7 mei 2017 14 mei 2017 -...

4
7 MEI 2017 14 MEI 2017 7 Mei 2017 08:00 Oggenddiens in die kerk DOOP Ds. Johan Olivier Skriflesing: 1 Kor. 13 Tema: Nou wys ek julle wat die allerbeste is 09:30 Gesinsdiens in die kerk Ds. Louis Lemmer 09:30 Oggenddiens in die saal Ds. Johan Olivier 17:45 Aanddiens in die kerk Ds. Corné Bootha 18:30 Renaissance Diens Ds. Alkmaar Swart 14 Mei 2017 08:00 Oggenddiens in die kerk Ds. Alkmaar Swart 09:30 Gesinsdiens in die kerk DOOP Ds. Lizette van Rooyen 09:30 Oggenddiens in die saal Ds. Alkmaar Swart 17:45 Aanddiens in die kerk Prop. Meiring de Wet GROEIGROEPE 7 MEI 2017 GROEP TYD LOKAAL Connect Kids 09:30 Kleuterkerk (3 j. Gr. 00) Kleuterlokaal 09:30 Kinderkerk (Gr. 0 Gr. 6) Kerksaal Connect 18:45 Groeigroepe (Gr. 7 11) Verskillende lokale LIDMATE SE LIEF EN LEED Inligting oor lief en leed Alle gemeentelede word gevra om die kerkkantoor in kennis te stel van sterftes sowel as geboortes sodat ons met mekaar die hartseer en vreugde kan deel. Skakel die kerkkantoor weeksdae tussen 07:30 en 13:00, stuur ‘n e-pos na [email protected] of meld dit Sondae by die navraetoonbank aan. Lidmate ouer as 85 Ons bid die volgende lidmate die seen van die Here en goeie gesondheid toe: Annie Badenhorst van Kolonnade Estates word vandag 87 jaar oud. Ellen Kruger van Renaissance word vandag 86 jaar oud. Susan Kuhn van Bougainvilla Mews word vandag 94 jaar oud. 7 Mei 2017 PINKSTER 2017 4-11 JUNIE Ken jy die avontuur van die lewe in die Gees? Die tema vir Pinkster is vanjaar “ Die Heilige Gees werk in en deur ons”. Ds. Elza Meyer gaan dit lei. Sy is die leier van die beweging Turn2God en die bekende Esterkonferensies. Daar is „n 45-dae dagboekie deur ds. Meyer hieroor geskryf. Die boek is in die week beskikbaar by die kerkkantoor en Sondae by die kerk se deure. Die koste van die boek is R100. Daar is ook „n DVD beskikbaar teen R100. Ons is opgewonde om dit saam met ons buurgemeentes Overkruin en Montana Pinkster te vier. Kontak ds. Alkmaar Swart (012-548-1565 of 073-266-0196).

Upload: truongnga

Post on 06-Feb-2018

243 views

Category:

Documents


8 download

TRANSCRIPT

Page 1: 7 MEI 2017 14 MEI 2017 - api.ning.comapi.ning.com/files/1sb3nU2A-L8Si0sER8DBr67BkZiDmj1eRLR1f6... · Du Toit, Francois Van Gerve, Ellen ... Florauna Senior Sorg & Ouetehuis ... MAGALIESKRUIN

7 MEI 2017 – 14 MEI 2017

7 Mei 2017

08:00 – Oggenddiens in die kerk

DOOP

Ds. Johan Olivier Skriflesing: 1 Kor. 13

Tema: Nou wys ek julle wat die allerbeste is

09:30 – Gesinsdiens in die kerk Ds. Louis Lemmer

09:30 – Oggenddiens in die saal Ds. Johan Olivier

17:45 – Aanddiens in die kerk Ds. Corné Bootha

18:30 – Renaissance Diens Ds. Alkmaar Swart

14 Mei 2017

08:00 – Oggenddiens in die kerk Ds. Alkmaar Swart

09:30 – Gesinsdiens in die kerk

DOOP Ds. Lizette van Rooyen

09:30 – Oggenddiens in die saal Ds. Alkmaar Swart

17:45 – Aanddiens in die kerk Prop. Meiring de Wet

GROEIGROEPE – 7 MEI 2017

GROEP TYD LOKAAL

Connect Kids 09:30 – Kleuterkerk (3 j. – Gr. 00) Kleuterlokaal

09:30 – Kinderkerk (Gr. 0 – Gr. 6) Kerksaal

Connect 18:45 – Groeigroepe (Gr. 7 – 11) Verskillende lokale

LIDMATE SE LIEF EN LEED

Inligting oor lief en leed – Alle gemeentelede word gevra om die kerkkantoor in kennis te stel van sterftes sowel as geboortes sodat ons met mekaar die hartseer en vreugde kan deel. Skakel die kerkkantoor weeksdae tussen 07:30 en 13:00, stuur ‘n e-pos na [email protected] of meld dit Sondae by die navraetoonbank aan.

Lidmate ouer as 85 – Ons bid die volgende lidmate die seen van die Here en goeie gesondheid toe: Annie Badenhorst van Kolonnade Estates word vandag 87 jaar oud. Ellen Kruger van Renaissance word vandag 86 jaar oud. Susan Kuhn van Bougainvilla Mews word vandag 94 jaar oud.

Datum: 30 April 2017

7 Mei 2017

PINKSTER 2017 – 4-11 JUNIE

Ken jy die avontuur van die lewe in die Gees? Die tema vir Pinkster is vanjaar “Die Heilige Gees werk in en deur ons”.

Ds. Elza Meyer gaan dit lei. Sy is die leier van die beweging Turn2God en die bekende Esterkonferensies.

Daar is „n 45-dae dagboekie deur ds. Meyer hieroor geskryf. Die boek is in die week beskikbaar by die kerkkantoor en Sondae by die kerk se deure. Die koste van die boek is R100. Daar is ook „n DVD beskikbaar teen R100.

Ons is opgewonde om dit saam met ons buurgemeentes Overkruin en Montana Pinkster te vier.

Kontak ds. Alkmaar Swart (012-548-1565 of 073-266-0196).

Page 2: 7 MEI 2017 14 MEI 2017 - api.ning.comapi.ning.com/files/1sb3nU2A-L8Si0sER8DBr67BkZiDmj1eRLR1f6... · Du Toit, Francois Van Gerve, Ellen ... Florauna Senior Sorg & Ouetehuis ... MAGALIESKRUIN

_____________________________________________________________________________________________________________________

VERGADERINGS 1. DIENSTERREIN NA BUITE (GETUIENIS EN

UITREIKE) – Ons hou vergadering op 18 Mei 2017 om 19:00 in die jeugsaal. Agendas sal

elektronies uitgestuur word. Kontak Annette van Niekerk (083-609-7953).

______________________________________________________

SILWERBLARE 1. UITSTAPPIE NA GLASFABRIEK – Hierdie

uitstappie vind plaas op 16 Mei 2017. Die bus vertrek om 08:00 vanaf die kerkterrein. Meld asseblief nie later as 07:30 aan ten einde die

vrywaringsvorms te voltooi. Die besprekings vir die bus is by die kerkkantoor en betaling moet plaasvind met bespreking. Die koste beloop R40 per persoon. Besprekings sluit op 12 Mei 2017. U is welkom om ook u

vriende saam te bring. Kontak Dottie Botha (012-548-0863/083-458-8154).

______________________________________________________

VROUE 2. NERINA OGGENDGROEP – Ons vergader

op Dinsdag 23 Mei 2017 om 09:30 in die

jeugsaal. Ons gesels met ds. James Kirkpatrick van NG Kerk Suidoos Pretoria en die tema is “Die Boek – die Bybel”. Gaste is baie welkom. Kontak Rini Martins (083-459-7217) of Celia Maré (084-583-8655).

______________________________________________________

BEDIENING NA BINNE 3. NUWE INTREKKERS – Die volgende lidmate

het met bewys van lidmaatskap/attestaat na ons oorgekom: Josias Van Zyl OBER-HOLZER; Frans Willem SWART en Hester Jacoba BUITENDAG (nou SWART); Petrus JACOBS en dooplidmate Jayden Petrus JACOBS, Lourens JACOBS en Anton Johannes JACOBS; Christiaan Izak BENEKE

en Kathleen Maureen HEYDENREICH (nou BENEKE). Nuwe intrekkers wat nog nie aangemeld het nie, kan die nodige vorms en inligting Sondae by die navraetoonbank en in die week by die kerkkantoor verkry.

4. SIEKES EN BEPROEFDES – U word hartlik

uitgenooi om die kerkkantoor (012-548-1245), enige leraarof u wyksouderling te kontak indien u of u familielede siek is of gehospi-taliseer word. A-Blok: Ds. Alkmaar Swart B-Blok:Ds. Corné Bootha

C-Blok: Ds. Louis Lemmer D-Blok: Ds. Johan Olivier

Onswil u vra om vir die volgendepersonete bid wat onderonsaandaggekom het:

Bezuidenhout, Bronwin Myburgh, Gert

Bezuidenhout, Lauren Shandoss, Chris

Briel, Leon Shandoss, Elmarié

Cronjé, Marié Swart, Annalien

Davel, Dirk Steyn, André

De Klerk, Adri Strauss, Makkie

De Villiers, André Terblanche, Evelyn

Dohse, Carl Van der Merwe, Ungi

Du Toit, Francois Van Gerve, Ellen

Franzsen, Ingrid Van Niekerk, Anna

Kruger, Anna Viljoen, Manja

Lamprecht, Pieter Visser, Hennie

Lock, Lorraine Willemse, Kobus

Oosthuizen, Ria Zietsman, Zanro

Myburgh, Rina ______________________________________________________

BEDIENING NA BUITE: UITREIKE 5. MUNTE PROJEK – Onthou hierdie

insameling. Help asseblief om hierdie projek

PROGRAM VIR DIE VOLGENDE WEEK

DATUM TYD AKTIWITEIT KONTAK

Di. 9 09:00 19:00

Toerusting: Verdiep jouself in die Woord – in die konsistorie.

Ds. Johan Olivier – 082-979-6552 Paul Fick – 071-380-8752

Di. 9 10:00 Visvanger Dissipelmaking – die Woord word bedien, toebroodjies word uitgedeel en Bybels word verkoop.

Ds. Alkmaar Swart – 012-548-1565

Di. 9 18:30 L!nk = Connect (tieners) en ReConnect (jongvolwassenes – in die jeugsaal.

Ds. Corné Bootha – 082-786-4834

Wo. 10 09:00 Gebedsgroep vir uitreike – Rooivinksingel 1010, Montana Park

Annette van Niekerk – 083-609-7953

Wo. 10 09:00 Mannegespreksgroep – in die konsistorie. David Spamer – 012-524-3821

Wo. 10 09:30 Magnolia Oggendgroep – in die jeugsaal. Ds. Lizette van Rooyen praat met ons oor “selfone”.

Grietha Neethling – 083-631-3690 Rose Olivier – 083-542-3639

Wo. 10 14:00 Vaardigheidsbediening – in die kerksaal. Rhona von Schlichting – 082-940-4168

Do. 11 10:30 Hospitaal- en Siekesorg - in die

konstistorie. Ds. Johan Olivier – 012-548-1300/ 082-979-6552

Sa. 13 06:30 Gebedsgeleentheid – in die jeugsaal.

Kom bid saam as gelowiges. Ds. Johan Olivier – 012-548-1300/ 082-979-6552

Sa. 13 09:30 Sonop Uitreik – die Woord word bedien en kospakkies word uitgedeel.

Johan de Wet – 082-570-1810

Page 3: 7 MEI 2017 14 MEI 2017 - api.ning.comapi.ning.com/files/1sb3nU2A-L8Si0sER8DBr67BkZiDmj1eRLR1f6... · Du Toit, Francois Van Gerve, Ellen ... Florauna Senior Sorg & Ouetehuis ... MAGALIESKRUIN

lewendig te hou deur u munte gereeld te skenk. Sodoende sal die aankoop van die Bybels vir kinders in lande waar Christene vervolg, gemartel en tereggestel word, aktief

bly. Enige navrae kan aan Dottie Botha (012-548-0863/083-458-8154) gerig word.

_______________________________________________

MAGALIESKRUIN GEMEENTE

KUIERMARK-HOOGTEPUNTE Saterdag 3 Junie 2017 lei alle paaie na Magalieskruin!! Ons is opgewonde oor „n lekker kuier en „n wonderlike mark met „n groot verskeidenheid produkte wat te koop

aangebied word.

Die ribburger “Drive-thru” Vrydagmiddag 26 Mei vanaf 17:00 op die kerkterrein. Connect staan reg om 1000 ribburgers teen R30 elk te verkoop. Kom koop aandete in die gemak van jou eie kar – dit is „n Drive-Thru!!

Die Snuffelhoekie met allerlei tweedehandse boeke, klere en baie interessante items is vanjaar slegs vanaf Dinsdag 30 Mei tot Donderdag 1 Junie in die kerksaal van 09:00tot19:00. Daar is geen Snuffelhoekie verkope op Saterdag 3 Junie nie.

Kuiermark Saterdag 3 Junie wat vanjaar weer fokus op goeie kos en verskeie nuwe, interessante stalletjies. Kom koop onder andere hamburgers, kerrie-en-rys, pannekoek, nagereg, melkkos, boeremarkprodukte, of ontspan in die teetuin. Twee orkeste uit eie geledere staan reg om musiek te verskaf. Daar is iets vir elkeen – versprei asseblief die woord in die gemeenskap en nooi almal wat jy ken!

Lees die Kuiermark Nuusbrief om die behoeftes by die verskillende stalletjies te sien en bied hulp aan waar dit moontlik is.

Navrae: Janine in die kerkkantoor (012-548-1245) of selno 083-225-7205.

Almal is welkom!

NIE-GEMEENTELIKE AKTIWITEITE

Florauna Senior Sorg & Ouetehuis – 24 uur mediese versorging, dagsorg, korttermyn vakansiesorg in „n veilige, liefdevolle omgewing. Kontak 083-227-3370 of [email protected].

Tekkie Tax 26 Mei 2017 – Koop asseblief jou R10 Tekkie Tax plakker ter ondersteuning van Uitkoms Versorgingsentrum by die kerkkantoor in die week of Sondae by die navraetoonbank, of kontak Lorna Deysel (012-547-2182/082-825-8729).

ADMINISTRATIEWE INLIGTING

Doop in 2017– Die doopgesprek om in Julie te kan doop, vind op 14 Junie 2017 plaas. Doop-registrasie MOET vooraf by die kerkkantoor plaasvind. Registrasievorms is by die navrae-toonbank of op ons webwerf beskikbaar. Kontak ds. Lizette van Rooyen ([email protected] of 084-690-1971).

Koster – indien u die koster benodig kontak die volgende nommer: 082-852-9325.

MAGALIESKRUIN NOODLYN – 060 661 1870 – Gemeentelede kan Isabel le Roux, ons Barmhartigheidsvoorsitter, by die bogenoemde nommer per sms of oproep kontak indien daar behoeftes is ten opsigte van kruideniersware, klere en maatskaplike krisisse. Versoeke word anoniem hanteer en bydraes word grotendeels uit ons klere- en koskamer voorsien.

Page 4: 7 MEI 2017 14 MEI 2017 - api.ning.comapi.ning.com/files/1sb3nU2A-L8Si0sER8DBr67BkZiDmj1eRLR1f6... · Du Toit, Francois Van Gerve, Ellen ... Florauna Senior Sorg & Ouetehuis ... MAGALIESKRUIN

KUIERMARK NUUSBRIEF

Teken die datums aan: Drive-thru-ete: 26 MEI 2017 Kuiermark: 3 JUNIE 2017

Eland- en koedoewors – beskikbaar teen R75 per kilogram. Kontak Mollie van Molendorff (083-378-9584) of Janine Joubert by die kerkkantoor (012-548-1245).

Stalletjies te huur – Indien jy belangstel om ‘n stalletjie by die Kuiermark te huur om items uit te stal en verkoop, kontak vir Janine Joubert (012-548-1245) tydens kantoorure (07:30-13:00). Geen kosstalletjies word uit verhuur nie.

Hulp by stalletjies – Ons benodig nog dringend hande by die stalletjies. Kontak asseblief vir Janine Joubert (012-548-1245) om aan te meld vir ‘n diensbeurt by die Kuiermark.

STALLETJIE KONTAK BENODIG

Boeremark & vleis

Mollie van Molendorff – 083-378-9584

Boeremarkprodukte soos konfyt, chutney, ingelegte ware, beskuit, brode, biltong en droëwors.

Borg ‘n-Kind Janine Joubert – 083-225-7205 012-548-1245

Borge – enige bedrag kan geskenk word om dit vir Kinderhuiskinders moontlik te maak om die Kuiermark by te woon.

Gazebo’s en Gholfkarretjies

Janine Joubert – 083-225-7205 012-548-1245

Gazebo’s en gholfkarretjies (om mense wat moeilik loop aan te ry). Enige iemand wat daarmee kan help vir die dag van die Kuiermark, kontak asseblief vir Janine.

Geskenketafel Hannelie de Beer 012-548-1245

Bedsokkies vir kinders en volwassenes, oorgetrekte hangers, enige lekkerruik items en ander klein items wat in mooi boksies verpak kan word – enige handwerk!

Hamburgers - Ons benodig dringend iemand as stalletjieleier. Kontak asb. vir Janine Joubert (012-548-1245).

Nagereg Lorna Deysel – 082-825-8729 Skenkings van plastiek koppies met deksels gevul met jellie in gekleurde lagies of kitspoeding of koekstruif. Versier glasies na goeddunke en maak dit jou bydrae tot die Kuiermark.

Koekies en koeke

Althia Prinsloo – 082-334-6158 Irma Munnik – 082-550-1372 Belinda Nortje – 082-553-3252

Ons benodig mense om koeke te bak. Ons het koek- en tertverpakkings. Klein koekies bak ons by die kerk, grootkoeke vra ons skenkings van koekmeel, suiker en eiers. Bestanddele kan voorsien word.

Koeldrank/ Gemmerbier

Dassie Barnard 082-778-9593 Martin Barnard 082-696-1656

Leë 2 liter deurskynende koeldrank-bottels vir gemmerbier, asook mense om gemmerbier te maak – ‘n resep is beskikbaar. Skenkings van suiker word ook benodig.

Snuffelhoekie/ Boeke/Klere

Heidi Pretorius 072-683-9300 Dot Olivier 012-548-1245

Enige bruikbare items wat nie meer in jou huishouding gebruik word nie. Die Snuffelhoekie loop vanjaar deur die week van Di 30 Mei tot Do 1 Junie, van 09:00-19:00. GEEN VERKOPE 3 JUNIE

NIE. Baie hande word benodig!