aansoekvorm - paarl boys' high school · ons neem kennis van en gee verlof vir enige toetsings...

14
Hoër Jongenskool Paarl AANSOEKVORM Naam en Van (leerder) VIR KANTOORGEBRUIK Datum van aansoek Familiekode Toelatingsnommer Graad en Seksie Toelatingstaal AFR ENG Edu-Admin Pastel (S) Pastel (K) AANVAAR DAGSKOLIER AANVAAR KOSHUISLEERDER WAGLYS ONSUKSESVOL Welkom by HJS Paarl en dankie dat u ons as skool vir u seun oorweeg! VOEG ASB. DIE VOLGENDE DOKUMENTASIE BY U AANSOEK 1. Oorspronklike jongste skoolrapport. 2. Afskrif van leerder se identiteitsdokument of geboortesertifikaat. 3. Gewaarmerkte afskrif(te) van ID van ouer(s)/voog(de). 4. Gewaarmerkte afskrif van ID van rekenpligtige persoon (indien 'n derde party). 5. Munisipaliteitsrekening (bewys van residensiële adres). 6. Skriftelike bewys dat aansoeker ingeënt is teen kindersiektes. 7. Gewaarmerkte afskrif van mediesefonds lidmaatskap (indien van toepassing) 1. Is u ingelig oor wat die skoolfonds vir die jaar beloop? JA NEE 2. Is u ingelig dat u verantwoordelik is vir die betaling van skoolfonds, tensy u ten volle kwytskelding ontvang het? JA NEE 3. Is u ingelig oor u reg om aansoek om kwytskelding van skoolfonds te doen? JA NEE 4. Wil u aansoek om kwytskelding doen? JA NEE VOEG ASB. DIE VOLGENDE DOKUMENTASIE BY U AANSOEK KONTROLE RAKENDE SKOOLFOOIE FOTO

Upload: others

Post on 03-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Hoër Jongenskool Paarl AANSOEKVORM

Naam en Van (leerder)

VIR KANTOORGEBRUIK

Datum van aansoek Familiekode

Toelatingsnommer Graad en Seksie

Toelatingstaal AFR ENG Edu-Admin Pastel (S) Pastel (K)

AANVAAR DAGSKOLIER

AANVAAR KOSHUISLEERDER

WAGLYS ONSUKSESVOL

Welkom by HJS Paarl en dankie dat u ons as skool vir u seun oorweeg!

VOEG ASB. DIE VOLGENDE DOKUMENTASIE BY U AANSOEK

1. Oorspronklike jongste skoolrapport.

2. Afskrif van leerder se identiteitsdokument of geboortesertifikaat.

3. Gewaarmerkte afskrif(te) van ID van ouer(s)/voog(de).

4. Gewaarmerkte afskrif van ID van rekenpligtige persoon (indien 'n derde party).

5. Munisipaliteitsrekening (bewys van residensiële adres).

6. Skriftelike bewys dat aansoeker ingeënt is teen kindersiektes.

7. Gewaarmerkte afskrif van mediesefonds lidmaatskap (indien van toepassing)

1. Is u ingelig oor wat die skoolfonds vir die jaar beloop?

JA NEE

2. Is u ingelig dat u verantwoordelik is vir die betaling van skoolfonds, tensy u ten volle kwytskelding ontvang het?

JA NEE

3. Is u ingelig oor u reg om aansoek om kwytskelding van skoolfonds te doen?

JA NEE

4. Wil u aansoek om kwytskelding doen? JA NEE

VOEG ASB. DIE VOLGENDE DOKUMENTASIE BY U AANSOEK

KONTROLE RAKENDE SKOOLFOOIE

FOTO

AFDELING A: Besonderhede van leerder

Dagskolier Koshuisaansoek Vir watter graad? Vir watter jaar?

Indien u aansoek vir koshuis onsuksesvol is, wil u Ja Nee

steeds voortgaan met 'n aansoek as dagskolier?

SOBIS unieke leerdernommer

PERSOONLIKE BESONDERHEDE

Van Voorletters

Volle name

Noemnaam Kulturele naam

Geboortedatum J J J J - M M - D D ID

Nasionaliteit RSA Namibië Ander

Huidige skool Provinsie van skool

e-pos adres (huidige skool) Telefoonnommer

e-pos adres (leerder) Selfoonnommer

Huistaal Afr Eng Xhosa Ander Onderrigtaal Afr Eng

Hoër Jongenskool Paarl is 'n skool met 'n primêre Christelike etos (algemene lewenshandel). Alhoewel ons verwag dat almal respek aan hierdie gemeenskapswaarde sal betoon, word leerders van alle kulture en erkende geloofsoortuigings by die skool geakkommodeer.

Geloof Ras Blank Indiër Kleurling Swart Ander

Broer(s) / Vader / Oupa(s) in HJS Naam Graad / Jaar Koshuis

1

2

3

MEDIESE BESONDERHEDE

Mediese fonds Plan

Hooflid Fonds nommer

Allergieë Bloedgroep

Chroniese medikasie

Operasies (tipe en datums)

Ander mediese probleme

Siekte(s) waarteen leerder geïmmuniseer is:

Tuberkulose Witseerkeel Kinkhoes Tetanus

Masels Duitse Masels Pampoentjies Poliomiëlitis

Dokter Telefoonnommer

Tandarts Telefoonnommer

Kontakpersoon in geval van nood

Verwantskap aan leerder Selfoonnommer Ander kontaknommer

BUITEMUURSE BESONDERHEDE Kriteria vir toelating is gebaseer op akademiese prestasie, dissiplinêre geskiedenis by vorige skole, betrokkenheid asook prestasie in sport, leierskap en kulturele aktiwiteite. Vul dus hierdie gedeelte so volledig moontlik in. U is welkom om afskrifte van prestasiesertifikate by die aansoek aan te heg.

Huidige sportdeelname Hoogste vlak

Huidige kultuuraktiwiteite Hoogste vlak

Deelname aan minstens een skoolaktiwiteit deur die loop van die jaar word verplig. Hiermee verbind ek my tydens my hoërskoolloopbaan tot deelname aan die volgende sport- en/of kultuuraktiwiteite:

Sport Kultuur

Huidige leierskaprol(le) tans deur leerder vervul

Indien u beswaar het teen u kind se deelname aan enige buitemuurse of godsdienstige aktiwiteite, verstrek graag u redes

ONDERNEMING DEUR LEERDER Ek, …………………………………………………………………………………….. (volle name van leerder), verklaar die volgende: 1. Ek is tans (20…………) 'n leerder in graad …………… by ……………………............………………………..(naam van skool).

2. Ek het my huidige graad eerlik en opreg behaal.

3. My rapport wat toon dat ek my vorige graad geslaag het, is akkuraat en die korrekte een.

Sou my aansoek om (dagskolier/kosganger) goedgunstig oorweeg word en suksesvol wees, onderneem ek dat ek my aan die (skool/skool en koshuis) se gedragskode en reëls sal onderwerp vir so lank ek 'n ingeskrewe leerder van HJS Paarl is. Verder onderneem ek ook om die drie tradies, naamlik goeie leerlingskap, goeie gedrag en goeie sportmanskap te respekteer. Ek aanvaar ook my mede-verantwoordelikheid vir my akademiese vordering by HJS Paarl. Ek onderneem om by skoolaktiwiteite betrokke te wees en waar ek aangedui het dat ek aan skoolaktiwiteite of sport sal deelneem, dat ek byeenkomste, oefeninge en wedstryde getrou sal bywoon. Ek verstaan ook dat skoolaktiwiteite voorkeur geniet bo aktiwiteite buite skoolverband. Ontvang en geteken op hierdie …………. dag van …………………………………… 20…………. ………………………………………………………. Handtekening van leerder

AFDELING B: Besonderhede van ouers

WETTIGE VADER Rekenpligtige skool Ja Nee Rekenpligtige koshuis Ja Nee

Van Voorletters Titel

Volle voorname Noemnaam

ID

Posadres Woonadres

Telefoon huis Telefoon werk Selnommer

E-posadres

Huwelikstatus Ongetroud Getroud Geskei Wewenaar

Beroep Werkgewer

Werknemerstipe Self Voltyds Deeltyds Kontrak Pensioenaris

Adres werkgewer Rekeningadres (indien anders as posadres)

Verwantskap tot aansoeker Ouer Stiefouer

WETTIGE MOEDER Rekenpligtige skool Ja Nee Rekenpligtige koshuis Ja Nee

Van Voorletters Titel

Volle voorname Noemnaam

ID

Posadres Woonadres

Telefoon huis Telefoon werk Selnommer

E-posadres

Huwelikstatus Ongetroud Getroud Geskei Weduwee

Beroep Werkgewer

Werknemerstipe Self Voltyds Deeltyds Kontrak Pensioenaris

Adres werkgewer Rekeningadres (indien anders as posadres)

Verwantskap tot aansoeker Ouer Stiefouer

AFDELING C: Derde Party

Voltooi hierdie afdeling slegs indien 'n derde party as rekenpligtige optree. Dui dan die verbintenis met die aansoeker aan as pleegouer, voog, grootouer, ens.

Heg asb. 'n gewaarmerkte afskrif van die persoon se ID aan.

Rekenpligtige skool Ja Nee Rekenpligtige koshuis Ja Nee

Van Voorletters Titel

Volle voorname Noemnaam

ID

Posadres Woonadres

Telefoon Huis Telefoon Werk Selfoon

E-posadres

Huwelikstatus Ongetroud Getroud Geskei Wewenaar Weduwee

Beroep Werkgewer

Werknemerstipe Self Voltyds Deeltyds Kontrak Pensioenaris

Adres werkgewer Rekeningadres (indien anders as posadres)

Verwantskap tot aansoeker

Kontaknommer Naastestaande wat nie by u woonagtig is nie

AFDELING D: Fooie

DIE VOLGENDE BETALINGSVOORWAARDES HET BETREKKING OP SKOOL- EN KOSHUISFOOIE:

Alle fooie is vooruitbetaalbaar binne die eerste twee weke van 'n skoolkwartaal.

Indien 'n kosganger se skool- en/of koshuisfooie agterstallig is in terme van sy betalingsopsie, word akkommodasie vir die volgende kwartaal beëindig.

Indien 'n rekening langer as 30 dae agterstallig is en die ouer nie reageer op skrywe van die finansiële beampte nie, sal die rekening vir invordering oorhandig word.

Volgens die skool se kredietbeheerbeleid word geen ouer vrygestel van die betaling van koshuisfooie nie. Slegs ouers van dagskoliere mag om finansiële ondersteuning aansoek doen.

Wanneer 'n derde party betrokke is by die betaling van skool-/koshuisgeld, is dit ‘n reëling tussen die ouer en daardie betrokke party, en nie die betrokke party en die skool/koshuis nie. Betalingsreëlings sal slegs tussen die skool/koshuis en die ouer getref word.

Alle ouers is volgens die Wet op Familieregte gesamentlik verantwoordelik vir hul kinders se skool- en koshuisfooie.

Ouers moet te alle tye sorg dat veranderinge in relevante inligting (bv. telefoonnommers, adresse, ens.) tydig en korrek aan die skool gekommunikeer word.

Wanneer ouers gebruik maak van die debietorder as betalingsopsie, moet die finansiële kantoor een kalendermaand kennis ontvang indien daar 'n verandering in bankbesonderhede is.

Indien 'n ouer sy seun se akkommodasie in die koshuis wil beëindig, moet daar EEN KWARTAAL SKRIFTELIKE KENNISGEWING gerig word aan al drie die volgende partye:

- finansiële kantoor - skoolhoof

- koshuisvader

Indien ouers probleme ondervind met betaling van skool-/koshuisgeld, moet die finansiële kantoor genader word met voorstel vir 'n betalingsooreenkoms, gerig aan die Beheerliggaam vir oorweging.

VERKLARING: Hiermee verklaar ek, ___________________________________________ dat ek kennis neem van bogenoemde betalingsvoorwaardes. _____________________________________________ _________________________ HANTEKENING OUER/VOOG/REKENINGPLIGTIGE DATUM

BETALINGSOPSIE SKOOL KOSHUIS Leerder:

HOE GAAN BETALING GESKIED? Debietorder Kontant Tjek Elektronies

Maandeliks (voor die 7de van elke maand vanaf Februarie tot November) 10 paaiemente Kwartaalliks (binne die eerste week van 'n nuwe kwartaal) 4 paaiemente Jaarliks (voor of op 1 Maart vir die hele jaar met afslag) 1 paaiement

Alhoewel daar verkies word dat fooie binne die eerste week van 'n nuwe maand of kwartaal betaal moet word, is die volgende opsies beskikbaar vir debietorder doeleindes:

Maandeliks kan afgaan op die 2de, 7de, 15de of 26ste van 'n maand Kwartaalliks sal afgaan op 2 Februarie, 2 April, 2 Julie en 2 Oktober

DEBIETORDERINLIGTING VIR NUWE REKENINGE

Naam van rekeninghouer

Bank Takkode Rekenkingnr

Tipe rekening Tjek Spaar Transmissie

Rekenpligtige handtekening: Datum:

Ek, die ondergetekende, magtig HJS Paarl om my rekening by bogenoemde bank (of ander bank of tak waarheen ek my rekening mag oorplaas) met R _______________ (skool) en R _______________ (koshuis) te debiteer vir die paaiement verskuldig t.o.v skoolfooie/koshuisfooie. Alle sodanige onttrekkings uit my rekening deur HJS word behandel asof dit deur my persoonlik onderteken is. Ek verstaan dat die onttrekkings wat hiermee gemagtig word deur Nedbank verwerk sal word en ek verstaan ook dat die besonderhede van elke onttrekking op my bankstaat of 'n bygaande strokie gedruk sal wees. Ek aanvaar om enige bankkoste met betrekking tot hierdie debietorder te betaal. Hierdie magtiging kan deur my gekanselleer word deur skriftelik een kalendermaand kennis te gee, maar ek verstaan dat ek nie op 'n terugbetaling geregtig is wat HJS onttrek het terwyl die magtiging van krag was indien sodanige bedrae regtens aan HJS verskuldig was nie. Die ontvangs van hierdie opdrag deur HJS word as ontvangs daarvan deur my bank geag.

VERKLARING: Hiermee verklaar ek dat al bogenoemde inligting korrek en waar is. Ek erken dat die terme en voorwaardes in die aansoekvorm tesame met die terme en voorwaardes van hierdie vorm 'n bindende ooreenkoms tussen my en HJS Paarl tot stand bring. Ek onderneem om alle verantwoordelikhede aangaande skool en/of koshuisfooie, soos genoem in Afdeling D, na te kom. _____________________________________________ _________________________ HANTEKENING OUER/VOOG/REKENINGPLIGTIGE DATUM

AFDELING E: Onderneming deur Ouers en Leerders

Ons, ___________________________________________________________________________, die ouers/voogde van _________________________________________________________________________ (leerder se volle name en van) in graad ________ woonagtig in ______________________________________ (koshuis indien van toepassing)

neem kennis van die inhoud van die Gedragskode van HJS. Ons aanvaar al die genoemde

bepalings en onderwerp ons aan die toepassing, uitvoering en nakoming daarvan.

Ons neem kennis van en gee verlof vir enige toetsings vir die gebruik van dwelms,

dwelmverwante middels en/of alkoholiese drank soos deur die skoolhoof (of koshuisvader en/of

diensdoenende personeellid in geval van koshuisverblyf) noodsaaklik geag word en ons aanvaar

volle verantwoordelikheid vir enige koste in dié verband aangegaan.

Ons neem ookkennis van die Betalingsvoorwaardes en betalingsopsies van Hoër Jongenskool

Paarl met betrekking tot die skool/koshuis en verbind ons onherroeplik tot die betaling van alle

skool- en koshuisfooie soos op bogemelde leerder van toepassing.

In geval van koshuisverblyf:

Die partye kom hiermee ooreen dat alle betalings wat deur die ouers gedoen mag word eerstens

teen enige verskuldigde skoolgeld aangewend mag word en daarna teen verskuldige

koshuisfooie, nieteenstaande enige stipulasie wat die ouer ten aansien van die aanwending van

betalings mag doen.

Ons neem kennis dat 'n koshuisleerder in die geval van wanbetaling sy plek in die koshuis verbeur

en nie die volgende kwartaal in die koshuis toegelaat sal word nie. Ons neem ook kennis dat ons

in sodanige geval nog steeds vir die betaling van gemelde fooie verantwoordelik is, ten spyte van

die feit dat die leerder sy koshuisplek verbeur het. Hierdie reëling sal geld tot tyd en wyl daar 'n

geskikte plaasvervanger vir die leerder gevind is, of 'n ander reëling getref is met die

Skoolbeheerliggaam.

Geteken te ____________________________________ op hierdie _______dag van ___________________ 20 ______.

______________________________ __________________________________ HANDTEKENING VAN OUER HANDTEKENING VAN LEERDER

AFDELING F: Vrywaring Ek, ................................................................................................................................(volle name van ouer/voog) van die volgende residensiële adres: ........................................................................................................................

...................................................................................................................................................................................

...................................................................................................................................................................................

die ouer/voog van ............................................................................................................(volle name van leerder), bevestig hiermee dat die voorgemelde leerder toegelaat word om die Hoër Jongenskool Paarl by te woon en aanvaar hiermee ten volle die reëls van die skool. Ek begryp ten volle en aanvaar dus dat sodanige bywoning op my en die voormelde leerder se uitsluitlike risiko sal wees en hiermee verwyder, stel ek skadeloos en skeld ek kwyt, namens myself, die vermelde leerder, my eggenoot en ons eksekuteurs, die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, die Beheerliggaam en sy individuele lede, die skoolhoof, die opvoeders en alle ander personeel van die voormelde skool, van enige of alle eise van watter aard ook al wat verband hou of voortspruit uit enige verlies of skade aan enige eiendom in die voormelde leerder se besit of wat voortspruit uit enige besering van die persoon van die voormelde leerder, terwyl sodanige leerder die genoemde skool gedurende normale skooltyd of andersins bywoon, of deelneem aan sport of ander aktiwiteite aangebied deur die skool of aktiwiteite aangebied deur enige ander party op die skool se perseel en/of enige uitstappie meemaak wat gereël word en/of onderneem word en/of onder die beheer van enige van die vermelde partye, wie ek hiermee vrywaar, soos vermeld. Gedateer te ............................................ op die ............... dag van .................................................. (maand)

.......................... (jaar).

Handtekening van Ouer/Voog ...........................................................................

AS GETUIES: 1. ............................................................ 2. ............................................................

AFDELING G: Elektroniese Toerusting in Koshuise (slegs koshuisaansoeke)

Naam van leerder: ________________________________________________ Selfoonnommer: _________________________________________________ Selfone mag aangehou word mits die volgende voorwaardes streng nagekom word:

a) Onmiddellike rapportering aan koshuisvader wanneer leerder in besit van ‘n selfoon kom.

b) Selfone mag slegs in ‘n kamer, op die balkonne en in die TV-kamer gebruik word, maar nie

in die gange van die koshuis, die badkamers of buite die koshuis nie. c) Selfone moet gedurende stilte- en studietye afgeskakel word en ook om 22:00 waarna

geen oproepe meer ontvang of gemaak mag word nie. d) Selfone mag nie na die eetsaal of skool gebring word nie. e) Selfone mag nie dien as wekkers nie. f) Selfone mag nie met oorfone na 22:00 gebruik word nie.

Indien enige van bogenoemde voorwaardes nie deur die selfooneienaar nagekom word nie, het

die koshuisvader die reg om dit vir minstens een kwartaal te konfiskeer. Na ‘n tweede

oortreding sal dit vir ses maande ingeneem word. By verdere oortreding sal die leerder nie meer

‘n selfoon mag aan-hou nie.

Onderneming Ek, __________________________________________________________, aanvaar die bostaande voorwaardes

en onderneem om dit na te kom.

______________________________ _____________________________ HANDTEKENING DATUM

AFDELING H: Toestemming vir besoek aan derde party Ouers/voogde maak afskrifte van hierdie oorspronklike dokument en gebruik dit soos nodig.

Ek, ___________________________________ , ouer/voog van _______________________________ in graad _______ woonagtig in _____________________________ (koshuis) bevestig hiermee dat ons daarvan bewus is dat hy nie die naweek van __________________ tot ______________________ in die koshuis sal deurbring nie. Die besonderhede van sy gasouers is:

Volle naam en van

Straatadres

Voorstad/Dorp

Huis telefoonnommer

Selfoonnommer

Ons bevestig verder dat: 1) die besoek my goedkeuring wegdra;

2) ek op gener wyse die koshuisvader/skoolbestuur van HJS/beheerliggaam van HJS vir enige uitgawe,

finansieel of andersins, soos dit uit hierdie naweekbesoek mag voortspruit, verantwoordelik sal

hou nie;

3) ek op gener wyse die koshuisvader/skoolbestuur van HJS/beheerliggaam van HJS vir enige situasie

waarin my seun hom gedurende die naweek mag bevind, of daarna mag bevind as gevolg van enige

gebeurtenis gedurende die naweek, verantwoordelik sal hou nie.

___________________________________ OUER/VOOG VAN LEERDER