algemene inligting ommunikaatjiegkcenturion.co.za/wp-content/uploads/2018/02/1-feb.pdf · saam met...

4
8 EREDIENSTYE Afrikaanse Diens: 9:00 en 18:00 Engelse Diens: 11:00 Sothodiens: 12:30 ALGEMENE INLIGTING KOLLEKTES Tydens erediens: Barmhartigheid By die deure: Sustentasie DIENSBEURTE: Ouderling: Pieter Erasmus Diaken: Hennie vd Vyver NUWE INTREKKERS Alle nuwe intrekkers word gevra om na die erediens voor by die klavier aan te meld. KOMMUNIKAATJIE ELEKTRONIES: www.gkcenturion.co.za EREDIENSTE OP INTERNET: http://kerkdienstgemist.nl/assets/516 KATKISASIE: Vandag: Les 02 Ps 100:2 Volgende week: Les 03 Ps 100:2 Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Inbetalings vir die Susters: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Susters Bank: ABSA Lyttelton KONTAKBESONDERHEDE Kantoorure: Ma-Do 08:00 - 13:00 Telefoon: 012 664 2614 Basdenlaan 226 Faks: 012 664 0004 Lyttelton 0140 Epos: Koördineerder—[email protected] (amptelike pos van kerk/kerkraad) Attes Skriba—[email protected] (Attestate en databasis) Kerkkantoor—[email protected] (Kommunikaatjie en algemene navrae) Ds Maarten van Helden : 012 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger : 012 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 012 347 0494/ 084 263 2055 Koördineerder: Frans van Dyk: 664 0060/ 082 851 4558 Familie Kamp 25-27 September 2015 te Weesgerus 4 bed huis vir die hele naweek met etes ingesluit R1000 (prys vir die hele huis) 6 bed huis vir die hele naweek met etes ingesluit R1500 (prys vir die hele huis) Kamp vir die hele naweek met etes ingesluit R400 (6 persone per staanplek) Kontak: [email protected] K OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion Jaargang 40 Nr 03 1 Februarie 2015 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za K Liturgiese Riglyne SONDAGAAND 18:00 Skriflesing: Mat 26:36-46 Teksvers : Mat 26:36 Sing: Ps 31-1:1 Lied 562:1 Sb 10-2 Sb 13-2 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Nicolene Wattel Klank: Hein Kaiser Prediker: Ds Gerrit Kruger SONDAGOGGEND 9:00 Skriflesing: Heb 5:11 – 6:12 Teksvers : Hebreërs 6:1-3 Sing: Ps 68:9,15 Sb 7-2:1,2 Sb 2-2:1,2 Ps 119:7,14 Ps 40:2,5 Sb 13-3 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Jaco Wattel Klank: Charl vd Berg Prediker: Ds Paul vd Berg Vorentoe, agtertoe of al in die rondte? Die skrywer moedig die gelowiges aan om in hulle geloof te bly groei. Hy dui aan dat daar gelowiges is wat sonder enige entoesiasme godsdienstig is. Dan is daar ander wat hulle net by die basiese dinge van die Christelike geloof hou. Die skrywer spoor die gelowiges aan om vorentoe en dieper te groei in hulle geloof. Wat gebeur met jou in jou verhouding met die Here op die oomblik? Maal jy op een plek, draai jy al in die rondte, beweeg jy vorentoe of gaan jou verhouding met die Here stelselmatig agteruit? Mag die Heilige Gees jou in staat stel om, met Christus sentraal in jou lewe, met rasse skede te groei in die diepgang van jou geloof. Jesus bid drie maal na mekaar! Jesus Christus bid opreg, eerlik, ernstig! Jesus Christus bid DRIE MAAL namekaar! Gebed was uiters belangrik in die lewe van ons Here Jesus hier op aarde. Veral ook in tye van diepe swaarkry en voor Sy gevangene- ming het Jesus hom afgesonder en saam met sy dissipels gaan bid. Jesus het die voorbeeld gestel van die belangrikheid van gebed, al was Hy self ook waarlik God. Daarom dat die dissipels Hom ook gevra het, “Here leer ons bid” Luk 11:1.

Upload: others

Post on 24-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ALGEMENE INLIGTING OMMUNIKAATJIEgkcenturion.co.za/wp-content/uploads/2018/02/1-Feb.pdf · saam met ander ouers-met-babas meer te kom uitvind en gesels oor die belangrike werk om ons

8

EREDIENSTYE

Afrikaanse Diens: 9:00 en 18:00

Engelse Diens: 11:00

Sothodiens: 12:30

ALGEMENE INLIGTING

KOLLEKTES

Tydens erediens: Barmhartigheid

By die deure: Sustentasie

DIENSBEURTE: Ouderling: Pieter Erasmus

Diaken: Hennie vd Vyver

NUWE INTREKKERS

Alle nuwe intrekkers word gevra om na die erediens voor by die klavier aan te meld.

KOMMUNIKAATJIE ELEKTRONIES: www.gkcenturion.co.za

EREDIENSTE OP INTERNET: http://kerkdienstgemist.nl/assets/516

KATKISASIE: Vandag: Les 02 Ps 100:2 Volgende week: Les 03 Ps 100:2

Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton

Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton

Inbetalings vir die Susters: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Susters Bank: ABSA Lyttelton

KONTAKBESONDERHEDE

Kantoorure: Ma-Do 08:00 - 13:00

Telefoon: 012 664 2614 Basdenlaan 226 Faks: 012 664 0004 Lyttelton 0140 Epos: Koördineerder—[email protected] (amptelike pos van kerk/kerkraad)

Attes Skriba—[email protected] (Attestate en databasis) Kerkkantoor—[email protected] (Kommunikaatjie en algemene navrae)

Ds Maarten van Helden : 012 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger : 012 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 012 347 0494/ 084 263 2055 Koördineerder: Frans van Dyk: 664 0060/ 082 851 4558

Familie Kamp 25-27 September 2015 te Weesgerus

4 bed huis vir die hele naweek met etes ingesluit R1000 (prys vir die hele huis)

6 bed huis vir die hele naweek met etes ingesluit R1500 (prys vir die hele huis)

Kamp vir die hele naweek met etes ingesluit R400 (6 persone per staanplek)

Kontak: [email protected]

Jaargang 38 Nr 39 10 November 2013

K

OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion

Jaargang 40 Nr 03 1 Februarie 2015 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za

K

Liturgiese Riglyne

SONDAGAAND 18:00

Skriflesing: Mat 26:36-46

Teksvers : Mat 26:36

Sing: Ps 31-1:1 Lied 562:1 Sb 10-2 Sb 13-2 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Nicolene Wattel Klank: Hein Kaiser Prediker: Ds Gerrit Kruger

SONDAGOGGEND 9:00

Skriflesing: Heb 5:11 – 6:12 Teksvers : Hebreërs 6:1-3 Sing: Ps 68:9,15 Sb 7-2:1,2 Sb 2-2:1,2 Ps 119:7,14 Ps 40:2,5 Sb 13-3 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Jaco Wattel Klank: Charl vd Berg Prediker: Ds Paul vd Berg

Vorentoe, agtertoe of al in die rondte?

Die skrywer moedig die gelowiges aan om in hulle geloof te bly groei. Hy dui aan dat daar gelowiges is wat sonder enige entoesiasme godsdienstig is. Dan is daar ander wat hulle net by die basiese dinge van die Christelike geloof hou. Die skrywer spoor die gelowiges aan om vorentoe en dieper te groei in hulle geloof. Wat gebeur met jou in jou verhouding met die Here op die oomblik? Maal jy op een plek, draai jy al in die rondte, beweeg jy vorentoe of gaan jou verhouding met die Here stelselmatig agteruit? Mag die Heilige Gees jou in staat stel om, met Christus sentraal in jou lewe, met rasse skede te groei in die diepgang van jou geloof.

Jesus bid drie maal na mekaar!

Jesus Christus bid opreg, eerlik, ernstig! Jesus Christus bid DRIE MAAL namekaar!

Gebed was uiters belangrik in die lewe van ons Here Jesus hier op aarde. Veral ook in tye van diepe swaarkry en voor Sy gevangene-ming het Jesus hom afgesonder en saam met sy dissipels gaan bid. Jesus het die voorbeeld gestel van die belangrikheid van gebed, al was Hy self ook waarlik God. Daarom dat die dissipels Hom ook gevra het, “Here leer ons bid” Luk 11:1.

Page 2: ALGEMENE INLIGTING OMMUNIKAATJIEgkcenturion.co.za/wp-content/uploads/2018/02/1-Feb.pdf · saam met ander ouers-met-babas meer te kom uitvind en gesels oor die belangrike werk om ons

2

Ons gee om vir Mekaar “Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons.” Ps. 116:5

Die volgende lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra en ons vertrou dat hulle gesondheid vinnig sal verbeter

Casper Venter is in Unitas opgeneem met nierversaking (B6—654 8565).

Riana Carstens sterk nog aan in ZA hospitaal nadat sy geval het (C4—667 2370).

Kas van der Walt wag op uitslae na eerste chemobehandeling (C3—664 8284).

Lois v/d Walt is in Unitas hospitaal opgeneem (B1—654 1551).

Meelewing Meelewing word betuig met:

Albert en Yolande Venter met die afsterwe van Albert se moeder.

Willa Heystek en familie met die afsterwe van haar suster.

Engel en Dineke de Jonge met die afsterwe van Dineke se broer in Nederland.

Johan en Martie Rottier met die afsterwe van Martie se moeder gedurende Jan.

Vergaderings Die kleingroep-sameroepers wat se byeenkoms vir vandag op die kalender aangetoon word,

sal ongelukkig nie meer plaasvind nie. ʼn Ander datum sal later geskeduleer word.

5 Feb—Kerkraad 19:00

Aktiwiteite 2 Feb—Senior Aksie om 10:00

3 Feb—Bybelskool om 19:00

7 Feb—Ouers-met-babas Ratelgroep om 10:00

Waar kan jy diensbaar wees?

Hierdie is vir alle broers en susters van ons gemeente!

Ons benodig nog besoekers vir ons 80+ verjaarsdae asook vir lidmate wat vereensaam is of wat ekstra sorg nodig het. Kom gee asseblief jou naam op agter by die hoek in die saal, of kontak:

Amanda 084 9010109 of [email protected].

7

BIBLOS Die Biblos Bybelverspreidingsprojek het ten doel om Bybels te voorsien aan mense met wie ons daagliks in kontak kom. U kan deelneem deur mense te identifiseer wat nie ‘n Bybel besit nie, maar graag een sou wil hê. U kan die projek ook finansieel ondersteun, sodat ons Bybels kan aankoop. Vir verdere navrae kontak: Marlou vd Berg: 082 412 4313; Esmé van den Berg: 083 381 6428; Elsie Swanepoel: 083 787 8902; Annesta Wannen-burg: 083 751 2602 Finansiële Ondersteuning vir Biblos: Rekeningnaam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Reknommer: 600 340 409 Verwysing: “Biblos”

ouers-met-babas Ratelgroep

Hoe leer ek my baba van God?

Kan ek ‘n kinderbybel gebruik?

Wanneer bid ek saam met my kind?

Wat maak ek met baba in die kerk?

Kom gesels saam ook kinders se ontwikkeling van ‘n

godsbegrip!

DV Saterdag 7 Februarie 10:00 is jy welkom om saam met ander ouers-met-babas meer te kom uitvind en gesels oor die belangrike werk om ons kinders bewus te maak en op te voed om Christus as hulle eie verlosser te ken en erken, soos ons tydens

hulle doop belowe het.

Dr Erika van der Wateren kom handige inligting en

voorstelle met ons deel

Indien julle kom saamkuier, laat weet asseblief vir

Magda van der Schyff – 097 511 0196

'n Bybelse beradingskursus aangebied deur

Die Instituut vir Christelike Toerusting en Berading te GK Rietvallei

Vyf Saterdae per jaar vanaf 8:30 – 15:00 Die kursus strek oor die hele jaar en sal u kennis verbreed en vaardighede aanleer om sekere situa-sies korrek te hanteer as ouderling of lidmaat in u amp as gelowige, en ook om in ondersteunende hoedanigheid die leraar by te staan met veral die nasorg van sekere lidmate onder beproewing. Ons begin met ‘n basiese Bybelse Beradingskur-sus wat dien as basis vir die ander modules wat aangebied word. KURSUSINHOUD: 1. Bybelse begronding en skrifhantering in bera-

ding, met ‘n beradingsmodel. 2. Beradingstegnieke en kommunikasie in bera-

ding. 3. Jeugberading. 4. Huweliksberading en konflikhantering. 5. Die invloed van depressie op die huwelik en

gesinslewe (skoollewe). 6. Bediening van hoop aan die enkellopendes. 7. Trauma begeleiding. 8. Rousmart begeleiding. 9. Berading aan vigslyers en hul naasbestaan-

des. 10. Alkohol en dwelms: Berading aan die verslaaf-

de en sy gesin. 11. Bediening van hoop aan die homoseksuele en

hul naasbestaandes. 12. Die bediening van hoop aan die afgetredenes

en werkloses. 13. Interpersoonlike style. 14. Bediening van hoop aan die ouers van ’n ge-

stremde kind. 15. Bediening van hoop aan die bejaarde.

Vir verdere navrae: [email protected] Jannie 0834578075/Kantoor 012-9974228

Dameskamp 201515 – 17 Mei

Pure Joy GasteplaasHou die datum oop

Gal 5: 22: "Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid,

nederigheid en selfbeheersing.”

Hartklop Fees 2015 op 28 Maart 2015 Ten bate van die President Kruger Kinderhuise

NG Moreleta Ouditorium Kunstenaars: Bobby van Jaarsveld, Riana Nel,

Adam, Elvis Blue, Karlien van Jaarsveld. Kaartjies beskikbaar by Itickets

086 1000 291/www.itickets.co.za Kaartjie pryse: R110 – R250

Page 3: ALGEMENE INLIGTING OMMUNIKAATJIEgkcenturion.co.za/wp-content/uploads/2018/02/1-Feb.pdf · saam met ander ouers-met-babas meer te kom uitvind en gesels oor die belangrike werk om ons

6

Tema: “Julle is Sout en Lig”Spreker: Stephan JoubertDatum: Saterdag oggend 7 Maart 2015Tyd: Registrasie vanaf 7:30Plek: Wapadrant Gemeente,

Plot nr 3, Sunrise Weg, Olympus, PretoriaKoste: R125.00 per persoonKontak: Helene Kruger agter in Saal by Dames Tafel

082 448 3406* NB - Sluitingsdatum: 7 Februarie 2015

Vriendinne, Familie en dames van ander kerke is ook welkom!!

SUSTERSAAMTREK7 MAART 2015

Senior Aksie

Die Seniors kom weer Maandag 2 Februarie 2015 om 10:00 in die saal bymekaar. Die tema vir be-spreking is Begrawe of Verassing? Ds Paul sal die inleiding gee, waarna daar tyd vir bespreking en

vrae sal wees.

Die bestuur het ’n baie interessante jaarprogram vir 2015 opgestel. Nuwe lede, persone bo 60, word uitgenooi om aan te sluit en die byeenkomste by te

woon. Die ledegeld is R75 per persoon per jaar.

Die byeenkoms datums is 3 Maart, 4 Mei, 1 Junie, 3 Augustus, 7 September en 2 November. Hierdie datums is ook op die kerk se kalender aangedui. Alle byeenkomste begin om 10:00 en duur onge-veer 80 minute, om tyd te gee dat ons gesellig saam tee/koffie kan drink en kuier. Slegs 1 Junie

en 2 November begin die verrigtinge 12:00.

Ons sal weer soos in die verlede, tydens elke byeenkoms, geld insamel vir Eljadahuis – die by-

draes is heeltemal vrywillig.

Ons sien uit na ’n verreikende 2015

Albie Venter

Sonneblomfees GK Elandskraal te Mooinooi bied 27 en 28 Fe-bruarie ’n Sonneblomfees aan. Ons hou die fees in Mooinooi vir Mooinooi. Ons dorpie en die om-liggende omgewing is erg geraak in die laaste jaar met die staking en ons wil graag ʼn onder-steuningsraamwerk vir die huidige situasie sowel as toekomstige gebeure vestig . Kom geniet die naweek saam met ons in ons mooi dorpie aan die voet van die Magaliesberge

Roelene Beumer 078 502 6113 [email protected]

BEROEPENUUS BEROEPE ONTVANG · Dr AJ Coetsee [Albert] van Uitschot na Bloem-

fontein-Suid. · Ds DG Zwemstra [Dinant] van Bloempark na

Pretoria-Alkantrant. BEROEPE AANVAAR · Proponent EJ van Jaarsveld [Janré] na Tsumeb.

3

My Liggaam: ‘n Christelike perspektief oor tatoeëring Dit is opmerklik dat tatoeëring deesdae al hoe meer ‘n sosiaal aanvaarbare verskynsel geword het. Selfs sport figure word al hoe meer gesien met tatoeërings op hulle liggame. Juis omdat hulle rolmodelle vir sekere jongmense is, kan selfs die Christene hulleself afvra of dit nou werklik ‘n probleem of verkeerd is om jouself te laat tatoeëer? Om tot klaarheid te kan kom oor wat ek met my liggaam kan en mag maak, vra jou gerus af waar hierdie gebruik vandaan kom en wat die vrug daarvan uiteindelik sal wees? Waarom is daar mense wat hulle liggame laat tatoeëer? Wil hulle met die tatoeëring ‘n sekere boodskap of stelling maak? Wat sê die Bybel oor tatoeëring van die liggaam? Net die Ou Testament maak in Levitikus 19:28 ‘n direkte saak uit oor tatoeëring. In die Nuwe Testament word egter heelwat oor die liggaam van die mens as tempel van die Heilige Gees gesê. Baie Nuwe Testamentiese uitsprake handel oor die waarde en beskouing wat die Christen oor sy liggaam behoort te hê. Dit kom uiteindelik neer op die vraag wat jou perspektief oor jou liggaam in Christus is? Vandag is daar dinge wat met ‘n mens se liggaam gemaak kan word wat vyftig jaar gelede ondenkbaar was. Leef ons dalk in ‘n tyd van die mens wat dink hy het mag om oor sy eie liggaam te besluit wat hy of sy wil doen? Dit is my liggaam en ek sal en kan daarmee doen wat ek wil? Of is die mens ontevrede met die liggaam wat die Here aan hom of haar gegee het? Tydens die uittog uit Egipte was dit die gebruik deur heidene om sekere dinge met hulle liggame te doen as iemand sou sterf. Levitikus 19:26 tot 28 handel daaroor dat die Israeliete nie heidense gebruike moes navolg nie. Dit het onder andere ingesluit dat hulle nie deel mag neem aan heidense offermaaltye nie. Verder dat hulle hulle nie moes ophou met waarsêery of towery nie. Verder mag hulle nie heidense rougebruike navolg soos die skeer van hare op ‘n sekere manier nie, of hulle liggame met skerp voorwerpe sny nie of enige tatoeëermerke op hulle liggame aanbring nie. Vers 28 sluit af met die woorde: “Ek is die HERE.” Miskien is hierdie laaste woorde “Ek is die HERE” die belangrikste woorde om tot klaarheid te kom oor wat die Here se doel met my liggaam is en wat sy wil tov my liggaam is. Uit Levitikus 19 word aangedui dat die oorsprong van tatoeëring ‘n heidense oorsprong het. Vrae wat ons as gelowiges sal vra, is op watter manier word of kan die Here verheerlik word met tatoeëring? Wat beteken dit vir jou dat jou liggaam die tempel is van die Heilige Gees? (1 Kor 6:19-20). Volgens behoudende kommentatore is die verbod op tatoeëring ook van krag vir ons as gelowiges tot vandag toe. Dit wil voorkom asof die beheptheid oor die menslike liggaam, deel uitmaak van die opbloei van hierdie gebruik. Die opdrag wat in Levitikus 19 uitgelig word is dat ons respek vir die menslike liggaam sal hê as deel van die skepping van die Here. Argumente vir sogenaamde Christelike tatoeëring volgens Jesaja 44:5 en Esegiël 9:4 is ongegrond. Die Hebreeuse woorde in die twee Skrifgedeeltes dui nie soos in Levitikus 19 aan dat dit ‘n merk met ink of die sny of beskadiging van die liggaam is nie. Tatoeëring het ‘n sosiaal aanvaarbare gebruik geword by baie mense. Dit beteken egter nie dat dit volgens die Woord van die Here reg is nie. Selfs in die sesde gebod word ons volgens die Heidelbergse Kategismus Sondag 40 aangespoor om onder andere ons self nie moedswillig enige kwaad aan te doen nie. As jy wel om een of ander rede jouself voorheen laat tatoeëer het, beteken dit nie dat jy verlore sal gaan nie. Die Here het jou lief al het jy onwetend dinge gedoen wat in stryd met die Here se wil is. Dit is so dat ons soms die letsels sal dra van ons sondige en verkeerde manier van dink en doen. Bekering hou in dat ek met nuwe oë en waardering na my liggaam sal kyk. My liggaam is immers gemaak om God te dien en te eer. Die Heidelbergse Kategismus Sondag 1 stel dit mooi duidelik dat ek met liggaam en siel aan Jesus Christus behoort. Mag jy die Here in alles wat met jou liggaam gebeur verheerlik op die manier wat Hy dit in sy Woord aan ons voorhou.

ds Paul

Page 4: ALGEMENE INLIGTING OMMUNIKAATJIEgkcenturion.co.za/wp-content/uploads/2018/02/1-Feb.pdf · saam met ander ouers-met-babas meer te kom uitvind en gesels oor die belangrike werk om ons

4

BLOM ‘N BLAAR skenk weekliks die helfte van die kerk se ruiker. Bestel ruikers vir enige geleentheid plaaslik & oorsee. http://www.blomnblaar.co.za (012 663 5955). Susters kan hul bydraes vir die doel voor in die Susterskas

by die hoofingang plaas.

Kontreimark by Voortrekker Monument. Ondersteun die vlooimark elke eerste Saterdag van die maand. Komende 7de Februarie 08h00 tot 14h00 is die eerste mark. Heerlik onderdak, baie beweegruimte, heerlike kos, maklike

parkering en ʼn hele amfiteater vir die kinders om hulself moeg te speel.

Huis te huur, Eldoraigne onmiddellik beskikbaar R18 000pm. 4 slk, 2 bk, 1 gaste toilet, eetkamer, groot leef area, swembad, groot lapa, ekstra speelkamer, boma, stoortjie, bediende kamer,2 onderdak parkering, 4 toesluit parke-

ring. Loop afstand van Hoërskole en Laerskool . Kontak Lodine 083 517 5803 of 073 210 1177

Eerstejaar student soek dringend verblyf in die Centurion-omgewing. As iemand dalk kan help met 'n tuinwoonstel,

kamer in 'n huis/woonstel, of iets anders, kontak asb vir Thembi by 083 319 7792.

KOMBUISE EN GAS INSTALLASIES Ons is gekwalifiseerde binnehuisontwerpers sowel gesertifiseerde LP GAS installeerders; ons spesialiseer in die ontwerp en installering van nuwe kombuise sowel as restourasie d.m.v. verf tegnieke. Werner van der Walt: 082 308 6238/[email protected]/ Meryke Deetlefs: 084 444 5443/

[email protected]

Bybelskool van Centurion 2015 bied aan

Die Gesindheid van Jesus Christus

‘n Nuwe natuur, Vryheid, Deug, Diens Kalm gees, Vrede, Geestelik, Liefde, Heiligheid

Ons begin in 3 Februarie 2015

(Dit word so aangebied dat ons elke aand ‘n unieke tema behandel. U kan dus enige aand inskakel)

Almal welkom

“Dieselfde gesindheid moet in julle wees

wat daar ook in Christus Jesus was...” – Fil 2:5

Plek: Geref Kerk Centurion Kerksaal Basdenlaan 224, Lyttelton

Tyd: Elke Dinsdagaand 19:00-20:30 Koste: R200 pp (of R30 per sessie)

Aanbieder: Ds Maarten van Helden

Inskrywings: Ellouis 012 664 2614(soggens) Johan 082 386 8986

5

VERJAARSDAE

“ Dien die Here met blydskap ...” Ps 100:2

BELYDENDE LIDMATE

TEESKINKBEURTE Instruksies vir die regsit voor die diens, skink en opruim na die erediens is in die kombuis opgeplak. 1 Februarie A04 Laurette Snyman A05 Magda Pelser C04 Alta van Rensburg 8 Februarie A06 Heidi van der Walt A08 Ronell Hoogenboezem A11 Louisa van der Walt 15 Februarie A12 Bieuwkje Prinsloo A13 Mossie Buys B01 Rita van der Vyfer B02 Riana van Jaarsveld B03 Riana van Jaarsveld.

DOOPLIDMATE

GKA:Gr R-6

01-Feb Anna Van Den Berg B20 081 373 3785

02-Feb Andries Venter A10 664 2222

Brenda Venter A05 664 4715

03-Feb Danie Erasmus B05 653 2726

Gerrit Van Zyl C12 663 3882

Ben Vorster C01 664 0860

04-Feb Paul Hugo B15 082 462 1902

Deon Pohl A10 664 6590

Heleen(2) Van Schalkwyk B09 072 436 4763

Marcel Wilson C12 643 0441

05-Feb Mandie Cloete A09 082 562 5296

Gert Janzen C05 061 061 7640

06-Feb Gert De Beer C07 663 5016

Jaco Van Den Bergh C07 663 3649

07-Feb Laetitia Cassidy B13 653 5095

01-Feb Juandré Geldenhuys C04 082 454 2887

02-Feb Paul Kotze B12 083 743 1858

Deodat Le Roux B04 073 181 3046

03-Feb Miane De Jager C05 082 582 2600

04-Feb Ernest Bornman C11 658 5880

05-Feb Isabella Van Den Berg B17 084 500 6867

Breiprojek

Susters wat deelneem aan ons breiprojek word gevra om asb so ver moontlik te konsentreer op kinders

tussen 3 en 6 jaar oud.

Ons benodig truie, musse, serpe, handtoffels (handskoene sonder vingers) en komberse wat in

blokkies gebrei is van oorskiet wol.

Plaas asb die klaar gebreide artikels in die brei-houer by die Sustershoek. Baie dankie vir die pakkie wat

Sondag 25 Jan in die houer geplaas is.

Elna de Bruin 083 664 2050

Kom slaap oor in die kerk!

Vrydagaand, 13 Februarie, vanaf 18:00 tot die volgende oggend 9:00

Ons gaan dvd op die GROOT skerm kyk, spele-tjies in die kerk speel, marshmellows braai en die kerk van naderby bekyk. Was jy al op die preekstoel? Kom kyk hoe dit van daar bo af lyk. Aandete en koeldrank word voorsien. Ouers en boeties en sussies is ook welkom. Wat moet jy bring? Jou beddegoed en kussing; Tandeborsel; Lekker-goed en nog koeldrank (as jy wil); Beskuit vir Sa-terdagoggend se ontbyt.

Jy is welkom om ‘n maatjie saam te bring Laat weet asb. Vir:

tannie Madelein van Zyl 083 272 4884 as jy kom oorslaap