afrikaans gr 4 werkboek 3 -boek - christelikemedia.org · die skrywer van die brief kla oor drie...

12
6 Leseenheid 7 Aktiwiteit 1: Kom ons luister Opdrag Luister na die voorlesing van ‘n brief (sien addendum, bl 74) wat Emmie aan ‘n tydskrif gestuur het. Beantwoord daarna die vrae. Honde en higiëne 1. Daar word in die brief gekla oor honde by ____________ en in _________________ 2. Die skrywer van die brief kla oor drie plekke in winkels waar honde kieme versprei. Noem die drie plekke. 3. Hoe weet ons die skrywer van die brief is lief vir honde? 4. Woon die dame in ‘n stad of op ‘n plaas? 5. Watter versoek rig sy tot die winkeleienaars? 6. Watter nut sal strenger optrede in die winkels hê? 7. Dink jy Emmie sal ‘n goeie veearts wees? Motiveer jou antwoord.

Upload: others

Post on 25-Jan-2020

6 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: Afrikaans gr 4 werkboek 3 -Boek - christelikemedia.org · Die skrywer van die brief kla oor drie plekke in winkels waar honde kieme versprei. ... Soek nou oral waar het - en sal (hulpwerkwoorde)

6

Leseenheid 7

Aktiwiteit 1: Kom ons luister

Opdrag

Luister na die voorlesing van ‘n brief (sien addendum, bl 74) wat Emmie aan ‘n tydskrif gestuur het. Beantwoord daarna die vrae.

Honde en higiëne

1. Daar word in die brief gekla oor honde by ____________ en in _________________2. Die skrywer van die brief kla oor drie plekke in winkels waar honde kieme versprei.

Noem die drie plekke.3. Hoe weet ons die skrywer van die brief is lief vir honde?4. Woon die dame in ‘n stad of op ‘n plaas?5. Watter versoek rig sy tot die winkeleienaars?6. Watter nut sal strenger optrede in die winkels hê?7. Dink jy Emmie sal ‘n goeie veearts wees? Motiveer jou antwoord.

Page 2: Afrikaans gr 4 werkboek 3 -Boek - christelikemedia.org · Die skrywer van die brief kla oor drie plekke in winkels waar honde kieme versprei. ... Soek nou oral waar het - en sal (hulpwerkwoorde)

7

Aktiwiteit 2: Kom ons lees hardop

Begeleide lees

Hondesoorte

Windhonde is aanvanklik geteel vir jag en honderesies. Hul bou stel hulle in staat om baie vinnig agter hul prooi aan te hardloop en hulle kan baie goed sien. Onthou net dat as jy ‘n windhond as troeteldier kies, hy baie oefening nodig het.

Boelhonde was oorspronklik honde wat in gevegte gebruik is. Deesdae is hulle waghonde. Honde in dié groep is bekend vir hul uithouvermoë en lojaliteit. Deesdae is hulle minder gewild as troeteldiere, omdat hulle baie wreed kan optree.

Spitshonde (keeshonde) kom oorspronklik uit Antarktika waar hulle gebruik is om sleë te trek en vir jag. Die corgi en skipperke-honde behoort tot die groep. Die corgi is afgesien van hul gewildheid as “koningshonde” lekker maats vir die mense wat van lewendige hondjies hou.

Skaaphonde soos die kollie en Duitse herdershond, is presies wat hulle versamelnaam aandui: oppassers van skape. Hierdie honde is gewillige werkers, maar as hulle as troeteldiere aangehou word, het hulle baie oefening nodig. Hulle word baie nuttig gebruik op skaapplase.

Spanjoele kom vermoedelik oorspronklik uit Spanje, soos die naam aandui. In hierdie groep kry ‘n mens ‘n wye verskeidenheid van skynbaar onverwante hondsoorte soos die labrador, pekinees, chihuahua en poedel. Spanjoele swem Spanjoele swem baie goed en is lief vir jag.

Die Labrador is intelligent en word maklik afgerig, veral as gidshond. Die kleiner hondjies in die groep is eerder skoot- of vertoonhondjies.

Terriërs kry hul naam van die Franse woord vir aarde. Hulle is geteel om in die grond agter jakkalse aan te dolwe. Al die soorte in hierdie groep het gewoonlik

Page 3: Afrikaans gr 4 werkboek 3 -Boek - christelikemedia.org · Die skrywer van die brief kla oor drie plekke in winkels waar honde kieme versprei. ... Soek nou oral waar het - en sal (hulpwerkwoorde)

8

Opdrag

Beantwoord nou die volgende vrae:

1. Noem ‘n besondere kenmerk van die windhond.2. Kan jy ‘n windhond in ‘n woonstel aanhou?3. Waarvoor is boelhonde eers gebruik?4. Waarom nie meer vandag nie?5. Waarvoor is hulle veral bekend?6. Waarom kry honde wat in Antarktika geteel is swaar in Suid-Afrika?

8. Wat dui die skaaphonde se naam aan?9. Kan ‘n baie besige persoon ‘n kollie aanhou?10. Watter tipe hond sal ‘n blinde persoon aanskaf?11. Wat is ‘n skoothond?12. Wat beteken die woord terriër?13. Is ‘n dobermann ook ‘n soort terriër?14. Wat word bedoel met basterhonde?15. “Onder ‘n mens se vel inkruip,” beteken?

Aktiwiteit 3: Ons skerp leestegnieke in

Stilleesvaardighede: spoedlees met konsentrasie

Opdrag

1. Jy gaan nou twee minute kry om die leesstuk “Die wolfhond” stil deur te lees. Daarna kry jy kans om soveel moontlik feite neer te skryf.

2. Doen dieselfde met die leesstuk “Die kollie”, maar hiervoor kry jy slegs een-en-‘n–half minuut.

terriër as deel van hul naam, behalwe die dobermann-pinscher, wat ook uit hierdie groep geteel is.

Jaghonde: In hierdie groep kry ‘n mens onder meer die bloedhond, beagle, worshond en Deense hond. Hul geaardhede strek wyd: van die lojale, wakker worshond tot die Deense hond wat baie oefening en baie kos nodig het. Die polisie maak gebruik van bloedhonde. Dan is daar natuurlik ook nog basterhonde. Hulle varieer oneindig

in voorkoms en grootte, maar so ‘n basterhond of –hondjie kan soms baie diep onder ‘n mens se vel inkruip met sy vriendelike geaardheid. Hulle is dikwels ook minder vatbaar vir sekere siektes.

Page 4: Afrikaans gr 4 werkboek 3 -Boek - christelikemedia.org · Die skrywer van die brief kla oor drie plekke in winkels waar honde kieme versprei. ... Soek nou oral waar het - en sal (hulpwerkwoorde)

9

Die wolfhond

Kan jy jou voorstel van watter hondesoort ons praat? Ja, die groot hondesoort wat soos wolwe lyk.

Hierdie sterk gespierde dier word soms “polisiehond” genoem, omdat die polisie baie van die soort oplei om hulle in hul werk te help. Die wolfhond is een van die getrouste en skerpsinnigste van alle honde. Hy is van groot waarde in oorlogstyd as kampwagter en by die opspoor van gewonde soldate. Geen dief in sy nabyheid kom weg nie.

Die voorouers van die wolfhond was skaap- en plaashonde. Een van die goeie take wat hierdie honde verrig, is om blindes op te pas. Sy besondere skranderheid maak van hom ‘n “wakende oog”, want hy kan geleer word om sy blinde baas veilig te lei, tussen druk straatverkeer deur, by trappe op en af en deur alle gevare heen. Hy is saggeaard, minsaam en getrou en sal sonder

beskerm. Wolfhonde kan uiteraard ook wreed wees en moet daarom baie goed opgelei word. Oefening is noodsaaklik. Die klein hondjies is wolhaargoedjies wat potsierlik rondsukkel. Hulle is enige kleur: van wit tot gitswart en party van hulle is bruin, rooibruin of vaal.

Die kollie

Is hulle nie pragtig nie? Die groot honde met die wolkraag om die nek word almal

Die kollie, of skaaphond, soos hy ook genoem word, is baie boere se vriend. Net soos die boer, is sy natuurlike woonplek die plaas. Normaalweg woon baie van hierdie mooi honde in dorpe en stede, maar dis die skaap- en beesboere wat hulle die meeste gebruik. Menige herder in Brittanje sou dit onmoontlik vind om sy groot kudde bymekaar te hou sonder die kollie se hulp.

Daar is twee soorte kolliehonde: die een het ‘n gladde vel en die ander het lang hare. Albei is afstammelinge van herdershonde in Skotland. Daardie honde van lank gelede was dikwels swart en is derhalwe “coally” genoem, die Engels vir

Page 5: Afrikaans gr 4 werkboek 3 -Boek - christelikemedia.org · Die skrywer van die brief kla oor drie plekke in winkels waar honde kieme versprei. ... Soek nou oral waar het - en sal (hulpwerkwoorde)

10

Opdrag

Beantwoord nou die volgende vrae in volsinne:1. Die wolfhond

1.1 Gee ‘n ander woord vir potsierlik en skranderheid.1.2 Wat is die edelste taak wat die wolfhond verrig?1.3 Wat word bedoel met ‘n “wakende oog”?1.4 Wat word ‘n hond wat blindes lei, genoem?1.5 Waarom sou jý graag ‘n wolfhond as troeteldier wou hê?

2. Die kollie2.1 Praat ons vandag nog van herders?2.2 Waarvan is die naam kollie afgelei?2.3 Hoe verstaan die kollie en sy baas mekaar as hulle skape aankeer?2.4 Kan ‘n kollie ook ‘n “nagwag” genoem word?2.5 Gee twee redes waarom jy dink dat die kollie intelligent is.

Aktiwiteit 4: Ons lees verskillende tekste

Opdrag

1. Lees weer al drie die leesstukke oor honde op jou eie deur.2. Maak ‘n lys van al die hondesoorte en noem een goeie eienskap van elkeen.3. Soek jou eie mooi verhaaltjie oor honde. Lees dit in jou groep en bespreek daarna

die eienskappe van die honde waaroor julle in jul groep gelees het.

Aktiwiteit 5: Ons lees

Opdrag Gedifferensieerde lees in vaardigheidsgroepe

1. Leerlinge lees verskillende leesstukke (ook wat hulle saamgebring het) in hul vaardigheidsgroepe.

2. Blaai deur tydskrifte en versamel advertensies waarin honde gebruik word.

gebruik is.4. Maak groepplakkate oor “Die mens se beste vriend”.

“soos steenkool”. Nou kan julle maklik sien hoe die naam mettertyd Kollie geword het.

dit is wonderlik om hulle aan die werk te sien. ‘n Goed geoefende kollie sal op sy eie na ‘n veraf weiveld hardloop en die trop self bymekaar jaag.

Hy sal sy baas se skape uitken en hul saans in die kraal besorg. Hy jaag die ooie en lammers in een kraal en die ramme in ‘n ander, sonder om ‘n enkele fout te maak of een van hierdie tingerige diere te beseer. Snags waak die kollie oor sy kudde om hulle teen vreemde honde of ander rondloper diere te beskerm. Die kollie is ook ‘n getroue kindervriend, en goeie akteur. Almal ken mos vir “Lassie”?

Page 6: Afrikaans gr 4 werkboek 3 -Boek - christelikemedia.org · Die skrywer van die brief kla oor drie plekke in winkels waar honde kieme versprei. ... Soek nou oral waar het - en sal (hulpwerkwoorde)

11

Aktiwiteit 6: Ons lees gedigte

Opdrag

Elke leerling lees die gedigte selfstandig en vir die lekker. Kies daarna een wat jy spesiaal wil oefen om te kom voordra vir die klas.

Ek is nou wel liefvir my ma se spanjoel, maar darem veel meer

vir my eie ou boel.

want jy weet mos ‘n boelis die beste bekend vir sy lelike smoel.

Spanjoele is mooi,dit sal ek nie stry,

maar ek weet my ou boel is die liefste vir my.

Page 7: Afrikaans gr 4 werkboek 3 -Boek - christelikemedia.org · Die skrywer van die brief kla oor drie plekke in winkels waar honde kieme versprei. ... Soek nou oral waar het - en sal (hulpwerkwoorde)

12

Groothond op die spoor

Ou Rooikam is vermooren Rooikam was die haan wat almal moes laat hoor

dis tyd om op te staan.

Ou Rooikam is vermoorja-nee, dis nou maar klaar,

maar Groothond sny die spoorvan daardie moordenaar.

Ja, Groothond draf heel voordaar deur die doringbos,

want Groothond ruik die spoorvan ene Vetman Vos.

Ja, Groothond draf heel voormet Kleinhond net na hom

en agter kan hy hoorhoe Bonthond saggies grom.

Ou Rooikam is vermooren hy sal nooit weer kraai,maar iewers op die spoor

gaan jakkalshare waai.

Page 8: Afrikaans gr 4 werkboek 3 -Boek - christelikemedia.org · Die skrywer van die brief kla oor drie plekke in winkels waar honde kieme versprei. ... Soek nou oral waar het - en sal (hulpwerkwoorde)

13

Aktiwiteit 7: Ek ken my taal in die hede, verlede en toekoms

Groepopdrag

Besluit gou in julle groep op vyf doenwoorde/werkwoorde.

Opdrag

Gebruik die leesstuk “Die kollie” op bladsy nege om die opdragte uit te voer.

1. Soek die woorde in die leesstuk wat iets beskryf wat gebeur of wat gedoen word (werkwoorde), en skryf dit neer.

2. Soek nou oral waar het - en sal (hulpwerkwoorde) in die stuk voorkom. Skryf die werkwoord wat daarmee saam gebruik word neer en maak met twee van hullehullesinne.

Kolle

Stoute Kolle, swartbont hond,grawe in die tuingrond rond.Gate hieren gate daar.Gate oral,aanmekaar.Gate diep en gate vlak,as jy kyk dan grou die brak.Elke beentjieword ‘n skatwat versteek wordin ‘n gat.Maar wil hydit môre vreet,het hy elkeplek vergeet.Dan begindie groueryweer opnuutom dit te kry.

Speelmaats ‘n Spierwit krulhaarbondeltjieen Wolkie is sy naam - ‘n Snoetjie swart soos steenkoolroetDie druk hy teen die raam.

Ag, wanneer kom sy basie dan?

Van kleinbaas nou ook skool toe gaanMoet hy hom dood verveel.

‘n Sug kom uit sy hondjiehart:

“Woef-woef,” daar kom klein Pietie aan -

Sy oë blink, sy stertjie waai,Sy mond lag wawyd

Daar buk die twee die rantjie oorVandag sal daardie

Page 9: Afrikaans gr 4 werkboek 3 -Boek - christelikemedia.org · Die skrywer van die brief kla oor drie plekke in winkels waar honde kieme versprei. ... Soek nou oral waar het - en sal (hulpwerkwoorde)

14

3. Knip ‘n advertensie uit jou tydskrif.• Plak dit in jou boek en onderstreep alle werkwoorde. • Gebruik twee daarvan in jou eie sinne.• Skryf nou hierdie sinne oor, maar sit het ge- by jou werkwoord en kyk wat met

jou sin gebeur.4. Kyk na die volgende stukke uit tydskrifte. Skryf nou hieruit twee sinne neer wat

reeds gebeur het, twee wat nou gebeur en twee wat nog gaan gebeur.

Hondbeslis nie posbodese beste vriend

----------------------------------------------------Marie Liebenberg----------------------------------------------------‘n Hond is vir baie mense die gunsteling-troeteldier om aan te hou, maar vir die Poskantoor se posbestellers is die grommende, blaffende diere beslis nie beste vriende nie.Verlede jaar is 242 posbestellers deur

honde beseer. Dit is darem 84 minder as die 326 van die vorige jaar en byna 100 minder as in 1991. Die aard van die beserings was ook verlede jaar minder ernstig.

Volgens die Poskantoor kan die afname in die voorvalle toegeskryf word aan die veiligheidsituasie in die land wat inwoners noop om hul erwe beter te omhein.Dit blyk dat die meeste van die beserings

gewoonlik nie ernstig is nie. Die algemeenste beserings is bytwonde aan die posbestellers se hande, bene en voete, maar selfs dit kos die maatskappy duisende rande aan mediese koste en honderde man-ure raak verlore.

Die Poskantoor hou die eienaar van die hond wat ‘n posbeteller aanval aanspreeklik vir die mediese koste van die beseerde.Waar ‘n posbesteller deur ‘n hond gebyt

word, word ‘n skulderkenning aan die eienaar gestuur. In sowat 75 persent van die gevalle erken die eienaar skuld en vergoed hy die maatskappy. Wanneer die eienaar nie opgespoor kan word nie of skuld ontken, vergoed die maatskappy die posbesteller vir sy mediese koste en die skuld word afgeskryf.

Page 10: Afrikaans gr 4 werkboek 3 -Boek - christelikemedia.org · Die skrywer van die brief kla oor drie plekke in winkels waar honde kieme versprei. ... Soek nou oral waar het - en sal (hulpwerkwoorde)

15

Aktiwiteit 8: Ek verstaan my taal

Opdrag

Lees die gedeelte oor hondesoorte (bladsy 7) en beantwoord die vrae:

1. Skryf al die soorte honde se name neer. (Selfstandige naamwoorde - eiename).2. Soek nog vyf van hierdie woorde en skryf dit neer.3. Dink nou aan woorde wat enige voorwerp ‘n naam gee (soortname). Byvoorbeeld;

‘n troeteldier (hond). Skryf nou drie woorde neer van dinge wat ‘n mens sal nodig kry om ‘n hond aan te hou. Skryf nou hulle meervoud en verkleining neer.

4. Knip drie opskrifte uit jou tydskrif waarin daar ‘n selfstandige naamwoord gebruik is.• Plak dit in jou skrif en onderstreep die selfstandige naamwoord.• Skryf die drie sinne oor en vervang die selfstandige naamwoord met enige

ander een wat sal inpas.5. Kyk weer na die leesstuk oor hondesoorte. Soek al die woorde wat vir ons die

honde beskryf, of meer vertel van hoe die honde is (byvoeglike naamwoorde) en skryf dit in jou boek.

Het jy geweet?

• Woorde wat vir ons sê wat gedoen word of wat die handeling aandui, word werkwoorde genoem.

• Om sinne te skryf, het ‘n mens werkwoorde nodig.

• Sinne kan in drie tye geskryf word:Verlede (gister), hede (nou), toekoms (môre)

• Om sinne te skryf oor wat reeds gebeur het, het ons “het ge-” nodig.

• Om sinne te skryf oor wat nog gaan gebeur, is die woord “sal” nodig.• “het” en “sal” is hulpwerkwoorde

Kom pak asseblief af!TRANE van verlange het in my oë gekom toe ek die brief “Af-pakkers kuier ons bankrot” (24 November) lees.Ag, hoe verskil ek en die skry-wer nie. Ek het my familie agtien maande laas gesien. In-dien hulle ook die brief gelees het en dink hulle moet my nie kom pla nie, wil ek net sê: kom kuier asseblief. Ek verlang my dood na julle.Ek sal na julle kinders kyk, vir julle kook, agter julle skoon-maak.As ek dit kon bekostig, sou ek selfs vir jul buskaartjies of brandstof betaal het.Al moet ek geldelik sukkel as jul weg is, sal dit steeds die moeite werd wees.

Dan spaar ek om volgende jaar weer so te kan maak.Ek weet as my familie hier kom afpak, bly hul liefde vir my ag-ter wanneer hulle weer inpak.-Louisa, Klawer

Simptome van skok

weet waar hy is of wat met hom gebeur het nie.

Page 11: Afrikaans gr 4 werkboek 3 -Boek - christelikemedia.org · Die skrywer van die brief kla oor drie plekke in winkels waar honde kieme versprei. ... Soek nou oral waar het - en sal (hulpwerkwoorde)

16

6. Bestudeer die prentjies hieronder.• Skryf drie selfstandige naamwoorde oor elkeen neer.• Kies dan een selfstandige naamwoord by elke prent en maak jou eie sin

daarmee, maar gebruik ‘n beskrywende woord daarmee saam. Byvoorbeeld: Die massiewe boelhond blaf vir die benoude seun.

7. Lees die onderstaande brief.• Skryf al die woorde wat beweging (handeling) beskryf neer.• Soek nou die woorde wat meer vertel oor hoe die dinge gebeur. Byvoorbeeld:

Hoe werk die mense met die brood? Stief. Skryf al hierdie beskrywende woorde neer.

Maak vriende met my brood!Brood is sekerlik die vernaamste voedsel in enige huis. Nou hoekom werk mense so stief daarmee?In die supermark word ‘n brood bygeloop, bevoel en ge-druk dat die arme korsie in angs die res van die brood verlaat . Mense, as julle kwaad is oor iets, moenie dit op my brood uithaal nie, want netnoumaar koop ek dalk daardie brood wat reeds onder jul venynige vinger deur-geloop het. Gaan druk liewer ‘n kokosneut totdat julle beter voel.

Nou loop ek met my verminkte brood kasregister toe. Weereens die kasty-ding: hy word in sy middel beetgekry en

sonder respek, as die prys nie dade-lik registreer nie, heen en weer oor die rekenaar se

oog geslinger totdat die masjien skree en sê die prys is bygereken. Sal alle besighede wat brood verkoop, nie tog maar groot asseblief

hul werkers leer om sagkens met ons belang-

rikste kos te werk nie? - B. du Plooy,

Amanda Glen

Page 12: Afrikaans gr 4 werkboek 3 -Boek - christelikemedia.org · Die skrywer van die brief kla oor drie plekke in winkels waar honde kieme versprei. ... Soek nou oral waar het - en sal (hulpwerkwoorde)

17

Het jy geweet?

• Woorde wat iemand of iets benoem byvoorbeeld: hond, meisie, motor, isselfstandige naamwoorde.

• Woorde wat vir ons vertel hoe ‘n voorwerp, item (selfstandige naamwoord) lyk, byvoorbeeld: mooi hond, pragtige rooi motor, noem ons byvoeglikenaamwoorde.

• Woorde wat beweging of handeling of iets wat gebeur in ‘n sin aandui byvoorbeeld: blaf, eet, ry, word werkwoorde genoem.

• Woorde wat vertel hoe iets gebeur of gedoen word soos blaf aanhoudend, eet gulsig, ry vinnig, is bywoorde.

Aktiwiteit 9: Ek leer hoe my taal gebruik word

Groepopdrag

Kyk in julle groepe na die volgende paragraaf. Besluit saam watter woorde uit die woordbank sal die beste inpas om die sin te voltooi.

Omdat ou Sakkie nie so vinnig soos sy maats die aftog kon __________ nie, het die dominee hom op heterdaad ___________ in die vrugteboord. In die wedloop na die hek toe het hy die onderspit ____________.

Hettie se ma moes ‘n operasie _________________ voordat hulle die oorsese reis kon __________. Haar pa moes ‘n plan ___________ om ‘n vinnige afspraak met die snydokter te _______.

Santie wou nie met haar bestuurstoets ‘n fout __________ nie en het vooraf ‘n bestelling vir ‘n handleiding by die boekwinkel __________.

Opdrag

1. Voltooi nou met dieselfde woorde die volgende vaste uitdrukkings in jou skrif:1. die onderspit _________ 2. die spit_________3. ‘n operasie_________ 4. ‘n reis _________5. die aftog_________ 6. ‘n plan_________7. op heterdaad_________ 8. ‘n fout_________9. ‘n bestelling _________ 10. ‘n afspraak_________

2. Gebruik drie van hierdie vaste uitdrukkings in goeie sinne.

plaas, ondergaan, blaas, onderneem, betrap,begaan, maak, beraam, gedelf