afrikaans huistaal vraestel 2 november 2015 graad 7 · afrikaans huistaal graad 7 november 2015...
TRANSCRIPT
ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING
AFRIKAANS HUISTAAL
VRAESTEL 2
NOVEMBER 2015
GRAAD 7
PUNTE: 60
TYDSDUUR: 2 UUR
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015
Bladsy 2 van 9
Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: LEESBEGRIP 30 AFDELING B: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES 30 TOTAAL: 60
INSTRUKSIES
1. Beantwoord AL die vrae op die antwoordblad wat voorsien is.
2. Lees die vrae noukeurig deur.
3. Lees die instruksies by elke vraag noukeurig.
4. Let op na die spelling.
5. Skryf netjies en leesbaar.
Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015
Bladsy 3 van 9
AFDELING A LEESBEGRIP
VRAAG 1 Lees die leesstuk en beantwoord die vrae.
One Direction straks in Suid-Afrika
1. ʼn Mens kan nie te ver verkeerd wees as jy die Britse popgroep One Direction die
gewildste groep in die wêreld noem nie.
2. Stories loop rond dat hulle dalk volgende jaar in Suid-Afrika gaan kom optree,
maar plaaslike promotors wil in hierdie stadium niks bevestig nie. Tog ontken
niemand dit ook openlik nie…
3. Toe die vyf groeplede onlangs hul rolprentdebuut gemaak het met die konsertfliek
en dokumentêr One Direction: This Is Us, het dit die loket in die VSA en Brittanje
oorheers. Dit het R184miljoen by die Amerikaanse loket verdien in die naweek
wat dit daar begin wys het.
4. One Direction, wat bestaan uit Niall Horan, Zayn Malik, Liam Payne, Harry Styles
en Louis Tomlinson, het ook nou uiteindelik die titel van hul derde album bekend
gemaak. Midnight Memories sal op 25 November amptelik uitgereik word en kan
reeds vooraf op iTunes bestel word. Die groep het gesê dat dié album, wat hul
derde ateljee - album is, ʼn sterker rockklank het as hul vorige albums.
5. One Direction het vanjaar reeds meer as 100 optredes in 21 lande gehad
gedurende hul eerste wêreldtoer. Hulle sal egter hulle tasse nie te diep kan weg
pak nie, want kort ná die uitreiking van Midnight Memories gaan ʼn wêreldwye
stadiontoer volg met ondermeer twee aande in die legendariese Wembley
Stadion.
6. Dit is vir insluiting op hierdie wêreldtoer wat Suid-Afrikaners solank duim vashou.
Die groep se huidige radiotreffer, “Best Song Ever”, sal op die nuwe album wees.
Dié liedjie is onlangs as liedjie van die somer aangewys in MTV se
musiekvideopryse en die video daarvan is al meer as 100miljoen keer op
YouTube gekyk sedert dit in Julie aanlyn uitgereik is.
Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015
Bladsy 4 van 9
VRAE
1.1 Wie is One Direction? (1)
1.2 Kies die korrekte antwoord tussen hakies:
Midnight Memories sal op (25; 26; 27) November vrygestel word. (1)
1.3 Noem TWEE prestasies wat One Direction bereik het met hul konsertfliek. (2)
1.4 Hoekom moet One Direction nie te gou hul tasse wegpak nie? (1)
1.5 Hoeveel keer is die video van Best Song Ever al op You Tube gekyk? (1)
1.6 In watter posisie het One Direction geëindig toe hulle aan X-Factor
deelgeneem het? (1)
1.7 Noem die stadion in Londen waar hulle vir twee aande sal optree. (1)
1.8 Hoe het One Direction bekend geword? (1)
1.9 Waarvoor hou Suid-Afrikaners duim vas? (1)
1.10 Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.
Motiveer telkens jou antwoord.
1.10.1 One Direction bestaan uit vier lede. (2)
1.10.2 Best Song Ever is die musiekvideo met die meeste kykers op
You Tube. (2)
7. Dit was vir ʼn rukkie die musiekvideo wat die meeste trefslae (mense wat daarna
gekyk het) in een dag op YouTube gehad het, tot Miley Cyrus se “Wrecking Ball”
verlede week hierdie rekord oortref het.
8. Die groep het in 2010 bekend geraak nadat hulle aan die Britse talentprogram
The X-Factor deelgeneem en derde geëindig het.
9. Hulle het daarna meer as 32 miljoen albums verkoop en 61 nr.1 plekke op
trefferparades behaal.
Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015
Bladsy 5 van 9
1.11 Haal EEN woord uit die leesstuk aan wat aandui dat One Direction:
This Is Us hul eerste rolprent is. (1)
1.12 Hoekom, dink jy, is One Direction so populêr? (1)
1.13 Noem EEN van die liedjies wat op hul nuwe album sal wees. (1)
1.14 Haal EEN woord aan uit paragraaf 6 wat aandui dat One Direction
op meer as een kontinent gaan optree. (1)
1.15 Hoe gaan die nuwe album van One Direction klink? (1)
1.16 Waarvoor staan die afkorting: nr. (paragraaf 9) (1)
(20)
VRAAG 2
Lees die artikel en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Vreemde Rekords Iemand het eendag gesê dat rekords daar is om later gebreek te word. Dit is veral
waar ten opsigte van sport en vinnige motors. Tog is daar sekere rekords wat al
eeue oud is en nooit gebreek sal word nie.
David Hunter, ʼn Amerikaner, het ʼn wêreldrekord opgestel deur vir 255 uur lank
wakker te bly – dit is 9 dae en 9 ure! Baie mense het al probeer om hierdie rekord te
verbeter, maar hulle kon nie daarin slaag nie. Vyf seuns van Kaapstad het probeer
om hierdie rekord te breek, maar hulle kon net vir 48 uur lank wakker bly. Toe, in
1986, kom mev Berta van der Merwe van Bellville en sy stel ʼn nuwe wêreldrekord op
vir wakker bly: 282 uur en 55 minute!
Nog ʼn Amerikaner, C.A. Harriman, is die man wat die verste geloop het sonder om
te stop. Hy het 194,21km ver geloop. Hierdie rekord staan al van 1883 af.
Die langste wat ʼn man nog klavier gespeel het, is 423 uur – hy het net so af en toe
gestop om iets te eet of te drink.
Die rekord vir die langste aanmekaar praat, word snaaks genoeg, deur ʼn man
gehou. Die Ier, Kevin Sheenan, het vir 5 dae en 13 uur gepraat sonder om op te hou.
Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015
Bladsy 6 van 9
Toe probeer ʼn vrou om sy rekord te verbeter, maar tot almal se verbasing kon sy net
vir 96 uur en 54 minute aanhou praat.
Theodore Rooseveldt, oud-president van Amerika, hou die rekord vir die meeste
hande skud. Hy het op een dag die hande van 8513 mense geskud.
ʼn Baie snaakse rekord word deur twee Russe gehou: Gesigklap! Hierdie twee
ouens het gelykop geëindig nadat hulle mekaar vir meer as 30 uur deur die gesig
geklap het. Omdat hulle oë toegeswel was van al die klappery, het hulle mekaar
begin mis klap en moes hulle ophou. Hulle kon vir dae lank nie sien nie en dus sal
hulle seker nie gou weer so iets probeer doen nie!
Mense probeer rekords verbeter omdat hulle beroemd wil wees. Hulle wil ook die
beste in die wêreld wees.
VRAE 2.1 Van watter land is die man wat vir 9 dae en 9 ure wakker gebly het? (1) 2.2 Vir hoeveel dae het die seuns van Kaapstad wakker gebly? (1) 2.3 Waar bly die vrou wat David Hunter se rekord verbeter het? (1) 2.4 Hoekom het die man wat klavier gespeel het, af en toe gestop? (1) 2.5 Waarom dink jy, was almal verbaas dat ʼn man, en nie ʼn vrou nie, die rekord hou vir die langste praat? (1) 2.6 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer. Theodore Rooseveldt is vandag nog die president van die V.S.A. (2) 2.7 Watter vreemde rekord hou die twee mans van Rusland? (1) 2.8 Het iemand die kompetisie gewen? Haal EEN WOORD uit die leesstuk aan om jou antwoord te staaf. (1) 2.9 Hoekom probeer mense rekords verbeter? Gee EEN rede. (1)
(10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015
Bladsy 7 van 9
AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 Skryf die korrekte vorm van die woorde tussen hakies neer:
Die klein (man) 3.1_____ wat so ver geloop het, is (loon) 3.2 ____ vir sy poging. C.A Harriman het die lang afstand ook (baie vinnig) 3.3 _____ afgelê. Sy familie het besluit om vir hom ʼn klein (standbeeld) 3.4_____ op te rig omdat hy nou so beroemd is. Die vyf (jonk) 3.5_____ seuns wat probeer het om sy rekord te verbeter, was onsuksesvol omdat hulle (moeg) 3.6_____ as hy geword het. (6) VRAAG 4 Skryf die volgende sinne oor in die tyd soos aangedui in hakies: 4.1 Berta van der Merwe is baie beroemd. (toekomende tyd) (2) 4.2 Die man speel vir ure op die klavier. (verlede tyd) (2) 4.3 Ek het vir dae lank wakker gebly. (teenwoordige tyd) (2) (6)
VRAAG 5
Die volgende sin is ʼn saamgestelde sin. Skryf die TWEE sinne neer wat saamgevoeg is om dié sin te vorm.
Hulle kon vir dae lank nie sien nie en dus sal hulle seker nie gou weer so iets
probeer doen nie. (2)
Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015
Bladsy 8 van 9
Gebruik die leesstuk om die taalvrae te beantwoord.
Suksesvolle tiener van Amerika Nash Grier, ʼn tiener van Amerika, is ʼn hedendaagse
kampioen. Hy het op die internet bekend geraak vir sy kort
You Tube video’s. Een van die webtuistes waarop hy sy
video’s laai, word The Vine genoem. ʼn Rekord aantal
jongmense oor die wêreld heen kyk gereeld na sy video’s.
VRAAG 6 Vul die korrekte besitlike voornaamwoorde by die oop spasies in. 6.1 Nash se ma is trots op ______ seun. (1) 6.2 Hy gebruik ______ eie iPhone om die video’s te maak. (1) (2) VRAAG 7 Skryf die volgende afkortings (tussen hakies) voluit: Nash kan nie (Afr.) 7.1 ____ praat nie en kom ook nie van (SA) 7.2 _____ nie. (2) VRAAG 8 Skryf die sinne oor in die ontkennende vorm. 8.1 Ouer mense hou altyd van Nash se video’s. (1)
8.2 Iemand het gesê rekords is daar om gebreek te word. (1)
(2)
VRAAG 9
Skryf die sin oor in die direkte rede.
Nash sê hy laai gereeld video’s op die Vine. (3)
Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015
Bladsy 9 van 9
VRAAG 10 Sê watter woordsoorte die onderstreepte woorde is.
6 November 10.1 1970 ... Wéér een van daardie
moeilike 10.2 dae. Dit het begin toe ek vanoggend
10.3 verslaap het, en ʼn hele vyf minute laat by
die skool aangekom 10.4 het. 10.5 ʼn Onvergeeflike
oortreding!
Die hoof het nie eers geluister toe ek probeer verduidelik het, dat ek as gevolg
van die 10.6 baie huiswerk, te laat in die bed gekom het 10.7 en nie die
wekker hoor lui het nie. (7)
TOTAAL AFDELING B: 30
GROOTTOTAAL 60
ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING
AFRIKAANS HUISTAAL
MEMORANDUM
NOVEMBER 2015
VRAESTEL 2
GRAAD 7
PUNTE: 60
Hierdie memorandum bestaan uit 4 bladsye.
Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015
Bladsy 2 van 4
AFDELING A LEESBEGRIP
VRAAG 1
1.1 Gewildste Britse popgroep ter wêreld. √ 1 1.2 25 √ 1 1.3 Hulle het die loket in die VSA en Brittanje oorheers. √
In Amerika het die fliek R 184 miljoen verdien. √ 2
1.4 Hulle gaan ʼn wêreldtoer onderneem. √ 1 1.5 Meer as ʼn 100 miljoen keer √ 1 1.6 Hulle het derde geëindig √ 1 1.7 Wembley Stadion √ 1 1.8 Hulle het aan die talentprogram The X-Factor deelgeneem. √ 1 1.9 Suid-Afrikaners hoop hulle gaan ons land ook besoek op hul
wêreldtoer. √ 1
1.10.1 Onwaar √ Hulle bestaan uit 5 lede. √ 2 1.10.2 Waar √ Dit is as liedjie van die somer aangewys. √ 2 1.11 rolprentdebuut √ 1 1.12 Eie antwoord √ 1 1.13 Best Song Ever √ 1 1.14 wêreldtoer √ 1 1.15 sterker rockklank √ 1 1.16 nommer √ 1 20 VRAAG 2 2.1 Amerika √ 1 2.2 2 dae √ 1 2.3 Bellville √ 1 2.4 om te eet en te drink √ 1 2.5 Dit word algemeen aanvaar dat vrouens baie praat. √ 1 2.6 Onwaar √ die teks sê “oud-president van Amerika ”√ 2 2.7 gesigklap √ 1 2.8 Nee …. gelykop √ (geëindig) √ 1
2.9 Hulle wil beroemd wees./Hulle wil die beste in die wêreld wees. √ 1 10
TOTAAL AFDELING A: 30
Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015
Bladsy 3 van 4
AFDELING B TAAL IN KONTEKS
VRAAG 3 3.1 mannetjie √ 1
3.2 beloon √ 1
3.3 blitsvinnig √ 1
3.4 standbeeldjie √ 1
3.5 jong √ 1
3.6 moeër √ 1
6
VRAAG 4 4.1 Berta van der Merwe gaan/sal baie beroemd wees. √ 2
4.2 Die man het vir ure op die klavier gespeel. √ 2
4.3 Ek bly vir dae lank wakker. √ 2
6
VRAAG 5
x Hulle kon vir dae lank nie sien nie. √ 1
x Hulle sal seker nie gou weer so iets probeer doen nie. √ 1
2
VRAAG 6 6.1 haar √ 1
6.2 sy √ 1
2
VRAAG 7 7.1 Afrikaans √ 1
7.2 Suid-Afrika √ 1
2
Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015
Bladsy 4 van 4
VRAAG 8 8.1 Ouer mense hou nooit van Nash se video’s nie. √ 1
8.2 Niemand het gesê rekords is daar om gebreek te word nie. √ 1
2
VRAAG 9 Nash sê: √ ”Ek √ laai gereeld video’s op die Vine.” √ 3
VRAAG 10 10.1 telwoord √ 1
10.2 selfstandige naamwoord / soortnaam √ 1
10.3 werkwoord √ 1
10.4 hulpwerkwoord √ 1
10.5 lidwoord / onbepaalde lidwoord √ 1
10.6 byvoeglike naamwoord √ 1
10.7 voegwoord √ 1
7
TOTAAL AFDELING B: 30
GROOTTOTAAL 60