14 my liggaam - christelike media...14 my liggaam aktiwiteit ondersoek die vel van jou hand. met...

3
45 14 My liggaam Aktiwiteit Ondersoek die vel van jou hand. Met ‘n vergrootglas kan jy die volgende waarneem: Daar is kort haartjies aan die bokant van die hande Daar is fyn strepies en plooitjies orals op die vel Daar is klein gaatjies in die vel Die vel kan rek en krimp 1 Wat dink jy is die funksie van elkeen? 2 Hoekom is dit belangrik dat ons ons liggaam goed moet versorg? Leerinhoud God het vir my ‘n liggaam gegee In Psalm 139: 13 lees ons die Here het “my in my moeder se skoot geweef”. Hy het my presies gemaak soos wat ek is. Daarom mag ek nie vra waarom ek lank of kort, donker of lig is nie. Hy het my so gemaak en daarvoor moet ek dankbaar wees. Net soos ons God se skepping moet bewaar, moet ons ook ons eie liggame oppas. Dit is dus belangrik dat ons onsself goed versorg. Paulus verwys na ons liggame as ‘n tydelike tentwoning. Hierdie wo- ning van ons is maar vol gebreke en ons beleef baie keer heelwat pyn. Ons weet egter ook dat met Christus se wederkoms ons verheerlikte liggame sal ontvang. Hoe hierdie liggaam gaan wees, is nou onmoontlik om te begryp. Wat ons wel weet, is dat dit onbeskryflik wonderlik gaan wees. Ons moet dankbaar wees met die liggaam wat die Here vir ons gegee het

Upload: others

Post on 06-Mar-2021

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 14 My liggaam - Christelike Media...14 My liggaam Aktiwiteit Ondersoek die vel van jou hand. Met ‘n vergrootglas kan jy die volgende waarneem: • Daar is kort haartjies aan die

45

14 My liggaam

Aktiwiteit

Ondersoek die vel van jou hand. Met ‘n vergrootglas kan jy die volgende waarneem:

• Daar is kort haartjies aan die bokant van die hande

• Daar is fyn strepies en plooitjies orals op die vel

• Daar is klein gaatjies in die vel

• Die vel kan rek en krimp

1 Wat dink jy is die funksie van elkeen?

2 Hoekom is dit belangrik dat ons ons liggaam goed moet versorg?

Leerinhoud

God het vir my ‘n liggaam gegee

In Psalm 139: 13 lees ons die Here het “my in my moeder se skoot geweef”. Hy het my presies gemaak soos wat ek is. Daarom mag ek nie vra waarom ek lank of kort, donker of lig is nie. Hy het my so gemaak en daarvoor moet ek dankbaar wees. Net soos ons God se skepping moet bewaar, moet ons ook ons eie liggame oppas. Dit is dus belangrik dat ons onsself goed versorg.

Paulus verwys na ons liggame as ‘n tydelike tentwoning. Hierdie wo-ning van ons is maar vol gebreke en ons beleef baie keer heelwat pyn. Ons weet egter ook dat met Christus se wederkoms ons verheerlikte liggame sal ontvang. Hoe hierdie liggaam gaan wees, is nou onmoontlik om te begryp. Wat ons wel weet, is dat dit onbeskryflik wonderlik gaan wees.

Ons moet dankbaar wees met die liggaam wat die Here vir ons gegee het

Page 2: 14 My liggaam - Christelike Media...14 My liggaam Aktiwiteit Ondersoek die vel van jou hand. Met ‘n vergrootglas kan jy die volgende waarneem: • Daar is kort haartjies aan die

46

Pas jou liggaam op

Dit is belangrik om ons liggame goed op te pas. Ons kan ons liggame op baie maniere skade berokken. Deur onnodig jouself aan gevaar bloot te stel of deur verkeerde voedsel te eet of drank te drink, kan jy jou liggaam permanente skade berokken. Later sal ons byvoorbeeld leer watter slegte invloed die rookgewoonte op die liggaam uitoefen.

Versorg jou vel

In die vak Natuurwetenskap leer ons oor die bou en die werking van die vel. Die vel is ‘n baie belangrike deel van die liggaam en moet dus goed versorg word. Op die vel pak allerhande vullis saam:

• Soute wat agterbly as sweet verdamp

• Kieme wat in die lug rondbeweeg en op die vel gaan sit

• Stof en ander vullis wat op voorwerpe is waaraan jy raak

Hierdie vullis veroorsaak dat die vel nie net sleg lyk nie, maar ook sleg ruik. Ook kan voedsel besmet raak as jy daaraan raak.

‘n Warm bad of stort is net die ding om alle vullis los te maak sodat dit maklik afgewas kan word. Die vetterigheid wat die vel afskei, kan maklik met seep afgewas word. So was jy die kieme wat aan die vettigheid vaskleef, weg. Na ‘n warm bad is jou vel mooi skoon. Dit help baie om gesond te bly. Sorg dat jy jou goed afdroog as jy klaar gebad het. Anders kan jou vel maklik skurf word.

Son se invloed op die vel

Die son se strale is belangrik vir ‘n gesonde vel. Die son:

• bak die meeste soute dood

• verskaf vitamiene D wat nodig is om

Ons moet versigtig wees om ons vel oordadig aan die son bloot te stel

Siektes soos velkanker kan voorkom as die nodige voorsorgmaatreëls nie getref word nie

Page 3: 14 My liggaam - Christelike Media...14 My liggaam Aktiwiteit Ondersoek die vel van jou hand. Met ‘n vergrootglas kan jy die volgende waarneem: • Daar is kort haartjies aan die

47

‘n gesonde beenstelsel te ontwikkel.

Te veel sonstrale op die vel is egter skadelik. Hulle veroorsaak sonbrand wat die vel rooi en seer maak. Dit is belangrik dat ‘n mens jou vel stelselmatig aan sonstrale blootstel. Mense met ‘n sensitiewe vel moet liefs direkte sonstrale vermy of ‘n skerm opsit om hul vel teen die son te beskerm.

Versorging van die hare

Hare is ‘n mooi sierraad vir die mens. Maar ‘n digte bos hare kan ook ‘n goeie woonplek vir vlooie en luise wees. Om te verhoed dat hulle op jou kop voorkom, moet jou kop gereeld met warm water en shampoo gewas word. Dit verwyder ook die olierigheid wat uit haarsakkies afskei en die hare slordig laat voorkom.

Gebruik altyd jou eie kam of borsel om jou hare mee te kam. Daardeur verhoed jy dat ander mense se skilfers of siektes na jou kopvel oorgedra word.

Vrae

1. Hoekom moet ons ons liggaam aanvaar soos wat dit is?

2. Hoe kan ons ons vel goed versorg?

Gereelde gebruik van room voorkom skurfheid

Hare moet ten minste drie maal per week gewas word