a/h 082 453 8761 locksmith of 082 339 7066 / 7077 maak ... of 9 may 2014 pw.pdf · op nuweland...

1
p 20 09 May 2014, PLATINUM WEEKLY, 11 Marais Street, Tel: 014 592 9686, Fax: 011 252 6669, E-mail: [email protected] Vodacom Superugby 2014 – Week 10 VS VS VS VS VS VS VS Blues vs Reds In Auckland word die Reds ‘n rugby-les geleer en word in die proses met 44-14 verneder ou grote. Daar is seker ‘n dosyn top gehalte losvoorspelers op die planeet, maar een van daai brekers is Jerome Kaino van die Blues. Hierdie is tans maklik die beste losvoorspeler in Wêreld rugby. Hy kan maklik met die legendariese Michael Jones vergelyk word, indien nie beter nie. En dan speel Ma’a Nonu ook weer die soort ruggas op senter wat enige teenstander nagmerries besorg. Aan die Reds se kant het Quade Cooper ‘n nagmerrie dag op kantoor gehad in sy 100ste game nogal, en sodoende was die agterspel van die Rooi truie uit die game. Maar hoe ironies is dit nie in vanjaar se reeks nie, so baie spelers wat die wonderlike prestasie behaal om 100 games vir sy span te speel, is dan in die verloor span… nogal snaaks of wat ou grote... Die Blues pak die Chiefs in ‘n Kiwi derby in Hamilton terwyl die Reds die Crusaders in Brisbane die stryd aansê. Rebels vs Sharks Die Haaie moes behoorlik al die vinne en tanne laat werk om hierdie taai stryd teen die Rebelle in Melbourne met 22-16 deur te trek. Maar ‘n wen in jou eerste weg-wedstryd doer onder is altyd ‘n massiewe positiewe inspuiting. Die insluiting van Frans Steyn op losskakel was ‘n baie wyse een, want die begaafde speler het die Haaie deurentyd in die game gehou met puik spel. Die Durbaniete se volgende game is teen Jake se ex span, die Brumbies, en hulle sal die tanne baie skerper moet slyp vir die een. Die Rebels speel tuis teen die Hurricanes in Melbourne. Crusaders vs Brumbies In Christchurch met die yster Richie McCaw terug in die Saders se begin span kry die Brumbies ‘n liederlike pakslae en verloor 40-29. Soos telkemale in die verlede begin die Crusaders die seisoen nie te goed nie, en dan skielik begin hierdie groot hond hard te grom. Die Saders se losskakel Colin Slade het ‘n droom game gehad en teken 23 punte aan. Die Brumbies speel volgende teen die Sharks in Canberra terwyl die Saders die Reds in Brisbane gaan aanvat. Chiefs vs Lions Met die aanhoudende klank van bees klokke in Hamilton het die Leeus al meer verward geraak en is behoorlik afgeransel deur die huidige Superspan, die Chiefs wat gemaklik met 38-3 wen. Dit was nie ‘n goeie begin vir die Jo’burgers nie en sal wragtiewaar weer as ‘n eenheid saam moet speel, anders gaan hierdie toer in ‘n nagmerrie ontaard ou grote. Die Chiefs speel volgende tuis teen die omgekrapte Blues terwyl die Lions die Highlanders in die oë in Dunedin moet gaan kyk. Waratahs vs Hurricanes In Sydney klop die Tahs die Canes in ‘n spannende game 39-30. Die besoekers het vinnig met 24-7 voorgeloop en die pawiljoene het maar stil geraak ou grote. Maar die tuisspan het met puik ruggas terug geveg om hierdie taai game deur te trek. Beide spanne het puik drieë gedruk met die Canes losskakel, Beauden Barrett, 20 van die Canes se punte aangeteken het wat ‘n puik drie insluit. Die Tahs het ‘n loslootjie volgende, terwyl die Canes die Rebels in Melbourne gaan probeer karnuffel. Stormers vs Highlanders Op Nuweland behaal die Kapenaars ‘n welverdiende oorwinning en wen hierdie uiters spannende game 29-28. Die witkop van die yster Schalk Burger het orals op die veld opgeduik. Hierdie is darem een van die grootste spelers wat ons ou landjie nog opgelewer het. En moenie verbaas wees as hy weer vir die Bokke gekies word nie ou grote. Op 7 flank speel hy skitterende ruggas en sy aansluiting met die backs is fenomenaal. Vir die Kapenaars is die beker nie hierdie jaar beskore nie, maar hulle kan nou verlore aansien herwin en bou vir volgende jaar. Die Stormers reis Fort Loftus toe om die Bulle aan die horings te gaan gryp terwyl die Highlanders die Leeus se maanhare gaan trek in Dunedin. Bulls vs Cheetahs Op Fort Loftus wen die Bulle die Cheetahs in ‘n riller 26-21. Hierdie oorwinning was noodsaaklik vir die Pretorianers na hulle droewige toer doer onder. Maar soos enige ander span is jou tuisveld ‘n groot bondgenoot ou grote. Die insluiting van die jong William-Small Smith op 13 was ‘n reuse sukses en het ‘n groot vonk in die agterlyn van die Bulle meegebring en puik gekombineer met Jan Serfontein. Pollard het op losskakel ook goed gespeel, en daar moet onthou word, hierdie drie jong Turke was deel van die onder twintigs wat die Junior Wêreldbeker gewen het. Saam met Serfontein kan hulle ‘n baie gedugte eenheid vorm, en dan met JJ op vleuel. Of wat sê ons ou grote… Die Bulle speel tuis teen die Stormers en die Cheetahs pak die Force in Bloem. Nag ou grote... Outydse Boerefees: Is jy nog ‘n bok vir sports? Rustenburg – Die Outydse Boerefees gaan hierdie jaar ‘plaas’ vind by die Hervormde Kerk op die R24 (net buite Rustenburg) oor die naweek van 30 &31 Mei 2014. Hekke sal daagliks om 9h00 oopmaak en eers weer om 17h00 sluit. Dit beloof om een groot makietie van twee dae gevul met tradisionele sports en smullekker kos te wees. Kom verlustig jou aan al die heerlike eetgoed soos die immer gewilde pap en kaiings, pannekoek, vetkoek en maalvleis. Asook heerlike tuisgebakte brode (wat daagliks gebak word) met egte plaasbotter en heerlike konfyte... En sluk dit gerus af met ‘n bietjie ‘boere- troos’ (dis moerkoffie vir die stadsjapies!) Kom bekyk hoe die beeste gemelk word en die botter gemaak word terwyl ‘n paar bekende plaas implemente uitgestal word. Dis amper genoeg om Laurika Raugh te maak liedjies skryf. As dit musiek is waarna jy verlang: verskeie kunstenaars gaan oor die naweek optree met ‘n paar bekende lekker saamsing treffers, almal binne hoorafstand van die Watergat (of biertuin in dorpstaal). As jy so bietjie van die fees wil huistoe vat kan jy ook altyd belê in een van die heerlikste koeke, terte en ingelegde produkte wat die naweek te koop is. Daar is ook verskeie stalletjies met interassante artikels soos o.a. juwele, handgemaakte artikels, eie kuns artikels, opvoedkundige speelgoed en speletjies, Tombola, lasersny artikels, lekkers en spookasem, handgemaakte keramiek geskenke, oudhede en nog vele meer. Vir die jong span gaan daar ‘n pretpark wees wat Tina van Jumping Jack gaan behartig asook Ponie ritte, donkie kar ritte en gesig-verf. Saterdagoggend vermaak die kleuterskole ons ook met hul Pom Pom’s en dan skop die boere sports af met ‘n kompetisie vir oud en jonk. Kom wys jou murg met die toutrek kompetisie. Die Kerkraad en Leon’s Motors het reeds mekaar gedaag! Kom bederf jouself en ‘n vriendin by die Teetuin met ‘n heerlike koppie tee/ koffie en ‘n soet / sout dingetjie wat behartig word deur Carol Anne’s Catering. Bring jou gesin en kom geniet die dag soos net ons kan. Toegang slegs R10 per voertuig en veilige parkering is beskikbaar. Indien jy ook nog sou belangstel in uitstallingsruimte kontak gerus vir Joey Engelmohr by 014-592 7579. Skole wat wil reël vir uitstappies kan ons gerus ook kontak.

Upload: others

Post on 17-Feb-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: a/h 082 453 8761 LOCKSMITH of 082 339 7066 / 7077 Maak ... of 9 May 2014 PW.pdf · Op Nuweland behaal die Kapenaars ‘n welverdiende oorwinning en wen hierdie uiters spannende game

p 20 09 May 2014, PLATINUM WEEKLY, 11 Marais Street, Tel: 014 592 9686, Fax: 011 252 6669, E-mail: [email protected]

Vodacom Superugby

2014 – Week 10

Digital safe’s available until stocks last.Cut keys for Mini Coopers.

LOCKSMITH

Maak karre oop,sny sleutels,maak kluise oop,maak sleutels virkluise, huise, slotte

Cut & Program Allkeys to vehicles

+ duplicate

Rustenburg Keyhole cc t/a

Tel: 014 592 2921Fax: 014 597 1148

Louis & Derrick Stewarta/h 082 453 8761

of 082 339 7066 / 7077117 Pres. Mbeki Drive, Rustenburg

VS

VS

VS

VS

VS

VS

VS

Blues vs RedsIn Auckland word die Reds ‘n rugby-les geleer en word in die proses met 44-14 verneder ou grote. Daar is seker ‘n dosyn top gehalte losvoorspelers op die planeet, maar een van daai brekers is Jerome Kaino van die Blues. Hierdie is tans maklik die beste losvoorspeler in Wêreld rugby. Hy kan maklik met die legendariese Michael Jones vergelyk word, indien nie beter nie. En dan speel Ma’a Nonu ook weer die soort ruggas op senter wat enige teenstander nagmerries besorg.Aan die Reds se kant het Quade Cooper ‘n nagmerrie dag op kantoor gehad in sy 100ste game nogal, en sodoende was die agterspel van die Rooi truie uit die game. Maar hoe ironies is dit nie in vanjaar se reeks nie, so baie spelers wat die wonderlike prestasie behaal om 100 games vir sy span te speel, is dan in die verloor span… nogal snaaks of wat ou grote...Die Blues pak die Chiefs in ‘n Kiwi derby in Hamilton terwyl die Reds die Crusaders in Brisbane die stryd aansê.

Rebels vs SharksDie Haaie moes behoorlik al die vinne en tanne laat werk om hierdie taai stryd teen die Rebelle in Melbourne met 22-16 deur te trek. Maar ‘n wen in jou eerste weg-wedstryd doer onder is altyd ‘n massiewe positiewe inspuiting. Die insluiting van Frans Steyn op losskakel was ‘n baie wyse een, want die begaafde speler het die Haaie deurentyd in die game gehou met puik spel. Die Durbaniete se volgende game is teen Jake se ex span, die Brumbies, en hulle sal die tanne baie skerper moet slyp vir die een. Die Rebels speel tuis teen die Hurricanes in Melbourne.

Crusaders vs BrumbiesIn Christchurch met die yster Richie McCaw terug in die Saders se begin span kry die Brumbies ‘n liederlike pakslae en verloor 40-29. Soos telkemale in die verlede begin die Crusaders die seisoen nie te goed nie, en dan skielik begin hierdie groot hond hard te grom. Die Saders se losskakel Colin Slade het ‘n droom game gehad en teken 23 punte aan. Die Brumbies speel volgende teen die Sharks in Canberra terwyl die Saders die Reds in Brisbane gaan aanvat.

Chiefs vs LionsMet die aanhoudende klank van bees klokke in Hamilton het die Leeus al meer verward geraak en is behoorlik afgeransel deur die huidige Superspan, die Chiefs wat gemaklik met 38-3 wen. Dit was nie ‘n goeie begin vir die Jo’burgers nie en sal wragtiewaar weer as ‘n eenheid saam moet speel, anders gaan hierdie toer in ‘n nagmerrie ontaard ou grote. Die Chiefs speel volgende tuis teen die omgekrapte Blues terwyl die Lions die Highlanders in die oë in Dunedin moet gaan kyk.

Waratahs vs HurricanesIn Sydney klop die Tahs die Canes in ‘n spannende game 39-30. Die besoekers het vinnig met 24-7 voorgeloop en die pawiljoene het maar stil geraak ou grote. Maar die tuisspan het met puik ruggas terug geveg om hierdie taai game deur te trek. Beide spanne het puik drieë gedruk met die Canes losskakel, Beauden Barrett, 20 van die Canes se punte aangeteken het wat ‘n puik drie insluit. Die Tahs het ‘n loslootjie volgende, terwyl die Canes die Rebels in Melbourne gaan probeer karnuffel.

Stormers vs HighlandersOp Nuweland behaal die Kapenaars ‘n welverdiende oorwinning en wen hierdie uiters spannende game 29-28. Die witkop van die yster Schalk Burger het orals op die veld opgeduik. Hierdie is darem een van die grootste spelers wat ons ou landjie nog opgelewer het. En moenie verbaas wees as hy weer vir die Bokke gekies word nie ou grote. Op 7 flank speel hy skitterende ruggas en sy aansluiting met die backs is fenomenaal. Vir die Kapenaars is die beker nie hierdie jaar beskore nie, maar hulle kan nou verlore aansien herwin en bou vir volgende jaar. Die Stormers reis Fort Loftus toe om die Bulle aan die horings te gaan gryp terwyl die Highlanders die Leeus se maanhare gaan trek in Dunedin.

Bulls vs CheetahsOp Fort Loftus wen die Bulle die Cheetahs in ‘n riller 26-21. Hierdie oorwinning was noodsaaklik vir die Pretorianers na hulle droewige toer doer onder. Maar soos enige ander span is jou tuisveld ‘n groot bondgenoot ou grote. Die insluiting van die jong William-Small Smith op 13 was ‘n reuse sukses en het ‘n groot vonk in die agterlyn van die Bulle meegebring en puik gekombineer met Jan Serfontein. Pollard het op losskakel ook goed gespeel, en daar moet onthou word, hierdie drie jong Turke was deel van die onder twintigs wat die Junior Wêreldbeker gewen het. Saam met Serfontein kan hulle ‘n baie gedugte eenheid vorm, en dan met JJ op vleuel. Of wat sê ons ou grote… Die Bulle speel tuis teen die Stormers en die Cheetahs pak die Force in Bloem.

Nag ou grote...

Outydse Boerefees: Is jy nog ‘n bok vir sports?

Rustenburg – Die Outydse Boerefees gaan hierdie jaar ‘plaas’ vind by die Hervormde Kerk op die R24 (net buite Rustenburg) oor die naweek van 30 &31 Mei 2014. Hekke sal daagliks om 9h00 oopmaak en eers weer om 17h00 sluit. Dit beloof om een groot makietie van twee dae gevul met tradisionele sports en smullekker kos te wees.Kom verlustig jou aan al die heerlike eetgoed soos die immer gewilde pap en kaiings, pannekoek, vetkoek en maalvleis. Asook heerlike tuisgebakte brode (wat daagliks gebak word) met egte plaasbotter en heerlike konfyte... En sluk dit gerus af met ‘n bietjie ‘boere-troos’ (dis moerkoffie vir die stadsjapies!) Kom bekyk hoe die beeste gemelk word en die botter gemaak word terwyl ‘n paar bekende plaas implemente uitgestal word.Dis amper genoeg om Laurika Raugh te maak liedjies skryf. As dit musiek is waarna jy verlang: verskeie kunstenaars gaan oor die naweek optree met ‘n paar bekende lekker saamsing treffers, almal binne hoorafstand van die Watergat (of biertuin in dorpstaal).As jy so bietjie van die fees wil huistoe vat kan jy ook altyd belê in een van die heerlikste koeke, terte en ingelegde produkte wat die naweek te koop is. Daar is ook verskeie stalletjies met interassante artikels soos o.a. juwele, handgemaakte artikels, eie kuns artikels, opvoedkundige speelgoed en speletjies, Tombola, lasersny artikels, lekkers en spookasem, handgemaakte keramiek geskenke, oudhede en nog vele meer.Vir die jong span gaan daar ‘n pretpark wees wat Tina van Jumping Jack gaan behartig asook Ponie ritte, donkie kar ritte en gesig-verf. Saterdagoggend vermaak die kleuterskole ons ook met hul Pom Pom’s en dan skop die boere sports af met ‘n kompetisie vir oud en jonk. Kom wys jou murg met die toutrek kompetisie. Die Kerkraad en Leon’s Motors het reeds mekaar gedaag!Kom bederf jouself en ‘n vriendin by die Teetuin met ‘n heerlike koppie tee/ koffie en ‘n soet / sout dingetjie wat behartig word deur Carol Anne’s Catering.Bring jou gesin en kom geniet die dag soos net ons kan. Toegang slegs R10 per voertuig en veilige parkering is beskikbaar.

Indien jy ook nog sou belangstel in uitstallingsruimte kontak gerus vir Joey

Engelmohr by 014-592 7579. Skole wat wil reël vir uitstappies kan ons gerus ook kontak.