2020 - atkvkom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. by atkv-applous kry...

12
1 Saam sing ons in harmonie Kom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef. WIE KAN DEELNEEM? Laer- en hoërskoolkore kan aan ATKV-Applous deelneem. Die afdelings is soos volg: Laerskole Prestige Meriete: Afrikaans Meriete: nie-Afrikaans Junior kore: Afrikaans Junior kore: nie-Afrikaans Ope afdeling Nie-Mededingend Hoërskole Prestige: o Gemeng o Meisies o Seuns Meriete: Afrikaans o Gemeng o Meisies o Seuns Meriete: nie-Afrikaans o Gemeng o Meisies o Seuns Ope afdeling Nie-Mededingend 2020

Upload: others

Post on 27-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 2020 - ATKVKom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef

1

Saam sing ons in harmonie

Kom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef. WIE KAN DEELNEEM? Laer- en hoërskoolkore kan aan ATKV-Applous deelneem. Die afdelings is soos volg: Laerskole

• Prestige • Meriete: Afrikaans • Meriete: nie-Afrikaans • Junior kore: Afrikaans • Junior kore: nie-Afrikaans • Ope afdeling • Nie-Mededingend

Hoërskole

• Prestige: o Gemeng o Meisies o Seuns

• Meriete: Afrikaans o Gemeng o Meisies o Seuns

• Meriete: nie-Afrikaans o Gemeng o Meisies o Seuns

• Ope afdeling • Nie-Mededingend

2020

Page 2: 2020 - ATKVKom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef

2

INSKRYWINGSGELD o Die inskrywingsgeld vir hoërskole en senior kore (laerskool) is R700 (BTW ingesluit) per

koor. o Die inskrywingsgeld vir junior kore (laerskool) beloop R485 (BTW ingesluit) per koor. o ’n Bewys van betaling van die inskrywingsgeld moet die inskrywingsvorm vergesel.

BESONDERHEDE VIR INBETALINGS

Betaal asseblief die inskrywingsgeld in die volgende ATKV-rekening:

Rekeningnaam: ATKV Bank: Absa Randburg Tipe rekening: Tjekrekening Rekeningnommer: 017 016 67 28 Takkode: 632 005 Verwysing: Applous EN skool se naam (bv. Applous HS Natalia)

Faks of e-pos asseblief die inskrywingsvorm en ’n afskrif van die bewys van betaling aan die ATKV by 086 512 6569 of [email protected]. Indien u nie binne twee weke (vanaf die dag wat u die inskrywingsvorm gestuur het) bevestiging ontvang het nie, volg asseblief op.

KANSELLASIEBELEID

Inskrywingsgeld sal slegs terugbetaal in die volgende gevalle: • indien skriftelike kennis van onttrekking of kansellasie ten minste 30 dae voor die

aanvang van die eerste streeksfees deur die ATKV ontvang word • indien die geleentheid deur die ATKV gekanselleer word.

Sluitingsdatum vir inskrywings

Sluitingsdatum: Dinsdag 25 Februarie 2020 NAVRAE EN BESTEL VAN VOORGESKREWE WERKE

• Die voorgeskrewe werk sal teen die 20ste November op ATKV-Applous se blad op die ATKV-webwerf geplaas word. (https://atkv.org.za/neem-deel/skoleprojekte/applous/dokumente/)

• Jy kan ook ʼn e-pos na [email protected] stuur waarin jy spesifiseer watter kategorie se voorgeskrewe werke jy verlang. Ons sal dit dan vir jou aanstuur.

• Indien jy enige probleme ervaar, skakel gerus die volgende kontakpersone:

Bessie Keun 012 804 5397 of 082 454 6060 [email protected] René Zietsman 011 919 9094 [email protected]

Page 3: 2020 - ATKVKom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef

3

ATKV-Applous se kontakbesonderhede

Telefoonnommer: 011 919 9094 E-posadres: [email protected] Faksnommer: 086 512 6569 Webblad: https://atkv.org.za/neem-deel/skoleprojekte/applous/dokumente/

AARD VAN ATKV-APPLOUS

ATKV-Applous bestaan uit twee rondes:

1. Streeksfeeste 2. Finaal

Deelnemende kore is self verantwoordelik vir hul reis- en verblyfreëlings, sowel as die koste daaraan verbonde. BELANGRIKE DATUMS o Die streeksfeeste in Suid-Afrika begin op 4 Mei en eindig op 20 Mei. Die streeksfees in

Windhoek sal op 23 Mei plaasvind. Enige datums wat verander, asook addisionele streeksfeeste, sal op die webwerf aangedui word.

o Die finaal vind van 29 Julie tot 1 Augustus in die Kaapse Stadsaal plaas. Streeksfeeste:

Neem kennis dat die datums en venues van alle streeksfeeste onderhewig is aan moontlike verandering.

Page 4: 2020 - ATKVKom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef

4

o Streeksfeesdatums en -venues kan verander afhangende van die hoeveelheid inskrywings.

o Indien daar vyf of meer inskrywings van ’n sekere dorp ontvang word en daar op ’n gepaste datum ooreengekom kan word, kan daar onderhandel word om ’n addisionele streeksfees aan te bied.

o Indien daar minder as vyf inskrywings in ’n streek is (of as kore kanselleer nadat hulle ingeskryf het sodat daar dan minder as vyf kore is) kan die geskeduleerde streeksfees gekanselleer word, in welke geval die kore na ’n ander streeksfees verskuif sal word.

EVALUERING

Streeksfees

o Elke koor ontvang ’n evalueringsverslag van elke beoordelaar. Kore wat aan die streeksfees deelneem, ontvang ’n sertifikaat volgens prestasie (geen punte word bekend gemaak nie): • ATKV-Goud (80% – 100%) • ATKV-Silwer (70% – 79%) • ATKV-Brons (60% – 69%)

o Geen algehele wenners word aangewys nie. Elke streeksfees is ’n finaal in eie reg. o Twee tot vier afskrifte van die bladmusiek moet voor die begin van die streeksfees aan die

beoordelaars oorhandig word. (Daar moet vir al die afdelings bladmusiek ingegee word behalwe vir die afdeling tradisionele Afrikamusiek) Die streeksorganiseerder sal die aantal kopieë bevestig.

o Die bladmusiek moet netjies gebind en voorsien wees van ’n dekblad met die volgende inligting:

a) Naam van skool b) Afdeling waarin koor deelneem

c) Naam van koorleier en begeleier d) Koorprogram

o Die bladsye en mate van elke werk moet genommer wees.

Finaal

o Kore word net na die finaal uitgenooi indien hulle tydens streeksfeeste aan die verwagte standaard voldoen het.

o Kore moet asseblief kennis neem dat die klavier tydens die finaal aan die dirigent se regterkant staan. Die rede hiervoor is dat die klavier na die koor se kant oopgemaak kan word sodat die koor die begeleiding beter kan hoor en nie die gehoor nie.

Page 5: 2020 - ATKVKom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef

5

o Evaluering vind tydens die finaal plaas. Elke koor ontvang ’n sertifikaat volgens sy prestasie:

ATKV-Cum Laude (90% en hoër) ATKV-Goud (80% – 89%)

ATKV-Silwer (70% – 79%) ATKV-Brons (60% – 69%)

o Slegs die gemiddelde punt van die beoordelaarspaneel word bekend gemaak en nie elke beoordelaar se individuele punt nie.

o Die volgende toekennings word bykomend gedoen: Laerskole

• Meriete: Afrikaans en Meriete: nie-Afrikaans o Beste koor o Beste uitvoering van ’n voorgeskrewe werk o Beste uitvoering van ’n tradisionele Afrika-lied o Beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie

• Prestige:

o Beste koor o Beste uitvoering van ’n voorgeskrewe werk o Beste uitvoering van ’n tradisionele Afrika-lied o Beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie

• Ope afdeling: Beste uitvoering van ʼn program in die Ope afdeling.

Hoërskole

• Meriete: Afrikaans en Meriete: nie-Afrikaans-afdeling o Beste seuns-, meisies- en gemengde kore o Beste uitvoering van ’n voorgeskrewe werk o Beste uitvoering van ’n tradisionele Afrika-lied o Beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie

• Prestige-afdeling

o Beste seuns-, meisies- en gemengde kore o Beste uitvoering van ’n voorgeskrewe werk o Beste uitvoering van ’n tradisionele Afrika-lied o Beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie

• Ope afdeling: Beste uitvoering van ʼn program in die Ope afdeling.

o ’n Koor van internasionale standaard ontvang ATKV-Cum Laude (90% en hoër). Indien

meer as een koor 90% en meer behaal, word ’n ATKV-Cum Laude aan al daardie kore toegeken.

o In die hoërskoolafdelings sal die beste seunskoor, meisieskoor en gemengde koor aangewys word en geen algehele wenner sal bekend gemaak word nie. Die persentasies sal wel bekend gemaak word.

o Wenners word net aangewys indien kore minstens 80% behaal.

Page 6: 2020 - ATKVKom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef

6

KOORPROGRAM EN VOORGESKREWE WERKE

Die volgende moet gesing word:

Meriete: Afrikaans en Meriete: nie-Afrikaans 1. Voorgeskrewe werk (sien lys). Die voorgeskrewe werk vir Meriete: Gemeng kan as

SAB (met begeleiding) of SATB (sonder begeleiding) uitgevoer word.

2. ’n Afrikaanse koorwerk van eie keuse deur ’n Suid-Afrikaanse komponis.

3. ’n Tradisionele koorwerk van eie keuse in een van die ander Suid-Afrikaanse

amptelike tale, maar nie Afrikaans of Engels nie. Koorwerke in ’n ander taal as ’n Suid-Afrikaanse taal (bv. werke van ander Afrikalande) word nie toegelaat by dié keuse nie. Bladmusiek word nie by hierdie lied vereis nie, maar die musiek

moet vergesel wees van ’n bladsy met die Afrikaanse teks, ’n verduideliking van

waar die musiek vandaan kom en hoe dit aangeleer is.

Kore van Namibië mag ’n lied in ’n Namibiese taal in plaas van ’n Suid-Afrikaanse

taal sing.

4. Eie keuse in enige taal en enige genre. Besoek gerus die ATKV-webwerf vir

katalogusse van komponiste

https://atkv.org.za/neem-deel/skoleprojekte/applous/dokumente/).

• Die program mag nie langer as 15 minute duur nie.

Prestige 1. Voorgeskrewe werk (sien lys) of ʼn nuut gekomponeerde opdragwerk in Afrikaans

deur ’n Suid-Afrikaanse komponis. In die geval van ’n opdragwerk moet die

koorleier self die komponis vra om die werk te komponeer en self daarvoor betaal.

’n Opdragwerk mag nie ’n bestaande werk wees nie, maar moet ’n nuutskepping wees.

2. ’n Afrikaanse koorwerk van eie keuse deur ’n Suid-Afrikaanse komponis.

3 & 4. Twee koorwerke van eie keuse in verskillende tale en verskillende style. Besoek

gerus die ATKV-webwerf vir katalogusse van komponiste

https://atkv.org.za/neem-deel/skoleprojekte/applous/dokumente/).

• Die program mag nie langer as 20 minute duur nie.

Page 7: 2020 - ATKVKom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef

7

Ope afdeling

• Die program mag nie langer as 15 minute duur nie.

• Enige aantal liedere (ook ’n keurspel) in enige taal kan aangebied word binne die

tydsbeperking.

• Die hele program moet uit EEN van die volgende genres gekies word: I Pop OF jazz (Pop = populêre musiek) – kan ook Afrikaanse luisterliedjies insluit.

II Spirituals OF Gospel

III Volksmusiek (Folk-musiek)

IV Tradisionele Afrika-musiek

• Geen voorgeskrewe werk word gesing nie

• ’n Kontrasterende program wat die koor se vaardighede toon, moet aangebied word.

Nie-Mededingende afdeling

• ’n Koor kan as nie-mededingend deelneem. ’n Koor wat in hierdie afdeling deelneem,

kry ’n volledige verslag van die beoordelaars, maar word nie bepunt nie en kan slegs

aan die streeksfees deelneem.

• ’n Koor kan van die begin af as nie-mededingend inskryf of tot op die dag van die

streeksfees oorskakel na die nie-mededingende afdeling.

• Die program mag nie langer as 15 minute duur nie.

• Besoek gerus die ATKV-webwerf vir katalogusse van komponiste

https://atkv.org.za/neem-deel/skoleprojekte/applous/dokumente/).

Junior kore: Afrikaans en Junior kore: nie-Afrikaans 1. Die voorgeskrewe lied.

2. ’n Afrikaanse lied.

3. ’n Tradisionele koorwerk van eie keuse in een van die ander Suid-Afrikaanse

amptelike tale, maar nie Afrikaans of Engels nie. Koorwerke in ’n ander taal as ’n Suid-Afrikaanse taal (bv. werke van ander Afrikalande) word nie toegelaat by dié keuse nie. Bladmusiek word nie by hierdie lied vereis nie, maar die musiek

moet vergesel wees van ’n bladsy met die Afrikaanse teks, ’n verduideliking van

waar die musiek vandaan kom en hoe dit aangeleer is.

Kore van Namibië kan wel ’n lied in ’n Namibiese taal sing in plaas van ’n

Suid-Afrikaanse taal.

• Junior kore mag wel gepaste bewegings uitvoer, ook by die voorgeskrewe lied.

• Junior kore neem slegs aan die streeksfees deel (nie by die finaal nie).

Page 8: 2020 - ATKVKom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef

8

Algemeen o By die lied van eie keuse in enige taal en genre kan ’n verwerking van hoë gehalte ook

gesing word.

o Geen toegif (encore) sal toegelaat word nie.

o Bladmusiek van al die liedere, behalwe die tradisionele Afrika-lied (sien kriteria by koorprogram), moet tydens die streeksfees ingehandig word. Die streeksorganiseerder sal die aantal kopieë bevestig.

o Begeleiding moet net gebruik word as dit ’n integrale deel van die komposisie uitmaak en behoort nie bloot stemme te dupliseer nie.

o Begeleiding is nie beperk tot die klavier nie, maar moet ten alle tye stylgetrou wees.

o Indien ’n stuk in ’n ander toonsoort as die bladmusiek gesing word, moet dit op die bladmusiek aangedui word.

o Die belangrikste uitgangspunt vir die beoordelaars is: wat ons hoor, moet ons op die bladmusiek sien en dit geld vir partye, vir instrumente, ens.

o By voorgeskrewe musiek moet die koor presies doen wat deur die ATKV voorgeskryf is en niks mag bygevoeg word nie. Die toonsoort van die voorgeskrewe werk mag nie verander word nie.

VOORGESKREWE WERKE VIR 2020 Laerskole

Afdeling Voorgeskrewe lied Komponis Junior kore: Afrikaans “Klein Blinkoog” Antoni Schonken

Junior kore: nie-Afrikaans “Mieliepap” Gisela de Villiers

Meriete: Afrikaans “Waghondjies” Niel van der Watt

Meriete: nie-Afrikaans “Reënboognasie” Bragi T. Valsson

Prestige • “Hane en hennetjies” • “Swane” uit “Karnaval van die Diere”

Niel van der Watt

Hoërskole (Meriete: Afrikaans en Meriete: Nie-Afrikaans sing in 2020 dieselfde voorgeskrewe werk.) Afdeling Voorgeskrewe lied Komponis

Meriete: Afrikaans en nie-Afrikaans

Gemeng “Hoe kosbaar is u liefde” (Beskikbaar in SAB en SATB – SAB word meet begeleiding gesing en SATB moet sonder begeleiding gesing word.)

Niel van der Watt

Meisies “Ek dink aan jou” Dalene Brits

Seuns • “Die berggans het ʼn veer laat val” • “Aandblom is ʼn wit blom” uit “Sewe Boerneefliedjies”

Pieter de Villiers

Prestige

Gemeng “O, almal wat dors het, kom” Niel van der Watt

Meisies “Sneeu” Charlotte Botha

Seuns “Wees nie bevrees nie” Niel van der Watt

Page 9: 2020 - ATKVKom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef

9

FINAAL

o Sodra die streeksfeeste afgehandel is, nooi die ATKV ’n sekere aantal kore na die finaal.

o Die koor se voltydse koorleier moet die koor tydens die finaal dirigeer. o Bladmusiek hoef nie voor die finaal ingelewer te word nie, aangesien musiek wat tydens die

streeksfees ingelewer word, gekopieer word en vooraf na die beoordelaars gestuur word.

o Die finaal vir 2020 vind van 29 Julie tot 1 Augustus in Kaapstad plaas.

o Die datum waarop elke afdeling gaan deelneem, sal eers ná afloop van al die streeksfeeste

bekend gemaak word. Geen koor sal toegelaat word om op ʼn ander aand buite sy afdeling

op te tree nie.

o Kore is verantwoordelik vir hul eie reis- en verblyfreëlings, asook ander koste vir die finaal.

o Kore wat nader as 1 000 km (heen en weer) na Kaapstad moet reis, kan voor 20 Junie 2020

aansoek vir reishulp van R3 000 doen. Kontak [email protected] vir die reishulpvorm.

o Kore wat verder as 1 000 km (heen en weer) na Kaapstad moet reis, kan voor 20 Junie

2020 aansoek vir reishulp van R8 000 doen. Kontak [email protected] vir die

reishulpvorm.

REËLS

Koorsamestelling

o Enige hoër- of laerskoolkoor mag inskryf.

o Slegs kore wat deur hul skole ingeskryf is, mag deelneem.

o Slegs bona fide-leerders van die skool mag lede van die koor wees.

o ’n Skool mag meer as een koor in verskillende afdelings inskryf.

o Koorlede van een koor mag in ’n ander koor van dieselfde skool sing. Hierdie is slegs van

toepassing op hoërskoolkore en geld nie vir laerskoolkore nie.

Algemeen o Die beoordelaars se beslissing is finaal.

o Deur hulle inskrywing en deelname onderwerp skole en kore hulle aan die reëls soos wat dit

deur die ATKV bepaal is.

o Alle navrae moet betyds aan die ATKV gerig word en nie aan die beoordelaars nie.

Koorfonds

ATKV-Applous wil graag nuwe kore aanmoedig om in te skryf. Indien ’n koor aan ATKV-Applous 2020 deelneem, ingeskryf en betaal het, ’n nuwe koor (wat nog nie van tevore deelgeneem het nie) werf, ontvang dié koor R500 vir hulle koorfonds.

Stuur, op die skool se briefhoof, die volgende inligting: o Watter koor gewerf is (ATKV-Applous sal die inskrywings nagaan en bevestig

dat beide die skoolkore wel ingeskryf en betaal het). o Die koor se bankbesonderhede.

Page 10: 2020 - ATKVKom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef

10

WET OP OUTEURSREG o Wanneer ongepubliseerde komposisies of verwerkings gebruik word, moet die kore self reël

vir: • die reg om die musiek te dupliseer; • die reg om dit uit te voer.

o Indien daar van gepubliseerde bundels of bladmusiek gebruik gemaak word, mag die musiek nie gewysig word nie. Kopieë wat aan die beoordelaars verskaf word, word slegs vir evalueringsdoeleindes gebruik en word daarna vernietig.

o Kore wat twyfel oor die toepassing van die Wet op Outeursreg kan SAMRO vae e-pos of pos kontak: [email protected] of Posbus 31609, Braamfontein, 2017.

o ’n Beroep word op alle skole gedoen om hulle by SAMRO te registreer.

o Kore hoef geen toestemming vir voorgeskrewe werke te verkry nie.

o A21, A22 en A23 van die Wet op Kopiereg 98 van 1978 is van toepassing.

VRYWARING VAN DIE ATKV o Die ondertekening van die inskrywingsvorm bring ’n basiese ooreenkoms tussen die ATKV

en die persoon/persone/instansie wat inskryf tot stand. Die ooreenkoms impliseer dat die persoon/persone/instansie wat inskryf streng volgens die reëls van die kompetisie/projek sal optree en dat die ATKV die kompetisie/projek streng volgens die reëls sal aanbied.

o Oortreding of nienakoming van die reëls van die kompetisie/projek kan lei tot die diskwalifikasie van die inskrywing.

o Die persoon/persone/instansie wat hulle inskryf, vrywaar die ATKV van enige eise wat kan ontstaan as gevolg van skade of verliese van enige aard wat so ’n persoon/persone/instansie kan ly tydens die hele verloop van die kompetisie/projek.

o Die ATKV behou hom die reg voor om die kompetisie/projek enige tyd op te skort of te beëindig indien buitengewone omstandighede dit noodsaak.

o Die persoon/persone/instansie wat inskryf, moet beskikbaar wees om tydens die finaal van die kompetisie sonder vergoeding op te tree. Die amptelike koorleier moet saam met die koor optree.

o Die ATKV behou hom die reg voor om indien ’n finalis nie die finaal van die kompetisie kan bywoon nie, so ’n finalis te vervang met ’n ander persoon/persone/instansie wat na die finalis die beste in die beoordeling gevaar het.

o Die foto’s wat deur die ATKV by ATKV-Applous geneem is, mag in bemarkingsmateriaal van die ATKV en ATKV-projekte gebruik word.

Page 11: 2020 - ATKVKom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef

11

INBETALINGSVORM

Naam van skool: ___________________________________________________________________ Naam van skakelpersoon: ___________________________________________________________ Telefoonnommer van skakelpersoon:___________________________________________________

Bedrag betaal: R __________________________ Datum inbetaal: __________________________

ONTHOU:

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Dinsdag 25 Februarie 2020 Inskrywingsgeld: R700 per koor – hoërskoolkore en senior kore (laerskool)

R485 per – junior koor (laerskool)

Betaal asseblief die inskrywingsgeld in die volgende ATKV-rekening:

Rekeningnaam: ATKV Bank: Absa Randburg

Tipe rekening: Tjekrekening

Rekeningnommer: 017 016 67 28

Takkode: 632 005

Verwysing: Applous EN skool se naam (bv. Applous HS Natalia)

E-pos/faks asseblief die inskrywingsvorm saam met die bewys van betaling aan: [email protected]

Posbus: ATKV-APPLOUS, Posbus 4586, RANDBURG, 2125

Faks: 086 512 6569

E-pos: [email protected]

Hiermee verklaar ek, , dat

(Skoolhoof: Titel, voorletters, naam en van in DRUKSKRIF asb.)

• ons kore en skool ons neerlê by die reëls van ATKV-Applous; • al die koorlede tans leerders van hierdie skool is; • die persoon (persone)/instansie wat inskryf, die ATKV vrywaar van enige eise wat kan ontstaan

as gevolg van skade of verliese van enige aard wat so ’n persoon (persone)/instansie mag ly tydens die hele verloop van die kompetisie/projek.

• die ATKV die reg voorbehou om die beeldmateriaal en foto’s wat geneem word gedurende ATKV-Applous vir bemarkingsmateriaal mag gebruik.

___________________________________ ______________________________ Handtekening van Skoolhoof Datum

Die inbetalingsvorm moet die ATKV voor of op 25 Februarie 2020 bereik.

2020 Bladsy 1 van 2

Page 12: 2020 - ATKVKom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef

12

ʼn Aparte vorm moet vir elke koor voltooi word.

INSKRYWINGSVORM (Maak asb. seker dat al die selfoonnommers en e-posadresse dié van die betrokke persone is.)

Naam van skool: ____________________________________________________________________ Provinsie: _______________________________ Telefoonnommer: _________________________ Faksnommer: ___________________________ E-posadres: _______________________________ Posadres: _________________________________________________________________________ Voorkeur-e-posadres vir inligting: ____________________________________________________ Koorleier se noemnaam en van: _______________________________________________________ Selfoonnommer: _____________________ E-posadres: __________________________________ Begeleier se noemnaam en van: ______________________________________________________ Selfoonnommer: _____________________ E-posadres: __________________________________ Organiseerder se noemnaam en van: __________________________________________________ Selfoonnommer: _____________________ E-posadres: __________________________________ Aan watter streeksfees gaan die koor deelneem?: __________________________________________ Dui asb. duidelik die kategorie van die koor aan (bv. Meriete Gemeng )

Laerskole

Prestige Meriete: Ope afdeling Junior koor: nie-Mededingend

Afrikaans nie-Afrikaans Genre: Afrikaans nie-Afrikaans

Hoërskole

Prestige Meriete Ope afdeling Nie-Mededingend

Afrikaans nie-Afrikaans Genre:

Meisies Seuns Gemeng

Hiermee verklaar ek,______________________________________, die koorleier van

______________________________________, dat daar geen kopieregskending gepleeg is met

betrekking tot die bladmusiek wat die skoolkoor tydens ATKV-Applous 2020 sing nie.

_______________________________________ ___________________________________

Koorleier Datum

2020

Die inskrywingsvorm moet die ATKV voor of op 25 Februarie 2020 bereik.

Getal koorlede: ____________

Bladsy 2 van 2