arbeidsreg

16
ABR 224 Tema 3 Lesing 7

Upload: olesia

Post on 05-Jan-2016

84 views

Category:

Documents


6 download

DESCRIPTION

Arbeidsreg. ABR 224 Tema 3 Lesing 7. Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 – Stakings Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg , LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 17). Tema 3.7 (Leeruitkomste). Bespreek die reg om te staak. - PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

Page 1: Arbeidsreg

ABR 224

Tema 3 Lesing 7

Page 2: Arbeidsreg

Wet op Arbeidsverhoudinge 66

van 1995 – StakingsDu Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n

Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg, LexisNexis

Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 17)

Page 3: Arbeidsreg

• Bespreek die reg om te staak.• Noem en bespreek die 3 kategorieë stakings waarvoor

voorsiening gemaak word in die WAV.• Definieer ʼn staking.• Bespreek die elemente wat teenwoordig moet wees vir die

bestaan van ʼn staking.• Noem en bespreek die verskillende tipes stakings.• Bespreek die omstandighede waaronder ʼn staking verbied

word.• Bespreek die algemene prosedure wat gevolg moet word ten

einde beskerming aan ʼn staking te verleen.• Bespreek die uitsonderingsgevalle op bg algemene prosedure.• Bespreek die gevolge van ʼn beskermde staking.• Bespreek die gevolge van ʼn verbode/onbeskermde staking.

Page 4: Arbeidsreg

• “Staking” is ʼn baie belangrike element in die proses van kollektiewe bedinging omdat: dit verseker dat die werkgewer meer effektief beding en dit balanseer die magskaal tussen werkgewer en werknemer.

oDie No work – no pay beginsel sal outomaties die duur van die staking beperk; terwyl die mark sal dit nie toelaat dat werkgewer tot onredelike salaris-eise van stakers toegee nie.

Page 5: Arbeidsreg

• Art 23 van die Grondwet waarborg die reg om te staak• onderworpe aan algemene beperkingsbepalings van art 36; • Hoofstuk IV van die WAV verskaf statutêre uitwerking tot bogenoemde

deur dit makliker te maak om beskermd te staak en deur werksekerheid te beskerm.

• Drie kategorieë van stakings word in die WAV genome:oBeskermde stakings Voldoen aan prosedurele vereistes van die

WAV. Werknemers mag nie ontslaan word vir deelname aan so ʼn staking nie.

oOnbeskermde stakings Voldoen nie aan prosedurele vereistes van die WAV nie. Werknemers kan ontslaan word vir deelname aan so ʼn staking mits die ontslag steeds billik is.

Page 6: Arbeidsreg

• Verbode stakings: • Absoluut verbied deur die WAV, bv stakings in noodsaaklike dienste en stakings rakende ontslag. Werknemers mag ontslaan word vir deelname aan staking mits die ontslag steeds billik is.

• Art 213 van die WAV definieer ʼn staking as Art 213 van die WAV definieer ʼn staking as volg: volg: • Die gedeeltelike/voltooide gesamentlike weiering om te

werk, of die vertraging/belemmering van werk, deur ʼn persone wie in diens is/was by dieselfde werkgewer/verskillende werkgewers, vir die doel om ʼn grief of ʼn geskil van wedersydse belang, te remedieer of op te los tussen werkgewer en werknemer ...

Page 7: Arbeidsreg

• Die volgende elemente is voorvereistes vir die bestaan van ʼn staking:

oKollektiewe aksie deur werknemers wie ʼn gemeenskaplike doel nastreef.

oDoen/late, waarvan die bekendste die weiering/nalaat om te werk of om werk te hervat of die vertraging van die vordering van werk, insluit.

oDoel van weiering om te werk is om ʼn grief of ʼn geskil t.o.v. enige aangeleentheid van wedersydse belang tussen werkgewer en werknemer, te remedieer of op te los.

Page 8: Arbeidsreg

• Stakingsaksie kan verskeie vorme aanneem:Stakingsaksie kan verskeie vorme aanneem:

o Ekonomiese staking:Ekonomiese staking: o Werknemers onttrek hulle arbeid om verbeteringe in diensvoorwaardes

teweeg te bring.

oSekondêre stakingSekondêre staking o Simpatie staking. Werknemers staak nie om verbetering in hul

eie diensvoorwaardes teweeg te bring nie, maar om druk op die werkgewer van ander werkgewers te plaas.

oSloerstakingSloerstaking o Beplande vertraging van die pas waarteen gewerk word.

oStipbeleidstaking (“Stipbeleidstaking (“work to rule”work to rule”)) o Vertraag die pas waarteen gewerk word deur streng

ooreenkomstig die voorgeskrewe reëls te werk.

oSitstakingSitstaking o Werknemers beset die werkplek om toegang tot die werkplek

te verhinder en te belemmer.

Page 9: Arbeidsreg

• Art 65 van die WAV bepaal dat geen persoon onder die volgende omstandighede aan nywerheidsaksie mag deelneem nie:o Indien ʼn kollektiewe ooreenkoms wat nywerheidsaksie t.o.v.

die aangeleentheid in geskil verbied, van krag is.

o Indien die vraagstuk in geskil aan arbitrasie onderworpe is OF een party die reg het om dit vir arbitrasie of na die Arbeidshof te verwys.

o Indien die werknemer in diens is van ʼn noodsaaklike diens OF instandhoudingswerknemer is.

oGeen staking/uitsluiting mag in die 1ste jaar nadat ʼn sektorale vasstelling i.t.v. die WOBD gemaak is en wat die aangeleentheid in geskil reguleer, plaasvind nie.

oGeen staking/uitsluiting mag plaasvind wanneer ʼn bindende arbitrasie toekenning, kollektiewe ooreenkoms of ministeriële vasstelling, wat die aangeleentheid in geskil reguleer, gemaak is nie.

Page 10: Arbeidsreg

Noodsaaklike dienste•ʼn Diens wat, indien dit onderbreek word, die lewe, persoonlike veiligheid of gesondheid van die geheel/gedeelte van die samelewing in gevaar kan stel.•Die Parlementêre diens.•Die SAPD.

•Die Noodsaaklike Dienste Komitee (NDK) bepaal watter diens as noodsaaklik geklassifiseer moet word en kan ook die geskil verwys vir beslegting bwv versoening /verpligte arbitrasie.

Page 11: Arbeidsreg

Instandhoudingsdienste•ʼn Diens word as ʼn onderhoudsdiens geklassifiseer indien die onderbreking van daardie diens die uitwerking het dat wesenlike fisiese vernietiging t.o.v. enige werksgebied, aanleg of masjinerie plaasvind.

Page 12: Arbeidsreg

• • Daar is ʼn algemene prosedure wat gevolg moet word en daar is ook

afwyking t.o.v. spesifieke kwessies en omstandighede.

• Die algemene prosedure kan as volg verduidelik word:oWanneer daar ʼn geskil is, moet die geskil na ʼn

bedingings-/statutêre raad of die KVBA verwys word.

oDie raad/KVBA moet dan poog om die saak te versoen. Indien onsuksesvol, moet ʼn sertifikaat van nie-beslegting uitgereik word.

oNadat bg sertifikaat uitgereik is, moet die werkgewer/vakbond die ander party 48 uur skriftelike kennis gee voordat die staking/uitsluiting ʼn aanvang neem. (Indien die Staat die werkgewer is, word 7 dae kennis vereis)

oSlegs na verval van bg kennisgewingstydperk kan die staking/uitsluiting ʼn aanvang neem.

Page 13: Arbeidsreg

Omstandighede waar ʼn staking beskermd sonder om Omstandighede waar ʼn staking beskermd sonder om voorgeskrewe prosedures te gevolg:voorgeskrewe prosedures te gevolg:

•Weiering om te beding, - moet ʼn adviserende arbitrasie toekenning uitgereik word deur die bemiddelaar (raad/KVBA) voordat skriftelike kennis van aanvang van staking gegee kan word;

•In reaksie op ʼn onbeskermde uitsluiting;

•Indien die uitsluiting ʼn reaksie is op ʼn onbeskermde staking;

•Partye tot die geskil is lede van ʼn bedingings-/statutêre raad en daardie raad het in ooreenstemming met sy grondwet met die aangeleentheid gehandel;

•Kollektiewe ooreenkoms wat ʼn prosedure vir stakings en uitsluitings bevat;

•Werkgewer wysig eensydig diensvoorwaardes - die werknemers mag binne 48 uur van aflewering van kennisgewing met staking begin.

Page 14: Arbeidsreg

Beskermde stakings

• Werknemers mag nie ontslaan word nie (kan moontlik afgele word);

• Betrokkenheid - nie pleging van delik/kontrakbreuk neer nie (BEHALWE VIR WANGEDRAG).

• Werkgewer is nie verplig om stakers te vergoed nie.

• Optredes ter bevordering van staking stel nie misdrywe daar nie.

• Vervangingsarbeid mag nie aangestel word in n instandhoudingsdiens OF in die geval van n offensiewe uitsluiting nie..

Page 15: Arbeidsreg

Onbeskermde/verbode stakings Onbeskermde/verbode stakings • Arbeidshof kan interdik teen staking uitreik.

• Arbeidshof kan vergoeding vir enige verlies wat aan staking toegeskryf kan word, toeken, terwyl die volgende in ag geneem moet word:

o Pogings aangewend om aan vereistes te voldoen.o Of staking/uitsluiting voorafbeplan was.o In reaksie op ongeregverdige optrede deur ander party tot die geskil.o Of die Arbeidshof se bevel nagekom is.o Belange van ordelike kollektiewe bedinging.o Duur van staking/uitsluiting.o Finansiële posisie van werkgewer/vakbond/werknemers.

• Betrokkenheid in staking kan geldige rede vir ontslag daarstel mits ʼn billike prosedure gevolg is.

Page 16: Arbeidsreg

Uitsluitings moet aan dieselfde vereistes voldoen as ‘n beskermde staking en dieselfde gevolge sal vice versa van toepassing wees.