memorandum - sun.ac.za we… · web viewuniversiteit stellenbosch aftredefonds handleiding tot die...
Post on 05-Aug-2019
215 Views
Preview:
TRANSCRIPT
1 van 11
1. INLEIDINGIndien u aftree oor die volgende jare of maande sal u sekere belangrike besluite moet
neem rondom u finansiële toekoms, wat sal beïnvloed hoe u aftreejare spandeer sal word.
Hierdie handleiding is opgestel om u te help ten einde ingeligte besluite te neem rondom u
aftrede onder die Universiteit van Stellenbosch Aftredefonds (USAF), sodat u „n finansieel
selfstandige aftrede kan geniet.
Lees asseblief aandagtig deur die dokument en spreek u finansiële adviseur indien u
enige verdere bystand benodig.
2. AGTERGROND: HOE WERK DIE FONDS?Die Fonds is „n “vaste bydrae fonds”. Dit beteken dat bydraes teen „n vaste persentasie
van u pensioengewende vergoeding, op „n maandelikse basis, in die Fonds betaal word.
Hierdie bydraes word belê ten einde beleggingsinkomste te verdien. Alle beleggings-
inkomste insluitende rente- en kapitaalgroei word aan u toegeken in die vorm van „n
maandelikse rente. Let op dat die Fonds se bates in gebalanseerde beleggings-
portefeuljes belê word, wat substansiële beleggings in aandele insluit. Hierdie tipe bates
het volatiele markwaardes en dit is moontlik dat die beleggingsgroei oor sekere periodes
negatief kan wees.
Daar word maandeliks addisionele bydraes deur die Universiteit gemaak om
versekeringspremies ten opsigte van sterftedekking en ongeskiktheidsinkomstevoordele te
betaal. Die administratiewe uitgawes van die fonds word uit die Fondsbates betaal.
UNIVERSITEIT STELLENBOSCH AFTREDEFONDS HANDLEIDING TOT DIE AFTREDEPROSES
2 van 11
Die geakkumuleerde bydraes met beleggingsgroei daarop verteenwoordig u Fondskrediet.
Addisioneel tot die Fondskrediet word daar vir sekere lede wat op 1 November 1994 van
die Pensioenfonds vir Geassosieerde Inrigtings (PGI) of die Pensioenfonds vir Tydelike
Werknemers (PTW), na die Fonds oorgedra het, ‟n addisionele Aftreereserwerekening
(ARR) bedrag in die Fonds gehou.
Hierdie ARR bedrag is destyds bereken ten einde te poog om die effek van die
onderbefondsing van die PGI en PTW goed te maak by aftrede, gebaseer op sekere
aktuariële aannames.
Die ARR bedrag word geakkumuleer met dieselfde beleggingsgroei as wat op die normale
bydraes toegeken word.
In terme van die ooreenkoms wat met lede getref is toe die Fonds gestig is, word die ARR
bedrag nie uitbetaal by bedanking of afdanking nie. ‟n Gedeelte van die geakkumuleerde
ARR word wel betaal by posvermindering en by vroeë aftrede. Laasgenoemde word
verder onder die volgende afdeling bespreek.
3. AFTREE-OUDERDOMDie normale aftreeouderdom is 60 jaar of soos deur u dienskontrak met u werkgewer
ooreengekom. Na ouderdom 60 kan diens tot maksimum ouderdom 65, gebaseer op
deurlopende bevredigende prestasie, voortgesit word.
Die keuse van ‟n aftree-ouderdom is belangrik. U moet seker maak dat u
pensioenvoordeel, tesame met enige ander aftreebesparing wat u gemaak het, voldoende
sal wees om u gedurende u aftreejare te onderhou. Hoe later u aftree, hoe groter sal u
pensioenvoordeel wees. Met versigtige beplanning mag dit dalk ook moontlik vir u wees
om u belastinglas by aftrede te verlaag.
4. AFTREEVOORDEELBy aftrede het lede die keuse om òf die volle krediet in kontant te neem òf om die volle of
gedeeltelike voordeel te gebruik om ‟n na-aftrede inkomste (pensioen) aan te koop. Indien
u kies om ‟n gedeelte van u aftreevoordeel te gebruik vir die aankoop van ‟n pensioen,
3 van 11
moet die aankoop van die pensioen by ‟n geregistreerde versekeraar gedoen word.
Volgens die Reëls van die Fonds behou die Trustees die reg om te weier dat ‟n lid sy volle
voordeel in kontant neem. In so ‟n geval sal ‟n lid ‟n maksimum van een derde in kontant
mag neem en sal hy/sy ‟n annuïteit moet neem/koop met die oorblywende twee derdes.
Die Fonds se administrateurs, Alexander Forbes Finansiële Dienste, sal bereken wat die
waarde van u aftreevoordeel beloop. Ten einde hierdie berekening te doen moet die
administrateurs voldoende kennis kry van u intensie om op ‟n spesifieke datum af te tree.
Die administrateurs sal ook moet weet watter gedeelte van u voordeel u in kontant wil
neem, en in watter na-aftrede annuïteitsproduk u wil belê met die balans van u
aftreevoordeel (indien enige).
Die bedrag wat u neem as ‟n kontant enkelbedrag is belasbaar, maar daar is wel sekere
belastingkortings. Die balans van die aftreevoordeel (indien enige) sal dan oorgedra word
na „n versekeraar van u keuse, waar die pensioen waarop u besluit het vir u aangekoop
sal word. Hierna sal u ‟n maandelikse inkomste ontvang van daardie
versekeringsmaatskappy, vir die res van u lewe, in terme van die annuïteit wat aangekoop
is. Die kapitale bedrag wat gebruik word vir die aankoop van die pensioen is nie
belasbaar nie. U maandelikse pensioen sal egter wel belas word soos inkomste, in
dieselfde wyse waarop u huidige salaris belas word.
Indien u voorheen geld vanaf die PGI of PTW oorgedra het, is daardie oordragwaarde ook
belastingvry.
Dit is ook moontlik om in u annuïteit te voorsien vir u eggenote of ander afhanklikes, deur
voorsiening te maak daarvoor dat u pensioen voortgaan na u afsterwe, vir solank as wat u
eggenote of ‟n ander genomineerde persoon sal lewe. In so ‟n geval sal u aanvanklike
pensioen uit die aard van die saak minder wees (sien ook 6.2 hierna).
Die berekening van u aftreevoordeel word hieronder in meer detail bespreek.
4 van 11
4.1 Vroeë Aftrede
Indien u aftree voor u Normale Aftreedatum sal u aftreevoordeel bereken word as die som
van u Fondskrediet plus ‟n gedeelte van u geakkumuleerde ARR bedrag. Hierdie gedeelte
sal bereken word as die verhouding waartoe u verstreke diens by die Universiteit staan tot
u totale potensiële diens tot en met die normale aftree-ouderdom (60 jaar). Die volgende
voorbeeld verduidelik hoe hierdie berekening gedoen word:
Aanvaar ‟n lid met 7 jaar verstreke diens, op ouderdom 56 jaar. Só ‟n lid het dus nog
4 jaar potensiële diens tot normale aftree ouderdom, dit is 60 minus 56 jaar. Die lid se
totale potensiële diensjare is dus 11 jaar (7 jaar verstreke diens plus 4 jaar toekomstige
diens).
By vroeë aftrede sal hierdie lid dus 7/11 des (dit is 63.6%) van sy of haar geakkumuleerde
ARR bedrag ontvang.
4.2 Normale Aftrede
Indien u op u Normale Aftreedatum of daarna aftree, sal u u volle Fondskrediet plus volle
ARR as aftreevoordeel ontvang.
Die belangrikste besluit wat u moet neem wanneer u die Fonds verlaat, is of u u
aftreevoordeel as „n kontant enkelbedrag wil ontvang, en of u dit eerder wil aanwend deur
‟n maandelikse inkomste aan te koop by ‟n versekeraar.
U verskillende opsies met betrekking tot die betaling van u voordele word hieronder verder
bespreek.
5. KONTANT ENKELBEDRAGU mag versoek om enige gedeelte van die waarde van u aftreevoordeel as ‟n kontant
enkelbedrag te ontvang. U mag dus kies om minder as die volle voordeel as enkelbedrag
te ontvang. U kan selfs versoek om geen enkelbedrag voordeel te ontvang nie, en eerder
die volle aftreevoordeel gebruik om ‟n na-aftrede pensioen aan te koop. In hierdie geval
sal u uiteraard ‟n groter maandelikse pensioen ontvang.
5 van 11
Indien u besluit om enige gedeelte van die voordeel as ‟n kontant enkelbedrag te ontvang,
moet u onthou dat dit gedeeltelik belas sal word. „n Belastingvrye gedeelte, wat gebaseer
word op ‟n glyskaal, sal wel toegestaan word. U finansiële adviseur sal in ‟n posisie wees
om vir u meer detail te gee rondom hierdie glyskaal en hoeveel belasting u sal moet
betaal. Voordat u adviseur u met hierdie inligting kan bedien, sal hy of sy inligting benodig
van al u ander aftreevoorsienings.
Die belasting wat betaalbaar is op die enkelbedrag sal deur u plaaslike belastingkantoor
bepaal word. Die Fonds se administrateurs is verplig om hierdie belasting van u
enkelbedrag te verhaal en slegs die netto voordeel aan u te betaal.
Hulle sal slegs hierdie betaling kan maak nadat die Ontvanger van Inkomste hulle voorsien
het van ‟n belastingaanwysing. Indien u belastingsake agterstallig is, soos bv.
belastingopgawes wat nie op datum is nie, mag die Ontvanger van Inkomste hierdie
belastingaanwysing terughou, wat sal lei tot ‟n vertraging in die betaling van u
aftreevoordeel.
Nadat u besluit het watter gedeelte van u voordeel u in kontant gaan neem, moet u besluit
watter tipe pensioen u met die balans (indien enige) van u aftreevoordeel wil aankoop. U
moet ook besluit van watter geregistreerde versekeraar u hierdie pensioen wil koop.
6. MAANDELIKSE PENSIOEN – ONMIDDELLIKE ANNUÏTEITEEen moontlike tipe pensioen wat gebruik kan word is ‟n onmiddellike annuïteit. Dit is ‟n
kontrak tussen u en die versekeringsmaatskappy waaronder die versekeringsmaatskappy
onderneem om aan u „n gereelde maandelikse pensioen te betaal vir die res van u lewe,
in ruil vir die betaling van ‟n sekere bedrag. Die versekeringsmaatskappy sal voortgaan
met die betaling van u pensioen vir solank as wat u lewe. Die versekeraar dra dus die
risiko dat u lank na aftrede sal lewe. Hierdie tipe annuïteit beskerm u dus teen ‟n situasie
waar u moontlik u aftree-kapitaal kan uitleef.
Die Fonds waarborg nie hoeveel hierdie maandelikse inkomste sal wees nie. Die
maandelikse inkomste word bepaal deur die grootte van u aftreevoordeel onder die Fonds,
hoeveel daarvan u gebruik vir die aankoop van „n pensioen en die voordele wat aangebied
6 van 11
word deur die versekeringsmaatskappy. Versekeraars neem verskeie faktore in ag
wanneer hulle bereken watter maandelikse pensioen aan u betaal kan word. Sekere van
hierdie faktore word hieronder genoem en kortliks bespreek. U word egter aangeraai om
hierdie faktore in meer besonderhede met u finansiële adviseur te bespreek.
6.1 U ouderdom
Die versekeraar sal ‟n groter bedrag nodig hê om ‟n gegewe vlak van pensioen te verskaf
vir ‟n jonger persoon.
Dit is omrede hulle sal verwag dat ‟n jonger persoon langer na aftrede sal lewe en hulle
gevolglik meer pensioenbetalings sal moet maak. Gevolglik sal ‟n ouer persoon in ‟n
posisie wees om ‟n groter maandelikse inkomste te koop, met dieselfde kapitale bedrag.
6.2 Voorsiening vir u eggenote
U kan reël om ‟n maandelikse pensioen te ontvang wat slegs betaal word vir solank as wat
u lewe. Alternatiewelik kan u reël dat die pensioen voortgaan na u afsterwe, en betaal
word aan u eggenote of ‟n ander genomineerde persoon. Die versekeraar sal uiteraard
meer vra vir ‟n pensioen wat voorsiening insluit vir ‟n eggenote pensioen, omrede hulle
weereens sal verwag om so ‟n pensioen vir langer te betaal. Indien u dus voorsiening wil
maak vir ‟n eggenote pensioen, kan u verwag om ‟n ietwat laer maandelikse pensioen vir
dieselfde bedrag te kan koop. U sal egter die wete hê dat u voorsiening gemaak het vir
die finansiële sekuriteit van u eggenote of afhanklikes na u afsterwe.
6.3 Insluiting van ‟n gewaarborgde periode
Indien u ongetroud is of nie voorsiening maak vir ‟n eggenote pensioen nie, sal u pensioen
staak of verminder indien u kort na aftrede tot sterwe kom. ‟n Moontlike opsie wat u kan
oorweeg is om voorsiening te maak vir ‟n gewaarborgde periode in u pensioen kontrak.
Die mees algemene gewaarborgde periodes is 5 of 10 jaar.
Indien u pensioen bv. gewaarborg is vir 5 jaar, sal dit beteken dat indien u tot sterwe kom
sê 2 jaar na aftrede, sal u volle pensioen betaal word vir die balans van die 5 jaar periode.
Hierdie betaling sal gemaak kan word aan u eggenote of aan u boedel. ‟n Pensioen wat
voorsiening maak vir ‟n gewaarborgde periode sal weereens ietwat meer kos as ‟n
7 van 11
pensioen sonder ‟n gewaarborgde periode. U moet dus besluit of so ‟n gewaarborgde
periode wel noodsaaklik is.
Indien u getroud is en voorsiening wil maak vir u eggenote of afhanklikes na u afsterwe,
sal dit waarskynlik meer toepaslik wees om voorsiening te maak vir ‟n eggenote pensioen
eerder as ‟n gewaarborgde periode.
6.4 Voorsiening vir pensioenverhogings
Die koopkrag van ‟n pensioen wat nie jaarliks verhoog nie, sal baie vinnig deur inflasie
verminder word. Indien pryse bv. jaarliks met 10% verhoog en u pensioen bly
onveranderd, sal die koopkrag van u pensioen halveer in ongeveer 7 jaar en weer halveer
na 14 jaar. Meeste pensioenarisse kan verwag om minstens so lank op aftrede te wees.
Dit is dus van uiterste belang dat u voorsiening maak vir pensioenverhogings.
Uit die aard van die saak sal die versekeraar meer vra vir ‟n pensioen wat jaarliks verhoog
as vir ‟n pensioen wat op ‟n vaste vlak bly. Dit beteken dat, indien u voorsiening maak vir
toekomstige verhogings in u pensioen, die aanvanklike pensioen wat u sal ontvang minder
sal wees as die pensioen wat u sou ontvang indien u nie voorsien het vir enige verhogings
nie. Na ‟n paar jaar, en ‟n paar verhogings, sal die twee pensioene egter dieselfde vlak
bereik en hierna sal die pensioen wat voorsiening maak vir groei op ‟n hoër vlak wees as
die aanvanklike geen-groei pensioen.
Hierdie situasie word grafies verduidelik in die voorbeeld hieronder. Die voorbeeld
aanvaar dat dieselfde kapitale bedrag gebruik word om twee pensioene te koop, die een
op ‟n vaste vlak en die ander een wat verhoog teen 8% per jaar.
R2 565R2 500R2 435R2 370R2 305R2 240R2 175R2 110R2 045R1 980R1 915R1 850R1 785R1 720R1 655R1 590R1 525R1 460R1 395R1 330R1 265R1 200R1 135R1 070
R1 005 R940 R875 R810 R745 R680 R615 R550
60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80
Ouderdom
Pens
ioen
p
Pensioen
8 van 11
‟n Pensioen wat nie voldoende voorsiening maak vir toekomstige verhogings nie, sal u dus
wel ‟n groter inkomste in die beginjare van u aftrede gee, maar u lewenstandaard sal
dramaties val soos wat u ouer word.
Daar is verskeie tipes pensioenverhogings waarvoor voorsiening gemaak kan word. U
finansiële adviseur sal u in hierdie verband kan bystaan.
7. MAANDELIKSE PENSIOEN – LEWENDE ANNUÏTEITE‟n Relatief nuwe tipe annuïteitsproduk wat deur versekeraars gebied word, is die
sogenaamde lewende annuïteit. Hierdie annuïteite werk op die volgende basis.
i) U enkelbedrag word belê in ‟n beleggingsportefeulje van u keuse, gekoppel aan die
lewende annuïteit.
ii) U besluit jaarliks op die vlak van inkomste wat u wil onttrek uit hierdie
beleggingsportefeulje. Hierdie inkomste moet tussen 5% en 20% van die
markwaarde van die belegging wees.
iii) Die verskil tussen die persentasie onttrekking wat u uit die belegging maak, en die
beleggingsopbrengs, word herbelê ten einde toe te laat dat die beleggingsportefeulje
groei. Hoe minder u dus onttrek op ‟n jaarlikse basis, hoe groter sal u
beleggingsportefeulje word.
Lewende annuïteite is gesofistikeerde produkte, maar het wel sekere addisionele risiko‟s:
i) Indien u trekkings aanvanklik te hoog is, sal die koopkrag van u
beleggingsportefeulje daal met inflasie.
ii) Dit is moontlik dat u u pensioen kan uitleef voor u afsterwe.
iii) U dra die volle beleggingsrisiko op die beleggingsportefeulje.
Lewende annuïteite moet slegs oorweeg word deur lede wat ten volle die risiko‟s en
werking van hierdie tipe produk verstaan.
U sal kundige advies nodig hê om te besluit oor die toepaslike lewende annuïteit, die vlak
van jaarlikse trekking en die beleggingstrategie wat gevolg moet word.
9 van 11
Kontak asseblief ‟n finansiële adviseur met die nodige ondervinding indien u belang stel
om van hierdie produkte gebruik te maak.
8. U FINANSIëLE ADVISEURDit mag vir u van waarde wees om met „n finansiële adviseur te gesels voordat u besluit
na watter annuïteit of in watter formaat u u aftreevoordeel wil neem. Die vraag is egter
hoe kies „n mens „n finansiële adviseur?
Finansiële adviseurs val normaalweg in een van twee kategorieë:
i) Agente (ook genoem verteenwoordigers), is persone wat gekoppel is aan „n
spesifieke versekeringsmaatskappy en gewoonlik slegs die produkte van
daardiemaatskappy verkoop; of
ii) Onafhanklike makelaars, wat u kan adviseer van produkte van verskeie
versekeringsmaatskappye.
Baie persone kies hul finansiële adviseurs op die basis van aanbevelings wat aan hulle
gemaak word deur vriende of familie. U finansiële adviseur moet egter gekwalifiseerd,
kundig en betroubaar wees. U betaal inderwaarheid vir hierdie kundigheid. U finansiële
adviseur moet ook u persoonlike omstandighede en behoeftes verstaan.
Let op dat die Raad van Trustees nie in „n posisie is om enige adviseur of groep van
adviseurs aan te beveel nie. U moet u eie keuse van adviseur maak. Indien u egter nie „n
besluit kan maak nie, kan u die plaaslike kantoor van enige van die groter
versekeringsmaatskappye skakel. Vra dan om met „n agent van daardie maatskappy te
gesels. Alternatiewelik kan u ook die dienste van „n onafhanklike makelaar gebruik.
Onafhanklike makelaars kan in hulle eie diens wees of kan behoort aan een van die groter
koöperatiewe finansiële dienste maatskappye, wat „n groot aantal makelaars in diens het.
Finansiële adviseurs word besoldig deur middel van kommissie, soos neergelê deur die
versekeringswet. Hierdie besoldiging is ten opsigte van die werk wat hulle vir u doen en
die kundigheid wat hulle bied. U word dus aangeraai om omvattende advies van u
adviseur in te win.
10 van 11
U mag versoek dat u adviseur die vlak van kommissie wat hy verdien aan u bekend maak.
9. ADDISIONELE INLIGTING9.1 Hoe moet ek die Fonds se administrateurs inlig dat ek van plan is om af te tree onder
die Universiteit van Stellenbosch Aftredefonds?
Om te verseker dat u aftreevoordele en instruksies in plek is op die datum van u aftrede,
moet minstens 3 maande kennis gegee word van u voorneme om af te tree. Op daardie
stadium sal u versoek word om „n aftrede-eisvorm te voltooi. Nadat u die vorm voltooi het,
sal die Afdeling Menslike Hulpbronne die dokument stuur na die Fonds se administrateurs,
Alexander Forbes Finansiële Dienste. U moet duidelik op u aftreevorm aandui watter
gedeelte van u aftreevoordeel u as ‟n kontantvoordeel wil neem. U moet ook detail
verskaf rondom die annuïteitsproduk wat u wil aankoop met die balans van u voordeel
(indien enige). Verder moet u asseblief die inligting van u finansiële adviseur verskaf,
sowel as „n afskrif van u pensioenkontrak se aansoekvorm.
9.2 Kan ek „n pensioen aankoop van meer as een versekeringsmaatskappy?
Ja. U mag tot soveel as vier verskillende annuïteite aankoop. Daar is egter sekere
beperkings in hierdie verband, wat u finansiële adviseur aan u sal kan verduidelik.
9.3 Indien my aftreevoordele nie betyds betaal word nie, sal ek enige rente daarop
verdien?
Ja. Die Trustees bepaal van tyd tot tyd watter rente op laat betaling van voordele betaal
moet word. Hierdie koers is gekoppel aan 32-dae vaste deposito koerse wat beskikbaar is
by die grootste kommersiële banke.
9.4 Wanneer kan ek verwag dat my aftreevoordeel aan my betaal word?
Die administrateurs sal poog om u aftreevoordele te betaal binne ses tot ag weke vanaf u
laaste dag van diens, maar nadat die volgende prosedures afgehandel is:
i) U aftrede-eisvorm voltooi is;
ii) U aangedui het na watter annuïteitsproduk u fondse wil oorbetaal (indien u gekies
het om ‟n annuïteit te koop);
iii) U eisvorm nagegaan is deur die Afdeling Menslike Hulpbronne;
11 van 11
iv) Die administrateurs u voordeel bereken het, insluitend die beleggingsopbrengs wat u
verdien het; en
v) „n Belastingaanwysing deur u plaaslike belastingkantoor uitgereik is.
Die algemene redes vir vertragings in die betaling van voordele, is dat die eisvorm nie
volledig voltooi is nie, of dat die Ontvanger van Inkomste nie „n belastingaanwysing wil
uitreik nie as gevolg van probleme met die lid se belastingopgawes.
10. SAMEVATTINGWanneer u u aftrede beplan, is dit belangrik om te oorweeg hoeveel geld u sal benodig op
‟n maandelikse basis ten einde u lewenskostes te dek. U sal dus moet verseker dat u
pensioen minstens genoeg is om hierdie uitgawes te dek. Dit is ook belangrik dat u
verseker dat u pensioen sal groei, ten einde u te beskerm teen inflasie. U moet ook seker
maak dat u pensioen minstens sal voortgaan vir die balans van u lewe, sowel as die van u
eggenote indien hy of sy finansieel van u afhanklik is.
NOTAHierdie handleiding is nie „n totaal omvattende dokument nie. Dit is eerder opgestel om
sekere van die belangrikste aspekte rondom om u aftrede onder die Universiteit van
Stellenbosch Aftredefonds uit te wys. Die handleiding sal van tyd tot tyd opdateer word,
maar mag op sekere stadiums nie ten volle op datum wees nie. U finansiële adviseur sal
beskikbaar wees om u van die jongste veranderings in wetgewing in te lig.
Die handleiding beskryf verskillende voordele wat gebied word onder die Universiteit van
Stellenbosch Aftredefonds. Die voordele wat lede onder die Fonds geniet, is uiteengesit in
die geregistreerde Reëls van die Fonds. Terwyl alles moontlik gedoen is om seker te
maak dat hierdie handleiding akkuraat is, sal die Fonds se Reëls die finale uitspraak lewer
in geval van enige verskille.
Hierdie handleiding dek nie die vrystaande Groeplewensversekeringskema van die
Universiteit van Stellenbosch nie.
RM0378-USAF Handleiding tot die Aftreeproses (Januarie 2011)
top related