onrus kamp: 24-27 september 2015...wynvate gestoor om die wyne teen ‘n lekker koel temperatuur te...

Post on 17-Nov-2020

0 Views

Category:

Documents

0 Downloads

Preview:

Click to see full reader

TRANSCRIPT

ONRUS KAMP: 24-27

SEPTEMBER 2015

Vanaf Woensdag het die eerste lede al aangekom vir

hierdie heerlike langnaweek se kuier by Onrus.

Ons was hierdie naweek 23 woonwaens wat

saamgekamp het, heelwat van ons lede het gaste

gehad vir die naweek.

Alhoewel die weer vanaf Vrydagaand maar koud en windering geword het met reën, het ons tog lekker

saamgekuier. Altyd lekker om hier by die see saam te kuier. Ons het lekker langs die see

gestap en rondgery na al die markies en klein winkeltjies in die omgewing.

Dit was lekker om nou weer ‘n heel nuwe omgewing te verken!

Ons het al lekker walvisse ook gesien – wat

darem altyd iets besonders is. Ons en

Johan hulle het ons voertuie met daktente

uitgetoets, aangesien ons binnekort op ‘n

toer vertrek en moet seker maak alles is

daar en werk!

Reëntye moet jy maar versigtig bestuur vir die klippe!

VRYDAG middag het ‘n groepie van ons die wynproe by - Bouchard and Finlayson Kelder bygewoon.

Dit is ‘n pragtige plaas met ‘n

baie mooi uitsig oor die Hemel

en Aarde vallei.

Hier staan ons groepie saam met Chris Albrecht – wynmaker by

hierdie kelder, wat ook vir ons die toer en wynproe waargeneem

het. Baie dankie Chris, almal het dit regtig baie geniet – en

sommer ook weer nuwe dinge bygeleer!

En natuurlik …. Julle heerlike wyne geproe!

Wynvate gestoor om die wyne teen ‘n lekker

koel temperatuur te stoor.

Mike en Greg besig om te kyk na van die

Kunswerke wat hier op die wynvate gedoen

word – kelder is ook betrokke by fonds-

insamelings op hierdie manier!

BO: Hierdie is “OU” wyne

wat vir ‘n baie lang tyd al

gestoor word! REGS: van

die kunswerke

Nog van die vate met kunswerke …

Hier sit ons

In die

Proelokaal.

Greg en Marietjie ontvang hulle:

20 STREEK

Van Fred.

Baie Geluk!

Corrie & Fred ontvang hulle:

140 streek

Vanaf Marius: Baie Geluk!

Pieter en Winnie

Ontvang hulle:

25 algemeen

vanaf Fred.

Baie Geluk!

Baie Dankie aan al die moeite wat ons

kampleiers vir ons gedoen het vir die naweek,

ongelukkig het ons snoekbraai uitgereën –

maar hopelik sal dit kan voortgaan op ons

volgende kamp kan doen. Sal julle op hoogte

hou.

Hannes ontvang: 70 Streek

En 75 Algemeen

Baie Geluk!

Ons het ‘n lekker koue nat – kuiernaweek gehad – maar almal het dit baie geniet! Die staproetes en stalletjies

wat besoek kan word in die omgewing is baie lekker. Dit is net jammer van die insidente wat ons gehad het waar

hulle in die nag van die kampeerders se goed probeer steel het. Gelukkig is dit terug gevind.

Hier is ons besig met die vis-voorgereg wat voorberei is vir ons lede – wat ons geniet het net voordat daar lekker

rugby gekyk is daarna.

Wat is nou lekkerder as om lekker saam te kuier en

Daarna te kyk na jou span se wenwedstryd!

Baie dankie aan almal wat gaste saamgebring het vir

die naweek, ons het ‘n heerlike saamkuier naweek

gehad!

Maak gerus weer so!

VEILIG SLEEP ~ sien julle volgende kamp in SILWERSTRAND!!

Fotobeelde saamgestel deur: Corrie Schmiedeskamp

top related