augustus 2015uitgawe 5 die leipoldt bilting quiche rugby en netbal - cpl 6 7 lief en leed jongspan...

11
1 Kuiertjie by Opa en Ouma Op die Stoep N U U S B L A D Augustus 2015 Uitgawe 5 NUUSBLAD Die Leipoldt So onthou ons... IN HIERDIE UITGAWE Uit die pen van Ds. Hennie de Kock 2 Sproeireën - Gedig Klawer Eisteddfod 3 3 Uitdrukking oor henne 4 Vitamiene vir die Siel Ballet - CPL 5 5 Resep: Bilting Quiche Rugby en Netbal - CPL 6 7 Lief en Leed Jongspan Karoolus en Lente 8 9 9 Advertensies Ten Slotte 10 11 Die slot, deur ‘n Hollander met die van, Van Dam, gemaak, is ongeveer 300 jaar oud. Daar is slegs twee van hierdie soort houtslotte in die wereld, en een van hulle is die een op die plaas Wadrif Die deur was eers ‘n toe- gangsdeur van ‘n wynkelder, wat tans ‘n motorhuis is. Die slot is gemaak van ysterhout. Die deur is ‘n ysterhoutdeur en werk met ysterskaniere wat met die hand gesmee is. Die slot het twee sleutels wat horisontaal in die slot geplaas word. Elke sleutel het dan verskillen- de houtblokkies op soos ‘n gewone sleutel se tande. Die onderste moet horisontaal gelig word so- dat dit die boonste sleutel se blokkies gelyktydig kan oplig en sodoende die slot oop te sluit. Die deur is aanmekaar gesit met handgemaakte spykers genoem kapspykers. Die spykers is omgekap en deur die jare se verwering is die spykers nou sigbaar. Dit is ook ‘n teken van die ouderdom van die deur. Die deur is in 1960 vanaf die ou kelder verskuif na ‘n vertrek waar die deur heeldag in die skaduwee is, om verdere verwering te voorkom. Die vertrek waar die deur tans as deur gebruik word, is die brood- huis genoem waar die ouer mense hul gebakte brode gestoor het. Hierdie ver- trek word tans as ‘n stoor- kamer gebruik. (Hugo en Madel Louw) ‘n Houtslot en houtsleutels op Wadrif, waarvan daar net twee in die wêreld is. Die Sederhoutdeur met die ysterhout slot. Links: Die twee Houtsleutels vir die Ysterhoutslot Regs: Ysterhoutslot met die houtsleutels

Upload: lykiet

Post on 23-May-2019

214 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1

K u i e r t j i e b y

O p a e n

O u m a

O p

d i e

S t o e p

N U U S B

L A D

Augustus 2015 Uitgawe 5

NUUSBLAD

Die Leipoldt

S o o n t h o u o n s . . .

I N H I E R D I E

U I T G A W E

Uit die pen van Ds.

Hennie de Kock 2

Sproeireën - Gedig

Klawer Eisteddfod

3

3

Uitdrukking oor henne

4

Vitamiene vir die Siel

Ballet - CPL

5

5

Resep: Bilting Quiche

Rugby en Netbal - CPL

6

7

Lief en Leed

Jongspan

Karoolus en Lente

8

9

9

Advertensies

Ten Slotte

10

11

Die slot, deur ‘n Hollander

met die van, Van Dam,

gemaak, is ongeveer 300

jaar oud. Daar is slegs

twee van hierdie soort

houtslotte in die wereld,

en een van hulle is die een

op die plaas Wadrif

Die deur was eers ‘n toe-

gangsdeur van ‘n

wynkelder, wat tans ‘n

motorhuis is. Die slot is

gemaak van ysterhout. Die

deur is ‘n ysterhoutdeur en

werk met ysterskaniere

wat met die hand gesmee

is. Die slot het twee

sleutels wat horisontaal in

die slot geplaas word. Elke

sleutel het dan verskillen-

de houtblokkies op soos ‘n

gewone sleutel se tande.

Die onderste moet

horisontaal gelig word so-

dat dit die boonste sleutel

se blokkies gelyktydig kan

oplig en sodoende die slot

oop te sluit. Die deur is

aanmekaar gesit met

handgemaakte spykers

genoem kapspykers. Die

spykers is omgekap en

deur die jare se verwering

is die spykers nou sigbaar.

Dit is ook ‘n teken van die

ouderdom van die deur.

Die deur is in 1960 vanaf

die ou kelder verskuif na ‘n

vertrek waar die deur

heeldag in die skaduwee is,

om verdere verwering te

voorkom. Die vertrek

waar die deur tans as deur

gebruik word, is die brood-

huis genoem waar die ouer

mense hul gebakte brode

gestoor het. Hierdie ver-

trek word tans as ‘n stoor-

kamer gebruik.

(Hugo en Madel Louw)

‘n Houtslot en houtsleutels op Wadrif,

waarvan daar net twee in die wêreld is.

Die Sederhoutdeur met die

ysterhout slot.

Links: Die twee

Houtsleutels vir die

Ysterhoutslot

Regs: Ysterhoutslot

met die

houtsleutels

2

U I T G A W E 4 D i e L e i p o l d t

Uit die pen van ...

Die roetine van selfdissipline

Filippense 4:8

“Vriende, ek wil vir julle nog iets sê. Julle moet

altyd dink aan die dinge wat waar is, wat mooi is,

wat reg is, wat rein is, wat pragtig en goed is. Ja,

julle moet dink aan alles wat mooi is, alles waarop

’n mens trots kan wees” (Die Bybel vir almal)

Romeine 14:7 – 8

Ons lewe nie om onsself te dien nie en ons sterf

nie om onsself te dien nie. Wanneer ons lewe, dan

lewe ons om die Here te dien. En wanneer ons

sterf, dan sterf ons om die Here te dien. Ja, wan-

neer ons lewe, dan behoort ons aan die Here, en

wanneer ons sterf, dan behoort ons aan die Here.

Sonder roetine in jou geestelike lewe vorder jy op

die ou end nie veel in die regte rigting nie.

Om vir die Here te leef is nie iets wat vanself kom

nie.

Mense weet nie instinktief wat die regte dinge is

om te doen nie en hulle doen nie sommer uit hulle

eie mooi dinge vir God en vir ander nie.

Nee, 'n sterk geestelike lewe is die resultaat van

gereelde, gedissiplineerde, oefening in God se

gimnasium.

Dissipline beteken reëlmaat; dit impliseer 'n

bepaalde geestelike ritme van Bybelstudie, gebed,

stilte en gehoorsaamheid aan God wat deur dik en

dun volgehou word.

Selfdissipline kom van binne af.

As jy nie innerlik gemotiveerd is om te doen wat

God vra nie, gaan eksterne motiverings, soos

dreigemente dat God jou gaan staf of emosionele

druk van die kant van ander Christene net vir 'n

rukkie werk.

Maar hoe raak mens hier binne-in jou oortuig dat

jy moet vasbyt in jou studie van God se Woord en

in gebed?

Dit gebeur net as jy oop is vir die leiding van die

Heilige Gees. Hoe meer jy op sy golflengte ingestel

is, hoe meer oortuig Hy jou wat die regte dinge is

om vir God te doen.

Hy steek'n vuur in jou binneste aan wat maak dat

jy opreg begin honger na God.

Die Gees bring 'n dors in jou hart wat tot gevolg

het dat jy soos 'n wildsbok in 'n dorre woestyn

smag na God se lewende water.

Dan is dit jou kos om die Bybel te lees en jou

drank om aan God se voete te sit.

Dan is selfdissipline nie iets wat 'n sware las is nie,

maar net mooi die teenoorgestelde.

Dan is jou eenkanttye saam met God juis die hoog-

tepunt van jou dag. Dit is jou kragbron.

Selfdissipline raak egter nie net jou stiltetyd nie.

Nee, dit raak ook die detail van jou lewe.

Dit raak die manier hoe jy praat, dink, optree. Dit

maak dat jou ganse menswees tot in die fynste

besonderhede onder God se aktiewe beheer staan.

Jy het selfdissipline wanneer:

jy gereeld tyd in gebed met God

deurbring, maak nie saak hoe besig jy

is nie;

die Woord 'n integrale deel van jou

lewe uitmaak;

jy jou plek in die kerk Sondae

inneem, asook by 'n Bybelstudie,

wyksbyeenkoms of ander geloofsge-

meenskap geleendhede;

jy uit jou pad gaan om andermense

se nood in gebed na God toe te

neem;

jy nooit jou liggaam afskeep nie,

want jy is 'n tempel van God;

jy nooit toelaat dat verkeerde kyke

of slegte begeertes die botoon in jou

lewe voer nie;

jy jou aktief daarop instel om vir

ander om te gee;

jy bereid is om groot offers te bring

as jou geloof dit van jou vra. God kom

immers altyd eerste in alles wat jy

dink, doen en sê;

jy gereelde tye van stilte en

afsondering in jou program inbou.

Sonder selfdissipline is jou geloof gedoem tot

middelmatigheid en tot voortdurende kompromieë

met sonde.

Sonder selfdissipline doen jy net wat jy wil wan-

neer jy wil.

Jy gaan kerk toe as jy so voel en bid wanneer jy

lus het.

Dan is jou geestelike lewe soos 'n wipplank.

Eendag is dit bo en die volgende dag is dit weer

onder.

Jy het die keuse of jy heeltyd so wil leef en of jy 'n

gedissiplineerde, geoefende geloofslewe wil hê.

Wel, as jy laasgenoemde moontlikheid kies, moet

jy maar net jou voet op God se pad plaas en dit

daar hou.

Dis al. Die res kom vanself.

U I T G A W E 5 D i e L e i p o l d t

Uit die pen van Ds. Hennie de Kock ... Toets vir Vergifnis

Die opdrag om ander te vergewe, is in sommige gevalle makliker uitvoerbaar as in an-der! As dit byvoorbeeld nie werklik ’n groot en moedswillige misstap is wat ’n ander teen jou begaan het nie, as dit jou nie werklik seergemaak het nie, en veral as dit jou vriend is wat jy moet vergewe, is dit darem nie té moeilik nie. Maar, as die een wat jou te na gekom het, jou vyand is, as hy of sy ’n groot moedswillige misstap begaan het, as dit jou werklik seerge-maak het dan lyk die saak an-ders! Juis hier lê die ware toets vir vergifnis. Is ek bereid om ook mense wat my lewe op ’n ingrypende, negatiewe wyse geraak het, van harte te vergewe? Is ek bereid

om op te hou sê: ’’n oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand? (Matt. 5:38) 38“Nog ’n bevel wat julle goed ken, is die volgende: ‘’n Oog vir

’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ Oftewel: oortredings moet

regverdig gestraf word. 39“Ek sê egter vandag vir julle: julle

moenie mense wat julle sleg behandel probeer terugkry nie…

Dit kan die dronk motorbestu-urder wees wat my kind doodgery het, die rower wat my motor gekaap het, die nalatige dokter wat my gesondheid ’n knou gegee het, die mens wat my in die verlede afgeknou of verneder het. So sou ons kon opnoem... die gemeentelid wat my in be-sigheid te nagekom het, die een wat my gevloek het en van my geskinder het. Die gemeentelid wat my skerp-bytend geant-woord het, die een wat altyd dwarstrek, nie eers dankie sê vir wat ek gedoen en opgeoffer het nie, die een wat altyd sy sin wil hê… Kan ek hulle vergewe? Matt. 5: 43 – 48 sê: 43 “Julle ken ook die ou opvat-ting: ‘Wees lief vir jou naaste. Haat jou vyand.’ 44 “Wel, dit is nie waar nie. Ek sê vandag vir julle dat julle ook julle vyande moet liefhê. Bid vir almal wat julle swaar laat kry en julle vervolg. 45 Dan leef julle regtig

soos kinders van God. Want Hy

doen goeie dinge vir almal. Hy laat die son skyn oor goeie men-se en oor slegte mense. Hy laat dit ook reën oor goeie mense se grond en oor slegte mense se grond. 46 “As julle net daardie mense liefhet met wie julle goed oor die weg kom, moet julle nie verwag om daarvoor ’n medalje vir goeie diens by God te kry nie. Almal doen dit tog, ook slegte mense wat nie in God glo nie. 47 As julle net julle familie en vriende groet, het julle nog niks spesiaals gedoen nie. Selfs die grootste sondaars groet ook hulle vriende. 48 “Julle moet soos julle hem-else Vader wees. Hy het almal hier op die aarde lief. As julle ook vol liefde en respek optree teenoor almal met wie julle te doen kry, doen julle presies wat die wet van julle vra. Dan stap julle in julle hemelse Vader se voetspore. Dan is julle net soos Hy!” Slegs die wete dat God ons vergewe het, kan maak dat ons ander ook vergewe.

Ek sê vandag vir julle dat

julle ook julle vyande

moet liefhê. Bid vir almal

wat julle swaar laat kry en

julle vervolg. Dan leef

julle regtig soos kinders

van God

3

U i t g a w e 5 D i e L e i p o l d t

Klawer Eisteddfod

Klawer Eisteddfod het op 31 Julie

2015 plaas gevind en die volgende

Leipoldtvillers het presteer:

Sproeireën

(DJ Opperman)

My nooi is in ‘n nartjie,

my ouma in kaneel,

daar’s iemand …. iemand in anys,

daar’s ‘n vrou in elke geur!

As ek ’n stukkie nartjieskil

tussen my vingers buig of knak,

breek uit die klein sproeireën

wat geurend om my hand uitsak,

die boorde weer van Swartfoloos

en met die nartjies om my heen

weet ek hoe dat ’n vrou kan troos.

My nooi is in ‘n nartjie,

my ouma in kaneel,

daar’s iemand …… iemand in

anys, daar’s ‘n vrou in elke geur!

Arlene Visser

Twee spraak - Goud 83%

Nerine Visser

Twee spraak - Goud 87%

Engelse Voordrag - Cum Laude/Dubbel Goud 93%

Afrikaanse Voordrag - Goud 83%

JG Visser

Twee spraak - Cum Laude/Dubbel Goud 95%

Engelse Voordrag - Cum Laude/Dubbel Goud 95%

Afrikaanse Voordrag - Goud 87%

Visuele Kuns - Goud 86%

Anrica Koegelenberg

Afrikaanse Voordrag - Cum Laude/Dubbel goud 92%

Arlene Visser Nerine Visser

JG Visser Anrica Koegelenberg

4

U i t g a w e 5 D i e L e i p o l d t

Uitdrukking: ‘n Eiewys hen lê die eier opsy.

Betekenis: Iemand wat nie na raad luister nie, begaan foute.

Uitdrukking: Die hennetjie wat eerste gekekkel het, het die eier gelê.

Betekenis: Die persoon wat eerste gepraat het, is skuldig.

Uitdrukking: Die hen/gans wat die goue eier lê.

Betekenis: Die bron wat baie voordeel bring.

Uitdrukking: Die henne wat die meeste kekkel, lê nie die meeste eiers nie.

Betekenis: Die wat die meeste praat, doen nie noodwendig die meeste nie.

Uitdrukking: ‘n Hen wat kraai word (die) nek omgedraai (en ‘n meisie wat fluit word by die deur uitgesmyt)

Betekenis: ‘n Berisping aan meisies wat fluit.

Uitdrukking: ‘n Blinde hen kry ook partykeer ‘n mieliepit.

Betekenis: Selfs die onwaarskynlike kan gebeur.

Uitdrukking: Loop soos ‘n hen wat nes soek.

Betekenis: Rusteloos rond en bont loop.

Uitdrukkings oor henne ...

Maroela Media

Baie dankie aan Jolanda Visser vir die pragtige

fotos van Mieke en Heino.

5

U i t g a w e 5 D i e L e i p o l d t

‘n Onaangename dag

Ek sal nooit gelukkig kan wees as ek geen kontrole hou

oor my gevoelslewe nie, wanneer my dag bederf word

deur ‘n stamp aan my motor, ‘n verkeerde woord tuis,

‘n vergissing in die werk, ‘n mislukte afspraak, ‘n mind-

er goeie resultaat, ‘n kous of das wat verkeerd sit.

Ek sal nooit gelukkig kan wees as ek die slagoffer van my

emosies is nie, slaaf van my drange, en gevange in

stompsinnige verwagting.

Ek moet dit weer eens sê dat geluk nie soveel te make

het met rykdom en besittings nie.

Geluk kom nooit per bankrekening of postjek nie.

Vermaak en plesier en ‘n oorsese vakansie kan jy koop,

maar ‘n sorgvrye en tevrede hart, wat ‘n mens dit wat jy

het laat geniet , is nooit en nêrens te koop nie. Dit is

onbetaalbaar!

Vitamine vir die Hart

Phil Bosman

Op die 20ste Junie 2015 het die ballet dogters van die Christelike Privaatskool Leipoldtville

aan die “Lambertsbay’s Got Talent” deelgeneem. Die dogters het hulle goed van hul taak

gekwyt. Marquerite Louw is as ’n toekomstige dansertjie uitgewys. CPL is baie trots op

hierdie dogters en wil graag vir Patsy Newman , hul afrigter, vir haar insette bedank.

Ballet

6

D i e L e i p o l d t U i t g a w e 5

Zelda Louw se Biltong Quiche

(4-6 Porsies)

Biltong en rugby is mos beste maats. Die

quiche resep sal beslis ‘n gunsteling word.

Hierdie resep is deur Zelda Louw ingestuur

en ek verstaan nou waarom Hentie so

graag rugby kyk …

Bestanddele:

1 x 400 g Broskorsdeeg

100g sterk cheddarkaas, grof gerasper

160g gesnyde beesbiltong

2 eiers

250 ml room

Varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180°C. Rol broskorsdeeg

op ‘n meelbestrooide oppervlak dunner uit.

Voer ‘n gesmeerde tertbord van sowat 18cm met

deeg uit. Sprinkel kaas onder in tertbak en rangskik

biltong bo-op. Klits die eiers en room saam en gooi

oor kaas en biltong, geur met peper. Bak vir sowat

35 minute tot eiermengsel gestol het. Bedien warm

of wanneer afgekoel.

Wenke:

- Klam Biltong werk die beste

- Vars kruie kan na smaak bygevoeg word.

Resep is uitgetoets en geillustreer

deur Marlena du Toit.

7

U i t g a w e 5 D i e L e i p o l d t

Op die 25ste Julie 2015, het die seuns en

dogters van die Christelike Privaatskool

Leipoldtville aan ‘n sportdag by Nouveau

Kollege deel geneem. Dit het baie goed

gegaan met beide spanne. Baie dankie

aan Wimpie Louw vir die afrigting van

die rugbyspannetjie wat dan ook hulle

eerste wedstryd gewen het. Baie dankie

ook aan die CPL onderwyseresse vir die

netbalspannetjie se afrigting.

Rugby en Netbal

8

U i t g a w e 4 D i e L e i p o l d t

Lief en Leed

Wimpie en Cecile Louw se

seuntjie, Wilru, is op 2 Julie 2015

gebore.

Driaan en Marguerite Louw is baie

trots op hul pragtige bababoetie.

Johan en Lida Botha verhuis in

Augustus 2015 na de Rust

naby Oudtshoorn.

Albert Robertson se

gedenkdiens is op

1 Augustus 2015 deur Ds.

Hennie de Kock waargeneem.

9

U i t g a w e 5 D i e l e i p o l d t

Matteus 21: 22 As julle glo, sal julle al-les ontvang wat julle in die gebed vra.

Ek voel ons onderskat die krag van gebed.

Deur in Hom te glo en te bid kan won-

derwerke in ons lewens gebeur.

Carla O’Connell Gr. 10

Christelike Privaatskool

Leipoldtville se leerders

was baie bevoorreg om

Oom Karoolus en Lente

die 23ste Julie 2015 by

hulle op Leipoldtville te

ontvang.

Die leerders het Oom

Karoolus en Lente vrees-

lik geniet en lekker saam

met hulle gedans en ges-

ing.

Die lessie wat hul gebring

het was baie waardevol

en die kinders het baie

geleer.

Oom Karoolus en Lente besoek CPL

10

D i e l e i p o l d t U i t g a w e 5

R350 000-00

Skakel Henk van Zyl vir inligting

Graafwater

8533m2

083 260 5669

Erf te koop

GESOEK: WONING TE HUUR

Oktober tot November 2015

In Leipoldtville omgewing

Bianca Gersbach

072 461 7452

[email protected]

ADVERTENSIES

Skriba Leipoldtville Gemeente

Ds. Hennie de Kock 083 263 0099

Elsabe Carstens 083 225 6536

Kerkkantoor 027 412 2844 Sluit- ingsdatum: 25 September 2015

Epos: [email protected]

Vakante Pos

Kontak

Triple J Lodge

Was van:

Alle matte, kussings en matrasse

Voertuie - Binne, buite, bagasie-bakke en sitplekke

Karavane (Kussings ens)

Motorbote (Sitplekke)

Sitkamerstelle

Oorpakke en kleure

Estelle: 081 577 6951

Lambertsbaai

Graafwater Kayser’s

Skoonmaak Dienste

11

In Augustus vier ons Vrouedag en daarom was my inspirasie die

henne en die gedig Sproeireën van DJ Opperman… my nooi is

in ‘n nartjie, my ouma in kaneel, daars iemand in anys, daars

‘n vrou in elke geur.

Ek wil net baie dankie sê vir die terugvoer wat ek steeds na elke

uitgawe van Die Leipoldt ontvang.

As iemand foto’s van die Leipoldt Kuierfees geneem het, kan

julle dit gerus instuur, sodat ons van die fotos in ons volgende

uitgawe kan gebruik.

Stuur asseblief enige voorstelle of nuus na

[email protected]

Redaktrise: Karien O’Connell

Redigering: Gideon van der Merwe

Ten Slotte

Leraar:

Ds. Hennie de Kock

Tel/Faks: 027 4122823

Sel: 083 263 0099

Koster:

Carol Loubser

Tel: 027 422 1347

Sel: 073 419 2830

Kassier:

Corlia Carstens

Tel: 027 4221030 (h)

Sel: 083 632 4284

Skriba:

Lida Slabber

Tel: 027 412 2331 (h)

Sel: 083 866 7760

Kerkkantoor

Tel: 027 412 2844 Faks: 086 210 7798

NG Kerk Leipoldtville

U i t g a w e 5 D i e l e i p o l d t

Gemeentebestuurder

Elsabe Carstens

Tel: 027 422 1802