afrikaans web viewsê ja of nee en verduidelik wat daarmee bedoel word. (1) [18] ... verlede)...

15
PUNTE: 80 TYD: 2 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 JUNIE 2012

Upload: vuongque

Post on 01-Feb-2018

220 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: AFRIKAANS  Web viewSê JA of NEE en verduidelik wat daarmee bedoel word. (1) [18] ... verlede) dringend na hul sentrum haas om die koffieblik om die ystervark se kop los te sny

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

INSTRUKSIES EN INLIGTING

AFRIKAANSEERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL 1

JUNIE 2012

GRAAD 10

Page 2: AFRIKAANS  Web viewSê JA of NEE en verduidelik wat daarmee bedoel word. (1) [18] ... verlede) dringend na hul sentrum haas om die koffieblik om die ystervark se kop los te sny

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

AFDELING A: Kyk- en leesbegrip (VRAAG 1, 2 en 3 ) (30)

AFDELING B: Opsomming (VRAAG 4) (10)

AFDELING C: Taal (VRAAG 5, 6 ,en 7) (40)

2. Lees ALLE instruksies baie goed.

3. Beantwoord AL die vrae.

4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.

5. Trek ʼn streep na elke afdeling.

6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik is.

7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.

8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9. Skryf netjies en leesbaar

AFDELING A: LEES EN KYK BERGRIP

Page 3: AFRIKAANS  Web viewSê JA of NEE en verduidelik wat daarmee bedoel word. (1) [18] ... verlede) dringend na hul sentrum haas om die koffieblik om die ystervark se kop los te sny

VRAAG 1: VRAAG 1: ARTIKEL

1.1 Watter woorde beskryf die titel die beste? (A) Dis belangriker om goed te lyk, al doen jy nie so goed nie. (B) Dis belangriker om iets goed te doen, al lyk jy nie so goed nie. (C) Lyk altyd goed. (D) Doen belangrike goed. (1)

1.2 Hoekom is Susan op skool “Simple Susie” genoem? (1)

WAT JY DOEN, IS BELANGRIK - NIE HOE JY LYK NIE 1. Susan Boyle is op 1 April 1961 in Blackburn, Skotland gebore. Haar ouers was Ierse immigrante. Sy was die jongste van vier broers en ses susters. Sy is gebore toe haar ma reeds 47 jaar oud was – dieselfde ouderdom waarop Susan wêreldberoemd geword het. Tydens die moeilike geboorte het Susan vir ‘n kort rukkie nie suurstof gekry nie en later het dit gelei tot leerprobleme. As kind is sy afgeknou en geterg en haar bynaam was “Simple Susie”. Nou het die wiel gedraai en sy het die hele wêreld laat regop sit!

2. Susan het die skool verlaat sonder dat sy enige kwalifikasies gekry het. Daarna het sy vir ses maande gewerk as ‘n leerling-sjef, maar sy was lomp en onhandig en het haar werk verloor. Van toe af het sy nooit weer gewerk nie, maar by die kerk betrokke geraak. Die Rooms Katolieke kerk in Blackburn het haar van tyd tot tyd met geld gehelp en in ruil daarvoor het sy daagliks klein werkies in die kerk gedoen. Sy was ook ‘n entoesiastiese lid van die kerkkoor.

3. Sy is ‘n oujongnooi wat nog steeds in haar ouerhuis saam met haar tienjarige kat, Pebbles, bly. Haar pa is in die negentigs oorlede en al haar broers en susters het getrou en die huis verlaat. Tot in 2007 het sy haar bejaarde ma opgepas totdat sy op 91-jarige ouderdom oorlede is. Dit was ter ere van haar ma, vir wie sy baie lief was, dat Susan besluit het om aan die kompetisie deel te neem.

4. Susan het nog altyd daarvan gehou om te sing en haar oorlede ma het haar dikwels probeer aanmoedig om voor ‘n groter gehoor as die gemeente in die kerk te sing. Toe sy op 11 April 2009 in die derde reeks van Britain’s Got Talent optree, het sy binne ‘n paar minute reggekry wat ander net droom om te doen.

4. Die gehoor en die beoordelaars het hulle oë gerol toe sy opstap en na mekaar gekyk asof hulle sê: “Wat soek hierdie ou tannie op die verhoog?” Teen die tyd wat sy “I dreamed a dream” uit die musiekblyspel Les Miserables, klaar gesing het, het sy die mense betower. Die kontras was duidelik. Nadat sy klaar gesing het, het sy oorverdowende applous gekry en die beoordelaars het aldrie “Ja!” gesê. Selfs die berugte Simon Cowell, wat deelnemers gewoonlik met sy vlymskerp tong afkraak, was sprakeloos.

Oorgeneem uit TrippelH se eksamenbron

Page 4: AFRIKAANS  Web viewSê JA of NEE en verduidelik wat daarmee bedoel word. (1) [18] ... verlede) dringend na hul sentrum haas om die koffieblik om die ystervark se kop los te sny

1.3 Van watter land was Susan se ouers oorspronklik? (1)

1.4 Haal EEN woord aan wat vir ons sê dat Susan nooit getrou het nie. (paragraaf 3) (1)

1.5 Die hoeveelste kind was Susan? Gee die korrekte rangtelwoord. (1)

1.61.5.1 Aan wie se ondersteuning het Susan haar roem te danke? (1) 1.5.2 Hoe het hierdie persoon haar probeer aanmoedig? (1) 1.5.3 Hoe het Susan die persoon vereer? (1)

1.7 Waarom het Susan nooit ‘n sjef geword nie? Haal DRIE opeenvolgende woorde as antwoord aan. (1)

1.8 Wat word bedoel met: “Nou het die wiel gedraai!” (1)

1.9 Hoe weet ons dat Susan ’n goeie kerkmens was? (2)

1.10 Verduidelik wat die kontras is waarvan die laaste paragraaf praat. (2)

1.11 Simon Cowell word in die laaste sin beskryf as iemand wat

(a) berug is (b) ‘n vlymskerp tong het (c) deelnemers afkraak (d) sprakeloos was.

1.11.1 Watter een pas nie by die ander drie nie?

1.11.2 Verduidelik jou antwoord. (2)

1.12 Kan die wêreld regop sit? Sê JA of NEE en verduidelik wat daarmee bedoel word. (1) [18]

Page 5: AFRIKAANS  Web viewSê JA of NEE en verduidelik wat daarmee bedoel word. (1) [18] ... verlede) dringend na hul sentrum haas om die koffieblik om die ystervark se kop los te sny

VRAAG 2: ADVERTENSIE

Lees die advertensie en beantwoord die vrae.

Huisgenoot 2012

2.1 Wat bedoel die adverteerder met “Vat verkoue en griep vas”? [1]

Page 6: AFRIKAANS  Web viewSê JA of NEE en verduidelik wat daarmee bedoel word. (1) [18] ... verlede) dringend na hul sentrum haas om die koffieblik om die ystervark se kop los te sny

2.2 Wat doen ‘n mens as jy “snuif” of “snuffel”? [1]2.3 Hoe kan Lictagon jou teen winterinfeksies beskerm? [1] 2.4 Wat is nuut aan die Linctagon stroop? [1]

2.5 Hoe oorreed Linctagon kinders om hul produkte te gebruik? [1]

2.6 Op watter twee maniere ondersteun Linctagon jou liggaaam teen die winterkieme? [2]

2.7 Wie is die teikengroep van die advertensie? [1]

2.8 Dink jy die foto in die advertensie is geslaagd? Motiveer jou antwoord. [2]

2.9 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is.

2.9.1 Lintagon-produkte kan by enige winkel gekoop word. [1]

2.9.2 Motiveer jou antwoord deur SES OPEENVOLGENDE woorde aan te haal. [1]

2.10 Sou jy die produk koop wanneer jy verkoue of griep het? Waarom [nie]? [1]/13/

Page 7: AFRIKAANS  Web viewSê JA of NEE en verduidelik wat daarmee bedoel word. (1) [18] ... verlede) dringend na hul sentrum haas om die koffieblik om die ystervark se kop los te sny

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 3

Instruksies

Lees die teks aandagtig deur.

Som die wenke in sewe volsinne op.

Jy mag nie meer as een sin oor elke wenk skryf nie.

Nommer jou sinne van 1 tot 6.

Laat ’n reël oop na elke sin.

Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.

Dui aan die einde van die opsomming aan hoeveel woorde jy gebruik het.

Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 70 woorde skryf of as jy nie die getal woorde aandui nie.

Wenke om goeie foto's van diere te neem

Hier is ’n paar wenke vir hoe jy oulike dierefoto's kan neem.

Omdat klein diere oulik is, is dit ’n goeie idee om by hulle te begin en dan later na groter diere te vorder.

Probeer allerhande hoeke wanneer jy foto's neem, veral met ’n wyehoeklens. Skiet op of af, en van bo en van onder, dan lyk die dier nog ouliker.

Foto's vol skaduwees lyk onheilspellend. Gebruik dus die flits om skadukolle te verlig. Voorbeligting laat ook die dier vriendeliker lyk.

Hoe groter die dier in die foto is, hoe nader voel ons aan hom. Gebruik ’n telefotolens om die raam te vul sonder dat jy te naby aan ’n gevaarlike of bang dier hoef te kom.

Baie diere se oë lyk baie sag. As jy op die oë fokus, beklemtoon jy dit. Mik dus na die oë.

Kiek die dier wanneer hy na die kamera kyk. Die oogkontak met jou skep ’n band tussen julle en beklemtoon die oë. Dit maak die foto interessanter.

Tydsberekening is die belangrikste. Kiek die dier wanneer hy wakker word, aan die slaap raak, speel of iets interessants doen. Kies dus die perfekte oomblik om ’n goeie foto te neem.

[Aangepas uit Bylae by Die Burger, 14 Junie 2008, bl. 52]

[10]

Page 8: AFRIKAANS  Web viewSê JA of NEE en verduidelik wat daarmee bedoel word. (1) [18] ... verlede) dringend na hul sentrum haas om die koffieblik om die ystervark se kop los te sny

AFDELING C: TAALVRAE

VRAAG 4

Lees die advertensie en voer dan die onderstaande opdragte uit.

4.1 Skryf die ontbrekende woorde neer:

a) As ’n mens ’n Vuka koop, kan ___ oral heen ry.

b) Dit is die Vuka ___ sy elke dag skool toe kom. (2)

4.2 Skryf die afkorting in die volgende sin uit:Jy moet R399 p.m. afbetaal as jy jou Vuka nie kontant betaal nie. (1)

4.3 Kies die korrekte woord:Die petrol vir ’n Vuka kos nie baie (deur, dier, duur) nie. (1)

4.4 Gee elke keer een woord vir die gedeelte tussen hakies:

Page 9: AFRIKAANS  Web viewSê JA of NEE en verduidelik wat daarmee bedoel word. (1) [18] ... verlede) dringend na hul sentrum haas om die koffieblik om die ystervark se kop los te sny

a) Daar is twee (klein spieëls) waarmee jy agter jou kan sien.

b) Dit is my (lewe + droom) om ’n Vuka te hê! (2)

4.5 Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies:

a) Die petrol vir ’n motor is (duur) as vir ’n Vuka.

b) Jy mag ook op (snelweg) met jou Vuka ry.

c) Die (bestuur) van daardie motor het my net betyds gesien. (3)

4.6 Skryf die getal in die volgende sin uit:

Die maandelikse paaiement vir ’n Vuka is amper R400. (1)

4.7 Verbeter die woordorde in die volgende sin:

Hy ry skool toe op sy Vuka elke dag. (1)

4.8 Herskryf die volgende sin deur te begin soos aangedui:

Mense op motorfietse moet altyd ’n valhelm dra.

Mense op motorfietse behoort ... (1)

4.9 Gebruik die woorde tussen hakies en gee ’n idioom vir:

Jy voel asof jy oorbodig is of nie by ’n groep inpas nie. (vyfde wiel) (1)

4.10 Situasie: Jy wil verskriklik graag ’n Vuka hê, maar jy het dit nog nie met jou ouers bespreek nie. Toe vra jou ma jou wat jy graag vir jou verjaardag wil hê. Wat is jou antwoord? Skryf jou presiese woorde met die korrekte leestekens neer. (2)

[15]

Page 10: AFRIKAANS  Web viewSê JA of NEE en verduidelik wat daarmee bedoel word. (1) [18] ... verlede) dringend na hul sentrum haas om die koffieblik om die ystervark se kop los te sny

VRAAG 5Lees die onderstaande strokie en beantwoord die vrae wat daarop volg.

5.1 Skryf die volgende woorde in die indirekte rede. Begin jou antwoord soos aangedui.

Madam vra: "Eve, is daar deesdae enigiets wat nie styg nie?"Madam vra ... (2)

5.2 Skryf in die direkte rede:

Eve het gesê dat haar salaris nie styg nie. (2)

5.3 Skryf in die verlede tyd:

a) Madam lees elke oggend die koerant.

b) Eve staan en luister na Madam. (2)

5.4 Skryf in die toekomende tyd:Het Eve se salaris gestyg? (1)

5.5 Beantwoord die volgende vrae in die negatief. Begin elke keer jou antwoord met Nee, ...

a) Het Eve se salaris gestyg?

b) Is daar enigiets wat nie styg nie? (2)

5.6 Herskryf die volgende sinne deur met die woorde tussen hakies te begin:

a) Madam vra ’n vraag. (’n Vraag ...)

b) Eve se salaris is nie deur Madam verhoog nie. (Madam ...)

c) Wie sal haar salaris verhoog? (Deur ...) (3)

5.7 Verbind die sinne met die woorde tussen hakies:

a) Madam is ontsteld. Sy lees van alles wat styg. (want)

Page 11: AFRIKAANS  Web viewSê JA of NEE en verduidelik wat daarmee bedoel word. (1) [18] ... verlede) dringend na hul sentrum haas om die koffieblik om die ystervark se kop los te sny

b) Madam vra. Is daar enigiets wat nie styg nie. (of)

c) Eve weet haar salaris styg nie. Sy wil hê Madam moet daaraan dink. (gevolglik) (3)

[15]VRAAG 6Voer die opdragte uit wat op die genommerde gedeeltes in die teks aan die linkerkant gebaseer is.

Ystervark uit koffieblik bevry

Dit was nie ’n lus (6.1 ___ ) koffie nie, maar weens (6.2 mense wat rommel strooi) dat ’n dragtige ystervark haar kop in ’n ou, (6.3 roes) koffieblik gedruk het en met die blik om haar kop in Mokopane rondgeloop het.

Dr. Adrian Tordiffe, (6.4 ’n dokter wat diere behandel) by die nasionale dieretuin in Pretoria, moes hom twee weke (6.5 gelede, verlede) dringend na hul sentrum haas om die koffieblik om die ystervark se kop los te sny. Die blik het só styf gesit dat dit nie sommer (6.6 afhaal) kon word nie.

(6.7 Volgens, volgende) die dieretuin is die ystervark gekry toe sy laatnag deur die dorp se (6.8 straat) met die blik om haar kop rondgedwaal het. Besorgde inwoners het die plaaslike (6.9 organisasie wat brande blus) versoek om die dieretuin te kontak om die ystervark te (6.10 vry).

[Verwerk uit Die Burger, 31 Julie 2008, bl. 14, Eagan Williamson]

6.1 Gee die ontbrekende woord. (1)

6.2 Gee een woord vir die omskrywing. (1)

6.3 Gee die korrekte vorm van die woord. (1)

6.4 Gee een woord vir die omskrywing. (1)

6.5 Kies die korrekte woord. (1)

6.6 Gee die korrekte vorm van die woord. (1)

6.7 Kies die korrekte woord. (1)

6.8 Gee die meervoud. (1)

6.9 Gee een woord vir die omskrywing. (1)

6.10 Gee die korrekte vorm van die woord. (1)

[10]TOTAAL: AFDELING C - 40

VRAE IN AFDELING C OORGENEEM UIT AFRIKAANS SONDER GRENSE GRAAD 10 EKSAMENHULP 22012