsorgsentrum.

23 Julie om 10:15: Magda de Beer oor

aanneming.

30 Julie om 15:15: Hanna van Tonder en

Maggie Breytenbach oor My taak en rol as

kinderversorger.

14—18 Julie: Vrystaatfees! Kom besoek die

Engo- en Volksblad Ons Gee Om-tent oorkant

Marjolein-koshuis! Daar gaan enigiets van

tuisgemaakte sop en brood en kolwyntjies te

koop wees. As jy nie kos wil hê nie, kom skop

jou skoene by ons bonfire uit.

Die Chevy Spark Campus en baie entoesiastiese

verkoopsdames en -here sal

regstaan om Vir ons Kinders-

kaartjies aan jou te verkoop.

Moenie dit misloop nie!

25 Julie: Volksblad Kos– en Kunsmark by Loch

Logan

Mnr. Nelson Mandela het gesê: We pledge ourselves to liberate all our people from the continuing bondage of poverty,

deprivation, suffering, gender and other discrimination. In die lig hiervan bied Engo Vrystaat lekker promosiegeleenthede

op 18 Julie, Mandeladag, aan. Hoe raak ‘n individu of besigheid betrokke?

1) Jy vertel ons van jou blink idee en ons plaas jou by die sentrum waar jy op 18 Julie hierdie blink idee kan uitvoer.

2) Jy/jou besigheid neem ‘n huis/sentrum vir 67 minute aan, wat beteken dat julle ‘n gratis diens/produkte (n.a.v. jou

tipe besigheid) aan daardie huis kan lewer. Kontak Rachelle ([email protected]) vir meer inligting.

3) Jy besoek ‘n huis vir 67 minute en bederf hulle met basiese winterbehoeftes of wenslysies. Stuur ‘n e-pos na

[email protected] vir behoeftelyste en kinders se wenslysies.

Hou ons Facebook-blad dop vir NOG ‘n GROOT GELEENTHEID daardie dag wat vir BAIE PRET gaan sorg!!!!!

JULIE-PROMO’S

Dankie, MIMOSA MALL!

CHRISTA MAREE- Hier ontvang ek (Christa, middel) en

Mitzi op Vrydag, 5 Junie, 20 komberse geskenk deur

Flamingo Rotary, Sunset Rotary en St. Luke Men's

League - almal van Welkom. Al die komberse is by

Winburg Jeugsorgsentrum afgelewer. Tydens ons

vergadering in Winburg verlede week Dinsdag, is die

behoefte aan 24 komberse uitgespreek. Ray (heel

links) het my die Donderdag gebel om te sê dat hulle

die komberse wil skenk. Ons staan eintlik in verwon-

dering hieroor. Dit was so op die regte tyd!

CHRISTA MAREE - Op Vrydag 5 Junie 2015 het ‘n span

van Kindersorg saam met ‘n klomp vrywilligers in

Bothaville, Nala re Thabile Jeugsorgsentrum besoek.

Hulle het die terrein help opknap en met

huishoudelike takies in die sentrum gehelp. Nala re

Thabile wil graag die vrywilligers bedank vir hul hulp

om die sentrum netjies te hou.

Thusano Jeugsorgsentrum spog met nuwe skoene.

Baie dankie aan die volgende borge: G. Vosloo, S.

Wiggett, L. Heiriss, A. Wilson, E. de Jonge en A.

Heiriss.

Welriedal sê baie dankie aan N.G. kerk Welkom

(Moedergemeente) se tannies wat vir al die kinders

van Welriedal (24) mussies, serpe en handskoene ge-

brei het.

CHRISTA MAREE - Die Eikelaners het die koue trotseer

en voor Saambak Bakkery in Bothaville pannekoek

verkoop. Deon en Grace wil graag die kinders see toe

neem en samel op hierdie manier fondse vir die

vakansie in.

Baie vrywilligers help om hierdie droom vir die kinders

waar te maak. Nie een van die 12 kinders was al ooit

by die see nie. Hulle het al R3517 ingesamel!

Tien van ons Engo-babatjies is in Junie bederf met byna

R13 000 se splinternuwe babaprodukte, -klere en

-kombersies, danksy Mimosa Mall se skenking vroeër

hierdie jaar. Cathy Symington en Frikkie van Dyk, die

prinsipaal maatskaplike werkers van onderskeidelik Char-

lotte Theron Kinder– en Jeugsorgsentrum (Bethlehem) en

Ons Kinder– en Jeugsorgsentrum (Bloemfontein) is baie

dankbaar vir hierdie bederf!

CATHY SYMINGTON—Makyla is ‘n inwoner van Charlotte Theron Kinder- en Jeugsorgsentrum en `n graad 8-

leerder van die Maluti Hooglandskool, waar sy aan verskeie sportsoorte deelneem. Die afgelope atletieksei-

soen het sy veral mooi presteer. Sy word in die Vrystaatspan ingesluit op grond van haar prestasies in ver-

spring (eerste plek), hoogspring (derde plek) en spiesgooi en kwalifiseer om in Rustenburg aan die SA Kampi-

oenskappe te gaan deelneem.

Daar verwerf sy ‘n derde plek in hoogspring (bronsmedalje). Vir verspring en spiesgooi kry sy elk ‘n vierde

plek en mis die medaljes met sentimeters. Sy bedank al haar borge wat hierdie geleentheid moontlik gemaak

het.

‘n Sentrum verkoop ’n Vir ons Kinders-kaartjie aan ‘n beampte van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.

Hier is Madelein Nortje van Engo saam met

dr. Botha van Aarde van die KMDR.

“Dis ‘n woelige knapie, dié.” vertel Willie Sapsford

van Engo, terwyl hy na die seuntjie met die groot oë

op die foto wys. “Dit was omtrént ‘n storie om hom

te kry om stil te sit vir ‘n foto!” *Tshepo is ‘n ses-

tienmaandoue inwonertjie van een van Engo se

Kinder- en Jeugsorgsentrums. Armoede het Ma

*Sara genoodsaak om haar baba vir aanneming op

te gee, met die hoop dat hy die huis en geleenthede

sal kry wat sy nie kan bied nie.

Haar wens word binnekort waar. Klein Tshepo

ontmoet 12 Julie sy nuwe ouers – al die pad van

België! Hierdie is die eerste internasionale aan-

neming wat in die Vrystaat sal plaasvind en Saps-

ford, wat voorheen by die Departement van

Maatskaplike Ontwikkeling werksaam was, fasiliteer

die proses.

Tshepo se nuwe ouers het lankal dié ‘lieflike kind

met groot vreugde aanvaar’. “Kinderloosheid

weens mediese redes, die tekort aan aanneembare

kinders in België en hul behoefte om ouers te wees,

het gelei tot hierdie groot stap om aansoek om ‘n

internasionale aanneming te doen.” sê Sapsford.

Aannemings is ‘n maatskaplike diens wat al vir dek-

ades in Suid-Afrika gelewer word. Dit was aanvank-

lik nie baie prominent nie, maar het baie aandag

begin geniet sedert Kinderwet 38 van 2005 geïmple-

menteer is. Aannemings (nasionaal en inter-

nasionaal) word ook al hoe meer deur die staat

bevorder omdat dit ouerlose kinders die geleen-

theid bied om op ‘n permanente basis deel van ‘n

gesin te word. Hierdie proses word streng deur die

Kinderwet en die Den Haagse Konvensie van 1993

gereguleer, om kinderhandel oor landsgrense te

voorkom.

Engo Vrystaat is onlangs deur die Nasionale Departe-

ment van Maatskaplike Ontwikkeling geakkrediteer

om internasionale aannemings te doen. Sapsford en

Magda de Beer dryf die proses namens Engo, in

samewerking met die Departemente van Maatskap-

like Ontwikkeling, Binnelandse Sake, Buitelandse Sake,

die Sentrale Owerhede vir Aanneming in Suid-Afrika

en België, die geakkrediteerde maatskaplike organ-

isasie in België, asook die voorsittende beampte van

die plaaslike kinderhof. “Soos in die geval van nasion-

ale aannemings, is die internasionale aan-

neemprosedure deursigtig, met ‘n baie streng

keuringsproses in Suid-Afrika en België.” beklemtoon

Sapsford.

Wanneer die ouers 12 Julie voet op Suid-Afrikaanse

bodem sit, moet hulle vir tussen vier en ses weke in

die land bly. Dan word die aanneming gewettig, alle

ander prosedures afgehandel en sal Tshepo sy visum

kry.

Die woelige seuntjie met die groot oë se dae van

ouerloosheid is amper verby - Tshepo gaan huis toe.

Ons kort dringend die volgende babaprodukte:

Beddegoed vir die cot

Warm, fleeze kombersies, wet wipes

Boudjiesalf, doeke, badbenodigdhede

Poeiermelk

1 stootwaentjie

As julle van iemand weet wat kan help, laat weet

dringend vir Jana by 083 948 6453.

SAREL VENTER—Vroeër die jaar is die Pikkewyn-

huis na die NG kerk Bethlehem-Oos se jaarlikse

visvangkompetisie uitgenooi. Oom Sarel het

saam met die seuns gegaan en hulle het ‘n heer-

like naweek gehad. Die manne het ernstig ge-

hengel en die ooms van die kerk het die outjies

wat nog nooit ‘n vistok hanteer het nie, ‘n bietjie

touwys gemaak. Anro en Esias het elkeen ‘n vis

gevang. Ons het ‘n lekker kamp opgeslaan en al

het die reên so bietjie in die middel van die nag

gepla, het ons heerlik in die aand gesit en stories

vertel. Die tannies van Bethlehem-Oos het

gesorg vir genoeg eetgoed en ons lekker bederf.

Die naweek was heeltemal te vinnig verby!

ARMOEDE ‘n PRIORITEIT VIR NG KERK EN ENGO

Back to School Personeel by Engo se provinsiale kantoor het ‘n paar

skoolherinneringe tydens die halfjaarfunksie op 19 Junie

opgeroep. Die tema was ‘Back to School’ en personeel-

lede het lekker saamgekuier, saamgeëet en selfs ‘n paar

toekennings by die prysuitdeling gewen!

Engo het vir 10 dae rondom

Jeugdag in Mimosa Mall

uitgestal. BO: Solomon

Kubanca van die Vrystaatse

Departement van Landbou

koop sy kaartjie. REGS: Koos

Saaiman, wat die motor in

2013 gewen het, is oortuig dat

hierdie jaar weer sy gelukkige

jaar is. Adri Eksteen wys hom

waar om in te vul.

Borge gryp in waar subsidies druk...

De Wet en Ria hou prysuitdeling.

Handri kry haar toekenning.

Die finansiële afdeling (Rika—middel; en Susan –

regs) rebelleer ‘n bietjie...

Trompie (middel) en die res van die Boksom-

bende. Rianka van Negemadi - links; Magda van

Aannemings - regs

Wilna en Benita luister aandagtig na

Skoolhoof De Wet.

Rentia van Vrystaat Jeugsorgsentrums

glimlag ondeund...wat weet jy wat ons nie

weet nie?!

Hier is Rachelle

by van die

Ackermans-

inkopies.

Kieriekaskenades 2015 Ons Tuiste nooi alle bejaardesorgsentrums uit na die eerste Kieriekaskenades! Elke

sentrum kan ‘n span inskryf en enigiemand is welkom, of jy nou in ‘n rolstoel of 4x4

ry.

Een span bestaan uit 8 persone.

Datum: Dinsdag, 6 Oktober

Plek: Groot kerksaal (NG Kerk Aandbloem), Bloemfontein

Registrasie: 08:00 die oggend (Kaskenades begin 09:00)

Inskrywingsfooi: R10 p.p.

HOPE PRYSE TE WEN!!!! Navrae: Teresa by 051 407 7222

Medelye Vir ons Kinders...

Eerste Engo-baba op pad na België

Pikkewyne vang vis

Christa Maree, prinsipaal maatskaplike werker sê spesiaal

dankie:

Sara-Marié Coetzee van Legalwise Welkom het in Februar-

ie 2015 vir Welkom Jeugsorgsentrum en Merafong Jeug-

sorgsentrum genomineer as moontlike begunstigdes van

hul 30ste bestaansjaar. So kry ons toe 2 weke gelede

R30 000—R15 000 vir elke sentrum. Ons wil opreg dankie

sê aan Legalwise, maar ook aan Sara-Marié vir die nomi-

nasie. Broodnodige herstelwerk sal nou aan die sentrums

gedoen kan word.

RINA MAREE - Help U Debt Counsellors Foundation het Gladstone in die afgrond in bederf. Een seuntjie is vyf sweetpak-

kies, twee stelle slaapklere, twee warm baadjies, hempies, ‘n denim, twee pare skoene en 6 onderbroekies ryker.

‘n Ander seun het een paar tekkies en pantoffels ontvang en twee ander elk ‘n warm baadjie.

Die huis het ‘n mikrogolfoond, gasverwarmer en gasbottel gekry en iemand is tans besig om die vyf banke, een stoel en

twee ottomans met ‘n baie goeie kunsleer oor te trek.

Dis nie al nie… hulle het ook twintig van die volgende geskenk: borde, klein borde, bakkies, bekers, messe, vurke, lepels

en teelepels.

Dankie vir julle warm harte in hierdie koue winter!

Express Employment Professionals het op 20 Julie met

hordes kruideniers en partytjiekos by Amor en Carpe

Diem opgedaag. Die koek was skaars gesny, toe Flippie

en sy span van Impact Riders op hulle groot motorfietse

voor die huis stop! Die adrenalienjunkies het hulle gate

uit geniet agter op die ooms en tannie se ghrênd bikes!

Dankie Anzari en jou span vir die baie pret en plesier—

ons het lanklaas soveel kinders so hard gehoor lag.