afkondigings 31 januarie 2010

8
AFKONDIGINGS 31 Januarie 6 Februarie 2010

Upload: vanessa-van-wyk

Post on 16-Mar-2016

254 views

Category:

Documents


16 download

DESCRIPTION

Muldersdrif Gemeente Afkondigings 31 Januarie 2010

TRANSCRIPT

Page 1: Afkondigings 31 Januarie 2010

AFKONDIGINGS 31 Januarie – 6 Februarie 2010

Page 2: Afkondigings 31 Januarie 2010

SONDAG 31 JANUARIE 2010

08:30 Gelei deur Ds Kenneth Mckenzie

Baie welkom by ons NAGMAAL en Gebedsimfonie

4de week na

Epifanie Lukas 4: 21-30

Jeremia 1: 4-10; Psalm 71: 1-6; 1 Korintiërs 13: 1-13

Januarie 2010 Vandag 31 08:30: NAGMAAL en Gebedsimfonie 08:30: JEEP-diens en Kinderkerk

Februarie Woensdag 3 09:30 Bybelskool 19:00 Bybelskool

Sondag 7 08:30: Erediens - DOOP 08:30: JEEP-diens en Kinderkerk

Het ons jou korrekte � Woon-, Posadres? � Selfoon-, huis-, en werknommer? � ID nommer van kinders? � Nuwe baba se besonderhede? � Is jy intussen getroud?

Voltooi asb ’n vorm in die voorportaal en plaas in posbus...

Rensia, Kerkkantoor

Koste: 4-bal @ R1200 Inskrywingsvorms beskikbaar volgende week Navrae: Danie Knipe 011-662 2656 of 082 493 3908

’n Afskop-vergadering word gehou voor in die kerk op 21 Februarie direk na die erediens. ENIGE iemand wat wil help, kom gesels asb saam

Saterdag 13 Februarie

9:00 vir 9:30 Sprekers Hannelie Schoonraad

& dogter ook Krugersdorp-welsyn

R40 + blikkie kos

Ons is baie hartseer dat ons Kommunikasie Portefeuljeleier,

Jacqueline Klem, bedank het.

Jacqueline, baie dankie vir jou toewyding

en onbaatsugtige diens, ons sal jou baie mis.

Kalender

Fokustekste

Teks en Tema vir vandag:

Dames Valentynsoggend

Belangrike datums

Kontakbesonderhede Kommunikasie

Page 3: Afkondigings 31 Januarie 2010

Koördineerder: Anita Duif S: 082 411 7015; H: 011-795 2400 F: 086 589 9332; E - [email protected]

Ons bid vir . . . SIEKES: Johan Jv Rensburg: beroerte aanval, sterk tuis aan, vol moed, gaan goed (083 702 5110) Erna Coetzee: lupuslyer, gaan party dae beter (082 333 0353) Jenny Marais: gebreekte arm , sien spesialis einde Jan, sal dan besluit of moet opereer (084 529 7637) Suster van Corrie Brink: terminale kanker, aan en af dae (Corrie – 072 446 2612) Ida Victor: operasie , sterk tuis aan, gaan redelik (074 418 6674) Fanie Human: nekoperasie, sterk tuis aan, dra nekstut, gaan goed (082 310 1905) Moeder van Nadia de Jager: borskanker (Nadia – 084 572 2287) Kol 3:12 “Die klere wat ons aantrek omdat God jou liefhet en spesiaal ag: Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid en lankmoedigheid”

Erediens Portefeulje leier: Dis met trots dat ons julle inlig dat

Anton Steyn verkies is as leier. Enige

besware teen hierdie verkiesing moet skriftelik aan die kerkkantoor gestuur word. Bevestiging sal op 14 Februarie gedoen word. Ons het steeds die volgende vakatures: 2x Addisionele lede: - Om opgelei te word in ‘n portefeulje.

Indien u belangstel: Kontak die kerkkantoor of gesels met enige van die

leraars.

KWAGGASRUS – 30KM VANAF BRITS

KOSTE Volwas: R320 pp

Kinders 7-14: R250 pp Voorskool: R100 pp Kos en verblyf ingesluit, reël eie vervoer. Oord-reëlings: ten minste 60 persone

Baie welkom in die gemeente!

Ons vertrou dat ons gemeente vir jou/julle ‘n ware geestelike tuiste sal bied. Ontmoet asb die diensspan in die voorportaal om meer inligting oor die gemeente te kry, of ‘n nuwe lidmaat-pakket af te haal. U kan ook die kerkkantoor gedurende die week kontak. Ons verwelkom graag die volgende lidmate wie se vorms ontvang is:

Geoff Keyser en dogter Nicola

van Lammermoor (082 738 1831) Dirk en Charmaine Coetzee van

Featherbrooke (011-662 1226)

Frikkie en Tania de Beer van Ruimsig (082 902 7911)

Leon en Jenny Arangies van Featherbrooke (011-662 2414

Leo Nikles en dogters Shelby en Chloe van Pinehaven (079 881 1080)

Ons is nog steeds besig met ons 10de maand

dankoffer en koeverte is beskikbaar in die voorportaal.

Ons mikpunt (begrote bedrag) is R215 000. Ons het sover R190 390 ontvang. BAIE DANKIE!

Help ons om ons doel te bereik. Gebruik die

koeverte om u bydrae in die kerk in te gooi of betaal verkieslik direk in die bankrekening.

Meld asb 10de maand

Dorkas Groep

10de Maand

Besoekers & Nuwe Intrekkers

Bestuursraad

Gesinskamp

Page 4: Afkondigings 31 Januarie 2010

Koördineerder: Ansie du Plessis : 082 853 6532 / 011– 662 1281

1 Pet 5:7 “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle”

Gebed is die sleutel wat al die pakhuise van God se eindelose genade, krag en voorsiening oopsluit. Alles wat God is, en alles wat God het, is beskikbaar deur gebed.

Gebedskamer en gebed Indien u graag wil hê dat iemand vir u of saam met u moet bid, hetsy vir ‘n versoek of lofprysing, sal daar elke Sondag iemand beskikbaar wees na die diens. Saam dra ons mekaar se laste en saam deel ons in mekaar se vreugde en prys Sy Naam!

Voorbidding Laat weet asb die kerkkantoor, die leraars of

koördineerders waarvoor ons vir jou kan bid.

‘Mag julle ‘n wonderlike verjaardag beleef’

Vandag 31 Januarie 2010 Stephan Herbst 082 600 8774 Liezl Kleinsmith 011-958 1187

Maandag: 1 Februarie Gerrie Rall 076 272 3552 Callie Botes 072 606 9892 Elize Fourie 082 544 7127

Dinsdag: 2 Februarie Iné Reyneke 082 822 4763 Cheree Duif 082 574 7825 Elaine Swiegers 078 931 5465

Woensdag: 3 Februarie Adel Victor 072 222 6174 Kevin Jordaan 072 856 9503

Donderdag: 4 Februarie Barry Griesel 083 289 5020 Leandi Nagel 082 823 5960 Marelize Vermaak 011-958 1003 Charl Roux 083 702 7999 Jana van de Linde 082 530 2784

Vrydag: 5 Februarie Fred Schwiebus 083 729 6167

Saterdag: 6 Februarie Hennie Matthews 082 954 4511 Zander Wessels 011-659 1522

BANKBESONDERHEDE

Bank: ABSA Takkode: 632005 Rek naam: NG Kerk Muldersdrif Rek no: 310580023

LOPENDE REKENING (TJEK)

’n GROOT GROOT DANKIE aan elkeen wat sover bygedra het en

kos gebring het. ONS WAARDEER DIT!

In die voorportaal is daar sakke met ’n

voedsellys wat gebruik kan word om die

kos aan te koop. Alles wat op die lys genoem word, hoef nie gekoop te word nie, maar elke item kan ’n verskil maak aan ’n honger maag. Neem asseblief

vandag nog ’n sak ... Ons beurt is tot Februarie 2010

Dinsdag 9 Februarie om 10:00

Ons gaan na Garden Pavillion kwekery

(net verby Garden World).

Ontmoet ons daar of ry saam vanaf kerk

om 09:30

’n Bybelse dagboek spesiaal

vir vandag se jong meisies (9-

12) met ’n lewe vol uitdagings

en opwinding en wat hulle

aanmoedig om hierdie

opwindende lewe vir

Jesus te leef.

NG Welsyn

Gebedsaksie

Verjaarsdae

Strewers

Lux Verbi boekwinkel

Page 5: Afkondigings 31 Januarie 2010

Die Tema is om in God se teenwoordigheid toe te tree Om neer te kniel en te bely: U Heer is in die huis Om rustig te word, dit bring konsentrasie mee

Luister na Hom, saggies hoor jy Sy stem ruis

Hy bring die verlostes bymekaar, en ons dank hom vir die wat saam met ons skaar

Saam kan ons geestelik groei, Die boodskap van verlossing, wat ons so boei

Ons dank Hom vir die triomftog Aan U kom toe, al die lof

Die goeie nuus maak ons bly

Liefde en innerlike vrede maak jou vry Verbly jul altyd in Die Here

altyd deur - in goeie en slegte gebeure Gierigheid is afgodery,

dit moet ons ten alle koste vermy Wees tevrede met wat jy het,

daarmee is Satan se deur vir jou belet Vir seëninge met ewigheidswaarde, vra ons

vir ons geliefdes naby, vêr en ook aan die wat ek dink met renons.

Ons vra vir ons stoflike behoeftes ook Dis mos die goed wat by ons spook

God weet wat ons nodig het, voor ons vra Dit is Hy wat ons deur die lewe dra

Ons het ons eerste liefde verlaat,

om terug te keer, sal ons baat Stil fokus ons op sy wese en teenwoordigheid Besin en maak ons harte oop – groot en wyd

Wat ’n rykdom en wysheid en kennis van God! Ons sal dit nooit kan omvat en verstaan

Sy heerlikheid en krag, ja sy alomteenwoordigheid en mag

Word aan my geopenbaar In Hom, deur Hom en tot Hom, leef sy gemeente daar

Skoongewas, ons gees weer nuut Ons dank U Here vir die week en Saluut

Anita Duif

S = Soewerein, Skepper, Skaapwagter, Sterk, Sin vir Humor,

Saligmaker, Skitterend, Skrif (Heilige skrif uit die Bybel), Skuilplek,

Skuilkelder (teen bomaanvalle), suiwer ons van sonde,

Stormstilmaker.

God is jou SKUILPLEK teen gevaar... (Psalm 107) Deur: Benescke Botha Maandagaand, ’n uur voor middernag het reddingswemmer, Kobus Meyer en sy kollegas van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) die noodoproep gekry. ’n Turkse vragskip, Seli 1 was ’n ent van Bloubergstrand se kus in ernstige gevaar. Dié se enjinkamer was toe reeds onder water.

Met ’n Kaapse storm wat buite woed, het Kobus vinnig aangetrek om sy warm bed vir die koue onbekende nag te verruil. Hy het skaars die deur agter hom toegetrek toe sy vrou, Truia langs haar bed gekniel het om vir sy beskerming te bid. Op die kaai het polisielede, die ambulanspersoneel en ander NSRI reddingswerkers bymekaar gekom. In die flou straat- en

maanlig het die see kalm gelyk. Tog kon niks Kobus en sy voorberei vir wat agter die “kalm oppervlakte” vir hulle sou wag nie. Die reddingsboot het skaars vertrek toe die eerste van die 5m-hoë branders vanuit nêrens oor die boot begin breek het. ’n Stormsterk wind van agter het die proses egter verder bemoeilik omdat terugdraai ’n onmoontlike saak geword het. Daar in die donker nag het dit ieder en elk op die reddingsboot getref: Hulle was besig met ’n lewensgevaarlike reddingsoperasie – een wat hulle nooit sou onderneem as hulle besef het hoe rof die see is nie. Al wat Kobus kon doen was om vir God se beskermende hand te bid.

Sowat ’n kilometer weg van die kus het Kobus en sy span die vragskip bereik. Hier het hulle gou besef dat dit heeltemal te gevaarlik sou wees om teen die smal leertjie na die vragskip oor te klim. Die kragtige branders sou enige mens eenvoudig diep die see in slinger.

’n Noodhelikopter was reeds ontbied, maar die tyd het nou min geraak en die situasie al meer desperaat.

Toe skielik, vanuit nêrens begin die vragskip in so mate draai dat dit ’n tydelike beskermende heining teen die hoë branders bied. Die reddingspan het hulle kans waargeneem om tot teenaan die vragskip te kom. Met branders wat steeds twee meter hoog was, het Kobus nou vinnig na die vragskip oorgeklouter. Dít terwyl hy goed geweet het dat die vragskip enige oomblik weer kon draai wat die omstandighede lewensgevaarlik sou laat.

Op die vragskip het Kobus beheer geneem en net soos die volksheld Wolraad Woltemade gesorg dat een na die ander van die 25 bemanningslede na veiligheid gehelp kon word. Hy, heel laaste. Met sonsopkoms het Kobus by sy huis ingestap. Dit is toe hy sy vrou, Truia van die “gevaarlikste reddingspoging in sy loopbaan” vertel en ook dat hy “nog nooit so bang was nie”, dat met trane in haar oë opgewel het terwyl sy hom die Bybel nader trek om hom die gedeelte te wys wat die Here daardie nag op haar hart kom lê het. Psalm 107:23-32: “Party het met

skepe die see bevaar en hulle bestaan op die groot waters gemaak. Hulle het die werk van die Here ervaar, sy

wonderdade op die diep waters. Op sy bevel het 'n stormwind

opgesteek en die golwe opgejaag. Die skepe het hemelhoog

gestyg en na die dieptes afgeduik. Die bemanning was radeloos van angs en het soos dronk mense gesteier en

gewaggel; al hulle seemanskuns het niks gehelp nie. Maar in

hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle veilig uit hulle ellende gelei. Hy het die stormwind

stilgemaak, en die golwe van die see het bedaar... God het

hulle veilig gelei na die hawe waar hulle wou kom. Hulle moet

die Here loof vir sy troue liefde, vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen...” Ek kan nie help om te wonder hoeveel beskermingsengele God daardie nag gestuur het om reg langs Kobus op die smal leertjie in die woeste storm wag te hou nie. Een ding is seker, God het Kobus dopgehou. Hy was immers self daar – te midde die storm.

Beleef jy tans ’n storm in jou lewe? Kies om nes Kobus vir God jou SKUILPLEK te maak. Jesus het die storm immers met net een woord stilgemaak. Vertrou Hom om dieselfde in jou lewe te doen! Sterkte. Vader God, baie dankie dat ek my lewe in U hande kan oorlaat. Dankie, dat ek U kan vra om ook my storm (wat dit ook al mag wees) vandag stil te maak. Help my om my

vertroue net in U te plaas. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Voel die lewe se hartklop…

‘n Gebedsweek gedig

Page 6: Afkondigings 31 Januarie 2010

Omgeegroep skriffundering: Heb 10:19-25 & Gal 6:9-10

Kontakbesonderhede

Portefeuljeleier: Danie Knipe 082 493 3908

Geestelike Leier: Ds Neels 083 560 3814

Kontak enige van die leiers in u omgewing as u wil inskakel by een van die groepe Omgeegroep Kontakpersoon Kontak no Epos adres Dag Tyd

Driefontein / Swartkops

Chris Meyer 083 650 6082 [email protected] Dinsdae 19:00

Featherbrooke Kobus Nel 083 310 0834 [email protected] Dinsdae 19:00

Honingklip/Steynsvlei Fielie Swanepoel

083 380 4706 [email protected] Wissel 19:00

Renosterspruit / Lanseria

Johan Nell 082 444 2625 [email protected] Vrydae 19:00

Abraham van Wykweg 45, Muldersdrif

Ronnie Collatz 011 662 1005 [email protected] Sondae 18:30

Abraham van Wyk weg 45, Muldersdrif (Jong gesinne)

Vermaak & Vanessa van Wyk

083 419 3883 [email protected] Donderdae 19:00

Lanseria / North Riding / Lammermoor (In die Kinderkerkgebou)

Jacqueline Klem

082 920 6679 [email protected] Donderdae 19:00

Plovers Nest 1121 Featherbrooke Est (Jong gesinne)

Johan & Vivienne J van Rensburg

011 662 2678 [email protected] Donderdae 19:00

Honeydew Martie & Kriek Badenhorst

010 222 0651 [email protected] Sondae 17:00

Helikia (Jong Volwassenes)

Charmaine Joubert

076 544 4406 [email protected] Woensdae 19:00

Bybelskool

Ds Neels 083 560 3814 [email protected] Woensdag oggende & aande

9:30 &

19:00

‘n Omgeegroep Gemeente

Omgeegroep-leiers: Neem asb nuwe lesmateriaal

op julle tafel in voorportaal

Page 7: Afkondigings 31 Januarie 2010

Leraars Ds Neels Kloppers

Tel: 083 560 3814 epos: [email protected]

Ds Kenneth Mckenzie

Tel: 084 455 3267 epos:[email protected]

Kerkkantoor Administrateur: Maryna de Jager Tel: 079 697 1163 Faks: 086 698-7605 epos: [email protected] Kerk-SMS: 082 851 5163 Admin Assistent: Rensia Swanepoel epos: [email protected]

Posbus Adres Kantoorure: NG Muldersdrif Ma – Vry 08:00-16:00 Posbus 52 Sondae na oggenddiens Muldersdrif 1747

Dienspersoneel Terrein/ Koster Jack Segomotso

083 548 8263

Kommunikasie Jacqueline Klem

082 920 6679 Epos: [email protected]

Helikia – Jong Volwassenes Aksie Leier Jaco Crous

082 853 5250 Epos: [email protected]

Jeug

Portefeulje Leier Wessel Duif

083 408 0377 Epos: [email protected]

Kategese:

Juniors (2 jaar tot Graad 3) Leier: Adele de Jong – 083 263 6566 Kinders van die ouderdom 2 jr tot Gr 3 gaan direk na die Kinderkerk voor erediens. Verdaag 09:45.

Seniors (Graad 4 – 10) Leier: Ronel Duif – 083 324 5977 Gesamentlike jeugdiens vir 30 minute in saal, gaan dan na hul kategese lokale. Verdaag 09:45.

Finalejaars – Graad 11 Leier: Ds Kenneth – 084 455 3267 Finalejaars hanteer materiaal soos deur leraars voorberei. Dag & tyd word deur Ds Kenneth vasgemaak.

Bestuursraad 2010 Funksionele Portefeuljes Bemarking Vermaak van Wyk 083 419 3883 Erediens VAKANT Finansiële Bestuur Gerbus Vermaak 082 440 0968 Hulpbron Bestuur Johan Nell 082 444 2625 Kommunikasie Jacqueline Klem 082 920 6679 Bedienings Portefeuljes

Gemeente Theda Human 011- 704 1261 Getuienis Stefan Rudman

082 567 5586 Jeug Wessel Duif 083 408 0377 Omgeegroepe Danie Knipe 082 493 3908 Pastoraal Neels van Wyk 082 377 3250 Bestuurs Forum B/Forum Koördinering Nico Doman 011- 662 2956 Inligting Johan Vermeulen 082 464 6820 Strategies VAKANT

Strewers Fanie Human

082 678 1905

ander kontakpersone Tegniese ondersteuning: Hannes v/d Merwe 011- 662 2651/ [email protected] Spyseniering: Hester Breytenbach 083 601 7475

Neem asseblief kennis dat die gemeente geen landlyne het nie, kontak ons op die bogenoemde selnommers

Gemeente Besonderhede

Page 8: Afkondigings 31 Januarie 2010

Vakatures BESTUURDER

Karwasbesigheid in Fourways is opsoek na eerlike, energieke manspersoon. Eie vervoer en kode 8 rybewys ’n vereiste. Kontak Sybrand op 083 633 4719 / Liana op 084 584 1389

Werk gesoek BOEKHOUER

46-jarige gekwalifiseerde Fin Bestuurder/Boekhouer soek dringend permanente/kontrakwerk. 20 jr ondervinding in alle aspekte van boekhouding (konstruksie tot retail).

Skakel Helgard van Wyk op 082 926 9171

REKENAARWERK Jack Segomotso, ons koster, se dogter is opsoek na ’n posisie wat rekenaarwerk behels. Ingrid het reeds gematrikuleer. Weet julle van enige beskikbare poste?

Skakel Jack op 083 548 8263

Dienste

GEHOORTOETSE Sukkel jy om te hoor? Vra jy aanhoudend vir mense om te herhaal wat hulle sê? Dis tyd vir ’n gehoortoets! Ons offer: 1x Gratis gehoortoets, R1000 afslag op nuwe gehoortoestel, 1x maand se battery voorraad, 3x gratis opvolg sessies. Offer geldig tot 22 Februarie 2010.

Skakel vir afspraak: Cordelia Fairlie op 011-475 8906 Dragmestraat 874, Strubensvallei

BOEKHOU DIENS Alle boekhou dienste tot met balansstaat - sluit in alle debiteure, krediteure, banke en rekonsiliasies.

� Jaareind state – nie net vir maatskappy nie � Aankoop en installasie van Pastel pakkette � Payroll, UIF, PAYE, BTW

Skakel Karin Grové op 082 821 1146

Pastorale Terapeut Geregistreerde berader : Huwelike & verhoudings, Individuele terapie, Volwassenes & Adolossente. Eis terug van mediese fonds.

Skakel Susan Eksteen op 076 051 1455 / 011-954 0987

Anastasis Edu-Help Sukkel jou kind om te studeer en te konsentreer? Ons spesialiseer in studiemetodes, breinprofiele, disleksie en ADHD. Ons bied ook trauma-, huweliks- en ander berading gebaseer op Bybelse beginsels.

Kontak Kobus Agrella op 071 689 0772 of epos: [email protected]

NUTSMAN/HANDY MAN Vir enige herstelwerk aan jou huis soos bv: Waterdigting, fasieborde / geute, verfwerk binne en buite, bouwerk en plafonne.

Kontak Dirk op 083 519 9604

Dienste

Herstelwerk aan en/of nuwe grasdakke

Kontak Dirk op 082 784 7856

Spyseniering Spyseniering vir alle funksies / Groot en klein 3 Gang Maaltyd – Voorgereg / Hoofgereg / Nagereg =

2 Vleise + 2 groentes + 2 stysels) vanaf R95 per persoon. Kontak Dirk Barnard op 082 809 3791 of

[email protected]

Vir alle naaldwerk, verstellings ens. Kontak Hantie du Toit op

082 797 1623 of 011-958 1030

Elektriese werk !!! Alle elektriese instandhouding, netwerk

bekabeling, kragopwekkers, data en telefoon. Elektriese sertifikate.

Kontak Nantes Snyman op 083 690 8859

Te huur

HUIS TE HUUR Rietfontein, Mountainviewrylaan – 2 slpk, 2 badk, verkieslik pensioenarisse. R3000 p/m + elek. Nou beskikb.

Kontak Wanda op 082 464 6001

VAKANSIE WOONSTEL TE HUUR MARGATE – Costa Smerelda vakanswnstl, te huur vir 1 wk in Feb 2010. Grondvloer, by strand, pragtige see uitsig. Slaap 6, privaat braai area, DSTV, R2 300 vir 7 dae (Sat-Sat), of tyddeel te koop R9 500.

Kontak Stienie of Ben op 011-698 1946/082 839 4449

Gesoek

VIDEOBANDE Ons is opsoek na enige ou video-flieks geskik vir kinders tot op ouderdom 13 jaar. As julle enige het wat agter in die kas rondlê en jy weet nie wat om daarmee te doen nie – bring dit vir ons...

Skakel Fanie Human op 082 678 1905

YSKASTE EN/OF VRIESKASTE Dringend benodig vir voedingskema in Burgershoop. Bedien 200 gesinne per week.

Kontak Ansa op 011-660 2052 of 072 473 1892

VERBLYF GESOEK 2x Afrikaanse dames dringend opsoek na verblyf in Muldersdrif of omliggende areas. Soek plek met 2 slaapkamers, veilige parkering vir 2 voertuie. Nie-rokers met sober gewoontes. Huur ongeveer R3500-R4000 p/m.

Skakel Luzaan Kriel op 082 780 8022 of 011-668 1617

KINDERBOEKE Laerskool in Krugersdorp is opsoek na kinderboeke en/of naslaanboeke in goeie toestand, engels of afrikaans vir hul nuwe biblioteek. Bring asb na kerkkantoor of skakel Rensia op 071 819 2822

Kennisgewingbord