17:00 buitediens - gereformeerde kerk potchefstroom die bult · jaargang 6 #06 · nuusbrief van die...

8
Jaargang 6 #06 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult · 19 Februarie 2017 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Wat op aarde (en in die hemel) help my gebed? 17:00 Buitediens Ds Willem Steyn Tema : Waarom bekommer jy jou só? Ps. 103-2:1,7,8 Ps.148-2:1,9 (Kleuterbegeleiding) Sb.10-1:1,4 Daniel 10 (12) (Preekbegeleiding) Sb.14-3: 2.4 Sb.5-4:3,4,5,6 Lied 464: 1, 2 Lied 163: 1 Matteus 6: 25-34 (31-33) SB 17-2: 5,6 Ps. 148-2: 1,2,3,9 “U gee die lewensasem en daar is lewe; ook uit die grond laat U nuwe lewe spruit” Psalm 104: 30

Upload: others

Post on 25-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 17:00 Buitediens - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult · Jaargang 6 #06 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult · 19 Februarie 2017 09:30 Oggenddiens

Jaargang 6 #06 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult · 19 Februarie 2017

09:30 OggenddiensDs Fanie Coetzee

Tema: Wat op aarde (en in die hemel) help my gebed?

17:00 BuitediensDs Willem Steyn

Tema: Waarom bekommer jy jou só?

Ps. 103-2:1,7,8 Ps.148-2:1,9

(Kleuterbegeleiding)Sb.10-1:1,4

Daniel 10 (12)(Preekbegeleiding)

Sb.14-3: 2.4Sb.5-4:3,4,5,6

Lied 464: 1, 2Lied 163: 1

Matteus 6: 25-34 (31-33) SB 17-2: 5,6

Ps. 148-2: 1,2,3,9

“U gee die lewensasem en daar is lewe; ook uit die grond laat U nuwe lewe spruit” Psalm 104: 30

Page 2: 17:00 Buitediens - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult · Jaargang 6 #06 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult · 19 Februarie 2017 09:30 Oggenddiens

2

11:30 International Service

• Ons dink aan tannie Ria van der Walt wat na � knievervangingsoperasie aansterk.• Oom Hans Grobler was in die hospitaal en sukkel met sy gesondeheid. • �Bid asb vir oom Andries du Preez- sy gesondheid gaan vinnig agteruit, bid ook vir tannie Tonette wat hom moet versorg.

Ek wil graag ’n lidmaat wordEk wil graag huisbesoek hê

Naam: .................................................................................

Telefoonnommer: ..................................................

E-posadres: ................................................................. Gooi in kollektesakkie / Gee in by kerkkantoor

Wil jy graag hier ’n lidmaat word? Gaan hier natoe en volg die stappe of vul dié vormpie in . . .

aan en

volg die stappe

Rev Willem SteynScripture Reading: John 3:1-21 & John 4:1-18Focus verse: John 3:3Theme: One Savior for all

Verjaarsdae die weekSondag, 19 FebruarieMartie Geertsema 082 792 4846Marelize van Dalen 082 707 3566

Maandag, 20 FebruarieAnsie du Plessis (75) 073 166 8166Jezelle du Plessis 076 660 0452Hilgard Greyling (20) 079 194 4077

Dinsdag, 21 FebruarieGerhardus Middel 082 566 4227

Donderdag, 23 FebruarieZelda Mulder (25) 082 306 3554Liza Lemmer (30) 074 588 8693Willem Lessing 072 414 2556

Vrydag, 24 FebruarieChrissie Reinecke 082 467 7258Gerda Laufs 079 493 4594Desiree Mulller 082 528 0538Betsie vd Westhuizen 082 363 8784

Saterdag, 25 FebruarieAnnamarie Kruger 082 799 2509

Neem gerus ‘n OnderOnsie by die deure. Dit is ons gemeenteboekie met lidmaatinligting.

Ons 18:00 aanddiens word vanaand vervang deur ‘n buitediens by die NWU Botaniese Tuine om 17:00- as dit reën kom ons in die kerkgebou bymekaar Bring ‘n kampstoel of kombers

Page 3: 17:00 Buitediens - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult · Jaargang 6 #06 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult · 19 Februarie 2017 09:30 Oggenddiens

Kernwaarhede van die geloof

3

Nuwe intrekkers & belangstellendes

Liefdegawes12 Februarie

Oggend: Dankbaarheidsfonds

Aand: Meelewingsfonds

19 FebruarieOggend: Pemba

Aand: Meelewingsfonds

26 FebruarieOggend: Thuso- fonds

Aand: Meelewingsfonds

Liefdegawes tydens die diens word vir die Liefdesdiens van die diakens gebruik.

by die deure

Verjaarsdae die week

Welkom hier!Piet en Marthie van der Walt (GK Lyttelton)Biance Janse van Vuuren (GK Hoedspruit) Letchen du Plessis (GK Waterkloofrand)Roelie en Fransien vd Walt (GK Bellville Oos)Martha Aletta Le Roux (GK Cachet) Charlene Myburgh (GK Cachet)Marlia Verster (GK Cachet)

Ons is bevoorreg om voortdurend nuwe intrekkers in ons gemeente te ontvang. Met die oog daarop skep ons gereelde geleent-heid vir hulle en ander belangstellendes om meer oor die Bult gemeente te wete te kom.

Hierdie semester se byeenkoms vind DV hierdie Maandag 20 Februarie tussen 18:00 en 19:00 in die Koffi ekamer plaas.

Alle nuwe intrekkers, belangstellendes en bestaande lidmate word na die geleentheid uitgenooi.

Bult 102 is ‘n geleentheid waar ons die kern-waarhede van die Christelike geloof in � kort oorsig met mekaar deel.

Hierdie semester se byeenkoms vind DV op Maandag 27 Februarie tussen 17:00 en 18:00 in die Koffi ekamer plaas.

Alle nuwe intrekkers, belangstellendes en bestaande lidmate word na die geleentheid uitgenooi.

Ouderlinge en Diaken aan diensOuderlinge: Mias Smit

Diaken: Ingrid de Jong

Dankie vir almal se bydraes tot dusver vir Martie se medikasie. Maak asseblief u harte oop vir Martie!

Martie Geertsema Mediese Hulpfonds

MJ Geertsema, ABSA, spaarrekening 9293321096

Vir meer inligting kan die kerkkantoor (018 297 4843) of die voorsitter van die diako-

nie, Elsa Els (082 460 0939) gekontak word.

Meds4Martie www.meds4martie.co.zawww.meds4martie.co.za

Page 4: 17:00 Buitediens - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult · Jaargang 6 #06 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult · 19 Februarie 2017 09:30 Oggenddiens

4

AdvertensiesRuim een- en twee-kamer huisies te

huur. Internet beskikbaar. Vanaf R3000 onge-meubileerd, R3500 met meubels. Water en elek trisiteit ingesluit. Wasmasjien, tru-osmose water en skoonmaakdiens ingesluit. Onderdak parkering. Kontak A Hattingh 083 377 8581 of [email protected].

Ruim slaapkamer met badkamer en kitchenette in Oewersig area beskikbaar vanaf einde Januarie. Gratis WiFi. R 3200 pm (Krag uitgesluit) kontak Retha van Wyk 083 967 1511

Baie netjiese woonstel te huur naby NWU kampus- gemeubileerd: R 2700 pm; ongemeubileerd: R 2300 pm Kontak: 072-204-8010

‘n Lidmaat van ons Internasionale Ge-meente- Cleophas Zindova soek werk, hy is bereid om enige werk te doen hy het al oa tu-inwerk, paving, en verkope gedoen. Vlot en-gelssprekend (0847159622/0848457170)

Elizabeth Barents van Promosa sal baie graag huiswerk vir 3 dae wil hê. Sy is ‘n vrou in haar middeljare en kan alle huiswerk doen en ook goed kook. Skakel asb. 078 442 0753

Twee slaapkamer meenthuis met eie tuin te huur. Stil woonbuurt en naby Puk R5400 per maand water, elektrisiteit en tuin-dienste ingesluit. Kontak Esjee Steenekamp by 0832637509 of Elizabeth Steenekamp by 0834522816 Dadelik beskikbaar

Eikelaan Aftreeoord : Simpleks woons-tel S28 te huur vanaf 1 April 2017, skakel Johan van Dijk, 018 2857349 of 0763839150 Knap, betroubare diens! Skoonmaak van huise, woonstelle, kamers, veral by verhuis-ing. Klein herstelwerk en volledige verfwerk. Geregistreerde maatskappy.Doen navraag by André oor kwaliteit van werk: 073 736 7947. Bel vir Wendy Barents vir ‘n kwotasie: 078 442 0753. [Wendy en Elizabeth is lidmate van GK Promosa. DIE HONDESALON -op– en afl aaiLea 072-713-0745

SUSTERSSAAMTREKGK Potchefstroom-Oos bied vanjaar ons streek se Sustersaamtrek aan op Saterdag 4 Maart vanaf 08:00-13:00. Dit vind by hul kerkgebou plaas en die spreker is Magdal Pienaar-Marais. DIe tema is Die vreugde van ‘n lewende geloof. Koste: R100pp. Skryf asb jou naam op die lyste in die portaal voor 19 Feb indien jy die Saamtrek wil bywoon

PiekniektydGEMEENTE-PIEKNIEK!Almal word hartlik uitgenooi na ‘n piekniek by Gimmies se sportgronde onder die bome op Saterdag, 25 Februarie, vanaf 3uur tot donker. Daar word vir elke gesin/groep ‘n “mandjie” gepak, met lekker ver-rassings in - jy moet net jou eie drinkgoed voorsien, asb. Die koste beloop R30 per persoon (R20 per kind onder 10) en ons wil graag so veel as moontlik lidmate daar sien om die jaar af te skop met ‘n groot kuier. Skryf asb. vandag nog jou naam op die lys in die portaal, sodat ons kan weet vir hoeveel om reg te maak. Laaste geleentheid om name op die lys te plaas, bring die regte bedrag en betaal wanneer julle kom.

SopkombuisAlmal wat betrokke is by die sopkombuis bediening- kyk asseblief op die rooster wanneer jy aan diens is. As jy enige vrae het kontak Elsa Els (082 460 0939)

Onderwysposte beskikbaar by Totius Akademie- skakel Drienie of Marelise by 018 2944800 of [email protected]

Page 5: 17:00 Buitediens - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult · Jaargang 6 #06 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult · 19 Februarie 2017 09:30 Oggenddiens

5

Finansiële verslag tot einde Desember 2016Ons betuig met groot dankbaarheid teenoor die Here dat Hy ons lidmate in staat stel om baie naby die mikpunte van hulle dankof-fers by te dra sodat ons binne die verwagte riglyne van ons bedieningsbehoeftes kan funksioneer. Ons weet dat die huidige ekonomiese omgewing swaar druk op ons hele land en so ook veral op ons lidmate. Hierdie moeilike ekonomiese omgewing verhoog die druk sodanig dat ons inkomste uit ons beleggingsfondse nie volgens ver-wagting presteer nie. Nieteenstaande hierdie omgewing, is ons baie dankbaar vir ons lidmate wat so gelei word om ons so goed te ondersteun. Die totale tekort sover van Februarie tot Desember 2016 is R65 000 op ons verwagte dankoffers van ongeveer ‘n geskatte inkomste van R211 000 per maand. Met hierdie neiging blyk dit dat ons met ekstra inspanning nog die beraamde mikpunt vir hierdie finansiële jaar sal kan bereik sodat ons met groot vertroue die nuwe begroting-sjaar vanaf Maart 2017 kan aanpak. So weereens BAIE DANKIE vir die ruim harte van ons lidmate! Die Finansiële Kommis-sie se wens is geseënde jaar in die uitlewing van die Evangelie deur ons gemeente en aan al ons lidmate en hulle geliefdes vir ‘n baie geseënde res van 2017!Lou van Wyk

Uitnodiging na gespreksgroep oor ons litur-gie (erediens)

Op Maandagmiddag die 20ste Februarie om half-vyf kom wie ook al graag wil luister en gedagtes wissel byeen om oor aspekte van ons liturgie te gesels. Hierdie gesprek vind minstens drie keer per jaar by die Kerksaal plaas. Ons nooi almal, jonk en oud, om saam te kom gesels. Dit is � gespreksgroep en daar word nie besluite geneem nie. Daarom is enige opinie � positiewe bydrae tot die ge-sprek.

By die vorige byeenkoms is gevra dat ons moet gesels en wenke gee oor twee as-pekte van ons eredienste: Die eerste gaan oor besinning oor wat is die erediens? Wat moet gebeur in ons eredienste? Wat moet die uitwerking van ons eredienste op ons daaglikse lewe wees? Die tweede aspek gaan oor die gebruikmaking van tegnologie om tydens veral aanderedienste die moontlikheid van vrae oor en toepassing van die preek te hanteer. Ds Willem Steyn sal waar nodig verdere inligting hieroor gee. Hier is dit veral belangrik dat kundiges oor die gebruikmak-ing van tegnologie hulle bydrae kan kom lewer. Ons sal veral ons studente lidmate se wenke oor hierdie aspek hoog op prys stel. Baie welkom!

Maak asb � inskrywing in Maandagmiddag 20 Februarie se besige program: Half vyf tot sesuur by die Kerksaal.

Gesprekgroep oor ons Eredienste

FINANSIëLE VERSLAG

Baie dankie!

19 FebruarieKG 8 & WYK 8 Sienie de Klerk en Danielle Verster

26 FebruarieKG9 en Wyk 9 Elize Pienaar en Thea Harmse

Teeskinkbeurte

Page 6: 17:00 Buitediens - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult · Jaargang 6 #06 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult · 19 Februarie 2017 09:30 Oggenddiens

6

Na die besinning oor die bediening in die gemeente, het ons net weer besef dat die persoonlike verhoudings tussen ouderlinge en die lidmate vir ons � wesentlike deel van die bediening bly. Lidmate word dus steeds administratief en vir die ouderlingbediening of in ‘n kleingroep of in ‘n � wyksgroep ingedeel en die herderlike bediening van daardie lidmate word aan ‘n betrokke ouderling toegewys. As gevolg van � klompie vakante wyke verlede jaar moes daar wel, waar nodig, enkele veranderings aan die samestelling van die wyke gedoen word.

Aanvanklik het ons gedink om die wyks- en kleingroepindeling ook volgens die 7 belange-groepe te doen, maar ons het daarteen besluit om die volgende redes:• die meeste van die groeperings is volgens ouderdom- of lewensfase ingedeel, wat mee-bring dat daar voortdurende verskuiwings gaan kom. Die voortdurende administratiewe aan-passings en verwarring onder lidmate maak dit onmoontlik. Lidmate in een gesin kan byvoor-beeld streng gesproke in meer as een groepering val.• Ons wil nie die een gemeente in sewe klein gemeentetjies indeel nie. Die eenheid van die gemeente, in sy verskeidenheid, is vir ons belangrik.• Daar bestaan mooi verhoudings tussen ouderlinge en sekere lidmate wat ons nie bloot met administratiewe reëlings wil verbreek nie.

Die praktyk:Prakties beteken dit dat elke lidmaat net in ‘n wyk of kleingroep ingedeel word en dat die herd-erlike sorg van elke lidmaat aan ‘n betrokke ouderling opgedra word.

Die 7 aktiveringsgroepe werk vanuit ‘n ander hoek en gaan voort om die bediening aan deur die lidmate van ‘n betrokke groepering te aktiveer ongeag van in watter wyk of kleingroep die lidmaat ingedeel is.

Wyk en Kleingroepindelings

Belangrike Nuus vir die Gemeente

Page 7: 17:00 Buitediens - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult · Jaargang 6 #06 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult · 19 Februarie 2017 09:30 Oggenddiens

7

Hiermee maak ons graag bekend dat daar � samewerking tussen ons G5 studentebedi-ening en Ratio Christi hierdie jaar begin. Ratio Christi is ‘n Apologetiese vereniging op kam-pus met die doel om studente toe te rus om � antwoord vir mense te kan gee vir die hoop wat in hulle leef (1 Pet. 3:15). Christene word al hoe meer gekonfronteer met vrae soos:• Hoe kan jy glo dat die Christe-like geloof die enigste ware geloof is?• Hoe kan jy in ‘n goeie en liefdevolle God glo as daar soveel pyn en seerkry in die wêreld is?• Hoe kan jy nog glo in God as die wetenskap bewys daar is geen God nie?• Hoe kan jy glo dat ‘n primi-tiewe boek soos die Bybel waar is, nog minder die Woord van God is?Hierdie samewerking behels dat ons elke 2de week bymekaar gaan kom om oor hierdie vrae te dink. Almal is welkom om hierdie geleentheid by te woon. Dit is Maan-dae om 18:00 in die G5 koffi ekamer en dit begin die 20ste Februarie. Vir verdere in-ligting, skakel Daniël Maritz by 0823712040.

G5 en Ratio Christi

As jy op die G5 What sapp groepie wil wees kontak gerus vir Suzaan 0760509304; kom ge-niet goeie geselskap en ‘n koppie koffi e Sondae aande na die diens by die G5 koffi ekamer!

Studente Kleingroepe

As jy wil deel word van ‘n studente kleingroep, wat in die week by ontmoet om saam Bybel-studie te doen – stuur asb ‘n WhatsApp vir Chris (081 270 8023) of Gerhardus (082 566 4227) of Willem (082 8543587). Ons kleingroepe is oop vir enige iemand wat saam met ander gelowiges die Here beter wil leer ken.

BEROEPE AANVAAR· Proponent PJ Hattingh (Peter) na Okahandja.· Proponent PF Venter (Peter) na Van-derbijlpark Trinitas

Die fokusgroep vir gesinne met voorskoolse kinders het skerms opgesit in die ou moederskamer om ‘n private bors-voedinghoekie te skep. Ons verwelkom alle terugvoer oor die nuwe toevoeging. Kon-tak gerus vir Hanlie Steyn (0836548652) met enige verdere voorstelle.

moederskamer

Page 8: 17:00 Buitediens - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult · Jaargang 6 #06 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult · 19 Februarie 2017 09:30 Oggenddiens

8

Ons gemeente se bankbesonderhedeGereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult

ABSA Tomstraattak 670-264-661 (Tjekrekening)Verwysing: Van, voorletters, Wyk / KG

Kerkkantoor 018-297-4843e-pos: [email protected]: www.gkpotchbult.co.zawww.facebook.com/gkpotchbult/

Ds Fanie Coetzee: [email protected] Willem Steyn: [email protected]

Diakonie: Elsa Els: 082-460-0939Omgee-groep Seniors: Dirina Cilliers: 082-326-6207Sopkombuis: Elsa Els: 082-460-0939Susters: Hanlie Steyn: 083-654-8652Onthaalkomitee: Retha van Wyk: 083-967-1511G5 Bediening: Ds Willem Steyn: 082-854-3587Musiekbediening: Hanlie Steyn: 083 654 8652 Bedieningskommissie: Jan Geertsema: 083-271-6570Eiendomskommissie: Faan van Wyk: 082-551-7782Liturgiese Werkgroep: Ben de Klerk: 072-183-1083Venterskroon Diensgroep: Gerrit Pienaar: 079-527-2079Finansiële kommissie: Lou van Wyk: 084-520-1086Kassier: Paul Delicado: 082-574-2204

Skriba: Mias Smit: 084-510-9193Orrelistes: Jetty van Rensburg: 083-439-7379 Anja Viljoen: 082-053-9246Kosters: Piet van Maarleveld: 084-776-6113 Wilma Herbst: 082-965-7525Internasionale diens: George Lotter: 083-284-7599Katkisasie: Braam Pieterse: 082-923-4881Kinderbegeleiding: Marida van Eeden: 060-977-1124Preekbegeleiding: Henriëtte vd Zwan: 082-859-2229Dataprojeksie: Adelle Lotter: 083-286-3811Klank: Stefan Linde: 072-811-1665Tolkdienste: Kerkkantoor: 018-297-4843Preekopnames: Kerkkantoor: 018-297-4843

Skakel gerus met Thea by die kerkkantoor (Weeksdae van 08:00 - 13:00) vir:

Algemene navrae, Lantern (saktyd Donderdae om 10:00), Preekopnames, Webbladnavrae, ens.

Young Yee Chung Shin is bekend aan ons gemeente- dit sal vir haar spesiaal wees as ons haar eerste kuns uitstalling kan bywoon