afrikaans graad 1 handleiding 2 k3w1 - christelike media...woorde met witbordmerkers na,...
TRANSCRIPT
1�
DERDE KWARTAALWeek 1
Tema 7: Stories van dapper helde
Dag 1
Leermateriaal
Weerkaart
Klaskoerant
Assosiasieprent ”y vir ys” (bl. 13)
Klankkaart: y Y
Letterkaartjies
Liedjie: “Winter” (bl. 14)
“Lees maak slim” Leesboek 3, bl. 1-3
Werkboek 3 bl. 4-6
Natrekvel “y” (bl. 15)
Aktiwiteit 1: Luister en praat
Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan.
Wens die leerlinge wat verjaar geluk.
Bespreek die spesiale geleenthede van die dag.
Voltooi die register.
Luister na ’n paar leerlinge se nuus in die klas. Skryf een leerling se nuus in
die Klaskoerant.
Aktiwiteit 2: Klanke
Die onderwyser stel die klank vir die week bekend: y. Sit die klankkaart y Y
uit die Apparaat teen die bord.
Vergroot die Assosiasieprent “y vir ys” (bl. 13) na A3 en sit dit teen die
bord.
rond of daar nog woorde met die y-klank is.
8� ������
� ������
�� ������
Week 1
Die onderwyser bou y-woorde met letterkaartjies op die bord, byvoorbeeld
byl, vyf, lys, kyk, by, ens.
Leerlinge dink aan nog woordjies met y.
Aktiwiteit 3: Gedeelde lees
Die onderwyser lees die vergrote liedjie “Winter” (bl. 14) vir die leerlinge. Dit
is ’n liedjie wat ons later lekker saam gaan sing.
Die onderwyser en die leerlinge “lees” die liedjie twee keer saam.
Die onderwyser wys op die komma (,) en punt (.) aan die einde van ’n sin.
Moelike woorde word verduidelik soos windjie, uurtjie, vuurtjie en pannekoek.
Leerlinge soek y-woorde in die liedjie.
Die onderwyser en leerlinge lees die liedjie weer deur.
Aktiwiteit 4: Groeplees
Die onderwyser stel nuwe leesboek “Lees maak slim” Leesboek 3 aan die
leerlinge bekend. Groep 1 en 2 lees vandag Deel 1 van Ben en Lin, bl. 1-3.
Groep 1 lees eerste en dan Groep 2, onderwyser begelei die leeswerk.
Praat oor prente of illustrasies en wys belangrike inligting uit.
Bespreek nuwe en moeilike woorde voordat die leerlinge die teks self lees.
Die onderwyser beweeg van leerling tot leerling en luister na ’n kort
teksgedeelte wat hardop gelees word.
Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie:
Leerlinge kleur die bytjie in en skryf dan sy naam op bl. 4 van Werkboek 3.
Leerlinge bou rymwoorde en klank en sê die woorde.
Leerlinge kyk na prentjies en voltooi sinne op bl. 5 van Werkboek 3.
Leerlinge lees dan die sinne.
Leerlinge bou woorde met die skommel-klankies op bl. 6 van Werkboek 3 en
lees die woorde. Leerlinge kyk na die prentjies onderaan die bladsy en skryf
die woorde neer.
�� �����
3� �����
��
Week 1
Aktiwiteit 5: Handskrif
Vertel die y-klank se storie (ook beskikbaar in die Klankstorie wat op bl. 8-15
van Onderwysershandleiding 1 is).
yMamma en tannie Elsa stap later met koekies en yskoue koeldrank na die seuns toe. Tannie Elsa is ook nuuskierig en wil ook na die boomhuis gaan kyk. By die boomhuis roep Mamma die seuns en sê hul le moet kom koekies en koeldrank haal. Hul le is bly om Mamma en tannie Elsa te sien. Die ysies in die koeldrank se glasies lyk soos bote op die water. Die koekies lyk te lekker!
Tannie Else klim op met die leer om te kyk hoe die boomhuis binne lyk. Arno
en tannie Elsa stap terug huis toe en sien Oupa en Ouma sit op die stoep. Mamma gooi vir almal heerlike koue koeldrank in en sit ys in elke glas. Pappa kom ook by hul le sit. Hul le eet koekies en kuier saam.
Fotostateer Natrekvel “y” (bl. 15) vir elke leerling. Leerlinge trek die y-klank
na op die plastiek koevert met die witbordmerker. Leerlinge trek die kleinletter
y na asook die y-woorde: ys en sy.
15 minute
13
yyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyyAssosiasieprent “y vir ys”Assosiasieprent “y vir ys”
14
��� ���� ��� � �������
Lief mamma bak nou pannekoek,my mond begin al water.As ek soet is kry ek dalk
15
!"
Week 1
Dag 2
Leermateriaal
Weerkaart
Klaskoerant
Letterkaartjies
Leesboek 3 bl. 1-3
Werkboek 3 bl. 7-9
Plastiek koeverte
Witbordmerkers
Kleurpotlode
Aktiwiteit 1: Luister en praat
Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan.
Wens die leerlinge wat verjaar geluk.
Bespreek die spesiale geleenthede van die dag.
Voltooi die register.
Luister na nog leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die
Klaskoerant.
Aktiwiteit 2: Klanke
Die onderwyser wys dat daar y-woorde is wat ’n beginklank is, byvoorbeeld:
ys, yskas, ysblok, yskoud, yster.
Leerlinge wys dat daar y-woorde is wat ’n middelklank het, byvoorbeeld: pyp,
byt, lyf, kyk, ens.
Leerlinge soek nog woorde met y-klanke in die klas.
Kyk op Weerkaart, Pligtekaart en Verjaarsdagkaart.
Leerlinge bou eie y-woorde met letterkaartjies.
Aktiwiteit 3: Groeplees
Groep 3 en 4 lees uit Leesboek 3 bl. 1-3. Aktiwiteite word vir hierdie twee
groepe herhaal.
#$ %&'()*
+$ %&'()*
+$ %&'()*
,- %&'()*
./
Week 1
Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie:
Leerlinge soek y-woorde in ’n tydskrif. Hulle skeur die bladsye uit, knip die
woordjies uit en plak dit op bl. 7 van Werkboek 3.
Leerlinge voltooi die sinne op bl. 8 van Werkboek 3 deur die woorde wat
deur die prentjies voorgestel word, in te vul.
Leerlinge lees die sinne met y-woorde onderaan bl. 8.
Aktiwiteit 4: Handskrif
Natrekvel “y Y” na op die plastiek koevert.
Gee aandag aan korrekte beginpunte en skryfrigting.
Aktiwiteit 5: Selfstandig skryf
Leerlinge trek die y-woorde na op bl. 9 van Werkboek 3. Leerlinge teken
hulle eie prentjies van ’n pyp en rys.
15 minute
02 45679:
18
;<
Week 1
Dag 3
Leermateriaal
Weerkaart
Klaskoerant
Natrekoefening: y (bl. 21)
Plastiese koevert
Witbordmerkers
Leesstuk: “Die by” (bl. 22)
Werkboek 3 bl. 10-13
Leesboek 3 bl. 4 en 5
Aktiwiteit 1: Luister en praat
Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan.
Wens die leerlinge wat verjaar geluk.
Bespreek die spesiale geleenthede van die dag.
Voltooi die register.
Luister na leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die Klaskoerant.
Aktiwiteit 2: Klanke
Leerlinge kry elkeen ’n kopie van Natrekoefening: y (bl. 21) en trek die y-
woorde met witbordmerkers na, byvoorbeeld: vy, by, wyn, ens.
As almal klaar is, klank hulle die woorde saam met die onderwyser.
Aktiwiteit 3: Gedeelde lees
Vergroot die leesstuk “Die by” na A3 en lees dit vir die leerlinge voor. Leer-
Leerlinge soek y-woorde en rymwoorde.
Noem nog rymwoorde met y-klank, byvoorbeeld: hy en sy, kyk en lyk, ens.
Lees die leesstuk nog ’n keer deur en leerlinge lees hardop saam.
=> ?@ABCD
EF ?@ABCD
E> ?@ABCD
E> ?@ABCD
GH
Week 1
Aktiwiteit 4: Groeplees
Groepe 1 en 2 kry geleentheid om te kom lees uit Leesboek 3 bl. 4 en 5.
Die onderwyser bespreek moeilike woorde.
Die onderwyser beweeg van leerling tot leerling en luister na ’n teks wat
hardop gelees word.
Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie:
Leerlinge skryf die woorde oor op bl. 10 van Werkboek 3.
Leerlinge lees die woorde in die blokkies op bl. 11 van Werkboek 3 en skryf
dan die woorde oor.
Aktiwiteit 5: Selfstandig skryf
Leerlinge skryf die y-woorde oor in die blokkies op bl. 12 van Werkboek 3.
Daarna skryf leerlinge die y-woorde op bl. 13 groot langs die prentjie.
Leerlinge lees die sinne op bl. 12 en 13 van Werkboek 3 en trek die y-woorde
na.
Onderwyser verleen hulp waar nodig.
15 minute
IJ KLMNOP
21
22
QR
Week 1
Dag 4
Leermateriaal
Weerkaart
Klaskoerant
Leesboek 3 bl. 4 en 5
Werkboek 3 bl. 14-17
Letterkaartjies
Skrifboek bl. 57-58
Aktiwiteit 1: Luister en praat
Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan.
Wens die leerlinge wat verjaar geluk.
Bespreek die spesiale geleenthede van die dag.
Voltooi die register.
Luister na leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die Klaskoerant
en die leerling teken daarby.
Gesels oor helde. Vra leerlinge of hulle een van die helde van wie hulle in
Lewensvaardigheid gehoor het, se verhaal kortliks kan vertel.
Aktiwiteit 2: Groeplees
Groep 3 en 4 kry nou geleentheid om bl. 4 en 5 van Leesboek 3 te lees.
Dieselfde aktiwiteite wat reeds met groep 1 en 2 gedoen is, word herhaal.
Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie:
Leerlinge kies die regte woord en omkring dit op bl. 14 van Werkboek 3.
Leerlinge kies die regte woord en omkring dit op bl. 15 van Werkboek 3.
Aktiwiteit 3: Klanke
Leerlinge klank en lees y-woorde saam met die onderwyser op bl. 16 van
Werkboek 3.
Leerlinge bou die woorde met letterkaartjies op hulle bankies.
ST UVWXYZ
[T UVWXYZ
\] UVWXYZ
[T UVWXYZ
^_
Week 1
Aktiwiteit 4: Handskrif
Skrifboek se voorkant en op hul
tafels.
Leerlinge trek die woorde na op bl. 57 van die Skrifboek: ys, jas, vier en
koek
Leerlinge skryf y en Y in die Skrifboek op bl. 58.
Aktiwiteit 5: Selfstandig skryf
Leerlinge sê die sin en skryf die woord op bl. 17 van Werkboek 3.
`a bcdefg
`h bcdefg
ij
Week 1
Dag 5
Leermateriaal
Werkboek 3 bl. 18 en 19
Leesstuk “Y is ’n ysbeer””(bl. 27)
Leesboek 3 bl. 1-5
Skrifboek bl. 59
A5 woordeboekie
Aktiwiteit 1: Klanke
Leerlinge klank en lees die y-woorde op bl. 18 van Werkboek 3.
Aktiwiteit 2: Gedeelde lees
Die onderwyser lees die vergrote leesstuk “Y is ’n ysbeer” voor terwyl
leerlinge kyk en luister.
Leerlinge soek en sê al die y-woorde.
Die onderwyser vra vrae: 1. Watter werk doen die ysbeer? 2. Waar maak hy die ys? 3. Hoekom wil die mense nie die ys koop nie? 4. Watter slim plan dink hy uit? 5. Waar is die ys nou in?
Aktiwiteit 3: Groeplees
Elke groepie kom lees ± 5 minute by die onderwyser uit Leesboek 3 bl. 1-5.
As daar leerlinge is wat individueel wil lees, kan hulle geleentheid kry.
Alle leesaktiwiteite word voltooi en afgerond.
kl mnopqr
sl mnopqr
sl mnopqr
tu mnopqr
vw
Week 1
Aktiwiteit 4: Handskrif
Doen vingeroefeninge: 1. Raak met jou duim aan elke vinger van jou hand. Doen oefening met linker- en regterhand. 2. Speel klavier: Maak jou hand die vorm van ’n voëltjie se nessie. Speel met jou vingers 1, 2, 3, 4, 5. Doen dit met beide hande apart. 3. Maak ’n vuis met jou hand en los die vingers een vir een 1, 2, 3, 4, 5. Doen dit met beide hande. 4. Maak ’n vuis en skiet die vingers gelyk los. Herhaal. 5. Loop soos ’n spinnekop met jou vingers op jou tafeltjie.
Leerlinge werk in die Skrifboek op bl. 59 en skryf die woorde en trek die
aangeleerde letters in die sin oor. Sit ’n vingertjie tussen die woorde.
ys, rys, wys, lys
Yssel lag lekker.
Aktiwitieit 5: Selfstandig skryf
Leerlinge skryf die sinne oor op bl. 19 van Werkboek 3.
Leerlinge skryf drie y-woorde in hulle eie Woordeboek.
xy z{|}~�
x� z{|}~�
27