hartklop · 2015-11-06 · en as jy voordeur toe stap, stap jou hond saam. hy weet julle gaan vir...
TRANSCRIPT
VANOGGEND SE DIENS (DR WILHELM BURGER)
LAG IS NIE ALTYD UITBUNDIG NIE (GEN 17:15-22; 18:1-15)
Die lewe is so gebroke dat ons dikwels van beloftes alleen moet leef. Ons sien nie
altyd die uitkoms in situasies nie en het net God se beloftes om aan vas te hou. Aan
die begin gaan dit goed, maar later word dit duidelik dat die hoop beskaam.
Abram en Sara was in so 'n situasie -
die realiteit van kinderloosheid teenoor
God se beloftes van 'n nageslag.
Ons lees dat beide van hulle later maar
in hulle mou gelag het.
Lag is nie altyd uitbundig nie.
Lag verbloem soms onderliggende pyn.
Dit wys net weer daarop dat geloof 'n
kuns is wat geleer moet word.
Ons almal saam in diens van
JESUS CHRISTUS
oral, altyd en in alles
SONDAGMIDDAE SAAMKUIER
OM 15:30 DIENSSENTRUM
Vir alle 50 plussers. Nie seker
wat om met jou Sondagmiddag te
doen nie? Lus vir gesels en lag en
kuier? Kom geniet die geselskap
en ‘n heerlike koppie tee/
koffie. Mans en vroue, enkel of
getroud – u is almal baie welkom.
Vir enige navrae: Hannie Koch
028 316 1595 / 081 271 2290
DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. Plaaslike Diens van
Barmhartigheid. Baie dankie vir
u gebede en ondersteuning
Wees Lig!
HARTLIK WELKOM
“Ek glo ...” Dis soms makliker gesê as gedaan.
Ja, daar is mense wat maklik glo, kinderlik en opreg. Maar daar is ook ander wat
moeiliker glo. Hulle worstel gedurig met die ‘Ja, maar ...’-vrae. ‘Ja, ek glo in God, maar ek het geen bewyse nie ’ of ‘Ja, ek glo Hy is almagtig, maar waar kom môre se brood op die tafel vandaan?’
Job het geglo, maar hy kla “ek het rustig gelewe, toe versteur God my rus” (Job 16v12).
Abraham het geglo God sou aan hom en Sara ‘n seun gee, maar tog vertrou hy
eerder op sy slaaf Eliëser – die slaaf se seun sal sy seun wees (Gen 15v3). En
Sara het haar slavin Hagar aan “haar man Abram as vrou gegee ” (Gen 16v3).
Jeremia het geglo, maar hy kla God aan: “U het hierdie volk en Jerusalem bedrieg ” (Jer. 4v10).
En Tomas was nóg een van dié wat moeilik geglo het (Joh. 20v25).
En moenie vergeet van Martin Luther nie. Hy het ook sy geloofs-aanvegtinge gehad!
Jou troetelhond kan jou leer van geloof:
Om die braaivleis-vuurtjie sit jou hond aan jou voete en hy kyk stip na jou hande.
Hy weet jy sal daardie beentjie nog vir hom laat val. En jy weet dit ook. Dis geloof!
En as jy voordeur toe stap, stap jou hond saam. Hy weet julle gaan vir ‘n middag
wandeling. En jy weet dit ook. Dis geloof!
Geloof is om na God te kyk. En God kyk na jou. En julle weet van mekaar.
Welkom aan al ons gelowiges wat vanoggend met verwagting na die Here kyk!
Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier
8 NOVEMBER 2015
TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 15 NOVEMBER
DS MICHIEL DE KOCK
Filippense Een
Liewe gemeente kom ons staan
die week stil by Filippense.
U kan sommer die hele boek
lees ter voorbereiding van
komende Sondag se erediens.
Ons fokus op hfst. 1 v. 9 – 11,
1 v. 21 en hfst 3 v. 10 – 12.
Vir Paulus was Jesus Christus
alles. Maak tyd en dink diep na
oor watter plek die gekruisigde
en opgestane Christus regtig
in jou lewe inneem.
Lees hfst 1 v. 9 en 10
herhaaldelik en vra die
Heilige Gees om die proses van
onderskeiding te begin sodat
ons ‘n nuwe HELDER visie op
Jesus kan kry. Kom ons raak
opnuut opgewonde oor
JESUS ons HERE.
ONS BID VIR ... Sarie van Staden
Willie Smit
Neels van Niekerk
Cebella Krige
Berenice Auret
Hennie Botha
Elna Ludick
Wessel Vorster (Charlo &
Ria Viljoen se skoonseun)
Ian McHendry
André van der Spuy
Aurelia Esterhuyse
Hannes Visser
Wilma Ehrenberg
Steward McFarlane
Marichen van Wyk
Ronel Calitz se pa
Heleen Krige
Helena le Roux, Trix Nortje
Louis Stassen
MEEGEVOEL
Met Elbie en kinders met die heen-
gaan van Jaap Sadie.
Met Sakkie Smit met die heengaan
van sy vrou Babsie.
Met Delesté & Christo Wooding met
die heengaan van Delesté se Ma .
VERSOEKE Annette 072 903 9189
NOODKETTING Sheila 084 800 0947
MA. 9 NOVEMBER DI. 10 NOVEMBER WO. 11 NOVEMBER
Indien u belangstel om u HARE TE LAAT
SNY (mans en vrouens), droogblaas, krullers
indraai (set) ensovoorts kontak vir Ester du
Toit by 028 316 2229 of 083 407 7973 en
maak ‘n afspraak. Ester sal fooie verskaf.
SOPKOMBUIS
09:45 GOLDEN HARVEST diens in die sit-
kamer.
09:30 - 10:00 NAALDWERK: Ons het ‘n
“reparasie/hersteldiens” by die dienssen-
trum. Rita (028 316 2981)
10:00 KOM WEES KREATIEF en geniet
dit! Kontak Joan of Hannie by die dienssen-
trum (028 316 1745).
10:00 KOM SPEEL SAAM SKAAK saam met
Johan Oosthuizen. Almal welkom, ons sal
jou leer hoe om te speel.
10:00 - 12:00. KLINIEK IS OOP Kontak
vir sr. Calitz by 073 152 5623 en maak
gerus 'n afspraak.
08:00 VOETE– & HANDE VERSORGING.
Voete en hande versorging deur Marilyn
Prinsloo. Maak afspraak by 082 532
6931. Marilyn het nog 'n kursus gedoen
en kan nou die volgende bykomende diens
lewer: die verwydering van gesigshare,
wenkbrou en wimpers tinting doen.
10:00 TRIMGIM
11:00 - 13:00 KLEREKAS
14:30 FLIEK in die Ons Teater: Ladies in
Lavender.
DO. 12 NOVEMBER VR. 13 NOVEMBER SA. 14 NOVEMBER
10:15: DIENSSENTRUM: Ons brei weer
saam met dr. Hoepie Howell, 'n psigiater.
Sy glo dat brei help met visueel ruimtelike
stimulasie, motoriese beplanning ens. Kom
brei saam en luister na haar voorlesing!
09:30 - 11:30 DIE KOLWYNTJIE
TEETUIN IS OOP! KOM KUIER SAAM!
10:00 GEBED in die Gebedskamer. Ons bid
saam vir ons Gemeente en gemeenskap. U is
almal baie welkom!
WAT GEBEUR ALLES SONDAG 15 NOVEMBER ?
08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir
die erediens. U is welkom.
09:00 EREDIENS Ds Michiel de Kock
18:30 AANDNAGMAAL Dr Wilhelm Burger
Ons nooi u na ‘n meditatiewe en stilword
diens aan Jesus se tafel. Welkom.
WYKE DIENSBEURTE Gebed (Gebedskamer) (Wyk 19)
Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 8)
Ps 139 Here, u ken my. U ken my gedagtes. U weet waar ek is en wat ek doen en praat. Dan vra ek
“Deursoek my, o God, en ken my hart: toets my onrustige gemoed. Kyk of daar enige gebrek by my is, en lei my op die ewige pad.”
Ps 141 Here ek roep na U. Aanvaar asb my gebed. “Sit 'n wag voor my mond, Here, hou wag oor wat ek sê. Bewaar my van verkeerde begeertes wat lei na bose dade,
saam met mense wat sonde doen en ek so deel word van hulle praktyke.”
Ps 143 Ek roep tot U, Here. “Ek het moed ver-loor; ek is dronkgeslaan. Ek strek my hande uit na U. Ek dors na U soos 'n verdorde land, …. Moenie van my af
wegdraai nie, … ek vertrou op U. Wys my die pad waarop ek moet loop, want tot U rig ek my gebede.”
Ps 147 Here, ek prys U, want dit is my vreugde om U te prys. U genees gebroke harte en ondersteun onderdruktes. U gee reën vir
die aarde en voed mens en dier. U vreugde is in hulle wat U dien en op U liefde staatmaak. Groot en magtig is U, o, Here, ons loof en prys U.
Ps 9 “Here, ek sal U prys met my hele hart. Ek sal vertel van al U wonderlike dade.” U is 'n skuilplek, 'n toevlug in tye van
moeilikheid. “Die wat U Naam bely, vertrou op U, want niemand wat U soek, laat U in die steek nie, Here.” U regeer vir altyd en ek sal U Naam prys,o Allerhoogste.
Here, dit is nie die verdien-
stelikheid van my gebed
wat my oortuig dat U sal hoor
en antwoord nie, maar die
sekerheid van u trou.
(Martin Luther )
KLEUTERKERK 3 - 6 jr tydens Erediens (Ark)
BYBELGROEPE Gr 1 - 5 tydens die Erediens
TEENTRIX Geen Teentrix -
het gesluit vir die jaar.
Onbeskaamd tree op by Lewende Water
OPPASDIENS BY DIENSSENTRUM: Wat daarvan as u wil dorp toe
gaan en u kan nie u huweliksmaat of ouer tuis laat nie. Kontak die
dienssentrum en reël dat die persoon by dienssentrum vir daardie tyd
versorg word. Dit is gratis vir lede beskikbaar vanaf 09h00 – 12h30
van Maandae tot Vrydae. *** Ons het van nou af ook iemand wat
bereid is om by die huise van bejaardes te gaan sit terwyl die huwe-
liksmaat 'n ander afspraak moet nakom.
Skakel Joan of Hannie om te reël by 028 316 1745.
UNITING THE WORLD’S CHRISTIAN
COMMUNITY IN ONE SONG, ACKNOWLEDGING
THE SAVING GRACE OF JESUS CHRIST
8 NOVEMBER 2015 | 4.30pm
Rotary Drive – at the main lookout point (in the case of bad weather we’ll convene at the United Church)
The mission is For every Christian to praise God in one voice, on one day, at the same time. Individually and corporately acknowledging the saving grace and love of Jesus Christ. That all eyes will see His glory and that He alone is the hope of our lost world. To bridge cultural, denominational and economic barriers. To build a network that connects Christians in every major city around the world. Connecting worship leaders, ministries and resources across the world. Embodying amazing grace to everyone
Project Amazing Grace explained
One glance at a newspaper is enough to make you realize that this world in its current state is in desperate need of God’s grace. Through Project Amazing Grace our aim is to unite the world’s Christian community to worship God in one voice and one song at exactly the same time. The whole world has never joined in unity to worship Jesus Christ at the same time. Imagine if all Chris-tian denominations and institutions could join hands and come as a body be-fore God. He promises that if His people would turn to Him and pray He will forgive their sins and restore their land.
Psalm 133 reminds us that God commands a blessing where there is unity.
The Steering committee stands under the authority of Melkbosstrand Baptist Fellowship. We rely on them to keep us accountable and stay true to the Word of God. Project Amazing Grace partners with Project 226 a non profit organization in Cape Town.
For any queries, please contact
Lize Joubert @ United church
028 312-2717. You are welcome to
have a look on the website as well:
Kom loof en prys en sing saam!
Sondag 8 November @ 18:00
Lewende Water Gemeente
Toegang: Slegs vrywillige deuroffer.
HOU JY VAN "BALLROOM-DANCING?"
Drie danspare uit die KAAP kom ons trakteer op
hierdie pragtige kunsvorm!
Wanneer? Vrydag 20 November @ 18:00
Waar? Ouditorium, NG Gemeente Onrusrivier
Toegang? R80pp (sluit braaivleis met slaaie in)
Bring eie eetgerei en drinkgoed. Almal is baie welkom,
bespreek net jou plek en betaal by die kerkkantoor
voor MAANDAG 16 NOVEMBER.
Welkom!
Net 120 plekke beskikbaar, so bespreek gou!
Funksie word gereël deur die SPOELKLIIPE.
VERKIES TOT DIE KERKRAAD
Die volgende persone is by die kerkraadsvergadering
van 2 November verkies tot die kerkraad.
Ons bid vir hulle wysheid, insig, goeie leierskap
en onderskeidingsvermoë toe.
MURIEL PRETORIUS (Erediens)
FRANCOIS WESSELS (Jeug & Gesinne)
HANLIE BRITZ (Wyke - Sandbaai streek)
BESLUITE RAKENDE SELFDEGESLAGVERHOUDINGS EN DIE KERK
DIE ALGEMENE SINODE HET OP VRYDAG 9 OKTOBER 2015 SOOS VOLG BESLUIT:
1. Die Algemene Sinode herbevestig die gelykwaardigheid van alle mense ongeag hulle seksuele oriëntasie en verbind haar tot die handhawing van die menswaardigheid van alle mense.
2. Die Algemene Sinode verklaar dat heteroseksuele en homoseksuele mense wat in ʼn verhouding van persoonlike geloofsge-hoorsaamheid aan die Here leef ten volle kan deelneem aan al die voorregte van die kerk as verbondsgemeenskap.
3. Die Algemene Sinode herbevestig die besluite oor die huwelik van 2004, 2007 en 2013 dat slegs die verbintenis van een man en een vrou as ʼn huwelik beskou word.
4. Die Algemene Sinode besluit om in die lig van punt 1 hierbo erkenning te gee aan die status van burgerlike verbintenisse van mense van dieselfde geslag wat deur liefde en trou gekenmerk word, en maak voorsiening dat hierdie verbintenisse bevestig kan word deur predikante wat hulle weg daartoe oopsien.
5. Dieselfde Christelik-etiese standaarde (leer en lewe) geld vir die legitimasie van die ordening van alle mense. Punt 7 van die besluit van 2007 verval.
6. Die Algemene Sinode erken die diversiteit van beskouings oor selfdegeslagverhoudings binne die NG Kerk en bevestig die reg van kerkrade om hieroor hulle eie standpunte en praktyke te formuleer en te reël.
7. Die Algemene Sinode bevestig die diskresie van kerkrade om die verskille oor homoseksualiteit in gemeentes te hanteer en versoek hulle om dit in ʼn gesindheid van Christelike liefde te doen.
8. Die Algemene Sinode bied hierdie besluite oor selfdegeslagverhoudings met nederigheid aan ná ʼn ernstige soektog en as die beste toepassing van die boodskap van die Bybel soos ons dit tans verstaan. Die Algemene Sinode versoek lidmate, ge-meentes en kerkvergaderings om weereens op ʼn selfstandige soekproses na die toepassing van die boodskap van die Bybel hieroor te gaan. In hierdie soektog kan studiestukke van die Algemene Sinode van 2007, 2011, 2013 en 2015 ernstig gelees word. In ooreenstemming met die Nederlandse Geloofsbelydenis, Artikel 2 behoort die spesifieke en algemene openbaring gebruik te word, dit wil sê, die beste huidige menswetenskaplike bevindings.
DIE KERKRAAD VAN ONRUSGEMEENTE HET OP 2 NOVEMBER 2015 DIE ALGEMENE SINODE SE BESLUIT
OOR SELFDEGESLAGVERHOUDINGS BESPREEK EN TOT DIE VOLGENDE OOREENKOMS GEKOM:
Ons neem kennis dat die besluit van die sinode dankbaarheid by sommige lidmate en ongeluk-kigheid by ander ontlok. Sommige lidmate het sterk standpunte daaroor, terwyl ander onseker is en meer inligting vra. Ons hoor ook dat lidmate onseker is oor hoe hulle voortaan die Bybel kan gebruik as basis vir hulle geloof.
Die kerkraad het deernis met lidmate se onsekerheid, maar is oortuig dat onseker tye nie altyd sleg is nie. Dit is in sulke tye wat ons leer om mekaar vas te hou, nuwe inligting oor 'n saak in te win en saam na God se stem te luister. Hoe ons hierdie pad as God se kinders stap is dalk meer belangrik as die einddoel daarvan. Ons is oortuig dat ons hierdie dae moet gebruik om 'n proses van onderskeiding in te gaan. Dit beteken dat ons luister na mekaar, luister na ons omgewing en luister na die Woord om die hart van God te leer ken. Wysheid en insig kom dikwels met die tyd. Intussen herinner ons mekaar aan ons waardes, veral dat ons ruimte maak vir mekaar. Ons streef na onvoorwaardelike Jesusliefde. Dit geld ook teenoor ons broers en susters met 'n homoseksuele oriëntasie. Ons het geluister na families se pyn en wil graag 'n veilige ruimte bied waar brose mense versorg kan word. Ons gebed is dat ons in die dae wat voorlê wysheid en deernis sal ontvang. Kom ons hou mekaar in die liefde van Jesus styf vas sodat Hy in al ons aksies en woorde sigbaar kom en verheerlik word. Mag die Heilige Gees ons Leidsman wees.
Piet van Zyl
Voorsitter van die Kerkraad
Tel: 082 339 9871
E-pos: [email protected]
BENODIG U MEER INLIGTING? Indien u meer inligting verlang, is daar ‘n
gespreksdokument beskikbaar by die kerkkantoor
met die titel:
“Spanningsveld van teenoorgesteldes - Gespreks-
dokument vir lidmate oor selfdegeslagverhoud-
ings.”
U is baie welkom om dit by die kerkkantoor af te
kom haal of Mervian kan dit vir u epos.
KOLWYNTJIE-TEETUIN VRYDAG 13 NOVEMBER
09:30 - 11:30
*Helen se DRIEHOEK-KAASKOEK
is weer op die tafel!
*Joan se LIKEURKOEK is weer daar
op aanvraag!
*Francis stal haar pragtige en bekostigbare
JUWELE weer uit!
*Nog net 'n paar RESEPTEBOEKE beskikbaar @R80!
*Lede betaal R20 vir koek-en-tee.
Nie-lede betaal R30. Vir 'n tweede stukkie koek net R10!
*** GESKENKBEWYSE VIR TEETUIN OOK BESKIKBAAR ***
NISSIES BY ONRUSGEMEENTE
Daar is nog sowat 7 nissies oor @ R2000. Daarna is
die prys R3000. Kontak gerus die kerkkantoor vir info.
KUNSKLASSE BY DIE DIENSSENTRUM
Die dienssentrum wil net baie dankie vir
Willma Burger sê vir haar kunsklasse wat
sy aangebied het vir mense wat in kuns
belangstel. Baie dankie dat jy jou kennis
met ons kom deel het. Baie dankie vir jou
tyd, jou moeite en opoffering. Dit word
opreg waardeer.
When: Sunday 22nd of November 2015, 12am-5pm
Where: United Church Hermanus
Cost: R50 (For the course material)
Contact: Marié Schoeman 0824148687/
Dinky du Toit 0822270021
Bring with:
Bible, Notebook, Pen
RSVP: 9 November 2015
for course preparation
CHILD EVANGELISM AND SUNDAY SCHOOL
TRAINING SEMINAR Would you like to be better equipped to: Explain the Gospel on a child’s level. Tell Bible stories in such a way that children can identify with it and apply it to their own lives. Help children grow spiritually. Help children memorize Bible verses in exciting new ways. Teach children spiritual truths through singing, games and other activities. Help children on their discipleship journey for Jesus Christ.....? Register: Sunday School Training Seminar of Child Evangelism Fellowship
Verlede week was die groot uitstalling en
Mattie Heys, Titia Ballot en Esbé Basson
het ook met die groep kunstenaars kom
gesels en vertel van hul ervaring van kuns.
ONSTEATER WOENSDAG 11 NOV 14:30 FILM:LADIES IN LAVENDER Kom kyk waarom dit Brenda se gunsteling is! Slegs donasie.
SPESIALE VERSOEK: Die Dienssentrum hou op 11 Maart 2016 'n Biltong en Brood aand. Vir dié geleentheid benodig hulle leë klein Pichards-, klein groente- en klein konfyt blikkies. Bring dit asseblief vir Joan en Hannie by die dienssen-trum. Dit sal baie waardeer word.
WYKSBYEENKOMS: Wyk 27 op 13 Nov @ 18:00 by Gerhard en Alta (2de laan 160, Kleinmond) 083 440 6122.
WERKSGELEENTHEDE BESKIKBAAR
(3 POSTE) Eerstens is ek op soek na n gekwalifiseerde
"auto electrician" met ondervinding. Tweedens n shop manager met toepaslike
ondervinding en rekenaar vaardig. Derdens ‘n workshop assistant.
KONTAK FANUS VAN ZYL OP 083 395 9402
17 DESEMBER 2015 @ 17:00 Ons is besig om te beplan en voor te berei vir nog ‘n heerlike fees en het u hulp asb nodig met die volgende: * Hande om te help om die dag 'n groot sukses te maak (ons kort ook nuwe koördineerders vir sekere stalletjies) * Skenkings van: * Beskuit * Slaai * Nagereg * Indien u kan help op die feesdag of enige donasies of skenkings wil gee, kontak asb vir: Carel 083 444 9581 of Muriel 083 3355 195.
Baie dankie dat ons op u kan staatmaak en ons
sien uit daarna om heerlik saam fees te vier!
Die volgende Feesspan vergadering is op
Maandag 16 November @ 18:00 in die maal-
ruimte. Ons verwelkom enige hulp!
KOSPAKKIES 16 November DV Olie, konfyt en tan-depasta is nog min op die rak. BAIE DANKIE dat ons die vrymoedigheid het om te vra. HULP BY DIE KOLWYNTJIE-TEETUIN 2016 DV Wil jy meer betrokke raak by ons gemeente? Dan is die teetuin 'n goeie plek om te begin. Kontak Marie by 028 316 4018 of stuur sms aan 083 457 1896. Sy wag vir jou oproep of sms!
KLEREKAS: Die klerekas se rakke is redelik leeg! Gaan loer gerus bietjie deur u kaste en daardie klere wat jy nou al vir 2 jaar nie dra nie - ons sal dit baie waardeer indien u dit kan skenk vir die klere. Bring gerus na die kerkkantoor. Baie dankie! Die inkom-ste hieruit word gebruik vir die kospakkies.
ONS BENODIG DRINGEND 'n yskas en mikrogolf vir 'n persoon. Dit het gebreek en sy het nie geld om dit te vervang nie - kan ook nie reg gemaak word nie. Baie dankie vir die persoon wat die TV vir haar geskenk het. Dit word opreg waardeer. DIENSSENTRUM VIR ONRUSRIVIER: ons het 'n prag-tige dienssentrum langs die kerk. Die dienssentrum soek lede wat wil aansluit. Kom betaal u lidmaat-skapsfooi en word deel van hierdie wonderlike plek wat deur die genade van Vader vir ons daar gestel is. Dit is 'n dienssentrum vir al die jongmense vanaf 60 jaar - dan begin die lewe mos eers! Die dienssentrum is oop vanaf Maandae tot Vrydae van 9h30 – 12h30. Dienssentrum telefoonnommer: 028 316 1745.
DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)
083 468 8194 [email protected]
DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)
083 448 1651 [email protected]
DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895
VOORSITTER KERKRAAD
Piet van Zyl 082 339 9871
EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633
MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen
028 316 3115 (K) 079 322 0998
KOMMUNIKASIE BEAMPTE
Karin de Bruin 084 305 2086
ONTVANGS
Mervian van der Merwe 084 875 7875
REK BEAMPTE
Rika Eveleigh 082 679 1312
ADMIN BEAMPTE
Hanna de Jager 082 441 9759
KOSTER
Hennie Davies 061 300 4577
Vir navrae en kommentaar
op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)
KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00
Tel (028) 316-2116 [email protected]
www.ngkonrusrivier.co.za
DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier
Bank: ABSA
Rek. 406 215 2718
SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer
Bank: ABSA
Rek. 916 9799 886
boek
wees
GEBED VIR DIE
EREDIENSTE EN LERAAR
ELKE SONDAGOGGEND
@ 08:30 GEBEDSKAMER Ons nooi u almal om saam te kom bid vir
die dag se diens, vir die leraar en almal
betrokke by die diens, asook vir elke
persoon teenwoordig. Welkom!
KERKKANTOOR TYE
Neem asb kennis dat die kerkkantoor oop
is Maandae tot Vrydae vanaf 08:00 - 13:00
behalwe op Woensdag wanneer dit vanaf
09:00 - 13:00 sal wees.
Woensdagoggende 08:00 - 09:00 bid die
hele personeel saam in die gebedskamer.
Baie dankie!