5 februarie 2017 saam verheerlik ons god deur voortdurende ... · jaap & dorene smit ( 2 feb.)...

8
5 Februarie 2017 VANDAG SE EREDIENSTE: OGGENDDIENS 09:00 Dr. Braam Krüger Skriflesing: Spreuke 2:1-13 & Prediker 11:7-10 Teksvers: Spreuke 2:7 & Prediker 11:8 Tema: Elke reël het sy … uitsondering! __________________________ LOF- & AANBIDDINGSDIENS 17:00 Dr. Braam Krüger Skriflesing: Johannes 18:28-40 Teksvers: Johannes 18:38 Tema: Hoe kan ek leef as christen? Soek na die waarheid. ________________________ AANDDIENS 18:30 Ds. Louis Buys Skriflesing: Jeremia 32:1-9; 13-25; 42-44 Hebreërs 10:35-39 Teksvers: Jeremia 32:14&15 Tema: Waarvan kan ek seker wees in ‘n onseker tyd. HARTLIK WELKOM AAN ALLE LIDMATE EN BESOEKERS! KOM GENIET ‘N KOPPIE KOFFIE/TEE NA DIE ERE- Saam verheerlik ons God deur voortdurende metamorfose. PREDIKANTE: Dr. Braam Krüger 082 459 5636 Ds Louis Buys 082 927 2034 BERIGTE: [email protected] WEBBLAD: www.gkbenoni.co.za FACEBOOK: https://www.facebook.com/ GKBenoni/ ADMINKANTOOR: Ma-Vr 08:00-14:00 Ina Bolt 011 849 2054 084 339 1136 [email protected] KOÖRDINEERDER Ronel Ritchie 011 849 6817 081 218 3048 [email protected] KNIELTYD - Ons gee om vir mekaar ONS BID VIR: Marius Yssel is by die Glynwood hospitaal opgeneem vir toetse. DANKBAARHEID: Julie en Adrie Goede se dogter, Julia O’Connner was die afgelope week in die hospitaal in Nelspruit vir hart- toetse. Ons is dankbaar saam met hulle dat sy ontslaan is, en dat hulle haar op die plaas kan help terwyl sy aansterk. GELUKWENSINGS: Huweliksherdenkings: Braam & Donsie Krüger ( 3 Feb.) Jaap & Dorene Smit ( 2 Feb.) Lize Marie Steuber se seuntjie, Elija, is Vrydag 3 Februarie gebore. Baie geluk. LEEF JOU GAWES UIT IN DIE GEMEENTE Is jy musikaal en wil jou gawes in die gemeente uitoefen? Die SLAK diensgroep is dringend opsoek na musikante en/of voorsangers. Oefeninge vind elke Donderdagaand 19:00 tot 21:00 plaas as voorbereiding vir die komende Sondag se diens. Die diensgroep beoog om twee verskil- lende groepe te vorm, sou hulle genoeg belangstellende vind, wat sal beteken dat die groepe kan beurte maak met die Lof-en aanbiddingsdienste. Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om jou musiektalent te ontwikkel en selfvertroue te bou. As jy belangstel om te dien in die diensgroep, of navrae het kontak asb. Melani van Dyk 072 592 8866.

Upload: others

Post on 13-Jul-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 5 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende ... · Jaap & Dorene Smit ( 2 Feb.) Lize Marie Steuber se seuntjie, Elija, is Vrydag 3 Februarie gebore. Baie geluk

5 Februarie 2017

VANDAG SE EREDIENSTE:

OGGENDDIENS

09:00

Dr. Braam Krüger

Skriflesing: Spreuke 2:1-13 & Prediker 11:7-10

Teksvers: Spreuke 2:7 & Prediker 11:8

Tema: Elke reël het sy … uitsondering!

__________________________

LOF- & AANBIDDINGSDIENS

17:00

Dr. Braam Krüger

Skriflesing: Johannes 18:28-40

Teksvers: Johannes 18:38

Tema: Hoe kan ek leef as christen?

Soek na die waarheid.

________________________

AANDDIENS

18:30

Ds. Louis Buys

Skriflesing: Jeremia 32:1-9; 13-25; 42-44

Hebreërs 10:35-39

Teksvers: Jeremia 32:14&15

Tema: Waarvan kan ek seker wees in ‘n onseker

tyd.

HARTLIK WELKOM AAN ALLE LIDMATE EN

BESOEKERS!

KOM GENIET ‘N KOPPIE KOFFIE/TEE NA DIE ERE-

Saam verheerlik ons God deur voortdurende metamorfose.

PREDIKANTE: Dr. Braam Krüger ☎ 082 459 5636

Ds Louis Buys ☎ 082 927 2034

BERIGTE: [email protected] WEBBLAD: www.gkbenoni.co.za FACEBOOK: https://www.facebook.com/GKBenoni/

ADMINKANTOOR: Ma-Vr 08:00-14:00 Ina Bolt ☎ 011 849 2054

☎ 084 339 1136

[email protected] KOÖRDINEERDER Ronel Ritchie ☎ 011 849 6817

☎ 081 218 3048

[email protected]

KNIELTYD - Ons gee om vir mekaar

ONS BID VIR:

Marius Yssel is by die Glynwood hospitaal opgeneem

vir toetse. DANKBAARHEID:

Julie en Adrie Goede se dogter, Julia O’Connner was

die afgelope week in die hospitaal in Nelspruit vir hart-

toetse. Ons is dankbaar saam met hulle dat sy

ontslaan is, en dat hulle haar op die plaas kan help

terwyl sy aansterk.

GELUKWENSINGS:

Huweliksherdenkings:

Braam & Donsie Krüger ( 3 Feb.)

Jaap & Dorene Smit ( 2 Feb.)

Lize Marie Steuber se seuntjie, Elija, is Vrydag 3

Februarie gebore. Baie geluk.

LEEF JOU GAWES UIT IN DIE GEMEENTE

Is jy musikaal en wil jou gawes in die gemeente uitoefen?

Die SLAK diensgroep is dringend opsoek na musikante

en/of voorsangers. Oefeninge vind elke Donderdagaand

19:00 tot 21:00 plaas as voorbereiding vir die komende

Sondag se diens. Die diensgroep beoog om twee verskil-

lende groepe te vorm, sou hulle genoeg belangstellende

vind, wat sal beteken dat die groepe kan beurte maak

met die Lof-en aanbiddingsdienste.

Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om jou musiektalent

te ontwikkel en selfvertroue te bou.

As jy belangstel om te dien in die diensgroep, of navrae

het kontak asb. Melani van Dyk ☎ 072 592 8866.

Page 2: 5 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende ... · Jaap & Dorene Smit ( 2 Feb.) Lize Marie Steuber se seuntjie, Elija, is Vrydag 3 Februarie gebore. Baie geluk

2

2

VERJAARSDAE

5 - 11 Februarie 2017

Baie geluk en mag ons Vader julle ryklik seën in die

nuwe lewensjaar!

DAG NAAM ☎

5/02 Baba Lötter ** 011 747 7609

6/02 Aliana Boshoff Judylize de Lange Rinette Ligthelm

083 551 3470 082 923 9749 072 840 5662

7/02 Carl Herbst Carmen van der Merwe Kevin Watt #

079 875 8239 082 555 8655

8/02 Thys Blignaut 082 292 9780

10/02 Patrick Katz 072 140 0035

10/02 Tienie Tait Ben van der Walt

083 617 5837 082 856 2622

(# doop-l) (* 70 ≤ 79) (** 80 ≤ 89) (*** 90≤ )

DAGBOEK VIR VIR DIE WEEK

DAG AKTIWITEIT KONTAK PERSOON LOKAAL

So. 5/02 08:00 - 09:00

09:00

Na oggenddiens

18:00

Gebedsuur Donsie Krüger

Peutersorg (2-4 jariges) Anneke Salomons

Katkisasie (gr 1-8) Adri van Tonder

Katkisasie ( gr 9-11) Adri van Tonder

Ou Moederskamer

Kerkhuis - kleuterkamer

Onderskeie lokale

Onderskeie lokale

Ma. 6/02 09:30 Bybelstudie Rynpark 5 Adrie Goede Rynpark 5

Di. 7/02 09:00 Koördineringsvergadering Ronel Ritchie Konsistorie

Vr. 10/02 09:00 Bybelstudie Braam Krüger Konsistorie

Wo. 8/02 19:00 Kerkraadsvergadering Harry Salomons Konsistorie

VOORUITSIGTE

8 Feb

15 Feb

17 Feb

19 Feb

26 Feb

Kerkraadsvergadering

PALMS byeenkoms

Jeugaksie

Nagmaal & nagmaalsete

Massa Lof-en aanbiddingsdiens

GEMEENTEKAMP.

31 MAART – 2 APRIL

Kom kamp weer lekker saam van 31 Maart tot 2 April

2017 by Malonjeni Game Farm tussen Heidelberg en

Meyerton, waar jy jou battery kan herlaai en jou vreugde

kan terugvind.

Daar is 180 karavaan-staanplekke en ‘n verskeindenheid

chaletsbeskikbaar. Daar is ook ‘n swembad, tafeltennis,

‘n plaaswerf en stap- & fietsry paadjies.

Ons gaan Sondag ‘n erediens in die kerkie hou.

Besprekings kan direk by Malonjeni ☎ 082 309 8075 ,

of ☎ 016 424 5932 gemaak word,

Of per epos [email protected] .

Verwysing: Naam en GK Benoni

Vir meer inligting oor Malonjeni Lodge gaan kyk gerus

op hulle webwerf.

Navrae: Derik van Niekerk ☎ 063 354 9731

Page 3: 5 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende ... · Jaap & Dorene Smit ( 2 Feb.) Lize Marie Steuber se seuntjie, Elija, is Vrydag 3 Februarie gebore. Baie geluk

3

3

BID SAAM MET ONS VIR ‘N JEUGWERKER

Die kerkraad het einde laasjaar ‘n besluit geneem dat ons weer ‘n voltydse jeugwerker in ons gemeente wil aanstel. Die

besluit is geneem op grond van die beginsel in die Bybel om die kinders van kleins af op te onderrig en te laat onderrig in

die Woord van God. Dit moet egter op so manier gedoen word, dat dit tred hou met die hedendaagse post-modernistiese

tyd en styl waarin ons en ons kinders leef. Jeugbediening is ‘n integrale deel van elke gemeente se

kernwerk. Dit is nie iets wat net somtyds langs die kantlyn aandag moet kry nie. Die jeug is reeds vandag se kerk.

Daarom het ons ‘n voltydse jong persoon met die nodige gawes nodig!

Die Here roep ons as hele gemeente hiermee op om:

- Eienaarskap te neem vir ons eie kinders en jongmense. Of u ‘n ouer is of nie. Hierdie is ons kernsaak en moet ons

alles in ons vermoë doen dat ons die Here se oproep aan ons hieroor kan nakom.

- Tot voortdurende langtermyn gebedstrategie dat die Here die persoon wat Hy wil, na ons toe sal stuur om ons in

hierdie roeping voorspoedig te maak.

- Dat elkeen met die nodige gawes, wat reeds in ons

gemeente is, hul gawes gewillig en met vreugde sal aanwend,sodat ons in praktyk kan oorgaan tot die spoedige

aanstelling van ‘n gepasde person vir hierdie pos.

Page 4: 5 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende ... · Jaap & Dorene Smit ( 2 Feb.) Lize Marie Steuber se seuntjie, Elija, is Vrydag 3 Februarie gebore. Baie geluk

4

4

WERK GESOEK:

Vir enige administratiewe werk, bv. Liassering, tikwerk

ens. wat ek van die huis af kan doen, kontak my asseblief.

Ek het ook internet fasiliteite, sou dit nodig wees om per e-

pos te kommunikeer.

My kontakbesonderhede is ☎ 076 890 7430. E-pos

adres: [email protected].

Baie dankie, en geseënde week, Nerine Oosthuizen

ADVERTENSIES

UITNODIGING Boksburg en Boksburg-Suid nooi jou uit na

SUSTERSAAMTREK 2017

Datum: 11 Maart 2017

Tyd: Registrasie vanaf 07:30

Plek: Birchwood Konferensie Sentrum

14 View Point, Boksburg

Tel: 011 897 0000

Koste: R150 per person

Betaling: C de Beer

ABSA Spaar Rekening no. 93220568

R.S.V.P: Voor Dinsdag, 7 Februarie 2017

Lallie: [email protected]

082 921 5951

SPREKER & KUNSTENAAR:

Annalise Wiid

Gee asb jou naam by Ina Bolt ☎ 084 339 1136 of

Donsie Krüger ☎ 084 627 2393 op as jy wil saamgaan.

BESTUURDER – RESIDENTIA WATERBERG

MODIMOLLE

Die Direksie van Residentia, wat binne ‘n bejaardesorg omgewing funksioneer, nooi hiermee toepaslike gekwalifiseerde/ervare persone om aansoek te doen vir die pos.

Residentia bied ʼn onderhandelbare vergoedingspakket wat maatskappyvoordele insluit.

Stuur u CV vir aandag Dianri Pretorius na die volgende e-pos adres: [email protected], en dui in u aansoek aan vir watter pos u aansoek doen.

Die sluitingsdatum is 28 Februarie 2017. (Indien u nie binne 30 dae na sluiting ʼn antwoord ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Residentia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling in die pos, soos geadverteer, te maak nie.

Volledige posbeskrywing is op die kennisgewingsbord .

Page 5: 5 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende ... · Jaap & Dorene Smit ( 2 Feb.) Lize Marie Steuber se seuntjie, Elija, is Vrydag 3 Februarie gebore. Baie geluk

5

5

VAKATURES BY PKK REDDERSBURG: UITVOERENDE HOOF en HOOF: VERSORGINGSDIENSTE (Egpaar)

President Kruger Kinderhuis Reddersburg is ‘n kinderhuis wat residensiële versorging en behandeling aan kinders verskaf deur te

voorsien in fisiese, maatskaplike, emosionele en psigologiese behoeftes en funksioneer onder toesig van die Gereformeerde Kerke van

SA.

Meelewende lidmate van Gereformeerde Kerke word genooi om aansoek te doen.

UITVOERENDE HOOF HOOF: VERSORGINGSDIENSTE

Verantwoordelikhede Beplanning en bestuur van die aktiwiteite van die

kinderhuis. Begelei kinders tov emosionele en skolastiese behoeftes. Dissipline en gedragsbestuur. Skakeling met Sinodale Deputate vir Diakonale Sake

(SDDS) en Gemeentes. Skakel met skole, Staatsdepartemente en ander rolspelers. Personeelbestuur. Stel begrotings op en pas beheer toe. Finansiële beplanning. Toesig oor alle bates, voorraad en instandhouding.

Verantwoordelikhede Koördineer versorging en ondersteuning aan kinders Begelei kinders tov emosionele en skolastiese behoeftes Mediese versorging: Afsprake, kontrole oor toediening en

rekordhouding van medikasie, reël gesondheidsvoorligting programme. Koördineer skoolvoorbereiding en studieroosters. Gee leiding en ondersteun versorgingspersoneel Kontrole: voedselvoorsiening , aankope en verbruikbare

voorraad. Ontvang besoekers en reël funksies.

Vereistes:

Meelewende lidmaat van ‘n Gereformeerde Kerk

Akademies: Gegradueer.

Ervaring: Onderwys, jeugbediening of teologiese ervaring.

Vereistes:

Meelewende lidmaat van ‘n Gereformeerde Kerk

Akademies: Gegradueer

Ervaring: Onderwys, verpleeg of maatskaplike ervaring.

Ander bevoegdheidsvereistes / aanbevelings: Goeie kommunikasievaardighede Moet ‘n multi-disiplinêre span kan lei Goeie skakelvermoë Finansiële bestuur Goeie organisasievermoë Vaardighede in probleemoplossing / Konflikhantering Deernis en begrip vir kinders uit moeilike omstandighede.

Ander bevoegdheidsvereistes / aanbevelings: Goeie kommunikasievaardighede Goeie skakelvermoë Goeie organisasievermoë Kennis van voedseldiens bestuur Deernis en begrip vir kinders uit moeilike omstandighede.

NAVRAE: Mnr Izak Fourie

SLUITINGSDATUM: 15 Februarie 2017

DIENSAANVAARDING: 1 Julie 2017

VOORDELE: Ruim behuising op kinderhuisterrein & Gesubsideerde Pensioenskema

OM AANSOEK TE DOEN: Faks ‘n volledige CV na 051 553 0083 of e-pos: [email protected]

Page 6: 5 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende ... · Jaap & Dorene Smit ( 2 Feb.) Lize Marie Steuber se seuntjie, Elija, is Vrydag 3 Februarie gebore. Baie geluk

6

6

BEPLANDE WETGEWING BEDREIG GODSDIENSVRYHEID

Cassie Aucamp

Twee stukke wetgewing in die pyplyn het 'n gefladder in die kerklike duiwehok teweeg gebring, en kan 'n ernstige

bedreiging vir godsdiensvryheid inhou.

· Die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak is reeds in

die parlementêre proses. Voorleggings daaroor kon tot die einde van Januarie aan die Porte-

feuljekomitee Justisie van die parlement gemaak word.

· Die beoogde wet oor die Kommersialisering van Godsdiens is op die tafel van die CRL Kommissie

('n Artikel 9 Kommissie vir die Beskermig en Bevordering van die Regte van Taal-, Kultuur- en

Godsdiensgemeenskappe). Voorleggings kan aan die kommissie gerig word tot einde Februarie..

Die GKSA het saamgewerk met die NG en NH Kerke om onder die vaandel van die Tussen-Kerklike Raad dee-

glike skriftelike voorleggings oor albei te maak. Ons hoop om ook die geleentheid tot mondelinge voorleggings te

kan kry. In hierdie artikel berig ek oor Die Wetsontwerp op Haatsmisdade en Haatspraak. 'n Volgende artikel

sal handel oor die beoogde wetgewing oor die Kommersialisering van Godsdiens.

Agtergrond

Die minister van Justisie, Michael Masutha, het op 24 Oktober 2016 die beoogde wetgewing aangekondig met as

motivering: "Die onlangse rassitiese uitsprake en baie ander voorvalle van ernstige misdade wat gepleeg is onder

die invloed van rassehaat, ten spyte van ons pogings oor die afgelope twee dekades om ons nuwe nasie te

bou...het verdere maatreëls genoodsaak om hierdie euwel, wat 'n oorblyfsel is van ons ongewenste

apartheidsverlede, uit te roei. " (Vertaling CA)

Art. 9(3) van die Akte van Regte, hoofstuk 2 van die Grondwet, stipuleer 'n aantal "verbode gronde" vir diskrimi-

nasie, onder andere: ras, geslag, kleur, godsdiens, geloof, taal, seksuele oriëntasie en gestremdheid. Hoewel die

sogenaamde Gelykheidswet, Wet 4 van 2000, en verskeie ander wette volledig handel oor diskriminasie en

haatspraak op grond van die "verbode gronde", het die regering dit goed geag om hierdie addisionele stuk

wetgewing te loods wat haatspraak en haatmisdade verder kriminaliseer.

Inhoud

Haatsmisdade word omskryf as 'n oortreding van enige ander wet wat gemotiveer is deur 'n persoon se

vooroordeel of onverdraagsaamheid teenoor die slagoffer op grond van die "verbode gronde' soos ras of geslag of

seksuele oriëntasie, ens.,soos hierbo omskryf. Indien vasgestel kan word dat die betrokke oortreding gemotiveer is

deur sodanige vooroordeel of onverdraagsaamheid, sal dit by vonnisoplegging as verswarende omstandighede

verreken word.

Haatspraak word omskryf as wanneer iemand deur enige vorm van kommunikasie, in sy wydste vorm, haat tee-

noor enige persoon of groep op grond van die "verbode gronde' aanhits OF beledigend, minagtend of verklei-

nerend teenoor so 'n persoon of groep is. Eerste oortreders kan benewens 'n boete tronkstraf van drie jaar opgelê

word, en tweede oortreders tot tien jaar.

Ons beoordeling:

· Die beoogde wetgewing is oorbodig aangesien bestaande wetgewing en veral die Gelykheidswet

hierdie oortredings reeds sorgvuldig aanspreek.

Page 7: 5 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende ... · Jaap & Dorene Smit ( 2 Feb.) Lize Marie Steuber se seuntjie, Elija, is Vrydag 3 Februarie gebore. Baie geluk

7

7

· Die wetgewing oor haatmisdade wil nie die oortreding self nie, maar die innerlike motivering van die

oortreding kriminaliseer. Dis bekend dat die doel of oogmerk van 'n oortreding deur 'n hof bepaal kan

word, bv opset, dolus eventualis ens. Om egter die motivering van 'n misdaad vas te stel is ongekend,

uiters subjektief, moelik meetbaar en kan tot groot heksejagtery lei. Die "onder die invloed van rassehaat"

waarvan die minister praat kan nie soos in die geval van dronkbestuur met die blaas-in-die-pypie vasges-

tel word nie.

· Die hart en gesindheid van mense kan nie deur wetgewing gereguleer word nie, maar slegs deur die skep

van 'n lewenskultuur en die Bybelse ingesteldheid van liefde en respek.

· Dit is ons oortuiging dat hierdie beoogde wetgewing en die remedies wat dit voorskryf verhoudinge in ons

gediversifiseerde samelewing gaan vertroebel en selfs tot hoogspanning kan bring.

· Hoewel artikel 15 van die Akte van regte van ons Grondwet Godsdiensvryheid waarborg, word dit deur die

beoogde wetgewing oor haatspraak ernstig in gedrang gebring. Die verkondiging van Jesus Christus as

enigste Verlosser, teenoor die futiliteit en doodlooptrate van ander godsdienste, kan heel gou as

"beledigend of verkleinerend" teenoor sodanige groep beskou word. Die oproep tot bekering weg van die

afgode tot die enigste ware God kan maklik as haatspraak teenoor ander gekriminaliseer word.

· Anders as die Gelykheidswet van 2000, bied hierdie Wetsontwerp geen ruimte vir billike differensiasie op

grond van 'n instelling se duidelik-omskryfde oortuigings en belydenis nie. Godsdienstige lering, prediking

en ordereëlings wat enigsins betrekking het op geslag, seksuele oriëntasie, huwelik en moraliteit kan as

vooroordeel en onverdraagsaamheid tot misdaad verklaar word.

In die woorde van Prof Marinus Wiechers, een van ons deputate: Hierdie is ‘n teksboekvoorbeeld van oënskynlik

goeie bedoelings, maar ons weet na watter plek sulke hoogheilige bedoelings heen lei... .. Outoritêre en diktatoriale

regimes begin altyd om vryhede in te kort, veral vryheid van spraak, mening en propaganda. Gaan kyk maar na die

Nazi-regime en fascisme, Kommunisme. Oënskynlik met die mooiste bedoelings.

Die GKSA gaan, in samewerking met die ander twee kerke in die TKR, hierdie wetgewing ten sterkste teenstaan.

Daarmee saam doen ons 'n beroep op al ons kerke en lidmate om die euwel van rasse-of groepshaat onder alle ge-

m e e n s k a p p e

m e t d i e

b e v r y d e n d e

boodskap van

die evangelie

van Jesus

C h r i s t u s

te bestry.

Meneer, jy is onder die

invloed van...rassehaat

Page 8: 5 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende ... · Jaap & Dorene Smit ( 2 Feb.) Lize Marie Steuber se seuntjie, Elija, is Vrydag 3 Februarie gebore. Baie geluk

8

8

Vir ‘n gemeente om finansieel te oorleef en al die uitgawes te kan dek, maak ons hoofsaaklik staat op vrywillige finansiële skenkings/ Donasies/ Dankoffers/ Liefdegawes/ Bydraes.

GK BENONI BANKBESONDERHEDE: BANK : ABSA TJEK REK : 220 340 333 VERWYSING : Volle Naam, Van & Doel Of SNAPSCAN:

Barmhartigheid

KOLLEKTES

29 Jan 2017 - DVB : R 8504 Jeugfonds : R 325 TSP Bibfonds : R 2889 Vandag: Onder die diens: DVB By die deure: Bybelverspreiding Volgende week: Dankbaarheidsfonds

Deur kollekte

GK-BENONI KERKKANTOOR URE:

Ma - Wo en Vrydae 09:00 –14:00 Ina Bolt

084 339 1136 / 011 849 2054

Donderdae 09:00 –13:00 Ronel Ritchie 081 218 3048

DIENSBEURTE

TEESKINK:

Vandag: Wyk D19 olv. Henco Smit

12 Februarie : Wyk A3 olv Ronel Ritchie

OUDERLING AAN DIENS:

Vandag: Gerrie Kriek

12 Februarie : Hennie Coetzer

SOEK DIE ANTWOORD EN BYBELVERS

NUWE LIDMAAT/E

Elke termyn word daar ‘n “nuwe lidmaat funksie” gehou waar

nuwe lidmate uitgenooi word na ‘n aand van koinonia en om

inligting te bekom oor die struktuur & bedieninge van ons

gemeente. Die volgende geleentheid sal DV 2 Maart om

18:00 plaasvind.

Kontak gerus Ina Bolt ☎ 084 339 1136 vir meer inligting.

Verlede keer 29 Januarie 2017 se antwoord: 1 kronieke 10: 2 Sien ook 1 Sam 31:2

“ Toe het die Filistyne op Saul en sy seuns toegesak. Hulle het Saul en sy seuns Abinadab, Jonathan en Malkisua

neergevel. “

Die volgende bybellesers het korrekte antwoorde ingestuur

Giel de Bruyn; Jan Lubbe; Jana Alberts; Una Steyn; Martie Gibson; Chrissie Pretorius; Klein de Kock; Judy Geyling en

Jan Bakker

Hierdie week: Soek die Bybelvers

“ Daarom, sodat ek nie ?????????? sou wees nie, is daar vir my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n boodskapper van Satan

om my met vuiste te slaan”

Vraag: Wat is die rede wat die apostel Paulus aangee waarom aan hom ‘n doring in die vlees gegee is?

Lees gerus Korintiërs en noem waarom Paulus sê ‘n doring in die vlees gegee is en waar bostaande vers staan en SMS

dit met jou Naam en Van na 082 873 3173.