20 mei 2018 - bergsigdv.co.za · 20 mei 2018 08:15 klassieke diens ouditorium wêreld se bose magte...

6
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz Mamma-dag Glow Kids diens (Saal) Mizelle Prinsloo 18:00 @6 Aanddiens Arno Mattheus Deuroffer: Lidmaatuitreike Bergsig Boodskap 20 Mei 2018 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Johan Els Glow Kids diens (Saal) Bea Pretorius 18:00 @6 Diens Ds. Wynand Breytenbach Deuroffer: Instituut vir Dowes 20 Mei 2018, PINKSTERFEES VELDTOG: Breathing Room 20 Mei: Veldtog: Breathing Room 21 Mei: Kerkraadsverga- dering 22 Mei: Doopkategese 25 Mei: Seniors 25 Mei: Uitreikgeleentheid 26 Mei: Betesda - mark 27 Mei: Mamma - dag Glow Kidz 30 Mei: Vinkel - en Koljander - mark 27 Mei 2018, VELDTOG: Breathing Room Jesus het alle sonde, die wêreld se bose magte en selfs die dood oorwin. Daarom kan ons leef vanuit rus – die tweede kwartaal se tema – omdat Christus reeds oorwin het. Rus beteken ek kan ont - span (asemhaal) omdat Christus gelukkig reeds in beheer is van dié wêreld. Die oorspronk- like beginsel van Sab- batsrus is dat ons tye moet uitsit in die week vir stil word, nadenke, waardering, aanbidding, lofprysing en belydenis van sonde. Vandag begin die kwartaal se veldtog: Maak tyd om te lewe (Breathing Room - Andy Stanley). Die veldtog handel oor om balans te vind tussen hoe jy leef en waartoe jy in staat is. Daar word gekyk hoe om ruimte te skep om asem te haal in ons skedule, ons finansies en ons verhoudings. 20 Mei: Ex-Squeeze Yourself 27 Mei: Time 3 Junie: Money 10 Junie: Choosing to Cheat In dié kwartaal wanneer dit kouer word (en ons steeds besig bly) is dit tyd om na binne te kyk sodat ons kan herlaai. Die lewe is immers soveel beter wanneer ons ruimte het om asem te haal. Woon gerus die veldtog by Sondae vanaf 20 Mei 10 Junie. Die veldtogmateriaal is te koop by die kerkkan- toor in die week en in die binnehof op n Sondag teen R20 n boekie. Die boekies is in Engels. Vir n Afrikaanse weer - gawe (met toestemming van CUM boeke) vind dit op die webblad by die skakel kleingroepe”. Indien jy wil deel raak van n kleingroep of n gasheerhuis wil wees vir die tydperk van die veldtog, kontak vir Liezl by geestelikeversorging- @bergsigdv.co.za Jy kan ook livestreamop YouTube – soek vir: Durbanville Bergsig Ge- meente Sy ligdraers. Oor Andy Stanley skry- wer van die reeks: Onthou dat North Point ”, waar hy bedien, regtig gefokus is op dis- sipelmaking en daarom preek hy nie net vir ge- lowiges nie, maar ook ongelowiges. Jy sal ag- terkom dat die preke bietjie uitdagend voorkom maar onthou om al die sessies saam in geheel te luister en te oordink. Die groter prentjie gaan baie sin maak. Enige vrae kan gerig word aan ds. Johan Els: [email protected] indien jy knel - punte/navrae het. Maak tyd om te lewe … haal asem Haal asem

Upload: hamien

Post on 08-Nov-2018

218 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz

10:00 Informele diens

Ouditorium

Ds. Philip Scholtz

Mamma-dag Glow Kids

diens (Saal)

Mizelle Prinsloo

18:00 @6 Aanddiens

Arno Mattheus

Deuroffer: Lidmaatuitreike

Bergsig Boodskap 20 Mei 2018

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els

10:00 Informele diens

Ouditorium

Ds. Johan Els

Glow Kids diens (Saal)

Bea Pretorius

18:00 @6 Diens

Ds. Wynand Breytenbach

Deuroffer: Instituut vir Dowes

20 Mei 2018, PINKSTERFEES VELDTOG: Breathing Room

20 Mei: Veldtog: Breathing

Room

21 Mei: Kerkraadsverga-

dering

22 Mei: Doopkategese

25 Mei: Seniors

25 Mei: Uitreikgeleentheid

26 Mei: Betesda-mark

27 Mei: Mamma-dag Glow

Kidz

30 Mei: Vinkel- en Koljander-

mark

27 Mei 2018, VELDTOG: Breathing Room

Jesus het alle sonde, die wêreld se bose magte en selfs die dood oorwin. Daarom kan ons leef vanuit rus – die tweede kwartaal se tema – omdat Christus reeds oorwin het. Rus beteken ek kan ont-span (asemhaal) omdat Christus gelukkig reeds in beheer is van dié wêreld. Die oorspronk-like beginsel van Sab-batsrus is dat ons tye moet uitsit in die week vir stil word, nadenke, waardering, aanbidding, lofprysing en belydenis van sonde. Vandag begin die kwartaal se veldtog: Maak tyd om te lewe (Breathing Room - Andy Stanley). Die veldtog handel oor om balans te vind tussen hoe jy leef en waartoe jy in staat is. Daar word gekyk hoe om ruimte te skep om asem te haal in ons skedule, ons finansies en ons verhoudings.

20 Mei: Ex-Squeeze Yourself 27 Mei: Time 3 Junie: Money 10 Junie: Choosing to Cheat In dié kwartaal wanneer dit kouer word (en ons steeds besig bly) is dit tyd om na binne te kyk sodat ons kan herlaai. Die lewe is immers soveel beter wanneer ons ruimte het om asem te haal. Woon gerus die veldtog by Sondae vanaf 20 Mei – 10 Junie. Die veldtogmateriaal is te koop by die kerkkan-toor in die week en in die binnehof op ‘n Sondag teen R20 ’n boekie. Die boekies is in Engels. Vir ’n Afrikaanse weer-gawe (met toestemming van CUM boeke) vind dit op die webblad by die skakel “kleingroepe”. Indien jy wil deel raak

van ’n kleingroep of ’n gasheerhuis wil wees vir die tydperk van die veldtog, kontak vir Liezl by [email protected] Jy kan ook “livestream” op YouTube – soek vir: Durbanville Bergsig Ge-meente Sy ligdraers. Oor Andy Stanley skry-wer van die reeks: Onthou dat “North Point”, waar hy bedien, regtig gefokus is op dis-sipelmaking en daarom preek hy nie net vir ge-lowiges nie, maar ook ongelowiges. Jy sal ag-terkom dat die preke bietjie uitdagend voorkom maar onthou om al die sessies saam in geheel te luister en te oordink. Die groter prentjie gaan baie sin maak. Enige vrae kan gerig word aan ds. Johan Els: [email protected] indien jy knel-punte/navrae het.

Maak tyd om te lewe … haal asem

Haal asem

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

THAILAND - VAN HEERDEN

Klasie en Ida van Heerden is in Suid-Afrika op die oomblik. As iemand met hul wil kuier om meer te hoor van hul bediening in Thailand kan jul vir Gert Uys, die projekleier, bel by 08/2 807 4455.

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

ATTIE VAN WYK JAFFELVERKOPE BY VINKEL- EN KOLJANDERMARK

Ondanks die storm en reën van verlede jaar het ons, met almal se ondersteuning en God se wonderlike seën op die jaffelverkope, genoeg fondse ingesamel om vir elke klaskamer asook die personeelkamer ’n wit skryf-bord te kon koop. Ons wil baie graag hierdie jaar vir hulle dataprojektors aankoop en vra daarom vir julle ondersteuning met die volgende benodigdhede:

So gou as moontlik: Leë 2 of 5 liter roomysbakke Voor of op 13 Mei op die laatste asseblief: Maalvleis Hoender (heel of stukke, verkieslik nie pakke vlerkies nie)

“Bacon bits” - Cab foods is huidiglik die goedkoopste Gerasperde Cheddarkaas Flora Margarien (Groen) Blikkies tamatie- en uiesmoor Blikkies gemengde groentekerrie Blatjang Spray n Cook 3 x vol gasbottels en koppe (Gemerk met naam, tele-foonnommer dat ons dit kan terugbesorg asb.)

Kontak asb vir Nelda Rousseau by 083 235 1400, of per e-pos by [email protected]

Baie dankie vir julle volgehoue ondersteuning sodat ons, ons naaste se lewens kan verryk! Groete van die Attie van Wyk uitreikspan.

Breiprojek … ons breiprojek skop weer af.

In jou ledige uurtjies in die koue aande wat voorlê vra ons vir enige iemand wat kan brei of hekel:

maak asb vir ons blokke van 20cm x 20cm.

Enige patroon is welkom (strepies, kolle, mossteek, rib-steek ens!!). Kom kry wol by die kerk of gebruik jou oor-skietwolletjies.

Baie dankie by voorbaat. Ons gaan die blokke aanme-kaar sit en die komberse versprei in die koue winter. Kontak Annamaré vir meer info.

KOMBERSE

Dit raak koud en nat…warm mansklere en komberse is

baie welkom. Dit sal direk aan die Sopkombuis gegee

word. Ons dra by tot die Winterhoop projek - (bl. 3)

Ons ontmoet mekaar om 17:45 by Bergsig Kerk se parkeerarea en vertrek saam teen 18:00 stiptelik.

Wat kan jy verwag van ’n hospitaal uitreik? Hospitale is ’n plek van lewe en dood, vreugde en hoop. ’n Operasie verleng ’n lewe en skep geleentheid vir dank-baarheid. Vir baie pasiente is dit egter ‘n plek waar hulle slegte nuus verneem soos ‘n diagnose van kanker wat hulle met baie vrese en vrae los. Wan-neer jy by ’n pasiënt kom en jouself voorstel met die boodskap: ek wil graag hoor hoe dit met jou gaan, tuimel die woorde dikwels met gretigheid oor hulle lippe. Hulle is alleen. Die familie is ver en kan nie bekostig om te kom kuier nie. Ons gaan vir 20 mi-nute gesels oor hospitaal- etiek sodat jy weet om nie

te vra: wat is fout nie, maar eerder is daar iets waarvoor ek vir jou kan bid? Na die saalbesoeke gaan ons vir ‘n halfuur ons belewenisse deel sodat jy nie huistoe gaan met laste wat nie joune is om te dra nie. Dui asb aan na watter tipe saal jy wil gaan sodat ek die nodige reëlings kan tref. In spanne van twee mense is daar opsies vir besoeke aan sale met premature babas waar die mammas emosionele en geestelike ondersteuning be-nodig; mans kan in die urologie- of hartsaal mans-pasiënte gaan besoek; ‘n saal met kinders met been-breuke waar ouers onder-steun moet word. Dui dus aan: premature ba-bas; mans of kinders met beenbreuke en vind ‘n vriend of vriendin wat jou spanmaat kan wees.

Bergsig se Betesda Uitreikprojek vir Gestremdes se maandelikse mark vind plaas op Saterdag 26 Mei by Bergsig se Kerksentrum van 8:30 - 14:00. Honderde Afrikaans en Engelse fiksie, nie-fiksie, geestelike, koffietafel, kook, bak, selfhelp en kinder-boeke is te koop. Al die boeke, CDs en DVDs en ’n klein voorraad langspeelplate word teen die weggeprys van R10.00 elk verkoop. Koffie, tee, pannekoek en soetigheid is ook te koop. Indien u boeke, DVD’s, CD’s of vinielplate wil skenk kan u dit by die Bergsig kerksentrum aflaai of ons sal dit by jou afhaal. Vir meer inligting oor die projek en die mark skakel Hans Human by 082 549 0518.

Uitreikgeleentheid – 25 Mei

Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

Antoinette Cilliers 60 D’urban Ridge. 073 707 2415 Pa oorlede Troos en bemoediging

Alex Kriel en kinders Skilpadvleiweg 5, 082 852 0433 Vrou en ma oorlede Troos en bemoediging

Kobus Louw Eensgesind, 021 971 1235 Broer oorlede Troos en bemoediging

Magriet Roeland Fairtrees 12 Hospitalisasie Herstel en bemoediging

Hendrik le Roux Fairtrees Hospitalisasie Herstel en bemoediging

Francois Stemmet Palomino 13, 021 976 9090 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Stienie Lategan Fairtrees 8 Operasie Herstel en bemoediging

Doeks van Niekerk Fairtrees 67 Operasie Herstel en bemoediging

Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106

Die Junie LiG tydskrif

is nou te koop in win-

kels.

In die Junie-LiG leer ons van God se Vader-hart, en hoe ons mag dink oor die hemel.

Meer oor LiG se

Junie-uitgawe:

In LiG se Junie-

uitgawe vertel Nadine

Blom hoe sy besef het

God is lief vir stuk-

kende mense. Skrywer

en skilder, Carina Stander, vertel hoe haar ouers haar

andersheid gevier het. Ons leer oor wat die Bybel oor

die hemel sê. En vind uit wat God ons oor pa-wees leer.

Ons gee ook raad as jou geliefde aan Alzheimersiekte

ly. En gesels met 60-plussers wat die lewe aangryp en

vier! LiG gesels met kenners en ouers oor huiswerk op

laerskool – is dit die moeite werd? Ons gee raad oor

hoe om kreatiewe kinders groot te maak (hulle presteer

beter!) en sien hoe #imagine jonges laat droom en dien.

Durbanville-Bergsig hou daarvan om saam met vennote

te werk en nie noodwendig die UITREIKwiel van voor af

ontwerp nie. Ons versterk mekaar se hande. Ons sluit

die jaar aan by die Winterhoop-projek en gee hoop en

warmte deur komberse in te samel. Ons versprei dit

waar nodig deur die Winterhoop-projek en ook by die

plaaslike sopkombuis. Dankie vir jul bydrae.

05:45

Vrydagoggende Luister ook na getuienisse by www.tgifcape.co.za

Huweliksvoorbereidingklasse vir alle voornemende paartjies wat gaan trou

Vind plaas op 28, 29 en 30 Mei. Skakel Francois by 082 781 6854 vir meer inligting.

Bellville-Uitsig Gemeente, Mountainviewrylaan 17, Bellville.

LIVESTREAMING VAN EREDIENSTE

Bergsig se preke word 10:00 Sondagoggende of 18:00

by die @6 Aanddiens lewendig uitgesaai. Dit beteken jy

kyk na die preek op die tyd wat dit uitgesaai word via die

internet. Terwyl die leraars preek is daar dus die hele

tyd ’n kamera op hulle gerig wat die diens lewendig

uitsaai op die internet.

Weg met vakansie, tuis siek of wat ook al en jy wil nie

Bergsig se eredienste mis nie … skakel dan in via jou

rekenaar, selfoon, tablet of “smart” TV met YouTube:

OPSIE 1

1. MAAK DIE WEB OOP

2. TIK BY JOU SOEKENJIN IN:

www.bergsigdv.co.za

klik op die skakel media/livestreaming

3. Klik op die skakel in blou gemerk:

Durbanville Bergsig Gemeente Sy ligdraers.

4. Kies jou preek (lewendig / 1 uit argief)]

OPSIE 2

1. MAAK DIE WEB OOP

2. TIK BY SOEKENJIN IN: YOUTUBE

3. TIK IN SOEKBLOKKIE BY YOUTUBE:

Durbanville-Bergsig Gemeente Sy ligdraers en klik.

4. Kies jou preek (lewendig / 1 uit argief)

Onthou “livestreaming” / lewendig kyk gebruik data.

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

Durbanville / Bergsig Seniorgroep

Lede moet asb. daarop let dat ons MEI-

MAAND VERGADERING op Donderdag 24

Mei 2018 om 9:30 by Bergsig Gemeente sal

plaasvind.

Marion Holm, bekende kunstenaar, sal by

hierdie geleentheid optree.

Kom geniet heerlike sop en brood.

Om vrywillig om deel te word

van die kerk se algemene

WhatsApp ‘broadcast’ groep

stuur jou naam en van na: 071 529 9491

ENKELBED / ENKELMATRAS NODIG:

As iemand ʼn ekstra enkelbed en of matras het wat hulle wil weggee kan hulle Elize kontak by die kerkkantoor of e-pos na: [email protected]

WONING TE HUUR GESOEK: Gesin van 3 is op soek na n plat (nie trappe), troetel-diervriendelike 3-slaapkamer huis in Durbanville omgewing. Maksimum R10k per maand.

Kontak asb. [email protected] of 083 440 9640.

Is jy moeg vir winkelbrood? Ondersteun dan asb. my projek vir ’n hulpbehoewende

tehuis vir bejaardes. Ek bak 3 dae per week.

Skakel Lettie Veldsman 074 327 5412

Kamera tender Die kerk se Canon EOS 500 D is uit op tender.

Ingesluit: Kamera “body”, battery & batterylaaier

Nie ingesluit: lens, SD kaart, rekenaarkabel

Maak ‘n aanbod. Kontak Alida (Kommunikasie):

[email protected]

Bladsy 5 Bergs ig Boodskap

Hoe praat ons geld in die kerk?

Vandag gesels ons oor Bergsig se aandeel in

die groter Wes-Kaapland Streeksinode - as’t

ware ons groter missionale finansiële spoor.

Sinodale bydraes is die geld wat gemeentes jaarliks

vir Sinodale dienswerk oorbetaal. ‘n Gemeente se

“sinodale aanslag” hang af van die inkomste van die

gemeente.

Daar word dikwels in gemeentes negatief gepraat oor

hierdie oorbetalings, in taal soos: “hulle vat (al weer) (al)

ons geld”… “hoekom moet ons (soveel) vir die Sinode

gee?”. Hierteenoor het die kerkraad van ons gemeente

onlangs weer diep bewus geword van die positiewe ma-

nier waarop ons oor sinodale bydraes kan dink en praat.

Ons deel dit ook hier met u as gemeente.

Die sinodale dienswerk is ook ons dienswerk. Dis

nie “hulle werk” nie. Al die gemeentes is vrywillig

deel van die groter kerkverband. Eintlik sou ons ál die

sinodale werk op ons eie webbladsy kon plaas en sê:

“dis ook nog wat ons doen. Saam met die groter kerk”.

Reeds uit die Nuwe Testament, maar ook in die praktyk,

is dit duidelik watter seën dit inhou waar gemeentes in

groter eenhede saambind en saamwerk.

Ons ondersteun en versterk mekaar. Predikante en

ander noodsaaklike kundiges word opgelei en in diens

gestel. Groot bedieninge word bedryf wat slegs moont-

lik is as ons dit saam befonds. Dink byvoorbeeld aan

die Bybelgenootskap, Bybel-media, Badisa se barm-

hartigheidsprojekte en versorgingsplekke vir kinders,

bejaardes, gestremdes en middelafhanklikes. Ons be-

dryf groot jeugprojekte en doen saam getuieniswerk van

ontsaglike omvang. Die lys van waar ons gesamentlike

geld onontbeerlik werk sal bladsye beslaan. Ontdek

nog meer op die sinodale webbladsye, soos ons eie

streeksinode se kaapkerk.co.za.

Dankie vir u dankoffers. Bid saam met ons dat dit altyd tot seën sal wees in bedieninge binne die gemeente en daar buite waar ons Sy ligdraers is.

Groete Dr. Kobus de Jager

NG Kerk Durbanville-Bergsig

021 976 4106 • [email protected] • www.bergsigdv.co.za

Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550

Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551 Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00

Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.

24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning 071 196 4191 / [email protected] S33 48.966 O18 39.728

Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

Vinkel- & Koljandermark 30 Mei – 2 Junie 2018

Dit is ’n wintermark met ’n omgeehart vir verhoudinge en uitreikprojekte.

Kom geniet heerlike etes, pannekoek, soetgebak en die beste koffie en cuppucino’s van Die Koffieman

R100 & R50 geskenkbewyse beskikbaar.

65 + stalletjies met kaartfasiliteite, sentrale betaalpunt, snapscan & zapper.

Aandetes: Woensdag 30 Mei: Hoenderpotjie op rys @ R55

Donderdag 31 Mei: “Pulled pork” met tradisionele koolslaai op ’n spesialiteitsbroodjie @ R70

Vrydag 1 Jun: Beefburger R55, aartappelskyfies 200g @ R20

Kom koop solank jou etekaartjies - beskikbaar vanaf 6 Mei by die kerk of skakel Edna van Tonder by 083 302

4838 vir verdere inligting.

E-pos by [email protected]

Pinkster 2018 … ‘n geseende week!

Soveel mense het meegewerk om die Pinksterboodskap te help verkondig: Foto v.l.n.r: Bea Pretorius by die laer-skool Pinksterprogram asook Gr 4-7 by Bergsig. Ds. Mizelle Prinsloo in die saal met die gr 1-3 kinders wat op ’n pret manier leer hoe om te Groei in Christus. Baie dankie aan alle uitreik medewerkers en ondersteuners soos Leonette en haar wenspan!!! Die pragtige bedrag van R7470 is ingesamel met die kosverkope ten bate van House of Grace. Met dank aan Stephan Joubert vir sy besonderse boodskap, Tussen die boeke vanaf Stephan en van CUM bekom, is 94 boeke oor die 4 dae verkoop. Baie dankie dat jy ook op hierdie manier vir Stephan ondersteun het. Geniet die diepte van die inhoud in sy besonderse skryfstyl. Mag die Pinksterboodskap in ons bly voortleef.