8 maart - ng weltevredenngweltevreden.co.za/images/afkondigings/...langtermyn die volgende persone...

18
2020 facebook/ngweltevreden ngweltevreden jonkxweltevreden www.ngweltevreden.co.za Kerkkantoor 011 475 5510 [email protected] [email protected] [email protected] [email protected] 8 Maart Kerk 08:00 & 10:00 Ds Hettie Wessels KIX-kerk 08:00 & 10:00 Ds Ferreira Marais Graadgroep Gr 3 & 4 Kapel 10:00 Ds Kobus Sandenbergh Kerk 17:30 Dr Neil du Plessis EREDIENSTE

Upload: others

Post on 02-Feb-2021

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • 2020

    facebook/ngweltevreden ngweltevreden

    jonkxweltevredenwww.ngweltevreden.co.za

    Kerkkantoor 011 475 5510

    [email protected]

    [email protected]

    [email protected]

    [email protected]

    8 MaartKerk 08:00 & 10:00 Ds Hettie Wessels

    KIX-kerk 08:00 & 10:00Ds Ferreira MaraisGraadgroep Gr 3 & 4

    Kapel 10:00Ds Kobus Sandenbergh

    Kerk 17:30Dr Neil du Plessis

    EREDIENSTE

  • GemeentebriefMaart 2020Aanraak-punte

    Laasweek het glad nie verloop soosbeplan nie. Ek moes onverwags ‘n draai indie hospitaal gaan maak. Gelukkig vir ‘nklein prosedure, maar ‘n mens se daaglikselewe kom tot stilstand. Klein goedjies soosom jou skoene aan te trek is skielik nie somaklik nie en gewone roetines nie meervanselfsprekend nie.

    In die hospitaal loop ek ‘n paar engeleraak. Die suster wat die drip weer aan dieloop moet kry, en die skoonmaakster, ‘n oudame, wat my insteekskoene netjies langsmekaar sit sodat ek maklik my voetedaarin kan steek. ‘n Groot dankbaarheidoorweldig my.

    Met die draai wat my lewe maak, kom ekmet ander mense in kontak; mense wat myglad nie ken nie en van wie ek niks weetnie. Skielik maak ‘n glimlag en oogkontakweer saak. Iemand wat die glas naderbring as jy nie kan rek vir die water nie; watgenoeg omgee om ‘n paar sekondes opte offer vir iemand anders en so jou leweaanraak.

    Terwyl ek lê en wag om ontslaan te wordwonder ek hoe ek dit wat ek beleef het,kan uitdra. Ek dink aan die kere wat ekongeduldig was by die betaalpunt in diesupermark; hoe ek soms te haastig is om teluister en te vinnig om ‘n besluit te neem.

    Jesus het tyd gemaak om saam met dieEmmausgangers te stap. Hy kon seker baieander, meer opspraakwekkende manieregebruik het om twee mense se lewens tebereik? Twaalf kilometer is nogal ‘n entjieom te stap! Kleopas en sy vriend washartseer en ontsteld oor die gebeure inJerusalem. “Ons het so gehoop dat dit Hyis wat Israel sou verlos,” verduidelik Kleopasin Lukas 24: 21. Jesus vra hulle uit, luister nahulle antwoorde en bly selfs langer toe Hy

    genooi word. Hy raak hulle lewens aan enverander hulle geheel en al.

    Die Samaritaanse vrou in Johannes 4 hetseker ook nie ‘n lewensveranderendeontmoeting verwag toe sy die vreemdeman by die put gewaar het nie. Sy vraHom waar Hy dink Hy lewende watervandaan gaan kry as Hy nie eens ‘nskepding by Hom het nie! Tog stap sydaardie dag van die put af weg nadathaar lewe onvergeetlik aangeraak is.

    Later stap ek af na die apteek. Daar isbaie mense. ‘n Dame in uniform sien dieoom wat sukkel om op sy krukke te bly, sybeursie uit sy sak te haal, te betaal enboonop nie ander mense raak te slaanmet die krukke nie. “Kan ek help?” vra sy.Nadat hy betaal het, dra sy sonder dat hyhoef te vra, sy sak na die motor. Hullegesels soos ou vriende.

    Ek besluit om te kyk hoe ek mense kanaanraak. Miskien kan ek met my maniervan doen ‘n bietjie van Jesus se liefde namense oordra. Miskien in my glimlag; dalkmet my hande. Miskien kan ek ‘n bietjiemeer luister en aandag gee, miskien is ‘nbietjie omgee al wat nodig is om ‘n anderse hart aan te raak. Die motoroppasserwaai vriendelik toe ons uitry. Ek waai terugen bêre sy skewe glimlag in my hart.

    Groete

    Ilze de VilliersJeugkoördineerder

  • LangtermynDie volgende persone sukkel met hulle gesondheid:• Hugh Arnott, 083 379 7325.• Xander Wentzel, 082 420 9047.• Juanita Barnard, 082 335 3316.• Renske Louw, 083 627 4004.• Elsie Mostert, 083 604 2857.• Marléne Dykes, 072 500 2626.• Judy Erasmus se skoonseun, Francois, in Australia. Bid ook asb vir sy vrou,

    Suné. Judy se nommer is 082 772 8359.• Roelof Kruger. Sy vrou, Marie, se nommer is 083 272 8902.• Juanita Ferreira se ma, Ella. Juanita se nommer is 082 920 8416.• Marius van Niekerk, 083 554 7752• Pikkie du Toit, 073 445 8258.

    Ander• Chané Boyce se dogtertjie, Leané, sterk tuis aan na ‘n hartoperasie en

    reageer goed op behandeling. Haar nommer is 078 420 3608.• Kobus Moolman sterk aan na behandeling vir pankreas kanker. Sy vrou,

    Antoinette, se nommer is 083 611 4883. Bid asb ook vir Antoinette.• Helen Krige ontvang behandeling. Haar nommer is 082 572 6950.• Lana van Deventer sterk tuis aan na ‘n rugoperasie. Haar nommer is 082

    561 9129.• Annatjie Potgieter sukkel met haar gesondheid. Haar man, Paul, se

    nommer is 082 788 9974.• Tokkie Wiid het ‘n operasie ondergaan in die Flora Kliniek. Haar nommer is

    083 326 3287.• Ds Loffie Eloff, ons eerste gemeenteleraar, is oorlede. Ons innige simpatie

    aan sy vrou Marieta en die familie. Marieta se nommer is 073 610 0510.

    GebedsversoekeDie gebedsgroepie kom Sondag vanaf 9:15 – 09:45 in A5 bymekaar.

    Indien jy by ons wil aansluit is jy baie welkom om te kom saam bid. Indien jy gebed benodig, vra ons dat jy asb ‘n gebedskaartjie invul en dit in die

    bussies laat sodat ons span vir jou kan bid.

    Lief en LeedOns nooi jou uit om vir

    iemand op die lysie te bid.

    Indien jy van enige lidmaat weet wat deur n moeiike tyd gaan of siekis, kontak gerus die kerkkantoor of die Leraar aan diens.

  • Belangrike datums!

    15 Maart KIX-buitelugerediens27 – 29 Maart #Imagine

    KIX-kleuterkerk (3-6 jaar) in A608:00 & 10:00KIX-kerk (Gr 1 – 6)08:00 & 10:0010:00 Engelse groep18:30 Slegs Gr 6 klas

    JonkX (Gr 7 – 11)08:00 Engelse groep09:00 Slegs Gr 7 klasJonkX (Gr 7 – 11)18:30

    Kom speel saam Rummycub in die koffiewinkel op Dinsdag10 Maart om 10:00. As jy ‘n Rummycub-stel het, bring dit saam.Nettie Vorster en haar groep C-span sorg vir koffie en tee metiets lekkers daarby.

    Onthou om jou kind te registreer vir Kleuterkerk, KIX en JonkX op die webwerf! Koste beloop R220 per kind vir die jaar. Fooie kan kontant of dmv EFT betaal word. Gebruik

    asb verwysing: Naam van Kind+Graad

    Vrywilligers benodig vir vervoer van Ekklesiapark Aftreeoord na die Spar vir inkopies op 5, 12 en 19 Mei 2020. Indien jy betrokke wil raak as koördineerder vir Ekklesiapark, kontak asb dringend vir Alda Boer, ons Direkteur Versorging

    by 011 475 5510.

    Barnabas-bedieningIndien jy voel dat jou gawe is om mense in moeilike tye te bemoedig, wil ons jou uitnooi om aan te sluit by ons Barnabas-bediening. Kontak asb vir Erika Steyn by

    082 855 9100 indien jy by ons wil aansluit, ons benodig altyd nog mense om te help met die belangrike taak!

    VERSORGINGBaie dankie aan almal wat bygedra het totons koskas! Dit word opreg waardeer engaan definitief ‘n groot verskil maak aan diewat dit so nodig het.

    Dringend op soek na vrywilligers vir rybeurte!

    SENIORSSilwerhoekie

    Sien jy kans vir vrolike kinderstemmetjies? Ons is dringend op soek na vrywilligers wat bereid is om kleuters van die Jan Hofmeyer speelskooltjie na uitstappies te vervoer op 13 Maart, 17 April, 15 Mei en 12 Junie. Dit behels die oplaai van ‘n paar kleuters om

    08:30 in Vrededorp en aflaai in Northcliff of terugneem van Northcliff na Vrededorp om 11:00. Elke kind moet met ‘n veiligheidsgordel vasgemaak kan word. Kontak asb vir

    Esmé Coetzee by 082 772 7932 of Maretha Gous by 082 877 9387 (slegs SMS!)

    Kontak: Ilze de Villiers (Muggie) by082 789 0621 of [email protected].

    mailto:[email protected]

  • Bybelstudies en GroeigroepeBYBELSTUDIES (tydens skoolkwartale)

    Dinsdae• Wilgeheuwel Aftreeoord: Elke 1ste en 3de Dinsdag van die maand om

    15:00 in die gemeenskapsaal. Navrae: Ds Hettie Wessels by 083 254 6833 of Les Fischerby 082 689 8318.

    Woensdae• Manne: 05:30 in K6 & K7. Navrae: Dr Neil du Plessis by 082 346 5238.• Manne: 05:45 by Ds Kobus se huis. Navrae: Ds Kobus Sandenbergh by

    082 451 1671.• Gemeente: 09:00 in die koffiewinkel. Navrae: Ds Kobus Sandenbergh by

    082 451 1671.• Celebration-aftreelandgoed (Northgate): 09:30 in die saal.

    Navrae: Dr Willem Saunderson by 083 657 9828.• Harveston Aftreeoord: Elke 2de en 4de Woensdag van die maand om

    15:00. Navrae: Ds Kobus Sandenbergh by 082 451 1671.

    Donderdae• Vroue: 08:00 in die koffiewinkel. Navrae: Ds Hettie Wessels by 083 254

    6833.• Donderdag-kafee vir alle ouderdomme: 18:45 in die koffiewinkel.

    Navrae: Ds Kobus Sandenbergh by 082 451 1671.

    Saterdae• Manne: 07:00 in A1. Navrae: George Louw by 082 491 5313.

    GROEIGROEPE• Sewe30’s: Woensdagaande in die koffiewinkel. Navrae: Johandie by 083

    393 0707 of [email protected].

    Indien enige iemand sou belangstel om by ‘n Groeigroep of Bybelstudie in te skakel, kontak asb vir Ds Hettie Wessels by 083 254 6833 of

    [email protected].

    Pieter Potgieter wil graag met ‘n groeigroep in die Helderkruin-omgewingbegin. Indien jy belangstel, kontak asb vir Ds Hettie Wessels by 083 254 6833.

    Op soek na n nuwe groeigroep?

    Afrikaanse eredienste vind plaas by Celebration-aftreelandgoed in die saal elke 2de Sondag om 09:30 (word afgewissels met Engelse eredienste).

  • ELEKTRONIESE BETALINGSRekeningnaam: NG Weltevreden Bank: ABSA ClearwaterTakkode: 632005Reknr: 0730 580 460Verwysing: Voorletters+Van+Waarvoor

    SNAPSCAN

    Gebruik SnapScan vir:

    Kollekte Dankoffers Dankfees en meer

    *Vir jou gerief is die debietordervorm op die webwerf gelaai

    onder “vorms”.

    Belangrikedatums!

    15 Maart Nagmaal in die Kapel

    15 Maart KIX-kerk buitelugdiens

    5 April Paassangdiens

    Die koffiewinkel en ander lokale by NG Weltevreden kan teen billiketariewe gehuur word! Kontak gerus vir Mari by die kerkkantoor

    011 475 5510 vir meer inligting!

    Het jy geweet? 21 April Omgee-gholfdag

    Gebed vir Lydenstyd

    Here, vergeef my my sondessoos ek diegene vergeef wat my seer gemaak het.

    Lei my op my reis om deur hierdie lydenstyd voortdurend nader aan U te leef.

    Lei my deur die proses van vergifnis, deur die seer na heel-wordingsodat ek werklik goedgesind kan wees teenoor die mense wat my

    seergemaak het.Help my om soos Aäron en Moses in gehoorsaamheid aan U

    'n Seëning vir die mense rondom my te wees.In Jesus se Naam,

    Amen.

  • Is jy ‘n nuwe intrekker?Het jou kontakbesonderhede verander?Help ons asseblief om ons databasis op datum te hou! Voltooi asb die onderstaande vorm en plaas dit in die kollektesakkies of kontak vir Mari by die kerkkantoor

    met nuwe inligting.

    Naam en van: Telefoonnommer: Fisiese adres: E-pos adres: Kommentaar:

    KIX-buitelugdiensSondag 15 Maart

    08:00 & 10:00Ds Ferreira Marais

    Almal is baie welkom!!

  • Gemeente-finansiesBeste Gemeentelid,

    Om in ‘n gemeente soos Weltevreden te wees, is ‘n groot seën. Oral om jou kan jy sien enervaar waar die gemeente ‘n vingerafdruk het op lidmate se lewens en in die gemeenskap omons. Hierdie gemeente van sowat 5,000 lidmate het groot finansiële behoeftes omlewensvatbaar en volhoubaar te wees.

    Elke jaar vra ons vir bydraes by die Dankfees en ander projekte, en ons word geseën. Ons bid,en die Here voorsien. Soms moet ons 'n bietjie meer geduldig wees en ons kontant reserwesaanwend.

    Hierdie jaar is ons situasie anders as ander jare waar begrotingstekorte aangevul kon word deurbeskikbare kontant reserwe bronne. Hierdie jaar het ons nie meer beskikbare bronne om onstekorte aan te vul nie. Die beraming is dat alle kontant reserwes teen Mei-maand uitgeput salwees. Maandelikse dankoffers bly ons grootste bron van inkomste, maar die wisselvalligheiddaarvan beïnvloed ons kontantvloei baie nadelig.

    Daar is twee maniere om so ‘n probleem aan te spreek. Eerstens kan mens probeer om geld tespaar, maar ons het alreeds meer as R400,000 gespaar op bedieningsuitgawes in 2019. Ons wilnie graag verder perke plaas op die bediening en die werk van die kerk nie – dit gaan so swaardaar buite. Tweedens kan mens probeer om inkomste te verhoog. Ons kan ook net soveelfondsinsamelingsfunksies hou. Wat ons nodig het, is standvastige maandelikse bydraes.

    Die realiteit waarmee ons werk is dat daar slegs 470 bydraers is wat ‘n gereelde maandeliksebydrae gee (en net ‘n paar meer wat weeklikse kollekte in die sakkies gee). Hierdie realiteitmaak ons model onbekostigbaar. Ons moet moeilike vrae beantwoord, wat ‘n groot impak hetop ons vingerafdruk in die gemeenskap en ook vir lidmate se bediening. Moet ons personeelverminder, moet ons geboue verkoop, hoe ver kan ons die bedieninge nog sny… hoe moet onsmaak?

    Die Kerkraad het by die pas afgelope Kerkraadsvergadering besluit om die gemeente te vra omsaam oor hierdie probleem te dink en bid. Ons moet verstaan dat dit ONS gemeente is en ONSkerk. Daarom moet ONS gereeld ‘n finansiële bydrae maak. Dis nie die persoon langs jou metwie ons praat nie, dis ek en jy!

    Ongelukkig verstaan die bank en ander krediteure nie wanneer mens sê hulle moet net vertrouen dat die geld sal kom nie. Salarisse moet op tyd betaal word asook munisipale rekeninge endie Ontvanger van Inkomste. Ons kan ons nie ryk spaar nie. Ons het elke lidmaat se volgehoueverbintenis nodig in swart en wit sodat ons weet dat die kerk waarvoor ons almal lief is se deurenog volgende maand en die maand daarna kan oop bly.

    Daarom vra die Kerkraad dat, waar dit ookal moontlik is, jy ‘n gereelde bydrae in die vorm van‘n debietorder of gereelde EFT, sal maak. As jy reeds gee, vra ons of jy jou bydrae dalk kanverhoog. Ons kan eenvoudig nie langer kop bo water hou met die uitgebreide bediening watons aanbied aan gemeentelede en hulp aan die armstes in die gemeenskap, met net 470persone wat ‘n vaste bydrae maak nie.

    Vul asseblief die debietordervorm hier langsaan in om jou maandelikse bydrae te bevestig ofverhoog. En bid saam vir die gemeente se volhoubare voortbestaan. Ons het nou elkeen sehulp nodig.

    Groete uit die Kerkraad.

  • / /

    / /

    Debietorder Magtiging

    Die verwysingsnommer op die bankstaat sal altyd begin met “MULTID FOR” gevolg deur jul kortnaam

    soos geskep by Sanlam Multi Data.

    Betalingsopdrag (Spesifiseer waar van toepassing)

    Unieke Verwysings Nommer ________________________ (vir kantoorgebruik)

    Herhalende Betaling Maandeliks

    Herhalende Bedrag ________________________

    Besonderhede van Rekeninghouer

    Titel:

    Volle name en van/maatskappy/trust

    Identiteitsnommer

    Taal: Afrikaans Engels

    Woonadres

    Posadres

    Telefoonnommer (w)_____________________(h)_________________________ (c) _________________________________

    E-pos adres

    Bankbesonderhede

    Naam van bank Naam van tak

    Rekeningnommer 6-syfer takkode

    Tipe rekening Tjek Spaar Transmissie Ander

    Aftrekkings

    Datum van eerste aftrekking (dd/mm/eejj) en daarna maandeliks soos ooreengekom.

    Wil jy dit nie asb oorweeg om jou debietorder jaarliks op 1 Augustus te verhoog nie? Ja / Nee

    Ek wil dit graag verhoog met: 5% / 7.5% / 10% / _____%

    Verklaring

    Ek, die ondergetekende, versoek dat N.G. Kerk Weltevreden met my bank reëlings tref om deur middel van die debietorderstelsel, die betalings volgens die bepalings van die kontrak en agterstallige betalings (soos dit van tyd tot tyd gewysig kan word/waar van toepassing/waar dit versoek word) van bogenoemde teen my rekening te vorder.

    Handtekening van betaler

    Datum (dd/mm/jaar)

    Plaas gerus voltooide Debietordervorms in die kollektesakkies of stuur dit [email protected]

  • 8 Maart 2020

    Hoe adverteer ek? In die Helpmekaar kan jy jou produk of diens teen ‘n minimalebedrag adverteer. Kontak gerus vir Tanya by die kerkkantoor by (011) 475 5510 of stuur‘n epos na [email protected] vir meer inligting.

    Helpmekaar

    mailto:[email protected]

  • Uvongo Akkommodasie – kom KUIER en RUS hier!!Heerlike FAMILIE-STRANDHUIS!

    Gemaklike stapafstand na beide St Michaels-en Uvongostrand.Volledig toegeruste 10 bed huis. 4 x kamers, 2 x badkamers, 3 x toesluit motorhuise.

    Tariewe per dag vir die huis:Buite Seisoen: R750 per dagPensionarisse: R675 per dag

    Middelseisoen: R1200 per dag (Julie & Oktobervakansie, November )Volseisoen: R1700 per dag (April vakansies, 1 Desember tot middel Januarie)Kontak Heinrich Ueckermann by 0764309146 of [email protected]

    8 Maart 2020Helpmekaar

    🏠🐳🐟 Plettenbergbaai Woonstel!! 🐬🏠

    Dis jou beurt! Breek weg vir die Maart

    skoolvakansie na die tuinroete!!

    Selfsorg woonstel met 2 slaapkamers (slaap

    4), oopplan leefarea en kombuis, vol DSTV

    en braaiarea.

    Maart Skoolvakansie...R 1000 pd

    Paasnaweek.....R 900 pd

    Skakel 0760803535 of

    [email protected] vir fotos.

    Gemeubileerde tuinwoonstelte huur in Florida teen R3 800

    per maand. 1 slaapkamer, sit/eetkamer, badkamer,

    kombuis, elektrieseomheining, veilige parkering.

    Kontak Alta084 910 8542

    mailto:[email protected]

  • 8 Maart 2020Helpmekaar

  • 8 Maart 2020Helpmekaar

  • 8 Maart 2020Helpmekaar

    Meenthuis beskikbaar in Weltevredenpark 1 April 2020Sentraal geleë naby Wilgeheuwel

    hospitaal en Randridge Mall;

    2 slaapkamers; 1 vol badkamer;

    ruim eet-sitkamer area; dubbel

    motorhuis. Swembad in kompleks

    Vir meer inligting kontak Elize by

    [email protected]

    082 446 2133

    Vakansiehuis beskikbaar in Marloth Park vir naweke of langer. Marloth Park is geleë langs die suidelike grens van

    die Krugerwildtuin. Krokodilbrug is die naaste toegangshektot die wildtuin. Skakel Inez Steyn vir verdere

    besonderhede en om te bespreek by 082 684 4339.

    Contact us for dates for the next puppy training course at

    NG Weltevreden!

    Gladys Phanyane is op soek na werk as huishulp. Haar nommer is 078 340 6788. Kontak gerus vir Christa

    Smith by 083 445 6008 vir ‘n verwysing.

    mailto:[email protected]

  • 8 Maart 2020Helpmekaar

    Enige waterdigting of verfwerk of nodig?Johnston het dekades se ondervinding metwaterdigting en verfwerk insluitend, mure,dakke, hekke en afdakke. Hy en sy span isdeeglik met voorbereiding van oppervlaktesen werk metodies en

    baie netjies. Billike pryse en

    uitstekende verwysings.Skakel 082 735 2650.

    48-jarige man op soek na ‘n werksgeleentheid (voltyds, deeltyds of

    kontrak). 25 Jaar ondervinding in personeelwerwing en verkoopsbestuur.

    Onmiddellik beskikbaar.Kontaknommer 071 768 6163.

    Benodig jy vervoer of nutsman dienste?

    Kontak gerus vir Jaco by 082 333 8864

    Kontak gerus ons Direkteur: Versorging, Alda Boer by die

    kerkkantoor (011 475 5510) vir verwysings en meer inligting.

    My Afrikaanse huishulp, Elizabeth Shuping, werk al meeras 10 jaar by ons en sy soek werk

    vir 1 of 2 dae per week. Sy is wonderlik met kinders en werk

    baie mooi. Skakel my gerus vir ‘n verwysing: Riana Venter 082 343 6677. Skakel Elizabeth by 071 894

    4288.

    J & S TransportBetroubare koerier en vervoerdienste!- Vervoer na en van die lughawe.- Aflewer van hofdokumente.- Vervoer na dokters en ander afsprake.-Kontak ons gerus vir enige ander vervoerbehoeftes.

    Kontak Sarel Oosthuisen 072 312 0574 of 011 679 3451

    44-jarige vrou benodig dringend werk in Randburg-

    omgewing.Sterk agtergrond in

    eiendomsbestuur en administrasie.

    Kontak 078 117 4338.

    Lydia, my huishulp van 5 jaar, is op soek na werk vir 3

    dae per week. Sy is baiebetroubaar, hardwerkend en

    neem inisiatief in die huis. Kontak gerus vir Lydia by 071

    910 5921 of kontak Tanya Krause by 082 854 7139 vir ‘n

    verwysing.

  • R50

  • Weltevreden

    Saterdag 4 April09:00 – 12:00

    NG Weltevreden

    Die winkel sal elke 1ste Saterdag van die maand oop wees van 09:00 – 12:00. Slegs kontant of Snapscan sal aanvaar word!

    Tweedehandse klerewinkel