18:00 aanddiens lofpr ing sing: ps 119-2:8 1 chronicles 29 ... · ouers, wat kan help om deel te...

8
26 Januarie 2014 Jaargang 3 #3 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Die Evangelie in oorlogstaal – Meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het Rev Fanie Coetzee Theme: Prayer because I am able to give Scripture reading: 1 Chronicles 29:1-19 Focus verses: 1 Chronicles 29:13 11:30 International Service Ds Willem Steyn Tema: Een Verlosser vir almal Lofpr�ing 18:00 Aanddiens Tema: Loof die Here vir sy goedheid Lied 205 Bring lof aan die Vader Lied 212 Loof die Heer Hy is goed Lied 168 Heilige Jesus Sing: Lied 422:1,2 Sing: Lied 422:3 (Kinderbegeleiding) Sing: Sb 15-2:2,3 Skriflesing: Romeine 8:31-39 Teks: Romeine 8:35a en 37 Sondag 52 HK(vr 127) Sing: Sb 14-3:1,2 Sing: Sb 5-4:3,4,5,6 Amen: Sb 13-2 Sing: Lied 422: 1,2,3 Sing: Ps 119-2:8 Skriflesing: Joh 3:1-7 en Joh 4:1-19 Teks: Joh 4:13-14; Joh 3:5 Sing: Ps 38-1:1,17 Sing: Ps 32-2:1, Ps 32-1:6 Sing: Sb 1-2: 1,2,3 Amen: Sb 13-2

Upload: others

Post on 16-Mar-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 18:00 Aanddiens Lofpr ing Sing: Ps 119-2:8 1 Chronicles 29 ... · ouers, wat kan help om deel te word van hierdie bediening aan ons kinders. As jy kan help beteken dit, dat jy Maandag

26 Januarie 2014Jaargang 3 #3

09:30 OggenddiensDs Fanie Coetzee

Tema: Die Evangelie in oorlogstaal – Meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het

Rev Fanie CoetzeeTheme: Prayer because I am able to give

Scripture reading: 1 Chronicles 29:1-19 Focus verses: 1 Chronicles 29:13

11:30 International Service

Ds Willem SteynTema: Een Verlosser vir almal

Lofpr�ing

18:00 Aanddiens

Tema: Loof die Here vir sy goedheidLied 205 Bring lof aan die Vader

Lied 212 Loof die Heer Hy is goedLied 168 Heilige Jesus

Sing: Lied 422:1,2Sing: Lied 422:3 (Kinderbegeleiding)

Sing: Sb 15-2:2,3Skriflesing: Romeine 8:31-39 Teks: Romeine 8:35a en 37

Sondag 52 HK(vr 127)Sing: Sb 14-3:1,2

Sing: Sb 5-4:3,4,5,6Amen: Sb 13-2

Sing: Lied 422: 1,2,3Sing: Ps 119-2:8Skriflesing: Joh 3:1-7 en Joh 4:1-19Teks: Joh 4:13-14; Joh 3:5Sing: Ps 38-1:1,17Sing: Ps 32-2:1, Ps 32-1:6Sing: Sb 1-2: 1,2,3Amen: Sb 13-2

Page 2: 18:00 Aanddiens Lofpr ing Sing: Ps 119-2:8 1 Chronicles 29 ... · ouers, wat kan help om deel te word van hierdie bediening aan ons kinders. As jy kan help beteken dit, dat jy Maandag

2

Soos u moontlik al in die nuusmedia verneem het, heers daar tans ‘n onsettende droogte in dele van die Noordwes-provinsie. Ons haal aan uit ‘n “Facebook” bladsy wat deur welwillende vriende geskep is:

“Die droogte in Noordwes is ‘n realiteit en nie fiksie nie. So erken ons ook die droogte in die Noorde asook Vrystaat, Noord-Kaap en Na-mibië. Maar hierdie blad is deur ‘n klein groepie vriende begin om mense in Noordwes te help. Noordwes is onlangs as ‘n Droogte-rampge-bied verklaar en boere moes aansoek doen vir staatshulp.Daar is 23 360 boere wat aansoek gedoen het by die regering vir droogtehulp. Uit hierdie aansoeke is bepaal dat daar ongeveer 900 000 grootvee eenhede is wat tans voer nodig het. Om hierdie diere vir een dag voer te gee, het

Hulp aan boere in Noordwes

Van die regering se hulpbedrae is al uitbetaal, maar die proses vorder baie stadig.Die bestuur van SDDS (Sinodale Deputate Diakonale Sake) het reeds aan die einde van verlede jaar ‘n bedrag van R150 000 aan AgriNW geskenk vir aanwending as droogtehulp. Uit die land-bou- geledere was daar oorweldigende dankbaarheid vir hierdie hulp.Omdat die droogtetoestande steeds voortduur, wil ons u vriendelik versoek om hierdie inligting onder lidmate bekend te maak met die versoek om aan hierdie boere in hulle nood te dink. Waar dit moontlik is, wil ons ook versoek dat diakonieë en lidmate ook finansieël sal bydrae om die nood te verlig.Bydraes kan in die rekening van SDDS betaal word met verwysing: “Droogtehulp”Bankbesonderhede is: ABSA Rek 333 014 1750.Ons dank u vir u aandag vir hierdie dringende saak.Vriendelike groete, U broeder in Christus, Hannes Vorster (SDDS)

ons 630 000 bale per dag nodig. Een ton voer kos so R 1 200 – vervoerkoste uitgesluit.. As ons die som andersom doen – met R150 000 het ons genoeg vir 80 000kg voer afgelaai op sentrale punte of voer vir 4571 beeste vir een dag. Met R100 hou ons 4 beeste vir een dag aan die gang.Die bedrag van R43 miljoen is deur die staat beskikbaar gestel vir die gebied waarvan R8,5 m moes gaan vir watervoorsiening in afgeleë gebiede. Dit het maar ‘n klein bedraggie gelaat vir die groter beesboere.”

MeelewingChristie Rhoode, wat gereeld hier saam met ons eredienste bywoon, ondergaan Maandag ʼn skoueroperasie in Medi-Clinic. Ons bid dat dit goed sal afloop

Koos en Daleen Grobler (018-294-5014) het met groot dankbaarheid ‘n nuwe kleinkind van die Here ontvang, klein Ian van der West-huizen in die VSA.

Baie geluk!hulp gevra:

kinderoppasser(s)Kleingroep 6 het ‘n student(e) nodig om elke tweede Dinsdag van 18:00-19:30 met ons kinders te speel. Vergoeding is onderhandel-baar – en is gewoonlik ietsie soet of ietsie mooi of ietsie uit die druiwestok… As jy belangstel kontak vir Hanlie Steyn(083 654 8652).

Dienste in Groen WilgersDaar is verlede Sondag begin om in same-werking met die NG- en Hervormde kerk, op Sondagmiddae om 15:30 dienste in die eet-saal van Groen Wilgers te hou. Lidmate uit die omgewing is sekerlik ook welkom om dit by te woon.

Page 3: 18:00 Aanddiens Lofpr ing Sing: Ps 119-2:8 1 Chronicles 29 ... · ouers, wat kan help om deel te word van hierdie bediening aan ons kinders. As jy kan help beteken dit, dat jy Maandag

3

Verjaarsdae

21

Vandag, 26 JanuarieJudie Coetzee 082-619-4620Braam de Villiers 082-564-2642Christina Postma 018-290-9820

Maandag, 27 JanuarieCornelia Wessels 083-302-9829

Dinsdag, 28 JanuarieEric Malan 076-587-7223

Woensdag, 29 JanuarieEstiaan Klem 083-453-1872Miné Kloppers 072-741-0672 Donderdag, 30 JanuarieHannes du Toit 082-822-1769Eldorette Havenga 082-567-1294Francois van den Berg 072-211-0066

Saterdag, 1 FebruarieLouis Fourie 083-320-7614Willem Joubert 083-296-2007Philip v/d Westhuizen 082-348-3720Ray van Rensburg 083-750-0944Hettie van Wyk 082-416-1136Ester Venter 079-871-3889Mariette Viljoen 082-850-8395

1

Tydens ons aanddienste maak ons gebruik van musikante en voorsangers sodat ons ekstra lekker kan sing! Die musiekgroep oefen slegs op Donderdae en Sondae om 17:00-18:00 vir die komende Sondag. Ons wissel graag die instrumente af om die begeleiding kleurvol te hou, dus hoef jy jou nie te verbind om elke week te speel nie. Indien jy die gawe ontvang het om goed te sing of klavier, ‘n blaas-of strykinstrument te bespeel en graag wil in-skakel by die musiekgroep kontak vir Hanlie Steyn (083 654 8652, [email protected]).

Word deel van ons musiekbediening!

Gesamentlike Jeugwerk en dienste met Mooirivier & Oos U weet hoe ons nou al verskeie jare ter wille van gesamentlike jeugbediening, met Oos en Mooirivier saamgewerk het deur agt Aand-dienste gesamentlik te hou.Na evaluering verlede jaar wil ons die proses soos volg wysig:Daar gaan steeds agt geleenthede wees waartydens daar gesamentlike jeugaktiwiteite vir laerskool- en hoërskoolkinders gereël word. Die samekomste skuif weer na die ge-bouekompleks van Oos omdat die meeste kinders vanuit daardie gemeente kom. Ouers en kinders woon dus die gesamentlike diens en die gesamentlike jeugwerk daar by. Oos bly verantwoordelik vir al die gesamentlike eredienste maar sal van die ander predikante daarvoor gebruik.Omdat ons fokus op studentebediening hier verskerp het, kan ons nie bekostig om agt aanddienste (almal in die tyd wat studente hier is) op te offer nie. Ons het dus ooreenge-kom dat ons voortgaan om op die Sondae van gesamentlike dienste hier ook ‘n diens te hou ter wille van kontinuïteit in ons bediening. Die dienste hier is volledig ons verantwoordelik-heid.Die hoërskooljeug se samekomste fokus die jaar rondom DISSIPELSKAP terwyl die laer-skooljeug uit Handelinge gaan werk rondom die tema: Die kerk werk wêreldwyd.

Hulp gevra: Laerskool erediensbegeleiding

Tydens ons oggenderedienste kry ons laer-skool kinders ‘n erediensaktiwiteit, wat hulle help om die preektema te verstaan. Ons nooi enige iemand, in besonder ons laerskool ouers, wat kan help om deel te word van hierdie bediening aan ons kinders. As jy kan help beteken dit, dat jy Maandag die Skrif-gedeelte en preektema vir die volgende Son-dag gaan ontvang, en dan in gesprek met die dominee wat preek ‘n werkkaart gaan saam-stel, wat Vrydagoggend gedruk moet word. As jy belangstel kontak vir ds. Willem.

Page 4: 18:00 Aanddiens Lofpr ing Sing: Ps 119-2:8 1 Chronicles 29 ... · ouers, wat kan help om deel te word van hierdie bediening aan ons kinders. As jy kan help beteken dit, dat jy Maandag

4

Prof Rantoa Letsosa en sy vrou Sylvia het met groot dankbaarheid vertel dat die bediening vir die Venterskroon plaaswerkers vanjaar vol-spoed aan die gang is. Eintlik is dit nie net plaaswerkers en hulle gesinne wat saamkom in die erediens nie. Heelwat mense uit Potchef-stroom aanbid saam met die groep. Van hulle is studente wat by die Universiteit en verskil-lende kolleges in die dorp studeer. Dit lyk asof die pitkos wat daar gebied word, saam met die dinamiese sang vir ander aantrekkingskrag het. Daaroor kan ons net dankbaar wees. Nou onlangs het ‘n paar Nederlandse studente, saam met hulle professor (Erik Peels) ook aan ‘n diens deelgeneem en met verwondering getuig van die werk wat die Here daar doen.Die nuwe bymekaarkomplek is baie beter ge-leë, 15 kilometer buite die dorp op die Schoe-mansdrift pad. Die taxi moet nog dieper in die koepel ry om lidmate aan te ry, en hy ry ook persone uit Ikageng aan. Prof Letsosa se twee motors moet elke Sondag ry omdat daar heel-wat mense uit die dorp met hulle saamry. Die gemeente kom 10 uur saam vir katkisasie en Bybelstudie vir die volwassenes. Teen 11 uur begin die diens en die meelewing en koinonia duur vir meer as twee uur. Dan word die lid-mate weer teruggery.Hierdie wonderlike saamkom (vir party am-per 4 tot 5 uur uit en tuis) bring bepaalde be-hoeftes na vore. Die eerste en belangrikste is toilette. Die boer, Lourens Scheepers, is gewil-lig om nog ‘n huis beskibaar te stel vir toilette en vir ‘n kombuis (die struktuur kan behou word). Hulle sal ook water kan verskaf. Daarom kan spoeltoilette opgerig word vir mans en dames. Daar is onderhandelinge aan die gang om ‘n groot gat vir die septiese tenk te grawe en om dan toilette in te sit. ‘n Gesin uit die VSA het ‘n skenking vir die doel gemaak (prof Nora Tisdale se gesin, sy het Venterskroon be-soek). Daar is reeds ‘n kundige lidmaat van die Bult wat sy hulp aangebied het, maar indien daar ander is met raad of hulp kan hulle my skakel.

Venterskroon-bediening volspoed aan die gang

Die tweede behoefte is aan ‘n eenvoudige middagete. Wanneer die mense so laat by hulle huise kom is daar eintlik nie tyd om be-hoorlik kos te maak nie. Daar is reeds van ons lidmate wat skenkings vir groente maak en die diakonie gee ook maandeliks ‘n bedrag. Dit sal nie verdere kostes vir die gemeente van die Bult meebring nie. Die lidmate van Venter-skroon sal self die voorbereiding doen. Indien iemand dalk ‘n gawe gastoof het (daar is nie krag nie) sal dit baie welkom wees.Ons kan die Here net loof en dank vir die werk wat daar gedoen word. Bid dat die Here krag sal gee om struikelblokke te oorkom. Kyk gerus na die Venterskroon blad op Face-book! Die link is: http://www.facebook.com/VenterskroonBedieningBen de Klerk (082-442-0018)

Ekumenisiteit (Buitelands) – Om skakeling met ander Gereformeerde kerke met wie die GKSA noue bande in die buiteland het te be-vorder. Riglyn van die Admin Buro: R10 per belydende lidmaat. (Daar is slegs een kollekte hiervoor per jaar.)

Liefdegawesby die deure26 Januarie

Oggend: Ekumenisiteit (Buitelands)Aand: Meelewingsfonds 2 FebruarieOggend: Ekumenisiteit (GK Londen)Aand: Meelewingsfonds9 FebruarieOggend: DankbaarheidsfondsAand: Meelewingsfonds

Waarvoor word vandag se Liefdegawes gebruik?

DIAKONIEDie diakens vergader DV op Sondag-aand 2 Februarie na die aanddiens.

Page 5: 18:00 Aanddiens Lofpr ing Sing: Ps 119-2:8 1 Chronicles 29 ... · ouers, wat kan help om deel te word van hierdie bediening aan ons kinders. As jy kan help beteken dit, dat jy Maandag

5

Teeskinkbeurte

Baie dankie!

26 JanuarieKG 4 (Fransa Vorster)

2 FebruarieKG 5 (Lizelle le Roux) & Wyk 5 (Christa Smith)

9 FebruarieKG 6 (Hanlie Steyn) & Wyk 6 (Lowisa Smit)

Saterdag 8 Maart 2014“Al wat van belang is, is geloof wat deur die

liefde tot dade oorgaan.” Gal 5:6(b)

Hiermee word die susters van u gemeente hartlik uitgenooi om die dag saam met ons te kom geniet.

Koste: R100 per persoon. Tema: “Vrou wat genade ontvang het, bedien hoopvol liefde in die Suid-Afrika van vandag”Spreker: Prof. Gert BreedTyd: Registrasie 08:00 – 08:45, Konferensie vanaf 9:00. Nb. Slegs plek vir 200 persone (Bespreek vroegtydig)Groete, Gereformeerde Kerk Ventersdorp Skryf asseblief jou naam op die lys in die portaal voor Sondag 9 Februarie as jy wil gaan.

Sustersaamtrek Liewe Susters,Daar word binnekort ‘n kursus onder lei-ding van Ds. Willem aangebied. Hierdie kursus vind plaas vanaf 4 Februarie tot 31 Mei op Dinsdagaande met addisioneel ook twee op Saterdae – 10 Mei en 31 Mei. Dus – 17 geleenthede.Die span wat die kursus hanteer is ongeveer 10 persone per geleentheid en daar word vir hulle voorsiening gemaak vir ‘n ligte aandete (16:30) voor die kursus in aanvang neem.Op versoek van Ds. Willem, het die Sus-tersbestuur gevoel dat die voorsiening van hierdie etes met groot gemak uit die sus-tersgeledere van die Bult gemeente han-teer kan word.Indien twee susters koppe bymekaarsit is dit maklik (en gesellig) om gou vir 10 per-sone ‘n lekker kossie te gee. Ons het dus 34 susters nodig (17 spanne) om hierdie aksie suksesvol te hanteer.Die spyskaart kan ‘n ligte ete wees wat insluit: 1 vleisgereg met ‘n slaai of twee, vrugtesap/water vooraf en koffie/tee na die tyd. ‘n Broodjierige iets behoort ook seker iewers in die prentjie in te pas.Die onkostes verbonde aan die ete sal ver-haal word en u moet net ‘n uitgawestaatjie by Ds. Willem of by Retha inhandig.Ons vra dus 34 vrywilligers om ons met hierdie dienslewering by te staan.Skakel asseblief so gou moontlik vir Retha van Wyk (018 294 7971 of 083 967 1511) om u deelname te bevestig (sommer klaar saam met ‘n vriendin – as dit moontlik is).Ons het gedink om dalk met die hulp van die onthaalkomitee ‘n riglyn te gee i.v.m. die spyskaart net om te voorkom dat die gaste nie dalk vier aande namekaar kerrie en rys hoef te eet nie.Sodra die name van die vrywilligers ontvang is sal nadere besonderhede aan die betrokke susters deurgegee word.Om onsekerhede uit te klaar, skakel asse-blief met Retha.By voorbaat baie dankie vir die onderste-uning en spanwerk!!Namens die Sustersbestuur.

Wat’s nuus?• Jy kan die Lanter� elke week per e-pos kr�• Jy kan die OnderOnsie elekt�onies kr�• Jy kan die preke op die webblad kr�• Jy kan elke dag op Facebook ’n herinnering kr� van wie in die gemeente verjaarSkakel Fransa by die kerkkantoor vir navrae

Page 6: 18:00 Aanddiens Lofpr ing Sing: Ps 119-2:8 1 Chronicles 29 ... · ouers, wat kan help om deel te word van hierdie bediening aan ons kinders. As jy kan help beteken dit, dat jy Maandag

6

Almal word hartlik uitgenooi na ‘n heerlike piekniek by die rivier in die koepel by Cecil en Nicolene Rutherford se plekkie. Dit is so 30km uit die dorp uit en die susters sal al die kos voorsien. Van jou word net verwag om dadelik jou naam op die lys in die portaal te skryf en stoele, drinkgoed en eetgerei saam te bring. (Onthou die fles koffie as dit jou afsluiting van ‘n ete is.) Ons beplan hoender- en biefbur-gers, wat elkeen self bou met al die bykom-stighede en ‘n koel soetigheid daarna. Daar is ‘n swembad en speelparkie vir kinders, so bring asb. die hele gesin en kom kuier lek ker saam. Almal kom half 2 vir 2uur by die saal bymekaar die middag en ons ry saam uit na die plasie. Ons benodig net nog so 6 gasbraaiers, ver-kieslik met hul eienaars om vir ons die vleis te help gaar kry, asb. Enigeen wat kan help, kan dit asb. sommer op die lys by jou naam byskryf. Baie dankie!

PiekniekGemeente

Saterdag 15 Februarie

nomnom

nom

nom

nom

nom

nom nom

nom

http://www.facebook.com../gkpotchbult../gkpotchbultG5../VenterskroonBediening../GKBultProjekte../BultInternationalChurch

http://www.facebook.com

@gkpotchBult #gkbult #potchG5

Kuier saam met TT Cloete en die omgedigte Psalms

Woordkafee nooi almal om te fokus op die Psalms. JL Helberg sê in sy boek “Loof die Here”: “Die Psalms lê groot nadruk op die per-soonlike verhou ding tussen die gelowige en sy God. Baie psalmdigters het daarom die vry-moedigheid om die Here heel intiem aan te spreek as ‘my God’”. Kom beleef iets hiervan deur saam met die digter TT Cloete te kuier by Woordkafee. Hy het 10 jaar daaraan gewy om die Psalms om te dig en in sy 90ste lewensjaar wil Woordkafee saam met hom sy loflewe vier. Op 5 opeenvol-gende Dinsdae reël ons intieme optredes van maksimaal 1 uur lank in Woordkafee. Slegs 20 kaartjies is vir elke geleentheid beskikbaar by Woordkafee teen R25 per sessie, of R100 vir al vyf. Op 28 Januarie om 17:30 vertel TT Cloete DV van sy werk aan die Psalmomdigtings.Op 4, 11, 18, 25 Februarie om 17:30 lees TT Cloete DV self van sy geliefde omdigtings voor en verduidelik hy waarom hulle vir hom dier-baar is. Dit word aangevul met koorsang deur lede van Molen Kórus. Op 30 Mei beplan ons iets soortgelyks, maar groter in omvang, teken dit solank aan.

OUDERLINGE EN DIAKENSDie gemeente het die afgelope jaar met ongeveer 40 lidmate gegroei (tans is daar nog so 14 belangstellendes wat nie formeel ingeskakel het nie). Ons is die Here diep dankbaar daarvoor.Die groeiende bediening bring egter ook bedieningsbehoeftes na vore. Op die Kerk-raad se vergadering op 9 Februarie moet daar 7 nuwe ouderlinge en ongeveer 15 nuwe diakens beroep word om in die hui-dige bedieningsbehoeftes te voorsien. Hiermee word lidmate gevra om name van lidmate wat u meen die gawes het om as ouderlinge en diakens te dien aan die kerk-raad deur te gee.

Ek wil graag ‘n lidmaat wordEk wil graag huisbesoek hê

Gooi in kollektesakkie / Gee in by kerkkantoor

Naam: ..................................................................Telefoonnommer: ...........................................

Page 7: 18:00 Aanddiens Lofpr ing Sing: Ps 119-2:8 1 Chronicles 29 ... · ouers, wat kan help om deel te word van hierdie bediening aan ons kinders. As jy kan help beteken dit, dat jy Maandag

7

Gereformeerde Kerke Kamp – Club AmigosDaar is nog kans tot 31 Januarie 2014 om te laat weet of jy wil gaan kamp saam met al die Gereformeerde Kerke in ons omgewing. Die kamp vind plaas op die naweek van 14-16 Maart 2014 by Club Amigos Holiday Resort naby Ventersdorp. Vir navrae oor die pryse kan Fransa by die kerkkantoor gekontak word. Daar is ongelukkig nie genoeg plek in hierdie uitgawe van die Lantern om alles weer noukeurig uiteen te sit nie.Besprekings kan egter by ds. Karel Steyn ([email protected]) of Anna Smith ([email protected]) gemaak word. ‘n Deposito van R200 (of die volle bedrag) is betaalbaar voor of op 31 Januarie 2014 en kan in die onderstaande rekening inbetaal word. Die finale bedrag moet ons teen 15 Februarie 2014 ontvang. Gebruik asseblief die volgende verwy-sing: Naam+Van+Dopperkamp2014. Ongelukkig kan geen depositos terug betaal word in die geval van ‘n kansellasie nie.Rekeninghouer: Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Oos; Bank: ABSA (takkode: 632005)Rekeningnommer en tipe: Tjekrekening 670 340 066

opgedateerdHou jou OnderOnsie Erasmus Venter se selfoonnommer is 072-154-9410.

Godwin Mushayabasa & gesin se nuwe adres: Klopper str 12, Casa Grande 5James Kang & gesin se nuwe adres: Makou str 6B, San Michell 19

Studente verrassing Kom loer volgende Sondagaand in die koffiekamer…

Kom wees Donderdag en Vrydag deel van PUKstop op die JOOLplaas. Ons opgewonde oor hierdie “Hartklop-tipe” gee-projek, wat ons saam met die Studenteraad se Studente Belange portefeulje kan aanbied. Die dienstye is as volg: Donderdag 15:00 -00:00 en Vrydag 15:00-06:00. Skietlys in die voorportaal en Koffi ekamer.

Die kamp is gefokus op persoonlike geloofsgroei en die gebruik van ons elkeen se gawes in die koninkryk van God. #bidsaam #kuiersaam #groeisaam #speelsaamKoste: R100 + ’n braaivleisie vir Vrydagaand.Ons vertek DV 15:00 vanaf die G5 Koffi ekamer.Skryf jou naam op die lys in die portaal!

Wie is G5? Almal wat jonk van

gees is en graag betrokke wil wees by die bediening

op die Bult.

G5 Visie Kamp

G5 by JOOL

Onthou om nuwe lid mate se inligting (soos op bl 8) ook aan te teken in jou OnderOnsie.

28 Februarie - 2 Maart

Page 8: 18:00 Aanddiens Lofpr ing Sing: Ps 119-2:8 1 Chronicles 29 ... · ouers, wat kan help om deel te word van hierdie bediening aan ons kinders. As jy kan help beteken dit, dat jy Maandag

8

Skribas: Ig Vorster: 082-788-5902 Jaap Verhoef: 018-294-6502Orrelistes: Jetty van Rensburg: 083-439-7379 Annatjie Verhoef: 072-391-2552Kosters (Molenstraat): Piet van Maarleveld: 084-776-6113 Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525Kassier: Paul Delicado: 082-574-2204Internasionale diens: Ray Everson: 018-290-6782Diakonie: Elsa Els: 082-460-0939Katkisasie: Braam Pieterse: 082-923-4881Kleuterbediening: Marida Coetzee: 084-678-3863Dataprojeksie: Adelle Lotter: 083-286-3811Tolkdienste: Kerkkantoor: 018-297-4843

Skakel gerus met Fransa by die kerkkantoor (Weeksdae van 08:00 - 13:00) vir:

Algemene navrae, Lantern (saktyd Donderdae om 10:00), Preekopnames, Webbladnavrae, ens.

Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) 086-750-5339 (faks) e-pos: [email protected]: www.gkpotchbult.co.za

Kontakons

Ds Fanie Coetzee: [email protected] Willem Steyn: [email protected]

Sopkombuis: Elsa Els: 082-460-0939Susters: Judie Coetzee: 082-619-4620Onthaalkomitee: Retha van Wyk: 083-967-1511G5 Bediening: Ds Willem Steyn: 082-854-3587Musiekbediening: Hanlie Steyn: 083 654 8652 Bedieningskommissie: Jan Geertsema: 083-271-6570Finansiële kommissie: Carools Reinecke: 082-568-5652Eiendomskommissie: Johan van Dijk: 076-383-9150Liturgiese Werkgroep: Lou van Wyk: 084-520-1086Saalverhurings: Molenstraat: Kerkkantoor: 018-297-4843Gerrit Dekkerstraat: Wilma Herbst: 082-965-7525Breekware: Molenstraat: Elma de Kock: 083-302-5282Gerrit Dekkerstraat: Wilma Herbst: 082-965-7525

Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die BultABSA Tomstraattak 670-264-661 (Tjekrekening)

Verwysing: Van, voorletters, Wyk / KG

Bankbesonderhede

Wil jy ook by ons gemeente inskakel? Kontak die kerkkantoor vir meer inligting.

Welkom hier!Martin, Mari & Emmah

van Wyk082-415-9806

Wilmarie van den Berg083-397-6630

Iaan Swanepoel074-891-0414