15 april 2018 - ng kerk durbanville-bergsig · 2018-12-05 · langs die sportveld hoe druk ouers...

4
Bergsig Boodskap 15 April 2018 17 April: Doopkategese 20 - 22 April: Vrouekamp 24 April: Nuwe Lidmaatfunksie 30 April: Skole vakansiedag 6 Mei: Doop 10 Mei: Hemelvaart & 10 dae van Gebed & 19:00 Erediens 13 Mei: Pinkster 20 Mei: Veldtog: Breathing Room 21 Mei: Kerkraadsvergadering 22 Mei: Doopkategese 25 Mei: Seniors 25 Mei: Uitreikgeleentheid 26 Mei: Straatuitreik 27 Mei: Mamma - dag Glow Kidz 30 Mei: Vinkel en Koljander mark Om gemeenteleiers te begelei om by God se sending na die wêreld betrokke te raak deur saam as familie van kerke, nuwe geloofsgemeenskappe te ontwikkel. In die eerste kwartaal het ons Lydenstyd gevier, die Kruisiging en die opstanding. Hierdie VIER beteken dat ons oortuig geraak het, dat Jesus alle sonde, die wêreld se bose mage en selfs die dood oorwin het. Daarom kan ons leef vanuit rus - hierdie kwartaal se tema - omdat Christus reeds oorwin het. Rus beteken ek kan ontspan (asemhaal) omdat Christus ge- lukkig reeds in be- heer is van dié wêreld. Die oorspronklik be- ginsel van Sabatsrus is dat ons tye moet uitsit in die week vir stil word, nadenke, waardering, aanbidding, lofprysing en belydenis van sonde 20 Mei begin die kwartaal se veldtog: Maak tyd om te lewe (Breathing Room Andy Stanley) Die veldtog handel oor om balans te vind tussen hoe jy leef en waartoe jy in staat is. Daar word gekyk hoe om ruimte te skep om asem te haal in ons skedule, ons finansies en ons verhoudings. Dink ook so oor BERG- SIG SE RITME - in die begin van die jaar was die pas vinnig, skole begin, dis plaasfees en dit voel amper soos n deurmekaar partytjie waar ons feesvier. Ons kyk na buite en kuier met die gemeenskap, maar in dié kwartaal wanneer dit kouer word (en ons steeds besig bly) is dit tyd om na binne te kyk sodat ons kan herlaai. Die lewe is immers soveel beter wanneer ons ruimte het om asem te haal. 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Johan Els Glow Kids diens (Saal) Bea Pretorius 18:00 @6 Diens Marinus de Kok Deuroffer: Gemeenteontwikkeling 15 April 2018 08:15 Klassieke diens Ouditorium Pieter Henning 10:00 Informele diens Ouditorium Arno Mattheus Glow Kids diens (Saal) Bea Pretorius 18:00 @6 Diens Ds. Johan Els Deuroffer: Hospitaalbearbeiding 22 April 2018 Daar is nog plek - die wat nog getwyfel het, daar is kans om te bespreek. As jy voel jy moet alles vir almal doen - is dit tyd om hierdie vir jou te doen! Raak stil saam met ander vroue, groei, ontdek, lag en kuier. Ds. Mizelle bied die na- week aan en sessies gaan interaktief en kreatief wees. Jy gaan nie net sit en luister nie. Dis n tyd om nuwe konneksieste maak. Jy met God en jy met ander vroue. Daar is plek vir 5 vrouens wie se begroting dit nie nou toelaat nie. E-pos vir Liezl hieroor geestelikeversorg- [email protected] Ander inskrywings by Karin 082 921 9794. Haal jy nog asem?

Upload: others

Post on 18-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 15 April 2018 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · 2018-12-05 · langs die sportveld hoe druk ouers hulle kinders dat hulle oë traan. In die skool moet die kinders net nóg beter doen,

Bergsig Boodskap 15 April 2018

17 April: Doopkategese

20-22 April: Vrouekamp

24 April: Nuwe Lidmaatfunksie

30 April: Skole vakansiedag

6 Mei: Doop

10 Mei: Hemelvaart & 10 dae van

Gebed & 19:00 Erediens

13 Mei: Pinkster

20 Mei: Veldtog: Breathing Room

21 Mei: Kerkraadsvergadering

22 Mei: Doopkategese

25 Mei: Seniors

25 Mei: Uitreikgeleentheid

26 Mei: Straatuitreik

27 Mei: Mamma-dag Glow Kidz

30 Mei: Vinkel en Koljander mark

Om gemeenteleiers te begelei

om by God se sending na die

wêreld betrokke te raak deur

saam as familie van kerke, nuwe

geloofsgemeenskappe te

ontwikkel.

In die eerste kwartaal het ons Lydenstyd gevier, die Kruisiging en die opstanding.

Hierdie VIER beteken dat ons oortuig geraak het, dat Jesus alle sonde, die wêreld se bose mage en selfs die dood oorwin het.

Daarom kan ons leef vanuit rus - hierdie kwartaal se tema - omdat Christus reeds oorwin het.

Rus beteken ek kan ontspan (asemhaal) omdat Christus ge-lukkig reeds in be-heer is van dié wêreld.

Die oorspronklik be-ginsel van Sabatsrus is dat ons tye moet uitsit in die week vir stil word, nadenke, waardering,

aanbidding, lofprysing en belydenis van sonde

20 Mei begin die kwartaal se veldtog: Maak tyd om te lewe (Breathing Room Andy Stanley)

Die veldtog handel oor om balans te vind tussen hoe jy leef en waartoe jy in staat is. Daar word gekyk hoe om

ruimte te skep om asem te haal in ons skedule, ons finansies en ons verhoudings.

Dink ook so oor BERG-SIG SE RITME - in die begin van die jaar was

die pas vinnig, skole begin, dis plaasfees en dit voel amper soos ‘n deurmekaar partytjie waar ons feesvier. Ons kyk na buite en kuier met die gemeenskap, maar in dié kwartaal wanneer dit kouer word (en ons steeds

besig bly) is dit tyd om na binne te kyk

sodat ons kan herlaai.

Die lewe is immers soveel beter wanneer ons ruimte het om asem te haal.

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els

10:00 Informele diens

Ouditorium

Ds. Johan Els

Glow Kids diens (Saal)

Bea Pretorius

18:00 @6 Diens

Marinus de Kok

Deuroffer: Gemeenteontwikkeling

15 April 2018

08:15 Klassieke diens Ouditorium Pieter Henning

10:00 Informele diens

Ouditorium

Arno Mattheus

Glow Kids diens (Saal)

Bea Pretorius

18:00 @6 Diens

Ds. Johan Els

Deuroffer: Hospitaalbearbeiding

22 April 2018

Daar is nog plek - die wat

nog getwyfel het, daar is

kans om te bespreek. As jy

voel jy moet alles vir almal

doen - is dit tyd om hierdie

vir jou te doen! Raak stil

saam met ander vroue,

groei, ontdek, lag en kuier.

Ds. Mizelle bied die na-

week aan en sessies gaan

interaktief en kreatief wees.

Jy gaan nie net sit en

luister nie. Dis ’n tyd om

nuwe “konneksies” te

maak. Jy met God en jy

met ander vroue.

Daar is plek vir 5 vrouens

wie se begroting dit nie nou

toelaat nie. E-pos vir Liezl

hieroor geestelikeversorg-

[email protected]

Ander inskrywings by Karin

082 921 9794.

Haal jy nog asem?

Page 2: 15 April 2018 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · 2018-12-05 · langs die sportveld hoe druk ouers hulle kinders dat hulle oë traan. In die skool moet die kinders net nóg beter doen,

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy

betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na

[email protected]

Geloofsgelofte-Offer OOSIG VIR

2017/2018

GGO-donasies deur gemeentelede verteenwoordig die

primêre bron van finansies ter ondersteuning van Berg-

sig-uitreike. Dit is vanjaar 21 jaar sedert die GGO-projek

in Bergsig in die lewe geroep is in 1997.

Wat beteken Geloofsgelofte-Offers (GGO) nou eintlik?

In kort: donateurs beloof aan God, in geloof, ’n

ekstra bedrag, bo en behalwe die maandelikse

dankoffer aan hul gemeente. Die donateur

VERTROU God dus vir die ekstra voorsiening

om die bydrae te kan maak.

Na ‘n beskeie begin het die GGO-projek stelselmatig

gegroei oor die afgelope twee dekades en was die R1

miljoen jaarlikse GGO-inkomstekerf tydens die 2015/16

en 2016/17 kerkjare oorskry. Daar was egter ‘n af-

name van ongeveer 20% in die aantal GGO-donateurs

tot ongeveer 160, asook ‘n afname van die totale GGO-

inkomste tot benede die R1-miljoen kerf gedurende die

pas afgelope 2017/18 kerkjaar.

Die totale verspreiding van R965299 t.o.v. 2017/18

het soos volg geskied, nl.

Totaal aan projekte / instansies binne Suid-Afrika:

R346910 35.9%

Totaal Afrika (buite Suid-Afrika):

R189538 19.7%

Totaal Afrika ( Suid-Afrika ingesluit):

R536448 55.6%

Totaal Ander Kontinente (Buite Afrika):

R422851 43.8%

Totaal ander ondersteuning en administrasie:

R6000 0.6%

Groot Totaal R965299 100.0%

Die GGO-verdeling per projek / instansie vir 2017/18 is

beskikbaar vir belangstellendes vanaf Annamaré Visser,

Bergsig se Uitreike-koördineerder.

Ons opregte dank aan ons Hemelse Vader wat hierdie

projek seën en in stand hou ter ondersteuning van Sy

Koninkrykswerk. Groot dank en waardering aan elke

Bergsig GGO-donateur vir u getroue voortgesette

ondersteuning.

Bergsig GGO-donateurs word vriendelik herinner

om alle elektroniese GGO-donasies altyd duidelik in

die verwysingsveld met ‘n “GGO”-verwysing te

merk ten einde dit van Bergsig dankoffers / bydraes

te onderskei, aangesien dieselfde bankrekening vir

beide tipe ontvangstes gebruik word. Hartlik dankie.

Dit is al byna 20 jaar wat die

gemeenskap van Durbanville

vir die hawelose mense op

ons strate kos verskaf deur

middel van die sopkombuis.

Met ons destydse Jesus Can

projek en huis, het Lee Sives

en haar span ongeveer 30

mense deur die jare vanaf die

strate gerehabiliteer en te-

rugbesorg in die gemeenskap

of terugbesorg by hulle fami-

lies.

Verlede jaar het die kerke

besluit om hande te vat met

MES, wat al ongeveer 8 jaar

werksaam is met straatmense

in Bellville en Parow.

MES se leuse is “change the

heart of the city”. Hulle werk

hoofsaaklik deur uitreike,

maatskaplike hulp, geestelike

insette, die GROW (job reha-

bilitation) program, arbeidster-

apie, hulp met behuising

(Shelters) en ook opleiding

met die beoogde plasing in

werk.

Om vir iemand op straat iets

te gee om te eet, is die mees

basiese wat ons kan doen.

Ten einde hulle menswaar-

digheid te herstel, skakel MES

hulle dan in by die GROW

program. Hulle sal strate vee,

onkruid verwyder, motors op-

pas, pamflette versprei, ens.

Hulle kry ’n klein daaglikse

toelaag vir hierdie werk, sodat

hulle vir hulself kos en die

nodigste kan koop. Hulle word

verder gehelp om ID’s te kry.

MES werk nou in vennoot-

skap met die D4J kerke in

Durbanville. Hulle help met die

maatskaplike dienste en die

GROW program in Durban-

ville. Ons straatmense is ge-

woond om die sop gratis te

kry, en ons inwoners van Dur-

banville gee ook nog baie

maklik geld vir persone wat

bedel. Daarom skakel straat-

mense nie so goed in by die

programme van MES nie.

Hulle kry nog alles verniet en

het nie nodig om ’n teenpres-

tasie te lewer nie.

Ander voorstede het begin om

die koeponstelsel te imple-

menter. Dit impliseer dat ’n

persoon wat by die sopkom-

buis opdaag, of ’n sopkoepon

moet hê, óf R5, of in geval van

absolute nood kan die

maatskaplike werkers ook

help.

Ons sopkombuis het 20 Maart

2017 oorgeskakel na hierdie

metode.

Die projek vorm ook deel van

die Stad se “Gee Verant-

woordelik Veldtog”.

Indien u ’n boekie met

koepons koop, kan u die

koepon gee vir enige

straatpersoon wat bedel, ook

persone by robotte. Daar

staan geskryf in die boekie

waar hulle oral kan sop kry. U

kan ook boekies koop en vir

die maatskaplike werker van

MES gee, sodat sy honger

persone in nood van ’n

koepon kan voorsien as sy

met hulle ’n gesprek gehad

het.

Een koepon kos R5 en ’n

boekie kos R50. U kan dit in u

motor hou, en uitdeel soos

persone u nader vir geld. Alle

wins wat gemaak word met

die boekies, word weer te-

ruggeploeg in die dienslewer-

ing aan ons eie mense op

straat. Koop gerus u boekie by

Bergsig kerkkantoor of by die

Green Grocer.

Enige iemand wat wil betrokke

raak by die sopkombuis kan

gerus die kerkkantoor bel.

D4J sentrum vir HOOP

Page 3: 15 April 2018 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · 2018-12-05 · langs die sportveld hoe druk ouers hulle kinders dat hulle oë traan. In die skool moet die kinders net nóg beter doen,

Die Kruispad bediening stuur ’n vraelys aan ’n klompie kinders om ’n platform vir kinders te ondersoek. Meer as 200 kinders vul die vraelys in. Die laaste vraag is: Watter is-sues het kinders vandag? Hier is die resultate van die top 5 issues waarmee hulle vandag sukkel. Van laag na hoog: 5. Aanvaarding (51) 4. Dwelms, sigarette & drank (verslawing, misbruik, eksperimen-tering) (54) 3. Verkeerde vriende, keuses, ver-houdings met vriende (61) 2. Verhoudings met ouers, God, stiefouers ens. (65) 1. Druk van portuurgroep en ouers (hulle verstaan ons nie), onderwysers (225)

Hierdie navorsing is onder Christen-kinders gedoen en sal heel moontlik

anders onder ander groepe lyk. Wat egter vir my die skokkendste is, is dat druk so ’n groot issue onder ons kinders is. Amper vier keer meer as die een in die tweede plek.

Vandag word daar soveel druk op ons kinders geplaas. Kyk maar net langs die sportveld hoe druk ouers hulle kinders dat hulle oë traan. In die skool moet die kinders net nóg beter doen, anders gaan hulle glo op straat sit of die straat vee. Vriende plaas druk op mekaar en dan druk sommige onderwysers hulle nog verder.

Ons besef nie wat ons aan ons kinders doen nie. Daarom moet ons mooi luister na die raad: 21Pa’s, (en Ma’s!) moenie te veel druk op julle kinders sit nie. Netnou ver-loor hulle moed omdat hulle voel dat julle nooit tevrede is nie.

Kort-kort sien ons in die nuus dat ’n kind sy eie lewe geneem het. Dan wonder ons wat was fout met die kind. Dalk moet ons onsself ook afvra of ons nie bygedra het tot die druk nie. Het ons nie dalk ons drome op ons kinders oorgedra nie? In ’n stadium raak dit nét te veel. Die kinders weet nie hoe om die klomp druk te verwerk nie...

Die wêreld is so ’n gejaag daar buite. Almal probeer kop bo water hou en tyd vir mekaar is so min. Maar die netto effek is dat ons kinders grootmaak sonder dat daar regtig ’n verhouding tussen ouers en kinders bestaan. Dit is ’n resep vir ’n groot gemors.

Ons moet tyd opsy sit om aan die verhouding met ons kinders te werk. Hulle het so ’n groot behoefte om iemand te vertrou en om oor die issues in hulle lewe te praat. Nee, jy hoef nie noodwendig al die ant-woorde te hê nie. Baie keer is tyd genoeg. Ons kinders soek ’n plek waar hulle veilig kan wees. ’n Plek waar daar nie onnodige druk is nie. ’n Plek waar hulle hulself kan wees, sonder mombakkies.

Kom ons help ons kinders. Die wêreld daar buite is moeilik. Kom ons stap voor en vat die meeste

wind vir hulle. Kom ons wys hulle waar om te stap. Kom ons wys met ons manier van lewe wat dit be-teken om ’n kind van God te wees. Kom ons neem hulle hand en maak hulle deel van ons intieme verhoud-ing met God.

Dan sal die opdrag van Paulus ook vir hulle makliker wees om te volg: 20Kinders, luister na wat julle ouers sê. Daarvan hou die Here.

Teks

Kolossense 3:18-25

Om oor na te dink

Onder hoeveel druk is jou kinders?

Het jy hulle al gevra?

Wat kan jy daaraan doen?

Gebed Vader, dankie vir die voorreg om kinders te hê. Help ons om ons kinders te ondersteun sonder om druk op hulle te plaas. Help ons om hulle aan te moedig om hulle beste te gee sonder om hulle moedeloos te maak. Amen. Gerjo-Ben van der Merwe

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

05:45

Vrydagoggende Luister ook na getuienisse by www.tgifcape.co.za

Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die

gebedsketting te word of e-pos na:

[email protected]

Aan die begin van die tweede kwartaal bid ons vir:

Vrouekamp … dat vroue sal geestelik groei, sal stil

word en rus, dat hulle kan lag en kuier met mekaar.

Pinkster … dat Stephan Joubert sal spreek tot ons

harte. Dat Bergsig sal herleef en groei nader na God.

Veldtog … Maak tyd om te lewe … dat ons sal leer om

te rus vanuit God! Dat ons lewe sal spreek van God wat

in beheer is en dit dan ander sal inspireer om ook hul

rus by God te vind.

SENIOR HUISBESOEK KUIERTEE

Liewe Seniorlidmaat, al is dit vir ons onmoontlik om by elkeen persoonlik besoek af te lê wil ons tog saam met jul tyd span-deer.

Ons hou twee Huisbesoek-kuiertee's gedurende die jaar, waarvan die eerste op 19 April 2018, by NGK Bergsig om 9h30 sal wees.

By die geleentheid verwelkom ons alle seniors wat gebore is in die jare 1943 tot 1948. Indien jul kan saam-kuier kan jul asb. die kerkkantoor laat weet teen16 April 2018 om 12:00.

Bergsig het Zapper en Snapscan as betaalmetode

geïmplementeer om bankkollektes en dankoffers te

betaal.

www.kruispad.co.za

Page 4: 15 April 2018 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · 2018-12-05 · langs die sportveld hoe druk ouers hulle kinders dat hulle oë traan. In die skool moet die kinders net nóg beter doen,

NG Kerk Durbanville-Bergsig

021 976 4106 • [email protected] • www.bergsigdv.co.za

Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550

Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551 Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00 Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.

24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning 071 196 4191 / [email protected] S33 48.966 O18 39.728

Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

WhatsApp was founded in

2009 by Brian Acton from

America (co-founder of

WhatsApp) on photo right

and Jan Koum from Ukrain

(CEO of WhatsApp & Man-

aging Director in Facebook,

Inc. ) on the left of the pho-

to, both former employees

of Yahoo!.

After Koum and Acton left

Yahoo! in September 2007,

the duo traveled to South

America to take a break

from work. At one point,

they applied for jobs at Fa-

cebook but were rejected.

For the rest of the following

years Koum relied on his

$400,000 savings from Ya-

hoo!

In January 2009, after pur-

chasing an iPhone and real-

izing the potential of the app

industry on the App Store,

Koum started visiting his

friend Alex Fishman in West

San Jose where the three

would discuss "... having

statuses next to individual

names of the people", but

this was not possible with-

out an iPhone developer.

Fishman found a Russian

developer on

RentACoder.com, Igor Solo-

mennikov, and introduced

him to Koum. Koum named

the app "WhatsApp" to

sound like "what's up". On

February 24, 2009, he in-

corporated WhatsApp Inc.

in California. However, be-

cause early versions of

WhatsApp often crashed or

got stuck at a particular

point, Koum felt like giving

up and looking for a new

job, upon which Acton en-

couraged him to wait for a

"few more months".

In August 2014, WhatsApp

was the most global-

ly popular messaging app,

with more than 600 million

active users and by Febru-

ary 2016 it had grown to

one billion.

By June 2016, more than

100 million voice calls are

made per day on WhatsApp

according to a post on the

company's blog.

As lidmaat het jy nou die

keuse om via WhatsApp

ingelig te raak oor kerk

gebeure. Jy besluit vrywil-

lig om deel te word van

die kerk se algemene

WhatsApp ‘broadcast’

groep. Persone sal wel

kan antwoord/opmerkings

stuur, maar die res van

die groep word so opge-

stel dat jy niemand anders

se opmerkings sal sien

nie. Die kommunikasieka-

naal sal in besigheidsure

tussen 8 - 3 bedryf word,

dus geen lastige bood-

skappe na-ure nie.

WhatsApp na: 071 529 9491 as jy wil deel

word van die groep.

Durbanville & Bergsig Senior groep

Die afsnydatum vir lede

wat nog die uitstappie na

“Butterfly World” op Don-

derdag 26 April 2018 wil

bywoon is 18 April. Koste

is R100 per lid. Lede kan

nog by Sarel. La Gratitude

52 betaal (021 975 4780)

Let wel: die bus sal om

8:45 vanaf Bergsig–Gemeente vertrek.

PASTORALE NARRATIEWE TERAPIE KURSUS

Durbanville-Bergsig se pastorale-sentrum, bied vanaf 22 Mei, ʼn verkorte kursus in pastorale narratiewe tera-pie aan. Die langer 2-jaar Tukkies-geaffilieerde diplo-

makursus gaan steeds voort.

Die verkorte weergawe strek oor 9 weke en kos R500.00 per inskrywing.

Lesmateriaal is hierby ingesluit.

Wat bied die kursus?

1. Algemene beginsels vir beradingsgesprekke.

2. Sleutelaspekte van narratiewe terapie word ontleed en prakties ingeoefen.

3. Persoonlike, geestelike en emosionele groei.

4. Hegte verhoudinge binne groepsverband.

Inskrywings kan by Liezl Loubser gedoen word of kon-tak die kerkkantoor by 021 976 4106.

Seënwense, Philip Scholtz (aanbieder)