adres: jacobs straat 1 posadres: posbus 215 telno: 016 … · diefstal, bakleiery, verbale boelie,...
TRANSCRIPT
TELNO: 016 341 3165
FAKSNO: 016 341 3987
DATUM: 25 Februarie - 02 Maart 2019 UITGAWE 7 van 2019
ADRES: JACOBS STRAAT 1
HEIDELBERG
GAUTENG
POSADRES: POSBUS 215
HEIDELBERG
1438
E-POS:
BELANGRIKE DATUMS
25 Februarie - 02 Maart
2019
Maandag, 25 Februarie 2019
Gr. 11 Ekstra Wiskunde klasse
Dinsdag, 26 Februarie 2019
Toetsreeks Gr. 8 tot 12
Swem Interhoër te Boksburg Noord
Seunshokkie: vriendskaplike wedstryd teen H/s Dr Malan - vertrek om 14:45
Woensdag, 27 Februarie 2019
Geen
Donderdag, 28 Februarie 2019
Toetsreeks Gr. 8 - 12
Vrydag, 1 Maart 2019
PUK REEKS teens H/s Marais Viljoen
Tennis: Heidelberg Tennis Klub
Skaak: Volkskool Koshuis om 15:00
Seunshokkie: Volkskool hokkievelde om 15:00
Saterdag, 2 Maart 2019
PUK Reeks:
Netbal- hokkie- en rugby-wedstryde te Hoër Volkskool
SPORT
ATLETIEK Baie geluk aan ons Volkieatlete wat
opgeneem is in die D7-
atletiekspan.
Dié atlete verteenwoordig D7-
tydens die Gauteng Atletiek Kampi-
oenskappe wat op 8 Maart 2019 by
Pilditch stadion, Pretoria plaasvind.
Ons is baie trots op julle!
MNR.EN MEJ. SKOLE
Ons mnr en mej Volkie neem 15 Maart 2019 deel aan die Vaaldriehoek
se mnr en mej Skole. Ons finaliste wat gaan deelneem is Donovan
Vorster, Jolene Horn en Menishca Senekal. Kaartjies vir die gala-aand is
te koop teen R50 per kaartjie
ALGEMEEN
AKADEMIE
Ouers/voogde moet toesien dat hulle kind(ers) se take op die datum(s) wat op die assesseringsprogram aangedui is, ingehandig
word. Geen laatindiening van take sal geduld word nie. Slegs geldige sieknotas sal tydens formele assessering aanvaar word. Ouers/voogde moet nie vakansies tydens toetsreekse reël nie.
Leerders wat nie wettig afwesig is nie, sal vir die vak wat geskryf is, nul kry. Die akademiese uitstappie vir die graad 8- en 9-leerders sal op 14 Maart 2019 plaasvind. Daar sal in die volgende nuusbrief meer
inligting rakende die uitstappie deurgegee word.
Die PUK Prestige-reeks begin komende Saterdag, 2 Maart 2019, tuis teen Hoërskool Marais Viljoen. Ons wil u as ouers/voogde uitnooi
om die dag saam met ons te kuier en te ondersteun. Die Volkietrots moet ons opponente groen van jaloesie maak. Leerders moet in
formele skooldrag ondersteun en sal ook 200 positiewe punte ontvang. Ouers/voogde wat na die hoofwedstryd saam wil braai is meer
as welkom. Daar is braaipakkies teen R60-00 beskikbaar. Bestellings moet voor of op 28 Februarie 2019 by die sportkantoor geplaas
word. Die DONKEY DERBY wat op 28 Februarie 2019 sou plaasvind word na 10 Mei 2019 uitgestel. Die rede vir die uitstel is om rede ons
ouers/voogde alreeds groot finansiële uitgawes in kwartaal 1 met skoolgelde, skoolklere, skryfbehoeftes en toere aangegaan het. Baie
dankie aan al ons ouers/voogde en besighede wat reeds hulle tafels bespreek het. Die besprekings sal na 10 Mei 2019 oorgedra word.
Ons tema van die week is “nuwe uitdagings”. Hoe groter ons skool word, is dit opsigself ‘n nuwe uitdaging vir ons skool. Die uitdaging waaroor ek
hierdie week wil praat is dat ons nooit ons Christelike karakter by Volkieland mag verloor nie. Die laaste paar weke het ons verskeie voorvalle van
diefstal, bakleiery, verbale boelie, vandalisme en kletskrisisse, waar leerders mekaar op sosiale media sleg sê, gehad. Om betrokke te raak met sosiale
media kan ons kinders se reputasie onherstelbare skade berokken.
Sulke optredes hoort nie by ‘n skool waar ons ons Christenskap leef nie. Dit wat ons sê, dink en doen moet ‘n absolute weerspieëling van ons Christelike karakter wees. As kinders van God moet ons die weë van God volg. As kinders van God het ons die verantwoordelikheid om God in alle
omstandighede te onthou en aan Hom te dink – nie net as dit sleg gaan nie. As ons hierdie verantwoordelikheid aanvaar, sal ons altyd die regte
besluite maak, God nooit vergeet nie en ook in gedagte hou: wat sou Jesus doen.
UIT DIE HOOF SE KANTOOR