21 oktober 2018 koninkrykstyd - gee is · by die paarl skool. dit sluit kinders met serebrale,...

8
Bergsig Boodskap 21 Oktober 2018 21 Okt: Biddag Gesond- heidsdienste 26 Okt: Rib & Tjips Ge- meentekuier 28 Okt: Nagmaal & Hervormingsfees 2 Nov: Charge 4 Nov: Doop 11 Nov: Preekreeks: Advent Sowat 320 neurongestremde kinders gaan skool in Brackenfell by die Paarl Skool. Dit sluit kinders met serebrale, fisiese en leer- afwykings, outistiese kinders en kinders wat in motorongelukke beseer is, in. Gemeentes se onder- steuning help die spraak-, arbeids- en fisio-terapeute, sielkundiges, verpleegsters en onderwysers. KONINKRYKSTYD - Gee is goed 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Johan Els Glow Kidz diens (Saal) Poppekas 18:00 @6 Diens Arno Mattheus Deuroffer: Biblia/Hawesending 28 Oktober 2018, Nagmaal HERVORMINGSFEES 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Schalk van Wyk 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Johan Els Glow Kidz diens (Saal) Carli Venter 18:00 @6 Diens Arno Mattheus Deuroffer: Paarlskool 21 Oktober 2018, Preekreeks: Koninkrykstyd Ons Koninkrykstyd preekreeks strek oor drie weke. Die eerste tema het gehandel oor: Minder is meer. Om vrywillig minder te hê/vergader SODAT ons meer het om vir ander te gee en te sorg. Iets om te oordink. Die opvolgtema die week is: Tema: Gee is Goed Handelinge 20:35 Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak n mens gelukkiger as om te ontvang.Strekking van die preek: It is more blessed to give than to receive and we will lead the way with irrational generosity. Giving pleases the heart of God. When our finances allow us to be free, they allow us to give freely. No matter which end youre on, giving is good. Taking action on your generosity doesnt have to be a chore—it can be something you cant wait to do!Die laaste tema is op 28 Oktober met ds. Johan Els - Tema: Môre maak saak Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op aarde vind? Lukas 18:8 Wanneer ons ernstig is oor hoe ons leef as een van God se Koninkryk- bestuurders val die klem daarop om: ons lewe, tyd, talente, vermoëns, besittings, finansies en die verkondiging van die Evangelie verantwoordelik te bestuur. Dis nie n roekelose leefstyl nie, maar een waar môre nog saak maak. Ons neem die reeks van Graig Groeschel in ag wat fokus op HOE ons die verandering maak sodat ons finansies nie alles oorheersend is nie, maar daar ruimte is om asem te haal omdat môre saak maak. Jy kan die volledige preekreeks kry by die volgende skakel: https://open.life.church/ resources/2749-making- change? search_id=12435311 As jy nie die reeks kan oopmaak nie, registreer net vinnig op die webwerf, dis gratis. Party is ryk omdat hulle nié gee nie, ander is ryk juis omdat hulle gee. Dit is nie dié wat baie het, wat waarlik ryk is nie, maar hulle wat baie gee. Erich Fromm 26 Oktober 18:00 R120 Volwassenes R60 Hamburgers / Kinders Kaartjies kerkkantoor Ilse Fritz [email protected]

Upload: others

Post on 19-Oct-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 21 Oktober 2018 KONINKRYKSTYD - Gee is · by die Paarl Skool. Dit sluit kinders met serebrale, fisiese en leer-afwykings, outistiese kinders en kinders wat in motorongelukke beseer

Bergsig Boodskap 21 Oktober 2018

21 Okt: Biddag Gesond-

heidsdienste

26 Okt: Rib & Tjips Ge-

meentekuier

28 Okt: Nagmaal &

Hervormingsfees

2 Nov: Charge

4 Nov: Doop

11 Nov: Preekreeks: Advent

Sowat 320 neurongestremde

kinders gaan skool in Brackenfell

by die Paarl Skool. Dit sluit kinders

met serebrale, fisiese en leer-

afwykings, outistiese kinders en

kinders wat in motorongelukke

beseer is, in. Gemeentes se onder-

steuning help die spraak-, arbeids-

en fisio-terapeute, sielkundiges,

verpleegsters en onderwysers.

KONINKRYKSTYD - Gee is goed

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els

10:00 Informele diens

Ouditorium

Ds. Johan Els

Glow Kidz diens (Saal)

Poppekas

18:00 @6 Diens

Arno Mattheus

Deuroffer: Biblia/Hawesending

28 Oktober 2018, Nagmaal HERVORMINGSFEES

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Schalk van Wyk

10:00 Informele diens

Ouditorium

Ds. Johan Els

Glow Kidz diens (Saal)

Carli Venter

18:00 @6 Diens

Arno Mattheus

Deuroffer: Paarlskool

21 Oktober 2018, Preekreeks: Koninkrykstyd

Ons Koninkrykstyd preekreeks strek oor drie weke. Die eerste tema het gehandel oor: Minder is meer. Om vrywillig minder te hê/vergader SODAT ons meer het om vir ander te gee en te sorg. Iets om te oordink. Die opvolgtema die week is: Tema: Gee is Goed Handelinge 20:35 “Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang.” Strekking van die preek: “It is more blessed to give than to receive and we will lead the way with irrational generosity. Giving pleases the heart of God. When our finances allow us to be free, they allow us to give freely. No matter which end you’re on, giving is good. Taking action on your generosity doesn’t have to be a chore—it can be something you can’t wait to do!” Die laaste tema is op 28 Oktober met ds.

Johan Els - Tema: Môre maak saak “Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op aarde vind? Lukas 18:8 Wanneer ons ernstig is oor hoe ons leef as een van God se Koninkryk-bestuurders val die klem daarop om: ons lewe, tyd, talente, vermoëns, besittings, finansies en die verkondiging van die Evangelie verantwoordelik te bestuur. Dis nie ‘n roekelose leefstyl nie, maar een waar môre nog saak maak. Ons neem die reeks van Graig Groeschel in ag wat fokus op HOE ons die verandering maak sodat ons finansies nie alles

oorheersend is nie, maar daar ruimte is om asem te haal omdat môre saak maak. Jy kan die volledige preekreeks kry by die volgende skakel: https://open.life.church/resources/2749-making-change?search_id=12435311 As jy nie die reeks kan oopmaak nie, registreer net vinnig op die webwerf, dis gratis. Party is ryk omdat hulle nié gee nie, ander is ryk juis omdat hulle gee. Dit is nie dié wat baie het, wat waarlik ryk is nie, maar hulle wat baie gee. Erich Fromm

26 Oktober

18:00

R120 Volwassenes

R60 Hamburgers /

Kinders

Kaartjies kerkkantoor

Ilse Fritz

[email protected]

Page 2: 21 Oktober 2018 KONINKRYKSTYD - Gee is · by die Paarl Skool. Dit sluit kinders met serebrale, fisiese en leer-afwykings, outistiese kinders en kinders wat in motorongelukke beseer

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke

wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

www.bergsigdv.co.za

KOEPONS:

Koop gerus van die koepons om vir straatpersone te gee. Een koepon kos R5 en ’n boekie kos R50. U kan dit in u motor hou, en uitdeel soos persone u nader vir geld. Alle wins wat gemaak word met die boekies, word weer teruggeploeg in die dienslewering aan ons eie mense op straat. Koop gerus u boekie by Bergsig kerkkantoor, Aurora Spar, by die Green Grocer of ook Sondae by die A-Koord tafel.

Die sopkombuistrokkie is 100% funksioneel vanaf die week Ma-Vry by die Morningstar rugbyklub oorkant die kliniek.

ATTIE VAN WYK SKOOL Ons bid en glo dat die Here dit alreeds op 2 per-sone se harte gelê het om die liefde van God met die kinders by Attie van Wyk se Graad R en 4 klassies te kom deel. Indien jy voel dat dit jy is wil jy my nie asseblief kontak op 083 235 1400 of [email protected] nie. Baie dankie dat jy saam met ons bid vir arbeiders in God se koningkryk.

SPES BONA GELOOFSGEMEENSKAP Ons beplan n huismarkie op Spes Bona die 26ste Okt-ober as fondsinsameling vir ons jaarlikse Kersete wat op 9 Desember gaan plaasvind. As daar enige iets groot of klein in jou huis is wat jy nie meer gebruik nie en vir ons sal skenk sal dit n groot ver-skil maak in ons bediening. Baie dankie dat jy ook vir ons bid terwyl jy die boodskap lees Alles wat julle dink ons sal kan gebruik en nog in goeie werkende toestand is kan voor of op 25 Oktober by die

kerk afgelewer word. Merk dit asb duidelik aan Spes Bona of kontak my by [email protected] of 083 235 1400 dat ek dit kan kom afhaal!

Page 3: 21 Oktober 2018 KONINKRYKSTYD - Gee is · by die Paarl Skool. Dit sluit kinders met serebrale, fisiese en leer-afwykings, outistiese kinders en kinders wat in motorongelukke beseer

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

Bel ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]

Hulp en Hoop/Sopkombuis: Vriende, soos julle bewus is, is ons gemeente betrokke

by Durbanville-sopkombuis.

Hoe sal jy optree indien jy deur ’n hawelose persoon

genader word by die kerk of op straat?

Indien die persoon na alkohol ruik en “lastig” raak, kyk

hom/haar in die oë en wees ferm in jou optrede.

Sorg dat jy veilig is.

Hou die SAPD/Sekuriteitsmaatskappy se nommer op

jou selfoon en sê vir die persoon dat indien hy/sy nie

na jou luister nie, gaan jy die spesifieke nommer

skakel.

Moenie beloftes maak namens ander instansies of die

kerk nie.

MOET ASB NIE KONTANT AAN DIE PERSONE GEE

NIE.

Moenie die persoon konfronteer en ’n redenasie

aanknoop, bv. Jy stink na drank…nie….dit ontlok

aggressie. (Doen dit indien jy weet hoe om so ’n

gesprek te hanteer).

VERTEL EERDER AAN HULLE:

Daar is elke dag van die week ’n sopkombuistrokkie by

die Morningstar rugbyklub oorkant die klinkiek. Daar kan

hulle óf 8:00 in die oggend die werkswinkel bywoon en

dan gratis eet, of hulle kan eet met ’n etekaartjie (wat jy

by die kerk kan koop teen R50 ’n boekie) óf hul kan R5

betaal. Hulle kan die maatskaplike werker daar sien

en dan verder gehelp word.

Indien jy meer oor hierdie projek wil weet, kontak asb.

vir Annamaré by [email protected]. Sy is ook

beskikbaar om met kleingroepe te kom gesels hieroor.

05:45 Vrydagoggende

Luister ook na getuienisse by www.tgifcape.co.za

Page 4: 21 Oktober 2018 KONINKRYKSTYD - Gee is · by die Paarl Skool. Dit sluit kinders met serebrale, fisiese en leer-afwykings, outistiese kinders en kinders wat in motorongelukke beseer

HET JY ’n PREEK GEMIS?

Ons poog om alle preke op die web beskikbaar

te stel vir lidmate om te luister. Met groot

uitsondering ondervind ons soms tegniese

probleme en is dit nie moontlik nie. Gaan

luister gerus by www.bergsigdv.co.za by die

skakel MEDIA/preke.

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

ISRAEL-TOER 2019 Ons is baie opgewonde om jou te nooi na Bergsig se

Israeltoer van 16 – 25 Maart 2019 gelei deur Ds Johan Els en Pastoor Rykie Steyn van Menorah Toere.

Ons gaan dit aanpak as ’n Geestelike Pelgrimstog en jy kry ‘n geleentheid om die plekke te sien waarvan ons

elke dag in die Bybel lees.

Die koste is R 33 100 (bereken op $1 = R15) en ’n deposito van R 3 000 is betaalbaar om jou plek te

verseker. Opskud, uit die 30 plekke is daar nog net 10 oor. Kontak gerus vir Ds Johan Els by 084 672 0626 of

Esther Goosen by 076 183 4568 of [email protected] vir toerinligting.

Navrae: Leon Grobler 0846101739

Liewe Seniorlidmaat, al is dit vir ons onmoontlik om by elkeen persoonlik besoek af te lê wil ons tog saam met jul tyd spandeer.

Dit is tyd vir ons 2de Huisbesoek-kuiertee, dit vind plaas op Donderdag,1 November 2018, by NGK Bergsig om 9:30.

By die geleentheid verwelkom ons alle seniors wat ge-bore is in die jare 1938(80 jaar) tot 1942(76 jaar). Indien jul kan saamkuier kan jul asb. die kerkkantoor laat weet voor of op 29 Oktober 2018. Onthou: indien jou gade nie in die ouderdomsgroep val nie is BEIDE BAIE WEL-KOM.

Durbanville / Bergsig Senior Groep

Ons maandelikse vergadering vind plaas op:

Donderdag: 25 Okt 2018

Tyd: 9:30

Plek: Bergsig

Tema: Sang en Musiek

Lede word herinner dat hul R130 per lid vir ons populêre

kersete by Eensgezind op 29 Nov 2018 by bogenoemde

geleentheid betaalbaar is.

SENIOR-HUISBESOEK KUIERTEE

Page 5: 21 Oktober 2018 KONINKRYKSTYD - Gee is · by die Paarl Skool. Dit sluit kinders met serebrale, fisiese en leer-afwykings, outistiese kinders en kinders wat in motorongelukke beseer

Bladsy 5 Bergs ig Boodskap

Hou die datum oop! Dit is wanneer ons gemeente weer as ’n span saamwerk by die

Durbanville Plaasfees.

AANDAG ALLE BESIGHEDE:

Indien jy graag in die Ekspo-laan wil uitstal kontak vir Jana Louw by 082 222 7347 om jou

plek VROEGTYDIG te bespreek of [email protected]

Koninkrykstyd-insameling tot Feb. 2019

Die gee van DANKOFFERS is 'n …

BELYDENISDAAD Wie sy dankoffers gee, erken die heerskappy van God oor sy ganse lewe.

AANBIDDINGSHANDELING Ons gee ons dankoffers as ’n daad van dankbaarheid.

2 Kor 8:5 "… eers het hulle hulleself aan dié Here gegee …"

Ps 54:8 "Dan sal ek offers aan U bring, selfs meer as wat U vra. Ek sal U Naam loof, Here, want U is goed."

Ons doelwit is R750,000. Hiermee word die kerk bedryf en is die kerk die boot met ’n kruis op wat uitgaan na die wêreld deur ons bedieninge soos jeug, kleingroepe, evangelisasie, gasvryheid, kom-munikasie ens.

Bid tot die Here oor helderheid vir jou bydrae.

Help ons om die mikpunt te bereik. R145 968

Page 6: 21 Oktober 2018 KONINKRYKSTYD - Gee is · by die Paarl Skool. Dit sluit kinders met serebrale, fisiese en leer-afwykings, outistiese kinders en kinders wat in motorongelukke beseer

Bladsy 6 Bergs ig Boodskap

Betroubare persoon beskikbaar vir dataverwerking.

Goeie rekenaar kennis. Het internet beskikbaar, so kan

aanlyn ook gedoen word.

Ek pas huise op wanneer u met vakansie of selfs vir ‘n

naweek weggaan. Versorg diere, en is beskikbaar vir

inslaap.

Ek doen shuttlle diens. Het ‘n geldige PDP lisensie.

Vervoer van passasiers na winkels of dokter, ens, asook

vervoer van goedere.

Kontak: Niel Kotze , Sel nommer: 0764008392

Epos Adres: [email protected]

Page 7: 21 Oktober 2018 KONINKRYKSTYD - Gee is · by die Paarl Skool. Dit sluit kinders met serebrale, fisiese en leer-afwykings, outistiese kinders en kinders wat in motorongelukke beseer

Bladsy 7 Bergs ig Boodskap

Hans Human het Donald en Lise ontmoet waar hulle geld ingesamel het vir Huis Masonic vir para- en kwadrupleë in Uitzicht in Durbanville. Hulle is inwoners in Huis Masonic. Lize is een van die eerste inwoners in Huis Masonic. Daar is 6 inwoners in die huis in Uitzicht en 24 uur versorgers. Die inkomste van die huis, wat tans deur die ses inwoners self bedryf word, beloop sowat R 30 000.00, terwyl die uitgawes bykans R 45 000.00 per maand beloop. Hul groot-ste uitgawe is egter die lone van die vier voltydse en drie tydelike versorgers. Al die inwoners het September kennis ontvang dat die huis gaan toemaak einde 2018 as gevolg van die finansiële verknorsing waarin die huis is.

Die inwoners is afhanklik van die versorgers. Hulle is ons hande en bene sê Lize. Donald en Lize het op mekaar ver-lief geraak en is al 2 en ‘n half jaar getroud. Donald kan 90% na homself omsien, maar Lize het ‘n voltydse versorger nodig. Hulle twee met ‘n versorger is op soek na ‘n plek om te huur wat rolstoel vriendelik is en op die grondvloer is as dit ‘n woonstel kompleks is. Hulle vereistes en voorkeure is as volg:

Grondvloer

Stort wat groot genoeg is sodat hulle kan inry met hulle rolstoele tot by hulle stortstoele. Veranderinge sal heel moontlik aangebring moet word.

Woonstel/huis moet oor tenminste 3 slaapkamers beskik. Die hoofslaapkamer moet redelik groot wees a.g.v. die rolstoele . Die versorger sal in een kamer inbly en die ander vertrek kan Lize gebruik as haar werksruimte. Sy is administratiewebeampte vir die maatskappy Cricky Cricket landswyd en hulle het ook nou begin met Cricky Netbal in Noordelike Voorstede en Overberg.

Donald werk in Kaapstad, te Kaapstad Toerisme, en ry elke oggend met sy eie motor wat omgebou is dat hy dit kan bestuur en Lize kan agter sit sonder om uit haar rystoel getel te word as hulle iewers heen wil ry.

Teels is beter as matte vir die rystoele en vir skoon maak.

Dit sal goed en veilig wees as die garage direkte toegang tot die huis/woonstel het.

Donald is baie lief vir braai en hy sal graag ‘n braaiplek wil hê.

Hulle het tussen hulle twee R 8 000.00 wat hulle kan betaal vir huur. Die volgende borge word dringend gesoek om vir Donald en Lize gemoedsrus te gee wat betref behuising vir 2019.

Indien ons verskillende borge vir bogenoemde kan kry per maand sal dit vir Donald en Lize in ‘n posisie plaas om vir hulle huur te kan betaal wat ons beraam ten minste R 16 000.00 per maand sal wees.

Ek kan julle verseker dit is twee fantastiese mense by wie ek al baie geleer het van die lewe. Hulle is diep gelowige mense en het Galasiërs 6 vers 2 by my opgekom dat ons mekaar se laste moet dra, vir mekaar moet omgee en dat ‘n christen nie alleen kan lewe nie. Ons het een of ander tyd mekaar nodig en ons het ‘n verantwoordelikheid om mekaar ook in nood te versorg.

Ons vra u om hierdie ‘n gebedssaak te maak en indien u betrokke wil raak kan u my kontak i.v.m die borge wat be-nodig word.

Baie dankie vir u aandag aan die belangrike saak en ons hoor graag van u. Versprei ook die versoek na u vriende asseblief. Hans Human 082 549 0518

DONALD EN LIZE PITT SE STORIE

Versorger en aflos R10 000

Petrol vir Donald se werk R3 500

Motorversekering R700

Donald se lewensversekering R900

Lize se lewensversekering R400

Medies R300

Lize se begrafnispolis R160

Kruideniersware R3500

Toiletware R1000

Water en ligte R3 500

Page 8: 21 Oktober 2018 KONINKRYKSTYD - Gee is · by die Paarl Skool. Dit sluit kinders met serebrale, fisiese en leer-afwykings, outistiese kinders en kinders wat in motorongelukke beseer

NG Kerk Durbanville-Bergsig

021 976 4106 • [email protected] • www.bergsigdv.co.za

Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers

Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550

Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551

Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00 Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.

Golden Games bederf vir seniors

Die Vlytige Vrydag Vroue is ‘n groep vroue wat al vir jare hul tyd GEE. Hierdie week het hulle weer die Golden

Games aangebied in Bergsig se saal vir die VGK seniors asook seniors uit Fisantekraal. Dit is altyd ‘n dag vol pret

en plesier vir die oues van dae. Daar word speletjies gespeel en die dag word met ‘n ete afgesluit. Ons is dankbaar

dat die dag jaarliks kan voortgaan en tot seën vir ander kan wees.