dringendeappel staat skop...ni-zuma as minister van same-werkende regering en tradisio-nele sake wat...

Post on 05-Oct-2020

3 Views

Category:

Documents

0 Downloads

Preview:

Click to see full reader

TRANSCRIPT

The copyright act of 1978 (as amended) prohibits the reproduction of this copy IN ANY FORMAT, (See Clause 4 Terms andConditions) without prior permission of the original publisher.

Publication

BEELD

Page

1

Date

Thurs 28 May2020

AVE(ZAR)

8739.23

DRINGENDEAPPEL

Staat skopvas oor syinperkreels'Binne dieraamwerkvan wet;had doel"Llewellyn Prince

Pres. Cyril Ramaphosa en syministers meen alle inperkings-regulasies is behoorlik uitge-vaardig, het 'n spesifieke doel ge-dien én is binne die raamwerkvan die Wet op Rampbestuur.

Dit is waarom die kabinet vol-gens Jackson Mthembu, minis-ter in die presidensie, gister be-sluit het om dringend teen regterNorman Davis se uitspraak teappelleer.

Die kabinet het ook die verlen-ging van die nasionale ramptoe-stand van 15 Junie tot 15 Juliegoedgekeur, sê Mthembu.

Ingevolge die rampbestuurs-wet kan 'n ramptoestand net90 dae geld, waarna dit op 'nmaandelikse grondslag verlengmoet word.

Davis het Dinsdag in die hoog-geregshof in Pretoria bevinddat talle van die regulasies virvlak 4 en vlak 3 van die inper-king irrasioneel, ongrondwetliken ongeldig is.

Die dringende aansoek is inge-dien teen dr. Nkosazana Dlami-ni-Zuma as minister van same-werkende regering en tradisio-nele sake wat verantwoordelik isvir die regulasies.

Davis het die regering 14werkdae gegun om die ongrond-wetlike regulasies te heroor-weeg, te wysig of te verander.

Mthembu het gistermiddag op'n mediakonferensie in Pretoriagesê die uitspraak was die hoof-

, a*

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma

item op 'n spesiale kabinetsver-gadering.

"Nadat ons regsadvies ingewinen na verskeie regslui se kom-mentaar geluister het, is ons vanmening dat 'n ander hof tot 'nander gevolgtrekking sal kom."

Ramaphosa en dr. Zweli Mkhi-ze, minister van gesondheid, salhulle by Dlamini-Zuma in die ap-pêlaansoek aansluit.

"In die toepassing van die in-grypings het die regering deurlo-pend met alle sektore van die sa-melewing beraadslaag omdat diestryd teen Covid-19 'n nasionalepoging is," het Mthembu gesê.

Die kabinet het dit ook duide-lik gemaak dat die regulasiesvan krag bly.

Prof. Elmien du Plessis, grond-wetkenner aan die Noordwes-Universiteit, sê dit is goed datdie kabinet wil appelleer.

Sy sê dit was 'n "problematie-se uitspraak".

"Dit sal goed wees om reg-sekerheid te kry.

"Dit is nie moontlik om alleregulasies ongrondwetlik te ver-klaar net omdat sommige on-grondwetlik is nie. Die regtermoes elke regulasie individueelbeoordeel en 'n bevinding oorelkeen gemaak het.

"Ons weet nie watter is spesi-fiek ongrondwetlik nie en dithelp nie om dit in die ministerse hande te los om dit te beoor-deel nie."

Nog hofsake is die regering sevoorland omdat politieke partyeen ander organisasies die geldigheid van sy besluite daar blytoets.

Adv. Thuli Madonsela skryfintussen ook in 'n ope brief inFinancial Mail aan Ramaphosadat daar toenemende teenkan-ting teen die regering se maat-reëls is.

"Die Grondwet bepaal dat geengedeelte van die gemeenskap on-billik en onregverdig uitgesluitmag word van geleenthede, bron-ne, voordele en voorregte nie,"waarsku Madonsela.

"Dit is belangrik dat u weetdaar is toenemende ongerust-heid oor die billikheid van som-mige van die Covid-19-maat-reëls."

'n Peiling deur die Universi-teit van Johannesburg (UJ) endie Raad vir Geestesweten-skaplike Navorsing (RGN) hetbevind dat die meeste Suid-Afri-kaners anders oor die saak kanvoel.

Sowat twee derdes van hulle isvolgens die peiling bereid omvan hul grondwetlike regte pryste gee in die bekamping van dievirus.H Nog oor hofsake op bi. 2, oorpeiling op bi. 6.

Om te appelleer was diemees aangewese keuse virdie regering, sé prof. KoosMalan, grondwetkennervan die Universiteit vanPretoria.

Dit is veral omdat diehooggeregshof se uit-spraak volgens Malan baiebreed is en sodoende ver-skeie regs- en politieke ge-volge sal hê omdat dit die"regulasies tot in hul fon-damente geskud het".

Regering se inperkingreëls van alle kante beveg - bi. 2

top related