19 junie 2016 hartklop · 2016. 6. 17. · koste: r50pp (sluit in sop, verversings, sterkaarte,...

8
Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Kol. Jeugwerk Baie dankie vir u volgehoue gebede en ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM ‘n Kind sê Dankie: Pa, Ek is jammer maar ek is ‘n hippie Ek is soos die prodigal seun in die Bybel wat weggeloop het Pa se huis was vir my nie ‘n open pad waar ek kon crash nie Pa se wêreld mag wel skitter en blink maar dis alles plastic Pa-hulle praat die haattaal ek wil van die liefde hoor Pa-hulle speel die blame-game ek soek vergifnis Ek wil wees is soos Gandhi eenvoudig en opreg Ek wil wees soos St Francis van Assissi - ’n instrument van vrede Ek wil Rabbi Jesus se dissipel wees ek wil Hom volg Pa, ek is terug Ek is terug met niks, net met ‘n belydenis Ek het eers na pa gekyk soos na ‘n verdroogde koringsaad - dood Ek het pa begrawe En nou sien ek nuut die saad het gegroei Daar is vrug - die liefde Pa het my soos die prodigal seun, omhels, gesoen en versoen Dankie dat hierdie prodigal seun, pa se kind mag wees dat pa se voordeur nog altyd oopgestaan het dat die stoepliggie nagte deur gebrand het dat pa my nou terug verwelkom soos ‘n heilige kind Pa, ek sal pa se blydskap-woorde nooit kan vergeet: Hierdie seun van my was dood en hy lewe weer. Hy was verlore en ek het hom teruggekry” Dankie, hemel Vader, vir my pa! Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 19 JUNIE 2016 SONDAG 26 JUNIE Ds Michiel de Kock HABAKUK GODISNOWHERE! Dink na oor hierdie letters. Ons lees die week die boek van Habakuk. Ons ken die bekende gebed: “Al sou die vyeboom nie bod nie nogtans sal ek Jubel …” Maar ons dink nie altyd aan die worstelpad wat Habakuk gestap het om daar uit te kom nie. Daarom vra ek dat u asb die hele boek lees en herlees. Kyk asb of u die volgende kan raaksien en bespreek dit dan met u groep of dink daaroor na. Hfst 1. Habakuk bid meer as wat hy profeteer. Habakuk soek na God ... “hoe lank nog Here? Waar is U?” Hfst 2. Habakuk bly praat met God. Hy moet wag op die Here … Hy moet leer: God bly God al storm die hel aan. Hy ontdek God is hier. Hfst 3. Sy gebed “Al sou die Vyeboom … Want God is orals. Vraag? Getuig ons lewe en woorde daarvan dat God hier is? GEEN AANDDIENS DIENSSENTRUM KUIER SONDAGMIDDAG 15:30 Alle 50 plussers welkom! Navrae Hannie 081 271 2290 DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER WAAR IS ONS VADER TOG? (PS 137 & HEB 1:11) Daar is seker min dinge wat 'n mens so weerloos laat voel as om nie jou omstandighede te verstaan nie, om soos 'n vreemdeling in jou eie land te voel. Ons is heeltyd besig om ons wêreld te interpreteer en sin daarvan te probeer maak. As dié proses gestuit word, voel ons weerloos. Daar is baie dinge wat ons onseker maak oor ons wêreld: die politieke strominge in Europa en geweld wat oral opvlam, die onseker situasie in ons eie land voor die verkiesing, die ekonomie, standpunte in die geloof en kerk wat ons ontstel en daarby nog ons eie gesondheid of verhoudings wat onder druk is. Hoe klink 'n lied van geloof is so 'n wêreld? Dit laat ons dink aan Israel wat in 'n vreemde land gevra word om 'n lied te sing. In Ps. 137:4 vra hulle: "Hoe kan ons die lied van die Here sing in 'n vreemde land?" Dit is die vraag van talle gelowig- es vandag: Hoe klink die lied van geloof in 'n vreemde wêreld? Kán ons hoegenaamd nog sing? Op Vadersdag vra ons dus: Waar is óns Vader tog... soos brose mense wat moed bymekaar skraap om weer te sing.

Upload: others

Post on 03-Dec-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 19 JUNIE 2016 Hartklop · 2016. 6. 17. · KOSTE: R50pp (Sluit in sop, verversings, sterkaarte, nuusbrief en kom geniet die sentrum se teleskope) : Laura 028 316 4453 of 083 651 7721

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Kol. Jeugwerk

Baie dankie vir u volgehoue

gebede en ondersteuning.

Wees Lig!

HARTLIK WELKOM

‘n Kind sê Dankie:

Pa,

Ek is jammer maar ek is ‘n hippie

Ek is soos die prodigal seun in die Bybel wat weggeloop het

Pa se huis was vir my nie ‘n open pad waar ek kon crash nie

Pa se wêreld mag wel skitter en blink – maar dis alles plastic Pa-hulle praat die haattaal – ek wil van die liefde hoor

Pa-hulle speel die blame-game – ek soek vergifnis

Ek wil wees is soos Gandhi – eenvoudig en opreg

Ek wil wees soos St Francis van Assissi - ’n instrument van vrede

Ek wil Rabbi Jesus se dissipel wees – ek wil Hom volg

Pa,

ek is terug

Ek is terug met niks, net met ‘n belydenis

Ek het eers na pa gekyk soos na ‘n verdroogde koringsaad - dood

Ek het pa begrawe

En nou sien ek nuut – die saad het gegroei

Daar is vrug - die liefde

Pa het my soos die prodigal seun, omhels, gesoen en versoen

Dankie dat hierdie prodigal seun, pa se kind mag wees

dat pa se voordeur nog altyd oopgestaan het

dat die stoepliggie nagte deur gebrand het

dat pa my nou terug verwelkom soos ‘n heilige kind

Pa,

ek sal pa se blydskap-woorde nooit kan vergeet:

“Hierdie seun van my was dood en hy lewe weer. Hy was verlore en ek het hom teruggekry”

Dankie, hemel Vader, vir my pa!

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

19 JUNIE 2016

SONDAG 26 JUNIE Ds Michiel de Kock

HABAKUK

GODISNOWHERE!

Dink na oor hierdie letters.

Ons lees die week die boek van

Habakuk. Ons ken die bekende

gebed: “Al sou die vyeboom nie

bod nie nogtans sal ek Jubel …”

Maar ons dink nie altyd aan die

worstelpad wat Habakuk gestap

het om daar uit te kom nie.

Daarom vra ek dat u asb die hele

boek lees en herlees.

Kyk asb of u die volgende kan

raaksien en bespreek dit dan

met u groep of dink daaroor na.

Hfst 1. Habakuk bid meer as wat

hy profeteer. Habakuk soek na

God ... “hoe lank nog Here? Waar

is U?”

Hfst 2. Habakuk bly praat met

God. Hy moet wag op die Here …

Hy moet leer: God bly God al

storm die hel aan. Hy ontdek

God is hier.

Hfst 3. Sy gebed “Al sou die

Vyeboom … Want God is orals.

Vraag? Getuig ons lewe en

woorde daarvan dat God hier is?

GEEN AANDDIENS

DIENSSENTRUM KUIER

SONDAGMIDDAG 15:30

Alle 50 plussers welkom!

Navrae Hannie 081 271 2290

DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

WAAR IS ONS VADER TOG? (PS 137 & HEB 1:11)

Daar is seker min dinge wat 'n mens so weerloos laat voel as om nie jou omstandighede te

verstaan nie, om soos 'n vreemdeling in jou eie land te voel. Ons is heeltyd besig om ons wêreld

te interpreteer en sin daarvan te probeer maak. As dié proses gestuit word, voel ons weerloos.

Daar is baie dinge wat ons onseker maak oor ons wêreld: die politieke strominge in Europa en

geweld wat oral opvlam, die onseker situasie in ons eie land voor die verkiesing, die

ekonomie, standpunte in die geloof en kerk wat ons ontstel en daarby nog ons eie gesondheid of

verhoudings wat onder druk is. Hoe klink 'n lied van geloof is so 'n wêreld?

Dit laat ons dink aan Israel wat in 'n vreemde land

gevra word om 'n lied te sing. In Ps. 137:4 vra

hulle: "Hoe kan ons die lied van die Here sing in 'n

vreemde land?" Dit is die vraag van talle gelowig-

es vandag: Hoe klink die lied van geloof in 'n

vreemde wêreld? Kán ons hoegenaamd nog sing?

Op Vadersdag vra ons dus: Waar is óns Vader

tog... soos brose mense wat moed bymekaar

skraap om weer te sing.

Page 2: 19 JUNIE 2016 Hartklop · 2016. 6. 17. · KOSTE: R50pp (Sluit in sop, verversings, sterkaarte, nuusbrief en kom geniet die sentrum se teleskope) : Laura 028 316 4453 of 083 651 7721

ONS BID VIR ... Hannatjie Oosthuizen

Gawie Liebenberg

Hester Bekker

Rina vd Westhuizen

Helene Alberts

Willem Theron

Cissy Coetzee

Betsie Liebenberg

Ferdie Groenewald

Corlise Steyn

Jansen Streicher

Max & Nanine Behrens

Cedric Taylor

Johan Theron

Bets Prinsloo

Johan Acker

Gertjie Kemp

Carien Viljoen

MEEGEVOEL

Met Kallie, Lizaan en familie

met die heengaan Magdalene

Volsckenk.

Met Joey Brink en familie met

die heengaan van Johan.

Ons bid ook vir alle bejaardes

in ‘n sorgeenheid.

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 082 895 9479

MA. 20 JUNIE DI. 21 JUNIE WO. 22 JUNIE

SOPKOMBUIS

11:00 - 13:00 KLEREKAS

DO. 23 JUNIE VR. 24 JUNIE SA. 25 JUNIE

14:30 ONSTEATER fliek: “Lady in

the van”. Slegs donasies.

16:00 VROUE BIDUUR by die

VGK Mount Pleasant. Ons nooi graag

alle vroue om saam te kom bid en stil

te word voor Vader God. Welkom!

Navrae: Annette by 072 903 9189

SKOLE SLUIT

09:30 - 11:30 KOLWYNTJIE Teetuin

WAT GEBEUR ALLES SONDAG 26 JUNIE ?

08:30 GEBED: Ons bid saam in die

Gebedskamer vir die diens. Kom bid

saam!

09:00 EREDIENS:

Ds Michiel de Kock gaan voor.

Welkom!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 33)

GEEN KATEGESE

AGV WINTERVAKANSIE

Here, my God, die dag is vol van sy eie dinge, sy eie eise en uitdagings. Ek besef noudat ek daaraan dink hoe maklik en gereeld ek hierdie

dinge verafgod deur hulle aan hulle ‘n sta-tus bo U te gee en toe te laat dat hulle my lewe regeer.

Ek vra dat U hierdie dag met my sal begin en dit enduit sal vul met u teenwoordigheid. Gee dat ek nie net by U sal soek vir krag wanneer

ek onder die dag se druk kortasem word en ondersteuning nodig het nie, maar dat ek U sal herken as my Vriend wat self by my bly en dat die belangrikste in my lewe is.

Vader, gee dat ek U teenwoordig-heid sal soek, sal herken en koester sodat my neerslagtigheid en angs sal wyk voor die ryke vrede wat by U

allen te vinde is. Want ek soek en verlang meer na U goeie gawes en ryke seëninge.

My Vader, ek weet dat dit goed is om naby U te wees. Sonder U is die mooiste gawes en die rykste seëninge leeg. Daar is niks in die

hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. Dankie vir U genade en liefde.

Here, U alleen is onbeskryflik groot. U wat alles geskep het wat geken kan word. Alles bring eer aan U, ons Hemelse Vader. In U

vind u hele skepping rus. In U is die enigste ware Lewe! Om U te ken, is die lewe, om U te dien, is ware Vryheid.

18:00 GEEN AANDDIENS

BID VIR SUID-AFRIKA

Baie dankie aan almal wat die afgelope

40 dae so getrou saam gebid het. Ons

sluit die Gebedsaksie af met ‘n gebed

van Franciscus van Assisi:

O Here, maak my ’n instrument

van u vrede.

Waar daar haat is, laat my liefde saai,

Waar daar onreg is, vergifnis;

Waar daar twyfel is, geloof;

Waar daar wanhoop is, hoop,

Waar daar duisternis is, lig,

Waar daar droefheid is, vreugde.

Amen

Page 3: 19 JUNIE 2016 Hartklop · 2016. 6. 17. · KOSTE: R50pp (Sluit in sop, verversings, sterkaarte, nuusbrief en kom geniet die sentrum se teleskope) : Laura 028 316 4453 of 083 651 7721

KOM GENIET ‘N AAND VAN STERREKYK DEUR TELESKOPE EN VERKYKERS!

Hierdie maand gaan ons u leer hoe om sterkaarte te lees (jy ontvang jou eie!), ons

gaan jou wys wat jy deur jou eie verkyker kan sien, daar is ‘n “Deep Sky Challen-

ge” asook ‘n spesiale trekking waar jy ‘n koplamp kan wen (perfek vir sterrekyk

aande). U is almal baie welkom!

TYD: 18:00 WAAR: NG GEMEENTE ONRUSRIVIER

BRING SAAM: Jou eie verkyker (indien jy het). Ons gaan fokus op die objekte

rondom die Suiderkruis. Bring ook ‘n opvoustoel met armleunings (wat sterrekyk

vergemaklik), warm klere en ‘n koplamp met ‘n rooi liggie (indien jy het).

WAT GEBEUR INDIEN DIT REËN? Geen problem! Selfs as dit bewolk is,

bring gerus jou verkyker en kom neem deel. Ons gaan ‘n baie opwindende alter-

natiewe program hê. Sien julle op 24 Junie!

SOP & STERRE 24 Junie 2016

KOSTE: R50pp (Sluit in sop,

verversings, sterkaarte,

nuusbrief en kom geniet die

sentrum se teleskope)

BESPREKINGS:

Laura 028 316 4453

of 083 651 7721 of

[email protected]

BESPREEK ASB SO GOU MOONTLIK WANT

SPASIE IS BEPERK (HIER OP AARDE IN ELK GEVAL!)

SENDINGNUUS UIT INDIË Liewe Vriende,

Ek skryf hierdie terwyl ek en die girls 24 uur per

trein reis op pad na "Kids' Camp 2016" - 'n Kamp

vir kinders van werkers in die noorde van Indie.

(10-18 Junie) Ons het dit verlede jaar vir die

eerste keer bygewoon en dit is 'n voorreg om weer te kan gaan! Dit sal wonderlik wees as julle saam met ons kan bid

vir Priyanka, Nadia en al die ander kinders wat die kamp sal bywoon...

# Beskerming en Gesondheid

# Geestelike groei

# Eenheid

# Vriendskappe

# Verlange huis toe. Kampers is tussen 7 en 12 jaar oud.

Dan wil ons die vrymoedigheid neem om 'n behoefte wat ons het onder julle

aandag te bring... Ons is op soek na 'n voertuig om te gebruik terwyl ons in SA

is. Aangesien ons hierdie keer heelwat korter as gewoonlik daar sal wees, wil

ons baie graag probeer om by tye vir Oupa en Ouma by ons te he terwyl ons

rondbeweeg. Dit beteken egter dat ons 'n groter voertuig as 'n sedan motor

sal benodig...

Bid asb ook vir Rahul se visum vir SA en vir die fondse wat ons nog te kort skiet vir die vliegtuigkaartjies. Dit blyk

dat 'n besoek aan SA nooit gebeur sonder baie drama, gebede en geld nie, maar ons is so opgewonde om julle weer

te sien! Baie dankie dat julle die Here saam met ons sal vertrou vir al die wonderwerke en alles wat nog in plek moet

val.

Ons waardeer julle liefde en gebede! Rahul, Lorette, Priyanka en Nadia.

FOTO REGS: Verlede Sondag was ons kerkgebou

behoorlik omgedop en geseën met die Fynarts

opvoering van Richard Cook saam met ‘n simfonie-

orkes en koor. Wat ‘n wonderlike gebeurtenis!

Ons dank God vir ons geboue waarmee ons deel

kan wees van die gemeenskap.

Page 4: 19 JUNIE 2016 Hartklop · 2016. 6. 17. · KOSTE: R50pp (Sluit in sop, verversings, sterkaarte, nuusbrief en kom geniet die sentrum se teleskope) : Laura 028 316 4453 of 083 651 7721

TEENTRIX AFSLUITING Vrydag 10 Junie was daar

heerlik saamgekuier, speletjies gespeel, worsbroodjies

geëet en lekker ontspan. Ons Teentrix het ook kinders

van Hawston en Zwelihle uitgenooi om saam te kuier en

daar is reeds wonderlike nuwe vriendskappe gebou.

Dankie Anton en Roeleen en almal agter die skerms.

JEUGDAG SPORTDAG - Ons Teentrix het met sokker- en netbal-

spanne die dag gaan geniet in Zwelihle saam met Brine se sports-

panne. Die koue kon beslis nie die warm harte en energie keer nie.

Page 5: 19 JUNIE 2016 Hartklop · 2016. 6. 17. · KOSTE: R50pp (Sluit in sop, verversings, sterkaarte, nuusbrief en kom geniet die sentrum se teleskope) : Laura 028 316 4453 of 083 651 7721

JEUGDAG SPORTDAG BY ZWELIHLE skop af met 'n pragtige reënboog in die agtergrond . . . gepas vir ons reënboognasie!

Sokkerregistrasie....Blou en Groenspanne word 'n gemengde

span

Optog deur Zwelihle om spanne voor te stel ....

Kultuurervaring!

En toe word daar saamgespeel!

Ons gee Vader God al die eer vir ‘n BAIE

geseënde dag van vriendskappe bou en saam

as kinders voor God te speel!

Page 6: 19 JUNIE 2016 Hartklop · 2016. 6. 17. · KOSTE: R50pp (Sluit in sop, verversings, sterkaarte, nuusbrief en kom geniet die sentrum se teleskope) : Laura 028 316 4453 of 083 651 7721

Ons almal saam in diens van

Jesus Christus

Oral, Altyd en in Alles

PROGRAM 20 - 26 Junie

Onrusrivier Dienssentrum

“Deur die genade

van God”

10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Ester du Toit nooi u - maak gerus ‘n afspraak by haar - Tel: 081 453 8130.

KOM WEES KREATIEF: Sitkamer om 10h00 – 12h00: Kom en sit koppe bymekaar en maak iets nuttigs en mooi.

NAALDWERK: Rita Ferreira is tans op verlof en sal eers weer terug wees die eerste week in Julie. Baie dankie!

KLINIEK 10h00 – 12h00: Kontak sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak. Sy kan gekontak word Maandag tot Vrydae: 08h00 – 13h00. Kontak sr. Calitz direk indien u 'n versorger of versorging benodig. 10h00: SKAAK Johan Oosthuizen is baie lief vir skaak en wil sy belangstelling/liefde graag met u deel. Kom speel saam met hom by die dienssentrum. Indien jy nie kan speel nie is Johan bereid om vir jou te leer.

TRIMGIM in Ark om 10h00 – 11h30: Trimgim deur Mathilda Roos (Biokinetikus).

Trimgimfooie is R35 per maand vir lede (R50 per maand vir nie-lede). VOETE- EN HANDE VERSORGING vanaf 08h00: Maak ‘n afspraak by Marilyn Prinsloo by 082 532 6931.

10:15 KOSDEMONSTRASIE: Angelique Brink, eienaar van Sanbaai Country House, kom doen 'n kos demonstrasie. Sy gaan suurdeeg as basis gebruik. Angelique wys vir 'n mens op so 'n maklike ma-nier om resepte te verstaan. Kom kyk, kom leer en kom proe - jy gaan met 'n baie goeie resep weg stap om die mense om jou te bedien met lekker kos!

DONDERDAG, 23 JUNIE

WOENSDAG, 22 JUNIE

DINSDAG, 21 JUNIE

MAANDAG, 20 JUNIE (DIENSSENTRUM GESLUIT) ONSTEATER

BAIE DANKIE aan almal wat die

laaste film so goed ondersteun het!

Op DONDERDAG 23 JUNIE om

14:30 wys ons die film

"THE LADY IN THE VAN".

Dis gebaseer op die ware verhaal

van Miss Shepherd, gespeel deur

MAGGY SMITH.

Vir 15 jaar het sy in 'n paneelwa in

Alan Bennett se motor-oprit ge-

woon!

"One of the best British films of

the year" (Mail on Sunday)

Koste? Slegs donasies vir

Dienssentrum.

Kontak asb vir Johan op ‘n

Maandag om te bevestig op

082 804 6715

028 316 4961

indien u wil kom saam skaak

speel op ‘n Dinsdag.

U is baie welkom!

Page 7: 19 JUNIE 2016 Hartklop · 2016. 6. 17. · KOSTE: R50pp (Sluit in sop, verversings, sterkaarte, nuusbrief en kom geniet die sentrum se teleskope) : Laura 028 316 4453 of 083 651 7721

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

INDIEN U ENIGE INLIGTING

BENODIG.

ERIKA OOSTHUYSEN

Maatskaplike Werker

O28 316 3115 / 079 322 0998

[email protected]

FYNARTS: Ons wil baie dankie sê vir Joan en Hannie wat die be-

planning en organisering met betrekking tot die kos vir die FynArts

hanteer het. Julle het bly glimlag al gaan die hoe woes - dankie vir

die mooi manier hoe julle alles hanteer het. Duisende dankies ook vir

Angelique Brink, eienaar van Sandbaai Country House, wat die quich-

es vir ons gedoen het. Dankie dat jy altyd bereid is om 'n ekstra myl

vir ons te stap - dit word opreg waardeer. Baie dankie vir al die

vriendelike vrywilligers wat van die oggend 11h00 tot die aand om

20h00 nog rond gehardloop het, skottelgoed gewas het en gehelp

het met die bediening. Dit word opreg waardeer. Dankie ook vir die

vrywilligers wat Donderdag vir ons gehelp het met die kinders se be-

diening. Julle almal se hulp word opreg waardeer.

ADMINISTRASIE EN TEE MAAK: Joan benodig mense wat haar

op 'n aflosbasis kan kom help by die dienssentrum. Kontak haar

asseblief as jy sou belangstel om te help - dis om tee te maak,

mense te ontvang, inligting oor die dienssentrum te gee en om mense

te help om die registrasie vorms in te vul.

KONTAK NOMMERS

Verlede Vrydag het die

KOLWYNTJIE uit haar nate ge-

bars! HEERLIK! Daar was genoeg

te ete en te drinke vir die meer as

welkom nuwe asook gereelde be-

soekers. Dit was lekker om julle te

bedien! Vir net R30 koffie/tee en

'n groot stuk koek of tert, hoop

ons om julle gou weer te sien!

SPOELKLIPPE : GOEIE NUUS!!

MONTAGU! HIER KOM ONS!

Op Saterdag 17 SEPTEMBER DV is daar net 24 PLEKKE beskikbaar

op die trekkerrit. Spring gou en gee jou naam op by die

kerkkantoor en betaal R220 om jou plek te verseker!

(R110 vir rit en R110 vir die heerlikste potjiekos)

Vervoer uitgesluit ( Sorg vir eie vervoer)

Betaal voor 5 AUGUSTUS, asseblief.

Vir meer inligting kontak

Joep 028 316 4018 of

083 297 9230.

Ons nooi almal wat aan MNS, MS, spierdistrofie, Parkinsons, Alzhei-

mer en alle vorme van Dimensie ly en hulle familielede na 'n onder-

steuningsgroep wat op MAANDAG, 4 JULIE, om elf uur tot twaalf

uur in die sitkamer van die Dienssentrum gehou sal word. Dit is nie

maklik om hierdie siektes en hulle simptome te hanteer nie. 'n Mens

het nodig om daaroor te praat! Kom na die dienssentrum en kom ge-

sels saam of sit net agteroor en luister na die res van die groep en

kry weer motivering! Navrae: Erika Oosthuysen.

TRIMGIM: Mathilda Roos wil begin met 'n

mansgroep. Mathilda is 'n bio-kinetikus.

Biokinetika fokus op die bevordering van al-

gehele welstand, die instandhouding van

fisieke gesondheid en finale fase rehabilita-

sie. Bogenoemde word bereik deur weten-

skaplik gebasseerde oefenprogramme.

Hierdie oefeninge is nie moeilik nie.

Mathilda is daar om jou te help en te be-

gelei om die oefeninge volgens jou behoefte

en jou spoed te hanteer. Indien daar mans

is wat by so 'n groep wil inskakel, kontak

asseblief direk vir Mathilda by 082 339

1085. Onthou ook die vroue groep wat

Woensdae @ 10h00 oefen in die OnsTeater.

KOLWYNTJIE TEETUIN

VRYDAG 24 JUNIE

09:30 - 11:30

Page 8: 19 JUNIE 2016 Hartklop · 2016. 6. 17. · KOSTE: R50pp (Sluit in sop, verversings, sterkaarte, nuusbrief en kom geniet die sentrum se teleskope) : Laura 028 316 4453 of 083 651 7721

BYBELSKOOL Ons is gesluit tot DV 20/21 Ju-lie 2016. Clifford sal dan ‘n module aanbied oor ‘Jesus’. Ons wil Jesus herontdek. Baie dankie vir u toegewyde meelewing. Dit was goed so saam. Dan ook aan Johan van Schalkwyk en sy klein profete-vriende. Die Here het ons werklik goed geseën. Navrae: Clifford by Tel. 028 316 4895. ONTHOU! HUIS LETTIE THERON BASAAR Saterdag 30 Julie 2016 om 09h00, in die Grobbelaarsaal, Hermanus. Ons benodig donasies vanaf kontant, gebak soos koeke, beskuit, koekies, brood en nageregte tot wit-olifant-items (skakel en ons sal kom afhaal) asook leë 2L roomysbakke. Alle donasies welkom. Plaas op basaarlyste in sirkulasie of lewer af by die tehuis voor die basaar. Byvoorbaat dankie vir u bydraes en ondersteuning asook op die Saterdag van die basaar.

WYKSBYEENKOMS - WYK 12 Dinsdag 21 Junie @ 18:30 in die maal-ruimte. Koffie/Tee/Toebroodjies word bedien. Kontak Joe Nel 082 358 9173 / 028 316 1217.

GEDENKMUUR NISSIES Gedurende April 2013 was die prys van die Gedenkmuur nissies vasgemaak @ R2000 vir die eerste 50 nissies en daarna R3000 vir die opvol-gendes. Ons is dankbaar om te noem dat die eerste 50 nou verkoop is. Neem dus asb. kennis van die nuwe prys. Dit sluit die granietblad in. Die gravering is egter vir die koper se eie kostes. Hanna (Kerkkantoor.)

HUWELIKSVERRYKINGSNAWEEK

1 - 3 JULIE 2016

Kom maak 'n goeie huwelik beter!

Almal welkom - Pasgetroud tot bewend

oud. Groot pret olv Theuns en Martie Stof-

berg. Theuns was Springbok kaptein en

weet hoe om 'n gaping te vat. Martie keer

dat rooi kaarte uitgedeel word.

Plek: Die Ark (Ons is reg vir strome van

seën) Tyd: Vrydag vanaf 18:00, Saterdag

heeldag en Sondag tot 13:00

Koste: R500 per paar. Etes ingesluit

Gou spring, ons het nog net ‘n paar plek oor!

Bespreek asb by die Kerkkantoor.

Navrae: Wilhelm Burger.

KOSPAKKIES 20 JUNIE DV Pakkies word more-oggend om 8:30 in die Moederskamer gepak. Jak1:17"Elke goeie gawe.......kom van BO" Baie dankie vir al die goeie gawes ontvang.

MET DIE UITREIK NA CALITZDORP benodig Anton serpe en musse en dit kan enige grootte wees. Dit moet kan pas vir babas tot bejaardes! As u bereid is om te help om te brei? Kontak asseblief vir Erika by 028 316 3115 of 079 322 0998. Dankie!

BOEK: Het u dalk ‘n ekstra Groot Gebede Boek van Piet Naudé wat u kan afstaan aan die Dienssentrum? Bring asb. na die Kerk-kantoor. Dankie.

KLEREKAS: Het u enige klere in u kas wat u al jare lank nie dra nie? Bring dit gerus na die klerekas. Die fondse gaan vir die kospakkies.

PRINSES PROJEK: Soek asb ’n blou pakkie vir ’n bruid se moeder (no 44 asb). Kontak Helen by 083 650 7131. GESOEK: Ek benodig 'n een slaapkamer woonstel vir 'n ma en 'n dogtertjie. Die be-drag kan nie meer wees as R2 500 per maand met water en ligte ingesluit. Kontak vir Erika indien u van so iets weet.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 071 641 7029

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Piet van Zyl 082 339 9871

[email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Hennie Davies 061 300 4577

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

boek

wees

MATHILDA ROOS

BIOKINETIKA Walvisstr 1, Sandbaai

082 339 1085 [email protected]

Individuele programme vir persone met:

Kardiale (hart) probleme, Beroertes,

Ortopediese probleme soos arthrites, ontwrig-

tings, vervangings. Vooraf versterking en

Nasorg, herstel en versterking.

WINTERPROJEK: Dit is winter en ons begin weer met ons

jaarlikse Winterprojek. Ons wil hierdie jaar graag uitdeel vir Huis Lettie Theron, Sofca

en Swop Shop (kinders).

WAT BENODIG ONS: Tandepasta, lyfsproei/ Deodorant (mans

en dames), waslappe, tandeborsel, speelgoed, seep en toiletpapier.

Sal u asseblief voor Vrydag, 22 Julie, die items by die kerkkantoor inhandig.

Dit sal werklik baie waardeer word.