bronnie brokkies u ons eerste uitgawe - sawa.org.za · koos en sarel besluit om ’n vark te gaan...
Post on 03-Dec-2018
228 Views
Preview:
TRANSCRIPT
Dit is vir my ‘n groot voorreg en eer om die eerste uitgawe van die nuusbrief vir Bronberg Satelliet aan
julle voor te lê.
Net soos ‘n suksesvolle streek nie sonder sy lede kan funksioneer nie, so ook ‘n nuusbrief. Ek wil almal
graag uitnooi om aktief betrokke
te raak by die nuusbrief met in-
sette, artikels, fotos, resepte ens.
Onthou, hierdie is ONS nuusbrief.
Laat weet my wat julle graag op ‘n
maandelikse basis in jul nuusbrief
wil lees.
Advertensie spasie sal ook van
volgende maand af beskikbaar
wees, as julle dalk wil adverteer.
Enige bydrae tot die nuusbrief kan
aan my gestuur word op my e-pos
adres. Let asseblief afsluitdatum vir artikels en advertensies is die 15de van elke maand.
minethe@mtnloaded.co.za
Gesëënde en Voorspoedige
2012 aan all Bronbergers en
mede Sawanante. Mag julle met
liefde, vrede en geluk oorweldig
word deur God se liefde en
genade. Mag 2012 die jaar wees
vir SAWA, waarin SAWA sal
groei van krag tot krag en dat
ons mekaar sal verdra en sal
lewe soos God van ons verwag.
Bronberg Sattelliet beoog om
hierdie jaar ons aansoek om
volwaardige streek in te dien by
Streek Jakaranda.
Ons het ook ‘n kompetisie
geloots vir ons embleem.
Ons beplan verskeie
fondsinsamelings projekte vir
die jaar en beoog ook om as ‘n
“streek” die kongres by te
woon.
ONS EERSTE UITGAWE
I N H I E R D I E
U I T G A W E
Oordenking vir
die maand
2
Hoe gaan dit
lyk?
2
Waar was jy in
Desember?
2
Op ‘n ligter
noot
3
Lief en Leed &
Verjaarsdae
3
Vir die Klein-
span
3
Kaia Manzi
Program
4
Die Strydom
Gesin
4
Kalender 5
Resep vir die
maand
6
ONS SAMEROEPER SÊ...
BRONNIE BROKKIES J A N U A R I E 2 0 1 2 U I T G A W E 1
VOLGENDE KAMP
NKWE
17/18/19 FEBRUARIE
Kampkommandante:
Roelf Strydom
082 704 0015
en
Lea Langenhoven
072 174 5335
Kerskamp 2011-Sondela
ROELF STRYDOM
B L A D S Y 2
God van die lig, ek
wil nie een oomblik
sonder u genade leef
nie. Bly by my, asse-
blief.
Hoe gaan dit lyk?
OORDENKING VIR DIE MAAND FOKUS OP HOM!
Moses het vir die volk gesê:
“Hou op om bang te wees.”
Eksodus 14:13, Die Boodskap
“Jy sal hierdeur kom,” verse-
ker ons ‘n vriendin wat stoei
in haar storm en: “Byt vas, my
kind,” moedig ons ons kinders
aan wanneer hulle ‘n berg
moet klim. Ons wéét mos al
dat moeilike tye nie vir altyd
aanhou nie. Maar al sê ons dit
vir ander, is dit soms bitter
moeilik om die belofte ons eie
te maak wanneer ons self
deur ‘n krisis gaan. Dan sien
ons nie sommer die lig aan die
einde van die tonnel nie en is
die silwer randjie om die
donker wolk nie altyd sigbaar
nie.
Hoe kom ‘n mens dan deur ‘n
krisis?
Een seker manier om
daardeur te kom is om
minder op die probleem te
konsentreer en meer op
Hóm—die groot God wat
hemel en aarde in die palm
van sy hand hou—te fokus.
‘n Tweede onfeilbare resep is
om in sulke tye moeite te
doen om sy teenwoordigheid
op te soek. Praat onverpoos
met Hom, soek antwoorde in
sy Skrif en vra ander ge-
lowiges om namens jou by
Hom in te tree.
Luister in die derde plek na
die wysheid wat die Vader jou
gee en doen wat nodig is om
te doen.
Maak seker dat jy, wanneer jy
moet vasbyt, meer as ooit binne
die genadesfeer van jou Vader
bly. Dis die één plek waar jy
veilig is.
Die embleem wat gekies
word—sal ‘n klein prysie
ontvang.
Die embleem moet een of
meer van die volgende ele-
mente bevat:
Aalwyn/e
Rivier
Berg
En natuurlik ons naam!
Alle inskrywings kan aan die
volgende e-pos gestuur word:
minethe.owen@hotmail.com
Alle ontwerpe moet in Jpeg
formaat wees asseblief.
Soos julle teen die tyd weet,
hoop ons om hierdie jaar as ‘n
streek te registreer en vra
daarom almal se hulp.
Ons het ‘n embleem nodig
om ons streek te eien.
Haal uit julle potlode en laat
die kreatiewe spiertjies oefen-
ing kry!
‘n Paar
Bronbergers
gedurende die
Desember
vakansie in
Badplaas
B R O N N I E B R O K K I E S
Help ons asseblief om ‘n
embleem te ontwerp vir ons
streek.
Prys vir wen komposisie!!
Waar was julle vir die Desember vakansie?
Milanie Vosloo
BEAUTY & THE BEAST
MNR. “MAROELA”
TOE WORD ONS DORS!
ONSE
TORT
EL-DUIFIE
S
YUMMY!!
!
Waar wil jy die kamera druk?
Span met die meeste gees!
OP ‘N LIGTER NOOT...
B L A D S Y 3 U I T G A W E 1
Koos en Sarel besluit om ’n
vark te gaan steel op ’n plaas
net buite hulle dorp in
Namakwaland.
Om nie aandag te trek nie het
hulle vir die vark ’n broek en
baadjie aangetrek en sit ge-
maak tussen hulle voor in die
bakkie.
Maar soos die ongeluk dit wil
hê steel hulle die vark op
dieselfde dag as wat die dorp
se polisie hul jaarlikse pad-
blokkade hou.
Toe hulle stop by die polisie
skyn die sersant sy flits in die
bakkie: “Naand Koos, naand
Sarel.” “En wie is jy kêrel?”
vra die sersant vir die vark.
Met die pomp Sarel die vark in
die sy met die elmboog en die
vark maak “ORG!”.
“Nou maar bly te kenne Org”
sê die sersant. “Julle kêrels
kan nou maar ry.”
Soos hulle wegry sê die
sersant vir die konstabel:
“Ek het al lelike knape
in my lewe gesien, maar
dit span die kroon. Org
kan nog gaan, maar daai
Koos en Sarel is darem
vrek lelik.”
KAN JY RAAI?
Taai katonkel
Lekker kabonkel
Eers in die boud
Dan in die sout
Arrie tiet
Arrie tat
Vyf molle in een gat.
JANUARIE
17 - Corlia Walker
Johann Walker
26 - Megan Owen
29 - Ignie Van Rooyen
Ons eerste bruilof!Ons eerste bruilof!Ons eerste bruilof!Ons eerste bruilof!
Baie geluk, aan Louis Jnr en
Adeléne wat op 27 January 2012
in die huwelik tree.
Baie geluk aan oom Louis en
Tannie Lea met julle seun se
groot stap!
Lief en Leed Verjaarsdae
Vir die kleinspan
Stuur asseblief
enige nuus—
goeie en
slegte. Ons
wil graag alles
met julle deel!
Tone in ‘n skoen Biltong
B L A D S Y 4
Koste:
R360.00
Kampkommandante:
Maritha Pienaar
082 446 1681
Louis van Blerk
083 265 4056
Ons stel voor… Die Strydom Gesin
Kaia Manzi Naweek Program
27/28/29 Januarie 2012
V R Y D A G A A N D :
17:00 Warmbrakke
(R10)
Skakel Maritha
vir bestelling.
19:00 Boekevat
S A T E R D A G :
09:30 Boekevat
Inbetaling kamp
fooie (Johan
Breedt)
10:00 Speletjies
15:00 Koek & Tee
Langenhovens
17:30 Bring & Braai
Vure, slaaie, pap
& sous sal
voorsien word.
S O N D A G :
Kort Erediens - tyd sal op
Kamp aangekondig word.
Afsluiting.
Geniet die res van die dag.
A N T I O N E T
Antionet Joubert is in die
Jakaranda Stad gebore.
Sy het haar skoolloopbaan aan Hoërskool Silverton
voltooi.
Sy het as ‘n haarkapster
gekwalifiseer aan die
Technikon Pretoria.
Sy werk tans by Deo Vo-
lente in Kempton Park.
Alhoewel sy ook ‘n Bul
onderstuener is - is haar
gunsteling kleure Pienk en
Swart (ons sal daaraan
moet werk).
Haar gusteling kos is
prawns, maar sy kan nie
sonder haar Coke Zero en
Simba chips klaarkom nie!
Sy luister ook graag na
ligte Afrikaanse musiek,
veral Juanita du Plessis.
R I O N E T
Rionet is Roelf en Antionet
se enigste dogter en is in
Midrand gebore.
Sy is hierdie jaar in Graad 8 (standerd 6) by die Hoër-
skool Birchlei.
Haar gunsteling kleur is
ook pienk en nes ma en pa
ondersteun sy ook die
Blou-Bulle.
Die kossoort waarvan sy
die meeste hou is Chicken
A La King.
Rionet sê sy kan nie sonder
haar selfoon oor die weg
kom nie (ons het dit De-
sember agtergekom)!
Haar huidige kêrel (ja
huidig—sy is nog jonk en
daar is nog baie vissies in
die see) se naam is Dylan!
Lyk hy dalk soos Bobby
van Jaarsveld?
R O E L F
Roelof Frederick Strydom
is in Germiston gebore.
Hy het sy matriek aan Hoërskool Kushke in Piet-
ersburg voltooi.
So tussen die rugby deur
het hy sy ‘Transport Man-
agement Diploma’ aan
RAU voltooi.
Hy werk tans by die
Ekuruleni Metro.
Ons almal weet Roelf se
gunsteling rugbyspan is die
Blou Bulle en soos wat dit
enige ordentlike ondersteu-
ner betaam is sy gunsteling
kleur blou.
Sy gunsteling kos is
braaivleis en pap!
Sy gunsteling kunstenaar is
Juanita du Plessis.
B R O N N I E B R O K K I E S
GPS:
S25 53.408
E28 41.351
ROELF & ANTIONET
RIONET
U I T G A W E 1
Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag
1 2 Marinda Nieuwenhuizen
3 4
5 6 7 8 9 10 Oop NUB
11 Oop NUB
12 Oop NUB
13 14 15 16 17
Nkwe
18
Nkwe
19 Nkwe Roelf & Antionet
20 21 22 23 24 25
26 27 28 29
Februarie 2012
B L A D S Y 5
Simbole:
Kampe
Huweliksherdenkings
Verjaarsdae
Voorbereiding Onthou net weer dat hierdie is net ‘n aanwysing en omdat elke mens se smaak gaan verskil - meng al die bestandele (die hoeveelhede is jou keuse) na jou eie smaak. Smeer bietjie mosterd aan beide kante van die steak. Plaas dan jou steak in ‘n plastieksak.
RUMPSTEAK (KRUISSKYF)
Bestanddele Die volgende is vir een lekker dik kruisskyf – pas maar die bestand-
dele aan vir meer as een stuk. Een ordentlike dik skyf rumpsteak - dit moet darem so bietjie gelê het om ryp te word Balsamic asyn Extra virgin olyfolie cold pressed Koljanderkorrels fyngestamp – omtrent ‘n eetlepel Peperkorrels fyngestamp – om-trent ‘n halwe eetlepel Tiemie - vars of uit die botteltjie – omtrent ‘n teelepel of twee Mosterd (warm Engelse mosterd van Colman’s) Knoffel – een hele huisie knoffel – sommer so met skil en al Growwe Sout Twee redelike groot plastieksakke - sommer hierdie groot wittes wat jy by die supermarkte kry – sorg net dat jy dit eers skoonwas
Sprinkel nou bietjie Balsamic asyn in die sak. Sprinkel bietjioe olyfo-lie in die sak. Gooi nou die res van die bestanddele ook in die sak. Knoop die sak baie styf toe (pers eers al die lug uit) en vryf die bestanddele in, deur die sak te vryf sodat dit meng. Plaas dan die toegeknoopte plastieksak binne nog een sodat die lekker sousie nie uitlek nie en knoop dit ook styf toe. Laat dit dan staan vir so hele paar uur voor jy braai.
Gaarmaak Braai daardie steak op vuurwarm kole. Dit moet vinnig omgedraai word sodat dit die sap binne seel. Braai daardie kruisskyf nou so - buite moet hy baie mooi gebraai wees (manne – dis daardie kleur van ‘n mooi meisie se lyfie as sy in die somervakansie op die strand gelê en tan het) en binne moet hy sappig en “medium tot rare” wees.
Resep vir die maand
Heerlike Rump resep vir die braai
Sameroeper: Roelf Strydom
082 704 0015
roelf.strydom94@gmail.com
Sekretaris: Lea Langenhoven
072 174 5335
birchlei@mweb.co.za
Penningmeester: Johan Breedt
082 922 4995
mjb06@live.co.za
Redakteur: Minethe Owen
076 539 8308
minethe@mtnloaded.co.za
Addisionele Lid: Lelanie Krüger
082 320 0184
Lelanie.kruger@afriteksa.co.za
BRONBERG BESTUUR
VEILIG SLEEP TOT ONS
MEKAAR WEER SIEN!
MISSIE
Om te streef daarna om vir alle Afrikaans georiënteerde woonwagangers met Christe-
like beginsels, ‘n tuiste te bied waar hulle hul beginsels en kultuur kan uitleef en die
geleentheid te skep waar dit saam met gees-
genote so bekostigbaar as moontlik gedoen kan word.
Om die belange van ons lede te bevorder deur onderhandeling en samewerking met
ander instansies.
Om die balans tussen die belange van die
natuur en die mens te handhaaf.
Om in alles die Hand van die Skepper te sien
en Hom daarvoor te huldig.
www.sawa.org.za
top related