afrikaanse taalmuseum en -monument - uitstalling …...n agentskap van die departement van kuns en...

13
’n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur PAARL kultuur, natuur, plesier Tel. 021 863 4809 / 0543 www.taalmonument.co.za Afrikaanse Taalmonument @taalmonument 2015/2016 Okt-Apr Uitstalling in ons tuin Exhibition in our garden DIE AFRIKAANSE TAALMONUMENT Adam Small Breyten Breytenbach Carina Stander Clinton V du Plessis Diana Ferrus Hemelbesem Tuin van Digters G roen Cara Snder Johann Lodewyk Marais Koos Kombuis Louis Esterhuizen Marius Titus Marlise Joubert Stef Bos

Upload: others

Post on 17-Jan-2020

11 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Afrikaanse Taalmuseum en -monument - Uitstalling …...n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur kultuur, natuur, plesier PAARL Tel. 021 863 4809 / 0543 Afrikaanse Taalmonument

’n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur

PAARLkultuur, natuur, plesier

Tel. 021 863 4809 / 0543 www.taalmonument.co.za Afrikaanse Taalmonument @taalmonument

2015/2016Okt-Apr

Uitstalling in ons tuinExhibition in our garden

DIE AFRIKAANSE TAALMONUMENT

Adam Small

Breyten Breytenbach

Carina Stander

Clinton V du Plessis

Diana Ferrus

Hemelbesem

Tuin van DigtersGroen Carina Stander

Johann Lodewyk Marais

Koos Kombuis

Louis Esterhuizen

Marius Titus

Marlise Joubert

Stef Bos

Page 2: Afrikaanse Taalmuseum en -monument - Uitstalling …...n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur kultuur, natuur, plesier PAARL Tel. 021 863 4809 / 0543 Afrikaanse Taalmonument

Liefling, ek sal jou gewis oneindig mis

(‘n Nuwejaarsvers vir Rosalie, een wat ek eintlik nie wou skryf nie)

Liefling, is jy bereidom in hierdie tydhierdie vers van my te aanvaar?Ek het dit deur die nag- ondanks erge pyn - vir jou geskryf in my hand(omdat ek hartstogtelik nogin handskrif glo).

Sou dit, hartseer, so gebeurdat jy vóór my gaanen my alleen laat met die seer vraagsoos van ’n Middeleeuse Egidius se maat:‘Egidius, waer bestu bleven?’ Wáár’s jy nou heen?Ek verláng na jou, wil met jou práát,maar jy’t die Dood bo my gekies en my die Lewe, leeg, gelaat.Egidius, ek ween, wáár’s jy nou heen?

Sou dit só gebeur, liefling,sal ek jou gewisoneindig mis.

Ek sal jou oneindig miswanneer ek soggens ontwaaken soos gewoonlik my hande na jou reikom aan jou te raaken jy’s nie daar nie. Ek sal jou oneindig missaans wanneer ek gaan slaapen jou, soos altyd,in my arms wil houen dan is jy nie daar nie.Ek sal jou eindeloos miswanneer ek in die nag

- Adam Small 2015

’n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur

Tuin van DigtersGroen

smag om met jou te praat - want, ja,ons het snags met mekaar gesels, allerlei koddighede waaroor ons saam gelag het, met mooi trane.

Sou dinge só gebeursal ek wéér trane hê, maar trane-alléén,trane van hartseerby die eindelose gemis van jou.

Liefling, ek sal jou gewis oneindig missou dinge só gebeur.

Ons het vir lank gelukkigsaam gewoonhier op die Valsbaai-Muizenbergse kusneffens die Suid-Skiereilandse merewaar die vlei-eende swem.Dán sal ek egter slegsweerkaatsings opvang van die durende requiem van die water.

Liefling, ek sal jou gewis,beséte van verlange, onéindig mis by my klaende wetedat jy vir altyd weg is.- Adam Small

Rosalie het geantwoord.

Liefling, laat hierdie jaar liewers só begin:

Op 12 Oktober 2012het ek die kosbaarsteverjaardaggeskenk óóit ontvang, jou ‘Groot Liefdesgebed’ vir my.Ek het toe gehuil.

Op 25 Desember 2013het ek ’n ewe kosbare Kersgeskenk ontvang:jou gedig, ‘Liefling, ek sal jou gewis oneindig mis’,en het, soos jy weet, weer gehuil:trane van hartseeroor die skeiding wat onafwendbaar sál kom,maar ook trane van dankbaarheid,want jou vers verwoordons innige verbintenis oor láng jare aan mekaar.

So ’n verbintenis word gebou slegs met die loop, oor ’n baie lang tyd, sáám op ’n pad, opdraand en afdraand,slaggate en duwwels ondanks:Ook, genadig, genoeg gelykpad.Opdraand is altyd moeilik.Afdraand, weer, sal langafstand-atlete jou sê, kan vleuels aan jou voete gee,maar dit kom met sy éie pyn.

Sáám het ons, soos die aarde dryf, vir meer as veertig jaardie pad saam bewandelen die wonder en die mooiheid, én seer,daarvan, met ’n uitkomsvan veel vreugde, wederkennis,en ons woorde (en woordeloosheid)wat elke stilte kon vul.

Ons weet, alte goed, daar móét ’n einde kom.En wanneer ons dan afskeid neem,gee, lief, dat ék sal blyom oor jóú te rou,liewer as jý oor mý.

Maar vir eers, laat hierdie jaar sonder hartseer begin.

Page 3: Afrikaanse Taalmuseum en -monument - Uitstalling …...n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur kultuur, natuur, plesier PAARL Tel. 021 863 4809 / 0543 Afrikaanse Taalmonument

soos asemof dit nou die geluidlose rukkings is wanneer ’n wind snags die boomtoppe met weemoed skudof die blou daghemel wat ’n flitsende skild isof die maan ’n potskerfom die sere mee te krap of selfs net die vae herinnering aan liefdemaak wat nog aan ons vingers kleef hierdie metafore saamgebind in ’n velsakkie woordein jou skoot gelêby wyse van ’n weggaangeskenk dolos dit uit in die holte van jou hand en sien hoe beweeg die skaduwees nog soos asem en wéét dat ons net ’n geheue aan ruimtestof is maar lees ook: dat ek vir jou wil sê watter blydskap dit is om saam met jou op die aarde in hierdie tye te kon leef-lewe

- Breyten Breytenbach2015

’n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur

Tuin van DigtersGroen

Page 4: Afrikaanse Taalmuseum en -monument - Uitstalling …...n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur kultuur, natuur, plesier PAARL Tel. 021 863 4809 / 0543 Afrikaanse Taalmonument

Groen vingersGod het Sy vingers geklap

“Groen!” het Hy gesê

en daar was bome met mosbaarde

waarteen die varings krul,

sampioene wat giftig stoel

uit die aarde

en ‘n klipkussing vir Sy kop.

God het gesê dis in Sy wil

dat niks die stilte hier steur

want op die sewende dag

wou Hy hier rus

en onverstoord fotosinteer.

- Carina Stander Uit: “die vloedbos sal weer vlieg”, 2006

’n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur

Tuin van DigtersGroen

Carina Sta

nder

Page 5: Afrikaanse Taalmuseum en -monument - Uitstalling …...n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur kultuur, natuur, plesier PAARL Tel. 021 863 4809 / 0543 Afrikaanse Taalmonument

AntikwaarAs taal begin knol, die gepaste woord onvanpas raak,soos ou beroepe wat hul tyd ontgroei het: skoenmakers,klavierstemmers, briewebestellers,wateraanwysers, briefskrywers,joernaliste, dán raak die woord ligter,verteerbaar, klein porsies, sonder diepgang,of uitdaging,te veel dink bedreig die orde die lesers,wat stil met bril, boek en brein,die teks wil ontleed, onder die vel van die woord in wil wurm,die rofies afkrap, wat wíl wéétkou en herkou, óók hulle sterf uit. Dán eendag, die boek, net ’n amusante rotstekening,op ’n rekenaarskerm?

- Clinton V du PlessisUit: Woorde roes in die water 2014

’n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur

Tuin van DigtersGroen

Page 6: Afrikaanse Taalmuseum en -monument - Uitstalling …...n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur kultuur, natuur, plesier PAARL Tel. 021 863 4809 / 0543 Afrikaanse Taalmonument

Afrikaans 'n versoeningstaal

Dit is het hulle gesêdie taal van die onderdrukkerdit kom het hulle gesêuit die mond van Europa.

Dit het het hulle gesê’n enkele stylnet een vir kommunikeer.

Maar uit die buik van Afrika kom syuit die monde van slawe, Europeërs en inheemse volkedans sy op die maat van oeroue trommeen handgemaakte kitaredra sy kostuums van vele kleureen sing sy in ’n duisend stemme.

Nou na die stormjaredans sy nie meer so flinkmaar sy omhels die skouers van haar sustersen kus versoenend op elke wangaan die geveg oor identiteit het sy geen ergmaar in die Afrika-renaissance vind sy haar weg.

- Diana Ferrus Uit: “Ons Komvandaan”, 2004

’n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur

Tuin van DigtersGroen

Page 7: Afrikaanse Taalmuseum en -monument - Uitstalling …...n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur kultuur, natuur, plesier PAARL Tel. 021 863 4809 / 0543 Afrikaanse Taalmonument

Dis groener aan die ander kant

Die prentjie is immergroenmet blombedekkings wat in rippels bloem, Kom kyk wat in sy mond pryk, Dis ’n heuningfontein met bye wat om sy lippe zoem. Hier en daar hardloop bokkies trippelvoet.

Dis digkuns wat lewendig word. My hartklop is so intens, dit laat bewe my bors. Al is my voete geplant in die tuin, rus my kop op die sewende wolk. My hande vroetel deur sy genade en bedel vir nog

Al is dit ’n satisfaksie wat jy nie met jou fisiese vingers kan vat nie.My honger is stil en wonder is nul, Daar is ’n snoesige plekkie in sy besondere wil.

Sy teenwoordigheid is so dig as hy ’n geluid maak,as ek spring in die lug dan bly ek daar en stap op borrels in die rigting van sy stem…My hoop is om ten minste aan sy soom te klem. Dis ’n droomwêreld wat geen atlas ken, as ek hierdie twee kniëe van my teen ’n mat vas pen.

- Hemelbesem 2015

’n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur

Tuin van DigtersGroen

Page 8: Afrikaanse Taalmuseum en -monument - Uitstalling …...n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur kultuur, natuur, plesier PAARL Tel. 021 863 4809 / 0543 Afrikaanse Taalmonument

Ongerepte aardeGee my ’n landskap vol hindernissemet bergspitse wat na die hemel reiken waar wilde riviere en spruitein die vergete voetheuwels ontspring. ’n Plekwat geen mens kan tem nie en waar paaiedeur die driwwe en al teen die ranteen ver bergplase mettertyd wegraaken tamboekie vinnig die oorhand kry,

waar die geelhoutbome geheimsinnigbo die diepgroen ouhoutruigte uitsteeken stem gee aan die piet-my-vrou se roep. En steil hellingsmet ’n wildspad wat deur ’n bamboesbosop, op vorder tot op die gelykte

waar ’n pan skitterend in die son lêen sewejaartjies onder die blou lugom die water in die oggendson roer.

Dáár sal eenhorings uit die niet uit komen in die heilige ongereptheidhulle koppe laat sak en begin drink.

- Johann Lodewyk Marais2015

’n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur

Tuin van DigtersGroen

Page 9: Afrikaanse Taalmuseum en -monument - Uitstalling …...n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur kultuur, natuur, plesier PAARL Tel. 021 863 4809 / 0543 Afrikaanse Taalmonument

gelofteland@ d blou v onse hemel@ d diepte v ons C@ ons ∞ gebergteswaar d kranse antwoord G

@ ons ver verlate vlaktesmet d kreun v ossewaruis d stem v ons geliefde v ons land suidafrika

gaandeweg laat vaar ekd liedjieboer se jasvir n nuwe wolkombersiewat beter by my pas

as d winters wat verby =my enigiets geleer hetd bitter strate, swart geboued vloek wat ek ontbeer het

lees ek ons toekoms i/d wasem@ n nieu-bethesda-ruital was d oorloë als vergeefshet ons d sonsopkoms gebuit

& d geblêr v veraf skapehelp my eindelik om t glodat al d donker donker woorde& al d smart v/d karoo

soos grassies opkom @ d veld(groen beloning na d brand)& groei @ vrede, rus + stiltein dié vars gelofteland

- Koos Kombuis Uit: “rock ‘n roll-karoo – 33 digitale gedigte”, 2014

’n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur

Tuin van DigtersGroen

Page 10: Afrikaanse Taalmuseum en -monument - Uitstalling …...n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur kultuur, natuur, plesier PAARL Tel. 021 863 4809 / 0543 Afrikaanse Taalmonument

buite die dorp laat misbanke in die laagtes

die bome begeer om verder te droom

in nagelate stiltes -

en jy stap al met die rivier langs

waar meer woorde rondgespoel word

as wat daar klippe is,

al hoe dieper op na die berg,

gedagteloos

tot by die boom

waar ’n dwarreling duiwe wakker skrik

en jy besef

jy het nou geloop al hoe dieper

in ’n eie dwaling in -

- Louis Esterhuizen2015

’n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur

Tuin van DigtersGroen

Page 11: Afrikaanse Taalmuseum en -monument - Uitstalling …...n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur kultuur, natuur, plesier PAARL Tel. 021 863 4809 / 0543 Afrikaanse Taalmonument

Tuin van die Digters

Afrikaanse tuin wat kan transponeer,

sigbaar, vernuwend, wat soms herdefinieer,

ritmiese style, harmonieuse akkoorde,

’n Tuin vir Digters beplant met woorde.

Sou dit wortel skiet en welig groei

sal vernuwende skêre die vrekpunte snoei,

vir ’n sterker raamwerk, ’n beter fatsoen

vir nuwe, jong lote, gesond en groen.

Hernieude woorde wat stuifmeel versprei

sal toekomstige werke help voorberei,

ja, onder ’n kruin groei ’n Digterstuin

wat Afrikaanse projekte groen uitbasuin.

- Marius Titus 2015

’n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur

Tuin van DigtersGroen

Page 12: Afrikaanse Taalmuseum en -monument - Uitstalling …...n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur kultuur, natuur, plesier PAARL Tel. 021 863 4809 / 0543 Afrikaanse Taalmonument

groeisy staan met haar rugna die wind op ’n stoep in afrikasy sien die wasige stadskom in die vertegeruite skakerings van bleekblou en grystussenin die rompe groen van bome

pas het sy op die sonar gesiendat sy nie net een is niesy is meer as al die ander selwewat in haar woon

meer as die beentjies in haar skeletmeer as geheue se geskiedenisof enige ander verhaal wat insyferteen haar horison of selfs genetiesgeskryf staan in die biografie van bloed

in haar groei ’n kleiner varingdeursigtig in vrugwater opgekruldaagliks verdubbel die selstruktuurteen ’n onsigbare spoeden saam met haar voetstapskommel die kokosneut geruisloos mee

sy weet nog nie die naam niesy weet nie die geslag of die kleurvan die oë nie – alle roeringe is vliesigen sal daagliks soos ’n trapsuutjies verkleurtussen die are van vreemde struike

miskien is dit veersagsoos die krop van ’n naguiltjie

haar wange styg na karmosynsy draai haar kop na die windop ’n stoep in afrika

elke oggend sal van nou afoop geheim en anders wees

- Marlise Joubert Uit: “bladspieël”, 2015

’n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur

Tuin van DigtersGroen

Page 13: Afrikaanse Taalmuseum en -monument - Uitstalling …...n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur kultuur, natuur, plesier PAARL Tel. 021 863 4809 / 0543 Afrikaanse Taalmonument

Woorden zijn waterTaal is een rivierDe zee een verhaalGolvenSpoelen aanTrekken zich terugZwijgenEn sprekenZingen de zielUit hun longenEn verdampenStijgen opEn vallen als regenTaal moet bewegenVerlangenTot wolkenEn vallen Als regen

- Stef Bos2015

’n agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur

Tuin van DigtersGroen